25 sept 2014

Page 1

Misdaad onder bedwang, sê KSW

Man met mes aangehou in Palmiet

“Ek is verneder”, sê sakevrou


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 2

Owerhede slaan toe op skrootwerf “Ek en my familie is verneder”, sê sakevrou Gerard Grobler KLEINMOND – Verskeie regeringsdepartemente het verlede Woensdag tydens ‘n gesamentlike operasie toegeslaan op ‘n Kleinmondse skrootwerf. Die eienaar van Kleinmond Scrap & Recycling, Riette Koegelenberg, sê die polisie het ongeveer 10:00 by haar perseel in die nywerheidsgebied opgedaag. Hulle is vergesel deur amptenare van die departement van arbeid, SARS, wetstoepassers van die Overstrand munisipaliteit en die plaaslike brandweer. Selfs lede van die honde-eenheid het op ‘n stadium opgedaag, sê Koegelenberg. Na ‘n twee-uurlange inspeksie is sy in hegtenis geneem

en na die Kleinmond polisiestasie gebring. Volgens Koegelenberg is sy in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere asook klagtes dat sy koperdraad onwettig “skoongemaak” het en nie voorraad sewe dae lank gehou het, soos wat die wet vereis nie. Sy vertel dat sy die nag in die polisieselle moes deurbring. Die volgende oggend, sê sy, is sy beveel om agter in die vangwa te klim en is sy in die koue en reën aangery na die landdroshof op Caledon. Daar het sy borgtog gekry. Koegelenberg het weer Maandag in die hof verskyn. Hier is die saak, volgens Koegelenberg, (vervolg op bl 4)


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 3

Belangrike kennisgewing Die Herald beplan vanjaar twee spesiale vakansie-uitgawes. Die koerant sal tot op 18 Desember soos gewoonlik op ‘n Donderdag verskyn. Die eerste spesiale vakansie-uitgawe sal op Maandag 22 Desember op die rakke wees met nog ‘n vakansie-uitgawe wat vir Maandag 29 Desember beplan word. Die sluitingsdatum vir advertensiebesprekings vir beide die vakansie-uitgawes is 15 November. Adverteerders wat bespreek en betaal voor 30 Oktober 2014 kwalifiseer vir ‘n afslag van 10%.


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 4

Owerhede slaan “Gerrit Maritzstraat is toe op skrootwerf nie meer veilig nie” (vervolg van bl 2) van die rol geskrap, klaarblyklik as gevolg van verkeerde prosedures wat deur die polisie gevolg is, asook omdat haar leêr glo nie gevind kon word nie. Koegelenberg sê die departement van arbeid het haar intussen verbied om handel te dryf vir ‘n tydperk van 60 dae. Dit beteken effektief dat sy nie voorraad mag inkoop in dié tydperk nie. Hulle het Koegelenberg beveel om sekere veranderinge aan te bring alvorens dié bevel opgeskort sal word. Dit sluit in die aanbring van ‘n teekamer en aantrekhokkies vir werknemers, asook lopende water en toiletgeriewe.

Koegelenberg sê die saak is nou in haar prokureur se hande. “Dit wil voorkom asof ek spesifiek geteiken word. Hulle teiken my as wettige handelaar, terwyl onwettige handelaars klaarblyklik ongestoord met hulle werk kan voortgaan. “Ek het niks verkeerd gedoen nie en het binne die regulasies gehandel. My reputasie is daarmee heen. My naam is daarmee heen. Ek is soos ‘n krimineel behandel. Toegesluit en in ‘n vangwa aangery hof toe. Die hele situasie was ‘n vernedering vir my en my familie. Ek wens dit niemand toe nie”, het sy gesê.

Jacques Myburgh KLEINMOND – “Ek het myself morsdood geskrik. Al wat ek gedink het, is dat ek nie vandag doodgesteek wil word nie.” Só sê ‘n erg getraumatiseerde Donovan McGiddy van Palmiet, wat verlede Vrydag gyselaar gehou is in sy eie huis deur ‘n vermeende 28-bendelid. Die voorval het sowat kwart voor 8 die oggend in sy huis in Gerrit Maritzstraat gebeur. “Ek het nog gelê en slaap toe ek hoor iemand krap in my bedkassie se laai. Dis toe dat ek die man bo oor my sien staan met ‘n mes in sy hand.” Die aanvaller het sy vinger oor sy mond gesit om te suggereer dat McGiddy moet stil bly. “Ek het hom gevra wat soek hy. Hy het gesê hy soek geld waarop ek geantwoord het, ek het nie geld vir hom nie. Hy het kort-kort die mes in my rigting gewys.” Die aanvaller het aangedring op ‘n sigaret,

McGiddy het vir hom gesê hy rook net twak. “Hy het toe die sakkie twak in die sitkamer gaan haal en vir my gesê ek moet ‘n sigaret vir hom rol, terwyl ek in die bed lê. Ek wou opstaan maar hy het geweier, ek het vir hom gesê ek moet badkamer toe gaan waarna hy uiteindelik ingegee het.” Nadat McGiddy die badkamer besoek het, het die aanvaller gesê hy soek kos. Hy het vir hom gesê daar is brood in die vrieskas. Die aanvaller het toe doodluiters die vrieskas oopgemaak, die brood in die mikrogolfoond gedruk om te ontdooi en daarna dit met grondboontjiebotter gesmeer. “Hy was heeltyd tussen my en die kombuis met die mes in sy hand.” McGiddy het opgelet dat die diefwering van sy kombuisvenster oopgebuig is. “Die man was lank en skraal met die nommer 28 getatoeëer (vervolg op bl 6)


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 5


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 6

“Gerrit Maritz Straat is nie meer veilig nie” (vervolg op bl 4) op die hand wat die mes vasgehou het. Hy kon maklik deur die klein spasie pas. Ek het myself doodstil gedra en seker gemaak die kombuistoonbank is tussen my en hom.” Terwyl die aanvaller geëet het, het McGiddy se dogter hom gebel. Hy sou die dag saam sy dogter spandeer, en het dus geweet dat dit sy is wat bel. “Ek het vir hom gesê ek moet antwoord anders gaan sy onraad vermoed.” Hy het heeltyd by my gestaan met die mes in sy hand. Ek het geweet dat as ek iets verkeerd

sou sê, hy my sou doodmaak.” Volgens Michelle van Rhyn, McGiddy se dogter, het sy agtergekom iets is fout. “Ek het vir haar gesê ek het verkoue en sy het vir my gesê ek moet weer in die bed gaan klim en verder rus voor sy afgelui het.” Nadat die aanvaller homself verlustig het aan die brood het hy die kluis raakgesien en McGiddy beveel om die kluis oop te sluit. “Ek het vir hom gesê ek huur die huis en het nie ‘n sleutel vir die kluis nie.” Hy het sy aandag toe op die bromponie gevestig en hom beveel om dit aan te

skakel. “Ek het vir hom gelieg en gesê dat die bromponie stukkend is en dat ek vir die elektrisiën wag om dit te kom regmaak.” Die aanvaller het toe self die bromponie aan die gang gekry. Die aanvaller het met tien pakkies twak, twee ringe wat hy aan sy vingers geglip het, ‘n Guess horlosie en McGiddy se reënjas waar in sy beursie was, die hasepad gekies. Volgens McGiddy wou hy die polisie bel toe hy sien die booswig het sy foon se koord gesny. Hy het toe besluit om in sy motor te klim en na sy kinders sy huis – sowat twee blokke van sy huis af – te ry waarna hy en sy kinders polisiestasie toe is. McGiddy het Dinsdag oggend inligting van die polisie ontvang dat ‘n bromponie soortgelyk aan syne in Hermanus gevind is. Hy sou later die oggend die bromponie gaan uitken het. Volgens die polisie is nog geen verdagte in hegtenis geneem in verband met die misdaad nie. McGiddy is nie die enigste slagoffer van misdaad in Gerrit Maritzstraat nie. ‘n Bron het Vrydag net ná McGiddy se voorval, ons verwittig van ‘n

man wat hom dreig en teister. Volgens die bron het die man langs hom geplak in ‘n huis waaran gebou is. “Van my besittings het begin verdwyn. Ek het later begin agterkom dat hy by my steel. Ek het lank gesukkel om hom van die eiendom te verwyder. Hy is ‘n gereelde tronkvoël wat dikwels in die moeilikheid is.” Sowat twee weke terug het die man glo buite sy huis gestaan en hom met die dood gedreig. “Hy het gesê hy gaan my doodmaak as ek dit waag om buite te kom.” Volgens hom was die man lank en skraal. Hy kon nie bevestig of die man tatoeëermerke op sy hande gehad het nie. “Gerrit Maritzstraat is nie meer veilig nie. Hulle steel gereeld koperpype en watermeters. Daar is vier verdagte mans wat gedurig in ‘n groep in die straat rondbeweeg. Hulle staan heeldag rond in die Hoofstraat en kry kans om te sien watter huise is beset en watter is oop. Dis vinnig vir hulle om hier te steel en net oor die Hoofstraat te hol Proteadorp toe”, sê die bron.

SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 7


Overstrand Herald

25 September 2014

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 8


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 9


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 10

Monitoring and verification of geyser management system in Overstrand Municipality Eskom and Overstrand Municipality joined forces to install a residential load management (or geyser control) system in Hermanus, Franskraal and Kleinmond. The units were installed to enable the Overstrand Municipality to move a substantial portion of the residential evening peak geyser load to the off-peak period (after 20:00), when there is less strain on the national electricity grid. As part of the regular and necessary testing requirements before the project starts, the University of Cape Town’s Energy Research Centre will now undertake measurement and verification tests. According to Mr Stephen Muller, Director: Infrastructure and Planning at Overstrand Municipality, the geyser control units in the above areas will be switched off between 18:00 and 20:00 during weekdays as part of the measurement and verification process. It will be

switched on starting from 20:00, in a staggered way, to prevent a new peak. These tests will start on 22 September 2014. No more switching will be done between 07:00 – 10:00 am. The Municipality requests the public to support this initiative; if you do switch off your geyser manually in the morning and back on after returning from work in the afternoon, switch it on as soon as possible after arriving home to allow the geyser to heat the water for use between 18:00 and 20:00. If you do switch it on again in the evening, allow some time after 20:00 to heat the replacement hot water. The Municipality also requests the public not to tamper with the units or the seals installed. This can lead to a ‘Remedial Action Fee’ according to the Municipality tariff code E 14. Enquiries can be directed to the Municipality on (028) 313 8111.

EXPLORING ENERGY EXPO AT THE HERMANUS FLOWER FESTIVAL FERNKLOOF NATURE RESERVE, HERMANUS THURSDAY 25 – SUNDAY 28 SEPTEMBER 2014 09h00 – 17h00 daily The Energy Expo is free but entrance to Fernkloof and the Flower Festival applies Entrance R20; learners in school uniform and under 12 free You can explore a display of different technologies that can help you to choose the best way to reduce your electricity costs. You can see a typical home lounge functioning off-grid to illustrate what we can do in the home to keep us going during future ‘load shedding’ periods. What exactly do we need to keep the TV and decoder going for those crucial programmes? Or perhaps we urgently need the computer and the WiFi and some lights? WCC will offer expert advice on all the technology available and the approximate costs of installation. Stripes will sadly not be allowed into the nature reserve, but his stories about his struggles to understand the energy-thing will feature at the Expo.


Overstrand Herald

25 September 2014

Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.

Beheer is die goue reël in die klaskamer Daar ontpop die Baron van Hangklip toe skielik in die nutsman van my lewe. Sondag – in Wilhelm se sitkamer met ‘n bier en ‘n stuk kaaskoek in my hand terwyl ek kyk hoe die son sak oor Valsbaai - praat ek nog oor die vrot loodgieterswerk in my huis, toe hy my klaaglied kortknip en aankondig dat hy die volgende middag om 16:41 my sal kom uithelp. Maandagmiddag stiptelik negentien minute voor vyf stop hy voor my huis in ‘n wit oorjas. Hy moes net eers sy tuinhulp by die Plakkerskamp gaan aflaai, verduidelik hy, terwyl hy ‘n groot plastiekmandjie uithaal met alles wat ‘n loodgieter nodig het: skuiftange, skroewedraaiers en selfs ‘n bobbejaanspanner. Ons draai die stopkraan toe en stap in. My effense bedenkinge oor Wilhelm se loodgietersvernuf verdwyn vinnig toe hy behendig met sy skuiftang die siffie aan die bopunt van die mengkraan afdraai en vir my ‘n klompie fyn gruis wys. Hy haal ‘n ferm kwassie uit sy mandjie en vee die klippies weg. “Met die groot pypvervangings waarmee die munisipaliteit tans besig is, kan jy dit maar in die water verwag,” sê Wilhelm. Die baron merk druppeltjies

aan die onderkant van die mengkraan op. “Dit is nie reg nie,” sê hy. Die pyp word gou afgeskroef en hy sien die ghries wat aangesmeer was om die konneksie waterdig te maak, nie meer effektief is nie. Dit word vervang met ‘n dun wit bandjie wat ‘n paar keer om die skroefdraad gedraai word. Ons sit die mengkraan weer terug en siedaar ... ‘n blad om die wasbak wat nog nie in sy bestaan so droog was nie. Een ding van die Baron is jy hoef nie te sukkel om sy stories uit hom te trek nie. Toe hy eers die verstomming op my gesig raaksien, vloei dit soos ‘n onverstopte waterpyp: “Jy weet, toe my loopbaan in die geheime diens voortydig beëindig is, het ek gebruik gemaak van die regering se aanbod om my vir ‘n nuwe loopbaan te laat heroplei. Ek het my by ‘n VOO kollege ingeskryf vir opleiding in loodgieterswerk, houtwerk en bouwerk. “Op 56 was ek by verre die oudste student, maar gelukkig was daar ook ‘n ‘oorbodige’ polisieman van in die 40’s om my geselskap te hou. Op ‘n dag toe ons met praktiese bouwerk besig was, kom ons agter dat daar kort-kort ‘n groep studente by ons kom staan. Ons

hoor toe dat die hoof van die kollege het besluit dat dit van groot opvoedkundige waarde vir die leerders sou wees om te sien hoe die twee “ou manne” werk. “Een oggend toe ek by die kollege aankom, roep die hoof my en vra my of ek nie vir die houtwerkinstrukteur kan instaan nie want dié moes dringend vir privaatsake stad toe gaan. Teen wil en dank is ek toe voor die klas ingeboender en moes ek die groep leer om t-voë te maak. “Dit was nogal ‘n woelige groepie studente, en uit my Weermagdae onthou ek die groot ding met instruksie is om beheer te neem. Heel eerste moes die studente ondanks groot besware die klas skoonmaak. Daarna was dit maklik en was dit net vir my nodig om vrae te beantwoord en vir hulle te wys wat hulle moes doen. “Totdat twee begin stry kry. Een het blykbaar die ander een se plankies gegaps. Sorteer dit onder julle twee uit, beveel ek! Ons kan nie, kom die antwoord terug. Nou bring julle goed hier! En daar trap ek voor hul oë albei se plankies fyn en flenters. Nou begin julle albei van vooraf, sê ek streng. “Daarna was die klas totaal onder beheer. In der mate dat almal so ‘n kwartier voor die tyd klaar was met hul projekte en weer die klas moes opruim. “Terwyl ons nog wag vir die klok om te lui, word ek kantoor toe geroep. Die hoof en ander senior personeel sit daar. Hulle het blykbaar alles oor kringtelevisie

Bladsy 11 dopgehou en hulle kon nie hul oë glo nie. “’n Ander keer word ek na ‘n klas gestuur om ‘n gat in die droëmuur reg te maak. Dit raas so dat ek nie eens myself kan hoor saag nie. Toe ek dit uiteindelik nie meer kon uithou nie, maak ek die klas stil en vra waar die instrukteur is. Hy is toe daar, skaars ouer as die studente. Wat gaan hier aan, vra ek. Nee, ons is besig met toegepaste wiskunde en ons is besig met gesamentlike probleemoplossing, was die man se antwoord. “Ek moes toe vir hom reguit sê: Meneer, jy het nie beheer oor jou klas nie en as dit nie regkom nie, gaan jy niks aan hulle oordra nie!” Ons het nog lank gesels die middag. Wilhelm is bekommerd oor die standaard van ons opleiding, maar na sy tydjie terug op skool weet hy dat die potensiaal van ons mense puik is. Ons kan ons land soos ‘n handomkeer verander en ‘n wêreldleier maak, maar alles begin in die klaskamer. Dáár moet die verandering kom, sê hy! POTJIEKOSREGSTELLING In verlede week se resep moet al die teelepels eintlik eetlepels wees. Sulke foutjies sluip in wanneer ‘n mens ‘n resep uit Engels vertaal en nie die verskil tussen ‘n groot T en ‘n klein t verstaan nie. Jammer, Adri, en dankie vir die gemmerhoenderresep wat ons eersdaags met die lesers sal deel.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 12

Voorbereiding vir opslaanklas begin

KLEINMOND - Die voorbereiding aan die terrein vir ‘n nuwe opslaanklas in die plek van die een wat verlede jaar letterlik weggewaai het, het vandeesweek by Laerskool Kleinmond begin. Die stormsterkte Noordwester wat op 16 Augustus verlede jaar die dorp behoorlik omgedolwe het, het baie skade agtergelaat. By die Laerskool het die opslaanklas waarin die gr. 3’s skoolgegaan het feitlik gedisintegreer. Ouers en onderwysers het soveel van die inhoud van die klas gered as wat hulle kon. Destyds is geraam dat die vervanging van die klas nagegenoeg R250 000 sou beloop. Die WKOD is in beheer daarvan. Hierdie week het werkers die grond waarop die nuwe opslaanklas gaan verrys, begin voorberei.

SMS jou mening 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!


Overstrand Herald

‘n Aardse ENGEL by Mthimkhulu

KLEINMOND - Corrie Gerber is iemand wat dit dikwels vir die personeel, en veral die hoof, Debbie Hulle, by SmartKids menige moed gee om die nuwe dag aan te pak. Debbie sê Corrie vat raak en vat voor sodat die personeel meer kan dink aan die werk waarvoor hulle eintlik daar is, naamlik om met die kinders te werk, as om hulle heeldag en aldag oor finansies te bekommer. Vir die kinders is sy “Aunty” Corrie, want hulle ken haar omdat sy so betrokke is by die skooltjie en sy bedrywighede. Dié “omgee” tannie ontferm haar oor ander kleuterskole in die omgewing ook. Soos die engel wat sy is, weet net diegene wie se lewens sy aanraak wat sy doen, maar Debbie sê dis nodig dat meer mense kennis neem van diens wat sy verrig sonder dat sy enigsins iets terug verwag. Maar al hierdie liefdeswerk gaan beslis nie ongemerk verby nie!

25 September 2014

Bladsy 13


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 14

Oom Sakkie se “wooi” Oom Sakkie (die strooipop op Singleton se Winkelstoep) se alter-ego (die uwe) het nou die dag hierdie merkwaardige storie aan hom daar op sy stoel op die stoep vertel. Dit is ‘n egte “wooi”: ‘n ware, mooi (met elemente van spanning in) storie. Tussen Krismis en Nuwejaar vertrek ‘n opgewonde pa-en-seungroep vanuit die ou Transvaal op ‘n avotuur in agt 4x4’s na Angola.

Alles is deeglik beplan: genoeg voorrade, verlof van die skole dat die seuns ‘n week later mag begin, ‘n goedbeplande noodhulpkissie en selfs ‘n satellietfoon om vanuit die boendoes met die beskawing in verbinding te bly. Een van die pa-seunlede se skoonma en ouma woon op Kleinmond. Sowat 16 dae die safari in, êrens diep in Angola besoek hulle die middag so teen 2-uur se kant ‘n gevegsterrein uit die destydse

grensoorlog. Met die uitklimslag trap Kleinseun op ‘n adder wat hom in die voet pik. Hulle moes die slang agter die kop gryp en hom met geweld van Kleinseun se voet losskeur. Angstig is daar na die wond omgesien, maar aangesien hul noodhulpkis nie antiserum had nie, het die hele groep besluit om terug te keer na Namibië.

Die probleem was dat hulle sowat 7 ure van die grens was en dan nog kilometers na die naaste ordentlike hospitaal op Oshakati moes aflê en as Kleinseun nie binne ten minste 24 uur gespesialiseerde behandeling kry nie, kan die weefsel van sy voet begin doodgaan en sy organe kan begin ingee. Die telefoon kon gelukkig gebruik word om die grenspos in kennis te stel van hul voorneme, maar die slegte nuus was dat die pos saans om 7-uur sluit en hulle sou eers

teen 9-uur daar aankom as alles goed verloop.

Intussen word Ma en Ouma ook van die voorval ingelig. Ouma skakel ‘n klompie vriende in Kleinmond en vra om te bid dat die kinders deur die grenspos kan gaan as hulle dit bereik, anders sou hulle tot die volgende oggend 7-uur daar moes wag en die tyd is besig om vir Kleinseun uit te loop! Ouma vertel die uwe ook daarvan en dié weer sy buurman, ‘n oudNamibiër. Buurman ken daardie geweste soos die palm van sy hand en verseker dat Oshakati goeie dokters het. Verder vertel Buurman die uwe dat die beste slangkenner die oog-monden- keelspesialis, dr.Buys, in Windhoek is. Hy het sy kennis by sy pa opgedoen wat met dié goed gewerk het. Die uwe vertel dit vir Ouma, sy weer vir Ma en dié kontak Skoonseun. Die gevolg was dat Ouma en Buurman bymekaar kom en Buurman vir Slangkenner skakel. Ongelukkig was lg. heeldag in die teater besig, maar Ouma het al die nodige besonderhede aan die ontvangsdame oorgedra sodat Slangkenner en Skoonseun direk met mekaar kon kontak maak. Later skakel Ouma se tweede dogter met die goeie nuus dat sy op Google die beste slangkenner in Namibië opgespoor het: ‘n dr.Buys. Ouma kon haar toe meedeel dat daar al lankal met hom kontak gemaak is!! Intussen bereik die konvooi die geslote grenspos, maar na onderhandelinge, die invul van dokumente, die stempel van paspoorte en R1000 minder in die sak, word slegs Skoonseun en Kleinseun deurgelaat, sonder hul voertuig en te voet. Aan die Namibiese kant is daar ook geen amptenare nie en sonder enige gestempelde paspoor, dus as onwettige besoekers, klim hulle in ‘n taxi en vat die pad

(eers ‘n grondpad vol dongas, maar later darem ‘n teerpad) Oshakati toe. Na ‘n angsvolle uur waarin Kleinseun se toestand merkbaar versleg en hy gedurig braak en angsswete hom uitslaan, bereik hulle die hospitaal en word ontvang deur ‘n dokter van Egiptiese afkoms. Daar het Slangkenner hulle gekontak en die nodige behandeling aanbeveel. Kleinseun sou daar moes bly totdat hy gestabiliseer het en dan Windhoek toe vervoer moes word, hetsy per pad of lug. Met sonopkoms het Skoonseun weer per taxi na die grenspos teruggekeer om sy voertuig te gaan haal, maar eers moes hy aan die Namibiese owerhede verduidelik hoekom hy onwettig in die land is!! Toe dit opgelos is, ontdek hy aan Angola se kant dat die vorms van die vorige nag net totaal en al verdwyn het (saam met die R1000)!!! Na nuwe vorms voltooi is en nog R2000 opgedok moes word, is die hele groep uiteindelik oor die grens en weer oppad Oshakati toe. Daar aangekom en nadat hy seker gemaak het Kleinseun is nog veilig, kon skoonseun vir die eerste keer vanaf die slang se byt sy oë toemaak om ‘n bietjie slaap in te kry. Intussen is die uwe se Buurman hoogs ontsteld oor die R3000 omkoopgeld en wil met alle mag hê Skoonseun moet die Namibiese regering kontak, maar lg. sê sy seun se lewe is vir hom meer werd as die geld en ongerymdhede en sal maar die saak daar los.Donderdagmiddag, nadat Egiptenaar tevrede was met Kleinseun se vordering, vat Skoonseun die lang pad na Windhoek en na sowat sewe ure gee hy sy seun oor in die bekwame hande van dr.Buys. ‘n Paar dae later keer Skoonseun (vervolg op bl 17)


Overstrand Herald

25 September 2014

Jongste verslag van Kleinmond Straatwag Die afgelope week se misdaadsyfers vir Kleinmond bly steeds stabiel en onder beheer. Daar was byna geen misdaad in die sentrale en oostelike dele van die dorp gerapporteer nie, en dit word hoofsaaklik toegeskryf aan die sukses wat die patrollies behaal deur die beweging van misdadigers te help beperk asook die groter waaksaamheid van inwoners. Insidente wat wel plaasgevind het, was hoofsaaklik in die besigheidswyk en die woonbuurtes aan die westekant van die dorp. Dit was gelykop verdeel tussen huisbraak en opportunistiese diefstal. Die huisbraak het beide bedags en snags gebeur terwyl die diefstal meestal in die middag en oor die naweek voorgekom het. Fietse is uit erwe gesteel en elektroniese toerusting was soos gewoonlik hoog op die lys van items wat tydens inbrake gesteel is. Daar was maar enkele gevalle van koperdiefstal. Die reaksie uit die gemeenskap op die versoek om betrokke te raak by patrollering en by finansiële steun om die koste te dek is baie bemoedigend. Talle jong en ouer mense is patrolleer nou gereeld die strate, is goed toegerus daarvoor en lewer ’n bewonderingswaardige diens aan die gemeenskap. Ons is ook baie dankbaar oor die hoeveelheid oud Polisie- en Weermaglede wat aangesluit het en veral hulle bereidwilligheid ten opsigte van opleiding en ekstra ure se patrollie. Dankie aan almal wat ’n bydrae maak. Die verantwoordelikheid om misdaad te voorkom rus egter op die hele gemeenskap en dit is nodig dat veel meer inwoners betrokke raak en daarom gaan Kleinmond Straatwag in die weke wat kom ’n ernstige beroep op inwoners wat nog nie betrokke is nie, doen om hierdie saak te ondersteun sodat die aksies wat geneem word, volhoubaar kan wees. Deel daarvan is ’n ledewerwingsveldtog op 27 September by die Spar en huisbesoeke deur KSW

Straatkoördineerders. The crime rate in Kleinmond during the past week continued to remain under control with virtually no crime in the central and eastern regions of the village due mainly to the success achieved by patrols in restricting the movement of criminals as well as the greater vigilance of residents. Reported incidents, occurring mainly in business districts and residential areas in the western end of town, were equally divided between crimes of burglary and opportunistic theft. Burglary took place during both day and night whereas almost all of the opportunistic theft occurred between midday and 6PM. During the past few weeks bicycles have been stolen from residential properties and, as usual, electronic equipment was high on the list of items stolen in burglaries. There were hardly any reports of copper theft last week. There has been a very encouraging response to the appeal for members of the community – both with financial commitment as well as active involvement in the patrols. Many young and older people are now doing regular patrols, they are well equipped and they are delivering a praiseworthy service to the community. We are also grateful for the number of ex-police and army members who joint and made themselves available to help with training. However, responsibility for preventing crime rests with the entire community and not merely a limited group of willing volunteers. During the next few weeks Kleinmond Street Watch will be making an earnest appeal for more assistance. All residents are urged to become involved so that control over the threat of crime can be sustained. A membership drive is planned at the Spar on 27 September and KSW Street Coordinators will be visiting homes as part of this appeal. John Tanton & Vic Brink

Bladsy 15


Overstrand Herald

25 September 2014

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

nie meer ‘n lewe het nie”. Op die fb is daar deesdae soveel spreuke en slimmighede, maar vandeesweek het ek een ontvang wat regtig vir my

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Waarvoor lewe jy? Ek is nie gebou om filosofies te raak nie. Ek sê ‘n ding soos ek hom sien en dan moet ek maar daarmee saamleef. Maar ek lees darem redelik wyd en Victor Frankl se “Waarom lewe ek” (Man’s search for meaning) het ek baie geniet. Hierdie naweek het het iets my skielik tot stilstand geruk en my amper filosofies laat wonder oor die lewe en die vervlietendheid daarvan. Hierdie maand verjaar albei ons kinders. In dae vyf dae uit mekaar en in jare, drie. Die een word 27 en die ander 24. Hoe het my lewe daar uitgesien toe ek so oud was? Vir my was die tyd tussen 24 tot 27 amper tien jaar lank en ek het dit geniet! By terugskouing was die 30 jaar van toe tot nou, net ‘n oogwink. Niemand kan jou mos, wanneer jy ‘n tiener is, daarvan oortuig dat die lewe oop voor jou lê nie. Die oorweldigende tienermening is, was en sal tot in lengte van dae wees: “Wat weet hulle? Hulle sal nooit weet hoe swaar ek kry nie en hoe moeilik die lewe is nie! Wat weet hulle!” Dit help nie, sover ek weet, om te probeer troos deur te sê dis nie so erg nie. Mens moet eers, by wyse van spreke, die deur op jou tienerjare kan toemaak voor jy besef dit was eintlik nie naastenby so erg soos wat jy gedink het nie. Dat indien jy jouself net wou toelaat om dit meer te geniet en minder te wroeg daaroor, dit eintlik nie sleg was nie. En die “in” groepie van skool kan dikwels nie bybly by die groter lewe buite die skool nie. Dat mens se toekoms

sowaar in jou eie hande lê. Dis eers indien jy die geleenthede wat jou kant toe kom benut wanneer jy soort van in jou laat adolessensie is, dat jy dalk die lewe leer geniet. Dis dán eers, ná kinderjare, tiener-angst en adolessente storm en drang dat ‘n mens moontlik die lewe eers regtig kán geniet. Die fout wat die meeste mense maak (so reken ek in ieder geval), is om te gou “groot” (lees ouer) wil wees. Vandag is nooit goed genoeg nie. Dit moet altyd môre, of volgende jaar of volgende week wees. Die ironie is dat soveel mense hulle so blind staar teen wat hulle wil hê, dat hulle vergeet om te geniet wat hulle het. Wanneer hulle dan wel ouer of oud is, is baie onvergenoegd met die lewe, omdat dit nie aan hul verwagtinge voldoen nie en dan is hulle regtig te oud om iets daaraan te doen. Teen die tyd dat hulle moet kan terugdink aan hoe lekker en interessant (let wel, nie noodwendig maklik nie) hul lewe was, al wat hulle onthou is dat dit nooit aan hul verwagtinge voldoen het nie en dat die wêreld hulle iets skuld. Ek het sit en dink oor die kinders van my en ek het besef dat op oulaas is dit regtig (vir my in elk geval) húlle wat my lewe die moeite werd maak. Ek kan soms amper nie glo dat daar ‘n tyd vóór hul pa en hulle was nie. Dan is dit ook weer juis die “voor” tyd wat ek dink mens gereed maak om genoemde kinders te hê, sodat jy kan voorbereid wees. En sodat mens nie jou kinders verkwalik “dat jy

Bladsy 16 besonder oulik en ter sake was: “What day is it?” asked Pooh “It’s today!” squeaked Piglet “My favourite day.” said Pooh.

Briewe

Supa Quick doen sy naam gestand Het jy al ‘n probleem met jou motor gehad en gewonder “waarheen nou?” Met die grootste vrymoedigheid kan ek Supa Quick aanbeveel vir vinnige, eerlike en vriendelike diens. Jy word bewus van buitengewone netheid en dissipline wat daar heers, asook die toewyding van die personeel. Jy kry die gevoel dat jy nie bekommerd hoef te wees nie, want jou motor is in die

hande van spesialiste. Sonder enige afspraak het ek as vrou al vele male daar opgedaag en is binne minute tevrede daar weg. Indien daar enige probleem is wat buite hul werksveld val, word jy verwys na ST Motors, ‘n skrale paar treë daarvandaan, net oorkant die straat waar dieselfde prioriteite geld as by Supa Quick. Dankie Supa Quick! Hou Kleinmond se naam hoog! L. Smit

Wees versigtig Ek wil graag die volgende insident onder die inwoners se aandag bring na aanleiding van twee voorvalle wat by my eiendom plaasgevind het. Ek verkies om anoniem te bly om nie geteiken te word nie. Wees asb. op die uitkyk vir ‘n jongman, maer en blas van vel. Hy staan skelm en bespied jou eiendom. met konfrontasie draai hy om en loop weg. Die volgende more om half sewe stap hy dooddluiters voor my kamervenster verby na my braai agter in die erf. Sy houding pla my, hy kyk nie rond asof dit vreemde terrein is nie, wat my laat dink hy moes

vantevore hier gewees het. Met ondersoek deur die venster naaste aan die braai, is hy nie in sig nie, maar ek weet hy is daar...hy moes agter die pilaar geskuil het. Met my dringende geklop aan die venster kom hy te voorskyn en staan en kyk my in die oë, deurdringend. Op my vraag wat hy soek is sy antwoord: “Niks nie mevrou”, maar hy staan. Na ek driftig beduie dat dit privaat eiendom is waarop hy oortree, dat die hekke gesluit is en hy moes oorklim, het hy om gedraai en geloop. Wees op die uitkyk en versigtig asb. Besorgde inwoner

Dankie aan die Herald Baie, baie dankie aan die Herald vir jul wonderlike ondersteuning met ons fondsinsamelingsprojekte. Die Manuel Escorcio en Belia Lourens konsert “Sy en Satyn” was ‘n groot sukses, al het die weer nie saam gespeel nie. Ook ons Basaar was ‘n groot sukses. Met die hulp van julle positiewe bemarking in die koerant sou die

funksies definitief nie so goed afgeloop het nie. Almal wat dit bygewoon het, het gepraat van die gesellige gees by die basaar. Graag wil ons julle ook bedank vir julle konstante ondersteuning en belangstelling ter alle tye met julle berigte oor Fynbos. Fynbosgroete. Averyl Pepper. Admin Beampte / Boekhouer


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 17

Oom Sakkie se “wooi” (vervolg van bl 14) en Kleinseun terug Republiek toe, terwyl die res van die geselskap vis te Hentiesbaai vang. Alhoewel Kleinseun se sig aangetas is en die bytwond pynlik was, het hy daarop aangedring om skool toe te gaan. Al hinkepinkend en tassend het hy sy skoolloopbaan gaan voortsit. En Ouma? Al die eerste aand was haar eie Buurman verplig

om haar, wat geen sin aan enige alkoholiese dranke het nie, ‘n stywe dop whisky en Coke in te jaag. Uit ‘n baie betroubare bron is verneem dat sy daardie nag besonder rustig geslaap het en dat die ‘versterkinkie’ haar sommer deur die hele krissis gedra het!! Ja, dit is maar min dat ‘n mens deesdae stories met sulke gelukkige eindes kry!! -- Jean

www.overstrandherald.co.za

Ons eie Sumaré Prinsloo, wenner van vanjaar se Overbergse Eisteddfod Pryswennerskonsert

Overbergse Eisteddfod Verlede Woensdag 17 September, was die Overbergse Eisteddfod se pryswennerskonsert in die Hermanus Ouditorium aangebied en Sumaré Prinsloo (viool) van Kleinmond is aangewys as die algehele wenner. Dit het vir haar ‘n goeie kontantprys in die sak gebring, wat sy wil gebruik om volgende jaar die Universiteit Stellenbosch se Internasionale Kamermusiekfees by te woon. Sumaré, dogter van Willem en Annaré Prinsloo (die eienaars van die Zellen Art kunsverffabriek) tree gereeld in Kleinmond en omgewing op; o.a. saam met die Con Spirito sangers. Sy gee ook al vioolonderrig

vir ‘n paar leerders en is betrokke as knap fasiliteerder by Narrative Foundation se musiekontwikkelingsprogram. Sy het onlangs haar UNISA graad 7 viooleksamen met 81% geslaag en het verlede Vrydag haar UNISA graad 7 klavier eksamen afgelê en wag nog op dié uitslae. Verder skryf sy in Oktober UNISA gr 6 teorie eksamen. Met haar vorige Graad 5 teorie eksamen het sy landswyd onder die eerste drie geëindig en is toe ook deur UNISA met ‘n kontantprys beloon. Ons is BAIE trots op Sumaré! Stefné van Dyk


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 18


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 19


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 20

NG Kerk se Kleingroepe byeen Die NG Gemeente Kleinmond het op Donderdagaand 18 September 2014 die tweede jaarlikse byeenkoms van Kleingroepe gehou. Alhoewel die weer nie so gunstig was nie, het dit nie die entoesiasme van ongeveer 120 lede van amper 30 kleingroepe gekeer om die Bring-en-deel geleentheid in die kerksaal van die NG Kerk by te woon nie. Mense van Kleinmond en Bettysbaai was teenwoordig. Elke groep het ’n warm gereg, slaai en nagereg gebring wat op tafels langs die kant uitgepak was. Groepe was verantwoordelik om hulle eie tafel te dek en te versier. Koos de Wet was die seremoniemeester. Hy het gesorg dat die program glad verloop. Die spreker van die aand was ds. Gys van Schoor van die Durbanville gemeente en die skrywer van die boekie: ”Ons het ons misgis met Jesus”.

Ds. Gys van Schoor (gasspreker) en Nico Jacobs van die Kleingroepe Bediening wat verantwoordelik was vir die reël van die byeenkoms. Mense het goedig Ds. Gys, wat op sy dae senter vir die WP gespeel het, se been getrek oor sy lang hare. In sy baie interessante boodskap het hy daarop gewys dat alhoewel ons dink dat Jesus weg is, Hy deur sy Gees by ons is. Die eerste kerk van die Bybel het gesê: Jesus is Here en Hy is hier. Ds. Gys het gesê die nuwe werklikheid waaruit ons sedert die opstanding as Christene leef, is dat Jesus Koning is en dat Hy regeer. Hy is naby en by ons tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis soos die Bybel sê in Matteus 28:18 en 20. Hy het die belangrikheid van Jesus se koninkryksboodskap of koninkryksevangelie, soos hy dit genoem het, beklemtoon. Die middag het Ds. Gys ook in

by die NG kerk gepraat. Hy het die mooi beeld van ’n deur wat oop is en lig wat van die ander kant deurskyn op mense aan die binnekant gebruik. Dit het hy gesê, dit is wat God deur Jesus kom doen het. Hy laat die werklikheid van die hemel deurbreek op aarde deur Sy koninkryk. Na sy optrede het almal lekker geëet en gesellig verkeer. Mense het die vars gebakte brode en tuisgemaakte konfyt baie geniet. Dit was vir almal ’n heerlike aand en die gedagte is uitgespreek dat daar weer volgende jaar so ’n byeenkoms moet wees.

Ds. Nico Rabe en van die gaste.


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 21

www.overstrandherald.co.za

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 22

SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 23

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 24

Overberg Eisteddfod: Kuns Leerders van Laerskool Kleinmond het baie goed gevaar by die Overberg Eisteddfod se Kuns-afdeling. Leerders wat aan die graad 1 tot 7 afdeling vir teken en skilder deelgeneem het, moes hierdie jaar onder

toesig van beoordelaars hul kunswerk voltooi. Hierdie beoordeling waaraan sowat 250 leerders van die hele Overbergstreek deelgeneem het, het by Mthimkhulu Village in Kleinmond plaasgevind.

Twee bekwame beoordelaars naamlik Salomé Malherbe, kunstenaar van Kleinmond en Amelia Neethling van Onrus het beoordeel. Die onderwerk is eers in die lokale aan die deelnemers gegee en daarna

is hulle ‘n uur gegee om hul kunswerke te voltooi. Direk daarna is die beoorddel en het hul hul diplomas in ontvangs geneem. Leerders het dit baie geniet om op hierdie manier hul kreatiwiteit ten toon te stel.

Kuns - Goud Graad 1 - 3 Agter: Patricia Mojaki, Logan Lancaster, Enya Zipfel, Zac Oosthuizen, Mea Grobler, Danika Deden, Izabella Quintal. Voor: Triston Hendricks, Xander Erasmus, Chleo Appel, Julian du Toit, Timo Zipfel

Kuns - Goud (Graad 4 - 7) Agter: Francois Marais, Adriaan Buckle, Krynauw Burger, Reynardt Marais. Voor: Suzaan Marx, Hannah Maree, Caitlin Stofberg

Overberg Eisteddfod: Drama Die beoordeling van die Afrikaanse Spraakkuns en Drama vir graad 4 to 7 het onlangs op Hermanus plaasgevind. Verskeie afdelings soos gedigte,

prose, onvoorbereide lees en mimiek is beoordeel. Leerders van die Laerskool Kleimond is gratis deur een van hul ouers, Ansu Kaplan, afgerig. Leerders

het pragtig presteer en het 16 Cum Laude (bo 90%) diplomas ontvang, terwyl baie leerders oor met goue diplomas beloon is.

Afrikaanse Spraakkuns en Drama - Goud -Graad 4 - 7 Agter: Miché Botes, Caitlin Stofberg, Kayla Els, Lize Visser, Alexis Hendricks, afrigter Ansu Kaplan, Nontsikelelo Afrika, Ola van der Westhuizen, Simoné Engelbrecht, Hanneke Lordan. Voor: Chanri van Vuuren, Danika Singleton, Rigaard la Grange, Anja Badenhorst, Kim Mitchell, Rouson Yon, EmmaMé Grobler, Adré Kleyn


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 25

Sportdag teen misdaad Kleinmonders het Woensdag in groot getalle saamgetrek by die rugbyveld om Erfenisdag te vier. Die geleentheid is gereël deur Sport Teen Misdaad en die Overstrand Munisipaliteit. Aktiwiteite het ‘n honde vertoning deur die Weermag ingesluit. Die Brandweer het vir die kinders gewys hoe hulle toerusting werk en sokker en netbal wedstryde het plaasgevind.

Cum Laude Afrikaanse Spraakkuns Drama - Graad 4 - 7

&

Agter: Tarique Mostert, Caitlin Stofberg (2 cum laudes), Kayla Els, Anita van Wyk, Hanneke Lordan (2 cum laudes), afrigter Ansu Kaplan, Nontsikelelo Afrika, Ola van der Westhuizen. Voor: Dénis Kaplan, Danika Singleton, Luchuané Hechter (2 cum laudes), Marlize van der Merwe, Nina Visser, Zimé le Grange


Overstrand Herald

25 September 2014

Pieter Scholtz

Bladsy 26

Ben Solomon

Tussenverkiesings oppad HERMANUS - Daar was die afgelope week groot omwentelinge by die Overstrand munisipaliteit. Dit volg na twee prominente DA raadslede bedank het en die ANC koukusleier afgestref het. Raadslid Mzameni Mshenxiswa is drie weke gelede opgeneem in die hospitaal met terminale kanker en is sedertdien oorlede. Intussen het twee DA strydrosse, onderburgemeester Pieter Scholtz en die voorsitter van die finanskomitee, Ben Solomon, bekendgemaak dat hulle gaan uittree. Die Onafhanklike Verkiesingkommissie het reeds aangedui dat drie tussenverkiesings op 3 Desember in die Overstrand gehou gaan word.

Mnr Rudolph Smith is aangewys as die DA se nuwe onderburgemeester


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 27

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

Go Green

Honey Badger/Ratel:Family:Mustelidae / Species: M.capensis The Honey Badger, known as one of the most fearless carnivores, has the “Ratel”, S A Defence personnel carrier, named after it. Previously very little was known about the Honey Badger, but it has been classified as Near Threatened in the IUCN Red Data list. It is medium sized and weighs 6 – 12 kg and even though it is fearless it avoids confrontation with its main predators, the leopard and lion. When challenged at close quarters they do put up formidable display, which include releasing strong scent from their anal glands, making a loud ‘rattling roar’ and making rushing movements towards their potential enemies, whatever the size. Of great conservation concern is their slow productive cycle with only a single cub born

25 September 2014

every 16-18 months, having a relatively high mortality rate, with only half the cubs reaching independence. They also have extremely large home ranges, about 638 square kms per male and about 138 square kms per female. The belief that they only eat honey is incorrect as they are generalist carnivores with more than 65 different prey items ranging from insect larvae to springhares and even young Black-backed Jackal and Cape Fox, rodents and highly venomous snakes such a Cape Cobra and Pufadder, etc. There has been great conflict between commercial Beekeepers and Honey Badgers. A survey in the Western Cape revealed that about 80% of Beekeepers have experienced problems with badgers and half admitted to killing them by using steel traps and poison, because when available, badgers will

eat honey and the bee brood. However, it was found that it is not necessarily a regular part of their diet. Honey Badgers’ specially protected status was hardly protecting them. Obviously something had to be done and many enterprising Beekeepers have developed cost effective and practical methods to minimize hive destruction or damage through the initiative of “Badger Friendly” honey. By raising the hives at least a metre off the ground on stands, effectively placing it out reach of foraging badgers, resulting in hundreds of thousands of Rands being saved by Beekeepers. Beekeepers subscribing to and participating in the “Badger Friendly Initiative” by declaring that their product is indeed environmentally friendly, are therefore entitled to sell honey with the “Badger Friendly” label. Beekeepers have apparently found that they sell much more honey since this initiative has been implemented. Some interesting facts about

Bladsy 28 the Honey Badger:It can bite the heads of Cobras and eat the whole snake showing not only incredible courage, but remarkable immunity to the toxicity of the venom; Honey Badgers are skilled tree climbers, but have to learn this behaviour from their mothers, it is not instinctive; The cub is dependent on its mother and learn most of its hunting skills from her before reaching independence. This could take as long as a year; Even though they are fierce they pose no threat to humans; The Honey Badger does not have visible ears, has long, tough claws and a blunt snout with which it can dig extensively, as well as a thick skin which protects it from bee stings, snake bite and predator bites; . It usually has a lifespan of about 6 years, but in extreme cases in captivity 24 years have been reached; = Let us try to support the “Badger Friendly” Initiative and look for their logo when buying honey. (rethavisser@telkomsa.net)


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 29


Overstrand Herald

25 September 2014

DAGBOEK

26 & 27 September: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10.

Bladsy 30

16 November 2014: St Nicholas Anglican Church Kleinmond Gholf day at kleinmond gholf club. Please enter your friends, family and everyone that can play gholf. It is a fundraiser to build a fence around our church. To enter phone paulette @ 0729843707. Leilani 079 980 4540 / 028 272 9363. Please please please support us

BUKSIES

Ondersteuningsgroep vir depressielyers ontmoet elke Vrydag. Kontak Corrie by 0848775356/0282713865 en kom sluit gerus by ons aan. 18 september: Theme: “Wine and music evening” presented by friends of the hangklip library. Talk on wine & beer making by marius malan; music with Stefné van Dyk & the Handevat Marimbas! Wine & snacks provided. Bring your own if you wish. Raffle! Lucky draw! Time: 18:30 for 19:00. Venue: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay. Tickets: R60 pp. Contact: Lezette 082 398 3446

19 September: Bettysbaai Kunsmark: Al die “nuwe uitstallers” kom op 14 Okt om 09:00 in die saal by die Disakloof Jeugkampterrein bymekaar en ALMAL “die ou en nuwe uitstallers” kom op 21 Okt om 9:00 in die saal by die Jeugkampterrein bymekaar. 29 September: Kleinmond Leeskring vergader om 15h00 in die Biblioteek. Die blou van onthou deur Marita van der Vyver word deur Trisa Hugo bespreek. Almal is baie welkom. Skakel Saryna van As by 082 378 0057 30 September: VLV vergadering om 14:30 in NG Kerksaal. Spreker Marinus Nolte. Tema: Groei en versorging van Orgidee en algemene tuinwerke. Almal welkom. 30 September: Kleinmond Kiekie Klub. Tema Ope. Drie beelde per outeur van sy eie keuse. Aanbieding: Vic Brink se besoek aan die Himalaya Gebergtes. 15 September: Kleinmond Straatwag ope vergadering om 10:00 – 11:00 of 19:00 – 20:00 in die VCSV-saal, 11de Laan 26. Please come and join us in the fight against crime. Kom help ons asseblief in die stryd teen misdaad.

27 September: Residents are urged to demonstrate their support for efforts being made to prevent crime in Kleinmond by becoming members of Kleinmond Street Watch. Ward Co-ordinators will be on hand at the entrance to SPAR on Saturday morning with information. 27 September: Inwoners van Kleinmond word versoek om hulle ondersteuning aan pogings om misdaad te voorkom te bevestig deur lede van Kleinmond Straatwag te word. Wykskoördineerders sal Saterdagoggend by die ingang van SPAR beskikbaar wees met inligting. 2 Oktober: Kleinmond Senior Burgers by die NG Kerksaal. Kom geniet ‘n musiek program om 15:00. 4 Oktober: Craft Market in the Pringle Bay Community Hall from 08:30 - 14:00. For table bookings contact Rina Scholtz 073 203 1487 / 028 273 8440 6 Oktober: Seëlklub om 17:30, Rolbalsaal Hermanus. Navrae 082 376 6252

GESOEK/ WANTED

I am looking for a medium sized motorcar in good condition and reliable running order. For Cash. 072 906 8029. Primrose is looking for domestic work for Wednesday and Friday. Ph. 078 355 7571. Lingeni is looking for a job such as a cleaner. Ph 078 820 6279. Diston is looking for work. He has experience in many areas. For an example of his work in making boardwalks, check out the boarding at the walking trail at Three Sisters. Also gardening, painting, security and marking. Available any day of the week. Ph. 084 787 7191 Washing machine to buy. Ph 0799804540/0763889706/02827293 63 Groenvye - sal self kom pluk; ek ruil dit vir ‘n botteltjie of twee van die klaar produk. (Dit behoort nou, binne die volgende twee weke reg wees!) ‘n Asynplantjie (aceto bacter) om asyn tuis mee te maak. ‘n Kommersiële tipe worsstopper - regopstaande- of horisontale silinder-soort van ongeveer 3l . Bel 083 703 0227 of 028 272 9334 Young reliable couple (with prior reference) looking for a larger fenced in flatlet/cottage/1or 2 bedroom house for full time rental in Kleinmond or Jock’s Bay Betty’s Bay to accomodate our Growing family! Please contact: 072 469 2453/072 968 2408. LAMPS , SMALL TABLES , SMALL PICTURES , QUALITY DECORATIVE WALL ART WANTED. PLEASE CONTACT EDDIE ON : 082 697 0534 Netjiese Dubbeldeur Staalkabinette of Dubbeldeur Staal Skryfbehoeftekaste in netjiese toestand dringend gesoek vir Koop. Asseblief geen kansvatters of mal pryse nie. Kontak dringend by 072 481 0658.


Overstrand Herald

25 September 2014

BUKSIES TE KOOP/ FOR SALE

Koffietafel Puik toestand R300. “His Master’s Voice” albums (10 plate) Puik toestand R200. Bel 078 6248754

Bladsy 31

Isuzu 1999 bakkie. Nietjies. 330 000km. R70 000. Bel 028 271 3535 / 072 117 6834 A number of books by Lawrence G. Green FOR SALE, published between 1933 – 1985. Some are First Editions and undamaged. Average price R100 per book. CONTACT : Pip Prinsoo (028 272 9949)

Motorbatterylaaier R200. Victa Vac Trimrite 500 outdoor. Vacuum extractor. R350. Bel 078 515 9058. Embuia TV kas en breê wit melamien vertoonkas vir winkel. Bel 028 272 9905/ 083 657 9156. Lazyboy R350. Sitkamerstoel R250. Tafel R150.. Bel 028 271 3496/ 082 579 2580. Embuia standing lamp with shade R750. Sinkers 10 for R30. Ph. 028 271 5724/ 082 707 2307. Laaikas R450. Studeertafel (sonder stoel) R300. Bel 076 673 3757 Malibu Boot met 50 HP Yamaha op sleepwa. R9000. Bel 073 731 0406. 1989 Bantambakkie kappie. R900. Bel 082 041 2341. Tweedehandse swart Dover stofie. Maak ‘n aanbod. Bel 083 442 7484. Defy Automaid wasnasjien in goeie werkende toestand. R250. Tweesitplek rusbank baie goeie toestand. R450. Bel 082 773 7821 Roomkleurige gestoffeerde sitkamerstel 1/2/3 sitplekke. R1800. Bel 082 412 5976 Contents of house for sale. Ph 073 991 2617 Double bronze aluminium doors with glass R750 for pair. Washing machine Hitachi twin tub R450. chest of drawers R250. Ph 028 272 9929 Trojan Stamina treadmill. R2000 goeie toestand. Bel 082 578 1710. Twee rottang gemakstoele met kussings en kampbedjie. Bel 072 203 1799. Fourteen metal bar stools with upholstered seats in need of refurbishment. Fabric provided. R150 each or R1500 for all. Call or sms 071 443 8819. Tweesitplek sitkamerbank. Uitstekende toestand R600. Koffietafel roomkleur met glasbad. Baie mooi toestand. R300. Bel 028 271 3044/ 072 450 2287. Asti adjustable car seat for toddler, R150. Dunlop kids bicycle 20” wheels, R150. Contact 0833481782. 1 Play Station 2 game met 1 controller. Benodig n power supply. R 200. 1 VW Golf carburettor met nuwe rubber voetstuk R 450. 1 Werksbank elektriese slyp motor met 2 slyp stene R 150. Skakel 0742635216

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 32

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950

NG KERK: 28 SEPTEMBER 2014 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai 09:00 Kerksaal

Ds. Nico Rabe Ds. Guy Roberts Ds. Barry Lordan

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30 Dr Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier


Overstrand Herald

25 September 2014

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 33


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 34

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

25 September 2014

Bladsy 35


Eastcliff mans wen netballiga

Van links na regs: - Llowellon Arendse, Lee – Ashman Moses, Ashley Booysen, Danfrid Josephs. Afwesige lede van span: - Julan Arries, Mattwin Hull, Danzil Josephs, Allen Tydens die afsluitingstoernooi van die Overberg Netbal Federasie (ONF) op 6 September, is die jaarlikse prysuitdeling ook gehou. ONF het in 2014 drie manspanne gehad wat deelgeneem het in die mansliga naamlik Swellendam, Hawston en Eastcliff. Eastcliff het hierdie jaar skoonskip gemaak en is as algehele wenners in die mansliga aangewys. Die span

van Swellendam was tweede met Hawston wat ‘n derde plek ingepalm het. Indien daar enige mans is wat belangstel om in die 2015 liga deel te neem, kan hulle vir Llowellon Arendse by 079 056 0290 kontak. Ons wens hierdie span hartlik geluk met hulle prestasie en daag die ander spanne uit vir volgende jaar.

Nedbank supports soccer KLEINMOND - The soccerplayers at Kleinmond Primary School have been very fortunate. this week Nedbank donated fifteen soccer jerseyes, socks, pants and a soccerball to the school’s team. The players put these jerseys to good use when they wore them at the Heritage Day

Sports Day yesterday. Here Mr Clayton Sauls (left), manager of the local Nedbank Branch appears with principal Roderick Brikkels (far right). Mervin Faarland and Andisile Kweta are each wearing a jersey alongside coach Tulani Ndzishe.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.