Pasop: Sakeman by t-aansluiting aangeval
Ons groet vir Nancy
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 2
Sakeman aangeval by Hermanus t-aansluiting Jacques Myburgh KLEINMOND – ‘n Loodgieter is Maandag middag met ‘n baksteen aangerand, nadat hy by ‘n T-aansluit stilgehou het. Danie Langenhoven, van Blitz Plumbing, het omstreeks middagete by die R44 en R43 Taansluiting tussen Kleinmond en Hermanus stilgehou toe twee booswigte hom probeer oorrompel het. “Dit het baie vinnig gebeur. Een van hulle het die kar deur met sy knie toegehou, sodat ek nie kon uitklim nie en my deur die gesig geslaan met ‘n harde voorwerp soos ‘n baksteen. Die ander een het by die passasierskant gestaan”, sê Langenhoven. Na die hou het Langenhoven ‘n bottel spuit-olie gegryp en die een rower in die gesig gespuit daarmee. “Ek het die naaste ding gegryp wat ek in die hande kon kry en hom in sy oë en mond gespuit. Hy het terug
gesteier en my kans gegee om uit die motor te klim.” Toe die rowers begin besef het hulle plan is besig om te misluk, het hulle die aftog geblaas en in die bosse in gehardloop. Volgens Langenhoven was die rowers se plan waarskynlik om hom bewusteloos te slaan, sodat hulle hom kan beroof. “Ek het die dag met baie kontant rond gery en gesien dat die twee mans al van die oggend af by die T-aansluiting rondgestaan het vir kwaadgeld.” Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie behalwe vir swellings en blou kolle aan die linkerkant van sy gesig. Ao. Martin Mostert, woordvoerder van die Kleinmond polisiestasie sê dis die eerste keer wat hy hoor van so ‘n voorval by die T-aansluiting. “In my tyd was dit die eerste keer dat ek hoor van poging tot ‘n motorkaping. Die T-aansluiting is meer bekend vir ongelukke.”
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 3
KLEINMOND - Laerskool Kleinmond se karnaval wat Saterdag plaasgevind het, het besonder goed afgeloop. Skoolhoof Gys Huishamen sĂŞ hulle was baie dankbaar oor die lieflike weer. Die Karnaval se opbriengs beloop sowat R40 000.
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 4
Verspoelde voetpaadjies maak dit moeilik vir inwoners Jacques Myburgh KLEINMOND – Voetpaadjies in die Heuningkloof woonbuurt is in so ‘n haglike toestand dat inwoners wat gereeld van die paadjies gebruik maak, dit ontoeganklik vind. Die Herald het November verlede jaar berig oor die 200ml reën wat binne ‘n kwessie van 48 uur geval het. Die hoë volume reën het grootskaalse skade aan veral voetpaaie veroorsaak. Van dié voetpaadjies wat onder verlede jaar se vloede deurgeloop het, is nog stééds nie herstel nie. Die voetpaadjies loop van Heuningkloof se kant af langs die karavaanpark na die strand en die dorp. “Ons woon al 12 jaar op Kleinmond en het vir baie lank die paadjies gebruik om see toe te gaan en ons inkopies te doen. Nou moet ons op die R44 loop wat ‘n besige pad is”, sê ‘n inwoner van Heuningkloof wat anoniem wil bly.
Die hek van die karavaanpark aan Heuningkloof se kant is ook permanent gesluit wat dit dus onmoontlik maak vir inwoners om deur die park te loop, terwyl
die hek aan Klein Berlyn se kant oop staan. Werknemers van die karavaanpark vind dit ook moeilik om aan te meld vir werk omdat hulle ook gereeld van die
voetpaadjies gebruik maak. Teen druktyd het die munisipaliteit nog nie op ons navrae gereageer oor die herstel van die voetpaadjies nie.
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 5
Nancy van Heerden remembered BETTY’S BAY - Nancy van Heerden, wife of prominent South African artist and former Overstrand municipal councillor, Louis van Heerden, passed away quietly on 10 June 2014, having lived with pancreatic cancer for almost two years. Nancy was born in Miami in the United States and grew up in the town of Lawrenceville in Illinois. Following an outstanding school career she enrolled at the University of Wisconsin where she attained a doctorate in genetics. At university she met South African Theo van Schaik who was studying in the same field. She married Theo, who died tragically of cancer five years later, after they had returned to South Africa. They had two sons. In South Africa she pursued a distinguished career as a scientist and an academic. She taught and did research at the University of Pretoria before being appointed professor of genetics at the University of the Witwatersrand, establishing its Department of Genetics. Her achievements as a scientist were acknowledged outside the academic world by institutions such as the Atomic Energy Board, the CSIR and the Joint Matriculation Board, all three of which she served as a board member. She was also a member and sometime Chairperson
of the South African Genetics Society. Nancy met and married Louis in Pretoria. They had been married for 36 years at the time of her passing. After Nancy’s retirement the couple initially settled in Somerset West, but later moved to Betty’s Bay where she relished the unique environment with its abundant plant life. Here she soon became a member and staunch supporter of Botsoc, which she also served as Chairperson, and of the Kogelberg Biosphere Reserve.She also served the then Ratepayers Association as Secretary. Her voracious reading appetite, encompassing the field of evolution and a variety of other scientific subjects, current affairs and current literature, was well-known to Nancy’s friends, many of whom had the privilege of borrowing from her well-stocked library. She was also an enthusiastic bridge player who got together weekly with other players for a few games. Nancy will be missed, not only by her family and friends, but also by many acquaintances who only briefly might have met this highly intelligent, endearing and graceful lady. (Johan Fourie)
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 6
Hulle het mooi gesing KLEINMOND - Hulle het opgestaan en gesing, dat later gesê kan word hulle het mooi gesing. (Met erkenning aan Jan Spies in een van sy gedigte: “innie biduur het hy opgestaan en gebid dat later kon gesê word hy’t mooi gebid”). Ja, hulle het mooi gesing. En meer as dit: hulle het met oorgawe, entoesiasme, passie en meelewing gesing. Dis nou die Con Spiritokoor van Kleinmond wat verlede week hulle jaarlikse winterkonsert gehou het en daarmee hulle veertiende bestaansjaar ingelui, of ingesing het. Enige vorm van musiek het ten doel om luistergenot te bring. Onder die kundige leiding van Isabel Wagener het die koor, die soliste en die instrumentaliste weer eens veel meer as luistergenot verskaf. Dit was, soos altyd, ‘n uitvoering wat as geestesverrykend ervaar is en wat die entoesiastiese gehoor vir twee onvergeetlike aande in vervoering gehad het. Ons weet dat nie al die koorlede musiek kan lees nie, maar dit doen egter geen afbreuk aan die gehalte van die sang nie.
Na my mening is dit juis sodanige mense wat oor daardie uitsonderlike talent beskik om bloot vanaf eie gehoor te sing, wat bygedra het tot die hoë gehalte van hierdie uitvoering. Dink daaraan: Andrea Bocelli kan ook nie note lees nie. In sy geheel was die jaarkonsert ‘n afgeronde uitvoering wat vir geen soortgelyke musikale voordrag elders ter wêreld hoef terug te staan nie. Die program het ‘n interessante variasie bevat wat voortdurend afgewissel is met harmonieuse ondersteuning deur verskeie instrumente. Daar was die voortreflike trompetspel van Chrisjan Cruywagen. Trompette is dikwels skel en oorheersend, maar Cruywagen speel die forte sodanig gevoelig dat dit goed balanseer met die koor. Die virtuose begeleiding deur die violiste Maja van Dyk, wat reeds saam met die Nasionale Jeugsimfonie-orkes opgetree het, en die tienderjarige Sumaré Prinsloo (nou in Graad 11) was hoogstaande. Vir albei hierdie pragtige jongmense wag daar ‘n mooi toekoms. Maja is tans een
van die finaliste in die ATKV-Musique se nasionale kompetisie. Sy het pas na die konsert saam met die Miagi-orkes (“Music is a great investment”) oorsee vertrek vir ‘n reeks uitvoerings. Min mense besef dat hulle die geleentheid gehad het om na een van die beste violiste in die land te kon luister. Die konsert het talle hoogtepunte opgelewer. Van die gewildste liedjies was ongetwyfeld die Maleise ghommaliedjies en Du Toit van der Merwe se lewendige weergawe van “Katriena” van Randall Wicomb. Louis Fourie se voortreflike uitvoering van ‘n Russiese “folksong” en “Im Tiefen Keller” het die gehoor gaande gehad. Sy vertolking daarvan wyk nie ‘n halwe noot terug nie vir dié van die beroemde Duitse bas, Günter Wewel, wat 50 jaar lank in die Dortmundse Opera enigiets van Mozart tot Wagner gesing het, met die verskil dat Wewel nie, soos Louis, deur bykans vier oktawe kon sing nie. James Munnik het, ten spyte van uiters moeilike persoonlike omstandighede vanweë sy egg-
enote Sonia se ernstige siekte, tog ingewillig om sy onmisbare bydrae te lewer. Sy tweesang in “Ol’ Man River” saam met Louis het groot applous ontvang. ‘n Resensent is nie ‘n politikus wat stemme moet vang nie. As daar egter stemme is wat vasgevang moet word, is dit dié van die Con Spirito-koor se sopraansoliste, Bea Whittaker en Sandra Odendaal. Bea het ‘n bekende deel uit Finlandia van Jean Sibelius met die grootste gemak gesing. Sy en Sandra vorm ‘n formidabele duo wat telkens beïndruk. Dit is veral aangenaam om te hoor hoe hierdie twee soprane se kragtige stemme telkens bokant dié van die gehele koor kan uitstyg. Daar is rede om te vermoed dat hulle stembande uit goud gesmee is. Gelukkig het Soekie Goosen die hele konsert weer op DVD vasgevang en kan dit binnekort by koorlede verkry word. Alles ter stywing van Con Spirito se beursie vir hulle besoek aan Vredenburg waar hulle vroeg in September gaan optree. (Chris Storm)
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 7
Overstrand Herald
26 Junie 2014
www.kleinmondonline.co.za
Bladsy 8
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 9
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 10
Van die afgevaardigdes by ‘n internasionale kerkjeugkonferensie op Stellenbosch het verlede week met ‘n opruimingsaksie na mense in Kleinmond uitgereik. Reëlings is deur die Hangklip-Kleinmond Toerismeburo getref en ‘n span van CapeNature het hand gehelp.
Kerkfeesgangers takel rommel in Overhills Berig en foto’s: SSMA / Fanie Krige Sowat 25 jong mense wat aan ‘n internasionale saamtrek van kerkjeug op Stellenbosch deelgeneem het, het verlede Vrydag (20 Junie 2014) die gemak van konferensielokale verlaat om met hande-arbeid ‘n verskil aan
die bestaan van arm gemeenskappe op Kleinmond te kom maak. Van die ander deelnemers aan die Moving Mountains Festival 2014 het in Idasvallei en elders in die Kaapstad-omgewing soortgelyke projekte aangepak. Op Kleinmond het die groep
eers rommel teen die wal tussen Overhills en die provinsiale pad (R44) opgetel, indringerplante verwyder, fynbos in die plek daarvan aangeplant en ‘n houthuisie by die Pre-primêre Skool Siyabulela ‘n nuwe laag olie gegee. Twee vragte vullis is met ‘n bakkie en sleepwa weggery. Die reëlings vir die groep se werksaamhede is deur die Hangklip-Kleinmond Sport- en Kultuurorganisasie (HKSK) en die Hangklip-Kleinmond Ontwikkelingsforum in samewerking met die Hangklip-Kleinmond Toerismeburo getref. Arabella Gemeenskapstrust het ook ‘n sleutelrol gespeel. Hulle is deur raadslid Lisel Krige en Willie August van die HKSK verwelkom. Hangklip-Kleinmond Toerismeburo se tesourier Garth Fredericks, bestuurder Madelaine Coetzee en toerismebeampte Anecia Olivier het hulle met die gebied geörienteer. Vader Edwin Arrison, lid van die konferensie se plaaslike reëlingskomitee, het die groep vergesel.Die groep se geledere is deur ‘n span van Cape Nature versterk, terwyl die opruimingskontrakteur Nolene Jones se span gehelp het om die rommel weg te ry. Werktuie is deur die Ingenieursafdeling van die Munisipaliteit Overstrand voorsien. Volgens vader Arrison is dit die tweede keer dat die Moving
Mountains Festival aangebied word. Kerkjeugleiers van meer as vyftien lande het vanjaar se byeenkoms bygewoon. Vanjaar se tema was Vukuzenzela, wat in Xhosa beteken word wakker en aanvaar verantwoordelikheid. Tydens die konferensie is daar gefokus op die twintig jaar van demokrasie in Suid-Afrika, maar ook gekyk na die vernietigende uitwerking van die volksverdelging in Rwanda 20 jaar gelede. Ook die gebeure by Marikana, waar meer as dertig mynwerkers doodgeskiet is, was in die kollig. Die keuse van Stellenbosch as konferensiesentrum het die verdere betekenis gehad dat die plek wat voorheen die intellektuele tuiste van Apartheid was, nou gesien word as die plek van eenheid en die herstel van waardigheid vir alle mense. Sowat ‘n honderd van die konferensiegangers het van Afrikalande gekom waar daar ‘n groot behoefte aan goeie leierskap bestaan. Tydens die opruimingsaksie het verskeie van die deelnemers nadergestaan om hul waarnemings oor plaaslike regering met raadslid Krige en ander Kleinmonders te deel. Nog is dit nie die einde nie. Die Moving Mountains Festival het geld aan die HangklipKleinmond Ontwikkelingsforum geskenk wat vir verfraaiingsprojekte in die gebied aangewend sal word.
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 11
Overstrand Herald
26 Junie 2014 Diegene wat rugby as “ons hoogste goed” sien en die
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
Briewe
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Die groot god Ragabus Ek het eenmaal op TV gesien hoe Casper de Vries ‘n lesing “aanbied” oor rugby en al wat ek onthou is “die groot god Ragabus”. Nou neem ek aan dat ek die beginsel waaroor die “lesing” gehandel het, wil onderskryf. Veral na die herrie oor die arme Frans Steyn wat eerder in Japan as vir die Springbokke wil speel. “Doe zo voort, vriend”, sê ek. Rugbyspelers het ‘n beperkte rakleeftyd, en as jou eie land se keurders nie hul woord gestand doen of jou wil betaal nie, gaan dan na ‘n plek waar jy waardeer word. Skielik is Steyn die vark in die verhaal, want wat het geword van sy vaderlandstrots? Ag, vaderlandsliefde tog! Hoekom word vaderlandstrots net van die rak af geruk en afgestof wanneer dit by rugby kom? Waar is dit wanneer mense hul belasting moet betaal of saamstaan as ‘n nasie? Ek het ook vyf jaar lank met interskoles my keelgat rou geskree vir die eerste span. Maar toe dit klaar is, toe’s dit klaar. Ek gun mense hul sport soos wat ek hulle die son gun wat oor hulle skyn, maar in óns land, raak ondersteuners die kluts behoorlik kwyt wanneer dit by rugby kom. Of dit nou vir ‘n skool, ‘n klub, ‘n provinsie of die land is: Mense raak bedot. Langs skoolvelde het ek al met my eie ore gehoor hoe ouers vir hul kinders skree: “Trap Nr So-en-so! Maak hom dood!” My gits, en dan dis juniors, nie eers die eerste span nie! Selfs wanneer my kind nie rugby
Bladsy 12 spelers as pionne in hul hande. Dis wat ek dink.
gespeel het nie, het ek sit en eis vir die geweld waarmee seuns mekaar rondpluk. Om nie eens te praat van verspotte ouers wat langs die veld handgemeen raak oor wat op die veld aangaan nie. Die naakte aggressie wat ek al op en langs die veld gesien het, het my alle moontlike belangstelling in rugby laat verloor. Deesdae, verstaan ek, is dit in skoolgeledere veroorloof om steroïde gebruik. Nee, ek weet dit is nie toelaatbaar nie, maar daar is afrigters en ouers wat hul kinders so druk om te presteer op die rugbyveld, dat kinders hulle wend na steroïdes. Alles vir die groot aggressiewe god Ragabus en wat hy aan sy getroue volgelinge kan gee. Soos geld, eiewaarde (klaarblyklik) en vir baie ‘n rede om voor te leef. Om terug te kom by mnr. Steyn: Ek dink hy het ‘n goeie plan. Hy kry goeie geld en hy speel die spel waarvoor hy lief is met mense wat speel oor hulle wil en hulle boor hom nie in die grond in nie. Nie deur hul spel of hul kritiek nie. Hy word waardeer in Japan. Dis nogal ‘n groot ding, dink ek, dat mense jou talent en ywer in die werkplek waardeer. Ons praat almal ons kinders aan om oorsee te gaan of te gaan waar hulle geld (verkieslik groot geld) kan verdien. Nou doen Steyn presies dit, en dit word hom ten laste gelê deur ‘n groot gedeelte van die SA rugby gemeente wat van hom verwag om vir die Springbokke te speel. Se voet, sê ek weer. Wie sal hul kind aanraai om ‘n goeie werksaanbod te weier wanneer dit in sy rigting is?
Mooi Uitsig se toekoms? So gesels ek dikwels met inwoners van Mooi Uitsig en nou is daar ‘n paar dinge wat ek nie verstaan nie: Waaroor is hulle ongelukkig en wat sal bydrae tot hul geluk? Waarom dink hulle daar is geen toekoms vir hulle kinders nie? Waarom leer hulle nie hul kinders om te droom oor die dag van more nie? Waarom raak hulle nie ontslae van die vrot kol in hul gemeenskap nie? Waarom “piemp” hulle nie die ouens wat hulle sien verkeerd doen nie? Hier is die antwoorde wat ek kry: Hulle word gedreig met die dood as hulle die Polisie bel. Indien hulle wel die Polisie bel, kom die Polisie eers ure later daar aan en dan is al die gesteelde goedere reeds oor die berg. Hulle weet van huise wat vol gesteelde goedere staan, maar kan niks daaraan doen nie. Gesteelde goedere word vir hulle so goedkoop aangebied. Die slegtes wat in die tronk is, kom na ‘n paar maande uit en steel weer, party van hulle was al 6-7 keer in vir diefstal en wat is die nut daarvan dat hulle tronk toe gaan? Daar word gesê dat dit so lekker gaan in die tronk, hulle kry tik, kos, kyk TV, maak soos hulle wil, hulle hoef nie te werk nie, dus dis baie lekker om so nou en dan ‘n “break” te vat en lekker
te gaan rus. Hoekom sal hulle werk vir geld as hulle kan steel vir geld? Die res van die gemeenskap wat wel die regte pad loop, word oor dieselfde kam geskeer en kry nêrens werk nie a.g.v. die stigma wat daar aan hulle is. Hoekom word die swartman van Kleinmond nie vasgetrek wat die Tik verskaf aan die tikkers van hul gemeenskap nie? Die Polisie het hom al n paar keer uitgeskut maar niks gekry nie, waar is die honde wat die goete kan uitruik? Watse hoop het hulle vir hul kinders as die jong kinders in plaaslike skole tot nou al Tik gebruik; Loop maar net hier in Bettysbaai in die Brandpad en kyk vir swartsakke, hulle is vol gesteelde goete wat hulle daar wegsteek, en die Polisie is bewus daarvan. Hoekom word daar nie op ‘n daaglikse basis net gekyk daarna nie. Ek het geen antwoord vir die probleem nie, maar dat daar wel mense is wat goed is en die regte pad loop hier is verseker probleme. Hoekom kyk ons nie liewer wat ons kan doen om die probleem op te los as om almal oor dieselfde kam te skeer nie. Iewers moet daar tog ‘n oplossing wees om hierdie mense wat lewensmoeg is vir die probleme, te help. Ek wonder maar net
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.
‘n Hemelse munisipaliteit Nog nooit tevore het ek die Baron van Hangklip so kwaad gesien nie! Niksvermoedend het ek met die 200 beste foto’s van my Australiese reis en ‘n stapel brosjures by sy kantoor ingestap. Anders as gewoonlik het Wilhelm nie by sy panoramiese uitsigvenster gestaan en oor Valsbaai getuur nie. Dié slag was hy in sy topbestuurstoel, vooroor gebuig by sy lessenaar waarop daar niks anders as verlede week se Overstrand Herald lê nie. Hy druk met sy vinger op die voorblad … daar waar ene Piet Louw van die Hermanussakekamer aangehaal word dat die Munisipaliteit Overstrand in ernstige finansiële moeilikheid is en dit ernstige gevolge vir belastingbetalers en besigheid inhou! “Dit,” sê hy afgemete, “maak my die bliksem in! As daar in die Hemel ‘n munisipaliteit is, draai ek om want ek het my deel van … met hulle gehad!” “Haai Wilhelm, jy is seker nie ernstig nie! Jy sal eerder baie bly moet wees as jy by die Hemel uitkom. As bobaasspioen in die vorige bedeling en onder Nelson Mandela moes jy sekerlik dinge vir volk en vaderland gedoen het waarvoor jy nog nie vergiffenis ontvang het,” waag ek dit in ‘n poging om die spanning te verbreek.
Gelukkig het ons vandeesmaand by die wyksbyeenkomste oor ons geloof in die vergewing van sondes gepraat en ek is gereed as hy my daaroor wil takel. My poging werk egter, want die Baron bars skielik hardop in lag uit. “Natuurlik sal daar nie ‘n munisipaliteit in die Hemel wees nie,” sê hy. “Daar kan geen amptenaar in die hemel wees om dit te bedryf nie, want hulle versondig ons siele te veel hier op aarde!”Die baron merk op dat ek my half vererg. “My liewe Fanie,” sê hy, “jy ken die binnekant van ‘n munisipaliteit en ek nie. Tog dink ek ons moet hulle help! Overstrand se toekomsvisie moet geheel-enal verander word! Ek en jy moet iets begin!” Nou sien hy die vrae in my oë en hy begin om oor die pedagogie en ook die rol van toerisme uit te wei. Ek gebruik die geleentheid om die artikel te spoedlees. “Daar is regtig niks nuuts in wat Piet Louw sê nie! Ek weet net nie hoe hy tot sy gevolgtrekkings kom nie. Die munisipaliteit het beslis nie die afgelope paar jaar gordel losgemaak nie. Die minimum aantal nuwe poste is geskep en verder is daar ingekort waar hulle kan,” gee ek my mening. “Presies,” sê die Baron, “dit gaan nie veel help om op
personeelkoste te spaar nie! Selfs al bring die munisipaliteit dit af tot 25 persent van die begroting, gaan dit nie die honderde miljoene losmaak wat ons nodig het om ekonomiese groei te stimuleer nie. Ons moet beleggers van buite af inbring en ek dink die marksegment waarna ons moet kyk, is opleiding. Met ons unieke plantegroei en omgewing sal daar sekerlik Amerikaanse en Japanse universiteite wees wat kampusse en navorsingsinstellings hier wil oprig.” “Die ontwikkeling van ‘n kernkragsentrale by Bantamsklip klink vir my al hoe meer na ‘n moontlikheid as ek tussen die lyne van die President se staatsrede verlede week lees,” voeg ek by. “Dit sal ‘n reuse ekonomiese inspuiting vir ons gebied wees en baie help om werkloosheid te verlig.” Ek gebruik die geleentheid om verder te paai: “Wilhelm, laat my toe om jou gerus te stel: dit is bloot net nie waar dat die Overstrandse munisipaliteit in finansiële moeilikheid is nie! Daar is miljoene op belegging, veilig en daar indien daar wel ‘n groot krisis uitbreek. “Die probleem is dat die munisipaliteit sy veilige limiet vir lenings bereik het en dus nie groot lenings kan aangaan om nuwe projekte aan te pak. Dit is ‘n dilemma, want ons weet almal daar is groot agterstande met ons infrastruktuur, onder meer die behoefte aan ‘n spoelrioolstelsel hier in die Hangklip-gebied. “Die praatjie oor die lewenslange kontrakte is ook ‘n wolhaar-kwaadmaakstorie. Die permanente aanstelling van direkteure is ‘n uitstekende strategie om te verseker dat die munisipaliteit hoëvlakkundigheid behou, selfs wanneer
Bladsy 13 daar ‘n bewindsverandering plaasvind. Dit beteken nie dat daar nie opgetree kan word as ‘n direkteur onderpresteer of droogmaak nie. Die normale arbeidsregtelikeprosesse sal steeds gevolg word om hom of haar uit sy of haar pos te verwyder. “Verder weet ek van geen munisipaliteit wat nie van konsultante of raadgewers gebruik maak nie. Dit is tog verstaanbaar dat ‘n munisipaliteit nie ‘n span ingenieurs van sy eie kan bekostig nie. Hul dienste moet ingekoop word wanneer dit nodig is! “Dalk gaan hierdie storie oor daardie laaste sinnetjie, naamlik die moontlikheid dat onafhanklike kandidate vir die volgende munisipale verkiesing gestel kan word. Dit sal ‘n fatale fout wees en die ironie is dat die groep van onafhanklike kandidate hulle as ‘n politieke party sal moet registreer as hulle enigsins ‘n setel in die raad wil bekom.” Ongelukkig laat die beskikbare ruimte my nie toe om oor my en Wilhelm se gesprek uit te brei nie, maar as daar nie iets anders opduik nie praat ons volgende week verder. POTJIEKOSWENK VAN DIE WEEK Van die lesers kla dat hul potjies tydens die kookproses deur lepels en ander kookapparate gekrap raak en dat die plekke dan roes wanneer die potjie nie gebruik word nie. Het u al opgemerk hoe vinnig iets roes wat nie gebruik word nie? Kook dus meer gereeld in u potjie. Gebruik ook altyd ‘n houtlepel om te keer dat daar deur die olielaag van die potjie gedring word.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
26 Junie 2014
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 14
Anima kinders kry sertifikate SANDBAAI - Leerders aan die Anima Sentrum vir persone met leergestremdhede het Maandag ‘n halfjaarlikse konsert gehou. Hierdie optrede is moontlik gemaak deur Grant, ‘n fasiliteerder van die Helen O’Grady Dreams Academy. Grant het klaarblyklik matelose energie, want hy lei die kinders van wie baie mense min verwag, om deur sy voorbeeld en leiwoorde hul verbeelding te ontgin. Die kinders kan nie wag dat Maandae aanbreek nie, want dis wanneer hulle Drama het. Almal neem deel. Dis nie net ‘n gespeel nie, want die bewegings laat die kinders allerlei spiere oefen. Op intellektuele gebied word die kinders gestimuleer om woorde se betekenisse te verstaan. Hul verbeelding word ontgin en hulle leer sosialiseer. Na die konsert het elkeen ‘n sertifikaat ontvang vir hul entoesiasme en deelname. Grant beoog om Anima aan die einde van die jaar aan die Akademie se kersuitvoering te laat deelneem. Die Drama is een van verskeie projekte waaraan die kinders van Anima deelneem om hul potensiaal te ontwikkel. Die hoof van die Sentrum is Jenni Coetzer. Teacher Jenni, wat bygestaan word deur versorgers, Vanessa en Shirley. Teacher Jenni kan nie uitgepraat raak oor die ondersteuning wat Anima van Kleinmond se inwoners kry nie. Dit sluit in geldelike bydraes, die botteldoppie-projek op die oomblik, en die sakke en sakke blikkies wat hulle al van hier ontvang het.
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 15
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 16
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 17
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 18
PROMOSIE
Overberg Deli for quality cuts
OVERBERG DELI open sy deure môre op 27 Junie. Gert Lochner, die eienaar, sê kliënte sal slegs gehalte snitte by Overberg Deli kan verwag. The Overberg Deli will specialise mainly in chicken and fish, but, says Lochner, in due course his fare will also include beef cuts such as sirloin and T-bone and excellent biltong. Lochner se vleise sal gemarineer
word in unieke souse wat hy self voorberei. Gert Lochner is nie ‘n onbekende op die dorp nie. Hy was die eerste eienaar van Laguné Restaurant; hy was vir verskeie jare die eienaar van Proteadorp Superette en is steeds in beheer van die Palmiet Karavaanpark se Kiosk. Hy woon al 16½ jaar op Kleinmond en voor dit het hy in Brackenfell gewoon. Buiten sy eie verblyf op die dorp, was Kleinmond ook die woonplek van sy oupa en ouma wat vir jare in Derdelaan 102 gewoon het. Sy ouers het in die huis net langsaan gewoon en dus was Gert eers lank ‘n besoeker voor hy sy ouers se huis geërf en hier kom woon het. Hoewel hy nou op sy eie hierdie mark betree, is hy al lank bekend met vleis en het hy lank by Sarel Engelbrecht gewerk.
Pikkewyntjies bak pazza’s
BETTYSBAAI - Vrydag het die Pikkewyntjies weer “bak en brou” by die skool gehad. Die kinders is bietjie bederf en het hul eie pizza’s maak. Zaan Celliers, skoolhoof, sê: “Dit was lekker vet pret!” Die kinders was so opgewonde dat hulle al vanaf net na 07:00 voor die skool se hek gestaan en wag het. Teen 11:00 het elkeen ‘n bolletjiedeeg (wat tannie Louise geknie het) gegee. Klein koekrollertjies is gebruik om die deeg in ‘n sirkel uit te rol.
Daarna het hulle opgesnyde worsies, sampioene en kaas gekry, sodat elkeen sy of haar eie pizza kon bou en weer is dit oond toe. “Die uitdrukking op die gesiggies toe elkeen hul eie pizza kry om te begin eet, was so kosbaar!” sê juffrou Zaan. Party van die kinders het nog nooit in hul lewe ‘n pizza geëet nie. “So wat van dankbaar wees vir net die maak van n pizza, het ek nog nooit beleef nie. Dit was vet pret!
Overstrand Herald
Walking 4 Rhino KLEINMOND - Phillip Volkwyn se lang staptog teen renosterstropery het hom verlede week Donderdag ‘n draai hier laat maak. Volkwyn, van Walking4Rhinos, het op 31 Maat met slegs ‘n rugsak, tent en slaapsak, ‘n 2000km staptog vanaf Limpopo tot in die Kaap aangepak vir die bewusmaking van renosterstropery. Sy mikpunt is om ‘n teelplaas vir renosters te stig en later die heel beste mobiele anti-stroopeenheid op die been te bring. Volkwyn is in Kleinmond ontvang deur Lenska en Riaan wat met die hulp van Marie Le Roux (Xanske’s Place) vir hom ‘n slaapplek vir die aand gereel het. Adelaide van Gringo’s Waterfront het aandete verskaf. Rachel van Mimmo’s in Bettysbaai het Vrydag vir hom middagete voorgesit. Volkwyn se staptog het Dinsdag in Vishoek geëindig.
26 Junie 2014
Bladsy 19
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 20
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 21
A night of glitz and glamour Jacques Myburgh KLEINMOND – A night of glamour, stilt walkers, smooth jazz musicians and burlesque girls transformed the harbour into a scene from Moulin Rouge on Saturday night. The Tipsy Gypsy’s Burlesque Evening of Ritz and Revelry took place at The Kleinmond Shed next to Stoep Café. The Tipsy Gypsy Traveling Art Bar is a mobile events company catering for big and small venues consisting of a variety of performers and
musicians. Upon arrival a stilt walker greeted all the guests and a hostess gave them a complimentary drink. A food menu and a bar was available for the guests. The night was opened by ExcepSionelle, a three piece smooth jazz band from Cape Town. After the guests ordered their food and started to unwind with relaxing music, a fire dancer and juggler started to give colour to the evening. Mademoiselle Demi Monde was the first burlesque
dancer to step on stage. She enchanted the audience with her personification of the glamour and intrigue of a classic showgirl. After the audience had a taste of what was install for the next hour and a half, Sophia von Syren accompanied by a fire dancer kept the standard high by showing a bit more leg. The two burlesque dancers did another performance after ExcepSionelle gave the audience a bit of a breather to enjoy their desert.
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 22
www.overstrandherald.co.za
Bos tot Bach konsert ‘n Smaaklike ete, goeie geselskap en musiek wat die gees, hart en lyf voed! Kikker só u Sondag, 6 Julie, op met ‘n heerlike uitstappie via die Van der Stelpas vanaf Botrivier na die prentjie-mooi ou opstal, Goedvertrouw. Terselftertyd ondersteun u ‘n jeugontwikkelingsinisiatief...... Dis nou regtig ‘n top “voel goed” geleentheid! Op hierdie middag om 12:00 bied Goedvertrouw weer een van hul bekende en genotvolle konsert-etes vir slegs R200 aan. Die tema is “Van Bos tot Bach”: ‘n heerlike verskeidenheid van “In the Jungle” tot Bach en Tchaikovsky! Die kunstenaars is die opwindende Handevat Marimbas! Verlede jaar het Hans en Stefné van Dyk (na hul aftrede in Bettysbaai) in samewerking met Narrative Foundation en verskeie ander belangstellendes, ‘n nuwe interkulturele musiekontwikkelings- en geletterdheidprogram op Kleinmond onder die jong mense van die omgewing geloods. Dit het koor-, solosang, blokfluit-, kitaar- en marimba- onderrig behels. Uit hierdie projek is ‘n knap Handevat Marimba “Band” gebore wat uit 9 talentvolle leerders bestaan wat drie verskil-
lende skole verteenwoordig. Verlede jaar het hul nie alleenlik die eerste prys in die Orkeste afdeling van die Overbergse Eisteddfod verower nie, maar is aangewys as die algehele mede-wenners van die hele eisteddfod by die prestige geleentheid van die Pryswennersaand. Hierdie groep het ook al by baie interessante geleenthede opgetree: o.a. by Arabella funksies, verskeie troues, ens. Nou lê daar ‘n opwindende tyd voor vir hulle! Op 1 Augustus vlieg hulle na Johannesburg om deel te neem aan die derde Internasionale Marimba en “Steel Pans” Fees. As voorbereiding vir hierdie wonderlike geleentheid, gaan hulle in die vakansie op ‘n naweekuitstappie. Irene de Waal van Caledon en Elreda Pillman gaan vir hulle voorberei met allerhande aktiwiteite wat etiket, gedrag en allerhande ander vaardighede insluit. Die hoogtepunt van die naweek is die konsert en ete op Goedvertrouw wat ook ‘n geldinsamelingsgeleentheid is. U kan vir hierdie opwindende konsert-ete bespreek by Elreda Pillman (tel. 028 284 9769). By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning!
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 23
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Het u enige sportnuus? Stuur dit na redakteur@overstrandherald.co.za
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 24
Kleinmond bird club During the “warm” months of the year we usually choose an outdoor venue visiting near and occasionally further afield birding places of interest. Believe it or not very often the Wednesdays chosen pour with rain or get their seasons mixed up! This month however the weather and our planned venue were in step with each other. We had the inestimable pleasure of meeting on a cold day at the home of Justin and Ann Marie van den Hoven. Justin is a source of knowledge to the club and an experienced bird photographer, he is also the chairman of the Kleinmond Nature Conservation Society, an association to which all nature lovers in our town are welcome to join. Before starting his bird show Justin spoke briefly on the aspects of photographing birds in a most interesting way. He elaborated on the magnification and number of pixels in the different camera models. Pixels are those minute dots that make up the picture. They are not those little pixies running around at the bottom of the garden! The more pixels the sharper the picture. After taking us through the modes of technique the most important factors are Passion, Patience, Perseverance and a Hell of a
lot of luck! Even with the most expensive camera, further than 10meters away from your subject one cannot get a good picture. What is needed today is a camera that doesn’t show all our wrinkles and blemishes! Gone are the days of those 35mm slides in projectors that either doesn’t work or the globe burns out. Remember those days? No, today with computers and power point we can get brilliant sharp pictures on our TV screen. Justin prepared such a show for us but before starting told us how after the devastating fire last year he found a butcher bird (Fiscal Shrike) tugging away at something in his garden. He investigated and found it to be a dead Stripped Flufftail (Roberts 221) The fire must have driven it into the village, a bird not frequently seen. This article cannot describe the magnificent and impressive photos of all birds shown that morning, from the little Swee to the large Fish Eagle. Justin arranged them into categories,Birds in our gardens,Birds in the streets. Palmiet camping ground, Near the sea and so on .After thanks to our host and hostess we enjoyed a hot drink enhanced by the delicious sandwiches prepared by Ann Marie and Daphne. (Basil French)
www.overstrandherald.co.za
Kleinmond Golf Results Results for the past week are as follows: Friday 20 June Sundowner Winner W. Smith 23 points Second L. Morkel 23 points Third K. vd Merwe 23 points
W. Smith
Saturday 21 June $ B Alliance Stableford competition Winners C. Brand, W. Smith, P. Benade and K. Brunner 95 points Second C. de Jager, S. Murie, H. Grimbeek and L. Morkel 86 points Third B. Cornelius, A. Philander, F. Africa and G. Baxter 86 points
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 25
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
26 Junie 2014
DAGBOEK
27 & 28 Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdag-oggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10.
Bladsy 26
BUKSIES
Cynthia is looking for work as domestic for one day a week. She has a reference from a very satisfied customer. Phone 028 273 8439. Drill Stand. Skakel 082 781 6776 Sakkie is op soek na tuinwerk en verfwerk Maandag tot Vrydag. Skakel 076 742 4736
26 June: Friends of the Hangklip Library. Theme: “ ART of WALKING – Alexander Technique presented by Marguerite van der Merwe. Path to Health, correct postural, mobility & walking patterns. Time: 10:30. Venue: Betty`s Bay Library/Bettysbaai Biblioteek
Bongini has a Code 10 Licence. He is looking for gardening work for any day of the week. Phone 083 683 6991
30 Junie: Kleinmond Leeskring vergader om 15:00 in die Biblioteek. Too much happiness deur Alice Munro word deur Margie Wilson,Annette vd Heever en Tess Bruwer bespreek. Almal is baie welkom. Skakel Saryna van As by 082 378 0057 01 – 05 Julie: Fynbos Wintermark N G Kerksaal. 01 – 05 July: Fynbos Winter Market
Cynthia is looking for work as domestic/ chef manager/ restaurant or coffee-shop organiser. Can cook. Phone 078 526 0492
29 Augustus: VGK Kleinmond, Debutante Bal, kaartjies verkrygbaar @ R50pp by Ouderling Maria Hoffman – 072 766 7561 / Ouderling Sophie August – 078 429 9615 10 Julie: Kleinmond Seniorklub. Beetle drive. Baie pryse (Tweede Donderdag van Julie) by die Kerksaal. 7 Augustus: Kleinmond Belastingbetalersvereniging se maandelikse bestuursvergadering in die Biblioteeksaal om 18:00.Almal welkom.
BUKSIES
Tweedehandse embuia meubels om te koop en herstel. Skakel 082 469 0300
Thulani worked at metal works before and knows how to work with steel. He is looking for a job. Also has driver’s licence. Phone 073 444 1989 Bottelproppies en doppies van plastiek koeldrank- en melkbottels. Ook enige hersirkuleerbare rolle of papier vir gebruik by Anima Sentrum. Bring na Heraldkantoor.
FOR SALE/ TE KOOP
2 “directors chairs” kroegtoonbank hoogte. Nuwe seil, baie goeie toestand. Prys R150.00 elk. Skakel 072 805 4804 1996 FORD Falcon GLI autom. in excellent condition. FSH - R35000; Phone Ron 083 518 9135 Mercedes 97 model E320 met PWS. Reg vir registrasie. R38 000. Skakel 082 548 2305. Selfone: Nokia C1-01/ Nokia 2760. Skakel 082 781 6776 Dimplex heater 2 kw. Gold coloured on wheels. R150. Phone 028 271 3893 Anvil Deepfat Fryer. Gas. Double pan. Brand new R7 000. 1x Stainless steel table R600. Phone 082 548 2305. Twee enkelbeddens met matrasse R450 elk. Skakel 078 515 9058 Volledig: toilet, wasbak en hoekbad met mengerkraan en paar krane. ens. R400 alles. Skakel 082 732 8163
GESOEK/ WANTED
Is daar nog iemand in die dorp wat outydse alarm-wekkers kan regmaak? Sms my asb – 072 906 8029. Very neat and quiet person urgently looking for a flatlet to rent from 1 August 2014.1 to 2 bedrooms. Please contact Lize on 072 785 7077 Tuinpotte middelslag na groot. Skakel 084 604 0078.
Vlekvrye staal enkelwasbak met groot “drip trays” weerskante R250. Phillips kleurtelevisie (afstandbeheerder is uit aksie) R300. Skakel 084 700 1379. Blackberry selfoon 9720. Bel 028 272 9869/ 072 596 0125, 6 meter steel chimney. Galvanised turbo. All in working condition. R2 200. Phone 071 4421690 Motorsitplekoortreksels. Agter, voor en kopstukke. Splinternuut. Nie regte kleur. R100. Skakel 084 582 1992.
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 27
Kleinmond Fietsklub Goed Verteenwoordig Op Greyton Mountain Bike Classic Saterdag 14 Junie 2014 het Kleinmond fietsklubvriende besluit om die Greyton Mountain Bike Classic aan te pak. Waarskuwings van gure weer het nie die geesdrif gedemp nie. Christel le Roux het al die pad van Gauteng af gekom om hierdie merkwaardige rit aan te pak. Sy het natuurlik die 45km gery, terwyl ons ander die 20km aangedurf het. Met trots kan ons sê dat Dudley Smith op 63jr, sy eerste “event” aangepak het. Hy is natuurlik ‘n gesoute fietsryer en het Jens Zwick se arm tot agter sy rug omgedraai om in te skryf. Dudley het die volgende dag met trots sy seun ingewag om met sy medalje te spog. Die weer was in ons guns en het die eerste druppels reën eers geval toe die “event” klaar was. Wanneer anders kom mens in Greyton en op die agterpaaie? Pragtige landerye en mooie gesonde beeste teen die roete. (Het mens laat dink aan Peter van Heidi, wat die melk so uit die bok se spene gesuie het). Netta Theron was natuurlik, soos altyd vooraan die tou en het ons, uitgerus en vol glimlaggies
Dudley en Jens op die roete net voor “Oom Floors se Moddergat ingewag aan die einde. Greyton Mountain Bike Classic is ‘n definitiewe moet op volgende jaar se kalender. Ons volgende rit: Wolseley Mountainbike Challenge op 26 Julie. Gaan kyk gerus op die internet en skryf in. Daar is roetes van 5km tot erge 75km vir die “malle superfikse Fanies”. Laat die kettings kraak Carol Mostert
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 28
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950
NG KERK: 29 JUNIE 2014 09:30 Kerkgebou Ds. Nico Rabe 09:00 Sentrum Ds. Barry Lordan
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30: Oggenddiens Ds Ferdie Postma Geen aanddiens LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier
Overstrand Herald
26 Junie 2014
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 29
Overstrand Herald
26 Junie 2014
Bladsy 30
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
26 Junie 2014
www.overstrandherald.co.za www.kleinmondonline.co.za
Bladsy 31
Kleinmond lewer nog ‘n uitstekende sportman
KLEINMOND - ‘n Jong rugbyspeler wie se spore deur ons dorp se skole loop en wat nou by Hoërskool Overberg in gr. 11 is, is gekies om in die SPIF Boland uitnodigingspan te speel wat in Oktober in Mauritius deelneem aan ‘n 7’s toernooi. Deuston Oliver was reeds op Laerskool Kleinmond ‘n gerekende atleet en
rugbyspeler. Van hier is hy na Ovies waar hy hy vinnig opgang gemaak het in dieselfde sportsoorte. Soos oral deesdae die geval is, het jong sportlui hulp nodig om hul drome waar te maak. Ook Deuston is dus verantwoordelik vir se R20 500. Miskien is daar lesers wat graag ‘n bydrae wil maak om dié kranige sportman te help. Enige navrae kan gerig word aan die enquiries@spifsport. co.za Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak aan Deuston kan dit as volg doen: Verwysing –“Voorletters van Speler”/M7/2014/B Bank: FNB Account #: 62442923357 Branch # : 270552 Account Type: Cheque Account Name: SPIFSPORT Stuur asseblief e-pos bevestiging na enquiries@spifsport.co.za
New Bowls Committee elected KLEINMOND - On 11 June the local Bowls Club had their AGM. On this occation, members elected their new committee. Cor Jansen van Vuuren is the new Club President with Val Strydom and Celeste Price as Vice Presidents. Frank Cawood is the mew secretary and Koos de Wet the treasurer. Cai Classen is Match Secretary. The additional members are John Orford, Madelain Coetzer and Paul and Magriet Pretorius.
It has been decided that the committee will be responsible for C.O.R. which stands for Communication, Organisation and Relaxation.The Club will therefore be run accordingly. There are already many plans in the pipeline to satisfy some members’ problems and also to attract new prospective members. Visitora will be encouraged to join the club for a game. Watch this space for future events! (Jack High)
www.overstrandherald.co.za