Kleinmonder wen
R25 000
Grafte geskend
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 2
Graves vandalised and desecrated KLEINMOND – The derelict state of the cemetery has appalled the daughter of Piet Swart whose grave along with at least four others, have been callously desecrated. Dr. Maralize Swart, ‘n inwoner en lid van die Swart familie wat al vir baie jare op die dorp woon, was Maandag baie ontsteld toe sy en haar ma, Charlotte, by haar pa, Piet, se graf gaan besoek aflê het. Nie net die algemene toestand van die begraafplaas was vir hulle ‘n skok nie, maar veral die skending van Piet Swart se graf en die omliggende grafte. Dinsdagoggend het ‘n verslaggewer van die Herald saam met Marelize die begraafplaas besoek. Marelize sê: “Ek is natuurlik erg geskok oor die enorme graf grootte blok graniet wat op my pa se graf ‘gedump’ is. Dit is my pa se verjaardag op 30 Oktober en ons besoek altyd sy graf tydens sy verjaardag. Groot gaan ons verdriet wees as ons hierdie jaar by sy graf vergader waar vandale duidelik geen respek vir sy graf gewys het nie.” Op Piet Swart se graf lê ‘n groot granietblok wat ooglopend van die naasliggende graf van Piet Buckle afgelig en skuinsoor die graf van Piet Swart gegooi of laat val is. Die Buckle grafsteen self is oënskynlik met behulp van twee teerpale van sy voetstuk afgeforseer. Die teerpale was steeds daar waarmee die steen omgekantel is. Nog ‘n stuk graniet is klaarblyklik met behulp van die teerpale en nog twee pale van iewers af aangedra en ook op Piet Swart se graf, sowel as dié van twee ander grafte (Vlok en Esterhuyzen) aan die bokant van die reeds gevandaliseerde grafte laat val. Sy vervolg: “ ‘n Baie goeie vriend van my wat elke drie maande die Kleinmond begraafplaas besoek, sê dat hy ook groot agteruitgang die afgelope twee jaar opgemerk het. Vyf lede van sy familie is in die Kleinmond begraafplaas begrawe.” In die vinnigheid is dertien grafte getel wat aan die wegsak is. Onder hierdie is die toestand van die graf van Ida
Helena Slabber verreweg die swakste. Dit het al byna soos ‘n tektoniese plaat onder die naasliggende graf ingegly. Van die ander grafte tuimel binne hul toegewese grense in of is besig om geleidelik weg te sak. Om die een of ander rede skep vandale ‘n behae daarin om die grafstene om, of van hul voetstukke af, te stoot. Hiervan is daar talle voorbeelde. Blompotte en beeldjies is weggedra en van een wit marmer graf is ‘n (waarskynlik koper-) plaatjie verwyder. Selfs die mees ongekunstelde en eenvoudige grafte word nie gespaar nie. Kruise is omgestoot of omgebuig en teëls of graniet gebreek of gekrap. Die grootste doring in die vlees is egter die oënskynlike algehele traak-my-nie-agtige houding van owerhede. Baie inwoners kla dikwels en gereeld oor die westelike ingang van die dorp met verwysing na die informele woongebied. Die toestand van die begraafplaas word klaarblyklik nie eens meer raakgesien nie. Die Rotariërklub van die dorp het verantwoordelikheid aanvaar vir die instandhouding van die Muur van Herinnering en dít is wel in ‘n netjiese toestand. Talle inwoners van Kleinmond is ongelukkig, omdat daar nie meer oop grafte beskikbaar is nie. Alle plotte is reeds verkoop en inwoners wat afsterwe moet op op ander dorpe begrawe of veras word met as wat uitgestrooi of in nissies bewaar word. Verassing is egter nie ‘n aanvaarbare manier in alle gemeenskappe nie. Veral lede van die bruin gemeenskap is ongelukkig, omdat hulle naasbestaandes wat op Kleinmond gebore en getoë is, ná hul dood op ander dorpe ter ruste gelê moet word. Familie en vriende van diegene wat wél in Kleinmond se begraafplaas begrawe is, is ontsteld oor die gebrek aan eerbied wat aan hul ontslape naasbestaandes getoon word. Dit is egter ongelukkig nie ‘n unieke situasie in die land nie. Dit wil voorkom asof die instandhouding van begraafplase een van die eerste sake in alle munisipaliteite is (vervolg op bl 3)
Overstrand Herald (vervolg van bl 2) wat van prioriteitslyste geskrap word. Dit wil voorkom asof die instandhouding van
29 Oktober 2015 begraafplase nog ‘n gebied is waaroor gemeenskappe kreatief sal moet dink.
Bladsy 3
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 4
‘n Nuwe begin vir Kleinmond-Gemeenskapspolisieforum Veiligheid en misdaadbekamping in die Hangklip-Kleinmond is verlede Donderdagaand (22 Oktober 2015) met die verkiesing van ‘n nuwe bestuur vir die gebied se Gemeenskapspolisieforum ‘n goeie hupstoot gegee. Die bestuur is verteenwoordigend van al die gemeenskappe in die gebied en daar is hoë verwagtinge dat dit stabiliteit sal bring vir hierdie belangrike struktuur wat gedurende die afgelope jaar disfunksioneel geraak het. Teen hierdie agtergrond was daar geen jaarverslag van die GPF om by die vergadering te bespreek nie en is daar ook geen vrae oor polisiëringskwessies toegelaat nie. Daar is egter onderneem om so gou moontlik ‘n openbare vergadering oor polisie-aangeleenthede te belê, waar inwoners hul vrae kan stel. Mnr Edward Richards, verteenwoordiger van CapeNature, is tot voorsitter verkies en me Voilet Bossut, verteenwoordiger van die buurtwag en die te stigte toerismeforum op Bettysbaai, die ondervoorsitter. Me ME Hoffman van Proteadorp is die sekretaris en sal deur
Kapt. Mkhuseli Kuta, bevelvoerder van die Kleinmond-polisiekantoor, bedank almal wat deelgeneem het aan die verkiesing van die nuwe bestuur van die Kleinmond GPF. Van links sit Voilet Bossut (ondervoorsitter), Wendy Tawse (skakelbeampte), Edward Richards (voorsitter), ME Hoffman (sekretaris), Johan Carstens en Graham Utton. In die agtergrond staan Lucille Mangiagalli, groepvoorsitter van gemeenskapspolisieforums in die Hermanus/Caledon-groepeenheid en maj Femele, ook van die Hermanus/Caledon-groep. Norma Sobantu van die plaaslike polisiekantoor as hulpsekretaris bygestaan word. Mnr Graham Utton van Pringlebaai is die tesourier. Die projekkoördineerder is Johan Carstens en die skakelbeampte is Wendy Tawse. Onder die addisionele lede is mnr Ayanda Tyulu, wat die Xhosa-gemeenskap verteen-woordig.
Susan Botha (Palmiet), Sandra van Schalkwyk (Child Welfare Kleinmond), Vanya Jones (KAWS), Axel Maier (Pringlebaai), Deon Rossouw (Streetwatch), J Kirsten (Kleinmond) en Graham McCLeland (Rooiels Sekuriteit) het hulle ook beskikbaar gemaak as addisionele lede. Brigadier SM Dyantyi, bevelvoerder van die Hermanus-groep wat die verkiesing
met ‘n ferm hand gehanteer het, het daarop gewys dat wyksraadslede van die munisipaliteit uit hoofde van hul amp lede van die GPF is. Sowel raadsheer Philip Appelgrein (Wyk 9) en rld Lisel Krige (Wyk 10) het die vergadering bygewoon. Rhr Appelgrein het onderneem om die munisipale wetstoepassers deel van die GPF te maak. Berig en foto: SSMA/Fanie Krige
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 5
Pasmaats tot in hul niere KLEINMOND – ‘n Egpaar met ‘n vakansiehuis op die dorp het drie weke gelede ‘n buitengewone ondervinding gedeel. Michelle van Rhyn se een nier is op haar man André oorgeplant. Not everything in our country is doom and gloom. Three weeks ago André van Rhyn who suffers from Polycystic kidney disease, received a kidney from his wife, Michelle. The couple who have a holiday home at Kleinmond, have been married for almost six years. Polycystic kidney disease is a genetic disorder that causes numerous cysts to grow in the kidneys. A kidney cyst is an abnormal sac filled with fluid. PKD cysts can greatly enlarge the kidneys while replacing much of their normal structure, resulting in chronic kidney disease (CKD), which causes reduced kidney function over time. PKD may lead to kidney failure, described as end-stage kidney disease or ESRD when treated with a kidney transplant or blood-filtering treatments called dialysis. The two main
types of PKD are autosomal dominant PKD and autosomal recessive PKD. PKD cysts are different from the usually harmless “simple” cysts that often form in the kidneys later in life. PKD cysts are more numerous and cause complications, such as high blood pressure, cysts in the liver, and problems with blood vessels in the brain and heart. Die operasie het drie weke gelede plaasgevind, nadat dit verskeie kere weens mediese redes uitgestel moes word. André se naam was al van Januarie af op die oorplantingslys. André se niere het reeds so vergroot dat hulle verwyder moes word en hy was van Augustus verlede jaar reeds op dialise. Met toetsing is gevind dat meer as net Michelle se bloedgroep met André s’n verenigbaar is. Sy is waarlik ‘n perfekte pasmaat. Die operasie is op 6 Oktober in die Chris Barnard gedenkhospitaal gedoen en die nier het onmiddellik begin funksioneer. Op die eerste dag het hy reeds 14 liter vloeistof uitgeskei,
Michelle en André van Rhyn terwyl die dialise-masjien nie naastenby soveel vog kan uitskei nie. Albei pasiënte sterk goed aan. Michelle is reeds
terug by die werk, terwyl André al toegelaat word om reeds halfdag te werk.
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 6
‘n Kleinmonder was een van 10 gelukkige wenners landwyd in OK se Winter Price Freeze kompetisie. Met diĂŠ wenslag het Annemarie Golden altesaam R25 000 se koopbewyse losgeslaan. By haar is Riaan Smit van die OK Minimark op Kleinmond en Mark Kalland van OK se hoofkantoor tydens die oorhandiging van haar prys
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 8
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
29 Oktober 2015 kan word. Sodat studente kan studeer en die wat regeer,
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
verantwoordelik kan regeer sonder om hulself dood te eet.
Briewe
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Well done Usave
Nog ‘n koppie? Die dood is in die pot Volgens die ‘and I Quote’ webwerf beteken “Die dood is in die pot” óf die kos is maar min, óf die vreugde is weg. Ná verlede week se studentoptogte, klink dit my albei verklarings kan van toepassing wees op hulle. Leë kospotte sal uiteraard aanleiding gee tot min vreugde en dis nie net studente wat hieronder ly nie. Iets wat my regtig kwel, is: Wat doen die kinders wat gedurende die kwartaal kos by die skool kry, gedurende vakansies? Dis mos nie asof daar gedurende die vakansie méér kos sal wees nie? En dan gaan die een of ander minister heen en koop op een slag hoeveel duisend rand nou weer se hoender en wegneemkos by KFC? Ek verstaan kongresgangers by die een of ander kerkorganisasie se nasionale vergadering oor armoede, is sop en brood bedien tydens die etenspouse om hulle eensgesindheid met die armes te betoon. Die kongresgangers was glo nie beïndruk nie. Sou dit nie dalk goed wees, indien ons parlemenêre swaargewigte hul eensgesindheid met studente en leerders betoon deur dieselfde kos wat in voedingsprogramme bedien word, te eet nie? Ek bedoel maar, het hulle al van ‘n ander spreekwoord gehoor wat lui: Woorde wek, maar voorbeelde trek? Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou soveel van eet as enige staatsamptenaar of LP of LWV of munisipale raadslid, maar die staat, provinsie of munisipaliteit subsidieer nie my etes nie. Ek weet nie wie was al betrokke by die organisasie van amptelike geleenthede nie, maar glo my vry, daar word weggelê aan berge kos
Bladsy 10
en riviere drank en dit sluit nie eens in wat vooraf of na die tyd weggedra word nie. En laat ons nie politieke saamtrekke vergeet nie. Wanneer die partye so breëbors loop en verkondig hoeveel mense dit bygewoon het, hou ingedagte die skaapkuddes en troppe beeste wat geoffer word vir die suksesvolle afloop van die byeenkoms. Uit wie se sak sou dít kom?, Daardie kos word nie verkoop nie, dit word uitgdeel. Ek wonder nou maar of ou Stalin en Mao Zedong destyds hul miljoene kamerade ook so gevoer het om vir hulle te stem. O gits, hulle het nogal nie gestem nie en hulle is in hul miljoene dood aan honger. Wanneer ek die Kommuniste (van die party) in ons regering so kyk, dan lyk hulle, afgesien van hul eie besonder goeie kondisie, of hulle baie lus het om van die studente ‘n kopklap te gee. Die meeste studente wat ek op TV gesien het, was ook nogal nie dik nie. Wat geloofwaardigheid aan die stelling gee dat hulle nie geld het vir kos nie. Van my studentedae onthou ek dat studente soms nogal fiemies gehad het oor wat hulle eet. Ek weet nie hoe dinge nou in koshuise werk nie, maar destyds het ons soms vreemde disse gekry. Vreemd dalk, maar darem nie oneetbaar nie. Soms was die kos so lekker dat studente kom toustaan het, veral op ‘n Sondagoggend wanneer daar skons was. Ek verstaan etes word nou anders bedryf in die koshuise, maar die meeste studente is nié in koshuise nie. En klaarblyklik ly baie van hulle honger. Ek hoop nou maar saam met al die baie studente en hul ouers dat die aangeleentheid opgelos
For the past number of years I have been buying food in bulk for food parcels for people in need, at first for Child Welfare in Kleinmond and until to date for the Dutch Reformed Church in Kleinmond. In both cases we were lucky enough to be granted a business card from Shoprite/Checkers which enables us to buy at any branch anywhere. I have been shopping at Shoprite, Checkers and Usave in different towns over the years but must congratulate Usave in Hermanus (near Gateway Spar). They are a small setup with only a few employees but what a pleasure to go there!
They always give you a hearty welcome, are keen to help and serve and do this with a smile. They are quick and always run to fetch boxes and start packing at speed - carry stuff to the car and help to stow it away - and this in half the time it will take me to buy the same stuff at a bigger branch. I want to bring this to the attention of people in Hermanus and the Kleinmond area as well as the management of Shoprite/ Checkers as this is the type of service you don’t really receive today as a rule. Congratulations to Edwina Kay (manager) and her staff of USave . CORRIE HUGO
Verkeersbeamptes moet meer oordeel toon As jare lange inwoner van Kleinmond dra ek goeie kennis van die paaie en straatjies van Kleinmond, die omliggende kusdorpies asook die in woonbuurtes waar daar HOP huisies bewoon word. Ook is ek bewus daarvan hoe daar per geleentheid strate in Kleinmond verander word van twee-rigting na een-rigting (bv. Eerste Straat) en dan weer terug - sonder om dadelik die rigting-merke op die pad daarvolgens aan te pas – met die gevolg dat persone wat van die banke in die straat in beweeg deur die pyle mislei word en gevolglik dan ook aan die “verkeerde kant” van die pad (in die afgemerkte parkeerplekke) parkeer – om met ‘n stywe boete begroet te word! [ek het bewyse hiervan] Ons is ook daarvan bewus dat bestuurders boetes ontvang het deur van die straat af te trek wanneer in ‘n woonbuurt parkeer is – jy mag glo nie aftrek as die aangrensende eienaar besluit het om die hele padreserwe voor sy erf te plavei nie of (natuurlik) indien jy ‘n sypaadjie sou versper (en dalk ook verbode indien daar ‘n randsteen is!?) – in welke geval
daar in die straat geparkeer moet word... Die probleem is dat ons bitter min formele sypaadjies het! Sodat alle padreserwes wat duidelik geskik is om op te loop as sypaadjie beskou moet word (veral as daar ook ‘n randsteen aanwesig is)! Op baie plekke in ons dorpies (veral tussen die HOP huise) is daar ook geen ander plek as om in die straat te parkeer nie maar aangesien verkeer glad nie hoog (of vinnig) is nie, skep dit selde ‘n probleem – uitgesluit wanneer die pomplorries op enige plek en in enige rigting staan en raas! Nou het dit so rondom 13:00 gebeur dat ‘n klein ou dametjie (Mev. Careen DeHart) bo in 4de Straat (naby 12de Laan) stilgehou het voor ‘n huis waar daar steeds ‘n lekker diep watersloot loop en met randstene aan weerskante van die straat. Sy het van onder af gekom en aangesien die huis aan haar linkerkant is, het sy oudergewoonte in die (redelike breë) straat parkeer. Dis net daar waar sy niksvermoedend deur die aggressiewe geloei van ‘n sirene uitgeroep is om (vervolg op bl 11)
Overstrand Herald
Briewe (vervolg van bl 10) haar motor te verwyder en haar stywe boete in ontvangs te neem. Die verkeersbeampte het verduidelik en volgehou dat die ou dame ‘n U-draai sou kon gemaak het om aan die oorkant van die straat te parkeer... (stel jou voor!) Ek beskou hierdie optrede van die verkeersbeampte as gemaksugtig en moedswillige viktimisasie van ‘n “sagte teiken”. Wie se belange word daardeur gedien dat hy met ‘n amptelike voertuig deur ‘n stil en rustige woonbuurt rondry, terwyl daar baie meer belangrike dinge is om te doen! Op gereelde basis word daar nie gestop by die STOP daar by OK nie (veral na ure), ongeag
29 Oktober 2015
dat mense staan en wag om veilig oor die straat te kan stap. Gereeld ry hier voertuie met onpadwaardige sleepwaens rond en vragmotors waarvan al die agterligte nie werk nie, om maar enkele werklike probleme te noem. Asseblief, amptenare se mandaat is om die gemeenskap te DIEN en nie te domineer (nog minder te intimideer) nie. Hierdie boodskap moet duidelik en herhaaldelik met hul gekommunikeer word. Ons het regtig nie ook nog wantroue en minagting vir ons wetstoepassers nodig in gemeenskappe wat klaar sukkel om saam te staan teen werklike misdaad nie. Adolf Krige
Soft Targets I have never believed in the notion that there are soft targets but lately I have become a firm believer that such a
thing exists. Why are there soft targets? Maybe because they are the ones who pay up, never take up an aggressive attitude,
go to court or complain. They simply pay the fine and admit they are wrong. In the past few weeks I have witnessed people who have taken their time to give a bit of happiness to children who otherwise would not have had, receive fines of R1000 rand and more all because the children and the rider did not have safety helmets on. All this took place in the harbour development area, and a small ride of not more than a 100 meters. I saw a lady that walks her dog on Palmiet beach every morning before 7:00 with a plastic bag who collects garbage that other people have thrown away and then disposes it in the correct place, collect a R500 fine because her dog was not on a
Bladsy 11 leash. She was disposing litter which is the job of others who get paid for doing it. Than we have pigs wondering around the street and reside in a residential suburb (definitely off a leash) and is a fine appropriate NO, I wonder why not? There are people in this town with no respect for the law and they are getting away with it only because the law is reluctant to challenge them. Were the children or the old lady wrong the answer is YES, but a stern warning would have earned much more respect and effect on the people concerned. Now I wonder..... why the respect for the law is diminishing and crime is on the increase, shame on you. Concerned Citizen
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 12
Kleinmond Bird Club On 21 October 24 Happy Birders left Kleinmond to drive through to Genadendal and then on to Greyton. The scenery as we drove through the Overberg was magnificent as usual, and we were all on the look out for the many Blue Cranes grazing in the fields. Upon taking the Villiersdorp Road which meanders through the farmlands this is where the excited birders stopped many times to observe birds of many varieties, such as Yellow Bishops, an Ostrich, a couple of Stone Chats, Forked Tailed Drongos. Malacite Sunbird, Bullbuls, a Hoopoe, Capped Wheatear. The dams were all looking good with plenty of water and water birds such as Red-Knobbed Coot, Yellow Billed Ducks, Red Bill Teals and in the reeds plenty of Red Bishops, also spotted a Spur -Winged Goose, Grey Heron and a Black headed Heron. As we drove past the Helderstroom Prison on the
way to Genadendal and looking forward to a coffee break, we took note of the Raptors seen on the way, Stepp Bussard, Black-Shouldered Kite, African Goshawk and the cherry on the top 2 Fish Eagles. Arriving at Genadendal the weather was cool and misty, we explored the town square, visited the small coffee shop where some of us bought out all the delicious warm pies, we also went to inspect the Pear tree and the Old Grave yard, through which we entered through a romantic tunnel of greenery. We noted a few more birds Fiscal Flycather, Black Saw Wing Swallows feasting the annoying muggies, a Laughing Dove and a Pin Tailed Wyda. It then started to rain quite heavily and we decided to leave out Greyton for the picnic and just took a drive through the town, it was quite busy as a cycle race was in progress, the gardens looking really pretty with the roses in full bloom. (Joan Wurr)
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 13
A momentous occasion! KLEINMOND - In September 2012, after much prayer and fasting, the members of the Kleinmond Fellowship Church knew that it was God’s will for them to build a new church as the present building was too small and it was impossible to extend. The building was costed in phases and when the money for the first phase was in the bank, near the end of 2014, the contractor started with the foundations. It has been a wonderful lesson of faith for us all to see the way God has provided the funds to complete the first phase which is the secured building. It really was a momentous occasion on Sunday, 25 October, when Pastor Lionel Gibbons unveiled the Foundation Stone. The wording on the stone “To the Glory of God!” is so true as we praised Him for this beautiful new church building. We, as the Fellowship Family, will truly hold onto the verse 1 Sam 7:12 “Thus far the Lord has helped us” as we move into the next phases needed for the completion the interior of the Church. (Article and photos : Pieta Pieterse)
Past Lionel Gibbons unveiling the Foundation Stone
The Building Committee: Back from left to right: Colin Thomson, Louis Coetzee Edward Whitehead, Past Gibbons and Keith Watts. Front: Sharon Barnsley, Riaan Coetzee (Builder), Bill Edwards and Blake Zwick (Project Manager)
Right: Foundation Stone
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 14 * Doen jou deel om misdaad te help voorkom * Rapporteer alle misdaad by die polisie * Registreer by KSW * Beveilig jou eiendom *Ondersteun Kleinmondnagwag * Do your share to help prevent crime * Report all crime to the police * Register at KSW * Secure your property * Support Kleinmond Night Watch
kleinmondsw@gmail.com
www.overstrandherald.co.za
’n Besige tyd vir KSW Kleinmond Straatwag is tans by ’n hele aantal inisiatiewe betrokke. 1. Die Overstrand Munisipaliteit se afdeling vir Beskermingsdienste onder leiding van Neville Michaels is tans besig om ’n geïntegreerde operasionele plan op te stel om die veiligheid van inwoners en vakansiegangers gedurende die vakansieseisoen te verseker. Verskillende rolspelers word betrek, onder andere KSW. Ons lede se waaksaamheid en aktiewe betrokkenheid het beslis ’n rol te speel in die vakansieseisoen. 2. KSW het sy gewig ingegooi by pogings om ’n Gemeenskapspolisiëringsforum vir die Hangklip/Kleinmondgebied opnuut van die grond af te kry. Tydens ’n vergadering op 22 Oktober is ’n nuwe GPF onder die voorsitterskap van Edward Richards van Cape Nature verkies. Die GPF vorm ’n noodsaaklike skakel tussen die gemeenskap en die polisie het ook ’n ondersteuningsrol ten opsigte van die plaaslike polisie. KSW rapporteer direk aan die GPF en werk onder hulle toesig. Ons sê dankie aan die persone wat hulle hiervoor beskikbaar gestel het en wens hulle sterkte met hulle taak toe. 3. KSW is tans besig met navorsing om vas te stel of die vestiging van ’n Spesiale Aanslaggebied tot die voordeel van al die inwoners van die dorp sal wees. Daar word tans aan ’n verklaring van voorneme gewerk en KSW sal inwoners behoorlik inlig en raadpleeg voordat enige finale besluit hieroor geneem word. 4. KSW het inwoners al by verskillende geleenthede versoek om hulle huisnommers
duidelik en sigbaar aan te bring. Dit is nodig sodat die polisie en nooddienste adresse maklik en vinnig kan opspoor. Daar is steeds ’n groot leemte in hierdie verband en KSW het besluit om die dienste van ’n plaaslike diensverskaffer, wat die nommers teen ’n bekostigbare bedrag op die randsteen voor huise sal aanbring, te ondersteun. Lots of work for KSW Kleinmond Street Watch is currently involved in various initiatives. 1. The Overstrand Municipality’s department for Protection Services under the leadership of Neville Michaels is developing an integrated operational plan to ensure the safety of residents and visitors during the upcoming holiday season. Various role players are involved, including KSW. Our members definitely have a role to play in preventing crime during the holidays. 2. KSW wholeheartedly supported the effort to establish a Community Policing Forum (CPF) for the Hangklip/ Kleinmond area. At a meeting on 22 October a new CPF was elected under the chairmanship of Edward Richards from Cape Nature. The CPF forms a vital link between the community and the police and also has an important role regarding support for local police. KSW reports to the CPF and works under its supervision. We thank those who availed themselves and wish them well for their task. 3. KSW is currently doing research to find out how establishing a Special Rating Area (SRA) can be implemented
Overstrand Herald to the advantage of the community of Kleinmond. A memorandum of intention is under way and KSW will inform and consult with residents before any final decisions are made. 4. KSW has often asked that residents make sure that their house numbers are clearly visible, as this enables the police
29 Oktober 2015 and other emergency services to find the addresses they need to find. However, there is still a need for visible numbers, and so KSW is supporting the efforts of a local service provider who will paint street numbers on the kerbstones at a reasonable price. Vic Brink
Foto: V.l.n.r. Cecile Jonkheid, Renè Wright, Hermien van Zyl, Christine Lambrechts, Melene Weyers, Ohna de Stadler, Ninnie du Toit, Marita Grobler, Annie Jooste en Carina du Toit
Wynproe op ons voorstoep Die bestuurslede van Kleinmond-VLV het onlangs oppad Caledon toe vir ‘n A m p s d ra e rsve rga d e r i n g van sirkel Overberg, by Wildekrans-wynlandgoed, buite Botrivier, ingedraai en ‘n vinnige keldertoer en wynproe ingepas. Watter aangename verrassing het op die dames gewag! Alhoewel daar tans geen bedrywigheid in die kelder self plaasvind nie, het wynmaker William Wilkinson die dames gaan wys waar word die topwyne gemaak waarmee Wildekrans in 2015 met talle pryse, in Suid-Afrika en internasionaal, weggestap het. Dat Wildekrans Pinotage kan maak, is ‘n gegewe. Daarvan getuig o.a. die Dr A I Perold-trofee wat op
die 2015 SA Jongwynskou verower is vir die SA Kampioen Pinotage. Nà ‘n baie gesellige wynproe aangebied deur Ciska in die ruim proelokaal, het die dames saamgestem met die kenners. Bykomend kan ‘n goue Veritas-plakker en ‘n dubbelgoud vir die Michelangelo-toekenning ook op elke bottel Pinotage pryk. Ook die Shiraz het platinum gekry van Michelangelo en die Cape Blend goud. Hierdie is maar enkele voorbeelde uit die lang lys toekennings wat Wildekranswynlandgoed in 2015 en die onlangse jare verower het. Die VLV-bestuur beveel aan dat ons hierdie feestyd die vreugde van samesyn sal geniet met ‘n glasie Wildekrans in die hand. (Hermien van Zyl)
Bladsy 15
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 16
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 17
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 18
A Touch of Con Spirito Class The pleasure awaits those who heed Voices that soar in sheer delight, Bringing peace and joy and sweet surrender To angelic voices praising the holy birth. A saviour born to all of us – Kleinmond, Betty’s Bay, Pringle Bay and all of Overstrand! Do not miss this once-off privilege to enjoy Isabel Wagener’s special magic, bringing the Christmas message with sweet tones on Thursday 5 November.
Overstrand Herald
KLEINMOND – The police here have recovered certain stolen items. One of these is a bicycle. Const. L. Nkolisa of the local CID asks that if someone recognizes the picture of the bike, that they please contact her at 028 271 8216 or 079 893 9920.
Hoërskool Overberg se jaarlikse prysuitdeling het op 15 Oktober plaasgevind. Leerders is beloon met sertifikate en trofeë vir uitmuntende prestasies op kultuur- en sportgebied. Tydens die geleentheid is Martin du Plessis van Kleinmond as die skool se Dux-leerder aangewys.
29 Oktober 2015
Bladsy 19
Overstrand Herald
2 Oktober 2015
Bladsy 20
DA on a roll The young and dynamic DA leader Masizole Mnqasela got the Proteadorp Community Hall rolling on Monday evening at the party’s first public meeting in this area in the build up to next year’s municipal elections. More meetings in this vein are planned for Overhills, Betty’s Bay and Pringle Bay, but the outreach programme of the DA to introduce voters to its Vision 2029 will also include street meetings, house meetings and door to door visits. Masi, as he is commonly known, added new spice and style, especially in terms of song and dance, to the way political meetings are conducted in the Hangklip-Kleinmond area. With his personal battle cry he got the meeting off to a roaring start and it was closed with a toyi-toyi that almost everybody, who could move, joined in with. But you must listen attentively when he shares his political insights concerning what is really going on in this country and why drastic action is needed to save us. He enlightened his audience about the real purpose behind the #Feesmustfall student protests, which was in actual fact sponsored by President Jacob Zuma to get Blade Nzimande and Cyril Ramaphosa out of the presidential race, so that his former wife, Ms Nkosazana Dlamini-Zuma, can be next to take over. While internal struggles are disabling the ANC, the
DA is shining wherever it is governing. Ruling a province or municipality is all about delivering service and it does not matter what colour the person is who is bringing it. The Western Cape is recognized by all as the best run province in the country, and Overstrand is the number one municipality. Voters must not make the mistake to vote for other parties if they enjoy the benefits of DA rule, Masi said. He called on voters to keep wards 9 and 10 in the hands of the DA. Rudolph Smith, Deputy Mayor of Overstrand Municipality, informed the audience that the ANC is already buying up school wear to hand out early next year and that food parcels will be handed out shortly before the elections. “Take it,” he said, “because it was probably bought with rechanneled taxpayers’ money, but vote DA!” Cllr Lisel Krige said in her welcoming message that she has grown to love her ward and its people and she expressed her concern about the apathy of the youth. She was joined in this by Edmund Apollis who told the meeting that learners as young as nine years old are drawn into the scourge of drugs and alcohol abuse. He asked for public support in his effort to establish a satellite office of People Against Substance Abuse in Kleinmond early next year. Story and photographs: SSMA/ Fanie Krige
Overstrand Herald
DAGBOEK
29 Oktober 2015
30 & 31 Oktober: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. HANGKLIP ATHLETICS invites walkers, runners or joggers to come and participate every Wednesday, starting 2 September. Meet at the Sandown Car Park, 5.30 pm. Please bring a friend. Dogs are welcome but must be on a leash. It’s free, come and see for yourself. 6 November: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 7 November: Basaar op Bettysbaai by die NG Kerk Gemeentesentrum vanaf 08:30. Kom kuier saam, eet lekker en koop unieke kersgeskenke. Pannekoek, basaarpoeding,kerrie-enrys, potjiekos,boerierolle, koek, beskuit, wit olifante, boeke ... o ja ook lekker musiek, ‘n koffiewinkel en vermaak vir die kinders. Daar is iets vir jou, kom net! 20 November: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 5 November: Kleinmond Senior Burger Byeenkoms in die N.G.Kerksaal om 15h00. Dit is ons Kersprogram en is vol beloftes. Kom en nooi al die bure en vriende saam na die agtermiddag. Lekker koffie en verversings na die program. Sien jul daar, Marietjie 0824455962. 5 November: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis - Ontwerp van eie papierlas (paper piecing) ontwerpe. Afsluiting van die Jaar 2015. 26 November: Kleinmond Senior Burger Afsluitingsete{Kers} in die ACSV saal in 11de Laan om 12hoo. Lede sowel as nie-Lede word hartlik uitgenooi. Koste Lede R40.00 en nie Lede R50.00. Antw. Asb. 20 November. Marietjie 0824455962. 2 Desember: Tweedehandse Klereverkoping. Kerksaal, Eerstelaan 8:00 tot 11:00 13 November: Algemene Jaarvergadering van die Kleinmond Belastingbetalersvereniging vind plaas in die Gereformeerde Kerksaal om 10 vm. Kom woon by en bespreek die munisipale sake wat jou na aan die hart lê. 12 December: The Friends of the Hangklip Library invite you to join: HANGKLIP COMMUNITY BOOTSALE Winter is a good time to sort out cupboards & get rid of the clutter. Your unwanted goods may be someone`s treasure! TIME/TYD: 09:00-14:00. VENUE/PLEK: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay. Registration fee: R50.00 per car. This can be paid at the Library, Betty`s Bay. Rosaline 028 272 9263. Contact Pip Prinsloo 028 272 9949.
Bladsy 21
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 22
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Kleinmond bo aan punteleer met twee bonus punt seges in twee weke Die kriekerspan van Kleinmond het die jaar afgeslaan met twee goeie seges in die eerste twee weke van die Suid-Boland liga. ‘n Noue ontkoming met ‘n verloor in die eerste wedstryd (steeds gewen met ‘n bonus punt) het hulle aangehits om die opvolgende naweek ‘n pakslae aan Bredasdorp uit te deel. Die eerste sege was teen Caledon op hul tuisveld. Caledon is ingestuur om te kolf en was uit vir ‘n skamele 137 lopies. Die boulers aan die stuur van sake was Christian Jordaan(3/12) en Danny Gerber(2/14). Na ‘n swak begin het Kleinmond terug geveg en skitterbeurte deur Juan van Rooyen(40), Andre Du Toit (30) en Alwyn Lombaard het die wa deur die drif getrek. Kleinmond eindig op 140/8. Die afgelope naweek was dit Bredasdorp se beurt om die onderspit te delf. Na ‘n bestendige beurt van 223/8 sou mens voel hulle staan wel ‘n kans om te beïndruk. Die boulers wat goed vertoon het was Dwayne Floors met 3 paaltjies en Richard Hansen wat ook 3 paaltjies geneem het.
Dit was met die kolfwerk waar die verskil in klas deurgekom het met ‘n kragbeurt deur die kaptein Christiaan Jordaan wat 116 nie uit aangeteken het. Hy is goed bygestaan deur Johan van der Westhuizen. Die bonuspunt is in die 33ste beurt behaal toe die wenlopies aangeteken is. Reno Botes
Bladsy 23
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 24
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 25
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 26
Overstrand Herald
BUKSIES
29 Oktober 2015
GESOEK / WANTED
Moos is ‘n betroubare Verwer/Bouwer soek verf-, vernis-, en klein bouwerk. Begin soggens om 8 uur. Kontak MOOS -0711611893 Looking for a 2 bedroom cottage or house to rent in Betty’s Bay or Pringle Bay. Phone 071 360 1087 Looking for a garage in Kleinmond, Betty’s Bay or Pringle Bay to rent. Campervan with closed trailer (ideal for holiday). Phone 071 360 1087 Sisima is looking for cleaning work Mondays to Fridays. Phone 078 165 6911 Thembinkosi is looking for general work Mondays to Sundays. Phone 073 380 2951 Luzuko is looking for work – arc welding, assistant driver, general worker. Phone 078 840 0458 Asiphe is looking for any work. Phone 078 127 7358 Opsoek na vrieskas om te koop. Skakel 082 373 0084 Huise en diere op te pas. Skakel 074 939 6200 Euthel is looking for work at a B & B or in a guesthouse any 4 days a week. She has reference 072 704 2208 / 061 074 6014. Phone 061 040 8117 Ivy is looking for char work Mondays, Tuesdays and Thursdays. Phone 073 506 1162 Joyce is looking for domestic work Mondays, Tuesdays and Thursdays. Phone 078 762 7870 Soek dringent ‘n garden flat vir enkel persoon met baba vanaf 1ste Nov. Skakel 082 225 3136 Opsoek na enkelwoonstel vir goeie huurder. Buitekamer met geriewe en aparte ingang. Kontak: Hetta 083 324 7007 Ouerpaar De Vaal (sendelingpaar) bereid om huis op te pas, honde en katte te versorg in Kleinmondarea, tussen plusminus18 Des-3 Jan. Kontak asb: Herman/Susan Jordaan 074 4101 241 of 028 271 3506 Enkel aktiewe pasfgetrede man verlang geskikte woonstel, tuinwoonstel of kothuis te huur in Rooiels / Pringlebaai / Bettysbaai of omgewing. Skakel asb vir Johann by 079 132 0028
TE KOOP / FOR SALE
Geskilde droë perkses @ R60 p/kg. Phone 082 861 2047 Queen size bed – ekstra lengte – matras gevlek tydens stoorplek R900. Skakel 072 450 2287 / 028 271 3044 Stainless steel oondbak 34 ½ x 26 cm en 10 cm diep R250. Elnapress elekriese strykmasjien R730 – beide in uitstekende toestand. Skakel
Bladsy 27
028 271 5152 Standaard grootte soliede Meranti hout voordeur met 3 glas panele & hout raam. Expanda door (nuut). Vibreer matras – geskik vir bloedsomloop probleme. Skakel 082 563 9050 Dubbelbed matras R150 onka. Skakel 084 824 0155 Petrol grassnyer. 3 Brander gas plaat. Boomspuit. Molyster en plafon ligte. Skakel 028 271 4578 TV satellite dish, fibre glass, rustproof, Visiosat with proper mounting arm R100. Phone 082 824 6924 Engin top R750. Brakepads (not used yet) R150 GTS Golf 3/Jet/3. Phone 072 836 7403 Rottang sitstel – 2 sitplekbank en 2 stoele – baie gemaklik en in puik toestand R800. Dulux weather guard 20L verf (Kleur: Cstle Wood Canyon) R600. Swarthout dientafel met 3 laaie R3000. Skakel 083 324 2404 Trojan response 100 oefenfiets R500. Skakel 074 939 6200 Bosch wasmasjien en tuimelddroeër R800 vir albei. Skakel 076 444 1309 Lessenaar R350. Stortdeur R300. Sitkamerstoel R250. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Muurkluis 300 x 300 R600. Skakel 072 116 9175 Dogtertjie bright star bouncer stoeltjie R400 en n pine wood lessenaar R450 bumbo stoeltjie R150. Skakel 082 225 3136 Husqvarna omkapmasjien te koop. Nog nuut in die boks. R3000 of naaste aanbod. Skakel Kobie072 867 0947 / 028 271 3430 Kefir (kee fuhr) plantjies (granduals) om weg te gee. Dit word beweer die gesondheidsvoordele van kefir is beter as die van yoghurt. You tube en google dit. Skakel 028 271 3619 / 072 585 6752).
VERLORE / LOST
Lost on 19 October 2 keys on long grey strap in vicinity in doctors rooms or more. Phone 083 603 0532
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 28
KERKE / CHURCHES
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkoms elke Sondag vanaf 17:00 - 19:00. Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Brindley Pritchard 083 459 8903. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondagoggende 09:30. Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 / Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 1 NOVEMBER 2015
09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Barry Lordan (Afskeidspreek) Ds. Guy Roberts
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30: Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015: 29/11/2015
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 29
Overstrand Herald
29 Oktober 2015
Bladsy 30
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
29 Oktober 2015
Bladsy 31
Kleinmonder Maties se Sportman van die Jaar
VICTOR HOGAN, oud-leerder van Laerskool Kleinmond en nou inwoner, is aangewys as die Maties se Sportman van 2015. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat hierdie eer Victor te beurt val.
Om hierdie toekenning te kry, is egter nie iets wat sommer net gebeur nie. Dit neem ure en ure per week se oefening op die veld en in die gimnasium. Hierdie is die sesde jaar in ‘n ry dat Victor die SA kampioen in skyfwerp (diskus) is; en hy is ingesluit in die nasionale atletiekspan na die 2015 Wêreld kampioenskap in Beijing, China. Victor moes weens beserings uit die span na die Afrika Spele onttrek wat in September plaasgevind het en het dadelik begin met “rehab” vir sy bene. Hy is reeds 6 weke aan die oefen. Hy is baie gemotiveerd om sy beserings te oorkom, sodat hy reg sal wees vir die Olimpiese Spele. Victor sê: “Ek wil net dankie se aan mnr. Gys Huisamen vir die Laerskool veld waar ek al die jare oefen. Ek bou elke pouse meer en meer ‘fans’ op as ek verby die kleintjies draf. Ook dankie aan Wilna van Active Zone (gym) waar ek my rehabilitasiewerk en kragwerk kan doen. Soos altyd alle eer aan Jesus wat my inspireer om groter te droom en om in myself te glo”. Fotokrediet: (SSFD)”
Anton
Jordaan
JUKSKEI for CHILD WELFARE ! Earlier this month on a rather wet Saturday afternoon, the Kleinmond Jukskei Club generously opened its doors and pitches to Child Welfare SA Kleinmond. This was a Charity Day, organised to raise funds for the local Child Welfare organisation, and what a marvellous day it turned out to be, with lots of fun, playful competition, and some running for cover from the wilder throwing beginners! Special thanks to our hosts, the Kleinmond Jukskei Club for allowing us this time on their Jukskei pitches and also for the time many of their members spent seeing that all ran according to the rules. Thank you KJC for all this! Some of the participants were new to the game and they appreciated your help and advice so much..... To all the players – a BIG thank you. You were all stars!
CWSA Kleinmond would also like to thank the following for sponsoring prizes: Michael from Gouga Butchery in Botriver; Helma from Anew; Montague Dried Fruit; Active Zone; Jan & Annette Vorster from Spitbraai and Wildekrans. Without your generosity, this outing would not have been possible. It has been so good to know that many of our local residents and businesses are interested enough in our Child Welfare Organisation to be prepared to help in this way. We depend on everyone for our continued important work and we do appreciate your contribution. Please watch this space and be prepared to join us again for further fundraising of this kind. We look forward to seeing you there next year. Management Board, CWSA Kleinmond