31 Maart 2016

Page 1

Prominent local community leader ditches the ANC

Fynbospark lok wye belangstelling


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 2

Popular local community leader drops ANC KLEINMOND – ANC Chairman and prominent local community leader in Over Hills, Ayanda Tyulu (34) has ditched the ANC. Tyulu confirmed in an interview with the Overstrand Herald this week that he had formally resigned from the ANC on Easter Friday. Tyulu is a former chairperson of the Over Hills community committee. He told the Herald on Tuesday that he resigned from the committee last year after he took a decision to stand as an ANC candidate in the coming local elections. He told us that he and five other candidates had applied for the position. They were interviewed by a screening committee from the regional office in Hermanus. Afterwards, he said, one of the screening committee members came to him and told him that he had not been successful. According to Tyulu the reason given was that he was not educated and computer literate. “They said I did not have a degree and could not work on a computer.” It was then he decided to resign, he

said. “ The ANC do not mind what the people want. If you are not educated the ANC does not mind you.” Tyulu, who has lived in Kleinmond since 2001, said the community was informed of the decision by the screening committee at a public meeting on 17 March. Here he said the 20 plus people that attended the meeting were told who the candidates were, and that was that. Tyulu said the community was unhappy with the decision and said so. “ It makes me very angry. Why do you need to be educated to be a leader. I have always worked hard for the ANC. I was busy every election. Why must the region decide for the people? I think people are not going to vote.” He formally handed his resignation as ANC chairperson to the regional secretary on Friday and has also resigned from the ANC, he told us. Tyulu confirmed that he has already been approached by other political parties. “ I have however not taken a decision yet,” he told us.

Overstrand Herald 028 271 3394


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Die vloerplan van die voorgestelde twee slaapkamer woonstelle.

Fynbospark lok wye belangstelling KLEINMOND – Sonder dat Kleinmond se tweede aftree-oord nog enigsins bemark is, staan daar reeds vyf kopers gereed. Die voorsitter van die Fynbossentrum se boukomitee, mnr Christo Kok, het vandeesweek bevestig dat hulle reeds 3 vaste kopers vir 2 slaapkamer huise en 2 kopers vir 1 slaapkamer woonstelle het. Daarbenewens is daar talle navrae van mense wat dit nog oorweeg om te koop. Dié nuus volg kort na die Herald voorverlede week berig het dat die projek voortgaan. Die projek sloer jare reeds. In die meegaande artikel verduidelik Cynthia Coetzee die moedige stryd wat oor jare gestry is om die projek ‘n werklikheid te maak. FYNBOSPARK SE OPDRAENDE STRYD Die nuus dat bouwerk by Fynbospark “uiteindelik” in aanvang gaan neem word met versigtige blydskap begroet, want is dit nie waarvoor ons reeds so lank wag

nie? “Versigtig”, want is daar nie miskien nog iewers ‘n struikelblok verskuil nie?! Ten spyte van die lang tydverloop moet die huidige boukomitee met Christo Kok aan die stuur geluk gewens word, want die lang pad van die projek vanaf aanvang het oneindig baie duwweltjies en terugslae gehad. Desnieteenstaande het die groe-pies vrywilligers oor tyd met geloof en vertroue nooit gaan lê nie. Die hartseerste is egter dat soveel van ons oorspronklike ywerige vrywilligers reeds oorlede of verswak is of noodgedwonge die dorp moes verlaat het! In eerbied ook aan hulle baie dank. BEGINJARE Weens my betrokkenheid in die beginjare van hierdie projek is ek ten volle bewus dat die projek ‘n baie lewendige beprekingspunt is – party wat angstig uitsien dat die droom in hul geliefde omgewing verwesenlik sal (vervolg op bl 5)

Bladsy 3


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 4


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 5

Fynbospark lok wye belangstelling (vervolg van bl 3) word en daarteenoor diė wat nie veel hoop het dat dit ooit sal realiseer nie! Dit is daarom belangrik dat die publiek bewus moet wees wat aanleiding tot die vertraging gegee het, nadat die aanvanklike planne reeds 10 jaar gelede voltooi is! Hierdie projek, tans in sy 13de jaar, is vanaf aanvang deur vrywilligers bedryf wat hulle take bo en behalwe oor lang ure en onder moeilike omstandighede kosteloos gedoen het en steeds doen. Dit is dus belangrik dat diegene wat tot hiertoe ‘n groot rol gespeel het erkenning moet kry, - vanaf die eerste donasie in 2003 van R2,000 tot die huidige R7.5 miljoen wat gepaard gegaan het met baie harde werk, insamelingsaksies en donasies. Selfs bejaardes met hul karige pensioene het met tye maandeliks bygedra en selfs ‘n vorige Burgemeester van die Kleinmond Munisipaliteit , Dot Aves, het met haar afsterwe ‘n lywige bedrag van R2 miljoen aan die fonds bemaak! Dit was soos manna uit die hemel en het die fonds ‘n heerlike hupstoot gegee! Ek wil kortliks die pad van Fynbospark uiteensit oor die afgelope 13 jaar: Reeds in die laat 1980’s het die nood vir bejaarde versorging in die area kommer gewek en is daar onder leiding van Maritz Snyders met Projek Huis Fynbos begin. Na baie ywer moes die bouplanne egter gestaak word want geen werklike hulp van staatsweë was beskikbaar nie. Die huidige Fynbos Seniorsentrum wat uit die NG Kerksaal bedryf word om sekere basiese dienste aan bejaardes te bied het hierna die lig gesien onder die vaandel van BADISA (Barmhartigheidsdienste van Suid Afrika). Die nood vir behuising en versorging van die area se bejaardes (1100+ in 2003) het egter steeds groter geword. Inflasie, stygende kostes ens het ‘n groot impak gehad en bekostigbare bystand was dringend nodig. Ek onthou nog hoe twee bejaarde dames, Sarie Barnard en Ruth McAndrew vroeg in 2003 uit wanhoop begin het om die gebied van huis tot huis te deurkruis om name vir ‘n

petisie te kry vir oorhandig aan die burgemeester om die dringendheid van die nood te beklemtoon . Dit is gedurende hierdie tydperk dat besluit is om ds Willie van der Merwe, destydse hoof van BADISA, uit te nooi om die NG gemeente op hoogte te bring van moontlikhede om veral residensiёle verswakte/ bystandsversorging vir bejaardes daar te kan stel. Op 27 September 2003 is die NG gemeente tydens ‘n aanddiens ingelig dat hierdie dringende nood alle bejaardes in die area insluit en dat dit nie deur die NG Kerk self aangespreek kan word nie. ‘n Loodskomitee is gekies om die hele gemeenskap te betrek in die beplanning en oplossing vir doeltreffende en haalbare bystand/versorging van die plaaslike bejaardes. Dit was duidelik dat geen finansiёle bystand van nóg die kerk nóg BADISA verwag kan word nie, maar dat BADISA later wel as Regspersoonlikheid sal optree. Op ‘n gemeenskapvergadering op 20 Oktober 2003 is die loodskomitee ontbind en ‘n bestuurskomitee verkies wat verteenwoordigend was van die gemeenskap en verskillende kerke in die Kleinmond/Hangklip streek. Die werkgroep, met die groot uitdaging om oplossings te kry, het bekend gestaan as die Fynbos Gemeenskapsprojek. Die Projek het in volle geloof begin en is daar afgeskop met ‘n amptelike biddag. Na bekendstelling van die projek, is begin om die werklike probleem in die area na te vors. Omvattende inligting wat vanaf die nagenoeg 1,100 samewerkende bejaardes verkry kon word het baie duidelik getoon dat Kleinmond en omgewing se dringende behoefte in die toekoms nog verder sal toeneem, veral vir meer bekostigbare verswakte en bystandsversorging wat die bestaansreg van die projek bevestig het. Dit was vanaf aanvang egter duidelik dat verskeie uitdagings die komitee in die gesig sal staar: beskikbare munisipale grond was minimaal en die nuwe benadering van die Regering dat geen subsidies meer vir die oprigting en instandhouding van ouetehuise voorsien sal word nie het reeds

tot gevolg gehad dat meer en meer ouetehuise moes begin sluit en sulke instellings het minder toeganklik geword. Vanaf aanvang is die gemeenskap ten volle betrek en vroeg reeds het inwoners na vore gekom om waardevolle vaardighede en kosbare tyd aan te bied. Johan Singleton het sy historiese ou winkeltjie se ruimte kosteloos aangebied vir fondsinsameling en dit het

dadelik ‘n dubbele doel gehad. Op Vrydae en Saterdae oggende kon bejaardes ‘n ekstra inkomstetjie verdien met hulle gebak met ‘n klein donasie aan die Projek. Die winkeltjie het onmiddellik en vir die eerste klomp jare onder die bekwame leiding en inisiatief van Jean en Hettie du Toit asook Daan en Claudette Nothnagel begin funksioneer. (vervolg op bl 10)


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 6


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 7


Overstrand Herald

31 Maart 2016

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie?

Vasgevang in tyd Hoe Afrikaans dit nou ookal mag wees, dis die naaste wat ek kon kom aan “Frozen in time”, want dis wat ‘n baie goeie kennis van ons sommer gistraand nog gesê het oor Kleinmond. Disakloof en later Kleinmond was vir jare Stephan-hulle se vakansiehouplek uit Pretoria uit. Hulle hele gesin is seker nou omtrent al 15 jaar in NieuSeeland waar hy en sy sussie albei met nie- Suid-Afrikaners troud is. Stephan het vir Michelle kom wys hoe lyk hoe lyk die vakansieplek van sy jeug en dis hý wat gesê het hy vind

Kleinmond “Frozen in time”. Ja, sê hy, daar is ‘n paar veranderinge: die hawe het ontwikkel, die hotel het afgebrand, ons het nou ‘n groot winkelsentrum en lekker winkels, maar die dórpies is nog dieselfde. Die sewe drankwinkels was ‘n bietjie van ‘n “bummer”, maar behalwe daarvoor was Kleinmond vir hom ‘n aangename belewenis het hy dit graag met Michelle gedeel. Is dít nou nie lekker om te hoor nie? Ons kla so dikwels en so maklik oor ons dorp, en dis

goed so, want duidelik werk dit tot ons voordeel. Ons kan nie teen alle vooruitgang en ontwikkeling baklei nie, want an sal ons die kreeftegang begin gaan, maar dis ons plig om nooit op te hou omgee oor ons dorp nie. Sodra dit gebeur, sal ons óf vervalle raak, óf ons kuslyn sal ontwikkel soos die Strand of Knysa. Of, kan ons saggies vir mekaar sê, soos Hermanus. Dan moet ons nie te veel kla oor hier nie tien supermarkte en 25 klerewinkels is nie. Ons moenie kerm oor ons verkeersligte wil hê nie, of fout vind met Bettysbaai wat nie straatligte het nie, of on sander dorpies wat wat hiér te kort en dáár te lank is nie. Die meeste van ons het sekerlik gekies om hier te kom bly. Ons het verseker nie agter werk op die myne of in die fabrieke aan gekom nie. Ek nthou toe ek op SomersetWes grootgeword het, was Somerset, die Strand en Gordonsbaai drie afsonderlike dorpies met groot oop stukke veld tussen-in. Nou is dit die een huis of sake-onderneming op die ander van Gordonsbaai tot amper al Stellenbosch en

Bladsy 8 Kuilsrivier. Miskien moet ons ernstig dankbaar wees vir wat ons het en moet ons, nou nie verbete aan die verlede vasklou nie, maar tog dit wat ons het oppas. Dit sluit uiteraard die fynbos en see en strandmere in. mens moenie die “inkommers” summier as die viand afmaak nie, want dis dikwels hulle wat hierheenkom omdat die omgewing vir hulle mooi is en dis dikwels ook hulle wat probeer om dit te bewaar. Wanneer mens baie lank op ‘n plek bly, raak jy afgestomp vir sy mooi en aanvaar jy dit as vanselfsprekend. Daarom het Stephan my weer laat dink en hoewel ek geleer het om die dorp te waardeer, sommer nog ‘n keer besef hoe pragtig ons dorp is en hoe geseënd ons is om hier te mag woon. En ek wil met ‘n lied in my hart vir die wat so nimmereindigend kla, sê: Vat tog asseblief jou goed en trek. Hoe verder, hoe beter. Probeer gerus Gauteng of sommer die Kaapse Metropool. Ek het al in ’n dorp of land of stad of twee drie gewoon. Mag Kleinmond nog lank bly soos hy is.


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 9


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 10

Fynbospark lok wye belangstelling (vervolg van bl 5) Martie Swart met haar altyd gewillige pannekoekbakspan het aangesluit, asook Hester Wentzel. Die winkeltjie, Singeltons (Oom Sakkie) word vandag nog vir dieselfde doel benut. Vir hierdie groepies oor die jare moet veral baie dankie gesê word vir hul onbaatgsugtige liefde en opofferinge en veral ook vir die bittereinder Jean du Toit wat nou nog gereeld verslag doen in die Herald. GROND Baie navorsing is plaaslik, nasionaal en selfs internasionaal gedoen om na die ideale konsep te soek om aan te pas by die behoeftes, probleme en omgewing waarin fasiliteite opgerig moes word. Die moontlike beskikbaarheid van grond was aanvanklik ‘n kopseer, maar met die bystand van die destydse burgemeester Willie Smuts, was grond aangetoon wat so na aan die ideale terrein vir bejaardes was as kan kom – sentraal geleё,

infrastruktuur met water en elektrisiteit byderhand, asook veilige plat terrein was soos ‘n droom wat bewaarheid is! Na vele vereistes waaraan voldoen moes, word kon voortgegaan word om die projek aan die Wykskomitee voor te stel. Raadslid Eleanor Barry en haar Wykskomitee het die projek as een van die 10 belangrikste projekte met gemeenskapswaarde vir die streek in 2005 ingestem. Groot was die opgewondenheid en tog ook kommer, want wie gaan die argitek wees om planne voor te berei vir indiening by die Overstrand Raad en wat sou sy kostes wees en hoeveel sou dit van die ingesamelde fondse verorber? Gebede is verhoor, want Graham Ramsay van Lakeside Chapel as afgetrede hoof van argitektuur by die Universiteit Kaapstad, was ‘n meester op die gebied en het sy dienste vrywillig en kosteloos aangebied! Dit was ‘n wonderwerk want Graham met sy studente was gefokus op bejaardesorg fasiliteite en

landswyd staan toe reeds van die fasiliteite wat deur hulle ontwerp is! Hy was sieklik, reeds bejaard en sy sig baie beperk, tog het hy met ‘n vergrootglas meeste van hierdie planne met sy hand voltooi! Hy is egter nie lank hierna nie oorlede. Graham sal onthou word vir sy meelewende en liefdevolle geaardheid wat nieteenstaande sy swak gesondheid altyd bereid was om te gee - Ons salueer ‘n GROOT MAN! TERUGSLAE In Maart 2006 is die volle dokumentasie en voorgestelde argitektoniese planne aan die Overstrand Raad ingedien vir die volgende vergadering. In November 2006 is ‘n brief van die nuwe Burgemeester ontvang waarin die Projek in kennis gestel word dat die uitgewysde grond gereserveer is vir die Fynbos Bejaardesorg Projek. Die blydskap was egter van korte duur, want in Maart 2007 kom ‘n groot terugslag! Die burgemeester kontak die voorsitter telefonies dat hy nie meer die grond vir ‘n spesifieke rede aan die projek kan gee nie, maar bereid is om die enigste ander moontlike beskikbare grond by die karavaanpark aan die projek toe te staan. Hierdie nuus is verslae aangehoor, want die planne was reeds voltooi, sekere fases van die prosedure was afgehandel, verwagtinge reeds geskep, mense gemotiveer met fondsinsameling en baie ander vrywillige take! Hierdie verskuiwing sou egter ook blyk ‘n groot terugslag vir die vordering van die projek te wees met verskeie nuwe voorgeskrewe vereistes waaraan volgens regulasies voldoen moes word wat die ongelyke terrein tot gevolg het: Grond oppervlaktes moet geskik gemaak word vir bejaardes, noodsaakike ondersoeke en sertifiserings was nou vereis soos vasstelling van vloedlyne, rivierwal grenslyn, geotegniese vereistes, omgewingsimpakstudies, beperkinge, probleme met grenslyne, basiese assesserings verslag en die onderhandelinge

met geaffekteerdes ens. ens. Wanneer een vereiste aan voldoen is, was daar ‘n volgende een gestel asof daar geen genade is nie. Alle gepaardgaande onkostes moes deur die projek self gedra word wat ernstige finansiёle en tydsimplikasies ingehou het. Met hierdie vertragings het die owerheid intussen ‘n nuwe beleid uitgevaardig dat munisipaliteite nie meer grond effektief gratis aan gemeenskapsinstellings mag toestaan nie, maar teen huidige waardes. Indien die projek egter gemeenskapswaarde sou hê kan ‘n aanpassing op die bedrag gemaak word. Hierdie verdere terugslag vir die fondse asook inflasie het die vertragings ingehaal tesame met hoё boukostes. Dikwels moes die komitee besin of die projek onder die omstandighede kan voort kan gaan. Die antwoord was egter altyd ja, want dit is noodsaaklik vir die toekoms. EUREKA! Nouja, eindelik is daar lig in die tonnel na soveel gebede, gesweet, arbeid en geloof! Hierdie positiewe resultate kon werklik alleenlik verkry word deur die deursettingsvermoё en motivering van die verskillende projekkomitees deur die jare, en veral in die laaste jare met Christo Kok en sy komitee aan die spits. Baie dankie! Ter afsluiting glo ek daar sal nou meer insig, empatie en begrip vir die projek wees, asook vir die pragtige mense wat steeds as vrywilligers met hierdie liefdesdiens vir die bejaardes in die gemeenskap die vure stook, al word daar dikwels water opgegooi! Dit is werklik ‘n projek vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap. Spesiale dank ook aan die Overstrand Herald wat vanaf aanvang van die projek altyd gewillig was om inligting aan die gemeenskap oor te dra en wat grootliks bygedra het tot hierdie uiteindelike groot gebeurtenis. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir Sy bystand, krag en seёninge wat steeds daagliks op verskillende maniere ontvang word. Cynthia Coetzee

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 11


Overstrand Herald

Briewe

31 Maart 2016

Baie dankie, Kleinmond Nadat ek 52 jaar en my vrou, Drieka, 25 jaar op Kleinmond gewoon het, het ons nou verhuis na Serenitas 177 in die Strand. Ons wil graag ‘n

ieder en ‘n elk op die dorp baie dankie sê vir hul vriendelikheid en vriendskap deur die jare. Ons sal veral ons Bybelstudiegroep mis. Lood en Drieka Matthee

Tweede kanse Met verwysing na die artikel oor Leeroy Hendricks wat onlangs in die Herald verskyn het, net die volgende terugvoer: Leeroy het die Two Oceans Marathon suksesvol voltooi en ‘n brons medalje verower in ‘n tyd van 5uur, 9min en 13sekondes. Dit was moontlik gemaak deur verskeie borge wat hulle harte oopgemaak het en ruim bygedra het om vir hom die nodige fondse te skenk om ‘n broodnodige paar hardloop skoene en ander benodigdhede aan te skaf. ‘n Besonderse dankie aan die Vrouevereniging van

Pringlebaai, Wynand Louw en al die persone wat deur hom bygedra het, al die persone wat ‘n bydrae gemaak het en hom ondersteuning gebied het. Daarsonder sou hierdie prestasie net ‘n droom gebly het. Leeroy oefen tans hard en die vlg mylpaal is die comrades vlg jaar. Hy is vol vertroue dat dinge van hier af net van krag tot krag sal gaan. Van Leeroy self: Baie baie dankie aan almal. Dit was awesome. Ek waardeer almal se bydrae opreg. Julle het my droom laat waar word.

Bladsy 12

KBBV doen verslag Sake wat die afgelope maand hanteer was, is die volgende: Uitkontraktering van Dienste: Watersuiwering en Rioolverwerking. Mnr. Stephan Muller van die OM het ‘n baie interessante aanbieding aan die Whale Coast Development Forum gedoen. Wat veral beïndruk het, was die omvattende voorbereiding wat gedoen was om al die wetlike bepalings na te kom, veral ten opsigte van die hantering van personeel. Die belangrike natuurlik was die nuus dat daar reeds vir die eerste jaar ‘n besparing van R9m ten opsigte van hierdie aktiwiteite sal wees. (Die volledige aanbieding is op die Kleinmond Kalender webblad beskikbaar) Vuurwerke: Die OM is besig om die kwessie van vuurwerke in die area te ondersoek. Daar is toenemende druk om ‘n totale verbod op die afvuur van vuurwerke te plaas. Skoonmaak van oorgroeide erwe: Die KBBV is van mening dat die huidige stelsel waarvolgens die OM kontrakteurs kry om oorgroeide erwe na waarskuwings aan die eienaars, skoon te maak, steeds die onusvan die eienaar wegneem. As die kontrakteur wat namens die OM die erf moet skoonmaak talm om die werk te doen, bly die erf vuil en die betrokke eienaar trek net sy skouers op en die erf bly vuil. Ons gevoel is dat so ‘n eienaar beboet moet word solank as wat die erf oorgroei is. Nou is die onus op die eienaar om die erf skoon te maak. Wat ook belangrik is, is dat die kontrakteur wat deur die OM gebruik word, nie noodwendig van Kleinmond is nie. Indien ons voorstel aanvaar word kan dit plaaslike tuindienste

kontrakteurs ook bevoordeel. Riooltenkers: Dit bly maar ‘n krapperige saak. Twee aspekte het die afgelope maand onder die aandag gekom:Inwoners in die omgewing van 13e Straat het gerapporteer dat die gekontrakteerde riooltenkers, as gevolg van onkunde oor die uitleg van die dorp, voorkeur verleen aan 13e Straat as toegangsroete na die seelane. Dit skep groot ongerief vir inwoners in hierdie omgewing. Volgens ‘n opsomming van werksopdragte wat in die verskillende streke van die OM gekry is, het die Kleinmond area meer rioolpomp uitroepe gekry as die res van die area. Vir die 6 maande van Julie tot Desember 2015 was die uitroepe vir die Kleinmond area 11145 teenoor die total van 21112 vir die hele Overstrand area. Hierdie syfers moet gebruik word om Kleinmond area te prioritiseer ten opsigte van die aankoop van riooltenkers en konstruksie van riool pyplyne. Begroting: Op hierdie stadium is die volledige begrotings dokument nog nie beskikbaar nie. Ons kan dus nog nie ‘n behoorlike ontleding daarvan doen nie. Boubeheer: Ons het ‘n skrywe aan die plaaslike kantoor gerig waarin on sons kommer oordra oor die skynbare gebrek aan kontrole oor aanbouings in die Riemvasmaak woongebied. Dit wil voorkom of eienaars aanbou sonder dat daar enige planne ingedien word. Herstel van Strate: Dit lyk asof die kontrakteur goed vorder. Eerste indrukke is dat dit ‘n omvattende herstelprogram is wat goed gedoen word. Regulasie tov aanplant van bome: Konsep verordeninge is ter insae by plaaslike kantoor vir kommentaar. Jan-Willem van Staden


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 13


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 14

‘Potjiekos’ in wêreldgeselskap ROOIELS – Dine van Zyl se “Potjiekos en Potpraatjies” kookboek, is nie net ‘n treffer in Suid-Afrika nie, maar het ook die aandag getrek van die toonaangewende jaarlikse Gourmand World Cookbook Awards onder die Engelse vertaling, “Potjiekos and Potpourri”. “Potjiekos” is reeds aangewys as die wenner in die SuidAfrikaanse afdeling en ding nou met inskrywings van reg oor die wêreld mee. The Gourmand World Cookbook Awards were founded in 1995 by Edouard Cointreau. It is a free competition and open to publishers in all languages and countries. The Gourmand Awards celebrate global cookbook and wine book publishing and feature many worldrenowned chefs each year. There is also a focus on selfpublished books as founder, Edouard Cointreau sees this as the fastest growing segment in publishing. In 2008, books from 102 countries participated in the competition. It is sometimes described as the “Oscars of food awards in Paris”

The objectives of the Awards are: • To reward and honour those who “cook with words”. • To help readers find the best out of the 26,000 food and wine books produced every year. • To help publishers with international rights to translate and distribute food and wine books. • To help book retailers find the 50 food and wine books that each year should be offered to clients. • To create an opportunity to access the major markets in English, Chinese, German, Spanish or French for books originated in other languages. To increase knowledge and respect for food and wine culture, which promotes peace. The book written by Dine, “Potjiekos and Potpourri” was chosen for the shortlist in the section Culinary Heritage and is competing with entries from China, France, Spain and the USA. The winners will be announced at a ceremony in Yantai, China in May.

Dine skenk een van haar boeke aan ‘n leser wat die volgende vraag korrek beantwoord: Wie is die skrywer van die boek Potjiekos and Pot-pourri? SMS die antwoord tussen 12:00 en 13:00 Vrydag aan 071 185 1274 aan


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 15

Overstrand Herald 028 271 3394


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 16

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Polisie kaptein bedank KLEINMOND – Die Stasie kommissaris op Kleinmond, kapt. Mkhuseli Kuta het onverwags bedank. Die Herald verneem dat kapt. Kuta, oorspronklik van die Mdantsane in die OosKaap, ‘n pos in dié provinsie se

regeringsdiens aanvaar het. He is married with three children and had been a policeman for the past 22 years. Dit sal na verwagting ‘n geruime tyd duur voor ‘n opvolger aangewys word.

Bladsy 17


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 18


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 19


Overstrand Herald

31 Maart 2016

JY – Net beter Die Overstrand Herald en Monette’s Nail and Bridal Boutique in samewerking met plaaslike boetieks, haarsalonne en skoonheidsalonne gaan aan ‘n paar vroue van die dorp ‘n geleentheid gee om in aanmerking te kom vir ‘n “make-over”! Oor ‘n tydperk van vier maande vra ons vriende, gesinslede en familie van vroue op die dorp om ‘n foto van jou ma, suster, dogter, tannie, aan die Herald te stuur met ‘n motivering van nie meer as 30 woorde nie, hoekom dié spesiale vrou (25 en ouer) in aanmerking moet

kom vir die vertroeteling en bederf. Dalk werk sy baie hard, dalk is sy deur ‘n moeilike tyd, dalk is daar net nie altyd tyd om aan haarself te dink nie. Die beoordelaars kies uit foto’s wat gestuur word vyf finaliste. Elke twee weke word een finalis aangewys. Sy kry haar makeover en ‘n “voor” en “ná” foto geplaas tot ons vyf finaliste het. Dan neem Herald lesers deel en stem vir die algehele wenner. Let daarop dat daar geen ortodonsie (tandheelkundige werk), of kosmetiese chirurgie toegepas gaan word nie. Ons stiliste en grimeerkunstenaars

gaan die JY net ‘n bietjie BETER maak. Hair Studio: Elke wenner se hare word geknip / gekleur / gestyl deur Charlene, sy sal ook die oggend van die algehele wenner se aankondiging almal se hare weer vir hulle blow dry. Point of Grace: Elke wenner se wenkbroue en ooghare word ge”shape” en gekleur. ‘n Theravine facial as ‘n geskenk aan die algehele wenner St Harbour Clothing: voorsien van die uitrustings waarin die wenners afgeneem gaan word. Skenk ook ‘n voucher van R500 aan die algehele wenner Monette’s Nail and Bridal Studio: Make-up make-over vir elke wenner/ Foto’s van die “Before” en “After”/ ligte

Bladsy 20 grimering doen vir elk van die vyf finaliste vir die oorhandiging van die pryse. Albertyn Apteek: geskenkpakkies The Beach Boutique: Uitrustings waarin die wenners afgeneem gaan word/ geskenkbewys aan algehele wenner. Begin solank foto’s stuur aan ilna@overstrandherald.co.za tesame met die motivering van 30 woorde of minder oor hoekom hierdie inskrywing die make-over verdien. ‘n Foto van die persoon met die motivering aangeheg kan ook by die kantoor van die Overstrand Herald in 14de Straat afgegee word. Sluitingsdatum vir die eerste ronde is op 4 April 2016.


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Stasies van die Kruis-staptog Kleinmonders stap op Goeie Vrydag die Stasies van die Kruisstaptog. Die kinders op die staptog het saam die kruis na die preekboom gedra waar elkeen sy of haar gebedsversoek aan die voet van die kruis kon neersit.

Bladsy 21


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 22

Nuwe wetsontwerp oor rassisme sal oordrewe staatsinmenging meebring Die ANC se voorgestelde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak (die wetsontwerp) voldoen aan dieselfde basiese elemente as wat in die 1970’s deur die ANC teen apartheid aangevoer is om dit tot ’n misdaad teen die mensdom te verklaar, aldus die burgerregte-organisasie AfriForum.

Nee wat, hier moet iets gedoen word KLEINMOND – Sakeondernemings aan die hoofstrand se kant van Hoofweg sê hulle is nou behoorlik keelvol vir die bergies wat die oop erwe oorkant Kekkel en Kraai en Fishies as ‘n toilet gebruik. Hulle

sê is daar glo veral een kalant wat elke oggend en middag sy opwagting maak en dan ten aanskoue van almal sy sit kry. “ Kan die wetstoepassers dan nie iets hieraan doen nie?” wil hulle weet.

Die besonderhede van die wetsontwerp is nog nie bekend nie, maar die ANC het reeds laat blyk dat die wetsontwerp ten doel het om “rassisme of enige handeling wat apartheid verheerlik” te kriminaliseer en dat gevangenisstraf daarvoor opgelê sal word. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat rassisme soos ’n kanker is wat indruis teen vreedsame naasbestaan, wedersydse erkenning en sosiale kohesie, en dat dit beveg moet word. “As mense egter links en regs in die tronk gegooi word, gaan dit hierdie land verseker nie nader aan ’n oplossing bring nie.” Roets het verder verduidelik dat die ANC se verklaarde doel met die wetsontwerp byna woordeliks strook met die teks van die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme, wat in 1950

deur die Nasionale Party (NP) aangeneem is. Hierdie wet en die toepassing daarvan was een van die grootste beweegredes waarom apartheid gedurende die Koue Oorlog tot ’n misdaad teen die mensdom verklaar is. “Die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme het die bevordering van kommunisme gekriminaliseer en die verheerliking daarvan kon tot tronkstraf lei. Die wet is volgens die ANC ook gebruik om kritici van die regering se politieke program te snoer. Die NP-regering het aangevoer dat hulle die regte ding doen, aangesien hulle bedoelings suiwer was en kommunisme boos is,” het Roets verduidelik. “Die ANC se wetsontwerp het ten doel om die bevordering van apartheid te kriminaliseer en die verheerliking daarvan kan tot tronkstraf lei. Hierdie wet sal ongetwyfeld ook aangewend word om kritici van die regering se politieke program te snoer. Ook hier sê die ANC dat hulle die regte ding doen, omdat hulle bedoelings suiwer is en apartheid boos is.” AfriForum het vroeër vandag ook ’n blog op sy webtuiste gepubliseer waarin 15 bykomende redes waarom hierdie wetsontwerp ʼn baie slegte idee is, uiteengesit word.

WIL U HIER ADVERTEER? SKAKEL ONS BY 028 271 3394


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 23

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 24


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 25


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 26


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 27

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 28


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 29


Overstrand Herald

DAGBOEK

31 Maart 2016

1 & 2 April: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdag-oggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Boot sale: Weather permitting every Saturday at Harbour Rd Kleinmond before the circle from 09:30. Including Monday 28 march. 31 March: The Magic Theatre – Magic & Miracles by Louis Franco at De Wet Hall, Thurs Evening 7pm – 8.30pm (R50 Bring a friend FREE) - Practical Metaphysics. Booking Essential SMS–Call 076 283 4151 2 April: NG Kerkbasaar by Laerskool Kleinmond terrein - ontbyt vanaf 08:00 - 10:00. Amptelike opening 09:00. KOm geniet ‘n heerlike dag van basaar eetgoed, interessante artikels te koop en lekker kuier. 7 April: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergaderin om 09:30 in die Rolbaklubhuis. Bring blok vir projek saam. Demonstrasie vir “Apple Core” - papierlas. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882. 7 April: Kleinmond Senior Burger Klub byeenkoms in die N.G. Kerksaal om 15h00. Die spreker Me. J. Marais onderwerp Testamente. Bring jou vrae saam. ‘n Foto van “Toeka en Nou” uitstalling beloof om groot pret te wees. Bring jou vriende saam. Tee en verversings sal bedien word. Kontak: M. Marais. 0824455962 13 April: Senior Burger Klub daguitstappie na Breederiviervallei, Worcester. Besoek Slanghoek Bergoord en wynkelder (wynproe). Daarna die Willow Creek Olyfplaas in die Nuy vallei vir ‘n Olyfproe en praatjie rondom die verwerking van olywe. Eet by hul Bistro (vir eie rekening). Koste beloop R250 per persoon. Kontak Marietjie Marais: 028-2715547 / 082-4455962 19 April: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:00 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345. 20 April: Kleinmond Natuurbewaringsvereniging Algemene Jaarvergadering Woensdag 19h00 in Gereformeerde Kerk Kleinmond. Gasspreker Peter Muller: voormalige direkteur van Kogelberg Biosfeer Reservaat. Alle lede en besoekers welkom. 20th April: Kleinmond Nature Conservation Society Annual General Meeting Wednesday 19h00 in Reformed Church Kleinmond. Guest speaker Peter Muller: former director of the Kogelberg Biosphere Reserve. All members and visitors welcome. 5 Mei: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhis. Bring prjek. Saamwerkoggend: Bring handwork en kwilt saam om te doen. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882.

Bladsy 30

17 Mei: Senior Burger Klub daguitstappie na Kaapstad. Besoek die Kasteel vir die sleutelseremonie en ‘n begeleide besigtigingstoer. Daarna gaan ons na die Waterfront. Eet by Ocean Basket (vir eie rekening) waarna elkeen sy eie ding doen en teen 4nm. vertrek ons terug na Kleinmond. Koste beloop R250 per persoon. Kontak Mauritz van den Berg: 084-8240155


Overstrand Herald

BUKSIES

31 Maart 2016

Bladsy 31

Defy 4 plaat hob soliede plate R200. Skakel 083 388 9721 Antieke yster/koper katel (dubbelbed) R6500. Vrieskas medium R1000. Trekstang (towbar) vir Ford Bantam/Mazda Rustler R1500. Bakrak (roof carrier) vir Golf bakkie R1500. Skakel 028 271 3094 / 079 522 4183 Groot hout TV kas met glasdeur en laaie R1899. 2x Hout kroegstoele (sonder ruglening) R80 elk. 2x Embuia T-Poys R349 elk. Ronde houttafeltjie R30. Wasgoedmandjie (plasties) R40. Skakel 082 829 6128 / 072 455 8914.

GESOEK / WANTED

Opsoek na groot yskas/vrieskas – maksimum wydte 820cm. Skakel 028 271 3044 / 072 450 2287 Oud onderwyseres is op soek na administratiewe betrekking in Kleinmond. Ten volle tweetalig, vriendelik, eerlik en lojaar teenoor werkgewer. Skakel 079 943 4698

Set of stainless stell steamer pots (4) R90. Small pine plant stand R50. Pine bankie, padded seat and storer R140. Oak (solid) 2x Bar chairs, red velvet padded seats R790 for both. TV (small) armmount on wall R90. Phone 028 271 3359 Genuine Zambian Teak: 1 day bed/couch R3000. 2x Deck chairs, 2x Morris Chairs R1500 each. Phone 074 642 0876

Bucie is looking for domestic work 3 days a week. Phone 073 725 8839

Refurbished wooden old-type double school desk R500. Phone 079 132 0028

Marvyn from Malawi is looking for work as housekeeper, shopkeeper, stores or painting everyday of the week. Reference 073 593 3861. Phone 063 116 3896

Cameron Smoker/Cooker Stainless Steel 40x30 (ideal om ‘n vissie te rook) met verskillende saagsels. Twee Tennis rakette, Groot (77x50x28cm) groen reiskoffer goeie toestand, een koffietafeltjie (58x58 -40 cm hoog), puik ligte golfsak met metal afslaan en skoonveld stokke 1,3 en 5. Champion Cougar Ysters 3,4,8,9 en sandwedge. Pryse op aanvraag en onderhandelbaar. Skakel 082 316 0382

Medrian Kaunda from Malawi is looking for work as a housekeeper or stores. Reference 073 965 5080. Phone 078 125 3535 Opsoek na ‘n blokfluit en klawerbord geskik vir beginners. Skakel 084 548 3022 Amanda is looking for domestic work three days a week. Reference 083 301 7624. Phone 078 449 3969

Gestoffeerde lessenaarstoel met goeie rugondersteuning en op wieletjies R200. Skakel 083 968 0214 Groot goud visse en ‘n vistank met stander. Skakel 076 571 6407

Noluvu is looking for domestic work 4 days a week. Has reference Marta 083 265 9121. Phone 071 776 2227 Nelly is looking for cleaning work. Has reference Marta 083 265 9121. Phone 078 152 3368 Lucia is looking for domestic work Mondays, Tuesdays and Thursdays. Has reference. Phone 076 779 7350 Betroubare flukse huishulp beskikbaar vanaf 08:00 – 15:00 daagliks. Vir verwying skakel Elize by 078 222 3290

TE KOOP / FOR SALE

Extension ladder 8m – aluminium R1500 neg. Phone 082 584 3536 Trojan treadmill-460 R5000. Paintball gun met alle ekstras R5000. Skakel 079 118 0981 Bashan Explode 250cc Scrambler 2014 model R9000. Skakel 083 679 4738 Garage sale 2 April at 23 Bob Laubserstreet in Palmiet, Kleinmond from 09:00 – 16:00. Tools, paint, tiles, picture frames, clothing, crazy fit massage machine. Phone 084 641 4710 Defy 420 4 (spiral) plaat stoof. Goeie en werkende toestand R500. Skakel 083 324 2404

Overstrand Herald 028 271 3394


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 32

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie. The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette)

NG KERK: 3 APRIL 2016 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai

Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075

GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik

A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkoms elke Sondag om 18:00: Ons volgende byeenkoms is op 9 April. Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Erica by 083 556 3555. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal is welkom by Laerskool Kleinmond elke Sondagoggend 09:30. Navrae by Manie 082 331 3552 / 028 271 5592 of Gerrit 083 251 6039 / 028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

Ds. Steven Sass Ds. Nico Rabe

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45

LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Fr Neil February 084 222 1492 nkfebruary@gmail.com. PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 18:00 / Thurday 17:00 / Additional services as per notice board. Parish Priest: Father John Keough 079 874 2281 / 021 859 5397 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2016: 03/04/2016 29/05/2016 24/07/2016 25/09/2016 04/12/2016

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 33


Overstrand Herald

31 Maart 2016

Bladsy 34

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

31 Maart 2016

NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

Bladsy 35


Jemma and “Kochra Bannut Kintillo” show brilliantly A former learner at Laerskool Kleinmond has gone on to Overberg High School, but is still taking part in equestrian sports and still collecting accolades. She took place in three shows in Showing and Dressage during January / February and March 2016 in Phillipi held at the VRA show grounds by the Western Province Showing and Dressage. In the January leg of the show Jemma attained 1st place for both Pony Rider Prelim dressage tests; a 1st Novice in Pony Rider Show Pony; a 2nd Novice Pony Rider Show Riding Pony as well as a 2nd in Novice Show Hunter while achieving Reserve Champion Novice Pony Rider Pony on show. During the February leg of the show Jemma and Kintillo continued their sterling performance. In Showing the results were as follows: 1st Novice Pony Rider Show Riding, 2nd Novice Pony Rider Show Hunter, 3rd Novice Pony Rider Show Pony; winning Reserve Champion Ridden Novice Show Pony on Show – Pony Rider, as well as being 1st Pony Shown in Hand and Supreme Horse on Show in Hand across all breeds. During the March leg of

the Show, they took part in Dressage where they attained a 1st for both Pony Rider Prelim dressage tests. In Showing their achievements were as follows:

1st Pony Rider Novice Show Riding, Show Hack and Show Hunter; Winning Champion Pony Rider Novice Show pony on the show; 2nd Working Riding

– Novice; Reserve Champion Novice Working Riding on Show; 1st place Pony in Hand; Overall Reserve Supreme in hand across all breeds.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.