4 sept 2014

Page 1

Diewe teiken steeds motors wat buite staan

Konsternasie na goedkoop DSTV plan in duie stort

Tershen Jacobs van Laerskool Kleinmond peil af op een van die Curro spelers in Saterdag se hoofkragmeting tussen Kleinmond Laerskool en ‘n gesamentlike span van Okkie Smuts (Stanford) en Curro Laerskool op Hermanus. Kleinmond het die wedstryd met 14 - 12 gewen. Die 0/13 netbalstryd is ook deur Kleinmond gewen met 16 - 6.


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 2

Konsternasie na goedkoop DSTV plan in duie stort Gerard Grobler KLEINMOND – Plaaslike DSTV installeerder, Bayside Furniture, se personeel moes vandeesweek bontstaan na ‘n plan om ‘n goedkoop DSTV pakket aan senior burgers op die dorp te verskaf, lelik skeef geloop het. Die plan was betreklik eenvoudig: Senior burgers sou gebruik maak van DSTV se spesiale pakket vir aftreeoorde, gastehuise en hotelle. Pleks daarvan om maandeliks die R665 vir dstv se premium pakket te betaal, sou hulle nou net R220 per maand betaal en toegang hê tot al die lekker premium kanale soos MNET, Kyknet, 6 fliekkanale en 9 sportkanale. Nêrens anders is dit moontlik om toegang te kry tot hierdie spesifieke samestelling van kanale nie, veral nie teen hierdie prys nie. Die plan was dat die projek onder die vaandel van die dorp se Fynbossentrum

sou funksioneer. Die sentrum se bestuurder, me Melanie Wiles, sê almal was baie opgewonde oor die groot besparing wat hulle vir senior burgers sou kon meebring. Die enigste vereiste was dat die pakket net aan Fynboslede beskikbaar sou wees. Om lid te word moes die ledegeld van R110 per jaar en ‘n eenmalige aansluitingsfooi van R220 betaal word. Met die groter besparing in die oog was dit vir die meeste mense heeltemal aanvaarbaar. Me Wiles sê die ooreenkoms met Multichoice is onderteken en alles was op die oogaf slaggereed toe dinge skielik begin skeefloop. Multichoice se man, mnr Chris Nyakaza, het verlede week afgevlieg van Johannesburg af en toe glo begin twyfel. Marietjie Groenewald, Multichoice se hoof van korporatiewe kommunikasie het aan die Herald gesê hulle was onder (vervolg op bl 3)


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 3

Konsternasie na goedkoop DSTV plan in duie stort (vervolg van bl 2) die indruk dat Fynbos ‘n geregistreerde aftreeoord is. Sy beweer dat mnr W.P. Strauss, wat as tussenganger tussen Fynbos en DSTV opgetree het, glo hierdie indruk geskep het in ‘n telefoniese gesprek met mnr Nyakaza. Toe Nyakaza egter agterkom dat dit losstaande huise en eiendomme is, sê sy, het hy dadelik aangedui dat dit nie toelaatbaar sou wees ingevolge DSTV se reëls nie. Lees Multichoice se amptelike kommentaar aan die einde van hierdie berig. Fynbos se weergawe van gebeure is effens anders. Hulle beweer dat mnr Nyakaza gesê het dat die projek ‘n jaar kans gegee moet word en dat sake dan heroorweeg moet word. Toe hulle vra dat dit op skrif gestel moet word, het hy glo te kenne gegee hulle sal maar op sy woord moet staatmaak. Later Donderdagmiddag het Fynbos ‘n epos van Nyakaza ontvang wat aandui dat

die ooreenkoms tussen DSTV en Fynbos geen meer water hou nie. Konsternasie het gevolg. Me Wiles sê sy was baie ontsteld. “Dit het vir my gevoel of ons mense probeer mislei het, wat natuurlik nie die geval was nie”. Dit was haar taak om elkeen van die meer as 90 mense wat aangesluit het in kennis te stel van die nuwe wending. Sy vertel dat sy tussen deur die reëlings vir die basaar eers teen Saterdagaand almal in die hande kon kry. Intussen sê sy moet daar plan gemaak word met al die geld wat mense aan Fynbos oorbetaal het, glo meer as R40 000. ‘n Vergadering is vir Maandag belê. Hier het baie van die nuwe lede besluit om tog by Fynbos aan te sluit en nie die ledegeld terug te eis nie. Hiervoor, sê sy, is almal bitterlik dankbaar, want die sentrum sukkel reeds finansieel. “ Dit is nie vir almal moontlik nie en ons verstaan dit heeltemal. Hul geld sal so gou moontlik terugbetaal word. Ek wil

net nie hierdie week vir enige geld in die wêreld oor hê nie”. Intussen staan Wynand Bock bont en bel die lyne warm na DSTV toe. In sommige gevalle is mense se DSTV konneksie reeds gesny. Ander het twee keer vir dieselfde diens betaal en ander sukkel om al hul ou kanale terug te kry. Bock sê vir diegene wie se diens reeds na die Fynbos rekening oorgeplaas is, is daar geen ander raad as om ‘n brief van Fynbos te kry wat die situasie verduidelik en dan na ‘n DSTVagentskap op Hermanus of in die Kaap te gaan en die veranderinge daar aan te bring nie. Dit kan nie op Kleinmond gedoen word nie. Multichoice het amptelik soos volg reageer: MultiChoice will unfortunately not be able to accommodate the residents of Fynbos in Kleinmond. When Fynbos Senior Sentrum applied for the commercial package, we specifically asked for confirmation that this (vervolg op bl 6)


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 4

Vlaag van misdaad duur voort KLEINMOND – Terwyl die polisie beweer dat misdaad aan die afneem is, was daar hierdie week wéér verskeie ernstige voorvalle van misdaad op die dorp. Dinsdagnag is die ruit van Wynand Bock van Datastoor se bakkie met ‘n klip stukkend gegooi. Die klip was nog in die kar toe Bock sy bakkie met die stukkende ruit aangetref het. Dit is nie bekend of iets uit die bakkie gesteel is nie. In nog ‘n voorval het booswigte Woensdagoggend by Ronel en Kobus le Roux van Kleinmond Apteek se huis in 9de laan ingebreek. Volgens Ronel het die booswigte op die dak geklouter en op die eerste verdieping toegang tot die skuifdeur verkry. “Ek sit altyd die alarm onder aan as ek gaan slaap. Sowat 03:45 het ek ‘n geskuifery en beweging in die sitkamer gehoor. Ek het eers gedink dis ‘n duif of ‘n ding.”

Nadat Le Roux gesnap het dat dit heel moontlik diewe is wat haar besteel, het sy eers gewag dat hulle klaar maak. “Ek is nie bang nie, net versigtig. Mens weet nooit wat kan gebeur nie. Op daai stadium het my paniekknoppie nie gewerk nie.

Ek sal mense aanraai om altyd seker te maak dat die knoppie te alle tye werk.” Die boewe is vort met haar skootrekenaar, televisie en beursie. Le Roux meen dat hulle haar besittings van die dak af aangegee het vir iemand op die grond.

In ‘n derde voorval was daar oor die naweek by Johan Pauw, wat aan die hoof staan van die haweontwikkeling, se vakansiehuis in Kusweg ingebreek. Volgens Pauw het hulle net ‘n ou televisie stel gesteel.


Overstrand Herald

4 September 2014

KSW hou ope vergadering Misdaad het verlede week na Bettysbaai verskuif en heelwat minder misdaad is in Kleinmond gerapporteer. Die meeste gevalle van huisbraak was in Proteadorp en daar was gevalle van koperdiefstal in Klein Berlyn en Palmiet. Die sterk vermoede bestaan dat die afname in misdaad te danke is aan die teenwoordigheid van nagpatrollies deur jong vrywilligers wat met die polisie saamwerk. Die bestuur van Kleinmond Straatwag is van oortuiging dat die moontlikheid van ondersteuning van hierdie groep ernstig ondersoek moet word. Hulle sal nie die gemeenskap onbepaald op hierdie manier kan dien sonder daadwerklike hulp uit die gemeenskap nie. Die Bestuur werk reeds die afgelope twee weke aan die aanpassing van die KSWstrategie en wil sy lede en ander belangstellendes uit die gemeenskap volledig inlig oor wat alles in die vooruitsig gestel word om misdaad te voorkom en ook insette van hulle kry. Hiervoor sal daar ’n ope vergadering op 15 September van 10:00 tot 11:00 gehou word. Dieselfde vergadering sal die aand van 19:00 tot 20:00 herhaal word vir mense wat nie gedurende die werkdag beskikbaar is nie. Die plek

sal binnekort bekend gemaak word. Crime moved to Betty’s Bay last week as less crime was reported from Kleinmond. Most of the housebreaking took place in Proteadorp while theft of copper continued in Klein Berlyn and Palmiet. There is a strong indication that this decline is probably due to the presence of night patrols by young volunteers in co-operation with the police. Kleinmond Street Watch management is convinced that it needs to seriously consider the feasibility of providing support for these few volunteers who will not be able to continue serving the community in this way without help from the community. For the past two weeks KSW management has been working on proposals for adapting its strategy to deal with the rising crime rate. An open meeting will be held from 10:00 to 11:00 on 15 September to inform KSW members and others in the community about what is envisaged as well as to receive their feedback. The meeting will be repeated from 19:00 to 20:00 for those who may find it difficult to attend during working hours. The venue has still to be decided. Vic Brink & John Tanton

SMS jou mening 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!

Bladsy 5


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 6

DSTV konsternasie

Sluipslapers maak amok

(vervolg van bl 3) is a gated/registered retirement village. WP Strauss from Fynbos Senior Sentrum confirmed that it was gated/registered retirement village and it is on this basis that MultiChoice proceeded with the contract. This was done to speed up the application process and was subject to a physical inspection when our employee was in

Jacques Myburgh KLEINMOND – Inwoners is glo dik die josie in oor sluipslapers wat klaarblyklik erwe beset en vir die dorp ‘n slegte beeld skep. “Nou het ek alles gesien”, skryf ‘n bekommerde inwoner op Facebook. “As mens die dorp inkom van Hermanus se kant af hang daar jaarts op jaarts wasgoed aan die munisipale piekniek area se grensdrade.” Volgens die inwoner is daar ook sluipslapers wat hul wasgoed in plastiek-konkas by die braai area langs die lagoon was. Behalwe daarvoor, is daar ook verskeie oop erwe wat beset word deur dié dakloses. Een so ‘n alombekende geval is die oop erf langs Paljas meenthuiskompleks in 9de Laan. Volgens Chris Docking, wat Perazim gastehuis agter die oop erf besit, raas en rumoer die klomp so erg dat van sy kliënte al begin kla het. “Ek het een van hulle al betrap met haar broek op haar knieë. Toe ek haar weg jaag, het haar vriend my begin vloek en ‘n rassis genoem.” Volgens Docking het hy al ‘n vrou opgemerk met ‘n baba in ‘n stootwaentjie. “Twee mans was saam haar. Sy en die mans het die bosse in gestap om te

the area again. On visiting, he discovered that Fynbos is not a gated or registered village and that the residents live in the normal suburb of Kleinmond. Unfortunately due to the incorrect information supplied, this cannot be honoured. These stipulations are also made clear in the contract signed by WP Strauss.

suip of iets te doen en die kind al huilend daar gelos.” Toe die Herald die oop erf besoek was daar reeds ‘n hawelose man wat onder die skaduwees van ‘n boom ‘n dutjie gevang het. Die erf was besaai met leë goedkoop wynbottels en stukke glas. “Ek het verlede week Saterdag die polisie ontbied ná hulle kom partytjie hou het. Die polisie het hulle kom wegjaag maar na so 20 minute was hulle weer terug en het hulle die partytjie hervat”, sê Docking. Volgens Desmond Lakey, area bestuurder van die Overstrand Munisipaliteit op Kleinmond, is dit die eienaar se verantwoordelikheid om die erf te omhein, aangesien dit privaat grond is. “Die plek word as ‘n drinkplek gebruik en ons wetstoepassers tree gepas op tydens patrollies”, meen Lakey. “By die dagkamp word die bosslapers gereeld verwyder, maar keer hulle net weer terug. Die hek is ook al by geleentheid gesluit, maar hulle kry nog steeds toegang tot die perseel.” Lakey sê die wetstoepassers gee die versekering dat die aangeleentheid op ‘n daaglikse basis gemonitor word en dat dit onder beheer is.

Kanselleer jou Ambumed KLEINMOND – Inwoners wat getrou hulle Ambumed premie betaal met die indruk dat hulle toegang tot nooddienste het, is in vir ‘n skok. ‘n Bron het hierdie week die Herald in kennis gestel dat Ambumed ambulansdienste sowat 3 weke terug sy dienste finaal gestaak het. Volgens die bron is daar nog stééds inwoners op die dorp wat hulle maandelikse premie betaal al is die diens afgeskaf. “Ambumed het reeds al sy toerusting verkoop aan EMR (Kleinmond) en EMO (Strand)”, sê die bron. Dié nooddiens wat hoofsaaklik in Hermanus en Villiersdorp gestasioneer was, het volgens hulle Facebook-blad die

Overberg area gedek. Francois Horn, eienaar van Ambumed, het bevestig dat hy sy dienste gestaak het. “Sommige van ons toerusting het ons aan EMR verkoop maar ons ambulans en ander toerusting het ons aan ‘n privaat nooddiens in Durban verkoop. Daar is doodeenvoudig nie voete in die area nie en met so baie kompetisie is dit onmoontlik om kop bo water te hou”. Horn sê dat hy streng opdrag gegee het aan sy span om al die kliënte in te lig van die dienste wat gestaak is. “Indien daar nog mense is wat die premie betaal sal ek seker maak dat dit onmiddellik beëindig word”, sê hy.


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 7


Overstrand Herald

4 September 2014

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 8


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 9


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 10

Night of achievers 2014 HERMANUS - Mayor Nicolette Botha-Guthrie congratulated achievers of excellence at an event held on Tuesday, 26 August 2014. Awards presented included: The Mayoral Trophy for Environmental Conservation, the Woman/ Women of the Year and those for Achievers of Excellence. These awards are presented to individuals and organisations whose efforts make a difference in their communities and to the Environment around us. The event was attended by councillors, recipients of awards, municipal officials and members of the public.

BO: Stefné van Dyk (links) was die naaswenner vanjaar in die kategorie vir Vrou van die Jaar by die Munisipaliteit Overstrand se Toekenningsaand vanjaar met die Handevat-projek waarmee sy musikale talent op Kleinmond ontwikkel. Die wenner was Ena Geldenhuys (naaslinks), tuisversorger van siekes op Gansbaai, en Dinah Johnson (regs), ‘n afgetrede leerkrag wat haar steeds toewy aan onderwys op Hawston, was derde. Zaan Cilliers van Pikkewyntjies Pre-primêr op Bettysbaai en Corrie Gerber van die Siyabulela Pre-primêr op Kleinmond was ook onder die finaliste. By die wenners is Burgemeester Nicolette BothaGuthrie (naasregs).? Clayton Francis (centre) from Pringle Bay received recognition at the Overstrand Mayoral Awards Evening last week for his involement in community affairs. He was a leading light in formation of the Pringle Bay Community Volunteer Fire Fighters, initialy using his own equipment but through private fundraising a fully fledged pump was acquired for the local service. He is also actively involved in the anti-poaching unit and got the nickname “Bloedhond”. He strives to maintain corporation and co-ordination between law enforcement agencies. With him on the photo is Cllr Dudley Coetzee and Mayor Nicolette Botha-Guthrie.?

SMS jou mening - 072 113 9065

Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’se te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 11

Die Handevat-ensemble het ‘n Kleinmond-geur aan die Munisipaliteit Overstrand se Wennersaand verleen met ‘n puik tentoonstelling van hul talent. Nog Kleinmonders wat opgetree het, was die tenoor James Munnik en Isabella Wagener, wat hom begelei het. Raadslid Lisel Krige was seremoniemeester. ?

Patrollies nog op dreef KLEINMOND – Die jong manne wat saans die dorp se strate patrolleer is nog vuur en vlam op koers. Sowat twee weke terug het ‘n groep manne besluit hulle is keelvol vir die vlaag misdaad wat die dorp teister en besluit om saans die strate te patrolleer. Die groep staan die polisie by en rapporteer enige verdagte optrede. Volgens Ao. Jaco van Wyk, woordvoerder van Kleinmond polisiestasie, het die patrollies

‘n positiewe impak op die dorp se misdaad. Hy meen dat daar nog steeds ‘n toename in die aantal lede is en dat patrollies nog steeds elke aand geskiet. “Ons nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by die patrollies en om sodoende ‘n verskil te maak.” Indien enige iemand belangstel om betrokke te raak by die patrollies kan hulle Ao. Van Wyk by Kleinmond polisiestasie skakel by 028 271 8200.


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 12

Afriforum skenk boom KLEINMOND Afriforum het hierdie week ‘n boom aan Laerskool Kleinmond geskenk as deel van Nasionale Boomplantdag wat op 1 September gevier is. Hierdie skool is een van 5 wat Hawston insluit wat in die Overstrand gekies is om ‘n boom te kry. Die boom wat op Kleinmond geplant is, is ‘n Waterbessieboom. Hy

word tussen 6-16m hoog, is inheems en immergroen. Op die foto onder verskyn Gys Huisamen (hoof Laerskool Kleinmond), Elmarie van Dalen, Thomas van Dalen en Marianne Roussow van Afriforum en rdl. Phillip Appelgrein, by personeel en leerders van die skool tydens die oorhandiging van die boom.


Overstrand Herald

4 September 2014

Kleinmondklanke klink voort in Hermanus Dr Frikkie Strydom en sy vrou, Jeannette, wat vir 15 jaar as orrelis en koorleidster by die NG-kerk Kleinmond opgetree het, woon tans in Sandbaai en hanteer die orrelpos en kerkkoor in die NG gemeente Hermanus. Tydens sy indienstrede daar, in Maart 2013, was daar geen kerkkoor in die gemeente nie. Volgens hulle het hulle met baie genade van Bo ’n lojale en entoesiastiese kerkkoor opgebou wat vir die eerste keer in die kerk opgetree het met ’n ledetal van 9. Tans bestaan die koor uit 30 lede en die ondernemende egpaar het die stoute skoene aangetrek om die Overbergse kerkkorefees in hul nuwe gemeente te organiseer vir 7 September. Hulle voel baie positief oor die behoud van die kerkorrel en kerkkore en die korefees as sulks was vir jare ’n wonderlike saambindende geleentheid vir alle liefhebbers

van kerkmusiek. Vanjaar gaan ’n aantal van hul voormalige koorlede van Kleinmond saamsing in die massakoor. Die Kerkkore van Hermanus, Villiersdorp, Riviersonderend, Grabouw en die VGK van Mount Pleasant in Hermanus neem almal deel en die opgewondenheid is aansteeklik! Die Juniorkoor van die Laerskool Hermanus kom verhef ook hul stemmetjies en daar word van dwarsfluite en’n trompet gebruik gemaak om ekstra klank en kleur by te voeg. Die NG-gemeente, Hermanus is vanjaar 80 jaar oud en die Korefees vorm deel van die feestelikhede. Almal wat graag die geleentheid wil bywoon is besonder welkom. Die verrigtinge vind plaas in die NG Kerk Hermanus op 7 September om 17:00. Moenie die kans laat verbygaan nie!

Bladsy 13


Overstrand Herald

4 September 2014

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

Briewe

Jy sal altyd mense kry wat kla

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Spring has sprung! 1 September 2014 is waarlik in my boek ‘n geskiedkundige dag, want sover ek kan onthou, het dit nog altyd op hierdie dag gereën! Maar Maandag was so mooi, indien iemand ‘n bestelling wou insit, kon hy dit nie beter gekry het nie. Dus is ons nou (vir die volgende paar dae in elk geval) boots and all in die lente. Toe ek in ‘n vorige eeu op Stellenbosh lente gevier het, want studente kan tog (kon tog?) so baldadig lente vier, wou veral die eerstejaartjies tog hul mooi nuwe fleurige rokkies aantrek en met blommetjies in die hare klas toe gaan. Dan was dit gewoonlik koud en nat en die beteuterde ou meisietjies staan met blou beentjies en kaal skouertjies hoendervel in die gange rond. Liewer tog dood as uit die mode. Wanneer daar dan tog enkele heerlike sonnige dae aanbreek en blommeverkopers uit die Kaap studente kom verlei, dan het ek altyd freesias gekoop en my kamermaat, Annette, geel affodille. Dan het ons dikwels van Nemesia af in Mostertsdrif gaan stap en ons verlustig in die gul groene van die lente

Bladsy 14

en die geur van jasmyn op die aandwindjie. In die September van my tweedejaar was ek so verlief dat ek uit my oë nie kon sien nie. Op lentedag het die oorsaak van my kruis-oogigheid toe vir my ‘n paar Magrietjies en ‘n koeëllaer wat hy in die ingenieursklas gemaak het deur die venster kom aangee. Ag moeder, was ons nie almal eenmaal daar nie? Nie dat die kys so lank gehou het nie, maar darem een lentedag. Ek is nog steeds baie erg oor lente. Oor die blomme en baldadige groen van die natuur. Maar nou weet ek dit is net die begin van nuwe dinge vir die nuwe seisoen. Nou het ek darem al geleer dat die lente elke jaar die aanloop is na ‘n weer begin, ‘n kans om vooruit te gaan en opgewond te wees oor wat kom. Ek luister graag na al die bewegings in Vivaldi se “Lente” en ek verheug my daarin dat ek diep kan teug aan die vars nuwe asem wat die natuur oor die aarde uitblaas. En ek is innig dankbaar stuifmeel gee my nie hooikoors nie.

Moet sê groot was my verbasing oor Ontevrede Kliënt se brief in verlede week se Herald, want ek is een van hulle baie tevrede kliënte. Vriende van my het my na hulle verwys oor die goeie gehalte kos, vriendelike diens en billike pryse. Hoe lekker is dit nie om jou bestelling te plaas, gou jou ander inkopies te doen en dan jou vars gemaakte kos te kry oppad na jou motor toe. Waar kry jy nog ‘n plek waar jy kan sê hoe jy jou chips gebak wil hê en waar ‘n spyskaart na jou behoeftes aangepas word op ons ou dorpie. “Ontevrede Klient” moet volgende keer dalk net lees wat

die pryse is of vra hoe groot die porsies is want die personeel is baie vriendelik en hulpvaardig. Daar is ook buite ‘n bord met al die spesiale aanbiedinge - “LEES NET” want ek koop gereeld die 2 porsies hake en chips vir R35.00 en ek en manlief was nog nooit honger daarna nie. Ek hoop julle gaan nog lank in ons gemeenskap besigheid doen, onthou net jy sal altyd mense kry wat KLA, maar hou asb aan met julle goeie vriendelike diens en uitstekende kos. Julle is my gunsteling “take away” winkel. Sien julle beslis weer. Tevrede Klient - Kleinmond

Neem asseblief kennis…. Ek het vir die afgelope 4-5 jaar ingestaan om die bydraes te ontvang wat vir die wit verarmdes in Ruiterwacht in die Kaap bestem was. Die middelmannetjie in ons motorhuis het soms amper tot middellyf-hoogte volgestaan van swart en groen sakke, en kartonne, met klere, skoene, beddegoed, kombuisgoed, boeke, tydskrifte, strykplanke, en nog wat. Soms was dit tot groot ergernis van my man, maar dan het ek hom daaraan herinner dat ons in gemeenskap van goedere getroud is en die helfte van die motorhuis behoort dus aan my vir enige aktiwiteite. Weer vrede. Wanneer my halwe-motorhuis vol was, het ek ons vriende van Durbanville geskakel om hulle voor te berei vir die vrag wat op hulle wag, wanneer hulle weer hulle vakansiehuis in Kleinmond kom besoek – so elke twee maande. Hulle klein motortjie het dikwels boeppens gestaan….. Intussen het mev Bekker, die maatskaplike werker in Ruiterwacht, dikwels geskryf om almal te bedank vir hulle bydraes. Sy het dan ook gepleit

dat ons tog net nie moet ophou nie, want die nood bly ‘n bodemlose put daar. Ek vertrou dat almal wat al bygedra het ook die boodskap sal uitstuur na vriende en familie dat daar ‘n gawe afsetgebied is vir dit wat hulle klaar mee saamgelewe het – dat daar baie armmoedige mense is wat dit nog kan en wil gebruik, en baie dankbaar is daarvoor. Nou kan ek ongelukkig nie langer aanhou met die diens nie en was geseënd om ‘n baie goeie plaasvervanger te kry. Die egpaar het sowat 2 jaar gelede uit Gauteng hier aangekom en dadelik met goeie bydraes ingeval by die skema. Hulle is nou bereid om dit verder te voer. Ek sal dus baie bly wees indien u NOU kennis wil neem en notas wil maak van hulle huis-besonderhede sodat enige en alle bydraes in die toekoms by hulle afgelewer word. U word versoek om asseblief eers die egpaar te skakel, om sodoende toegang tot hulle perseel te verkry, aangesien hulle nie sulke regstaan-tafels op ‘n oop stoep het soos ek dit al die jare gehad het nie. Ek is (vervolg op bl 15)


Overstrand Herald

4 September 2014

Briewe (vervolg van bl 14) meneer Van Wyk baie dankbaar dat hy die nodige werk vorentoe sal neem. Besonderhede: Mnr Pieter van Wyk, Hardepeerstraat 25, Klein Berlyn, Kleinmond. Huis tel nr 028 271 3843; Selfoon 072.203.1799. Dis die huis met

die groot dadelboom voor. Ek wil my opregte waardering uitspreek aan ALMAL wat deur die afgelope paar jaar vir my so mildelik en met Christelike oortuiging gehelp het om die mense in nood te help. Baie Dankie. Marie Sweetnam.

Spesiaal vir jou Beste Mevrou, Wanneer jy hierdie brief lees gaan jy weet dat dit spesiaal aan jou gerig is. Onthou jy toe jy Vrydagmiddag 29 Augustus in die Boekwinkel ingekom het met ‘n sak oor jou arm, ons mekaar vriendelik gegroet het en jy toe na die boeke gekyk het. Ek het jou gelos, omdat ek weet wie jy is en dat ek jou tyd wou gun om rustig na die nuwe boeke te kyk. Die winkel het toe besig geraak alhoewel ek steeds bewus was van jou teenwoordigheid en jou bewegings. Na ‘n ruk het jy gegroet en die winkel verlaat. Ek het onmiddellik gesien dat twee van die boeke op die rak weg was. Ja mevrou, die een boek is Francois Smith se nuutste debuutroman, Kamphoer en die tweede een is ek nie seker

van nie. Ek wil jou mooi vra, Mevrou, dat ingeval jy dalk die twee boeke ingedagte in jou sak gesit en die winkel verlaat het sonder om daarvoor te betaal, om asseblief jou skuld van ongeveer R450.00 te kom vereffen. Andersins, Mevrou, moet ek jou ongelukkig vra om asseblief nooit weer die Boekwinkel te kom besoek nie, want jy sal nie welkom wees nie, want jy sien ek weet presies wie jy is maar ken ongelukkig nie jou naam nie. Jy was al op vele geleenthede in die winkel en ek sal jou herken wanneer en waar ons mekaar weer sal raakloop. Ek hoop die neem van die twee boeke het jou siel rustig gemaak. Groete,Nelia (Boekwinkel)

Thank you National Waterproofing I believe it is only right to give credit where credit is due and so I would like to mention the Company of NATIONAL WATERPROOFING in Gordons Bay. Our home was in a dreadful state from water leaking through the concrete of the upper deck and eventually the water was running down the inner walls into the bedrooms causing very bad damp problems, We tried very hard to get a quotation from a local business which took almost two months for them to even come to the house to assess the damage

and almost another month to get a quotation just for fixing the damp on the deck. In frustration, I gave up on them and am so glad I called another Company in Gordons Bay called National Waterproofing. What a difference in comparison as by the following day, we had a quote and within the same week work had commenced and was satisfactorily completed. We were so impressed with the thoroughness and knowledge that Pierre has of damp problems and the manner in which he and his team executed the work, we decided to use

them to paint the exterior of our home as the walls had also been extensively damaged from dampness. The result is amazing and the walls were properly treated before being painted and not purely paint slapped over the damage. We highly recommend Pierre Fourie of National Waterproof/ Painting and his team who were a pleasure to have on site and advise anyone wanting work of a high calibre carried out at their home that they should seriously

Bladsy 15 consider contacting Pierre before making any decisions in this regard. Should anyone wish to see the work carried out at our home, they are welcome to contact us on 0846575508 or contact Pierre direct on 0747380428 for a quotation. We also have photos available. A big thank you to Pierre and his team. Ken and Daphne Buckerfield 4th Avenue Kleinmond.

Dankie Laerskool Kleinmond! KLEINMOND - Op Lentedag het Laerskool Kleinmond se leerders speelgoed kom aflewer by Siyabulela Pre-Primêr. Die skool het vanjaar ‘n uitreik-aksie van stapel gestuur, waar die kinders gevra is om speelgoed te skenk aan minderbevoorregte kinders. Siyabulela se leerders was baie opgewonde met die

oorhandiging van die speelgoed en die kinders is verder bederf met lekkers. Baie dankie ook aan die vrygewige mamma wat boontjiesakkies vir Siyabulela gemaak het. Siyabulela se heheerliggaam en personeel waardeer jul goedgesindheid opreg en ons leerders geniet die speelgoed terdeë.Alta Cilliers

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 16

Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.

‘n Dag in die platteland www.overstrandherald.co.za

Hopelik sal daar ander wees wat met my saamstem. Dinge voel vir my lank nie meer plattelands hier in die Overstrand nie. Ja, dit is rustiger as in die stad en die lug is skoner, maar ons mense is in hul daaglikse bestaan en uitkyk op die lewe eintlik stedelinge. So byna twintig jaar gelede toe ons ons op Bettysbaai kom vestig het, het my vrou ‘n artikel vir die Sarie geskryf oor ander soos ons wat die lewe in die stede wou agter laat en ‘n kleindorpse bestaan kom voer. Die opskrif wat die redakteur gekies het, was Platteland by die See! Maar die stad het ons ingehaal! Die digitale era het ons lewens weer gejaagd gemaak. Ons word gedryf deur ons selfone en ons lewer graag slim kommentare op Facebook. Ons is gekonnekteer. Ons hoef nie meer koerant te koop nie, want alles wat ons wil weet is met die kliek van ‘n muis vir ons beskikbaar. Die adverteerders weet dit ook, blykbaar. Die koerante word by die dag dunner. Soms wonder ek of Die Burger sy honderdste verjaardag gaan haal. Versamelaars van efemeride, soos ek, kry deesdae nogal swaar. Omdat daar nie meer advertensies is wat as buffer dien nie, moet jy dikwels ‘n moeilike besluit neem oor

watter storie as ‘n knipsel in jou leer vir eietydse geskiedenis gaan eindig. Saterdag se keuse, byvoorbeeld, was tussen ‘n bra onvolledige grafiese uitbeelding van hoogtepunte op die weg van Naspers se 100ste algemene jaarvergadering en ‘n boeiende vertelling van Willem Pretorius oor die gevolge wat sy eksklusiewe onderhoud in 1987 met wyle Sir Richard Attenborough gehad het. Jammer, Willem, Naspers het gewen. Miskien omdat ek vies is oor jou standpunt dat Nkosi Sikelel’iAfrika die amptelike volkslied moet wees, maar dan moet ek ook vir Elsabé Zietsman kwaad wees en ek kan nie. Vir haar ken ek al van haar kieriebeentjiedae op Pietersburg af. Sy is soos familie en ons bly lief vir haar al gebeur ook wat! Die amptelike rede, Willem, is dat ek, as lekehistorikus nie dink Cry Freedom het so ‘n groot impak op ons volksgeheue gehad soos die maatskappy wat hom as draer van ons volksmening ingewortel het nie! Terug na my storie: dit kos ‘n lang rit met groen koring en geel canola weerskante, bloekombosse met heuningkaste hier en daar, ‘n gesprek met spontaan-vriendelike kel(vervolg op bl 15)


Overstrand Herald (vervolg van bl 14) nerinne van Kassiesbaai en ‘n afluistering van waaroor ware boere praat om weer die hartklop van die platteland te ervaar. Noem net die woord Swartwater op Arniston/Waenhuiskrans en jy hoor weer die eenvoud waarmee mense hul kan inleef wanneer ‘n groot projek op ‘n klein dorpie plaasvind. Het dié klomp nou nie die skouerskuurderry met die akteurs geniet nie. En weet jy wat daardie aardsboef Philip Steyn is ‘n heel ander mens as hy Dirk Stolz is. By die Kaapse Blommerykekspo hoor jy sommer dadelik wanneer dit ‘n plattelander is wat praat en hoe trots hy of sy is op die produk wat hulle aanbied. En moenie by die Van Brakelstoor verbyry nie. Gaan beleef weer ‘n ouwêreldse winkel waar alles oor die toonbank bedien is. Dalk is jy ook gelukkig dat daar ‘n paar boere of hul vroue instap om ‘n koppie koffie te kom drink. Dalk praat hulle steeds oor die ongelooflike oorwinning wat hul skool – Overberg – se eerste rugbyspan tydens die interskole op Hermanus behaal het. Die ander spanne het nie so goed gevaar nie, maar ‘n mens moet onthou dat Hermanus omtrent 400 meer leerders as Overberg het nie. Sal hulle nie moet kyk na meer gelyke kompetisie nie? Op die toonbank pryk ‘n boek in kleefplastiek toegedraai: Boskloof ‘n Overbergplaas deur Thys de Villiers. My belangstelling lei tot ‘n onthulling van hoe trots die plattelanders op hul erfenis is, hoe hulle teen elke prys vasklou aan familiegrond, al is dit nie in terme van hedendaagse vereistes ‘n ekonomiese eenheid nie. Kinders word aangemoedig om hulle in ander rigtings as boerdery te bekwaam, om ‘n bestaan as mediese dokters, prokureurs en onderwysers te maak, maar die band met hul geboortegrond word met trusts vasgemaak. Grond word verhuur, maar nie vervreem nie. Die tradisie van ‘n familienaam

4 September 2014 wat aan ‘n bepaalde stuk grond gekoppel is, gaan nog lank behoue bly. Ook ek word deur die passie van die vertelling geraak en vertrek met ‘n kopié in die hand. In die motor luister ons na Randall Wicomb se album Êrens is Jy, Afrikaanse liefdesgedigte wat deur hom getoonset is. Veral een van ID du Plessis tref diep: Ek wonder of jy soms, wanneer Die wolke soos galjoene seil, Dink aan die helder dae, toe ons Kon loop deur songedrenkte lande? Want niks was daar wat jou en my In daardie dae meer kon verbly As om te sien hoe, een vir een, Hul dryf oor goudgevlekte lande, Met skaduwees vir ankers Wat tastend oor die bosse sleep En nuwe bodems peil – Ek wonder, as die wolke seil, So voortgedryf deur frisse winde, Of jy nog aan dié dae dink, O welbeminde?

Bladsy 17


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 18

Fynbos, Manuel en Belia

Kleinmonders is hierdie week dubbeld deur Fynbos bederf, met twee skitterende stemme in ‘n konsert van “Sy en Satyn” Woensdagaand, asook met warm pannekoek en basaarkos Saterdagoggend. Albei geleenthede was duidelik uiters gewild en is baie goed ondersteun. Nie eens die kwaai reën en wind kon die 170 konsertgangers se entoesiasme demp vir die immergewilde Manuel Escorcio en die fluweelstem van Belia Lourens nie. Met sy ligte en gemaklike vertel trant het die gehoor uit Manuel se hand geëet, saam gesing en op al sy kwinkslae gereageer. Hy het gereeld in die gehoor in beweeg en selfs een van die aanvallige dames in die voorste ry die hofgemaak, tot groot vermaak van res van die gehoor. Ook sy hartseer oomblikke het

hy met die gehoor gedeel, soos met die sing van Ollie Viljoen se Hantamberge, en Lance James se Tienduisend Trane. Hierna het Belia ook op die verhoog verskyn en vertel van hoe sy reeds van haar kinderdae af wou sing. Sy het geoefen het met die rotse as haar verhoog en die seevoëls as die gehoor. Die suiwer tone van haar klassieke juweel “Jerusalem” en die hartseer tone van “Wishing you were somehow here again”, het groot byval gevind. Na pouse het die twee sangers

verskeie duette gelewer, met foutlose ritme en stemme wat satynglad saamgevloei het. Hul finale item, die romantiese “True Love” uit die film “High Society”, wat die eerste keer gesing is deur Bing Crosby en die onvergeetlike Grace Kelly, later prinses van Monaco, het die gehoor besonder bekoor. Manuel se afskeidswoorde aan die gehoor weerspieël sy onblusbare energie en terglustigheid: “Ek is van Pretoria maar ek skree nie vir die Blou Bulle nie!” Belia is weer besonder geheg aan Kleinmond, omdat twee van haar susters hier woon. Fynbos se basaar Saterdag oggend was net so gewild. Veertien emmers beslag is vooraf aangemaak en meer as 1000 pannekoeke is deur ywerige vrywilligers gebak. Verder was daar heelwat ander produkte van brei- en eetgoed,

soos koek en beskuit, ander lekkernye, kos soos kerrie en rys, vars groente, koffie en tee, tot by regtebasaarpoeding. Besoekers het gesellig by tafels gesit en kuier terwyl daar buite gebraai is. Die pryswenner orkes by die onlangse Overbergse Eisteddfod, die Handevat Marimbagroep, het saam met hulle afrigter, die bekende Stefne van Dyk, die atmosfeer deurentyd lewendig gehou met hulle op en wakker klanke. Agter die skerms is dit die fyn beplanning, organisering en ekstra ure van die Fynbossentrum se bestuurspan Melanie Wiles (Bestuurder), Averyl Pepper (Administrasie en boekhouding), en Christo Kok (voorsitter van die beheerraad) wat die wiele hierdie week so glad laat rol het saam met die Fynbos-vrywilligers en die res van die Kleinmonders se ondersteuning. (Ria Burrows)


Overstrand Herald

4 September 2014

Briewe

Kleinmond: under-resourced and under-maintained The last week of August was not a good one for residents of Kleinmond. On one day alone we had a breakdown of radio reception for several hours, as well as another burst water pipe, which of course resulted in dry taps – and dry mouths! There was also an unscheduled power failure, which fortunately lasted only a few hours and which obviously caused a great deal of inconvenience to all. But of particular annoyance and frustration to most residents who do not have DSTV was the complete loss of TV reception covering channels 1,2,3 and eTV. Repeated calls to Sentech – phone no. 0215253600 – since Wednesday 28th August have yet to produce reception on all above mentioned channels. To date, channels 1,2 and eTV have been restored by Friday, but as I write on Monday 1st September there is still no signal on TV3, and I have been informed by Sentech that they have had to order from Johannesburg branch the required parts to repair the damage to channel 1 and 3. Having said all this, and having endured a particular frustrating week or so, it has become clear that Kleinmond, in particular, is under-resourced and under-maintained. The latest restriction of only two septic tank pumpings per month, and the heavy penalty for any subsequent monthly pump is especially hard for any

large family and others whose usage requires a third, or even a fourth, monthly vacuum tanker service. Here, in Kleinmond, I believe we are down to only two such serviceable tankers, hence the need to give the sewerage department ample prior notice, otherwise your tank could overflow during the delay. THE WHOLE SEWERAGE SYSTEM IS A MESS!! Kleinmond and surrounds need to have a total water-borne sewerage system; this will cost many millions of rand. Imagine the chaos in say, the next ten years that Kleinmond will have grown in size but still on this outdated system. I am reliably informed by a senior Overstrand official that no forward, strategic planning or budgeting exist to put waterborne sewerage in this area. This is a total disgrace and a damning indictment on the DAled Overstrand Municipality. We, as ratepayers should take collective action to demand that in the very near future this problem is addressed, failing which by 2024, we will all be in the ‘cactus’! I understand that council is currently reviewing and revoking the restriction of limiting the tanker services to just two per month. We would all like to hear from the financial planning department just what they intend to do about our water and sewerage problem. We want facts and figures – not empty promises. M Ferreira

SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!

Bladsy 19


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 20

Só lyk die Kindersorg span Ilna Grobler KLEINMOND - Almal hoor altyd van Kindersorg, maar van die gesigte van die mense wat die wa se wiele op die spoor hou, weet ons maar min. Die eerste gesig wat mens gewoonlik sien wanneer jy die kantoor binnekom, is dié van Sherridan Goliath, die vriendelike administratiewe beampte. This lady, Sheridan Goliath, who is the administrative officer at the Child Welfare Office, is always very friendly and knows who to refer to whom when a member of the public enters with a problem. Johanna Samuels is al meer as 20 jaar by Kindersorg waar sy van klerk gevorder het tot hulp-maatskaplike werker en hanteer dikwels die kliënte wat met probleme instap. Besides Johanna Samuels who is often the first stop for clients to Child Welfare, there are two social workers. Sandra van Schalkwyk is the senior social worker and supervisor at the office and Esmien van Zyl is the other social worker.Ntombekhaya Sigidi is the community developer in the office with Tony Wiles as bookkeeper/treasurer. “We are all here for the WHOLE community”, says Sandra. Hoewel die naam van die vereniging Kindersorg is, bedien hulle oud en jonk. Hulle probeer om meer spesifiek aandag aan kinders en hul probleme te gee, sê Sandra. Onder van

Op die foto verskyn voor: Sandra, Johanna en Esmien, terwyl Sheridan, Tony en Ntombekhaya agter staan. die probleme waarmee hulle onder die jeug te kampe het, is drank- en dwelmmisbruik, kinders wat uit die skool dros en tienerswangerskappe. Daar is ook gereeld klagtes oor kinders wat gedragsprobleme toon, maar die maatskaplike werkers se hande is afgekap, omdat die volwassenes wat toesig het oor die kinders weier of versuim op klagtes by die polisie te lê. Dit lei daartoe dat sulke kinders nie vir hul eie of die gemeenskap se beswil, uit die gemeenskap verwyder kan word nie.

Soos by die meeste organisasies, bestaan daar altyd ‘n tekort aan fondse. ‘n Groot probleem is dat behoefte onder die mense nie ophou nie, maar eerder groter word. Dikwels kom inwoners in uiterste nood om hulp aanklop en dan moet daar ernstig gesoek word om die nodige middelle te probeer bymekaar skraap. Die kantoor sal dit hoog op prys stel indien mense produkte soos blikkieskos wat gehou kan word, kan skenk, sodat kospakkies opgemaak kan word om uit te deel in noodgevalle. Skoolklere is ook iets waaraan daar altyd ‘n behoefte is. The office are in dire need of homes which could be registered as places of safety for occassions when children have to be removed from their present surroundings. Such homes are needed for children of all races. Daar kom gemiddeld 120

pare voete per week deur die deure van Kindersorg van mense wat hulp van die een of ander aard benodig. Dit sluit enigiets van huweliksberading, gesinsberading, ouerleiding, drankverslawing en nog meer in. Bejaardesorg raak ook ‘n groterwordende probleem, aangesien bejaardes ook op ons dorp mishandel, uitgebuit of verwaarloos word. Benewens gevalle wat instap, is daar ‘n groot hoeveelheid mense aan wie gereelde tuisbesoeke gebring moet word. Die Kindersorgkantoor wil graag gedurende vakansies programme aanbied, maar weer een is daar nie geld of personeel voor nie. Inwoners wat kans sien om as vrywilligers op te tree en kinders te help, kan die kantoor gerus tydens kantoor-ure op 028 271 4044 skakel.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 21

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 22

www.overstrandherald.co.za

Sarie Alberts (sittend) van die Jan Kriel skool en Alae Rootman, skakel beampte van die Jan Kriel Instituut.

“Gee ‘n kind ‘n kans” KLEINMOND - Opgewonde lede en talle gaste by die VLV se Augustus maand-vergadering was gretig om meer te weet en hulle grense te verskuif oor die Jan Kriel skool in Kuilsrivier. Almal het aandagtig geluister na Sarie Alberts, die hoof-spreker van die middag wat hulle kennis en begrip oor die skool uitgebrei het. Sarie is al 27 jaar betrokke is by die skool. Sy is ‘n toegewyde persoon wat haar passie vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes by Jan Kriel uitleef. Sarie het die besondere vermoë om ingewikkelde konsepte en emosionele inligting maklik en doeltreffend te kommunikeer. Hierdie spesiale skool bestaan al 78 jaar en is die vlagskip van alle spesiale skole in ons land. Die skool is begin deur ds. Kriel en sy vrou wie se kind, Jan aan epilepsie gely het. Vandag is die Jan Kriel ‘n volwaardige skool met sowat 566 leerders en is hoog geag in onderwyskringe. Jan Kriel skool word erken as ‘n toonaangewende skool in spesiale onderwys. In 2012 het

die matrieks met ‘n 100% slaagsyfers gespog. Die leerders skryf die selfde matriek eksamen as die hoofstroom skole, maar in sekere gevalle, is daar konsessies wat toegelaat word. Die skool het hoogs gespesialiseerde personeel soos byvoorbeeld spraak-terapeute wat sorg dat die kinders taal begrip het en daar word ekstra aandag gegee aan die ontwikkeling van sosiale en emosionele vaardighede. Die tipiese profiel van die Jan Kriel skoolleerder is dat die leerder ‘n hoe vlak van behoefte aan ondersteuning het, wat die hoofstroom-skole nie kan bied nie. Daar is kleiner klasse en ook ‘n verpleegster wat medikasie monitor. Baie kinders word na die Jan Kriel skool gestuur as gevolg van sport, motor of dergelike ongelukke. Sulke kinders het die spesiale onderwys/ondersteuning nodig wat wel aangebied word by die Jan Kriel skool. Tans is mnr. M. Burger die skoolhoof. Die skool se tema vir die jaar is om kennis op alle lewensterreine op te skerp en te verbeter. Die leuse op die


Overstrand Herald skoolwapen is “Ons bou” en die skool se slagspreuk is “Gee ‘n kind ‘n kans.” Soos altyd is hierdie ‘n opsomming van die middag se interessante en verrykende praatjie. Vir meer inligting oor die Jan Kriel skool, of Jan Kriel Instituut, kontak die skool direk of die VLV Kleinmond. Juanine Hechter en haar groepie ballet-dansers het die VLV dames en gaste verras met hulle vertolking van klassieke en moderne ballet. Marina Leeb sluit aan as nuwe VLVlid. Die Here se voorspoed en seën is aan VLV-lid Collie Johnson oorgedra wat verhuis en Kleinmond verlaat. Baie dankie aan Melean Weyers en die Opvoeding portefeulje vir ‘n skitterende middag. (Berig en fotos Alice van Rooyen)

4 September 2014

Bladsy 23

Op die foto met hulle verjaarsdagkoekies is voor, vlnr. Sarie Mommsen (Bredasdorp), Rienie Ludick (Gansbaai), Secunda Maritz (Hermanus), en Ninnie du Toit (Kleinmond) met Johlene Viljoen (Villiersdorp) en Annatjie Liebenberg (sirkelsekretaresse/tesourier) wat agter hulle staan.

85 Kersies vir VLV-Kaapland Die 85ste bestaansjaar van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland is tydens die organisasie se jaarkongres in Upington op elke moontlike manier gevier, maar hoogtepunte was beslis die feeskonsert en die feesdinee waartydens hoofbestuurslede en afgevaardigdes 85 kersies aangesteek het. Daarna het elke gas ook die kersie op ‘n klein verjaarsdagkoekie aangesteek en die saal van Hoërskool Duineveld in ‘n sprokieswêreld van liggies, rose, kristal en silwer omskep. Sewentien VLV-lede uit sirkel Overberg het die kongres bygewoon – sirkelpresident Hermien van Zyl en takvoorsitter Ninnie du Toit het Kleinmond verteenwoordig. Hulle kon verlede week met die maandvergadering trots kom verslag doen van die suksesse wat deur sirkel Overberg by Kongres behaal is. ‘n Splinternuwe trofee is bekendgestel vir die sirkel wat die meeste punte behaal in die naaldwerkafdeling (borduur, hekel-, brei-, masjienwerk, ens) en sirkel Overberg was die eerste ontvanger daarvan.

Kleinmond het beslis hulle deel bygedra met goeie punte wat behaal is: Hermien van Zyl het ‘n tweede plek in die brei-afdeling behaal en Ninnie du Toit ‘n vyfde plek vir haar borduurwerk, benewens haar goeie punte ook in knoop- en hekelwerk. Die twee pryswennerartikels word saam met die ander naaldwerkartikels wat pryse verower het, vir ‘n jaar lank in die VLV se Tekstielmuseum in Jubileumhuis in Stellenbosch uitgestal. Daarby het sirkel Overberg ook die Callie Liebenberg-trofee verower vir die sirkel met die mees konstante ledetal oor die afgelope ses jaar. In ‘n tyd wat alle organisasies se ledetalle daal, is dit geen geringe prestasie nie. Bykomend kon die Overbergers ook goeie reklame maak vir die herdenkingsblikkie wat hierdie week deur die sirkel uitgebring word om die organisasie se 85ste bestaansjaar te gedenk. Belangstellendes/versamelaars kan die voorsitter kontak indien hulle daarvan wil aankoop. Die tema van Kongres was VROUE MET VISIE, en sprekers van formaat het hierby

aangesluit. Dawie Roodt, bekende ekonoom, beskou die opleiding van dogters as ‘n voorvereiste vir ‘n gesonde samelewing, met Johannes Möller, president van Agri SA, wat hierby aansluit en veral die opheffing van die landelike vrou bepleit. Herman Lensing, kosredakteur van SARIE, sê die vrou met visie kook onthoukos en Riana Scheepers, bekroonde skrywer, beskou die insig en vermoë om te luister van diè vrou as haar grootste bate. Dr.Carl Albrecht van KANSA sê ons moet canola-olie gebruik, broccoli en mieliepap eet en met borrie geur, dan klop ons die groot K, terwyl Christine Ferreira

, redakteur van LÈÈF, vroue aanmoedig om hul uniekheid te vier. Mev Erika Lubbe, VLVKpresident vir nege jaar het uitgetree. Die nuutverkose VLVK-president is Karien van Schalkwyk (nèè De Kock), oudOverberger van Napier, wat op Calvinia gaan skoolhou het en daar getroud is. Sy lei vir VLVK ‘n nuwe tydvak in. 80% van die lede is rekenaargeletterd, die webwerf en die takke se Facebookblaaie is baie gewild en kinders oorsee verplig ons om nuwe vaardighede te bemeester. Maar VLV is gerat vir nuwe uitdagings en kan net vorentoe gaan.


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 24

SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!

Kwiltwenner getrek KLEINMOND - Die Lieflappers het Donderdag die pragtige kwilt waarvoor looitjies verkoop is, na die Herald se kantoor gebring. Redakteur Gerard Grobler het toe ‘n nommer gekies en dit

was 243 wat deur Karel van Rensburg gekoop is. Hier bo staan lede van die lieflappers, Julie Grové, Gwen Coetzee (voorsitter) en Susan Engelbrecht met die pragtige kwilt by Grobler.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 25


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 26

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014 van indringerplante, kry hy ook interessante hout om mee te werk. “Neem nou maar die manatoka-boom, wat eintlik lewe van doodgaan. Hy lyk morsdood en skielik kry hy weer ’n nuwe loot. Maar die ou hout het die interessantste patrone as mens hom gladmaak en poleer. Dan is daar die proteahout met sy mooi krulle, waarvan mens beelde soos ‘verstrengeling’ of ‘houtlinte’ kan maak. “Hoewel ek hoofsaaklik met inheemse hout werk, voel ek as ek met die hout van indringerplante

Koos Marais by ’n paar van sy beelde wat nou by Allerlei uitgestal word.

Besonderse beeldhouwerk nou by Allerlei KLEINMOND - Allerlei se kunsmark-afdeling vir plaaslike kunstenaars en knutselaars (crafters) trek al hoe meer interessante uitstallers. Die afgelope week het beeldhouer Koos Marais van sy besonderse houtbeelde ingebring. Daarin benut hy die natuurlike gewring en gewroeg van die hout soos die boom gebeur het om sy stukkie son en lug te kry. “Ek was van kleins af gefassineer met die tekstuur, kleur, geur en grille van hout. Op ons plaas Spreeukloof in die Somerset-Oos-distrik kon ons na hartelus rondspeel tussen ’n groot verskeidenheid pragtige inheemse boomsoorte: geelhout, wit- en rooipeer, perdepram, olienhout, nieshout, boekenhout, ysterhout, klipels – om maar net ’n paar te noem. “Dis egter eers na my aftrede uit die onderwys in 1997 dat ek werklik aktief met die hout begin werk het,” vertel hy. Koos het al by ’n paar galerye uitgestal en het ook ’n stalletjie

by die KKNK gehad. “Ek kry oral idees vir die beeldhouwerk, en het baie inspirasie gekry deur die werk van die Britse beeldhouer, Henry Moore. As lid van die plaaslike bestryderspan

Bladsy 27 werk, doen ek darem op ’n ompadmanier ook my deel met die bestryding van pestilensies,” glimlag hy. Nog ’n vernuftige houtwerker wat nuut in Allerlei is, is Frantz Puchert, wat weer meer konsentreer op houtlegkaarte, speletjies en die mooiste houtkarre – ewe goed vir pa se versameling of vir Kleinboet om mee te speel. Kom loer gerus in by Allerlei in Tweedestraat om al die plaaslike mense se handwerk te geniet. Kobie Coetzee


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 28


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 29


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 30


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 31

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014

DAGBOEK

5 & 6 September: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249.

Bladsy 32

BUKSIES

Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Ondersteuningsgroep vir depressielyers ontmoet elke Vrydag. Kontak Corrie by 0848775356/0282713865 en kom sluit gerus by ons aan. 6 September: TRU-CAPE Kogelberg challenge: Start at Community Hall, Pringle Bay. 21km starts at 07:30am – R50,00. 10km starts at 10:30 – R40,00. 15km trail run starts at 10:40 – R120,00. 5km fun run starts at 12:00 – R20,00. Contact Sandy Keizerwaard: e-mail: sandykei@sonicmail.co.za

9 September: Alzheimer/Dimensie. Belangstellendes en/of versorgers word uitgenooi na ‘n ondersteuningsgroep om 10:00 by Gerimed Kogelpark. Die onderwerp, Waarom ‘n ondersteuningsgroep?, word deur Erna Nissen hanteer. Kontak Madeleine 0829403003 vir enige navrae.

GESOEK/ WANTED

Pool motor. Phone 072 282 9096 Cynthia is looking for domestic word for two days a week. She has a reference at 028 273 8439. Her number is 082 206 9079. Candies is looking for a room or flat to rent. Phone 078 429 0192.

12 September: (VGK Debutante Dinee met Philidelphians-gospel groep as gassangers). Debbie Hull 083 529 7265

Lucia is looking for work, either as kitchen assistant, domestic or care-giver/ nurse. Phone 079 734 6961.

12 September: Kogelpark lentekonsert om 15:00 by die Tobie Erasmussaal. Kaartjies R20 by die deur. Verversings ingesluit.

Zandile is looking for work everyday of the week. Phone 071 752 6523.

16 September: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:00 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345.

Patricia is looking for a job for everyday of the week. Phone 078 232 1666. Reference 076 509 5151

16 tot 19 September: Die biblioteek hou ‘n tweedehandse boekverkope in die biblioteeksaal.

Nonkozi is looking for work as home-based carer any day or night. Phone 078 267 1310/ 072 509 1778.

16 Augustus: Fynbos Dienssentrum Algemene Jaar- en Gemeenskapsvergardering om 10:00 om nuwe bouplanne vir Fynbos Park bekend te stel. / Fynbos Senior Centre Annual General and Community Meeting at 10:00 to discuss the new bulding plans for Fynbos Park.

Netjiese Dubbeldeur Staalkabinette of Dubbeldeur Staal Skryfbehoeftekaste in netjiese toestand dringend gesoek vir Koop. Asseblief geen kansvatters of mal pryse nie. Kontak dringend by 072 481 0658.

18 september: Theme: “Wine and music evening” presented by friends of the hangklip library. Talk on wine & beer making by marius malan; music with Stefné van Dyk & the Handevat Marimbas! Wine & snacks provided. Bring your own if you wish. Raffle! Lucky draw! Time: 18:30 for 19:00. Venue: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay. Tickets: R60 pp. Contact: Lezette 082 398 3446

Health walker met handvatsels. R100. Skakel 028 271 4330/ 072 387 6030

30 September: Kleinmond Kiekie Klub. Tema Ope. Drie beelde per outeur van sy eie keuse. Aanbieding: Vic Brink se besoek aan die Himalaya Gebergtes.

Margaret soek werk as huishulp enige dag van die week. Skakel 078 356 9602.

FOR SALE/ TE KOOP

Mansbergfiets. R400. Skakel 061 635 0199 Embuia babakot. Dubbelbedmatras. Skakel 072 203 1799. Klein TV R300. Damesfiets. R400. Klein tafel R250. Skakel 028 271 3496/ 082 579 2580. Hout (Blackwattle en bloekom). Skakel 079 592 3074 / 079 974 9903 Drie palmboompies in pot. R100 elk. Embuia Halmaantafeltjies. Skakel 083 419 4544/ 028 272 9434.


Overstrand Herald

4 September 2014

Kiekieklub byeenkoms

Nico Jacobs met blommetjies

Weskus

Die tema ‘Trubeligting / Backlighting het weereens baie interessante beelde opgelewer. Die spesiale effek van trubeligting bied `n nuwe dimensie aan tonele wat andersins maar net `n gewone beeld sou wees. Ons fotograwe het heel goed daarin geslaag om die tegniek te bemeester. Spesiale vermeldings aan Alex Boonzaaier - Fynbos; Nico Jacobs - Boom by Valle; Anita du Toit - Kosmos ; Gehardt v Helsdingen -Grassade. In die derde plek Alex Boonzaaier met Portret van dame, tweede Vic Brink met Volstruis en in die eerste plek Nico Jacobs met Weskus blommetjies. Die aanbieding van die aand is gelewer deur Thys Blom wat `n video program saamgestel het oor die blomme van Namakwaland. Hy het ook baie moeite gedoen om die name van al die plante by te voeg en dit sodoende `n heel leersame ervaring te maak. Baie dankie aan Thys. Die tema vir September is ope afdeling. Fotograwe kan dus enige 3 beelde van hulle keuse inskryf vir beoordeling.

Die aanbieding vir die aand is deur Vic Brink, `n stapper van formaat, wat vir ons beelde gaan vertoon van sy belewenis van die Himalaya Gebergtes in die Ooste. Besoekers is baie welkom om die aand by te woon. Kontak Gerhard van Helsdingen 028 271 5920 \ 083 306 9332 \ gerhalta@tiscali.co.za vir enige inligting aangaande die Kiekieklub.

Bladsy 33

BUKSIES

Phaff baby-lock omkapmasjien. Skakel 082 493 3926 Antieke hout kano. R800. Skakel 076 204 4426

Cliviaplante (boslelies) in blom te koop. Verskillende kleure. Skakel 084 549 3532. Winkeltoonbank 0,75m x 2,25m R500. Ronde glasblad tafel met drie stoele R350. Skakel 082 563 9050 Sitkamergordyne te koop. Skakel 083 273 7007. Wooden office chair R200. Chemical toilet. R200. Sinkers R25 per 100. Phone 028 271 5724/ 082 707 2307 Ougoud, dun, ongevoerde gordyne met reling (2,5m) puik toestand. R160. His Master’s Voice 78 spoed plate albums (10) puik toestand. R200. Skakel 078 624 8754 Swart platboom ysterpot sowel as driebeen ysterpot nr 2. Pioneer equalizer. Skakel 083 653 6574. Kruiwa in goeie toestand. R400. Skakel 028 271 4599 L-shape stainless steel table / Stainless steel hotdag stand with bain marie/ Steel trolley for baked goods. Phone 061 444 2611 “Oak’ slaapkamerstel R2500, Dubbelbed & Matras R1000. TV R300, Whirlpool Yskas/Vrieskas R1500. Phone 082 772 9218

Vic Brink met Volstruis

Alex Boonzaaier met Portret van dame


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 34

Laerskool kleinmond sportdag


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 35

Kleinmond golf results Wednesday 27/08/2014 no golf due to all the rain!! Friday 29/08/2014 Sundowner 2nd 9 Holes 37 players 1) L Morkel 25 Points 2) K Geldenhuys 24 Points 3) J Du Toit 23 Points 4) M J Blom 22 Points 5) D B Rossouw 22 Points Saturday 30/08/2014 4 B Stableford 6x6x6. 67 players 1) S Burger & E Whitehead 80 Points 2) N Rossouw & DB Rossouw 77 Points 3) J and K Van Der Merwe 77 Points Monthly R500.00 Meat Voucher won by J Du Toit S. Burger, F. Eagar(Capt), E. Whitehead

Goeie nuus: Munisipaliteit gee bes oor riool Gerard Grobler KLEINMOND – Na ‘n stortvloed kritiek en klagtes deur belastingbetalers het die Overstrand munisipaliteit nou besluit om sy nuwe beleid rakende die pomp van riool te laat vaar. Die Herald het vroeër vanjaar die aandag gevestig op dié nuwe beleid wat byna ongesiens op 1 Julie in werking getree het. Dit het onder meer behels dat inwoners net twee keer per maand gratis sou kom pomp. Vir elke bykomende pompslag sou hulle byna R500 moes opdok. Die munisipaliteit het dié reëling nou laat vaar en inwoners kan weer soos voorheen met ‘n geruste hart die tenkwa binne kantoorure laat kom sonder enige bykomende koste. Raadslid Phillip Appelgrein het aan die Herald gesê dit beteken egter nie dat mense die stelsel moet misbruik nie. Hy sê daar is sowat 400 mense regoor die Overstrand wat dit tans doen. Sommige van hulle laat die

tenkwa glo 6 of 7 keer per maand kom. Dit, sê Appelgrein, is onaanvaarbaar. Hierdie persele gaan deur inspeksies geteiken word en die skuldiges moet plan maak om hul tenks te herstel. Hy sê die munisipaliteit se vloot tenkwaens op Kleinmond is oud en sukkel om vol te hou. Appelgrein sê daar is in die huidige finansiële begroot om nog ‘n tenkwa aan te koop. Appelgrein het ook vandeesweek goeie nuus gehad met betrekking tot die onderhoud aan strate in die Hangklip/ Kleinmond gebied. Volgens hom is daar reeds begin met die herseël en in sommige gevalle rehabiliteer van talle strate. In totaal gaan byna ses kilometer se strate herseël of rehabiliteer word teen ‘n koste van bykans R6m. Dis in die meeste gevalle net dele van strate wat herstel gaan word. Die projek sluit strate op Kleinmond, Bettysbaai en Pringlebaai in. Nog is dit einde niet aan al die goeie nuus nie. Appelgrein

sê daar is besluit om ook die bruggie oor die strandmeer te herstel. Dit sal nie verleng word nie, maar minstens veiliger gemaak word. Die projek is sedert 2008 op die begroting, maar moes telkens plek maak vir ander prioriteite. ‘n Ander groot projek waaraan tans gewerk word is die vervanging van koper watermeters met meters van plastiek. Appelgrein sê hulle was aanvanklik van plan

om in Heuningkloof met die vervanging van die meters te begin, maar het op aanbeveling van die straatwag se Vic Brink besluit om eerder in Palmiet af te skop waar daar ‘n groter probleem met diefstal van dié meters is. Volgens Appelgrein sal meters wat agter mure en heinings is, teen geen koste na sypaadjies verskuif word. Die munisipaliteit het ook onlangs begin met die vervanging van waterpype in

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 36

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950

NG KERK: 31 AUGUSTUS 2014 09:30 Kerkgebou Ds. Daan Botha 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Nico Rabe 09:00 Kerksaal Ds. Barry Lordan

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30 Dr Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier


Overstrand Herald

4 September 2014

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 37


Overstrand Herald

4 September 2014

Bladsy 38

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

4 September 2014

www.overstrandherald.co.za

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 39


Bowls News Three Club members, namely, Roland Tarr, Peter Davidson & Cor Jansen van Vuuren, recently (and successfully) completed a Markers Course, held at Hermanus Bowling Club. The candidates were put through their paces by Pieter Linde, Deon Krige, (Hermanus) and our own Edith van der Westhuizen, who assisted with the practical section of the course. All three achieved 100 % in their practical exam. Congratulations to you all! Club members are reminded of Sunday Bowls on 7 September at 11:00. The day will conclude with a Bring & Braai. A Special General Meeting will be held on Monday 8 September at 17h30. It looks as if Spring has finally sprung. We are hoping to start playing 3 times a week, so dust off your bowls equipment & enjoy the sunshine! Kitty.

(l.n.r) Roland Tarr, Cor Jansen van Vuuren (President), Peter Davidson & Edith van der Westhuizen(Umpire)

The cricket season has started with good and bad The second team lost to Botriver on a pitch not conducive to any form of cricket. The star performers on the day were Juan van Rooyen (Capt) 25 and Nicky Van der Bank with 18 not out. Our first team had a better outing against Edgemead. Sent in to bat first the visitors scored a very competitive 179 in their 40 overs. Unfortunately they weren’t ready for the Divan de Wit and Nico Geldenhuis show. Divan blasted a 103 from only 45 balls and Nico continued the bludgeoning with 23 from 9 balls. Kleinmond reached the total in a mere 19 overs. In the bowling department it was Christian Jordaan who shone with 3 wickets. This coming weekend sees the start of the Sunday league with the Grabouw Waterboys visiting us. The game starts at 10:00. All supporters are welcome. (Reno Botes)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.