Bettysbaai inbrake ruk nou hand uit
WWF wil Kleinmond ‘n voorbeeld vir die res van Suid-Afrika maak
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 2
WWF wil Kleinmond ‘n voorbeeld vir die res van Suid-Afrika maak Gerard Grobler HERMANUS – Die WWF (World Wildlife Fund) gaan binnekort begin met die implementering van ‘n aksieplan om die klein vissersgemeenskap van Kleinmond meer volhoubaar te probeer maak. Die WWF se Mkhululi Silandela het Dinsdagaand tydens ‘n voorligtingsvergadering van Whale Coast Conservation op Hermanus gesê hulle beplan om hopelik nog vandeesmaand ‘n vroue-koöperatief op die been te bring as ‘n eerste stap van dié aksieplan. Tans word feitlik alle vis wat in Kleinmond se hawe geland word, weggery na hoofsaaklik Kaapstad en plaaslike restaurante moet vis vanaf Kaapstad inkoop. Silandela het gesê die gedagte is dat die vroue-koöperatief vis by die plaaslike vissermanne aankoop en dit dan aan plaaslike restaurante lewer. Volgens hom is daar reeds met van die plaaslike restaurante gepraat en hoop hulle om die projek in Augustus amptelik van stapel te stuur. In die tweede fase van die projek, het hy gesê, hoop hulle om ‘n plaaslike vismark op die
been te bring. Silandela het gesê die loodsprojek op Kleinmond is deel van ‘n groter plan om die sowat 100 000 bestaansvissers langs die Suid-Afrikaanse kus van ‘n volhoubare toekoms te verseker en terselfdertyd mariene hulpbronne te bewaar en beter te bestuur. Hy het gesê die gedagte is om die Kleinmond projek as leerkurwe te gebruik en die projek dan uit te brei na ander vissersgemeenskappe. Volgens Silandela het die projek traag afgeskop, maar die WWF beoog nou om ‘n voltydse projekbeampte op Kleinmond aan te stel en ‘n kantoor hier te vestig. Hy het gesê daar is tans tussen 80 en ‘n 100 bestaansvissers op Kleinmond. Die gedagte is om ook koöperatiewe op Bettysbaai en Pringlebaai te vestig. Hy het gesê die idee is om alle moontlike rolspelers te betrek. Dit sluit seevisserye, die polisie, die munisipaliteit, Cape Nature, Seawatch, restaurante en selfs winkelgroepe in. Slegs as almal saamwerk, het hy gesê, kan die gebied se mariene bronne volhoubaar benut word.
Overstrand Herald
Ken jy dié man? Riaan de Villiers van Luckhoffstraat op Kleinmond sê hy is nou behoorlik keelvol vir die inbrake by sy huis. Hy vertel hy het die afgelope naweek vir die negende keer in twaalf maande deurgeloop. Dié slag het sy boskamera die dief afgeneem. Indien jy hom herken kontak asb die speurafdeling by Kleinmond polisie.
SPERTYD VIR ADVERTENSIES IS DINSDAE OM 12:00
9 Julie 2015
Bladsy 3
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 4
Nominations for 2015 Mayoral awards At the Annual Night of Excellence, recognition is given to achievers who make a difference in Overstrand by awarding the Mayoral Trophy for Environmental Conservation, the Woman/Women of the Year Award and the Award for Achievers of Excellence. This year, Mayor Nicolette Botha-Guthrie will present the awards on 25 August 2015. Nominations are awaited and must be handed in on or before Friday, 7 August 2015. Nominations for the prestigious Mayoral Trophy for Environmental Conservation can be submitted to Liezl Bezuidenhout at lbezuidenhout@overstrand. gov.za. Nominations of Overstrand women who have made a difference in their area and who ought to be considered for a Woman of the Year Award can be submitted to Elize Verrij at everrij@overstrand.gov.za. Achievers of excellence in
communities are also identified by councillors. Well-motivated nominations can be handed to any councillor or sent to Elize Verrij at everrij@overstrand. gov.za. Nominations can also be delivered to the Office of the Mayor or faxed to 028 313 8067. Please note that all nominations must be accompanied by full contact details of the nominator and the nominee. NOMINASIES VIR 2015 SE BURGEMEESTERSTOEKENNINGS Tydens die jaarlikse Aand van Uitnemendheid word erkenning verleen aan uitblinkers wat ? verskil maak in Overstrand met die toekenning van die Burgemeesterstrofee vir Omgewingsbewaring, die “Vrou/Vroue van die Jaar”-toekenning en die Toekennings vir Uitblinkers. Die oorhandiging van die toekennings deur die Burgemeester, Nicolette BothaGuthrie, vind op 25 Augustus
plaas. Nominasies hiervoor word ingewag en moet op of voor Vrydag 7 Augustus 2015 ingehandig word. Nominasies vir die gesogte Burgemeesterstrofee vir Omgewingsbewaring kan gestuur word na Liezl Bezuidenhout by lbezuidenhout@overstrand. gov.za. Nominasies van vroue van die Overstrand wat ‘n verskil maak in die gemeenskap en oorweeg behoort te word vir die “Vrou van die Jaar”-toekenning moet gestuur word na Elize Verrij by everrij@overstrand.gov.za. Uitnemende uitblinkers in die gemeenskap word ook deur raadslede geïdentifiseer. Goed gemotiveerde nominasies vir hierdie toekenning kan by enige raadslid ingehandig word of gestuur word na Elize Verrij by everrij@overstrand.gov.za.
Nominasies kan ook by die Kantoor van die Burgemeester ingehandig word of gefaks word na 028 313 8067. Neem asseblief kennis dat alle nominasies deur die volle kontakbesonderhede van beide die genomineerde en die persoon deur wie die nominasie gedoen word, vergesel moet word.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 5
Promotion
Where the mind, body and soul receive attention Wholistic Wellness & Wellbeing offers a wholistic experience to pamper and nurture body mind and spirit. Theresa of Wholistic Wellness & Wellbeing aids her clients through the therapeutic application of touch, colour, sound and energy treating the body as a “whole”; releasing toxins and blockages, relaxing as well as rebalancing the body on all levels Alnna of Secrets of the Vine practices deep tissue massage, rehab massage and reflexology. She follows Biblical principles
Alnna (Secets of the Vine) and Theresa (WholIstic, Wellness & Wellbeing)
Hangklip/Kleinmond soek talent! Die Narrative Foundation in ons streek in samewerking met die Overstrand Munisipaliteit en plaaslike biblioteek snoer weer kragte saam na hul baie suksesvolle kreatiewe sandboukompetisie van vroeër vanjaar. Die volgende projek is nog groter: Hangklip Kleinmond Got Talent. Inwoners van Kleinmond, Proteadorp, Overhills, Bettysbaai, Mooi Uitsig, Pringlebaai en Rooiels met ‘n besondere talent in die uitvoerende kunste, kan deelneem. Die eerste oudisies vir hierdie projek begin op 1 Augustus op Pringlebaai. Elke naweek van Augustus word
oudisies in verskillende lokale in ons omgewing gehou. In September volg die uitdunne en twee semi-finales om uiteindelik drie wenners in 3 kategorieë te kies. Op 3 Oktober word ‘n algehele wenner uit die 3 kategorieë aangewys. Die organiseerders bied aantreklike kontantpryse (R1000 elk aan wenners), TV blootstelling, en hope klein verassingkies tussenin vir hoopvolles. Enigeen kan deelneem. Vir meer inligting, kontak kleinmondgottalent@gmail.com of doen navraag by Kleinmond biblioteek.
when applying her procedures and works in conjunction with the medical profession. Both these ladies work towards bringing the body in balance and harmony using different therapies. Alnna has been around our area going on 10 years, whereas Theresa came to Kleinmond recent The therapist are at 14 Harbour Road on the square in front of Bistro 14. Theresa can be contacted at 082 699 8150 and Alnna at 072 234 1690.
Overstrand Herald
9 Julie 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 6
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 8
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
9 Julie 2015
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Skoonheid Deesdae is die wêreld van skoonheid ‘n multimiljoen rand bedryf. En, goed so, sê ek. Nie dat elkeen wat op die wêreld loop, noodwendig beeldskoon is nie, maar elkeen het ‘n billike kans om die beste van sy of haar beste eienskappe te maak. Ek kom uit ‘n familie waarvan die meeste lede in enigeen se oë mooi van aansien is. Ek weet dus wat dit is om maar heel gewoon tussen mooi mense te wees. Maar ek het die voordeel gehad dat my ma en haar familie nie hulself as buitengewoon beskou het nie. In ons familie is ‘n ophef van elke nuwe kind en kleinkind gemaak en elkeen was dus spesiaal. Dis die buitewêreld en veral die rolprentwêreld se beheptheid met ‘n sekere soorte gelaatstrek, velkleur of gewig wat mense se oordeel beïnvloed. ‘n Klein groepie maak van ‘n spesifieke gesig ‘n norm en dan storm die samelewing blindelings agter ‘n sogenaamde perfekte voorkoms aan. Verskillende kulture beskou ook verskillende dele van die liggaam as ‘n toonbeeld van volmaaktheid. Vir die Chinese was klein, opgebinde voetjies die volmaakte voorbeeld van vroulikheid. In Wes-Afrika word jong meisies letterlik vet gevoer om aantreklik vir’n voornemende bruidegom te wees. Die Westerse modewêreld beskou klaarblyklik ‘n klerehanger met langhare as ‘n volmaakte model vir die klere wat hulle wil bemark. Enigeen wat Jonathan Swift se Gulliver’s Travels ‘n paar dele verby Lilliput gelees het, sal
weet dat die Yahoos (‘n harige tipe aapmens) in die land van die Houyhnhnmsse (slim perde) idee van volmaaktheid ‘n harige lyf en plat gesig was. Iemand met reëlmatige gelaatstrekke was totaal onaanvaarbaar. Vir Amerikaners is gewone mense klaarblyklik skreeulelik, want alles word reg- of weggesny, tande word gekroon, en letterlik enigiets is nabootsbaar: van Jennifer Lopez se stêre, Marilyn Monroe se borsmaat, Nicole Kidman se neusie en Julia Roberts of Angelina Jolie se mond. Hoe in die lewe gaan ‘n mens familietrekke in foto’s opspoor, indien niemand meer soos hy of sy self lyk nie. Ek is dankbaar saam met mense wie se gesig reggemaak kan word, sou daar ‘n geboortedefek wees of ‘n letsel van ‘n ongeluk. Maar hoekom wil soveel mense soos ‘n wildvreemde lyk? Ek gun ‘n skoonheidsalon of haarsalon die voorreg om ‘n kliënt die geleentheid te gee om die beste van hul eie bates te maak. En as jy nie kan beskostig om na ‘n salon te gaan nie, hoef mens net versorg te wees en te lyk. En skoon. Blinkgewasde hare is enige tyd net so mooi en mooier as gedoende hare. En hoekom, indien jou hare krul, wil jy dit styl hê en as jy perdesterte (soos ek) het, voel jy verplig om dit te laat perm? En as jy lig is, wil jy in die son lê om donkerder te wees, of as jy donker is, wil jy uitbleik. Maar dan ook weer, solank jy doen wat jou laat goed voel, hoekom nie? Modes wat van seisoen tot seisoen wissel, neem nooit
skoonheid in ag nie, dis ‘n foefie om geld te maak. Daarom reken ek dis goed indien mens leer wat by jou pas en daarvolgens aantrek. Soms word ‘n mode gerig op ‘n spesifieke gelaatstrek of liggaamsdeel. Laat ons nou maar eerlik wees, almal se dele is nie so goed gevorm soos ander s’n nie. Ek is innig dankbaar ons hoef nie meeer ingegord te word soos ons oumas nie. Ons het meer vryheid om te lyk soos ons lyk, behalwe as Grazia of People Magazine jou bybel raak en die Kardashians jou lewe regeer. In
Bladsy 10 die fliek “Little Miss Sunshine” lag ek my elke keer karduks wanneer ‘n gewone pragtige ou meisietjie tussen “skoonhede” verval. Gelukkig verskil mense se siening van skoonheid, dus is daar teoreties plek vir almal. Ek lees in ‘n tydskrif dat iemand Julia Roberts iewers saam met haar gesin herken. Die vrou vra toe: “Are you Julia Roberts?” Waarop Julia toe glo antwoord: “Yes, I am, but my kids don’t know. Please help me keep it from them”.
Briewe
Monthly Fuel price revisions During the last few days the South African news media and public have obviously concentrated on the application by ESKOM for a further outrageous tariff increase which NERSA has sensibly rejected. However the other important announcement is the monthly fuel price revision. This month it was again one of shock and horror as the prices are being
increased and unfortunately not one of the rare months to celebrate when a token decrease of a few percent is announced.
ECONOMIC FACTORS AFFECTING THE UNIT OVER/UNDERRECOVERIES FOR THE PERIOD 29 MAY 2015 TO 25 JUNE 2015 The average international product prices of Petrol increased whilst Diesel and Illuminating Paraffin decreased during the period under review. The Rand weakened against the US Dollar, on average, when compared to the previous period. The average Rand/US Dollar exchange rate for the period 29 May 2015 to 25 June 2015 was 12.3196 compared to 11.9454 during the previous period. The weakening of the Rand against the US Dollar increased the contribution to
the Basic Fuels Price on petrol, diesel and illuminating paraffin by 21.17 c/l, 19.33 c/l and 18.90 c/l respectively.
The Department of Energy issued the following press release: ADJUSTMENT TO THE FUEL PRICES: WEDNESDAY, 01 JULY 2015
What I find interesting is the diverse statements issued by the DOE for “economic factors affecting the monthly adjustments”. Recent examples were as follows. In March 2015 the following comments were made: “The Department of Energy believes that the price of crude oil will stabilise around the current level and as such no major price shocks are expected in the future” (continued on p 11)
Overstrand Herald
9 Julie 2015
PROMOSIE
Briewe (continued from p 12) In April 2015 the following comments were made: “There is no need to panic at this stage. Crude oil price fluctuations are not expected to be excessive if major geopolitical conflicts are excluded.” In May 2015 the following comments were made: “Furthermore, the international prices for petrol increased on average, while the prices for diesel and Illuminating paraffin decreased. The increase in the international prices of petrol was mainly due strong demand
for petrol (driving season) in Europe and to pre-Ramadan buying in the Asian market.” Other factors affecting our fuel prices are the division of the country into geographic price zones in addition to at least 11 other taxes, levies, funds, margins and costs. The consequence of all this regulation and taxes is that at a time of global glut of oil and gas products the South African industrial and private individual is dipping out totally. John Eccles
Kinders raak gou verveeld Dit is ‘n konstante stryd om ‘vandag se kinders’ te vermaak. As deel van ons Nasorg Vakansie Program, word vermaak ingesluit by ons daaglikse aktiwiteite. Ons algemene vakansie program sluit onder andere in: ‘n Uitstappie na die Botaniese Tuine, ‘n besoek aan die Pikkewyne en besoeke aan die strand. Wat ‘n ‘vars asempie’ was die besoek aan ons eie Informasie Buro! Propvol
informasie, interessante feite en voorbeelde op voorbeelde van natuur en see-lewe in en rondom Kleinmond! Madelaine, Anecia en Quintis: BAIE dankie vir die tyd en die moeite wat julle afgestaan het om ons kinders se Fauna en Flora kennis te verryk! Julle doen ‘n fantastiese werk met soveel passie. 10 punte vir julle! “Dankbare-Nasorg-Tannies”, Carin Truter & Eloise Wallis
Bladsy 11
Hê lieflike naels deur Elzanne Nog ‘n jong Kleinmonder wat haar heil op haar grootworddorp kom soek en gevind het, is Elzanne van Eeden. Elzanne het op 1 Julie haar salon, Beauty Image, geopen. Beauty Image is net agter Chas Everitt in Vierdelaan 28. Beauty Image specialises in LCN nails, LCN soak off nail gel, manicures and pedicures, as
well as eye-brow shaping and tinting. What is LCN NAILS? LCN Gel Nails are made of a gel-like, light cured resin, and are safer, more natural in appearance, and they are a lot more durable than your typical acrylic nail. They are also non-porous, so they also protect the natural nail underneath, and they do not discolour over time either!
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 12
Briewe
Wat is besig om van hierdie wonderlike plek te word? Hoewel ek reeds sedert 1988 `n huis hier besit is dit slegs sedert Augustus 2014 dat ek permanent hier woon. Gedurende laasgenoemde periode is daar by feitlik elke huis sigbaar vanaf my woonplek ingebreek. EN DIT HOU NET AAN EN WORD NET ERGER! In feitlik elke geval gebeur die volgende : Meld aan by polisie. Hulle kom neem `n verklaring. `n Speurder kom mors jou plek vuil in sy poging om vingerafdrukke te vind en laat jou met die taak om dit op te ruim. Soms kom daar `n SMS om te bevestig dat `n saak geregistreer is. Geen tekens van opvolgaksie van hulle kant word waargeneem. Met jou saaknommer eis jy van jou versekering. WONDERLIK: JY IS SKADELOOS GESTEL, DIE DIEF BEHOU SY GESTEELDE ARTIKELS. DIE POLISIEMAN EN SPEURDER BEHOU SY WERK. DIE VERSEKERAAR PAS JOU PREMIES AAN. DIE HANDELAARS BAAT BY JOU NUWE VERVANGENDE AANKOPE. DIE SEKURITEITSMENSE GRADEER
JOU STELSEL OP EN VERHOOG JOU PREMIES. Wonderlik, nie waar nie? Is ek dan nou simpel om te dink dat die publiek , dis nou jy en ek en ons almal wat belasting betaal, kan verwag dat ons wyksraadslid, ons burgemeester, ons polisie, ons provinsiale polisie-hoof, ons verantwoordelike ministers en ons premier op `n sigbare en openbare manier sal reageer om hierdie euwel aan te pak.`n Nuwe aanslag, `n intensiewe , wetenskaplike benadering met moderne toerusting soos genoegsame nagsig toerusting, ens. Miskien moet ek darem billik wees en voorsiening in my kritiek maak vir die tyd wat hulle nodig het om die baie geld wat hulle ontvang, te bestee. Asseblief, Wyksraadlid, reĂŤl tog spoedig `n vergadering sodat ons hierdie verskrikking saam kan aanpak. Ons wil graag help. Ons het goeie planne tussen ons. Intussen kan almal wat betrokke wil raak my voorsien van hul e-posadres, telefoonnommer en verkieslik `n opsomming van gevalle van diefstal sodat ons `n data-bank kan opstel. My e-posadres is wjpienaar6@gmail.com.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 13
Overstrand Herald
Hannie Kitney
9 Julie 2015
Bladsy 14
Hangklip/Kleinmond’s aged treasures / Ons beleë skatte We will be doing a series on elderly residents of our area who have reached the very great age of 90+. Ons het reeds berig oor ‘n paar inwoners wat 90 jaar oud geword het en steeds hups is. Ons verneem graag van nóg sulke inwoners om hulle te ontmoet en iets oor hulle te skryf.
Hannie Kitney (97) – ‘n Lewe lank Welgevonden en ‘all smiles’ Tant Hannie Kitney (gebore Jansen van Vuuren) skryf haar goeie gesondheid en lang lewe toe aan harde werk. Sy is op 27 Maart 1918 in die Lichtenburg omgewing in die Wes-Transvaal gebore, “maar ek kan nie veel daarvan onthou nie”, lag sy. Dis nou van die geboorte. Hulle het skoolgegaan op Welgevonden
in die distrik Ottosdal. Die skool het twee onderwysers gehad wat vir al die kinders van gr 1 tot st. 6 moes skoolhou. Die een het die klasse van gr 1-st. 2 (gr.4) gehad en die hoofonderwyser het die res tot st. 6 (gr.8) geleer. En almal kon lees en skryf toe hulle by die skoool uit is. Na skool (st. 6) moes die jonge Hannie op die plaas gaan help, want die boetie is eers 9 jaar na haar gebore. Hulle was toe drie susters en die broer. Op die plaas moes elkeen sy of haar kant bring en daar was nie kans vir lyf wegsteek nie. Daar is geploeg en gesaai en geoes en die skraal armpies het seningsterk geword van sakke dra en werk op die plaas. In 1941 is Hannie getroud met Francois Johannes Kitney. Oom Frans se pa het in 1902 uit Kent in Engeland gekom om in die Anglo-Boereoorlog te kom (vervolg op bl 15)
Overstrand Herald (vervolg van bl 14) veg, maar is nooit weer terug nie en het met ‘n Boeremeisie met die van Swanepoel getrou. Oom Frans en tant Hannie het in die Wes-Tranvaal bly boer met koring en lusern. Mettertyd het hulle grond verkoop en hul plot het aan die Landboukollege op Potchefstroom gegrens. Toe het oom Frans al vir die Departement van Waterwese gewerk. Met sy aftrede het die twee op Potchefstroom in Van Riebeekstraat gaan bly. Toe oom Frans te siek geraak het, is hulle na ‘n aftree-oord aan die Wesrand. Met oom Frans se dood is tant Hannie na Pinetown, maar het planne gemaak om op haar eie op Vereniging in ‘n aftree-oord te gaan woon. Sy was toe 80. Na 10 jaar, “Ek was toe net 90”, het sy na Heidelberg (Tvl) getrek en daar in ‘n tehuis gewoon. Toe
9 Julie 2015 haar kinders (Charlie en Lucas) Kaap toe trek, het hulle besluit, Ma kom saam. Die twee broers is met twee susters, Ester en Annette getroud. Die Kitneys woon sedert 2010 almal op Kleinmond waar tant Hannie sê: : ”Ek bly lekker en ek eet so lekker!” Haar hele lewe, vertel tant Hannie, “het die Here my pad beskik”. Al wat deesdae bietjie pla, is dat haar arms nie meer so lekker wil werk nie, veral die linker een. Nou kan sy nie meer haar geliefde stokperdjie, hekel, beoefen nie, maar sy lees baie. Die koerant van voor tot agter (ook die Herald, advertensies ingesluit!) Sy het ‘n goeie lewe gehad sê tant Hannie, en kon altyd iets kry om oor te glimlag. Dié dat sy die bynaam “All Smiles” gekry het. En dit kom alles uit die hand van die Here.
Bladsy 15
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 16
Jeugboek uit Bettysbaai BETTYSBAAI - Troula Goosen is nog ‘n inwoner van hier wat woeker met haar talente. Haar tweede jeugboek, “Spooksoene” het pas by Proteaboekehuis verskyn. Sy wou sedert haar gelukkige kinderjare op Bredasdorp, die Paarl, Villiersdorp en Ceres graag kinderstories skryf. Sy het op Stellenbosch gestudeer en haar lewensmaat daar ontmoet, waarna die jong predikantspaar na die Vrystaat verhuis het. Kort ná die aankoms by hul derde gemeente op Riversdal, het sy haar as binneversierder bekwaam en dié beroep vir byna twintig jaar lank beoefen. Deesdae woon die afgetrede paartjie op Bettysbaai in hul vakansiehuis van amper dertig jaar. Dis hier waar Goosen haar ou kinderdroom kon kom afstof en waar sy ’n groot deel van haar dag in die wonderlike wêreld van verbeelding deurbring. Dis nou wanneer sy skryf én wanneer sy met haar kleinseun kabouters en seerowers langs die mooie kuslyn soek. Haar debuut, Lakadiga – die geheim van die verlore stad (2013, Oxford University Press),
word vir graad 8’s voorgeskryf. “Spooksoene” is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang ’n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, VoltaireX, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om ’n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie ’n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie … Hoe oorkom jy ’n yslike puisie op jou neus, ’n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, ’n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle ’n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oë nie glo nie … LESERSPROFIEL • Kinders tussen 9 en 13.
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Beweringe oor raadslidsalariseise onwaar Die organisasie wat plaaslike regerings verteenwoordig, SALGA, het berigte dat hy glo reuse-salarisverhogings vir raadslede eis in ‘n verklaring ten sterkste ontken en gesê dat dié wilde beweringe teen die agtergrond van die loonsonderhandelinge vir munisipale werkers gesien moet word. Volgens SALGA is dit ‘n poging deur die vakbond SAMWU om die onderhandelinge te ontspoor en die publiek te mislei. ‘n Vrystelling in dieselfde trant is ook deur Afriforum uitgereik en verlede week in die Overstrand Herald geplaas. By navraag het ‘n woordvoerder van Afriforum aan SSMA gesê die verklaring is uitgereik op grond van inligting wat via die media ontvang en as bevestig beskou is. Afriforum werk op die aanname dat mediaberigte integriteit het en dit stel hul in staat om vinnig te reageer, wat nie die geval sou kon wees as hulle inligting en bronne moes herbevestig nie. Afriforum het onderneem om die situasie rondom hul vrystelling te ondersoek en ‘n regstelling uit te reik indien hy van mening is dat dit geregverdig is. Op sy beurt gee SALGA wel toe dat hy hom vir ‘n meer billike salarisbedeling vir raadslede beywer en nie die graderingstelsel van munisipaliteite ondersteun
nie. Hy is ook van mening dat raadslede uit die nasionale fiskus en nie plaaslike belastings nie betaal moet word. Daar behoort ook nie ‘n onderskeid tussen sogenaamde voltydse en deeltydse raadslede getref te word nie en dat alle raadslede in staat gestel moet word om hul kiesers heeltyd te dien sodat demokrasie versterk kan word. Dit is egter ‘n standpunt wat reeds sedert sy nasionale konferensie van 2011 gehuldig word en rolspelers in die onderhandelingsproses is daarvan bewus. SALGA sê die vergoedingsvlakke van raadslede word ook tans ondersoek, maar dit is ‘n afsonderlike proses en nie deel van die loonsonderhandelinge nie. Tydens die Munisipaliteit Overstrand se begrotingsproses is heelwat aandag daaraan bestee om te verduidelik hoe salarisverhogings werk. In die geval van raadslede word die boonste limiete deur die Minister van Samewerkende Regering bepaal en die finale goedkeuring deur die betrokke Provinsiale Minister van Plaaslike Regering gegee. Munisipaliteite word gegradeer volgens ‘n formule waarin die munisipaliteit se inkomstebegroting en aantal kiesers in ag geneem word. Voorsiening is vir ‘n verhoging van slegs 5 persent vir raadslidsalarisse gemaak. Berig: SSMA/Fanie Krige
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 17
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 18
Lien Botha
Lien Botha betrek Bettysbaai in nuwe roman BETTYSBAAI – Lien Botha was tot dusver meer bekend vir haar besondere kreatiwiteit in fotografie, skilder- en beeldhouwerk. Sy is egter ook ‘n gereelde deelnemer en medewerker aan Litnet. Haar eerste roman “Wonderboom” het pas by Queillerie verskyn. Hier volg ‘n kort opsomming oor die roman: “Wonderboom” kan beskou word as ’n distopiese roman wat afspeel in ’n post-apokaliptiese tyd binne die Suid-Afrikaanse landskap. Dit is die era van die ontgogelde digitale boorling en alle bronne is skaars. Die
gevolg is dat die skeiding tussen ryk en arm meer skreiend is as ooit vantevore en veral in die ‘buiteposte’ gaan dit benouend. Die hoofkarakter, Magriet Vos, is ’n vyftigjarige violis, wie se geheue besig is om die gees te gee. Omdat sy gereeld aan die ‘hof’ van die despotiese maghebber Albino X optree, hou haar toenemende rasionele onvermoë vir haar ’n wesenlike gevaar in, want wanneer sy nie meer daartoe in staat sal wees om vir hom te speel nie, gaan hy haar van kant maak en haar oorskot na die taksidermis stuur om sy diorama aan te vul. (vervolg op bl 19)
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 19
www.overstrandherald.co.za
(vervolg van bl 18) In haar kusdorp is daar weinig vriende of familie oor en sy is dus uitgelewer aan migrasie noordwaarts, terug na die Magaliesberg, waar die laaste lede van haar stam woon. Soos die reis vorder en haar syn al meer kwyn, plunder Vos haar verlede en geheue in ’n desperate poging om die postrevolusionêre wasteland te oorleef met die hoop om veilig ‘tuis’ te kom in ’n reisverhaal wat terselfdertyd as ‘uiteenvallende dagboek’ funksioneer. Haar medium, musiek, vorm ’n sintese in die struktuur van die roman om onder andere ritme, toonwaarde en tempo aan die teks te verleen. Terselfdertyd is
’n bewuste poging aangewend om na bestaande skrywers se tekste te verwys, hetsy as ode of parodie. Magriet Vos se reis begin in Bettysbaai aan die suidelike kus van Suid-Afrika en ontplooi deur middel van vier ‘stemme’ of perspektiewe. Een van die “stemme is disintegrerende fototekste: konstruksies/ collages wat dien as inleiding tot elke hoofstuk wat hier as ontbindende beeldsekwensie toegepas word om teks en beeld te laat swaelstert. Die boom dien deurgaans as sentrale metafoor beide as ’n spil in die natuur en as bron van ‘kennis van goed en kwaad.’
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 20
AfriForum en TLU SA stel halfjaarsyfers oor plaasmoorde en –aanvalle bekend Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het onlangs in Centurion die statistieke bekendstel vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig. Statistiek dui aan dat 1747 plaasmoorde en 3542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die
vermoorde slagoffers was 1133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle. Genl. Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het verduidelik dat hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, Limpopo nou in die eerste plek staan. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-
Natal, Gauteng, Vrystaat, OosKaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die WesKaap. Van Zyl het ook gesê dat plaasaanvalle nie net meer verspreid voorkom nie, maar ook meer brutaal en in meeste gevalle noodlottig is. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar die grofste vorm van diskriminasie denkbaar is. “Ons kan deel van die oplossing wees, maar dan het ons die ondersteuning van die regering nodig. Tot dan sal
ons internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering moet toepas. Hulle moet tot daadwerklike aksie forseer word,” het Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gesê. TLU SA, wat ook sedert 2012 buitelandse platforms gebruik vir die bewusmaking van plaasmoorde en –aanvalle, beplan onder meer vanjaar plaaswagte binne boereverenigingverband wat ge b e u r l i k h e i d s b e p l a n n i n g en opleiding insluit asook die uitbreiding van lug- en spoorsnyvermoë. Uitgereik deur Afriforum
Ann van Pikkewyntjies word 40
BETTYSBAAI – Ann van Niekerk het onlangs die groot mylpaal in haar lewe bereik om 40 te word. Sy is ‘n regte steunpilaar vir die mense van Pikkewyntjies, want sy sny een maal ‘n maand die speelpark se gras vir hulle, en sy was ook deel van die span wat die groentetuin begin het. Skoolhoof Zaan Celliers sê indien sy iemand nodig het om
dringend te help kan sy altyd op Ann se knoppie druk en sy is altyd bereid om te help. Ann het haar 40 ste verjaarsdag gevier in Mooi Uitsig Gemeenskapsaal. Vrydag het Sandra Taljaard en Roxy Jackson hard gewerk om die saal te omskep vir ‘n stylvolle aansit-ete en partytjie. Saterdagoggend het Dominic Jackson begin om die skaap op die spit gaar te maak en hy het ook al die bykosse en slaaie voorberei. Om 15:00 het die partytjie begin en die gaste was baie verbaas oor die prag van die saal asook die lekker kos en daar is tot ‘n video geneem van die geleentheid. Almal het dit baie geniet en gesmul aan die kos. Elkeen wat deel was om die dag ‘n sukses te maak moet weet dit word opreg waardeer.
KAWS Mandela Day project 67 minutes of making a difference. Kaws staff, committee members and volunteers along with some amazing Naval officers from Gordan’s Bay will be locked in dog cages to raise funds for KAWS this Mandela Day. Each volunteer will be raising money via social media in order to secure their release from their cage for the day. This will take
place from 12:00 to 16:00 and once they have raised R2000 they will be released. Snacks and refreshments will be for sale on the day. Please support KAWS and pay them a visit to help raise much needed funds, and to have a photo taken with your favourite furry friend. For more information, please contact us at kaws@telkomsa.net
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 21
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
DAGBOEK
9 Julie 2015
10 & 11 Julie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewnaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Wish to advise that due to the Winter Season there will be NO running/walking on Wednesday evenings at the Car Park, Sandown Restaurant until Wednesday 2nd September. 02 - 11 July: WINTER MARKET – D R Church Hall, 1st Avenue, Kleinmond. Hours Mon – Friday 10:00 – 15:30, Sat 09:30 – 13:00. Homemade Cakes, Bread, Biscuits, Pottery, Jewellery, Needlework, Chocolates, Sweets, Knitted goods, Woodwork, Decoupage and lots more. Also on sale Curry & Rice, Pancakes, Curry Bunnies, Soup and Bread. For more informationc ontact Fynbos Service Centre Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00).
Bladsy 22
Elize Gerber bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057. 3 Augustus: Walkerbaai Seëlklub om 17:30 Rolbalsaal Hermanus. Skakel 082 376 6252 6 Augustus: Kleinmond Senior Burger Klub vergader in die N.G. Kerksaal om 15h00. Ons hou ‘n Stokperdjie uitstalling van al die lede en dit beloof om baie interessant te wees. Almal word genooi om deel te neem. “n Algemene kennis vasvra sal deur Mauritz van dan Berg aangebied word. Almal baie welkom, Hoop ons sien jul daar, Tee en verversings vir gesellig verkeer. Marietjie sel. 0824455962
14 Augustus: Die Vriende van Afrikaans se Kleinmondtak bied weer ’n viering van Afrikaansdag in die Gereformeerde Kerk Kleinmond om 19:00 aan. Dit beloof om ’n opwindende aand van Vers en Lied en ’n kompetisie vir ’n gekostumeerde voordrag te wees. Kaartjies teen R30 beskikbaar by Albertyn apteek. Sop en toebroodjies ingesluit.
BUKSIES
11 Julie: Die Canticum Novumkoor, die NG Moedergemeente Stellenbosch se Studente-Kerkkoor, tree op by die NG Kerk op. Die optrede begin om 18:00. Kom luister na die pragtige jong stemme. Kaartjies is R30 per persoon en is by die kerkkantoor en by Albertyn Apteek beskikbaar. Pouse is daar ‘n glasie sjerrie teen die koue. 15 July: Kleinmond Bird Club: Meet at Kleinmond library car park at 09:00 (as this is not an indoor meeting a few more minutes in bed as compensation). We will drive down to the sewage works, to find some water birds - then on to Palmiet Caravan parking area and wander down to the lagoon where we should see Terns, Gulls and Cormorants. Enquires Joan/Hans Wurr 028 271 5434 / Cell 083 244 9746 (Hans) / Cell 076 787 0267 (Joan)
16 July: Friends of the Hangklip Library. Theme/tema: BONSAI morning/oggend met Willie Slabber & Manie Mans: Talk, Demonstration & Exhibition of Bonsai plants. Kom geniet `n oggend saam met ons! Boompies, potte & grond te koop. Cost/ koste: R40 pp (Tea or Coffee & Pancake). Booking/Bespreking: Betty`s Bay Library before 13 July. Time/tyd: 10h30. Venue/plek: Café El’Ora, Village Centre, Betty`s Bay 20 July: The Overberg Quilters’ Guild will be meeting at 9.30 at the de Wet Hall, Roos Street, Onrus. Speaker will be Fransie Gibson.
21 Julie: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:30 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345. 27 Julie: Kleinmond Leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk. Klimtol deur Etienne van Heerden word deur
GESOEK / WANTED
Opsoek na 1 of 2 slaapkamer woonstel om te huur in Kleinmond vanaf 1 Julie. Moet verkieslike dierevriendlik wees. Skakel 062 173 3928 Jongman opsoek na eenmanswoonstel of 1 slaapkamer woonstel vir permanente verblyf. Skakel 079 959 8704 Woonstel of kamer om te huur vir enkel persoon (pensioentrekker) in Bettysbaai, Pringlebaai of Hermanus. Skakel 028 273 8638 Nonkosi-Baliso is looking for a homebased care job. Phone 078 267 13110 Toma is a 40year old man who is looking for gardening and other work. Phone 078 861 7218 Opsoek na enkel motorhuis om te huur vir stoorplek. Skakel George by 083 293 5336
TE KOOP / FOR SALE
¾ Bed + matras R400. AEG wasmasjien R600. Motor + afstandbeheer vir oprol motorhuisdeur R500. Skakel 082 923 8066 Baba hout kot, splinternuut R900. Baba klere 0-12 maande, pryse verskil per item. Skakel 082 225 3136
Overstrand Herald
BUKSIES
9 Julie 2015
Trojan Fusion Two Body Fit oefen fiets met hartmonitor, pols monitor, calorie watcher en verskeie bergfiets programme in uitstekende toestand R999. Skakel 062 236 1660 Tumble dryer. Phone 078 861 7218 JVC televisie - skermgrootte 56cmx42cm R800. Health Walker R400. Wit hoekbad soos nuut 135cmx135cm R800. Skakel 082 583 8259 / 082 859 0579 Budgie hokkies en baie ander toerusting; kos en waterbakke en broei hokke. Skakel 082 825 9449 Sitkamerstoel R250. Klein lessenaar R300. Akkerhout staanlamp R430. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Scotsman MV606 icemaking machine, very little been used R3200. Phone 083 264 6568 Groot Fuchsware staan vrieskas in werkende toestand R200. Lexmark 4+1 drukker, kort swart ink - gratis. Skakel 028 271 5096 / 082 463 8981 Tweedehande klaviere R4000 en R1000 onderskeidelik. Tafeltennisblad met twee bokkies R250. Groot hout hondehok R300. Verskeie budgie- en hamsterhokke R100 stuk. Skakel 084 583 2470 Bain-Marie electro points, heating oven with 4 dishes & lids - tile top R600. Phone 071 176 7420 Diamond Doves for sale: R25.00 each. Bengalese finches: R30.00 each. White Zebra finches: R25.00 each. Phone 072 903 3834 Gas Hoek Kaggel. Goeie werkende toestand. Kom maak ‘n aanbod. Skakel 082 821 1807 Children’s Bicycles:- Avalanche Zoid Black 16 inch R300 - Silverback Eclipse Girls 20 inch R1500. Defy Gemini 900 Glass Top Stove, Eyelevel oven and extractor unit R1800. Phone 028 271 4247/ 083 235 1335 Tumble dryer old but in good working condition R450. Conti 1500W drum vacuum cleaner R300. Samsung DVD Recorder direct to DVD. 11 Hours recording. R350. DSTV D900 Decoder R150. Plastic patio chairs (8) R200 the lot. Phone 071 491 8002 For Collectors/or to look at your old Cine tapes. EUMIG Wien Tipe Mark 8; EUMIG Mark 501 (Super-, Single-,Standard 8); EUMIG P-8, with Splicer + Glue, in wooden box; MINETTE Viewer Editor –M 1, plus 2 reeks; NATIONAL TAPE RECORDER/KILOCTOR – ALL TRANSISTOR + REELS. Phone O72 906 8029 Orbitrek in excellent condition, ideal for person with circulation problems R750. Phone 082 568 3589
Bladsy 23
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 24
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 12 JULIE 2015 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Barry Lordan Ds. Nico Rabe
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772
PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 25
Overstrand Herald
9 Julie 2015
Bladsy 26
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
9 Julie 2015
Bladsy 27
Golf results Wednesday 01/07/2015 4 BBB Stableford A glorious sunny afternoon with 55 golfers enjoying their golf and the results showed that the course is in excellent condition. 1) E Koopman & D Ungerer 2) H Emmenis & J Bekker 3) S & H Upsher
(46 Points) (44 Points) (43 Points)
Friday 03/07/2015 Sundowner 1st 9 38 players enjoyed their afternoon of golf. 1) F Eagar 2) H Strydom 3) A Ferreira
(24 Points) (23 Points) (20 Points)
Saturday 04/07/2015 4BBB Stableford (1st 9 BB Stableford, 2nd 9 Combined Stableford) A different format of the game for a change which brought interesting results... 1) H Strydom & T Bruwer 2) H & W Emmenis
F Eagar (Capt) and E Koopman
(58 Points) (54 Points)
Kruger League won against Worcester Brodie League won against Caledon in Hermanus and now go through to the next round and will play against Gansbaai who played a sudden death playoff against Swellendam and beat them on the 3rd hole, as both Swellendam and Gansbaai drew their league match here in Kleinmond. Well done to our league teams!!!! Monthly Meat Voucher of R500.00 was won by Martie Kotze!!
www.overstrandherald.co.za
F Eagar (Capt) and H P Strydom