1 minute read
Grafies-Analitiese Metode
from Eurasiaties
by Pietertoypom
Argeologie
Die Mesolitiese kultuur se oorsprong lê in die vrugbare sekelmaan suid van die Kaukasus en in die Zagrosberge. Eurasiaties strek waarskynlik terug van 12 000 tot 9 000 VHE, met ander woorde 14 000 tot 11 000 jaar gelede. Dié groter tuislandgebied sluit Suid- en Oos-Anatolië, Noord-Sirië, Noord-Irak en die Transkaukasus in.
Advertisement
Meer as 100,000 rotstekeninge is in Armenië opgeteken, waarvan die meeste uit die 12de eeu vC dateer. Twee van die heel oudstes is ‘n afbeelding van ‘n olifant en ‘n afbeelding van wilde
buffels wat intussen in Armenië uitgestef het. Geometriese figure, plante, hemelliggame en mitologiese karakters verskyn ook daarin. Op die rotse van Ukhtasar word byna die volledige reeks fauna van die Armeense Hoogland uitgebeeld. Die Jivakheti-, Gegham- en Vardeni-berge bevat van die mees indrukwekkende rotskuns.
Stetsyuk
Miskien verdien Valentyn Stetsyuk se grafies-analitiese metode meer aandag. Daarvolgens was die Nostratiese tuisland ‘n wiggebied tussen die suidoostelike Kaspiese See en die drie mere van die Armeense Hoogland, te wete Sevan, Wan en Urmia. Dis die enigste manier om die ProtoIndo-Europese kontak met Kartveels, Semities, Oeralies, Altaïes en die kleiner Eurasiatiese groepe te verklaar.
Sou mens die Eurasiatiese tuisland dan in meer besonderhede wou identifiseer, was dit die
gebied rondom die Sevanmeer teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, rondom die Kurarivier wat die Aridag- en Zangezurbergreekse insluit. Vanaf Artsakh (Nagorno-Karabakh) sou die area al langs die Araksrivier tot by die kus van die Kaspiese See in die ooste, en in die suide tot by Urmiameer gestrek het.
Hiervolgens sou Eskimo-Aleut, Kamchadaals, Nivkh, Oeralies en Joekaghier vroeg reeds die lang pad na die noordooste aangepak het terwyl die Indo-Europeërs met die Semitiese en Kartveelse families in kontak was. Die Kartveelse familie bewoon steeds die suide van die Kleiner
Kaukasusgebergte en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.
Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek.