Sandveld Country Quilt Group Newsletter August 2019

Page 1

Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief Augustus 2019

sandveldcqg@gmail.com :Epos Sandveldquilters :FB sandveldquilters.blogspot.com :Blog Sandveldquilt :Instagram

Missie: Om jongmense te leer kwilt en die gehalte van kwiltwerk te bevorder. Ons wil met Gildes saamwerk en alle kwilters inspireer om saam te kwilt en om te groei as kwilters.

UIT DIE VOORSITTER SE PEN… 2019 is die jaar van feesvieringe! SAQG is 30 jaar oud en ons eie Kontreigroep amper ‘n volle 1 jaar oud. En dit vul ‘n mens met soveel dankbaarheid. Dit het my laat dink wat is dankbaarheid regtig. Dankbaarheid verander wat ons het, na genoeg, na meer. Dit kan ‘n maaltyd in ‘n fees verander, ‘n huis in ‘n tuiste en ‘n vreemdeling in ‘n vriend. Is dit nie presies wat in ons eie Kontreigroep gebeur het nie? Ons dankbaarheid om saam te kan kwilt, saam ons liefde vir lappe te kan deel, het van vreemdelinge in ons groep hartsvriendinne gemaak. Dit is iets om oor fees te vier! Kom ons vier ons suksesse, vriendskappe, hoogtepunte met ‘n dankbare hart. Sonder ‘n dankbare hart sal jy honger van ‘n tafel opstaan, ongeag hoe groot die oorvloed was wat voor jou neergesit was. Kom ons gebruik ons talente met dankbaarheid en wees dankbaar vir ons kwiltvriendinne. Vir ‘n gelukkige en dankbare hart is die lewe ‘n fees!

DAGBOEK ASB!!!... …ONS LAASTE Stikdag vir 2019!!!

8.30vm vir 9.00vm Oos – Kerksaal, Bultfontein.

7 Nov 2019

Gasvroue – Bloemfontein, Brandfort,Hertzogville,Dealesville

Kom maak `n oulike toiletsakkie!

Mari 083-2749161 maris@telkomsa.net

Kwiltresep… Met die somer om die draai… kan hierdie reseppie van Emmie Swanepoel (Bothaville) net handig wees wanneer die braaivleisvure aangesteek word!

Mieliegereg by braaivleis… 3 eiers 1 blikkie heelpit mielies ( water afgegooi) 1 blikkie geroomde mielies 1 k gerasperde kaas (om in te meng en ekstra vir oorstrooi voor dit gebak word) 3 e koekmeel 3 e suiker 2 e gesmelte botter 2 koppies melk Sout, Aromat, marjolein en pietersielie na smaak. 2 t bakpoeier

1. Meng al die bestanddele goed MAAR gooi die bakpoeier laaste by. 2. Sprinkel `n bietjie kaas oor. 3. Bak by 180⁰ C vir ± 1 uur.

Die klas word aangebied deur Annie du Toit (SAQG teacher) Patroon R30-00

Toegang by deur: R10-00 Besoekers/gaste: R50-00


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.