Sandveld Country Quilt Group

Page 1

Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief Februarie 2019

sandveldcqg@gmail.com :Epos Sandveldquilters :FB sandveldquilters.blogspot.com :Blog Sandveldquilt :Instagram

Missie: Om jongmense te leer kwilt en die gehalte van kwiltwerk te bevorder. Ons wil met Gildes saamwerk en alle kwilters inspireer om saam te kwilt en om te groei as kwilters.

UIT DIE VOORSITTER SE PEN… En so breek 2019 aan met die groot lekkerte van ‘n spliternuut gestigde kontrei - kwiltgroep! Wat ‘n lekkerte om so ‘n groot groep begeesterde kwilters bymekaar te sien! Die droom het in 2018 waar geword en het ons grootste verwagtinge oortref. Wat ‘n klein begin moes wees was ‘n ontploffing! Ons begin met 57 lede en dit word daagliks meer. Ek besef elke dag net meer en meer hoe geseënd ons as kwilters werklik is. Om in moeilike omstandighede vir ‘n klein rukkie van ons probleme en die natuur daar buite te vergeet en om iets mooi te skep. Om iets met ons talente te doen wat ons Skepper vir ons so mildelik uitdeel. Ek wil vir jul almal ‘n besonder geseënde 2019 toewens. Mag jul drome waar word en jul hande besig bly. Mag ons vir mekaar ware vriendinne wees - met empatie en begrip. En mag hierdie kontrei kwiltgroep altyd vir jou ‘n tuiste wees waar jy jou kreatiwiteit kan uitleef in dankbaarheid vir elke genadegawe.

Belangrike Datums!!! Algemene Vergaderings… 8.30vm vir 9.00vm Oos – Kerksaal, Bultfontein.

6 Feb – Gasvroue – Hoopstad, Wesselsbron, Bloemhof

2 Mei – Gasvroue - Bultfontein 7 Aug - Gasvroue - Bothaville - Welkom 7 Nov - Gasvroue – Bloemfontein, Brandfort,Hertzogville,Dealesville Toegang by deur: R10-00 Besoekers/gaste: R50-00

“Believe in yourself You are braver than you think More talented than you know and capable of more than you imagine” Roy T Bennett Mari 083-2749161 maris@telkomsa.net

“Kwiltresep” -

Mari se Kwilthoender

Hierdie resep is vir wanneer jy wil kwilt en die manne soek kos!!! Druk dit in die oond, vergeet daarvan en kwilt.

Stikdag!!! 6 Februarie 2019 Kussing leer verskillende tegnieke! …ondermeer “bobbin” – werk!

Sit rys in mikrogolf en maak sous dubbel aan vir ‘n lekker lang sous! Die resep is vir so 6 porsies, dubbel vir so 12 porsies. 1E Tamatiesous 1E Worcestersous 2E Blatjang 2T Suiker

1E Asyn 1E koekmeel 1T sout Knippie peper

1. Maak alles aan met 1 koppie water. 2. Sit hoender in bak met deksel, gooi sous oor. 3. Bak 2-3 ure by 160°C terwyl jy lekker kwilt. 4. Haal deksel af en sit onder “grill” vir ‘n minuut as jy hoor die manne is in aantog. Onthou om te sê jy was heeldag voor die stoof!

Benodighede: 50 x 50 cm vierkant lap – jou keuse. 50 x 60 cm ongebleikte linne of ander effe lap. 55 0f 60 cm rits. Swart no 12 DMC perlè of swart “topstitch” -gare Afvallap, verskeie effe en blom of ander motiewe, knope. Swart en room masjiengare. “Stitch/tear” – sal beskikbaar wees by lapwinkel. Pritt. Masjienvoetjies – rits, “darning” en gewone voetjie. Leë spoeletjie(bobbin). Kontak groepleidster vir meer inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.