Dis Kalfietyd in ONRUS – HERMANUS
Die Jaarlikse Hermanus Times Kalfiefees bring weereens die room van Afrikaanse talent na die Overstrand! Vier saam met ons 3 dae van teater, komedie, kuns en musiek; alles in een naweek van vermaak vanaf 23 tot 26 September.
Vertonings deur kunstenaars soos Marion Holm, Koos Kombuis, Dowwe Dolla, Cintaine Schutte, Deon Lotz, Matthew Ribnick, Jak de Priester en vele meer belowe vermaak, meelewing en inspirasie uit die boonste rakke!
Kalfiefees 2021 - 'n ware fees van Afrikaanse kultuur!