Dis Kalfietyd in ONRUS, SANDBAAI en HERMANUS
Die Jaarlikse Hermanus Times Kalfiefees bring weereens die room van Afrikaanse talent na die Overstrand! Vier saam met ons 6 dae van teater, komedie, kuns en musiek; alles in een naweek van vermaak vanaf 4 tot 9 Augustus.
Vertonings deur kunstenaars soos Sandra Prinsloo, Koos Kombuis, Arno Carstens, Anna Davel, Frank Opperman, Waldemar Schultz, Jak de Priester en vele meer belowe vermaak, meelewing en inspirasie uit die boonste rakke!
#kalfiefees2022 - 'n ware fees van Afrikaanse kultuur!