Kalfiefees 2023

Page 1

2 Kalfiefees

Voorwoord van die burgemeester

Om te dink ’n volle jaar het verloop en hier is ons by die 2023-Kalfiefees. Baie dankie vir die voorreg om weer eens besoekers aan die Kalfiefees te verwelkom. Ons is ook ’n jaar nader aan die kwarteeufeesvieringe – ’n ongelooflike prestasie in die konteks van ’n volhoubare teater- en kunstebedryf. Overstrand het ’n ryk geskiedenis van akteurs, skrywers, fotograwe en liefhebbers van die letterkunde. Die wetenskap en kunste lê diep begrawe in die unieke karakter van veral Onrus. Onrus is as sinoniem van die jare sestig gesien. Menige storie het as ’n gedagte langs die seewaters van die Overstrand begin.

As last year, I again commit the support of my Council to this iconic item on the Overstrand Event Calendar. Year on year the Kalfiefees has shown growth, which in turn continue to make a noticeable impact on tourism. My council and I are really extremely excited to welcome every visitor to the Kalfiefees and Overstrand. Enjoy the shows and the unique beauty of Overstrand.

2023 3
4 Kalfiefees 4 Kalfiefees

Boodskap van die voorsitter

Geagte Kalfiefees-entoesiaste, Hierdie jaar vier ons die 23ste herdenking van die Kalfiefees! Dis voorwaar ’n fees om na uit te sien met wêreldklas-kunstenaars in die allermooiste Overstrand. Hierdie is ’n fees vir oud en jonk. Drama, komedie, musiek, kinderteater, boekbesprekings en kuns; iets vir elke feesganger se smaak. Die Kalfiefees gee die geleentheid aan kunstenaars oor die hele land heen om byeen te kom en gehore uit alle windrigtings te vermaak. Ons akteurs, regisseurs, tegnici en kunstenaars is van die beste in die wêreld.

Die fynproewers kan gerus ons restaurante en wynplase ondersteun, of die fikses kan ’n staproete aanpak; niks so verfrissend soos ’n wandeling langs die kus en wie weet, dalk word julle deur ’n walvis of twee verras!

My opregte dank aan die direksie en komiteelede wat, sonder aarseling, skouer aan die wiel gesit het om weer eens van die fees ’n unieke geleentheid te maak. Dit verg noukeurige beplanning en baie harde werk om die Kalfiefees op die planke te bring. Maar dan ook ’n besondere woord van dank aan ons borge wat ons so getrou ondersteun, sonder julle sou die Kalfiefees nie elke jaar die lig kon sien nie. Ons dink dan ook in besonder aan diegene wat bevoordeel word uit die Kalfiefees: boeksakke gevul met skryfbehoeftes vir kinders en bystand aan die Nagskuiling. Die direksie se visie is om in die toekoms die kunste in die gemeenskap te bevorder om ’n liefde vir kuns te kweek, want hieruit kom ons toekomstige kunstenaars en gehore. Besoekers moet die produksies terdeë geniet – daar is iets vir almal!

– Jan de Ruyter

Ontmoet die komitee

2023 5
Debbie van Vuren Kuns/Funksies/Borge Kathy Botha Admin/Finansies Hester Finberg Feesorganiseerder
Mari
061 520 9041 admin@kalfiefees.co.za www.kalfiefees.co.za Facebook/Instagram: kalfiefees
Lisa Spaarwater Produksie/Bemarking Jimmy Hattingh Borge/Gemeenskapsprojekte
Nel Finansies
6 Kalfiefees 6 Kalfiefees

Ek en die Blues

Met sy kenmerkende kitaar en bekfluitjie het Valiant Swart al baie harte gesteel. Die jaar gaan die plaaslike inwoner van Onrus die Kalfiefees open met sy produksie Ek en die Blues. Dis vir my ’n eer om Kalfiefees 2023 te open. My konsert bestaan uit die liedjies en stories wat ek nou al vir meer as 30 jaar na die verhoog bring; sommiges laf en vrolik, ander meer ernstig. Ek reik vanjaar ook ’n splinternuwe album uit – die eerste een in sewe jaar – so daar is ’n hele aantal nuwe liedjies wat lugtyd gaan kry, tesame met ou gunstelinge soos “Sonvanger” en “Eyeshadow”, en, natuurlik, die blues.

• Geborg deur Rola Groep

• Ouditorium • 18:00 • 60 min • R195

Dinsdag 8 Augustus - musiek Dinsdag 8 Augustus
musiek 2023 7
-
8 Kalfiefees

Die Oerkluts Kwyt

Die Oerkluts Kwyt met teks deur Antjie Krog en aangebied deur Antoinette Kellermann en Ancient Voices. Krog en Kellermann, wyd bemind en veel bekroond in die skryf-en teaterwêreld, het in 2022 albei 70 geword. Kom vier dié dubbele mylpaal saam met ons en luister hoe Antoinette, Antjie se onsterflike woorde –deurdrenk in eerlikheid, erns, ironie, liefde en al die “hot flushes” en “cold turkeys” tussenin – vertolk. “Die jonger mense wat deel is van Die Oerkluts Kwyt, wat elkeen ’n uitsonderlike oor vir gevoel en ritme het, was soos ’n veilige vangnet wat my kon toelaat om my ten volle oor te gee aan die digter se beeldskone taal en die musiek van haar woorde,” aldus Kellermann. Regie en samestelling: Frieda van den Heever,

• Geborg deur Dagbreek Trust, Rifine Anti Ageing Clinic

• Ouditorium • 12:00 ligte middagete en vonkelwyn

• Vertoning 13:00 • 75 min • R320

Woensdag 9 Augustus - komedie

Woensdag 9 Augustus - komedie

’n Gek vir jou

Twee jong narre, Yanni en Laurel, is op soek na liefde, maar met die speurtog moet hulle vele uitdagings van die 21ste eeu trotseer. Gaan hul vriendskap dit oorleef?

Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk lei jou deur ’n warboel van emosies in hierdie komiese narrespel oor vriendskap en die versugting na liefde. Wenner van die Première-teaterfees in 2022.

Produksiebestuurder: Ané Koegelenberg Beligtingsontwerp: Kara Cloete

• Ouditorium • 18:00 • 45 min (geen o.13) • R150
2023 9
Augustus
drama Vrouedag
Augustus
drama
Vrouedag 9
-
9
-
10 Kalfiefees ncy Space Weather Centre Engineering and Data Aquisision Magnetic Technology Science Centre nus et FREE! Booking is essential Call 028 312 1196 10 Kalfiefees Space Agency Tours Space Weather Centre Engineering and Data Aquisision Magnetic Technology Science Centre Wednesdays 11:00 - 12:00 SANSA Hermanus Hospital Street FREE! Booking is essential Call 028 312 1196

Donderdag

Kom ons vertel jou . . .

Woordklub se dramamakers bied twee verbeeldingryke stories aan: twee produksies in een! Die toneelspelers is almal kinders van die Overstrand, tussen die ouderdomme van 10 en 14. Kom ons vertel jou ’n storie, of twee! is aanmekaar gesit deur Marhette van Huyssteen en die toneelouers, o.l.v. Leanne Botes van Blackpepper Collective. Al die musiek is uit die pen en vingers van Anneline Hugo. Voor pouse ontdek die gehoor die absurde wêreld van Die land van die groot woordfabriek deur Agnés de Lestrade en Valeria Docampo: Die land is vaal van die drukkersink en rondwaaiende oorskietwoorde. Net hier en daar is ’n spatsel kleur, wanneer iemand genoeg geld kon spaar om ’n sinvolle woord of twee te sê.

Ná pouse gaan ons saam op Simon se fantasiereis na die eiland in sy verbeelding. Die storie is ’n teaterontdekking van walvisse, ’n magiese halssnoer en natuurlik die sluwe Seerower Mosselbaard! Dié storie is tydens ’n Woordklub-skryfkursus uitgedink en geskryf deur die 12-jarige Nikah Botes.

Thursday 10 August – Dance Thursday 10 August – Dance

Birthing Nureyev

Rudolph Nureyev was a Russian dancer, and Henque Heymans’ award winning book Birthing Nureyev is based on his life. This dance-infused theatrical production focuses on Nureyev’s extraordinary dramatic defection from Russia on 26 June 1961.

Choreographed and performed by Ignatius van Heerden with direction by acclaimed André Odendaal. Van Heerden’s passion for dance is expressed in jazz, ballet and contemporary dance forms.

Dancer: Ignatius van Heerden with a dancer from Andriëtte School of Dance, Hermanus.

Producer: Leftfoot Productions

• R190
• Auditorium • 18:00
55 min
2023 11
De Wetsaal •
16:00
80 min
R120
10 Augustus – kinderteater Donderdag 10 Augustus – kinderteater
12 Kalfiefees 12 Kalfiefees

Vrydag 11 Augustus – gesprek Vrydag 11 Augustus – gesprek

Skep hoop deur aksie

Ons almal is bewus van verval en vele uitdagings wat ons land in die gesig staar. Wat kan ons doen om hierdie kwessies in ons eie gemeenskappe aan te spreek? Ons kan hoop skep deur aksie te neem. Ons sprekers gesels oor praktiese voorbeelde van wat gedoen kan word. Daar is oplossings op vele gebiede.

“We are very very small, but we are profoundly capable of very very big things”. – Stephen Hawking

Die gesprekleier is Freek Robinson en die sprekers is Barend la Grange (Privilege Foundation), Ingrid Jones (Mikateko Media) en Jaanre Muller (PSG Wealth Hermanus).

Die gesprekleier Freek was ’n bekende gesig op televisie en het vir die afgelope 40 jaar gespesialiseer in politieke, ekonomiese en sosiale sake. Hy het die bekende program op kykNET, Robinson Regstreeks aangebied asook Fokus op SABC 2. Daar is nie ’n gelyke as dit kom by sy kennis oor politiek, ekonomie en ander sosiale belange van die land nie. Barend het al verskeie gesprekke saam met Freek gehad en is ’n bekende sakeman wat ’n groot belangstelling in politiek en hoe dit die ekonomie beïnvloed het.

• Geborg deur PSG Wealth Hermanus

• Ouditorium • 80 min • R180

Vrydag 11 Augustus - komedie Vrydag 11 Augustus - komedie

Rolex met ’n K

Speurder-sersant Lihan Wessels ondersoek ’n buitengewone juweelrooftog.

Die horlosie wat gebuit is, is ’n Rolex, maar nie net nog ’n Rolex nie. Een van net 10 in die wêreld wat met ’n k gespel word en wat deur ’n berugte meestervervalser op eksklusiewe internetveilings verkoop word. Die speurder se ondersoek lei hom na Jean du Randt, die plaasseun met ’n geheim, Louis-Louise LeBonn, die pierewaaier-fopdosser, en Leksie Pieterse, die prentjiemooi en betowerende winkelassistent by die juwelier. Wie is die skuldige of is daar ’n ander vangplek? Hierdie is die een “whodunnit” wat jou gaan laat skater en aan die raai hou. Dit is een van daardie produksies wat jy nie moet misloop nie en debuteer by die Kalfiefees.

Met Ruan Wessels/Ignatius van Heerden

Teks: Braam van der Vyver

Regisseur: Lihan Pretorius

Assistent-regisseur: Johan van der Merwe. • Geborg deur Naspers

Ouditorium • 16:00

• 70 min • R180
2023 13
14 Kalfiefees 14 Kalfiefees

Vrydag 11 Augustus - musiek Vrydag 11 Augustus - musiek

Raaf

Hierdie folk-pop-duo bekoor gehore al vir meer as 10 jaar met hul 12 instrumente en charismatiese optredes. Hul langverwagte debuutalbum, Sterrekind, is ook uitgereik Voorheen bekend as Bottomless Coffee Band, gee die egpaar, Esté en Lourens Rabé nou aan hul musiek vlerke onder ’n nuwe naam, Raaf. Met ’n gemiddeld van 150 vertonings per jaar, toer hulle gereeld deur Suid-Afrika en Namibië en het hulle by die Edinburg-Fringe-fees in Skotland ook opgetree.

Hul vierde album – en boonop hulle eerste Afrikaanse album – Prediker, word binnekort bekendgestel. Vervaardiger: Emma Kotze

• Sandbaaisaal • 18:00 • 80 min

• R180/R200/R220

Tino Vrydag 11 Augustus - musiek Vrydag 11 Augustus - musiek

Tino, die Tik Tok-ster, het vir homself ’n platekontrak losgesing met sy video’s en nou is sy langverwagte debuutalbum, Sterrekind, uiteindelik hier. Tino, oftewel Tinotenda Singe, is in 2002 in Harare, Zimbabwe, gebore. As kleuter het hy saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis en hulle in Swellendam gevestig. Hy het grootgeword met Engels, Shona en Afrikaans in die huis, maar het besluit om in Afrikaans te sing. “Ek is verlief op die taal en was mal oor die verskillende genres. Vriende was beïndruk met sy stem en het hom aangemoedig om dit op sosiale media te plaas. Hy het video’s op Tik Tok geplaas en spog tans met meer as 10 000 “followers”en meer as 30 000 “likes”. Met Sterrekind deel Tino vir die eerste keer musiek wat hyself geskryf het. Die album bestaan uit sewe “covers” en drie oorspronklike liedjies.

• DE WETSAAL • 20:00 • 60 MIN • R180 2023 15
16 Kalfiefees 16 Kalfiefees
2023 17

Cave Teater

Dit is ’n unieke konsep wat vir jong kunstenaars die geleentheid gee om hul talente bloot te stel.

Op 30 November 2022 open Story Team die Cave Teater se deure by die Ou Hawe Museum in Hermanus. Hierdie intieme teaterruimte ontstaan uit ’n droom, wat ontkiem tot ’n idee en groei tot ’n werklikheid. Die behoefte aan ’n kreatiewe en kulturele ruimte vir jong en talentvolle uitvoerende kunstenaars van ons gemeenskap, het Story Team aangespoor om die droom na te jaag tot realiteit.

Die Cave Teater is ’n teaterruimte waar plaaslike talent kan optree en hulle vaardighede kan ontwikkel met mentorskap en ondersteuning.

Ook bied die teater die geleentheid vir jong gehore om die sprankel van die teater te leer ken en te ervaar.

Story Team is dankbaar vir die geleentheid wat die Kalfiefees hulle vanjaar bied om die Cave Teater aan die wyer publiek bekend te stel.

Hierdie Kalfiefees-inisiatief en die ondersteuning van ons gehore, sal ons in staat stel om die teater verder te ontwikkel met die aanbou van ’n agter-verhoog en beter verhoogruimte vir ons akteurs.

Teater het die krag om individue te inspireer om hulle beste self te vind, dit kan mense transformeer om hulle eie doel en funksie te ontdek.

18 Kalfiefees

Die Cave Teater Die Cave Teater

. Jakkels en Wolf steel vir Wolletjiebol –poppekas (40 min). Jakkals het altyd ’n slim plan! Hy hou daarvan om mense om die bos te lei en hulle te bedrieg. Maar Jakkals hou nie daarvan om self te werk nie. Nee, arme Wolf moet altyd sy vuilwerk vir hom doen.Gaan Wolf vir Jakkals help om Wolletjiebol, die mooi skapie, te vang? Gaan Superslang dit regkry om die twee stouterds ’n les te leer?

. Die Keiser se nuwe klere – teater (50 min). ’n Nuwe en opwindende weergawe van die bekende verhaal. Keiser Krullebol het ’n probleem. Sy kleremaker is in Frankryk, sodat sy poedel Frans kan leer! Wat nou? Die keiser het ’n nuwe kostuum vir sy verjaarsdag nodig, wat reeds môre is! Gaan Google hom kan help? Dalk die Flambojante kalante of Glitteratie vir ’n party? Dalk Willie die skelm hofnar?

. Zoeki and Toeks – Puppet theatre (30 min)

Zoeki and Toeks are best friends and love to learn and play. They discover shapes, colours and numbers through fun-filled activities, song, dance and play. This interactive puppet theatre production will introduce a young audience to the magical world of the theatre.

. Gif – teater (60 min) Mathilda Bouwer is ’n vrou met drome. Sy glo in die onskuld van die liefde – tot die dag wat sy ’n vreemde goue haar op haar Romeo se kraag ontdek. Daardie dag het die wraak in haar hart kom lê en sy het aan gif begin dink. Tussen bloed en arseen het sy die kombuisdeur finaal agter haar toegetrek.

. Die Ou Hawe Museum bied aan: Het jy geweet? Daar is niks so lekker om vet pret te hê en ter selfde tyd ietsie nuuts te ontdek nie. Kom leer ’n bietjie oor ons ryk geskiedenis, die storie van Hermanuspietersfontein en ons eie mediese plante hier teen die kus.

. Boekbekendstelling en voorlesing deur dr. Arien van der Merwe My Blou Voël Boek van Liefde / My Blue Bird Book of Love. Dr. Arien is ’n bekende mediese dokter, spesialis holistiese berader en skrywer van vele gesondheids- en welweesboeke. Sy word dikwels in tydskrifte aangehaal en tree gereeld op as spreker. Haar eerste kinderboek, in Engels en Afrikaans, deur haarself geïllustreer, het pas verskyn en word tydens Kalfiefees in Die Cave Teater bekendgestel.

2023 19
20 Kalfiefees 20 Kalfiefees

My Fellow South Africans

This multi-sketch, My fellow South Africans, is a satirical commentary on all things contemporary in our beloved but challenging country. It is performed by a young woman actor, Kim Blanche Adonis. The production will include ZAPIRO Cartoon Projections and music.

Actor: Kim Blanche Adonis

Writer and director: Mike van Graan

• Auditorium • 10:00 • 65 min • R180

Saterdag 12 Augustus - komedie Saterdag 12 Augustus - komedie

Klinkklaar

Wilma en Jasmyn is twee TV-sjefs en glanspersoonlikhede. Albei is legendes van die bedryf, maar hul sterre is aan die verskiet.

In ’n poging om hul loopbane ’n hupstoot te gee, het hul agente ’n briljante plan: Laat hulle saam ’n kookprogram aanbied. Die enigste probleem? Hulle haat mekaar, maar hulle haat hul tanende gewildheid meer. So, waar daar ’n wil is, is daar ’n weg en in dié geval twee yster wille en een smal weg. Cameron, die regisseur, is die een in die spervuur as die divas se geveinsde gemoedelikheid begin verdwyn soos wat die program vorder. Gaan hul program ’n sukses wees, gaan daar ’n program wees, of gaan iemand in die proses sneuwel?

Teks: Ferdinand Bekker

Spelers: Deon Lotz, Marinda Engelbrecht en Susanne Beyers Regie, verhoogbestuurder en vervaardiger: Gaerin Hauptfleisch

• Ouditorium • 16:00 • 60 min • R180

2023 21
Saturday 12 August – comedy Saturday 12 August – comedy
22 Kalfiefees 22 Kalfiefees

Liewe Heksie vang vis

Ons almal se geliefde Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok, maar dit sukkel maar om ’n vis te laat byt.

Sy raak vreeslik opgewonde as sy wel daarin slaag: “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ‘n vis vang. Dan sing ek sommer ‘n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy, omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ‘n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Liewe Heksie het dringend julle hulp nodig. Verna Vels se immergroen verhale kry lewe met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.

Akteur: Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl

Saterdag 12 Augustus – musiek Saterdag 12 Augustus – musiek

Grensloos

André Schwartz en Coenie de Villiers, twee van Suid-Afrika se mees bekende musikante kombineer hulle kragte vir die eerste keer vir die produksie Grensloos. “Ons het al jare gedreig om saam iets te skep, en nou het daardie tyd aangebreek,” het Coenie verklaar.

Coenie verduidelik dat almal weet van André se internasionale status as sanger, maar nie almal besef dat hy ook ’n brijante klawervoorman is nie. Maar waarom die titel Grensloos? “Ons wou graag iets skep wat oor grense heen strek”, sê André. “Daar is ongelooflike asook minder bekende komposisies uit onder meer Frankryk en Nederland, en dan natuurlik ook uit Suid-Afrika.” Kom vier die lewe in woord en lied, uitgevoer deur twee van ons land se voorste musikante.

• Sandbaaisaal • 18:00 • 60 min • R180/R200/R220

2023 23
• Sandbaaisaal • 12:00 • 60 min • R120
Saterdag 12 Augustus – familie Saterdag 12 Augustus – familie

Many security barriers look the same but they certainly don’t wo our professional consultants who will show you our range of sec unique design and patented locking systems, proven to be the s g

ork the same Call one of curity barriers with their strongest on the market

Many security barriers look the same but they certainly don’t wo our professional consultants who will show you our range of sec unique design and patented locking systems, proven to be the s g

strongest on the market

24 Kalfiefees 22 Steenbras Street, Hermanus Industrial, 7200 EASY ON THE EYE.
TO GET THRO
TOUGH
ClearGuard Security Screen O o c
24 Kalfiefees Trellidor Overberg - 028 312 3215 22 Steenbras Street, Hermanus Industrial, 7200 EASY ON THE EYE.
TO GET
TOUGH
THRO
ClearGuard Security Screen OUGH.

12 Augustus – musiek Saterdag 12 Augustus – musiek

Saterdag

Liedjieboer 77 not out

Anton gaan vergesel word deur die maestro-ghitaarspeler lllimar Neitz.

Hierdie dinamiese duo speel al vyf jaar saam en het al baie harte gesteel.

Die Liedjieboer is sedert 1976 toe hy “Jantjie” laat opneem het, al volksbesit. Altesaam 19 van sy komposisies is in die nuwe FAKbundel opgeneem – meer as enigiemand anders. Nou 47 jaar later, bied hy en Illimar ’n keur uit sy werk aan van treffer liedjies wat al oor die 40 jaar saam in ons ore dans.

• De Wetsaal • 14:00 • 60-90 min • R180

Saterdag 12 Augustus - musiek

Saterdag 12 Augustus - musiek

Tweegesig

Hierdie jong opkomende kunstenaar lewer onder meer passievolle “covers” van bekende liedjies, in ’n toeganklike pop-enrock-styl, wat gehore laat saam sing en op hulle voete kry. Hy sing en vermaak mense al vandat hy ’n baksteen-en-’n-tiekie hoog is. Lliam is in Johannesburg gebore en het in Pretoria groot geword. Hy matrikuleer in 2018 aan die Hoërskool Florida en gryp die geleentheid aan om in Amerika te gaan werk. Ongelukkig ry die pandemie alle planne omver en moet hy terugkeer na Suid-Afrika. In November 2022 stel hy sy eerste enkelsnit “Tweegesig” bekend. Hierdie musikant en liedjieskrywer sê die volgende: “Dis in my bloed. Ek is mal daaroor om musiek te maak – om te sien hoe mense aanklank vind by lirieke en hoe hulle saamsing . . . ek waardeer dit om te sien en hoor hoe die musiek die gehoor se gemoedstoestand lig. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen en ek doen wat ek geniet”.

• De Wetsaal • 20:00 • 80 min • R150

2023 25
26 Kalfiefees 26 Kalfiefees

Hoerkind Sondag 13 Augustus - drama Sondag 13 Augustus - drama

Hy word ’n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ’n pedofiel. Alkohol- en dwelmafhanklikheid ry hom. Hierdie is die lewe van Herman Lategan, soos vervat in sy outobiografie Hoerkind. Herman se lewe is deur soveel oppe en affe, dat ’n mens verbysterd wonder hoe so baie dinge met een mens kan gebeur. Francois Toerien het die boek in ’n eenmanvertoning verwerk. Regie: Margit Meyer-Rödenbeck. • Ouditorium • 11:00 • 75 min • R195

S0ndag 13 Augustus - komedie S0ndag 13 Augustus - komedie

Reünie

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 40 jaar later vir die 1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir ’n reünie, soos beleef deur Petrus Boshoff, wat as verteller optree. Deur die loop van die aand kry die klasmaats darem ook hul beurt agter die mikrofoon om hul se te sê.

Die bekroonde joernalis en reisskrywer, Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer met Die uwe, Pottie Potgieter, Hond, Klaagliedere van dominee Tienie Benade en Donkie.

Die produksie is geskryf deur Dana Snyman en die regie is deur die jong opkomende De Klerk Oelofse behartig.

Sondag 13 Augustus - musiek Sondag 13 Augustus - musiek

8 Misses Croon

8 Misses Croon het in 2013 ontstaan vanuit lede van die Tygerberg Camerata-koor.

Hierdie vrouesanggroep bestaan uit Bettie Breytenbach, Karlé Briedenhann, Madri Gerber, Xtine Step i , Alana van den Berg en Elizbé van der Colff. Die musiek wat hulle kies is uit ’n wye reeks van genres. Pop, musiekblyspele, jazz en klassieke koor.

2023 27
• Sandbaaisaal • 13:00 • 65 min • R180/R200/R220
• Ouditorium • 15:00 • 60 min • R180
28 Kalfiefees H E R M A N U S ~ J O U H U I S S u e O l i v i é r 0 8 3 6 3 5 6 4 8 9

Boekbesprekings:

V Vrydag 11 Augustus 12:00- 13:00: Die hart het sy redes – Helena Gunter: Gunter se debuutbundel-kortverhale, Op ’n plaas in Afrika, word in 2008 bekroon met die Eugène Marais-prys en haal die kortlyste vir die Jan Rabie-Rapport- en die Letterkundeprys van die Universiteit Johannesburg. Die hart het sy redes verskyn in 2022.

Gespreksgenoot: Petrovna Metelerkamp Incanda-meubels, R20 by deur en ’n glasie wyn.

V Vrydag 11 Augustus 14:00 – 15:00: Dolos – Jaco Wolmarans: Wolmarans is ’n vryskutskrywer, videovervaardiger en fotograaf. Hy het sy loopbaan as misdaaden hofverslaggewer vir Afrikaanse dagblaaie in Port Elizabeth begin. Dit sou egter dekades duur, tydens ’n werksreis na Maputo in Mosambiek, voor sy debuut, Bos, gestalte gekry het. Hy het dit met Skag opgevolg. In sy jongste boek, Dolos, neem hy sy bekende recce-karakters terug na die Mosambiekse bos waar sy skryfloopbaan begin het.

Gespreksgenoot: Jonathan Amid

Incanda-meubels, R20 by deur en ’n glasie wyn.

V Saterdag 12 Augustus 12.00-13.00: Verkeerde Vrou – Irma Venter: Liela Oloffson is beeldskoon, beroemd en word bewonder as aktrise en filantroop. Sy is ook vermis. Na ’n argument met haar verloofde het sy in haar motor geklim en by ’n winkel stilgehou, waar sy kleinighede gekoop, net voor sy in die niet verdwyn het. Die roman is verdeel is nege dele wat elkeen ’n spesifieke dag, ’n letterlike 24-uur-siklus, verteenwoordig. Die opening is die Maandag na Liela se verdwyning, gevolg deur die daaropvolgende dae tot die Sondag.

Gespreksgenoot: Nadine Petric Incanda-meubels, R20 by deur en ’n glasie wyn.

V Saterdag 12 Augustus 14:00-15:00: The ANC billionaires: Big Capital’s Gambit and the Rise of the Few – Pieter du Toit: Du Toit is ’n bekroonde joernalis en assistentredakteur by News24. Hy is die outeur van die beste verkoper Stellenbosch Mafia (2019) en mede-skrywer met Adriaan Basson van Enemy of the People (2017). Pieter is ’n voormalige redakteur van Huffpost South Africa en nuusredakteur van Beeld. Gespreksgenoot: Jacques Pauw Incanda-meubels, R20 by deur en ’n glasie wyn.

2023 29

BEDDING

HERMANUS

30 Kalfiefees
Main Road Hermanus
3123265 E hfshop@mweb co za
62
CELEBRATING 40 YEARS T028
CARPETS
- GIFTS - FABRICS PROUDLY
- CLOTHING -
HOMEWARE
FACTORY SHOP

Die geskiedenis van die Kalfiefees

Die Kalfiefees het in 2001 in Hermanus begin. Cas van Rensburg en Niel le Roux het die vorige jaar na afloop van die jaarvergadering van die Walvisfees besef dat hierdie fees net op Engelsprekendes gerig is. Hulle wou die volgende jaar ’n Afrikaanse fees begin. So gesê, so gedaan!

In 2001 was die Ouditorium nog nie daar nie en is alle vertonings in die De Wetsaal gehou. Die ouditorium se begin was nie sonder haakplekke nie! Aanvanklik was daar nie klank of beligting nie en moes dit gou uitgesorteer word voor die opening. ’n Vleuelklavier is ook later vir die ouditorium aangekoop, wat ’n groot aanwins is vir al die musiekkonserte wat daar aangebied word. Ons fees was ook die begin van samewerking met die Hawstondramaliefhebbers met leiding van die Kalfiefees. Daar was ook soms ’n opvoering in Hawston se skoolsaal. Die dramagroep het gegroei en self toneelstukke geskryf en uit hulle geledere het bekende spelers gekom, soos onder andere Sherman Pharo, wat nou al lank in die telenovelle Arendsvlei gesien kan word, sowel as in rolle in buitelandse produksies. Die Kalfiefees het ook al nuwe produksies aangebied, soos Jan en Jorie, wat die storie van Jan Rabie en Marjorie Wallace vertel, wat lank in Onrus gewoon het. Dit het ook verder getoer en is in Engels vertaal. Cas van Rensburg het voor sy dood ook self ’n stuk geskryf vir die Hawston-spelers. Die Kalfiefees vervul ’n belangrike rol hierdie kant van die berg. Ons is ’n kunstefees met professionele opvoerings. Bekende akteurs het al hier opgetree, soos Sandra Prinsloo, Frank Opperman, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Laurika Rauch, Drie van die Bestes, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Deon Lotz, Refentse en vele meer. Te veel om op te noem! Ons fees spog ook met kuns, musiek, dans, kinderteater, boekbesprekings & ’n interessante aktuele gesprek. Hermanus het vele aantreklikhede en is ’n bron van inspirasie vir baie.

– Anna Spaarwater 18 jaar komiteelid

Logo en voorblad

Kseniia Nel het die logo ontwerp en dié jong kunstenaar van Oekraïne is steeds besig om met verskillende mediums te eksperimenteer. Nadat sy haar graad in kuns in Oekraïne verwerf het, het sy haar meestersgraad in Noorweë behaal. Sy het ook al kunsuitstallings in Oekraïne, Noorweë, Hongarye, Turkye en Roemenië gehad. www.kseniianel.com • Hanlie Farmer is die kunstenaar wat die voorblad ontwerp het en is al lank in die kunsbedryf. Sy het al verskeie kunsuitstalling gehou by onder meer Die Kalfiefees, The One Art Exhibition in Caledon, in Stanford en ook in Hermanus. www.facebook.com/hanadesigns

2023 31
Kseniia Nel Hanlie Farmer
ONRUS 028 316 2980 HERMANUS 028 050 2233 KLEINMOND 028 271 3553 Also of service in Betty’s Bay & Pringle Bay GANSBAAI 028 054 0034 STANFORD 028 316 2980 NAPIER 028 423 3201 WE’RE PROUD TO BE YOUR LOCAL PROPERTY SPECIALISTS HARCOURTS OFFICES We love what we do, and we’re great at it, too PROPERTY is our Passion! Passion! HERMANUS AND SURROUNDS Hermanus YOUR OUR CARE Family Family YOUR OUR CARE Family 32 Kalfiefees
Interactive e-magazine
by

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.