2016 Kalfiefees
4 – 9 Augustus
ONRUS – SANDBAAI – HERMANUS
Dis ‘n lekker lang naweek vanjaar en ons sien uit om julle te verwelkom by die Hermanus Times Kalfiefees 2016.
Tref nou al jou reelings vir verblyf en vlugte en kom Kalfie saam.
Van die kunstenaars wat gaan optree sluit in:
Vrydag 5 Aug - Besprekingsdebat vroeg-oggend en Marion Holm se wedervaringe
Saterdag 6 Aug - Vrouedagviering in die Harbour Rock Restaurant en komedie met die akteurspaar Diaan Lawrenson en Jody Abrahams
Sondag 7 Aug – Musiek met Lize Beekman, en drama in Pa met Chris van Niekerk in die hofrol
Maandag 8 Aug – Sangers Corlea Botha en Jannie Moolman saam op die verhoog, en Dowwe Dolla wat "ouma" word.
Dinsdag 9 Aug – Komedie in My Briljante Egskeiding, en kom beleef oudword saam met Eric Nobbs in 'n Kat in die duiwehok