2017
9 - 13 AUG
ONRUSRIVIER SANDBAAI HERMANUS
Welkom by die - INTERAKTIEWE 2017 Hermanus Times Kalfiefees Program Al die advertensies in hierdie e-boek is interaktief. Met 'n kliek kan u dus kontak opneem met enige van ons borge en adverteerders. Kaartjie verkope open 19 Junie, dan kan u ook regstreeks vanuit hierdie e-boek direk aanlyn u kaartjies bespreek vir enige van die vertonings. Kliek op die vertoning van u keuse en u word regstreeks gekoppel met daardie vertoning op Maklik, Gerieflik en eenvoudig...
Your FREE Lifestyle magazine
CLICK HERE TO READ IT NOW To advertise visit www.splashmag.co.za
YOUR HOME, YOUR VOICE, YOUR STATION TUNE IN TO 96FM OR CLICK HERE TO LISTEN LIVE
2
Welkom Kalfiefeesvriende Die Vrou - AG Visser Die vrou is die sout van die aarde, Die suurdeeg, beskou op die keper: Al hoër rys sy in waarde: Sy’s beide die sout en . . . die peper!
D
Jimmy Hattingh Voorsitter Kalfiefees
Die Kalfiefees-komitee is: Voor vlnr: Olivia Dickson (Media); Anna Spaarwater (Programsamesteller); Annemarie Rautenbach (Projekbestuurder); Elena Vorster (Vrouedag). Agter vlnr: Thys Sutherland (Regsaspekte); Arnold Hugo (Bemarking); Adolf Joubert (Tesourier). Afwesig: Peter van Schaik (Bemarking); Hester Finberg (Akkommodasie); Roelof du Toit (Logistiek) • Finansiële borgskappe: Hermanus Times, Overstrand Munisipaliteit, Naspers, Dagbreek Trust, PSG Wealth Hermanus, Rola Motors Hermanus, Realnet Sandbaai, Onrus Apteek, Toyota Hermanus, Aida Eiendomme, Maxitec, Redz Property, Seeff Properties • Bygedra tot borgskappe: Rola Motors Hermanus vervoer van kunstenaars, Wildekrans Wyne, Seven Springs Wyne, Whale Coast Radio, Agrimark, Hire Centre Onrus, Café Blu, Sir Fruit, SparkleKids, Cape Marquee & Bedouin Tente, Stanford Valley Guest Farm, Maxitec, OK Minimark Onrus, Domaine Des Dieux Wyne, Media24, ADT Sekuriteit, The Heat Shoppe and Coastal Gas, Birkenhead, Walker Bay Nursery • Geskenke en bydraes: Refine, Old Station Car Wash, Justine, The Viking Restaurant, EAT’s Restaurant, Wine Village, Allure Haarsalon, Onrus Health & Beauty Salon, Pro-Active Gym, Warwicks, The TreatMent Room, Wine Village Sandbaai • Verblyf aan kunstenaars: On the Vermont Gastehuis, Beaumont Gastehuis, 138 Marine Beachfront Guest House, Sandbaai Country House, Schulphoek Guest House, Pat’s Place, Misty Waves Hotel, Aloe House, Windsor Hotel, Pelagus House, Marine Hotel, Ocean’s Eleven GH, Gallery Studio Apartments, Abalone Lodge, Anha Casa, Whale Rock Lodge, Whale Coast Hotel, Grys Paleis, Harbour Vue, Chesham House, Zoete Inval Travellers Lodge, 186 Negende Str Voelklip, Selkirk House, !6 Reasons GH
KALFIEFEESKANTOOR
Binne die kuiertent by die De Wetsaal, Roosstraat, Onrusrivier Tel: (028) 316 1687 • Faks: 086 606 1687 • www.kalfiefees-hermanus.co.za facebook.com/kalfiefees • e-pos: kalfiefees@hermanus.co.za BESPREKINGS: By Computicket landwyd en Kalfiefeeskantoor, Onrusrivier (gedurende die fees)
Rola
Hermanus
PROGRAMUITLEG EN ONTWERP: MICHAEL MULLER 082 852 2895
ie sewentiende jaar van die Kalfiefees begin op Vrouedag, 9 Augustus 2017. Ons vier ook die aankoms van die walviskalfies waaruit ons fees se naam ontstaan het. Gestand aan die reputasie van die Kalfiefees kan ons weereens uitsien na top gehalte teater. Die Vrouedag-aanbieding gaan ’n hoogtepunt wees op Vrouedag. Ons besprekingsprogram behoort in die onstuimige politieke toestande dramaties te wees met die bekende dr. Piet Croucamp. Dan is daar ook die Wildekrans Rotariërs bergfietswedren en die manne wat omgee se fondsinsamelings-pretloop. Sonder ons lojale borge kan hierdie fees nie plaasvind nie en ons gee erkenning aan elke borg, of dit finansieël is, gaste-akkommodasie of geskenke op Vrouedag. Baie dankie - die Kalfiefees is dankbaar om elkeen as vennoot te hê. Die kuiertent langs die De Wetsaal is die hart van die fees, kom geniet iets om te eet en drink en om bande te smee met ou en nuwe vriende. Dankie aan die Kalfiefeeskomitee vir julle harde werk . . . wat ’n span! Ons nooi u uit om die fees saam met ons te geniet.
3
Geagte Kalfiefeesgangers
D
it is voorwaar my eer en voorreg om u as mede-Afrikaners en kultuur liefhebbers na die 17de Kalfiefees in Hermanus te verwel-
kom. Afrikaans as taal en kultuur-drywer lê my na aan die hart. Dit is my moedertaal, my denktaal, my hartstaal en my sielstaal. Dit is die instrument en kultuur wat my van kindsbeen by bly en my op die wandelpaadjie na sukses lei. Hulle sê Afrikaans is groot, maar ek dra dit saam met my waar ookal ek mag gaan. Dit is met hierdie uitgangspunt dat ek al die geesdriftige Kalfiefees-ondersteuners ‘n aangename en verreikende ervaring toewens. Ek wil ook my opregte dank aan die organiseerders, borge, sakevennote, plaaslike bydraers en belanghebbendes betuig - vir die pogings wat aangewend is om te verseker dat Hermanus weereens in staat is om Suid-Afrika se kreatiewe aanbiedinge so skouspelagtig aan te bied. Ons sien uit daarna om u tussen 9 en 13
Augustus 2017 saam met die walviskalfies, in ons idilliese kusdorp te verwelkom vir nog ‘n indrukwekkende vertoning van ons land se beste vermaaklikheidstalent. Rudolph Smith
Uitvoerende Burgemeester: Overstrand
4
OPENINGSAAND Gala-aand met Refentse Morake (Musiek)
Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2017 met die bekende en uiters gewilde sanger, Refentse Morake, kan open! Hierdie kunstenaar met die besonderse diep, warm stem het die afgelope jaar in die harte van menige kunstefeesganger en musiekliefhebber geklim. As wenner van 4 Ghoema-toekennings vanjaar en met die verskeidenheid van musiek wat hy na die verhoog bring, veral Afrikaanse musiek, is hierdie ’n geleentheid om nie te mis nie!
Do 10 Aug 19:00 Sandbaaisaal - 80 min - R180 (Wyn ingesluit)
5
MUSIEK Rooidag
Een van die lede van die bekende kitaarduo CH2, Leon Gropp, bied hierdie jaar vir die eerste keer ’n solo-vertoning ‘Rooidag’ aan. Hierdie nuut-gekomponeerde musiek deur Gropp self, met toonsettings van gedigte van NP van Wyk Louw, is ’n ervaring van hoogstaande musikaliteit verweef met besonderse talent om te beleef. Uit die mond van die kunstenaar self: ‘Ek sal altyd poog om betekenisvolle inhoud te skep deur my musiek. Om kuns te kan/mag skep deur musiek is myns insiens ’n massiewe voorreg, en dit mag nie toegesmeer of vervuil word deur kunsmatige intensies nie’. So 13 Aug 13:00 Burgersentrum • 60 min • R110
6
MUSIEK RADIO KALAHARI ORKES (Musiek) The Radio Kalahari orchestra (Music)
’n Honderd jaar agter die tye – maar steeds op die spoor. Direk van Slangfontein, Suid-Afrika, is die Radio Kalahari Orkes, die orkes van die legendariese Radio Kalahari in Slangfontein, ’n plek waarvan ons nie seker is of dit werklik bestaan nie, behalwe dat dit diep in die Kalahari lê. Dit is ’n plek waar jy in jou gedagtes kan gaan, ’n mitiese alternatiewe wêreld waar jy kan wees wat jy wil wees. Dit is ’n bietjie ‘crazy’ en onverklaarbaar. Radio Kalahari Orkes is ’n orkes wat in die verlede rondsoek vir inspirasie. Terwyl die woorde gewoonlik in die huidige geanker is, mik hulle vir musiek wat in jou voete begin, deur jou hart trek en in jou kop eindig. Die musikale progressie van die orkes is organies; elke album is ’n verslag van waar die skrywers op daardie tydstip was en daarna smag om musiek te maak wat die oomblik reflekteer in daardie moment met wysies wat klink asof dit uit ’n ander era kom. Ian Roberts is voorop met ’n vertoning van ‘folk-rock’ van tradisionele Afrikaans met outentieke akoestiese instumente, met musiek wat ghoema, Latyns en Afrika musiek behels en enige iets wat gevind word wat in en om die stofpad lê. Die orkes het al deur die lengte en breedte van Suid-Afrika, Namibië en Nederland getoer. Die orkesklank bestaan uit ’n verskeidenheid instrumente: viole, trekklaviere, konsertinas, mandoliens, banjo’s, wasborde, verskeie kitare, dobro, trompette, kontrabas, kazoo’s en Jan Vasmaak se mieliepit ‘Boozophine’. Their debut album, Stoomradio (2005) went gold and was accompanied by the Harry Kalmer play, Die Vloek van die Strandwolf, Opgestook in 2006 and was nominated in 2006 for Nagloper in 2007, as well as 2007 as the winner of the ‘De Kat, Ramkat Award’ as the best show at the Inniebosfees in 2007. In 2010 they are again nominated for a SAMA for Heuningland, followed by Die Geheim van Slangfontein in 2011 and
RKO Grootste Treffers in 2011. 2017 saw the release of the band’s brand new album, Mamba! The writers are Rian Malan and Ian Roberts and are joined by writer and poet Jaco van der Merwe of Bittereinder. The album features songs of myth, historical yarns, political insight, the sins of our fathers, love affairs from the Moot and along the way, a good laugh. Musically they believe that if a song doesn’t make you dance or smile, it should make you cry and of course it is bonus is all three happen at the same time! In Mamba!, more languages started to appear and besides Afrikaans, also English and Xhosa, and gypsy music. Bring the family along and enjoy a wonderful evening! Lede: Ian Roberts (Akoestiese kitaar, Kwêla- en mondfluitjie), Wynand Davel (Viool), Barry Steenkamp (Baskitaar), Alicia van Dyk (Trekklavier), Friso Woudstra (Kitaar en Banjo) en Bradley Cooper (Dromme)
Sat 12 Aug 20:00 Sandbaaisaal • 75 min • R120
7
Die Stellenbosch Libertaskoor olv Johan de Villiers KAAP, MZANSI & BEYOND
Hierdie produksie het ’n sterk eg-Kaapse inslag, met besoeke ook aan die res van ons land en daarbuite. Verskeie opdragverwerkings word vir die eerste maal uitgevoer, waaronder District 6: The Musical medley deur Camillo Lombard, Pacific Express se I Hear Music deur Ramon Alexander, die eietydse gesang In Christ Alone deur Gerhard Niemand, asook Amanda Strydom se Ek Loop Die Pad en Joshua na die reën se Lig Op Die Horison deur Melissa van der Spuy. Daarbenewens word ’n aantal a cappella motette, onder andere And The Mother Did Weep, van die Walliese komponis Karl Jenkins uitgevoer. Outentieke vertolkings van tradisionele Zulu volksmusiek voltooi die aanbod van hierdie musikale reis. Klavierbegeleier: Ramon Alexander
So 13 Aug 15:00 NG Kerk Gemeentesentrum, Onrusrivier 60 min • R120
8
MUSIEK Coenie de Villiers
Hierdie uiters gewilde sanger kom maak vanjaar vir die eerste keer in ’n baie lang tyd weer ’n draai by Kalfiefees 2017. As liriekskrywer en musikant is daar nooit ’n droogte aan nuwe en innoverende musiek in sy optredes nie soos wat sy pas voltooide CD Emoji van kan getuig. Hy geniet dit om met Afrikaanse lirieke te speel in sy musiek maar bind homself nie net aan een genre nie. As bekende kunstenaar by verskeie kunstefeeste is ons besonder trots om hom ook as musikant vanjaar by die Kalfiefees terug te verwelkom.
Sa 12 Aug 16:00 Sandbaaisaal • 60 min • R120
9
Droom Martha Droom Ons is bevoorreg om vanjaar weer die unieke stem en pragtige musiek uit die pen van Koos van der Merwe terug te bring na die Kalfiefees. Met die nuwe album, Droom Martha, Droom bring die kunstenaar meestal sy eie werke en ’n paar nuwe Leonard Cohen vertalings na die verhoog. Hierdie is ’n musiekervaring wat jy nie moet misloop nie.
Wo 9 Aug 20:00 Burgersentrum 60 min • R120
BOUMATERIAAL, VERF en verwante PRODUKTE beskikbaar by Agrimark Hermanus: Verfreeks en -dienste sluit in:
• Gratis opmeet van huise • Vogtoetse • Verfkwotasies asook -spesifikasies • Dulux • Jotun • Soudal • Laminin Paints • Buccaneer Liquid Plastics (waterdigting industrieël & DIY) • Professionele verf spesifikasies
Boumateriaalreeks en -dienste:
• Aflewerings (ons het nou ‘n nuwe 8 ton-vragmotor) • Volledige kosteberaming van bouplanne, kappe, dakke ens.• Deure, rame, hout & aluminium • Dakke en reënwater• Watertenke • Stene • Geute • Plafonborde • Sement (PPC & IDM) • Boukalk • Bou-houte • Brickforce • Veiligheidsklere
Verdere dienste sluit in:
• Rekeningfasiliteite beskikbaar • RCS Hoofweg Sandbaai T: 028 316 4552 | F: 028 316 4016 E: hermanus.agrimark@kaapagri.co.za W: www.myagrimark.co.za Boumateriaal-bemarker: Jacques Goosen | jacques.goosen@kaapagri.co.za
10
KOMEDIES MUSIEK Magda Louw
Iewers tussen haar herfs- en winterjare sit Magda Louw met leë nes-, menopouse- en oortollige middelrif-sindroom. Almal het al ’n Magda ontmoet en liefgekry, of loop haar dalk self soggens in die spieël raak. In dié opvoering neem sy ons saam op ’n besoek aan die ginekoloog. Sy weet hoe om te lag, ondanks die bittere feite van oudword, eensaamheid en die bleddie skaal wat nie wil toegee nie. Met Desiré Gardner Regie - Hannes van Wyk
Vr 11 Aug 20:00 en Sa 12 Aug 13:00 De Wetsaal • 50 min • R110
Fortyfied
Fortyfied explores a variety of subjects. There will be stories, there will be accents and – it will be funny, which is all you really have to know. Historically speaking, most of you will enjoy it very much, a small minority will hate it, and yet another small minority will love it so much you’ll want to give a standing ovation but feel too awkward to do so. To the latter, we urge you to overcome your fears before attending the show, remember – standing ovations don’t start themselves. With Nik Rabinowitz
Sa 12 Aug 10:00 Sandbaai Hall • 80 min • R120
12
KOMEDIES MUSIEK Die Buiteegtelike Ouma
’n Jong tandarts, dr. ‘Tanne’, is ’n rokjagter soos min anders as sy buurman en vriend, dr. Koos Knuppel, wie se waarskuwings op dowe ore val. En toe is daar inderdaad ‘die glips’ waarop dr. Tanne nie gereken het nie en hy sit met ’n pienkvoet. Om alles te kroon daag sy ma onverwags op om haar bedorwe seun te kom vertroetel. Met Bjorgen Arendse en Helen Swartz in die hoofrolle en Ray Schoombee as regisseuse sal die gehoor nie sonder ’n glimlag huis toe gaan nie. Met Bjorgan Arendse, Nelmarie Jooste, Helen Swartz, Natasha Steneveld en Neville Hess Seabreeze Productions
Wo 10 Aug 20:00 De Wetsaal • 60 min • R100
13
Strooijonker
Strooijonker is ’n desperate poging deur Lukas Basson om ’n strooijonkertoespraak by sy beste vriend, Jean Vorster, se troue te maak. Maar Lukas is nog al die jare verlief op Jean se bruid, Cheryl Liebenberg, ’n ou skoolvriendin. Die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkelwyn is net een te veel vir dié stomme man. Hy raak gou die pad byster en voor hy kan keer, bevind hy hom kniediep in die Vorsters, die Liebermans en sy eie vuil wasgoed – ten aanskoue van die geskokte trougeselskap. Niksvermoedende lede van die gehoor word gou uitgeken as onder andere Jean, Cheryl, hul ouers en ’n paar ander karakters. Dis ’n skreeusnaakse en hartroerende komedie, wat die gehoor uitnooi om deel te wees van die drama en die kollig skyn op die onrealistiese eise aan onsself by sulke geleenthede. Met De Klerk Oelofse Teks De Klerk Oelofse en Regie Louw Venter
Vr 11 Aug 17:00 & 20:00 Burgersentrum • 60 min • R110 Geen O/13
Omvattende professionele beleggingsadvies Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. Portefeuljebestuur en Aandelemakelary HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16
14
KOMEDIES MUSIEK Ooms
Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie ’n gewone ouetehuis nie, dis eerder ’n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Die tehuis is op ’n luukse landgoed iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos ’n tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy ‘vrywillig’ uit Huis Phoenix uitkom, is in ’n doodskis. Pierre (Tobie Cronjé) is al ’n hele ruk hier en het ’n paar keer al probeer ontsnap. Hy is die swartskaap en word deurgaans dopgehou. Frans (Gerben Kamper) het sopas daar aangeland, glo geskors uit huis Silwerkruin oor sy onhebbelike gedrag en nóú begin die poppe dans! Die ooms stamp uit die staanspoor kop, maar besef gou dis nie “ons teen mekaar nie” ... dis eerder “ons teen die kinders!” Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei
Ag, ek val sommer met die Holm in die huis
Hierdie produksie is Marion Holm en Chris Vorster se negende haas wat hulle uit die hoed ruk. (En géén haas is beseer tydens die proses van uitruk en op die planke bring nie.) Dit is Holm se 14de eenvrouvertoning en hierdie keer praat sy vir ’n slag nie nét bog nie,
as dit deel uitmaak van ’n indrukwekkende ontsnappingsplan! Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie. Die Ooms is snaaks, slim en klaargepraat! Aangewys as Gewildste produksie by Innibos 2016, Uitverkoop by Vrystaatfees 2016, Aardklop 2016 sowel as Woordfees 2016. Met Tobie Cronjé en Gerben Kamper • Regie – Chris Vorster
Vr 11 Aug 20:00 Sandbaaisaal • 70 min • R130 Geen 0/14
nee-heeee . . . hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie . . . maak nie saak hóé ryk of mooi of maer jy is nie. Sy klets oor prettighede soos siektes, ouderdom, swaarkry en leed – sonder enige lewenservaring, maar met baie humor! Hierdie mag dalk die meeste wees wat jy nog ooit gelag het oor swaarkry en swaar wees. Soos gewoonlik is Holm se daaglikse doen en late die onderwerp, inhoud en oorsaak van die grap. (Alle grappe is tuisgebak en ten koste van haarself.) As jy voel die druk van ons moderne samelewing word vir jou te veel, is hierdie die vertoning vir jou – jy sal uitstap en baie beter voel oor jou swaar lewe. (As jy dit egter geniet om teneergedruk te wees, is hierdie dalk nié die show vir jou nie!) Met Marion Holm Teks - Chris Vorster en Marion Holm
Sa 12 Aug 10:00 en So 13 Aug 10:00 De Wetsaal • 75 min • R120
2017 DAGPROGRAM WOENSDAG 9 AUGUSTUS 10:00 OPENING KUNSUITSTALLING Burgersentrum
11:00 VROUEDAGVIERING
met Hykie Berg en Marno van der Merwe en seremoniemeester, Paul du Toit R200 • 180 min The Classroom Restaurant
15:00 JAN EN DIE BOONTJIERANK (Kinders)
R50 • 45 min De Wetsaal
20:00 DROOM MARTHA DROOM (Musiek) met Koos van der Merwe R120 • 60min Burgersentrum
20:00 DIE BUITE-EGTELIKE OUMA (Komedie)
met Bjorgan Arendse, Nelmarie Jooste, Helen Swartz, Natasha Steneveld en Neville Hess R100 • 60 min De Wetsaal
DONDERDAG 10 AUGUSTUS 19:00 GALA-AAND (Musiek)
met Refentse Morake R180 (Wyn ingesluit) • 80min Sandbaaisaal
VRYDAG 11 AUGUSTUS
20:00 OOMS (Komedie)
met Tobie Cronjé en Gerben Kamper R130 • 70 min • Geen 0/14 Sandbaaisaal
20:00 MAGDA LOUW (Komedie)
met Desiré Gardner R110 • 50 min • De Wetsaal
20:00 STROOIJONKER (Komedie) met De Klerk Oelofse R110 • 60 min • Geen 0/13 Burgersentrum
SATERDAG 12 AUGUSTUS 10:00 AG, KOM EK VAL SOMMER MET DIE
HOLM IN DIE HUIS (Komedie) met Marion Holm R120 • 75 min De Wetsaal
10:00 FORTYFIED (Comedy)
with Nik Rabinowitz R120 • 80 min Sandbaai Hall
10:00 NêRENS, NOORD-KAAP (Drama) met De Klerk Oelofse, Geon Nel & Albert Pretorius R120 • 65 min • Geen 0/16 Burgersentrum
09:00 BESPREKINGSDEBAT
13:00 NêRENS, NOORD-KAAP (Drama)
Die ANC se Leierskonferensie in 2017 09:30 met Dr. Piet Croucamp R150 • 120 min Burgersentrum
met De Klerk Oelofse, Geon Nel & Albert Pretorius R120 • 65 min • Geen 0/16 Burgersentrum
17:00 STROOIJONKER (Komedie)
13:00 HOND (Drama)
vir
met De Klerk Oelofse R110 • 60 min • G 0/13 Burgersentrum
met Frank Opperman R110 • 80 min • Geen 0/14 Sandbaaisaal
2017 DAGPROGRAM SONDAG 13 AUGUSTUS 13:00 MAGDA LOUW (Komedie)
10:00 IMMORTAL (Drama)
16:00 JAN EN DIE BOONTJIERANK (Kinders)
10:00 AG, KOM EK VAL SOMMER MET DIE
met Desiré Gardner R110 • 50 min De Wetsaal R50 • 45 min De Wetsaal
16:00 COENIE DE VILLIERS (Musiek) R120 • 60 min Sandbaaisaal
17:00 MOEDERTAAL (Drama)
met Sandra Prinsloo R130 • 60 min • Geen 0/12 Burgersentrum
19:00 DROUGHT (Drama)
with pupils from Hermanus High School R100 • 60 min De Wet Hall
20:00 MOEDERTAAL (Drama)
met Sandra Prinsloo R130 • 60 min • Geen 0/12 Burgersentrum
20:00 RADIO KALAHARI ORKES (Musiek) 75 min • R120 Sandbaaisaal
with Jenna Dunster R110 • 60 min Civic Centre
HOLM IN DIE HUIS (Komedie) met Marion Holm R120 • 60 min De Wetsaal
11:30 DIE ONTELBARE 48 (Drama/Komedie) met Wessel Pretorius R120 • 70 min • Geen 0/16 Sandbaaisaal
13:00 ROOIDAG (Musiek)
NP van Louw Toonsettings met Leon Gropp van CH2 R110 • 60 min Burgersentrum
13:00 MA MIA! (Komedie)
Seabreeze Produksies met Melanthea Hess, Bjorgan Arendse, Natasha Steneveld, Nelmarie Jooste en Helen Swartz R100 • 60 min De Wetsaal 15:00 LIBERTASKOOR (Musiek) olv Prof. Johan de Villiers R120 • 60 min NG Kerk, Gemeentesentrum - Onrusrivier
18
MUSIEK DRAMAS Die Ontelbare 48
Dis Woensdagaand op ’n dorpie in die Laeveld en tyd vir die maandelikse fliekaand. Wessel Pretorius stel ons bekend aan vier van die 48 dorpenaars wat bymekaarkom om The Sound of Music te kyk. Dié satiriese drama vier die mens se uithouvermoë en kyk na ons menslikheid wat almal, ongeag hoe anders elkeen dink of leef, saambind. Met Wessel Pretorius • Teks en Regie - Wessel Pretorius
So 13 Aug 11:30 Sandbaaisaal • 70 min • R120 Geen 0/16
Hond
’n Hond is ’n man se beste vriend, veral wanneer sy huwelik maar wankelrig is en dit beslis nie sy vrou is wat hom by wyse van spreke stertswaaiend by die huis inwag nie. Maar wat gebeur as die hond oud en siek word: Moet hy uitgesit word? En wanneer? Hond is soms hartseer, en soms snaaks, nes die lewe. Met Frank Opperman Teks - Dana Snyman • Regie - Gerrit Schoonhoven
Sat 12 Aug 13:00 Sandbaaisaal • 80 min • R110 Geen 0/14
19
Immortal
1911. A train crossing Blaawkrantz Bridge derails and dozens of people plunge to their death. Six-year-old Hazel is caught by the girders and survives. This is her story – but it’s also the story of timeless spirits and ancient conflicts. Where was God that day? With Jenna Dunster Text - Peter Terry Director - Chris Weare
Sun 13 Aug 10:00 Civic Centre • 60 min • R110
Drought
Let’s Communicate presents an exploration of the senses. See, Listen, Experience . . . as these local young actors combine poetry, movement and drama to create a very relevant theatrical piece. With pupils from Hermanus High School Director - Elenoré Wilson
Sa 12 Aug 19:00 De Wet Hall • 60 min • R100
20
MUSIEK DRAMAS Moedertaal
Na die ongelooflike sukses van Die naaimasjien en Oskar en die pienk tannie keer Sandra Prinsloo terug in ’n nuwe solo-vertoning, Moedertaal, ’n beeldskone verhaal van deernis, liefde en Afrikaans, uit die pen van Nico Scheepers. Om jou gesin te oorleef is die grootste hartseer. Met Sandra Prinsloo • Teks en Regie – Nico Scheepers Musiek - Liesel Harris-Kruger Geborg deur
Sa 12 Aug 17:00 en 20:00 Burgersentrum • 60 min • R130 Geen 0/12
21
Nêrens, Noord-Kaap
Drie broers word groot in Nêrens, ’n weggooidorpie diep in die hart van die Kalahari. Kleintyd was hulle onafskeidbaar, maar het deur die jare verder en verder uitmekaar gedryf. Nou, teen hulle sin, moet hulle mekaar weer sien op die plaas wat hulle agtergelaat het. Dié nuwe stuk deur Nico Scheepers is ’n teëstuk vir sy uiters geslaagde Amper, Vrystaat. Met De Klerk Oelofse, Geon Nel en Albert Pretorius Teks en Regie - Nico Scheepers
Sa 12 Aug 10:00 en 13:00 Burgersentrum - 65 min - R120 Geen 0/16
22
MUSIEK KINDERS Jan en die Boontjierank “Elke masker het ’n storie wat jou kan help, o ja, gedorie, om bietjie beter te besluit wanneer jy moet in of uit!”
Só sing Isisombululo, die storie-vertellende reisiger by wie Jan vier vreemde boontjies kry in ruil vir hulle koei, Melkmeisie. Maar sal dit hom en sy ma ooit kan help oorleef nadat Burgemeester Boe sy ma se werk as groentetuin-tuinier afgeskaf het? Veral aangesien niemand nog ooit vir Boe gesien het nie, en hy niemand in sy kasteel-huis toelaat nie. Boonop word daar vertel dat hy ’n reus is! Dalk kan Liefie hom help . . . Story Team se verwerking van die klassieke sprokie is in ’n vars, trots Suid-Afrikaanse konteks geskryf, spesiaal vir ’n gehoor van ses- tot dertienjariges.
Met Celeste Slabber-Loriston, Marhette van Huyssteen, Zizo Ngqwane en Felicity Tobias. Masker deur Nkosinathi Thomas Ngulube van Thomarts Gallery in Kaapstad. Teks: Marhette van Huyssteen
Wo 9 Aug 15:00 en Sa 12 Aug 16:00 De Wetsaal • 45 min • R50
23
KUNS Kalfiefees-kunsuitstalling:
Dié Kunsuitstalling, wat Woensdag 9 Augustus om 10:00 amptelik geopen word, is net die plek waar jy werke van kunstenaars in en rondom Hermanus kan besigtig. Dit vind weereens plaas in die foyer van die Burgersentrum. Kom maak gerus ’n draai tussendeur die Kalfiefees-vertonings of kom ’n bietjie vroeër na jou vertoning by die Burgersentrum en kom ontmoet die kunstenaars en gesels oor hulle werke. Dalk geval die pragstukke jou dat jy een of twee werke selfs aankoop. Hermanus en omgewing is ryk aan kultuur en veral kunstenaars. Hierdie is ’n gulde geleentheid om ’n groot verskeidenheid werke onder een dak te sien en jou eie kunsversameling uit te brei. Burgersentrum, Hermanus
24
KAARTE
VROUEDAGVIERING MUSIEK Vrouedagviering met Hykie Berg en Marno van der Merwe
Kom vier saam met ons ’n heerlike Vrouedag by The Classroom Restaurant in die geselskap van Hykie Berg (bekende akteur en geleentheidspreker) en die sanger Marno van der Merwe (bekende akteur, en aanbieder van Varsity-Sing) met akteur Paul du Toit as seremoniemeester. Kom geniet ook ’n heerlike middagete soos voorberei deur die Warwick Chef School se bekwame spyseniers. Geborg deur
Wo 9 Aug 11:00 The Classroom Restaurant • 180 min • R200
25
AKTUALITEIT MUSIEK Besprekingsprogram
Spreker: Dr. Piet Croucamp Tema: Die ANC se leierskonferensie in 2017: Die faksies, die gevegte en uitkomste vir ons demokrasie. Dr. Croucamp is ’n bekende politieke kommentator verbonde aan die Noordwes Universiteit. Hy vra, ‘‘Wat het oorgebly van die liberaal-demokratiese grondwet met die verval van orde en kompromie binne die regerende party en waarheen vir die opposisie-partye?’’ Hy vra ook, “Wat is die toekoms van die narratief wat die EFF voorstaan? Wat laat ons na vir ons kinders?” Geborg deur
Vry 11 Aug 09:00 vir 09:30 Burgersentrum • 120 min • R150
26
KUIERTENT Kom kuier saam in die kuiertent
Soos elke jaar is die hart van die Kalfiefees weer by die De Wetsaal in Onrus in ’n kuiertent wat geborg word deur Seeff Eiendomsagentskap. Al storm en sous dit buite soos dikwels gedurende die Kalfiefees, het ons ’n toe tent met verwarmers binne, so die tent sal staande, droog en warm wees. Binne-in die tent is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie opraak nie en tee en koffie sal aanhoudend prut. Heerlike verskeidenheid van eetgoed sal die innerlike kan versterk. En aan die naburige inwoners, (en kunstenaars wat in die De Wetsaal optree) wil ons net sê daar sal nie uitbundige harde musiek tot laataand wees nie . . . net ’n rustige atmosfeer met strelende klanke. (Maar mens weet nooit . . .) Die Kalfiefeeskantoor is ook in die tent waar jy raad, inligting en aanwysings kan
Geborg deur
kry. Kaartjies vir alle vertonings kan gedoen word by Computicket in die Checkerssentrum, maar sal ook beskikbaar wees by die kuiertent gedurende die feesnaweek. Kaartjies kan ook ’n uur voor alle vertonings by die venue-deur gekoop word maar moet dit eerder nie waag nie, die kans is groot dat jy nie plek sal kry nie.
De Wetsaal, Onrusrivier
28
KALFIE-PRETTRAP MUSIEK Wildekrans Rotary MTB Adventure Scheduled to take place on Saturday, 12th August 2017, this event will form part of the programme of the very popular annual Kalfiefees in Hermanus. It is organised and managed by the Rotary Club of Hermanus in conjunction with the well-known Bot River Wine Estate, Wildekrans. All proceeds will go towards supporting the numerous charitable projects of the club. The aim is to offer mountain biking enthusiasts a non-competitive ride with a not-too-challenging 35 km track, magnificent scenery and loads of fun. Two separate kids’ rides of 5 km and 10km respectively will give the youngsters an opportunity to show off their skills. This event promises lots of entertainment for the whole family – an adventure not to be missed! Details on how to enter for the race as well as registration fees will be available soon.
Die Wildekrans-Rotary MTB Adventure vind plaas op Saterdag 12 Augustus 2017. Dié aktiwiteit word vanjaar vir die tweede keer ingesluit by die program van die Kalfiefees in Hermanus. Dit word georganiseer deur die Rotary Klub van Hermanus in samewerking met die welbekende Wildekrans Estate in Botrivier. Die opbrengs van die geleentheid sal uitsluitlik gebruik word vir die verdere ondersteuning van die liefdadigheidsorganisasies wat deur die Rotary Klub van Hermanus ondersteun word. Die doel van hierdie aktiwiteit is om ’n niete-mededingende bergfietsgeleentheid van 35 kilometer vir entoesiaste aan te bied. Die roete is ’n unieke roete op Wildekrans wat ’n ongelooflike pad deur die pragtige omgewing sal neem. Sekere dele van die roete is pas gemaak vir hierdie geleentheid en sal vir die tweede keer gebruik word. Twee verdere roetes van onderskeidelik 5km en 10 km word vir kinders aangebied sodat die jongelinge en ander familielede ook hulle vaardighede kan kom toets en geniet. Die geleentheid beloof om hope vermaak en opwinding in te sluit vir die hele gesin en is ’n geleentheid wat jy liewer nie moet misloop nie. Verdere inligting oor hoe om in te skryf vir die wedren asook registrasiefooie sal later bekend gemaak word.
Hermanus Showroom Hermanus Showroom
Hemel & Aarde Village, Hermanus Hemel & Aarde Village, Hermanus
hermanus@woodenways.co.za hermanus@woodenways.co.za
028 050 0589 028 050 0589
CALEDON R320
CALEDON N2
CALEDON R320
CALEDON N2
HEMEL-EN-AARDE VILLAGE HEMEL-EN-AARDE VILLAGE
KIDBROOKE
NU MA H ER
ST
U
ONRUS
VERMONT
R43
AD
ONRUS
R43 R43
O ER
M P SI T IM CA BON HA RO TE CAM P SI NIM O B HA
AD
RN OFF TU US AN RM N OFF E H R
KIDBROOKE R43
CURRO PRIVATE SCHOOL CURRO PRIVATE SCHOOL
VERMONT
CAPE TOWN CAPE TOWN
SANDBAAI
Deliveries Countrywide Deliveries Countrywide www.woodenways.co.za
SANDBAAI
www.woodenways.co.za
HERMANUS HERMANUS
STANFOR STANFORD
DANKIE AAN AL ONS BORGE
Rola
Hermanus
RD
Y our FREE Lif estyle magazine
OK O B E C FA P O ! E N I A F A L A S K ON S E Y L B L A T I R SLU OO G I L E NG I Y L B EN