Whale Tales - Issue 5

Page 1

Whale Tales The official newsletter of Hermanus Pre-Primary School Issue 5 SUCH What a leader! Grootmotoriese ontwikkeling TUIS... Die nuwe kurrikulum is GROOT pret!!!! Sssss... is for snake!

Hermanus Pre-Primary’s vision is beautifully displayed by our teachers,

“Foundation through learning, friendship, and fun. We love what we are doing”

From the baby class up to Pre-Grade R the new NCF (Elda) curriculum ensures a lot of fun filled, play based concrete learning experiences. Teacher Lezan’s article will clearly indicate how much they love implementing this new curriculum.

Through well planned, meaningful, interactive, joyful activities age-appropriate milestones are reached. The Grade R teachers will notice the solid foundation laid in the earlier years, ready for the challenges of Grade R.

To quote the Minister of Education: “The foundation that we lay in early learning and foundation phase through play, will have an impact on the schooling careers of children up to matric and beyond. Play is learning in the early years, and the starting point for future engineers, doctors, and teachers, among others”.

What a privilege to be a learner at Hermanus Pre-Primary.

To ensure quality education and learning, the CAPS curriculum is followed by die Gr R teachers. The learners also get an extra head start due to the additional maths and language programme that the Grade R teachers follow so passionately.

Lorna Such
Belangrike datums van die 4de kwartaal: •Diplomaplegtigheid: Graad R leerders 29 en 30 November •Leerderverslae word oorhandig: 13 Desember •Skool sluit: 14 Desember •Nasorg sluit 24 Desember 2022 en open weer 03 Januarie 2023
Lorna Such

SUCH a leader!

Hierdie kwartaal wil ons graag ‘n artikel opdra aan juffrou Lorna Such.

Juffrou Lorna het amptelik op die 1ste Julie 1979 begin as Hoof / Onderwyseres met slegs 19 leerders in die Freemasons saal langs Hermanus Laerskool. Dit was ‘n Departementele pos en die amptelike naam van die skool was Babbel & Krabbel. Vir die ouer garde sal dit altyd die geliefde naam bly, al is dit later verander na Hermanus Pre-Primêr. Die nasorg het die naam Babbel & Krabbel geërf.

Grond is beskikbaar gestel deur die Munisipaliteit en danksy die hulp en ondersteuning van die Rotariërs, is twee klaskamers gebou. Met groot opgewondenheid kon die nuwe skool in 1982 geopen word.

Oor die jare het die skool en die behoefte so gegroei en het baie uitbreiding plaasgevind. Vandag het ons skool 13 klasse, 261 leerders, 13 onderwyseresse en 17 assistente.

Niks hiervan sou moontlik gewees het sonder die droom, toewyding, deursettingsvermoë en geloof van juffrou Lorna nie. Sy is ‘n merkwaardige leier wat haar personeel op die hande dra. Elke besluit wat sy neem, is gegrond op haar liefde vir die leerders van hierdie skool.

Vandag is juffrou Lorna nie meer die enigste SUCH by Hermanus Pre-Primêr nie. Haar man, James Such, bestuur die skoolbussie. Haar seun, James Such, is op die Beheerraad. Haar skoondogter, Heidi Such, is ‘n juffrou en drie van haar kleinseuns is hier op skool (Lian, Pierre en Noah).

Ons as skool is ongelooflik bevoorreg en dankbaar teenoor Juffrou en ons hoop dit kan vir Juffrou vlerke gee in tye wat Juffrou voel of jy val. Ons is baie lief vir Juffrou!

NUUS FLITSE

Elzaan Viviers se baba dogtertjie Karlien is op 25 September 2022 gebore.

Ouboet Johan is baie trots op sy baba sussie!

Baie welkom aan Hermanus Pre-Primêr se 2de spraakterapeut Joanne Schoeman. Met Sharon Burger se hulp en ondersteuning kan ons virseker wees dat enige spraak of ouditiewe uitvalle aangespreek sal word.

Kliek hier om te bespreek

Ons steun-personeel beteken die wêreld vir ons, en sonder hulle sou ons skool nie kon wees waar dit vandag is nie. Agter die skerms is hierdie personeel altyd aan die werk en woeker en hou altyd ons skool se naam hoog. Dit was vir my baie lekker om almal beter te leer ken en om deur hierdie artikel ‘n welverdiende lig op hulle te skyn.

Full name: Sheraleen Corbett-Meyer

Birthday: 29 November

Favourite colour: Wit

Where are you from?

Ek het groot geword in Hermanus!

Do you have any children?

Ek is hierdie jaar 19 jaar getroud en ons het twee kinders. Alshe is 16 jaar oud en Josh is 13. En natuurlik my hondekinders; Yoda en Jessica is Yorkshire terriers en McKenzie ‘n Scottish terrier.

How long have you been working here? 7 jaar

What’s your favourite thing about working here?

ALLES! Ek is een van daardie gelukkige mense wat regtig kan sê ek geniet alle aspekte van my werk ten volle.

What do you enjoy doing in you free time?

Ek hou daarvan om tyd met my familie te spandeer en om in die berge te gaan stap, al doen ek dit nie genoeg nie. What’s your biggest dream?

Om die “Grand Canyon” te sien!

What random act of kindness is most meaningful to you?

Klein persoonlike geskenkies (dit hoef nie eers geld te kos nie!) en om “memories” te maak is vir my baie spesiaal.

Full name: Toinette Du Toit

Birthday: 11 Junie

Favourite colour: Blou en groen

Where are you from?

Ek is oorspronklik van Roodepoort in Gauteng, maar bly nou in Vermont.

Do you have any children?

Ek is nou 8 jaar getroud. Ek het 2 kinders; Simoné is 26 jaar oud en Talbin is 24.

How long have you been working here? 10 jaar

What’s your favourite thing about working here? Ek hou van my kantoor kollegas en geniet altyd die “kids” en hul snaakse sê-goed

What do you enjoy doing in you free time? Lees, verf, stap en familie tyd.

What’s your biggest dream?

Om op ‘n plaas te bly met my eie groente tuin of as hierdie finansiële rigting nie ‘n opsie was nie, sou ek graag mense wou bemagtig in hul persoonlike finansies.

What random act of kindness is most meaningful to you?

“Acts of service.” As iemand sommer-net iets kleins vir my doen sonder dat ek hoef te vra.

Full name: Rozanne Yeoman

Birthday: 19 Maart

Favourite colour: Pienk en Swart

Where are you from? Kaapstad

Do you have any children? Ek het twee kinders, Scott is 13 jaar oud en Lila-Rose is 8.

How long have you been working here? Amper ‘n jaar!

What’s your favourite thing about working here? Om met die mense, “kids” en ouers te “interact.”

What do you enjoy doing in your free time? Ek geniet dit baie om te oefen, veral boks.

What’s your biggest dream? To see heaven come to earth. What random act of kindness is most meaningful to you? As iemand my huis vir my stofsuig!

Full name: Alice Elizabeth Naude

Birthday: 10 July

Favourite colour: Blue

Where are you from?

I’m from Cape Town but have been living in Sandbaai for 21 years.

Do you have any children?

I have one son, Joshua, he is 15 years old.

How long have you been working here? 13 years

What’s your favourite thing about working here?

The staff, and when the children come to me and say, “teacher Alice, you make the best pasta!”

What do you enjoy doing in your free time?

I like to visit friends and, of course, Netflix!

What’s your biggest dream?

To travel

What random act of kindness is most meaningful to you? A compliment out of the blue.

Full name: Buyiswa Nkibitisholo (Busi)

Birthday: 9 July

Favourite colour: Grey

Where are you from? Eastern Cape, but now living in Zwelihle.

Do you have any children?

I have been married for 6 years and have three children. Siliziwe (girl) that is 12 years old, Zokwanda (girl) that is 4 years old and Likhanye (boy) that is 3 years old.

How long have you been working here? 7 years

What’s your favourite thing about working here? I just like being around the kids.

What do you enjoy doing in your free time? To be at church

What’s your biggest dream? To be a social worker.

What random act of kindness is most meaningful to you? Compliments and thankfulness.

Full name: Nozipho Jara (Nozi)

Birthday: 20 November

Favourite colour: Black and yellow

Where are you from? Eastern Cape

Do you have any children?

I have four children. Three boys and one girl. Xabiso, he is 17. Achuma, he is 10. Lolwethu, he is 7 and my baby girl Yamihle (Yami) is 7 months.

How long have you been working here? 4 years

What’s your favourite thing about working here? Cleaning!

What do you enjoy doing in your free time? Eat, play with kids and going to church.

What’s your biggest dream? To have my own business. To braai and sell chicken feet, pork, russians and wings!

What random act of kindness is most meaningful to you? Unexpected gifts.

Full name: Kayleen Aploon

Birthday: 13 Junie

Favourite colour: Blou

Where are you from? Ek is mos van Hawston.

Do you have any children?

Ek het twee kinders. Kyle is 11 en Jamie is 4.

How long have you been working here? Ek werk nou al amper ‘n jaar hier.

What’s your favourite thing about working here? Alles is lekker waar ek kan vas vat en WERK!

What do you enjoy doing in your free time?

Ek geniet my nuus. Om dit te kyk en te lees en om tyd met my familie te spandeer.

What’s your biggest dream?

Om ‘n “childcare” worker te wees. What random act of kindness is most meaningful to you? Dankbaarheid.

Waar kom Oom Manie dan vandaan?

“Dis maar ‘n huis naampie”

Birthday: 30 November

Where are you from?

Ek is nog al die jare in Hermanus

Do you have any children?

Ek het twee kinders, maar hulle is al groot. Quintin en Carolina.

How long have you been working here? 3 jaar.

What’s your favourite thing about working here? Ek geniet die verfwerk.

What do you enjoy doing in your free time?

Om bietjie te rus en rond te krap in die tuin.

What’s your biggest dream?

As ek nie hier was nie sou ek ‘n verwer wees.

What random act of kindness is most meaningful to you? Die kinders wat my werk so waardeer.

Full name: Freek Paulse (Oom Manie)

Ons kinders is baie lief vir elkeen van die personeel en waardeer hulle so baie! Ons het geleer wat hulle vir ons skool doen en hoe hulle vir ons help. Die maats was gevra: Hoekom is jy lief vir ons skool se werkers? En hier is van hul antwoorde.

Ek is lief vir hulle, want…

Talitha - hulle maak die klas skoon, hulle is so vriendelik en ek hou van hulle!

Joshua - hulle maak ons klasse en juffrou se tafel skoon en ek hou daarvan dat Oom Manie daar buite skoon maak.

Leané - hulle maak ons klas skoon en maak buite vir ons mooi skoon en dat ons skool kan mooi lyk

Lané - hulle doen alles vir ons

Madeline - hulle help die skool en hulle probeer hulle beste om die maatjies gelukkig te hou

Benjamin - hulle help ons skool geld maak

Isla - hulle gee vir ons snoepie

a very busy and full term.

The third term has been a very full and exciting term. We have learnt all about pets, wild animals, dinosaurs, reptiles, birds, pond life and insects. There were SO many interesting facts we learnt in each theme and our vocabulary and general knowledge has grown a lot!!

Our weather has changed slightly, and we seem to be in between Winter and Spring. We celebrated Spring Day with pleasant weather and a lovely picnic at school. Everyone dressed in bright colours and our class was FULL of the most beautiful flowers that the children brought in. A big thank you to our supportive parents!

Our big highlight this term was of course THE CONCERT! We practiced a lot and enjoyed every minute of practicing at the High School – what an adventure to walk across and practice in the big hall on the big stage! We enjoyed everything about the concert and had so much fun performing on the night for our parents, families, and friends!

We thought this would be the event for the third term, but just a few days later, we had the opportunity for Granny and Grandpa to join us in our classrooms to see what we get up to. What an amazing day this was. It was such a pleasure, a privilege, to have these precious people join us.

What a very special occasion for our children. I’m not sure who enjoyed it more: the children, the grandparents, or the teachers! Happy smiles, tears of joy and just tender, precious moments shared between generations were quite magical to observe. Even those children who did not have grandparents visiting on the day were swept up in the moment and were kind of ‘adopted’ for the occasion.

A heartfelt thank you for supporting this event and for making this a special memory.

We ended the term off with a special Heritage Day celebration. Each child celebrating a little something special from their culture while enjoying boerewors rolls straight off the braai! We tasted different traditional South African foods like koeksisters, biltong, samosas, milktart and meatballs.

And if that was not enough, we also enjoyed pancakes in the very last week of the term. What a great way to end a full and fun packed term!

Teacher Michelle Swart

Die nuwe kurrikulum is GROOT pret!!!!

Aan die begin van kwartaal 3 het ons volstoom die nuwe kurrikulum begin volg in ons klas, en ek kan nie besluit of die maats of die opvoeders hierdie program die heel meeste geniet het nie!!! Marcia en Vennie se entoesiasme is aansteeklik en almal van ons het so baie pret.

Die Speel, Leer, Wen program, wat gebasseer is op die Suid-Afrikaanse Nasionale kurrikulum, fokus daarop om ‘n konkrete leerervaring vir die maats te bied. Ons fokus daagliks op die totale ontwikkeling van die kind, deur praktiese, pret aktiwiteite! Dit is ‘n holistiese ervaring van leer terwyl daar gespeel word. Ons oefen ons lyfies, ons speel kreatief, ons gebruik ons sintuie en ons geniet ons gate uit! Ek deel graag ‘n paar fotos van hierdie wonderlike program!

Teacher Heidi Such

THE BENEFITS OF PLAY

Play allows children to use their creativity while developing their imagination, and physical, cognitive, and emotional strength. Play is important for healthy brain development. Play allows children to create and explore a world they can master, conquering their fears while practicing adult roles, sometimes in conjunction with other children or adult caregivers.

As they master their world, play helps children develop new competencies that lead to enhanced confidence and the resiliency they will need to face future challenges. Undirected play allows children to learn how to work in groups, to share, to negotiate, to resolve conflicts, and to learn self-advocacy skills. When play is allowed to be child driven, children practice decision-making skills, move at their own pace, discover their own areas of interest, and ultimately engage fully in the passions they wish to pursue. In contrast to passive entertainment, play builds active, healthy bodies.

When parents observe their children in play or join with them in child-driven play, they are given a unique opportunity to see the world from their child’s vantage point as the child navigates a world perfectly created just to fit his or her needs. The interactions that occur through play tell children that parents are fully paying attention to them and help to build enduring relationships. Less verbal children may be able to express their views, experiences, and even frustrations through play, allowing their parents an opportunity to gain a fuller understanding of their perspective. Quite simply, play offers parents a wonderful opportunity to engage fully with their children.

Play is integral to the academic environment. It ensures that the school setting attends to the social and emotional development of children as well as their cognitive development. It has been shown to help children adjust to the school setting and even to enhance children’s learning readiness, learning behaviours, and problem-solving skills.

Perhaps above all, play is a simple joy that is a cherished part of childhood.

Eendag

was daar

Waarom lees belangrik is.

Juffrou Anke

Een van die grootste geskenke wat jy aan jou kind kan gee, is ‘n liefde vir lees.

Lees van kleins af vir jou kind en staan elke dag ‘n paar minute hieraan af, en gou is dit iets waarna jou kind uitsien - en boonop versterk dit die band tussen julle.

Deur gereeld vir jou kind te lees ontwikkel sy verbeelding en kreatiwiteit, luistervaardighede, brei sy woordeskat en taalvaardighede uit en help sommer dat hy goed op skool vaar. “Voorlees vorder na saamlees en dit vorder na selflees.” Voorlees bly noodsaaklik vir die leerlees-proses en jy kan gerus daarmee aanhou, selfs wanneer hy reeds self kan lees.

Daar is nie ‘n regte ouderdom om vir jou kind te begin lees nie, hoe vroeër hoe beter. Lees vir pret behoort ‘n gewoonte in elke huishouding te wees en hoef nie noodwendig ‘n duur uitgawe te wees nie. Selfs om deur ‘n tydskrif te blaai en prentjies te “lees” en daaroor te praat, sal jou kind se liefde vir lees aanwakker. Oorweeg dit ook om so vroeg moontlik by die biblioteek aan te sluit. Dit word ‘n pret uitstappie waarna jou kind kan uitsien en is een van die goedkoopste maniere om boeke te bekom.

Digitale toestelle speel deesdae ‘n belangrike rol in ons alledaagse lewe, maar ouers behoort hulle kinders aan te moedig om gedrukte boeke te lees. ’n Boek vashou en bladsye omblaai bied belangrike stimulasie vir ons kinders se tas sintuig. ‘n Boek vashou en lees, rig ook hulle fokus daarop om inhoud te verstaan, eerder as om te sit en wonder watter beeld die volgende klik op die muis gaan voortbring.

Wanneer jou kind weer na ‘n maatjie se partytjie genooi word en jy wonder wat om dié keer toe te draai, koop ‘n boek!

Bronne: Netwerk 24 (Om “boekwurm” te wees het baie voordele), Edublox (Ses redes waarom lees belangrik is.)

………

Heritage Day Celebrations

On Friday, the 23rd of September, our school celebrated Heritage Day the proudly South African way. We made flags, dressed up in colourful, traditional clothes and the air was filled with the smell of braai. We enjoyed boerewors rolls and a variety of traditional foods sent by our wonderful parents. It was a fun filled day and we all felt PROUDLY SOUTH AFRICAN with all our rainbow friends!

Heritage Day on 24 September recognises and celebrates the cultural wealth of our nation. South Africans celebrate the day by remembering the cultural heritage of the many cultures that make up the population of South Africa. Various events are staged throughout the country to commemorate this day

Why was Nelson Mandela such an important person for South Africa? “He mixed all the colours together and now we can all be friends.” – Christopher Weaver, Gr. RR.

Why do we celebrate Heritage Day?

Konsert tyd

Juffrou Enrika van Zyl

Ons jaarlikse konsert het hierdie kwartaal op 6, 7 en 8 September 2022 plaasgevind.

Dit was ‘n innemende en onvergeetlike gebeurtenis vir enige ouer wat kon kyk hoe hul oulike kindertjies gediggies voordra, sing en dansies opvoer wat hulle vir weke lank geoefen het.

Die onderwysers, assistente en ouers het baie moeite gedoen om van die oulikste kostuums en stelontwerpe saam te stel om dit ‘n suksesvolle aand te maak.

‘n Baie groot dankie aan ons skool se lojale OOV lede wat gesorg het vir die heerlike kos. Die skool is geseënd met ‘n allemintige bedrag van R73 104,00 wat ingesamel is.

Met die tema “Om die wêreld” het Juffrouens Lezan, Heidi, Hettie en Danica, die gehoor op ‘n reis geneem deur lande soos Hawaii, Indië, Spanje en vele meer.

Juffrouens Lelanie, Shani en Anneri het almal op ‘n “Lentetuin Partytjie” geneem. Tydens die vrolike partytjie het ons diertjies soos miere, wurms, paddas en vele ander insekte ontmoet.

“Hoera! Hoera! Die sirkus is hier…” Juffrouens Anke, Enrika en Mariska se maats het gesorg vir baie genot toe hul ons nooi na “Die Sirkus” vir ‘n behoorlike jolyt!

Teacher Michelle invited us to her story, “The Toys come to life”. The story begins where two siblings were taken by surprise when they discovered that their toys had come to life. They invited them to sing and dance with them.

The concert of 2022 was a high class performance which will not easily be forgotten.

Graad R – Ouma en Oupa dag

Juffrouens Mariska Briers & Simoné Lingenfelder

Hierdie jaar is die eerste keer dat ons Ouma en Oupa dag gevier het by die skool. En hoe LEKKER was dit nie! 12 September was ‘n dag waar mooi herinneringe gebou is tussen oumas, oupas en hul kleinkinders.

Wanneer grootouers tyd saam met hul kleinkinders deurbring, is dit ‘n spesiale geleentheid om hegte verhoudings te bou en om deel van hul kleinkinders se ontwikkeling te wees.

Elke klas het hul kinders se oumas en oupas genooi om die dag op ‘n spesiale manier saam te vier. Daar is teepartytjies, piekniek, bak en brou aktiwiteite en selfs kunswerke saam met ouma en oupa gedoen. Ons wonderlike ouers het ook voorsiening gemaak vir lekker tee en eetgoed in die saal. Baie dankie dat ons altyd so lekker saam met julle kan werk om ‘n sukses te maak van ons skoolprojekte.

Om ‘n ouma of oupa te wees, is sonder twyfel ‘n groot voorreg en kan werklik baie vervullend wees op soveel maniere. Soortgelyk vanaf ‘n kind se perspektief, behoort ‘n grootouer ook as ‘n voorreg beskou te word, en ‘n plesier om te hê, want geeneen van die twee kan mekaar as vanselfsprekend beskou nie.

Grootmotoriese ontwikkeling TUIS...

Wat is grootmotoriese ontwikkeling???

Grootmotoriek is die beweging van die grootspiere van die liggaam. Die ontwikkeling van hierdie spiere lê die grondslag vir fynspierontwikkeling en is noodsaaklik vir alle fasette van beweging, want dit beïnvloed balans, liggaamsbewustheid, ruimtelike oriëntering, lateraliteit, ratsheid en koördinasie. Die belangrikheid van grootmotoriese bewegings kan nie genoeg beklemtoon word nie en daarom is dit deel van ons kurrikulum en daaglikse program.

Hoe kan maats grootmotoriese spiergroepe TUIS ontwikkel??

Duur aparate hoef glad nie aangeskaf te word nie! As daar toiletpapierrolle, maskeerband, tou of bordkryt by julle huis aangehou word, is daar geen verskonings nie! Meubels/kussings/bokse kan ook dien as ‘n hindernisbaan en die hele gesin kan deelneem aan hierdie aktiwiteite om dit meer pret te maak!

Speel-speel sterk maak idees:

• Gebruik toiletpapier/maskeerband/bordkryt/tou om ‘n lyn te trek:

-Staan aan die linkerkant van die tou en spring dan, voete saam, na die regterkant. Doen dit totdat jy die einde van die tou bereik het.

-Spring vorentoe en agtertoe.

-Spring op een been.

-Staan met jou linkerbeen voor die tou en jou regterbeen agter die tou. Ruil dan heeltyd jou bene terwyl jy spring.

-Laat jou kind met sy/haar voete oorkruis loop: sit die regtervoet links van die tou en dan die linkervoet regs van die tou neer. Maak seker dat sy/haar bolyf vorentoe wys en net hul bene oorswaai.

• Loop hak-tone op die lyn. Balanseer ‘n boontjiesakkie/sagte voorwerp op jou kop terwyl jy op die lyn loop.

• Balanseer op een been vir 5-10 tellings.

• Rol ‘n groot bal op ‘n lyn en beheer dit met jou hand.

• Bons en vang ‘n groot bal.

• Skop ‘n groot bal, maar leer om die bal eers te stop met jou voet voor jy die bal skop.

• Stuur ‘n bal deur kegels/toiletrolle.

• Hou ‘n toiletpapierrol voor jou maag en rol dit al om jou middellyf. Dit moet die heeltyd aan jou lyfie raak.

• Spring met ‘n springtou.

• Probeer touspring! Begin met ‘n lang tou wat weerskante deur twee persone vasgehou word. Jou kind staan in die middel waar die tou aan die grond raak. Swaai die tou stadig heen en weer en laat jou kind oorspring as dit by hom/

haar kom. Probeer om hierdie konsep te bemeester. Probeer ook op jou eie spring. Leer om die tou oor jou kop te swaai en dan oor te trap. Indien jy hierdie konsep verstaan kan jy begin spring.

• Laat jou kind speelgoed/voorwerpe met sy/haar voete optel en in ‘n houer plaas.

• Kruiwaloop waar mamma/pappa/boetie/sussie jou enkels vashou terwyl jy op jou hande loop.

• Laat jou kind verskillende dierebewegings doen wanneer hulle ietsie vir jou moet gaan haal/saans bed toe moet gaan:

-kraploop (loop hande-viervoet met gesig na bo)

-hasie spronge (spring op al vier ledemate, eers hande, dan voete) -eendloop (waggel in ‘n hurk-posisie met hande onder die armpitte)

Loer na die prentjies om idees te kry!

Lae grootmotoriese ontwikkeling lei tot swak koördinasie, balans en ratsheid met enige beweging. Die ontwikkeling van lateraliteit word vertraag, en dit beïnvloed weer die leerder se liggaamsbewustheid. So ‘n kind is bang om te klim, gly, swaai of rol. Swak grootmotoriese ontwikkeling sal ‘n leerder se ontdekking van sy/haar leefwêreld vertraag. Lae grootmotoriese ontwikkeling lei tot swak koördinasie, balans en ratsheid met enige beweging. Die ontwikkeling van lateraliteit word vertraag, en dit beïnvloed weer die leerder se liggaamsbewustheid. So ‘n kind is bang om te klim, gly, swaai of rol. Swak grootmotoriese ontwikkeling sal ‘n leerder se ontdekking van sy/haar leefwêreld vertraag.

Hoe meer jou kind hardloop, spring, huppel, galop en touspring, hoe beter. Ons wil graag ons wonderlike ouers aanmoedig om hierdie eenvoudige oefeninge tuis te oefen!

When to losethe

Dummy

Pacifiers are often used to soothe infants by satisfying their natural sucking reflex. However, after 6 months. The risks begin to outweigh the benefits.

Here are some of the risks of prolonged use by Dr. J. Khorsandi (DDS)

Dental problems: Your child is likely to form an improper bite or protrusion of the front teeth regardless of the type of pacifier.

Speech and language difficulties: Prolonged use of pacifiers promotes forward thrusting of the tongue between the teeth. Therefore, your child might find it difficult to pronounce “s” and “z” sounds later in life. Instead of verbalizing needs, the child might use gestures to express themselves since the pacifier acts as a barrier.

Middle ear infection: Increased occurrence of reoccurring ear infection is associated with prolonged use of pacifiers.

BottleWhether you breastfeed, bottle feed, or do a combo of both, at some point you’ll wonder: Is it time to move on to a cup?

According to the American Academy of Paediatrics switching bottles before or at the age of 18-months is the best option. There are several reasons why it’s smart to switch to cups:

Bottles boost tooth decay: Sugar like lactose or those in juice will stay longer on their teeth which could lead to cavities.

It can have a negative effect on tooth and speech development: Constant sucking can change the position of the child’s teeth, and it can affect the development of facial muscles and the palate, says Dr. P. Richel (MD). This can also easily lead to an overbite.

Drinking while laying down increases the chance of ear infections: Milk gurgles up the back of the throat and sits there while bacteria grow. Bacteria then crawl up through the throat into the ear.

Juffrou Janine van Niekerk
KLIEK HIER EN ADVERTEER JOU BESIGHEID IN DIE VOLGENDE HERMANUS & OVERSTRAND MAGAZINE

Sssss… is for

During term 3 our curriculum covered the exciting topic of WILD ANIMALS and boy did we get to experience this firsthand when Uncle Jonathan Powers came to school to teach us all about the beautiful snakes in our immediate vicinity accompanied by a REAL, LIVE puff adder! We (friends and teachers!) were in AWE of this animal.

Did you know that the three most common venomous snakes from our area are:

• Puff adder

• Boomslang

• Cape Cobra

Jonathan & Corné work together with The Cape Nature Conservation as well as the Overstrand Municipality and the Sea Rescue and our local veterinarians amongst others to safely remove these dangerous animals to an area where they will be safe and out of harm’s way.

Did you know that after they safely captured the snake, they first check the following before letting them go again:

• Did the snake shed well

• Does the snake have any ticks on them especially around their eyes, mouth, and bum

• Is the snake well fed and healthy and not dehydrated

If the snake shows any of the above signs, they will keep it to rehabilitate it before releasing a healthy snake back into the wild… where it is safe!

Our friends have learnt not to EVER touch snakes and to immediately call an adult. Most of the time snakes are more afraid of us than we are of it.

If you stumble across one of these let Jono (082 352 6000) or Corné (076 075 8004) know and have it relocated to a safe area to conserve our nature.

What to do if I come across a snake:

• Keep a distance - at least 3-5m!

• Keep pets away to keep them safe. Your puppy might want to protect you and aggravate the snake even more.

• If possible, keep your eyes on the snake until a snake handler arrives.

• NEVER try to catch the snake yourself. Handlers have special training to be able to work with venomous snakes

Ten slotte: Afdraand pad

In ‘n oogwink is 2022 besig om tot ‘n einde te kom. Die een oomblik het ons nog reg gemaak om ons nuwe maatjies in ons klas te verwelkom, en nou is die tyd om hulle te groet, om die draai.

Voor ons die maatjies moet groet is daar egter nog eers ‘n paar merkies wat op ons “TO DO“ lysie af gemerk moet word.

Kom ons kyk ‘n bietjie na die afgelope 3 kwartale van 2022.

Kwartaal 1. Juffrouens en assistente lyk en ruik op hul beste vir die nuwe maatjies wat na die klasse toe kom. Die klasse is met sorg voorberei. Dag 1 is die juffrouens sommer ekstra vroeg al by die klas (en as ek ‘n skinder stukkie kan bysit, die ekstra vroeg gebeur nou selde) Alles is in plek, hulle kou “daai” Stimorol in die mond met spanning, in groot afwagting. Die eerste dag ontmoet ons die maats en hul ouers met baie liefde en warm omgee. En so verloop die dag bo verwagting goed.

Gou is daar byna geen trane, of ‘n hartseer afskeid nie, en flink en vrolik stap ons deur die eerste kwartaal.

Kwartaal 2. Die ouers het deur die eerste kwartaal se rapport met ‘n vergrootglas gekyk. Besluite word geneem om ekstra hard te werk.

Almal is goed aangepas en begin die kwartaal met blydskap. Alle klasse het al ‘n paar verjaardagpartytjies agter die rug en ‘n paar sentimeters is bygevoeg aan die lywe as gevolg van al die “cupcakes” wat geniet word. Die kosblikke word makliker gepak, nie meer als in sy eie sakkie nie, sommer nou als in 1 kosbak. Boetie of sussie sal nie omgee as die druiwekorrels tussen die “peanut butter” en stroop broodjie rond rol nie.

So kom die 2de kwartaal ook tot einde en die lang, 3 weke wintervakansie lê voor vir die bevoorregte juffrouens en sommige maatjies. Die juffrouens groet met liefde en baie simpatie vir die nasorg personeel en natuurlik vir die ouers, want ‘n 3 weke vakansie met jou kind tuis, kan ‘n nagmerrie ervaring wees. Die nasorg personeel is egter gereed om die vakansie vir die nasorg leerders, ‘n wonderlike ervaring te maak. Met al die lekker pret aktiwiteite wat gedoen word, weier die kinders om net een daggie tuis te bly, “want nasorg is so lekker, mamma!”

En alte gou is die vakansie weer verby! Dié wat wel vakansie gehad het, kla en is “ondankbaar”, want net nog ‘n daggie, of wekie, of langer vakansie kan mos nie skade doen nie!

Kwartaal 3. Die ouers vier egter fees (en die nasorg personeel is met vreugde gevul) nou dat die skole weer begin het. Mamma kan weer gym toe gaan en teepartytjies hou. Hulle kyk met nuwe respek na die personeel.

Die juffrouens verwelkom die maatjies gretig terug. Hulle het so ‘n naar kolletjie op die maag, want “ons gaan konsert hou!” en die dag kom nader en nader, te vining! Juffrouens se hare staan later al deurmekaar en die lekker “cupcake” vetjie wat in die 2de kwartaal opgebou het, word afgewerk. Ons dans met oorgawe saam met die maatjies, want hulle moet weet hoe om die aksies reg te doen.

Nou, op hierdie noot……. party juffrouens geniet dit so om saam te dans dat op die aand van die konsert, vergeet mamma en pappa skoon om vir sussie of boetie te kyk, want dis dan so lekker om te sien hoe juffrou “perform” terwyl sy aan die klas wys wat gedoen moet word.

En hier is ons by kwartaal

4!

Daar is net ‘n paar weke oor om die maatjies reg te kry en voor te berei vir volgende jaar. Dis ‘n baie besige kwartaal, baie om te doen en baie om af te handel.

Maar so kyk ons nie die hartseerste dag mis nie, daardie dag wat ons die maatjies moet groet, ‘n dag wat al te vining nader kom. Jy kyk na die kinders in jou klas en elke maatjie se gesiggie vertel vir jou ‘n storie van die jaar. En elke storie is so diep in jou geheue gegraveer, hartseer stories, snaakse stories, stories waaroor jy jou altyd sal bekommer.

Die “make up” op die gesiggie wat die oggend aangesit was, omdat sy ‘n seuntjie maatjie het wat vir haar kosbaar is. Die gesiggie wat jy met vreugde elke oggend ontvang, want hy bly ver en moet vroeg ry om skool toe te kom. Die gesiggie wat jy elke middag groet en vir Liewe Jesus vra om die kindjie spesiaal te beskerm.

So los ons elke dag ‘n gebedjie vir elke kindjie dat hulle veilig sal wees, en bid dat hulle ons liefde en omgee sal ervaar, en dit hulle sal vul met hoop en blydskap. Soos julle sal kan onthou, in Kwartaal 2 se koerantjie het ek geskryf van “Die oë op ons”.

So is die kinders se ogies altyd op ons as volwassenes gerig. Mag hulle elke dag ook iets leer by ons. Kyk en “lees” die stories wat elke gesiggie vir jou vertel en reageer met liefde en omgee, al is jy hoe besig.

word vervolg... skrywer anoniem

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.