'N GESPREK MET MANDELA
Mandela praat oor wit vrese, oor onderhandeling, meerderheidsregering en skole
Nelson en die Boere 'Ons is die enigste politi eke organisasie in die land wat so ver gegaan het om 'n bloudruk te he van die beginsels wat in 'n demokratiese toekoms moet geld. Oit is die Vryheidsmanifes (Freedom Charter)'
Vrye Weekblad se redakteur, MAX DU PREEZ, het Woensdagoggend vir die ANC-Ieier Nelson Mandela in sy beskeie huisie in OrlandoWes, Soweto ontmoet. Ten spyte daarvan dat dit al sy agste afspraak die oggend was, was die 72-jarige leier skerp, vinnig en entoesiasties. Hier is 'n deel van die gesprek U het vroeer verwys na die probleem om swart eise om meerderheidsregering en wit vrese daarvoor te versoert. Dink u dit is moontilk? Die stelsel van demokrasie soos dit in die Weste verstaan word, is gegrond daarop dat elke man en vrou, ongeag kleur, gelyke stemreg moethe. Oit is wat in ons land ook moet gebeur. Maar ons soek nie 'n oplossing in 'n vakuum nie. 'n Oplossing moet gevind word wat verband hou met ons situasie met sy rasseverdelings en selfs vyandigheid. Oit is OIlS geskiedenis. Warmeer OilS hierdie eis stel, moot ons daarvan bewus wees dat die volvoering daarvan oorheersing van wittes deur swartes kan betekeIL Dan sou witmense 'n werklike vrees kan he dat hul dae getel is. Oit is OIlS plig om hulle te verseker dat hulle niks te vrees het van hul swart broers en susters rue. Dat ons opgehou het om in terme vankleur te dink. Ons dink in terme van SuidAfrikaners saam met wie ons die probleme van Suid-Afiika moet oplos. Ons is die enigste politi eke organisasie in die land wat so ver gegaan het om 'n bloudruk te he van die beginsels wat in 'n demokratiese toekoms moet geld. Dit is die Vryheidsmanifes (Freedom Olarter). Die dokument is 'n verwoestende aanval op alle vorme van rassisme. Ons het verklaardat Suid-Afrikaaan almal behoort wat daarin woon, wit en swart. Ons se die kultuur van elkeen sal beskerm word. Mense kan hul eie skole he, hul eie taal behou, hul eie godsdiensstelsels. Al wat van die staat verwag sal word, is om nie-rassige staatskole te vorm waarheen almal kan gaan wat wi!. Maar bo en behalwe dit kan mense hul eie skole he; hul eie kulturele instellings. Ons glo dit sal die kultuur van die land verryk. Die vrees van die blankes vir swart oorheersing is 'n vrees wat ons verstaan, en OilS spreek dit aan. Wat is die Afrikaner se plek in die nuwe Suid-Afrikaanse nasie? Is dlt meer as net 'n wit aanhangsel, soos die witmense in Zimbabwe blykbaar vir daardie nasie is? Die situasie in aile ander Afrikalande, en miskien AsH: en LatynsAmerika ook, was dat die witmense van 'n metropolis gekom het en die lande gekoloruseer het. Oit was byvoorbeeld die geval in Algerie en Kenia. Die bevrydingsbewegings was
12
Mandela die week tydens 'n besoek van skoolseuns by sy huls In Soweto
Afrikaans, al is dit met In Xhosa-aksent Mandela bet vlot leer Afrikaans praat terwy 1by in die tronk was. 'n Mens bet dit nodig om Suid-Afrika werklik te kan verstaan, se hy. Maar by se hy is 'n bietjie skaam vir sy went. "Terwyl ons nog op die eiland was, moes ek met 'n amptenaar gaan onderhandeI. Ek berei toe my toesprakie in Afrikaans voor om born te be'indruk. "Ek dag ek bet 'n goeie toespraak gemaak. Hy bet fyn geluister en toe ek klaar is, se by: Jong,jou kennis van Afrikaans is baie swak. Enjou uitspraak klink soos die van 'n tokkelossiel "Oit het my toe 'n bietjie skaam gemaak vir my uitspraak, en nou verkies ek om in Engels te gesels, tensy ek tyd gebad bet om voor te berei. "Gister se my kollega mnr Kathrada vir iemand: Mandela ken miskien die taal, maar sy uitspraak is Xhosa! "So dit Iyk my albei kante stem saam ek bet 'n swak uitspraak. .."
ingestel daarop om die mag uit die hande van die witmense te neem en in swart hande te plaas. Oie witmense bet die keuse gehad om die land te verlaat. Die meeste van bulle bet. Dit is nie die geval by ons nie. Omdat Afrikaners geen ander tuiste betnie, is daar geen sprake daarvan dat hulle die land vir 'n ander vaderland sal verlaat nie. Dit is bulle vaderland die. Daarom het bulle 'n rol om te speel - nie as 'n afsonderlike bevolkingsgroep nie, maar as 'n integrale deel van die groter bevolking. Die Vrybeidsmanifes is 'n uitstekende dokument omdat dit wit en swart oorbeersing aanspreek. Ons sal dus saamwerk om die land se probleme op te los - ons doen dit al klaar. Ek gesels al drie jaar lank met die regering. Ek dink ons bet die fondament gele vir enige toekomstige ondemandelinge wat mag plaasvind. Dink u regtig die drie kabinetslede met wie u gesels het - FW de Klerk, Gerrlt VilJoen en Kobie Coetsee Is in hul harte bereid om die mag prys te gee? Ek het geen twyfel in my gemoed nie dat die drie here oortuig is dat die enigste manier om blywende vrede
en stabiliteit te bewerkstellig, is om stemreg na alle Suid-Afrikaners, ongeag kleur, uit te brei op die basis van een mens, een stem. Ek glo mnr De Klerk is 'n man van integriteit, 'n man wat sy beloftes nakom. Hy word aangevul deur die ander twee here wat soos hy dink. Maar ons posisie as 'n organisasie is dat ons nie bloot be'invloed kan word deur die goeie hoedanighede van die Staatspresident en sy adviseurs nie. Die toets is of bulle die Nasionale Party op die pad kan saamneem. En daaroor kan eknie veel se rue. Ek bet wei getuienis dar claarvandag 'n groot mate van konflik binne die kabinet is. Die regeringspan, wat De Klerk, Viljoen en Coetsee insluit, enhulle is almal goeie mense, het berhaaldelik besluite geneem en dit aan my oorgedra, en kort daama weer van mening verander. Dithetnieeenoftwee keer gebeur nie, maar verskeie kere. En dan kan 'n mens daarvan aflei dat daar steeds 'n klornp binnegevegte in die kabinet en die NP is. Die Staatspresident het duidelik gese: Ek verloor geloofwaardigheid onder my eie mense want nou dat ek stappe geneem bet om die situasie te normaliseer, se die ANC en UDF dat dit uit swakhied gedoen is en dat dit
'n oorwinning vir hulle is. Hy se ons vra vir 'n versketping van die stryd en tydens die Konferensie vir 'n Demokratiese Toekorns by Wits is hy beledig en sy integriteit in twyfel getrek. Hy se hy kan nie toelaat dat dit gebeur nie, want dit kos hom geloofwaardigheid onder sy eie mense. Behoort daar dan nie 'n stelsel van beloningvir De Klerk te wees sodat by sy meose kan saamneem nie, belonings vir stappe op die pad na demokrasie? Ons hou dit fyn dop. As jy mooi kyk, sal jy sien ons het dit eintlik al gedoen. Oorspronklikhet ons die algehele afskaffing van apartheid in ons voorvereistes vir ondeIhandeling ingesluit. Ons het sedertdien daarvan afgewyk.
Nou se ons rue meer apartheid moet heeltemal afgebreek word voor ons sit en praat nie. Sover dit ons aangaan, kan 'n klimaat vir onderhandelinge bestaan as die volgende vier voorwaardes nagekom is: die wettiging van die ANC; die terugkeer van bannelinge; die vrylating van politieke gevangenes; en die algehele opbeffing van die noodtoestand. Ons sal graag die regering wiI ontmoet, maar ons het 'n probleem in die sin dat ons nie kan begin praat voordat ons nie minstens in dieselfde posisie is waar ons ons mense kan raadpleeg en met 'n mandaat kan terugkeer nie. So lank as wat daar politieke gevangenes in die tronke is en die noodtoestand nog geld, kan ons rue ondeIhandel nie. Dink u u persoonllkheid en leweosflIosofte sou veel anders gewees bet as u nie so lank in gevangenisskap was nie? Dit is moeilik om te se. Maar ek kan vir jou se ek is in die gevangerus aan regeringsamptenare blootgestel en dit bet van my illusies laat verdwyIL Ek weet nou dat daar goeie meose aan albei kante is. En natuurlik het ek genoeg tyd gehad om na te dink oor probleme en foute wat gemaak is. Oit was vrugbaar.
Mandela gaan nog terugskryf Nelson Mandela se hy gaan binnekort weer 'n volledige antwoord skryf op die ope briefwat Vrye Weekblad in Julie verledejaar aan hom gerig het. Mandela, wat Vrye Weekblad in die tronk ontvang het, het toe reeds op die ope brief gereageer, maar die gevangenisowerhede wou nie die brief aan Vrye Weekblad laat deurgaan nie. Mandela het gister in 'n onderhoud aan my gese: "Man, dlt is regtig 'n plesier om jou te ontmoet. Ek het dadelik aan Jou teruggeskryftoe ek Jou brief gelees het. "Dit was 'n indrukwekkende brief en agtergrond wat jy daar uitspel, Dit is iets wat bale meose beboort te lees, Afrikaans en Engelssprekend, wit en swart. "Wantdltls 'nbewys, 'n waarskuwingdat 'nmeosnietehaastlgmoet wees om meose sommer net af te maak nie. Oos moet altyd verwag dat 'n persoon sal ontwikkel as hy die kans gegee word.., .. "Die waarde van kontak, van 'n ultruil van sieninge Ie In die felt dat oos aan die einde van die dag nader aan mekaar gaan wees. "Dit Is veral belangrik nou dat ons nader aan onderhandellng beweeg. Dlt is absoluut noodsaaklik dat oos kommunikeer. "Onverdraagsaamheid, wantroue en agterdog is struikelblokke in die pad na wedersydse begrip; na die poging om vertroue te bou wat veral nou so nodig Is. "So ek hetJou briefbaie, baleinteressant gevind. Nou dat ek ult is, sal ek daarop kan reageer, ails dit in die laat stadium."
Vrye Weekb1ad,23 Februarie 1990