tame TIMES
alberton
two time winner of the annual Ekurhuleni awards: Best Print media
A FRESH APPROACH TO LOCAL NEWS Volume 05, 11 February 2014, Week 07
Delivered every Tuesday
Premier-kandidaat besoek Bracken
Tel: 011 862 8500 Fax: 011 869 7335
Ndu Ngwenya
ndu@tametimes.co.za
TOP KANDIDAAT: DA se Mmusi Maimane glo die provinsie het potensiaal.
Die DA Premier-kandidaat, Mmusi Maimane, en ‘n groep ondersteuners het op Donderdag 6 Februarie Brackenhurst besoek. Die besoek vorm deel van die DA se verkiesingsveldtog, wie duidelik maak dat hul hoop om die Gauteng Provinsie oor te wen in hierdie jaar se verkiesing. Maimane het die gemeenskapslede wat teenwoordig was in Afrikaans gegroet. Die charismatiese DA-leier erken egter dat sy Afrikaans nog baie oefening benodig, en hoop dat hy vlot in Afrikaans sal wees teen die tyd wat hul die provinsie verteenwoordig. Hy het die gehoor verder in Engels aangespreek en verduidelik dat die ANC nie ‘n vyand is nie. Hy verduidelik dat hul optog nie teen die ANC is nie, maar teen hul mislukking. “Die eerste keer wat ek gestem het, het ek my merk by die ANC naambeeld gemaak; maar dit was die progressiewe ANC van Nelson Mandela en Mbeki. Ons kan egter nie naïef wees nie, die ANC van vandag het misluk,” sê Maimane. “Ek het vroeër vandag Vosloorus besoek en tot my verbasing is daar mense wat nie eens ‘n toilet het nie; dit is onaanvaarbaar. Wanneer die DA die provinsie neem sal ons werk om hierdie mislukking reg te maak, al moet ons bekend staan as die goewerment wat toilette gelewer het, ten minste sal ons weet ons het iets vir die land gelewer.” Maimane het ook ander punte aangespreek, onder meer BEE, die ekonomie, werke, opvoeding en die befaamde e-tol stelsel. “BEE is ‘n noodsaaklike program. Ons kan nie die historiese wanbalans ignoreer nie, maar die program was nooit bedoel om besigheid te penaliseer nie. BEE sal positiewe verandering teweeg bring in die hande van die regte regering,” het Maimane gesê. “Kwotas plaas nie die regte person in die kantoor nie, dit kan selfs teen die balans van die skaal uitwerk,” voeg hy by. Tydens die vraag-en-antwoord sessie het Maimane gesê dat hy nie ‘n e-tag besit nie en nie bereid is om te betaal nie; ‘n stelling wat met toejuiging deur die gehoor ontvang is. ‘n Gemeenskapslid het aan tame TIMES gesê dat hy Maimane se besoek waardeer het, maar dat indien die DA die provinsie wil oorwen in die komende verkiesing,hulle die gemeenskappe wat nog nie blou stem nie, moet nader.
Sixteen injured NEWS in taxi crash
P3
Win a date with mr south africa