tame TIMES
alberton
two time winner of the annual Ekurhuleni awards: Best Print media
A FRESH APPROACH TO LOCAL NEWS
Delivered every Tuesday
Volume 05, 18 March 2014, Week 12
Diesel diewe vasgetrek
Tel: 011 862 8500 Fax: 011 869 7335
Stephanie Conradie
stephanie.conradie@tametimes.co.za
Slagting van die slaggate
NEWS
P4
BO: MISDAAD TONEEL: Die diesel-besmette toneel waar die vragmotors stilgehou het. REGS: Kolonel Arikum, Konstabel Riaan Venter en Sersant Moloi Op Maandag 10 Maart het die Brackendowns polisie ‘n oproep ontvang dat twee vragmotors van ‘n vervoermaatskappy van hul roete afgedwaal het, en in Alrode Suid stilgehou het. Polisie wat in die area patrolleer het, het na die perseel gejaag en vier verdagtes
betrap waar hulle besig was om diesel uit die vragmotors te tap. Al vier verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal. Die perseel was vol diesel bestrooi en nodige stappe is ook deur die Departement van Omgewingsake geneem. Volgens Kolonel Arikum, van die
Brackendowns polisie, het hulle verdere ondersoek ingestel en ook ‘n vraghouer vol motorparte op die perseel gevind. Die verdagtes het op 13 Maart in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel terwyl verdere ondersoek ingestel word. Die diewe is borgtog geweier en is terug in aanhouding.
Marais Viljoen seëvier
sport
P20