Alb wk 13

Page 1

tame TIMES

two time winner of the annual Ekurhuleni awards: Best Print media

alberton

A FRESH APPROACH TO LOCAL NEWS Volume 05, 25 March 2014, Week 13

Delivered every Tuesday

Tel: 011 862 8500 Fax: 011 869 7335

Ontploffing by fabriek laat een ernstig beseer Stephanie Conradie

stephanie.conradie@tametimes.co.za

BESEER: Die beseerde man word in die helikopter gelaai

SKADE: Die Uniresins fabriek nadat die vlamme geblus is

Om 10:21vm op 20 Maart het die Ekurhuleni Nooddienste ‘n oproep ontvang dat daar ‘n ontploffing in Fuchs Straat, Alrode, was. Die Alberton en Germiston Brandweer het na die toneel gejaag. Die ontploffing het by die Uniresins fabriek gebeur waar hoogs vlambare gom-materiale vervaardig word. “Die inligting wat aan ons gegee is, is dat daar ‘n gaslek in die fabriek was, en dit het die ontploffing veroorsaak. Ons kon gelukkig die vlamme van die vlambare materiaal weerhou. Die struktuur van die gebou het minimale skade, maar daar is heelwat rookskade.” het Mnr William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni Nooddienste gesê. Daar is bevind dat die lek by die kleppe van die gasbottels was, water kon die vlamme nie blus nie en skuim moes gebruik word om die brand onder beheer te bring. Verdere ondersoek sal ingestel word om te bepaal of die maatskappy die nodige veiligheidsmaatreëls nagevolg het voordat die ontploffing plaasgevind het. Netcare 911 het bevestig dat daar slegs een persoon ernstig beseer is in die voorval. Die man het ernstige brandwonde opgedoen en is met die Netcare1 helikopter na die Milpark hospitaal geneem vir dringende mediese sorg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.