Alb wk 15

Page 1

tame TIMES

alberton

two time winner of the annual Ekurhuleni awards: Best Print media

A FRESH APPROACH TO LOCAL NEWS

Delivered every Tuesday

Volume 05, 8 April 2014, Week 15

Braaimeester van die kontrei Stephanie Conradie

tame TIMES’ birthday celebration

stephanie.conradie@tametimes.co.za

Borries met sy 2 trofeë en natuurlik ‘n braaivleis vuur. Suid Afrikaners is sinoniem met braaivleis, soveel so dat ons selfs ‘n nasionale braaidag en ‘n nasionale braaispan het. Cornè Bornman (meer bekend as Borries) van Brackenhurst het reeds bekendheid verwerf toe hy die tweede reeks van die kykNET program Bring en Braai in 2012 gewen het. Nou het hy weereens sy braai talent bewys toe hy onlangs die vierde reeks, Bring en Braai – Sterre Braai, gewen het. In hierdie reeks het die wenners van reeks 1, 2 en 3 teen mekaar kompeteer vir die gesogte titel van ‘Kampioen van Kampioene’.

Tel: 011 862 8500 Fax: 011 869 7335

Die beoordelaars was bekende kok Sarel van Sabie, sanger en aanbieder Thys die Bosveldklong, en Gareth Daniell, meer bekend as Braaiboy. In 2013 is Borries, saam met Braaiboy, as deel van die Chesa Nyama Braai-BQue Nasionale span na Amerika om aan die Jack Daniel’s World BBQ Invitational in Lynchburg Tennessee en die World Food Championships in Las Vegas deel te neem. In Lynchburg het hulle die ‘Happiest Home in the Hollow’ prys gewen en in Las Vegas het hulle 34ste uit al die wêreldspanne geëindig.

Saam met die beoordelaars en sy medefinalis Dirk Liebenberg van Limpopo. In 2014 beplan Braaiboy om by die World Food Championships in Las Vegas ‘n onderwater braai te hou, en so vir die wêreld te wys dat Suid Afrikaners wel die beste braaiers is. Met die deure wat Bring en Braai in 2012 vir Borries oop gemaak het, beplan hulle ook nou ‘n ‘Smoke School’ waar hulle mense oplei om vleis, en ander kossoorte, op die regte manier gaar te rook, en om die beste kombinasies bymekaar te voeg. Die opleiding sal by Borries se gastehuis, Borisimo’s, in Alberton plaasvind.

P3

Aspiring Mr SA

P4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.