Alb wk 19

Page 1

tame TIMES

alberton

two time winner of the annual Ekurhuleni awards: Best Print media

A FRESH APPROACH TO LOCAL NEWS Volume 05, 6 May 2014, Week 19

Delivered every Tuesday

So word hulle onthou

Tel: 011 862 8500 Fax: 011 869 7335

Koedoe Street problems piling up

P3

Chanel Lombaard en Reynard Burger.

Stephanie Conradie stephanie.conradie@tametimes.co.za Op Sondag 27 April is twee lieflike tieners van Alberton in ‘n tragiese motorongeluk op die N17 snelweg oorlede, en nog twee ernstig beseer. Chanel Lombaard en Reynard Burger was saam met hul twee vriende, Lizahn Venter en Gustav Lewis, in ‘n motorongeluk nadat die voertuig waarin hulle gery het se band gebars het en hulle beheer oor die motor verloor het. Beide Chanel en Reynard het in 2013 aan die Hoërskool Marais Viljoen matrikuleer.

Die Ongelukstoneel is nou versier met blomme en mooi boodskappe van vriende en familie Reynard het die Saterdag, ‘n dag voor die ongeluk, sy 19de verjaarsdag gevier en het baie drome en ideale vir die toekoms gehad. Sy familie en vriende onthou hom as ‘n unieke mens wat baie mense se harte aangeraak het en ‘n blywende impak gelaat het. Hulle onthou hom ook as ‘n gelukkige, liefdevolle, nederige en lojale persoon en ook vir die goeie sportman wat hy was. “Ons wil graag almal wat ons die laaste ruk ondersteun, en bygestaan het, bedank. Ons gesin en familie waardeer dit opreg,” het Mnr. Louret Burger, Reynard se pa, gesê. Chanel het tydelik by die Alberview Laerskool se naskoolsentrum gewerk en het beplan om

haar Onderwysstudies deur Unisa te voltooi. Haar ouers, Ella en Abraham Lombaard, het gesê hulle koester die liefdevolle herinneringe van hul dogter, “Ons is net baie dankbaar vir die liefdevolle dinge wat sy op soveel mense se harte kon skryf,” het Ella gesê. Reynard en Chanel se begrafnisse, hierdie afgelope naweek, het as bewys gedien dat hulle baie mense se lewens aangeraak het. Gustav Lewis en Lizahn Venter het die ongeluk oorleef, en albei sterk nog aan in die hospitaal.

New EFC Welterweight

champ

P20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.