Bok wk 22

Page 1

BOKSBURG - BENONI

tame TIMES

TWO TIME WINNER OF THE ANNUAL ekurhuleni AWARDS: BEST PRINT MEDIA

FRESH APPROACH TO LOCAL NEWS

Volume 02, 28 May 2014, Week 22

Delivered every Wednesday

Metropolisieman

voor sy vrou doodgery Amy-Mae Campbell

Tel: 011 862 8500 Fax: 011 869 7335

Woman dragged under taxi

amymae.campbell@tametimes.co.za

Daniel Hunt in vroeër dae saam met een van sy dogters, Chevonne.

Op Woensdagoggend 21 Mei is Ekurhuleni-metropolisielid Daniel Hunt (49) in ‘n tragiese ongeluk op die Kingswayhoofweg, Benoni, oorlede. Daniel wou ‘n motoris, wat in die vinnige-baan gejaag het, voorkeer om af te trek. Die motoris het na bewering beheer oor sy motor verloor en Daniel omgery. Daniel is op die toneel, voor sy vrou, Christine Hunt, oorlede. “Hy het deur die lug getrek en langs ’n lamppaal geval. Ek het na hom gehardloop en die hele tyd gebid dat die Here hom sal laat lewe,” het Christine verlede week aan Beeld gesê. Volgens Ekurhuleni-metropolisie het die drywer 120km per uur in ‘n 80km per uur sone gery. Volgens Supt.Vusi Mabanga, Ekurhuleni-metropolisie woordvoerder, het Daniel se kollegas op die toneel beweer dat die drywer nie aangedui het of hy van plan was om te stop nie. Die motor het Daniel op die eiland in die middel van die hoofweg gestamp. Die bestuurder (‘n 52-jarige man) het gestop en hulp gebied. Hy is kort na die ongeluk op klag van strafbare manslag in hegtenis geneem. Hy is verlede week op borgtog vrygelaat. Volgens Mabanga moet motoriste besef dat spoed gevaarlik is. Hy herinner die publiek ook daaraan dat hulle verplig is om die metropolisie op die pad te gehoorsaam. Mabanga waarsku dat die metropolisie oorweeg om strenger boetes vir spoed-oorskreiding op die pad te implementeer om soortgelyke ongelukke te vehoed. Daniel sou hierdie jaar sy 27-jaar diens mylpaal by die Ekurhuleni-metropolisie gehaal het. Volgens Christine was haar man ‘n baie passievolle en pligsgetroue man, wat voluit geleef het vir sy werk en die Here: “Hy was ‘n baie goeie man. Hy sou sy medemens altyd voor homself sit en hy sou sy laaste vir iemand anders gee. Niemand sal in sy plek kan staan nie,” het Christine Maandag voor haar man se herdenkingsdiens gesê. Daniel word oorleef deur sy dogters, Charné (21) en Chevonne (17) uit 'n vorige huwelik; en sy drie stiefseuns: Antonio (29), Rhyno (27) en Lucas (20).

NEWS

P3

Ready for Comrades 2014

SPORT

P12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.