Laerskool ak 2

Page 1

LEEUWENHOF AKADEMIE NUUSBRIEF NR. 22 VAN 2014 7 JULIE 2014 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geagte ouers en personeel Ons as ouers en opvoeders het ‘n baie belangrike taak wanneer ons kinders teleurstelling ervaar. Dit is nooit lekker om teleurstelling te ervaar nie en duik daar wonderlike geleenthede vir ons as ouers en opvoeders op om hierdie lewenslesse saam met ons kinders te ervaar en te deel. Teleurstellings kom op alle tereine van die lewe voor en is dit ons as ouers en opvoeders se verantwoordelikheid om ons kinders daardeur te begelei sodat hul voorberei kan word vir die volwasse wêreld. Ek lees die volgende op die internet oor die verwerking van teleurstelling: Soms struikel en val ons oor versperrings in ons pad. Soms wil ons iets so bitter graag hê, maar kan dit nie kry nie. Soms verloor ons iets kosbaar of word dit sommer van ons weggevat. Onvoorsiene goed gebeur daagliks. Die lewe klap ons soms hard, laat ons plat op ons maag val en swaar en pynlik snak na asem. Dis in sulke tye wat ons gryp na strooihalms. Na die versekering dat ons weer sal kan opstaan en aangaan. Dat ons ‘n sterker en beter mens anderkant sal uitkom. Versoekings is volop, en ons is nie altyd versigtig genoeg om die gevaartekens betyds raak te sien nie. Dan kan ons onsself so maklik agterna verwyt oor ons agterlosigheid. Maar in al hierdie dinge, ongelukkige situasies, verliese, pyne en skete, teleurstellings en mislukkings, is daar lesse te leer, en weet ons dat God ons nooit in die steek sal laat nie. “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” 1 Korintiërs 10:13 Bou dus jou vertroue slegs op die Here. Hy sal jou die krag en wil gee om elke teleurstelling te oorkom. Jou lei na vrede en rus, na opstaan en oorwinning. Leer uit jou foute en wandel met vertroue. God gee moed vir die moedelose. Hy vertroos die gebrokenes van hart en Hy herstel die innerlike skade van teleurstelling. 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.