LEEUWENHOF AKADEMIE NUUSBRIEF NR. 4 VAN 2015 3 FEBRUARIE 2015 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geagte ouers en personeel Dit is baie belangrik vir ons as ouers om baie te belê in ons kinders. Baie dankie aan ons Leeuwenhofouers en- personeel wat elke dag in ons kinders se lewens belê. Hier volg sewe dinge wat elkeen van ons kinders elke dag moet hoor en ervaar:
Ek is lief vir jou Ek is trots op jou Ek is jammer Ek vergewe jou Ek luister Hierdie is jou verantwoordelikheid Jy het dit wat nodig is
Baie sterkte met hierdie baie belangrike taak en verantwoordelikheid wat ons as ouers en personeel het.
AKADEMIE BENCHMARK: GRAAD 7 Ons het verlede week die uitslae van 2014 se Benchmark ontvang en is baie trots op ons leerders se pragtige prestasies. Baie geluk aan personeel met harde werk regdeur die jaar. Die uitslae was as volg: Vak Wiskunde Engels
Leeuwenhof 69% 64,57%
ISASA skole in Gauteng 63% 67,37%
1