Welpienuusbrief 3 2015 (3)

Page 1

2015 Januarie 27 Nuusbrief 3 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 wilnav@leeuwenhof.co.za

KASKARDAG 14 FEBRUARIE: Liewe Ouers, Ons het tydens die oueraand verduidelik dat die Voorskool twee fondsinsamelingsgeleenthede het: Die Kaskardag saam met die Laerskool en dan ons eie Markdag. Die Kaskardag vind op 14 Februarie van 08:30 tot 13:30 plaas. Dit is „n fantastiese geleentheid vir ons kleuters, ouers, familie en vriende! Die eerste Kaskarbrief, asook die borgvorms word vandag aan u voorsien. Die borgvorm is „n amptelike dokument, wat aan die einde van die einde van die projek, saam met die borggeld ingehandig moet word. Ons hoop u kry sommer honderde borge!!

WATERSPORTDAG: Watter groot pretdag het ons nie gehad nie! Tien interessante en uitdagende aktiwiteite waaraan elke kleuter kon deelneem! Ons hartlike dank aan u elkeen wat die dag saam met ons deurgebring het! Ons kleuters was sterre! Baie dankie aan Juff. Amanda en Karin, wat vir die reëlings verantwoordelik was, asook aan elkeen van ons juffrouens wat hul deel dubbel en dwars gedoen het! Ons het groot waardering vir ons puik personeel! OUERAAND: Dit was wonderlik om u by ons oueraand te kon hê! Ons vertrou ons verbintenis met u gaan iets besonders wees en groot voordele vir ons almal inhou! Baie dankie vir u ondersteuning en u belangstelling in u kindjie se doen en late!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.