1 minute read

Die eerstespan rugbykapteins gesels... Jonathan Olivier Ronaldo Kiewiet

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Die hoogtepunt van my rugbyloopbaan is toe ek die voorreg gehad het om as kaptein vir die eerstespan gekies te word.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek motiveer my span deur te lei deur `n voorbeeld op die veld, en van die veld af te stel.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Ons onderkaptein is Urban Pienaar. Hy is teruggetrokke, maar op die veld is hy `n goeie leier wat altyd positiewe boodskappe uitdra. Hy los altyd alles op die veld en hy sal nooit opgee nie.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

As `n span sien ons baie uit om te streef na ons doelwitte en volgens ons rugby-leuse te leef naamlik: “Never be average”.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

My gunsteling springbokspeler is Eben Etzebeth, omdat hy een van die mees fisiese ouens op die veld is en hy is hardwerkend. Dit intimideer die ander span se spelers en hy is altyd daar vir sy mede-spanmaats.

Wat is jou planne vir die toekoms?

My droom is om `n professionele rugbyspeler te word en `n suksesvolle loopbaan te hê, maar indien die droom nie realiseer nie, wil ek graag gaan studeer en Varsity Cup speel.

“The most powerful leadership tool you have is your own personal example.”

John Wooden

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

My hoogtepunt is defnitief Cravenweek.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek herinner hulle om altyd in `n span en vir mekaar te speel en dissipline op die veld, en van veld af te handhaaf.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Dante Smith, hy is ‘n baie goeie onderkaptein, hy motiveer die span ook altyd voor ‘n wedstryd.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Ons mikpunt is om die liga te wen en dan sal die Kovsie-liga ook ‘n bonus wees.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Manie Libbok, want hy is ‘n baie goeie rugbyspeler wat uit `n klein dorpie in die Oos-Kaap kom. Hy is een van die beste losskakels in die land.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Om aan die Varsity-Beker deel te neem sodat een van die groot rugby-unies my sal raaksien en dalk eendag Curriebeker kan speel.

o.19A RUGBY

This article is from: