10 minute read
The new Suzuki GRAND VITARA
Advertisement
Now available at Westvaal Welkom!
Roean Bezuidenhout
Rugbyafrigter
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Ons span sal probeer om effektiewe rugby te speel – dit gaan dalk ‘n bietjie vervelig aan die begin wees, maar ons sal begin hardloop soos die tyd en geleentheid homself voordoen.
Hoe is die samestelling van die span vir die naweek? Enige beserings?
Ons behoort op volle sterkte vir die derby te wees, maar beskik oor genoeg diepte indien iemand skielik nie beskikbaar is nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons glo dat ons span redelik gebalanseerd is en dat ons in alle fasette ons man kan staan, maar ons agterlyn bly gevaarlik en hul vermoë om af te rond, is goed.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?
‘n Goeie rugbyspeler is iemand wat die belange van sy span as prioriteit sien en sy eie doelwitte en drome tweede stel en deur samewerking, eenheid laat verwesenlik.
Wat is jou filosofie as `n afrigter?
Om spelers voor te berei om ‘n verskil in die samelewing te maak, goeie mans en pa’s vir hul vroue en kinders te wees en hulle te laat besef elkeen is spesiaal.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?
My groot vriend Jacques Juries, Griffons se afrigter en Heyneke Meyer.
WELKOM-GIMNASIUM SKOOL o.19A RUGBY
Crous
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Ek hoop dat ons span vanjaar tot hulle volle potensiaal kan speel. Dit is ‘n span wat alreeds baie teleurstellings oorkom het en ons glo dat hulle dit sal gebruik om ook oor hierdie hekkie te kom en met die nodige selfvertroue te speel. Dit is ‘n span wat vir mekaar en hulle skool speel en vir die eer om die eerstespan trui te dra.
Hoe is die samestelling van die span vir die Derby? Enige beserings?
Ons het verskeie spelers wat vroeg in die seisoen beseer is en nou besig is om terug te kom. Verder is daar ook ‘n paar spelers gedurende die laaste paar weke beseer. Die situasie rondom wie van hulle beskikbaar sal wees is nog onseker, so ek kan nog nie op die samestelling van die span kommentaar lewer nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons het vanjaar ‘n baie gebalanseerde span. Ons het ‘n groot en sterk pak voorspelers en ‘n vaardige agterlyn. Ek dink ons het ook effe meer diepte in sekere posisies as in vorige jare. Baie van die graad 12’s was verlede jaar al in die oefengroep en het dus al blootstelling gekry aan eerstespan rugby en die verwagtinge van ‘n derby. Ons is ook baie opgewonde oor die graad 11 spelers wat vanjaar in die groep is en is baie tevrede met die manier hoe hulle ingeskakel het.
In jou opinie, wat is die eienskappe van ‘n goeie rugbyspeler?
Al wat ‘n speler nodig het is goeie waardes. Ons gebruik die woord PRIDE om ons waardes saam te vat en glo dat al die nodige eienskappe die resultate van hierdie waardes sal wees. Behalwe vir die feit dat TROTS vir ons belanrgrik is, is PRIDE ook ‘n akroniem vir ons skool se vyf rugbywaardes naamlik: Passie, Respek, Integriteit, Dissipline, Eenheid.
Wat is jou filosofie as ‘n afrigter?
Ek glo dat elke sportman die geleentheid gebied moet word om deurlopend hulle potensiaal te ontwikkel en om daardeur te groei as ‘n atleet, sowel as mens. Om dit te bereik moet ‘n positiewe omgewing geskep word waarin hulle die fundamentele beginsels van die spel kan bemeester deur middel van harde werk en deursettingsvermoë. Dit sal hulle toerus met die nodige leierseienskappe en motivering om goeie gewoontes, dissipline, karakter, integriteit en respek te ontwikkel. Die uiteindelike doel is om perfeksie na te jaag as ‘n eenheid en te streef na uitnemendheid, terwyl daar gefokus word op eerstens, spandoelwitte en ook persoonlike doelwitte. Om dit moontlik te maak wil ek graag ‘n lewenslange student van die spel wees. Hoewel ek afrig om te wen, bly die wil om voor te berei om te wen en my spelers se welstand en toekoms, steeds my eerste prioriteit. Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?
Ek dink ‘n goeie afrigter kan altyd iets by enige ander afrigter leer. Daar is egter sekere afrigters wat my inspireer as gevolg van hulle spesifieke sterkpunte. Vir my is daar geen beter rolmodel as Rassie Erasmus nie. Hy het ons geleer om nooit op te hou dink oor die spel nie. Hy het ook altyd gesorg dat hy gereeld iets nuuts na ‘n span toe bring. Sy durf om moeilike situasies aan te spreek en standpunt in te neem onderskei hom van enige iemand anders. Hy is eerlik en reguit met sy spelers en het besondere menseverhoudinge. Volgens my is daar niemand in sy klas nie, want hy is absoluut uniek.
Voor: Caleb Lottering, Tumisang Tsuputsi. Tweede ry: Fabian Peters, Janco Buitendag, Jandré Henning (O/K), Hannes Fouche (K), Wilbrie Van Zyl, Altus Eloff, Wessel Pansegrouw. Derde ry: Kobus van Zyl, Ethan Macmaster, Steve Ferreria, Wehan Mostert, Janco Maas, Ethan Rowett.
Agter: Rivan de Bruyn, Kanamelo Gawahani, Wian de Beer, Adriaan Muller.
Voor: Jayden Venter, Xander Olivier, Nkululeko Shabalala (K), Kganya Molapo, Joshua Coertzen
Middel: Bokang Lesenyeho, Ruan Greyling, Tshiamo Mamatela, Ayden Bezuidenhout, Hloni Mokotjo
Agter: Kananelo Tutubala, Kabelo Ramakatsa, Tiaan Greyling, Laurenze Lamine, Rewaldo Farmer.
Goudveld-Hoërskool - o.16A Rugby
Welkom Gimnasium - o.16A Rugby
Goudveld-Hoërskool - o.15A Rugby
Goudveld-Hoërskool o.14A Rugby
Voor: Vian Boardman, Britz Reynders, Bul Rademeyer, Janco van Wyk, Renaldo Agrella.
2 de ry van voor: Sipho Biya, Derik van der Westhuizen, Jaylon Kruger, Unathi Sijan, Markus Maritz, Arno Vogel, Delan van Zyl , Christopher du Plessis , Louis Eagleton, Bokang Modise, Jano Sandt, Oghone Mocwane, Joe Vorster, TJ Marks, Donovan Fensham, Bruce Belling.
Afwesig: Andile Mtala, Khanyisa Mngonezulu, Wandile Mtala, Lesedi Nkoho, Rethabile Semase.
Voor: Siyabonga Masinga, Ruan Theron 2de ry: Bokamoso Gabuse, Emile Mahlelebe, Itumaleng Khiba, Kopano Kheta, Junior Masiu, Sandile Mamba.
Middel: Chad Dreyer, Vusi Ndayi, Johan Naudè, Dian Kleynhans, Gorden Smith, Stefan Ferreira, FJ Labuschagne.
Agter: Oscar Maseka , Arthur Lund, Amaan Addendorf, Wandile Bengell, Kamane Jorge, Donald Schoombee, Tumelo Masukela
Welkom Gimnasium - o.15A Rugby
Voor: Tumelo Hlakoane, Teagan Jantjies.
2de Ry: Karabelo Cele, Matteo Fern, Hlalefo Mofokeng, Lungile Sabayeni, Tsepo Msia, Aston Grootboom, Keitumetse Matlokotsi.
3rde Ry: Hloni Mahlatsi, Bongani Caji Junior, Walker Mkomansi, Keeno Claasen, Jughon Juries, Tsepang Maloka.
Agter: Neo Mapeka, Kamohelo Majoe, Bryan Haywood, Oratile Moketsane, Thabiso Molefi, Jeandre Rossouw, Omphile Maphira.
A t P G G l a s s , w e g u a r a n t e e t h a t t h e q u a l i t y o f t h e g l a s s w e f i t i n y o u r v e h i c l e i s a s g o o d a s t h e o r i g i n a l p i e c e o f g l a s s w e a r e r e p l a c i n g W e n e v e r c o m p r o m i s e o n q u a l i t y W e u s e S o u t h A f r i c a n m a n u f a c t u r e d a n d S A B S a p p r o v e d q u a l i t y p r o d u c t s D o n ' t c o m p r o m i s e y o u r s a f e t y , t r u s t t h e p r o f e s s i o n a l s w i t h y o u r w i n d s c r e e n r e p l a c e m e n t O u r h i g h l y t r a i n e d a n d a c c r e d i t e d t e c h n i c i a n s a r e s t a n d i n g - b y t o a s s i s t y o u
2de ry:
Welkom Gimnasium - o.14A Rugby
Voor: Leon vd Westhuizen, Karabo Mojaki.
Ons Gouties is opgewonde om die jaar die Derby aan te bied. Sport ontwikkel ‘n manier van behoort, groepgees en vriendelikheid by individue. As kaptein van die eerste netbalspan, is my wens vir elke speler, ondersteuner en ouer om die dag te geniet in goeie sportmangees. Mag
Gouties onthou: “It’s not how big you are, it’s how big you play”.
Sterkte aan elke speler wat hard gewerk het om deel van 2023 se Derby te wees.
Madri Harmse en Elba Stolk Afrigters
Wat kan die skool en ouers hierdie naweek te wagte wees van julle span?
Ons was bevoorreg om saam met hierdie span die laaste twee jaar te kon groei en te kon sien hoe elkeen van hulle in dinamiese jong dames ontwikkel. Ouers en die gemeenskap kan gereed maak om stomgeslaan te word deur hierdie meisies se deursettingsvermoë. Ons is so trots op elkeen van hulle. Hulle is regtig so `n mooi voorbeeld vir ons ander Gouties en ons weet hulle gaan nog so baie in die lewe bereik. As mens al daai glimlaggies, goeie waardes en omgee harte kombineer met hulle vreesloosheid, deursettingsvermoë en sterk persoonlikheid, het ons `n klomp sterre wat nie kan wag om `n verskil te gaan maak in hulle gemeenskap nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag van ons span lê definitief in die Here. As ons lywe moeg gespeel is, ons voete vol blasé is, ons vingers verstuit is en ons shins pyn, weet ons dat ons krag nie uit ons self kan kom nie, maar dat dit van die Here af kom, dat hy ons sal optel en dra waar ons nie meer kan nie.
Tweedens, lê ons krag in ons nederigheid, ons is nederig dankbaar vir die talente wat ons meisies ontvang het en ons speel netbal om die Here se naam daardeur te verheerlik.
Laastens, vind ons ons krag in ons vertroue in mekaar, ons ondersteun mekaar en vat hande in die proses waarin ons STREEF WERK OORWIN.
Simoné Cloete & Diandré Booyens
Afrigter
Wat kan die skool en ouers hierdie naweek te wagte wees van julle span?
Om deur te dring na die Lejweleputswa-uitspele en hopenlik na die Vrystaat-uitspele. Ons werk hard om ons o.17 spelers vir die 2024 seisoen voor te berei.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons span het baie potensiaal en talent, maar die belangrikste faktor is dat ons spelers groot harte het en tog nederig is.
Ondersteun
WELKOM-GIMNASIUM SKOOL o.19A NETBAL
Luané Louw
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Die hoogtepunt vir ons span is dat ons met elke wedstryd verbeter en ons vorige foute regmaak en fokus om beter as die vorige wedstryd te speel.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer hulle deur teenwoordig op die baan te wees, en ook van die baan af. Gedurende ‘n wedstryd sal ek hulle motiveer deur te noem dat dit reg is om ‘n fout te maak, maar probeer om dit reg te maak. As enige speler ‘n bal onderskep of goeie spel toon, sal ek haar prys.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Ons onderkaptein is Lehokwe Mopeli. Sy staan by my deur ook die span te motiveer. Sy gee baie goeie raad gedurende halftyd aan ons spelers en is altyd daar as ons haar nodig het.
Come test drive the all new Ford Ranger at Human Welkom TODAY!
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons as ‘n span wil graag die jaar weer die liga wen, maar die belangrikste is dat ons die jaar en seisoen geniet en met elke wedstryd en oefening beter netbalspelers word. Dit sal my trots maak as die span hierdie dinge wat hulle in die seisoen geleer het, sal toepas en groei.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Alhoewel my planne nog nie 100% in sement vasgelê is nie, kan ek elkeen verseker dat waar ek ookal myself bevind, die vlam wat WelkomGimnasium in my aangesteek het, altyd hoog sal brand. Ek kan julle verseker dat die lig in elkeen van ons is. Verder sal ek alles tot eer van die Bron wat my geskape het en diegene wat my gevorm het, doen.
Goudveld-Hoërskool - o.19B Netbal
Voor: Lioneldine Jordaan, Lara Badenhorst (o.k), Elba Stolk, Tyla Wasmuth (k), Elandré Venter. Agter: Jayrin Deerling, Cay-Lee Roets, Atlehang Molaoa.
Welkom Gimnasium - o.19B Netbal
Voor: Lineve Tsoaela, Tara Buckley (GS), Relebohile Nkobo (GA), Kathleen Parker (GD).
Agter: Rachel owuru (WD), Jade Ogilvie (GK), Rethabile Nkobo (WA).
Welkom Gimnasium - o.17A Netbal
Voor: Tumelo Lesholi, Isonel van Niekerk, Anebel van Niekerk, Pontsho Nkopane. Agter: Talitha van Sittert, Masintle Lethata, Danieke Steenkamp, Matshepiso Mokoena.
Goudveld-Hoërskool - o.16A Netbal
Voor: Mia de Jonge (o.k), Mariska van Jaarsveld (Afrigter), Carina Stolk (Afrigter), Zelney Meintjes (Kaptein). Agter: Rethabile Phafudi, Mpho Komani, Runecia Langzurie, Nyrette Steenkamp, Carli du Plessis, Nadia Prinsloo.
Welkom Gimnasium - o.16A Netbal
Voor: Rorisang Rathebe, Kayla Kotze, Kekeletse Halahala, Atlehang Mohlaphuli. Agter: Deladrian Apples, Busiswe Zotwayo, Thandaza Tshangela.
Goudveld-Hoërskool - o.15A Netbal
Voor: Dianthe Fouchè, Mev. Lèzil Bothma (spanbestuurder), Mev. Nadia Olivier (Afrigter), Carli Taljaard. Agter: Melindi Steyn, Michelle van der Westhuizen, Annabelle Rheeder, Naledi Tadi, Nigella Siebert.
Welkom Gimnasium - o.15A Netbal
Voor: Karabo Kondile, Thatohatsi Moalosi, Mareese Mothibedi en Mieke Erasmus. Agter: Khensani Mkhabela, Lynn-Mari Louw en Isabella Maritz.
Goudveld-Hoërskool - o.14A Netbal
Voor: Vanessa Wasyliszyn, Mev. Lèzil Bothma (spanbestuurder), Mev. Nadia Olivier (Afrigter), Lianè Erasmus. Agter: Zoey Weiss, Kaela-Mari Keyser, Blancè Fourie, Mikayla Le Roux, Linelldi Minnie.
Welkom Gimnasium - o.14A Netbal
Voor: Nozi Radebe, Megan Koen, Cameron Kotzé en Zinhle Ndwalane. Agter: Katleho Khatoane, Tenieke van Aswegen en Kira Fourie.
Voor: Bohlale Mokhahlane, Lia Myburgh. Middel: Ineke Bouwer, Carla de Jonge (o.k), Dimpho Thekisho, Lana Odendaal. Agter: Marizé Fourie, Kara Marx, Kaylin Potgieter, Daneske du Toit, Dintle Lichakane (k). Afwesig: Kayla Pretorius.
Goudveld-Hoërskool - o.16A Hokkiedogters
Voor: Paiton Steyn, Paula Hamel, Brenda Neethling (Afrigter), Tanya de Lange, Chanelle de Beer. Middel: Kaydi Fourie, Sonnica van den Berg, Marcharlene de Villiers, Kimora-Lee Ouman, Bianca Pieterse, Xanthe Bredenkamp. Agter: Mikayla de Meillon, Tshiri Thekiso, Elizabeth Mabena. Afwesig: Aidrian-Leé Schlechter, Cailin-Mari Schlechter, Tshepo Masheshemane (Afrigter).
Goudveld-Hoërskool - o.14A Hokkiedogters