1 minute read

HOËRSKOOL HANS STRIJDOM

Next Article
HTS TOM NAUDÉ

HTS TOM NAUDÉ

Advertisement

SA-Aerialnastix

Megan Cary-Smith het tydens die SA-Aerialnastix die volgende plekke behaal en ons is baie trots op haar.

• Tumblenastix - 9de

• Trampnastix - 6de

• Benchnastix - 10de

Netbal SA JKA Limpopo Kampioenskappe

Hannah Fitzcharles het aan die SA JKA

Limpopo Kampioenskappe deelgeneem. Sy het gekompeteer in die “Girls Age 16: Youth Novice Red - KATA” sowel as die “Girls Age

16: Youth Novice Red - KUMITE” afdeling.

Hannah is geplaas in die 1ste plek vir KATA sowel as KUMITE en het haar Limpopo

Provinsiale Kleure verwerf. Sy sal Limpopo

Provinsie verteenwoordig by die SA JKA Nasionale Kampioenskappe op die 29ste Julie in Johannesburg. Baie geluk Hannah, ons is baie trots op jou puik prestasie.

Ons is baie trots op ons eerste netbalspan wat na die Limpopo-uitspele deurgedring het. Die dogters het hard gewerk deur die seisoen om te kom tot hier. Hulle speel op 17 Junie te Hoërskool Pietersburg. Die Hansies staan agter julle, laat julle blou vlammetjie nog groter brand.

Tentpegging kompetisie

Baie geluk aan al ons senior ryers met ‘n uitstekende Limpopo MTB XCO finaal by Moorddrift Trails. Ons is baie trots op elkeen van julle, dit was ‘n uitmergelende baan, en julle het elkeen puik presteer en julle alles gegee.

Ané Pretorius, een van ons uitstekende perde ruiters van die Hansies, het deel geneem aan ‘n tentpegging kompetisie vir Waterberg distrik wat plaasgevind het in Delmas. Sy het uitstekend gevaar en haar resultate is as volg:

• 3de vir Ring en pen

• 2de vir Enkel Swaard

• 4de vir Enkel Lans

Helene (wat ook vir Waterberg ry) en Ané het saam as ‘n span eerste geëindig met Halfseksie Swaard.

This article is from: