
1 minute read
LAERSKOOL BOSVELD


Advertisement

Netbal
Vriendskaplike wedstryde teen Vaalwater se B-spanne, en Ellisras se C-spanne. Soos die bekende Billy Jean King se “Kampioene hou aan speel totdat hulle suksesvol is”. Laerskool Bosveld Primary glo vas dat elke kind die potensiaal het om kampioene te wees met hulle Godgegewe talente. Met die aanvang van ons 2023 netbalseisoen, het daar groot opgewondenheid geheers tussen ons Bossie-dogter wat dapper hulle potensiaal en liefde vir die sport wou beywer. Laerskool Bosveld het die jaar dit goed gedink om ontwikkelingsspanne te kies en so elke dogter wat nie plek in ‘n A- of B-span gekry het nie, maar steeds pliggetrou by elke oefening opgedaag het die geleentheid te gee om die nodige blootstelling te kry op die netbalbaan en ook ‘n liefde vir die sport te kweek.



Op 23 Mei 2023, nooi die Bossies ons buurskool Laerskool Ellisras vir ‘n middag van netbal vir al die ontwikkelingspanne. Ons het ook die geleentheid gehad dat ons B-spanne teen Laerskool Vaalwater se A-spanne kon speel. Elke C en D netbalspan het n sertifikaat van deelname ontvang om hulle vir hulle pligsgetrouheid te bedank. Ons is opgewonde om te sien wat die 2024 netbalseisoen vir ons dogters sal inhou. Dankie Bossie-dogters dat julle opdaag, julle beste gee, en die hart en wilskrag het om julle potensiaal te wil ontwikkel.







Provinsiale Rugby


Die volgende leerders is gekies om provinsiale rugby te speel.






SEE THE REST ONLINE