Boodskap van HOËR
LANDBOUSKOOL OAKDALE
Die interskole tussen die Hoër Landbouskool Oakdale en Hoër Landbouskool Boland word vanjaar vir die 30ste agtereenvolgende jaar aangebied. Tuisveldvoordeel speel beslis ‘n baie belangrike rol en vanjaar speel die Bulle op hulle ‘eie plaas’. Dis hier waar die Oakdalers die akkers onder hulle voete hoor kraak en die ruik van kuilvoer hul eienaarskap van ‘hulle plaas’ bevestig. Hierdie naweek sal De Eike, Populierbos, Takkieskraal, De Boord en De Tuine teruggee wat elke speler ingesit het. Die Graad 8’s se eerste en die Graad 12’s se laaste interskole maak dit emosioneel, maar nie minder opwindend nie. Interskole plaas die kersie op die koek en bepaal die sukses van ‘n seisoen. Die ‘beseringspook’ is op hierdie dag vergete, want die draer van die trui op daardie dag oortref homself en sy voorganger in vaardigheid, trots, spel en karakter. Dis hoe interskole werk. Dit haal die beste uit elke speler. Interskole onderskei nie in rang nie, want die o.14E of C lê reeds die fondasie vir die prestasie van die hoër spanne. Interskole is ‘payback time’: tyd om iets terug te gee aan jouself, jou span, jou ouers, jou ondersteuners, jou afrigter en jou skool. Interskole 2017 gaan ‘n grote wees wat net die beste sal vra. Maar interskole vra ook dat elkeen dit moet geniet. Interskole is nie ‘n ‘oorlog’ nie – dis passievolle mededinging tussen sportmanne en spanne met uitsonderlike vaardighede wat speel om te wen in die gees van gesonde interskole-sportmanskap. Dis ‘n dag waar ondersteuning en skoolgees op die pawiljoen bydra tot die ‘ons-gevoel’ waar een se sukses of se hartseer deur elke leerder van die skool gedra en gedeel word. Ons sien uit na ‘n opwindende naweek en versoek die gemeenskap van die Riversdal-omgewing om die Oakdalers te ondersteun. Ek bedank die Oakdale-ouers vir ‘n jaar of vyf se lojale ondersteuning en sien uit om hul weer op Oakdale te ontvang. Aan die Oakdalers: gaan uit en doen jou bes, maar geniet dit ook. “Iemand wat soos ‘n kampioen dink, het die vermoë om aan die rose te ruik terwyl hy op pad is om ‘n medalje te verower.” Sien die geleentheid en geniet dit voluit. Jannie Putter André Latsky Skoolhoof
Boodskap van HOËR
LANDBOUSKOOL BOLAND
Wat ‘n voorreg om, getrou aan ‘n trotse tradisie, vir die dertigste keer in ons skole se bestaan op die rugbyveld te kan meeding! Die afgelope tyd kompeteer ons ook op die gholfbaan. Mag ons dit altyd as ‘n voorreg waardeer en geniet en nooit vergeet dat dit oor sportmanskap en vriendskapsbande tussen twee skole met gemeenskaplike belange gaan nie. Solank as wat ons gesamentlik hierdie beginsels vooropstel, het interskole ‘n bestaansreg! Baie dankie aan Oakdale wat ons elke keer so gasvry ontvang en vir al die moeite wat julle doen om dit ‘n onvergeetlike dag vir al ons seuns te maak. Dankie dat die gesonde kompetisiegees wat heers, ook bydra tot ‘n gees van eensgesindheid, wat so noodsaaklik is vir dit waarmee ons elke dag besig is. Ons is groot dank aan albei skole se ouers verskuldig wat met hul ondersteuning aan hul seuns ook van hierdie geleentheid ‘n groot een maak. Die belegging wat julle in ons seuns maak, is ‘n belegging in ons toekoms! Dit is opmerklik dat ondersteunersgetalle van ons skole se oudskoliere jaarliks groei. Julle lojaliteit teenoor jul skole dien werklik as motivering vir die huidige leerlinge. Oudskoliere het immers van interskole gemaak wat dit vandag is! Namens Boland Landbou wens ons alle spelers en ondersteuners ‘n dag toe waarop almal kan terugkyk en kan sê: “Dit was goed!” Alle eer vir die geleentheid kom ons Hemelse Vader toe wat dit vir ons moontlik maak deur Sy genade. Mag alles wat tydens Interskole 2017 gebeur, tot eer van Sy naam wees. Chris Fourie Skoolhoof
Bladsy 2
INHOUD Boodskappe van Skoolhoofde......................................2 Geskiedenis van die Interskole......................................3 Hoër Landbouskool Oakdale Rugby Eerste XV...........4 Hoër Landbouskool Boland Rugby Eerste XV.............5 Honger? Eet Hier!....................................................6 & 7 PROGRAM...............................................................8 & 9 Oakdale Rugby A-spanne & Gholf..............................10 Boland Rugby A-spanne & Gholf................................11 Oakdale Rugby Eerste XV in Aksie..............................12 Boland Rugby Eerste XV in Aksie................................13 Vang Gees!!! Sjampanjenooi & Dirigente..................14 Uitslae Rugby Eerste XV 2017......................................14 Old Boys........................................................................16 Historiese Uitslae van Byeenkoms..............................16
To advertise Pieter Brand 076 026 3250 | pieter@tiemedia.co.za Editor Marika Truter
Advertising Coordinator Zinta Koekemoer
Designers Rowan Engledoe Ruveix Venter Nadia Matthee
Distribution Ryno Wolfaardt
Samantha Coetzee 076 141 5218 | samantha@tiemedia.co.za
AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646 021 872 3880 | www.awsum.co.za
DISCLAIMER All information was correct and up to date at the time of going to press. VRYWARING Alle inligting was korrek en op datum teen druktyd.
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Geskiedenis van die Interskole
Geskiedenis van die Interskole van die reuse in
Landbouonderrig Interskolekragmeting Hoër Landbouskool Oakdale Hoër Landbouskool Boland Saterdag, 26 Augustus 2017 Die dertigste interskole tussen die twee grootste suiwer landbouskole in die land word op 25 en 26 Augustus in Riversdal aangebied. Hierdie interskolekragmeting wat sedert 1987 aangebied word, word vanjaar op die sportgrond van die Hoër Landbouskool Oakdale aangebied. Beide hierdie skole word as suiwer landbouskole beskou vanweë die verpligte landbouvak wat elke leerder in die skool moet neem. Hierdie skole is bekend vir ‘n eenvormige karakter van trots, samehorigheid, sterk dissipline en leerderbetrokkenheid. Vandaar die feit dat hierdie skole met hul relatief klein leerdertal met agtien rugbyspanne en eer meeding teen die grootste skole in die land. Die skole is as deel van die top 20-skole in die land gereelde deelnemers aan die gesogte Wildeklawerrugbytoernooi. Die interskole tussen hierdie twee trotse landbouskole is sedert 1987 deur die destydse hoofde van beide skole, mnr. Fanie du Toit (Oakdale) en mnr. Nortier (Boland), begin. Hierdie dertigste aanbieding lê veral klem op rugby wanneer sestien spanne teen mekaar sal meeding, maar die gholfspanne van beide skole speel ook reeds Vrydag, 25 Augustus, teen mekaar.
Van die dertig jaar het Boland reeds negentien keer en Oakdale slegs tien keer gewen. Gedurende 2009 is die Interskole tussen die twee skole gekanselleer weens die uitbreek van varkgriep onder die Oakdalers. Beide hoofde erken dat dit een van hul moeilikste sportbesluite was wat hulle saam moes neem. Tuisveldvoordeel is baie sterk van toepassing en Boland kon laas in 2007 op die plaas die Bulle klop. Dit is ook interessant dat daar in dertig jaar nog geen gelykopuitslag was nie. Die oorwinning met die grootste punteverskil was gedurende 2011 toe Oakdale met 34–3 gewen het. Verskeie Springbokke en SA Skole-spelers, asook ‘n Internasionale speler, het al in hierdie interskole gespeel. Afgesien van die strawwe mededinging en goeie kompetisie tussen hierdie twee skole op interskolevlak, heers daar ook ‘n baie sterk band van samewerking en vriendskap tussen die personeel van beide skole. Die handhawing van ‘n sterk sin van sportmanskap en spanetiek word ten alle tye bevorder, wat tot ‘n positiewe beeld van beide skole en hul leerders bydra.
www.viking.co.za
THE CROP PROTECTION EXPERTS DIÉ OESBESKERMINGSKENNERS
T: 021 907 3000 AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Bladsy 3
HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE
RUGBY EERSTE XV
12. Jay-Cee Nel (K) Senter
5. Dániel van der Berg Slot
10. Clyde Lewis Losskakel
2. Keano Hendricks Haker
3. Magnus Muller Vaskopstut
4. Hannes Gous Slot
6. SP Kleinhans Flank
7. Henco Beukes Flank
8. Le Roux Pepler Agtsteman
9. Lian du Toit Skrumskakel
11. Joaquin Taute Vleuel
13. Ettienne Steyn Senter
14. Marcel Neethling Vleuel
15. Pietie Uys Heelagter
1. Dian Bleuer Loskopstut
MEER KRAG. MEER PRODUKTIWITEIT. EN SOVEEL MEER.
Hoekom is Case IH vir diegene wat op meer aandring? Want ons verstaan dat jy, as produsent, self daagliks op meer aandring. Meer van jouself. Meer van jou grond. En meer van jou toerusting. Dis juis jou dryfkrag wat ons aanspoor om masjiene te bou wat kragtiger en meer produktief is as ooit tevore. Buitendien, jy werk immers in die mees veeleisende industrie in die wêreld. Is dit nie tyd dat jy op meer aandring nie?
Gerhard de Jager Takbestuurder Swellendam / Bredasdorp: 082 388 7166 Verkope: Werkswinkel Bestuurder: Hermann Venner 071 682 1376 Onderdele Bestuurder: Brain Williams 073 035 4464
Bladsy 4
Alex Niemand 072 650 7296 (Swellendam) Zach de Wet 079 891 0008 (Bredasdorp)
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND
RUGBY EERSTE XV
1. Albert Coetzee Loskopstut
2. Tiaan Drotskie Haker
3. Christiaan Olivier Vaskopstut
4. Marko van Niekerk Slot
5. Herman le Roux (K) Slot
6. Thys Kitshoff Flank
7. Franco Venter Flank
8. Armand Adendorff Agtsteman
9. Gavin Mills Skrumskakel
10. Darren Hendricks Losskakel
11. Erik Lambrecht Vleuel
12. Francois du Toit Senter
13. Sebastian de Klerk Senter
14. Hanro-Daniël van der Merwe | Vleuel
15. Luther McKay Heelagter
√ √ √ √ √
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Bladsy 5
Honger? Eet hier!
ENGEN RIVERSDALE ONE STOP N2, RIVERSDALE
We standup for the champions!
GOOD LUCK FOR BOTH SCHOOLS! When hungry, thirsty and tired, LA BELLA DELI & RESTAURANT is the place to stop, situated outside Riversdale, next to the N2. La Bella Restaurant offers a wide range of the tasty homemade food and fresh breads and cakes baked daily!
POP IN FOR YOUR SLICE OF HOMEMADE GOODNESS (or cake!).
To advertise here! BOOK NOW WITH Pieter Brand 076 026 3250 pieter@tiemedia.co.za Samantha Coetzee 076 141 5218 samantha@tiemedia.co.za
www.awsum.co.za
AWSUM Radio, the only radio station exclusively for South African schools – for parents and learners! Available on the AWSUM Mobile App and the AWSUM website www.awsum.co.za!
Bladsy 6
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Honger? Eet hier!
info@ladismithcheese.co.za
HESSEQUA ABATTOIR Mulder Str, Industriële Area Posbus 678 Riversdal, 6670
ENGEN RIVERSDALE ONE086 STOP Tel: 028 713 1713 | Faks: 627 6774 N2, RIVERSDALE E-pos: hessabattoir@vodamail.co.za
We standup for the champions!
GOOD LUCK FOR BOTH SCHOOLS! When hungry, thirsty and tired, LA BELLA DELI & RESTAURANT is the place to stop, situated outside Riversdale, next to the N2. La Bella Restaurant offers a wide range of the tasty homemade food and fresh breads and cakes baked daily!
POP IN FOR YOUR SLICE OF HOMEMADE GOODNESS (or cake!).
info@ladismithcheese.co.za
HESSEQUA ABATTOIR Mulder Str, Industriële Area Posbus 678 Riversdal, 6670 Tel: 028 713 1713 | Faks: 086 627 6774 E-pos: hessabattoir@vodamail.co.za
Terms and Conditions:The promotion is only available at KFC Riversdal and runs from the 25th until the 26th of August 2017.
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Bladsy 7
Our Services Trailer Types:
Taut liners, Tri-axle flat decks, Super link flat decks, Drop sides, Side tippers and Refrigerated trucks.
Truck Types: * Range from 5 to 37 ton combinations * Forklift hire * Fertilizer Depot and Distribution * Animal Feed Depot and Distribution
* Supplier of Quality Lucerne * Split loads * Refrigerated loads
Commodities Transport: Lucerne, Fertilizer, Animal Feeds, Grain, Containers, Fruit, Wine & General Goods.
PROGRAM 26 AUGUSTUS 2017 TYD
DE EIKE-VELD
08:30
Oakdale
0.15A
Boland
09:45
Oakdale
0.19C
Boland
11:00
Oakdale
0.16A
Boland
12:15
Oakdale
0.19B
Boland
VOORSTELLING
13:40 14:00
Oakdale
0.19A
TYD
Boland DE TUINE
08:30
Oakdale
0.16B
Boland
09:40
Oakdale
0.16D
TBA
10:50
Oakdale
0.14A
Boland
11:50
Oakdale
0.16C
Boland
CRONJE BAKWERKE RIVERSDAL SINCE 1969 INSURANCE APPROVED
PANELBEATING/SPRAYPAINTING/TOW SERVICE 24/7 ADRESS: 2DE LAAN, NYWERHEIDSGEBIED RIVERSDAL Cell: 072 329 1986 | Werk: 028-713 1333 EMAIL :andre.cronje@eject.co.za
Bladsy 8
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
TYD
DONKERBOS
08:30
Oakdale 0.14B
Boland
09:30
Oakdale 0.14E
TBA
10:30
Oakdale 0.14D
Boland
11:30
Oakdale 0.14C
Boland
TYD
TEN DAMME
08:30
Oakdale 0.15D
Boland
09:30
Oakdale 0.15C
Boland
10:30
Oakdale 0.15B
Boland
TYD
DE BOORD
08:30
Oakdale 0.19D
Boland
09:40
Oakdale 0.19F
Boland
10:50
Oakdale 0.19E
Boland
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Bladsy 9
Hoër Landbouskool Oakdale Rugby 0.16A Voor: Lukas Holtzhauzen (kondisioneerder), Mickél Stemmet, mnr. Willem Groenewald (afrigter), Creflo Witbooi (kaptein), mnr. Pine Marais (afrigter), Vernon Paulo (onderkaptein), Bernard Maritz (spanbestuurder). Tweede ry: Keaton Busch, Stefan Marais, Charlie de Beer, Corbin Cronjé, Herman Otto, Thomas Adam, Gerdus Claassen, Nico Pietersen. Derde ry: Ashwin Botha, Lian Myburgh, Sybrand van Dyk, Kevin de Kock, Ajay Oelofsen, Jeandré Vermeulen, Ruhan Els, Christiaan Brand. Agter: Petrie Steyn, Neil Francis, Stephan Posthumus, Zack Stander, Hendrik Victor, Gustav Smit.
Hoër Landbouskool Oakdale Rugby 0.15A Voor: Josua Pieterse, mnr. Kobus Gerber (afrigter), Kaylim Cordier (kaptein), mnr. Frans Marais (afrigter), Matthew Stephens (onderkaptein), mnr. Evert Kleynhans (kondisioneerder), Armand Fourie. Middel: Walter Moolman, Elkan Willemse, Janus Ferreira, Tino Singe, Alwich van der Linde, Andries du Toit, Matthew Fortuin. Agter: Niel Engelbrecht, Marnitz Mellet, Corné Rahl, Roann Joubert, Bladen Hector.
Hoër Landbouskool Oakdale Rugby 0.14A Voor: Mnr. Philip Hattingh, Neil le Roux (onderkaptein), mnr. Tommy Dixon (afrigter), Paul de Villiers (kaptein), mnr. André la Cock (afrigter), Steyn van Rensburg, Jaco Coetzee (spanbestuurder). Middel: Armand van der Hoven, Simeon Oosthuizen, Morné Els, Dewanley van Rensburg, Kurtley Kiewiet, Matthew Golden, Riaan Swart. Agter: Rosco Seconds, Dieter-Steyn van Niekerk, Dian Heunis, Joshua Cremer, Welmar van der Mescht.
Hoër Landbouskool Oakdale Gholf Eerstespan Voor: Nico Pietersen, Henk Pienaar, mnr. Sakkie Schreiber (afrigter), Keano Hendricks, Jaco Pienaar. Agter: Jacobus Esterhuyse, Buksie Kamffer, Armand Bosch, Jéan-Pierre Meiring. Bladsy 10
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Hoër Landbouskool Boland Rugby 0.16A Voor: Jacques James Wiggins, Tarique Pietersen, Mnr. Schoeman du Preez (Afrigter), Eugene Snyders (Kaptein), Mnr. Marnitz Jacobs (Afrigter), Yorique Agullhas (Onderkaptein), Fabrizio Linnert. Middel: Hubert de Villiers, Johan Lourens, Hen-Ko Smuts, Conrad Petersen, Hentie Fourie, Reinardt Spies. Agter: Jaunu Olivier, Jacques Mostert, Jason Roux.
Hoër Landbouskool Boland Rugby 0.15A Voor: Zandré Vorster, Mnr Bernie Hugo (Afrigter), Isak Nel (Kaptein), Mnr. Prieur du Plessis (Afrigter), CJ Snyman. Middel: Trevino Swartz, Rudnicht Moses, Janru Nieuwoudt, JP Smith, Johandre Jones, Ralph Botha. Agter: Johan du Toit, Almar Jacobs, Marko de Witt, Luhan Steyn, Boeta Moolman. Inlas: Janco Maree.
Hoër Landbouskool Boland Rugby 0.14A Voor: Ethan Parsons, Ryno Swart (Onderkaptein), Mnr. Johan van der Merwe (Afrigter), Jurian van Santen (Kaptein), Gian Badenhorst. Middel: Brandon Bantubathi, Conrad Kruger, Gustav Laubscher, Christiaan Theron, Evart Swanepoel, Dante Driessen. Agter: Dawie Pansegrouw, Charl Cronje, Chris van den Berg, Dieter Mohr, Schalk van Schalkwyk, Dean Atsell.
Hoër Landbouskool Boland Interskole Gholfspan Voor: Armand Kruger, De Villiers du Plessis, Beaurain Herman (Kaptein), Mnr. Manie Smit, Herman Fourie, Linde Carstens, Tiaan Gantz. Agter: Andre Muller, Philip van der Merwe, Juan Joubert, Hannes Conradie, WJ Botha. Inlas: Paul Herselman, Jake Goosen. AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Bladsy 11
Hoër Landbouskool Oakdale Rugby Eerste XV in Aksie
Bladsy 12
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Hoër Landbouskool Boland Rugby Eerste XV in Aksie
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
Bladsy 13
Vang Gees!!!
Sjampanjenooi
VS Lissa Fourie
Juli Vercuiel
Hoër Landbouskool Oakdale Dirigente
Hoër Landbouskool Boland Dirigente
Michael Smith, Hanno Strauss, Erik Brand en FC Kriel.
Louis Hofmeyer, WG Christopher, Christiaan Orffer en Pierré-Ettienne Brand.
Uitslae Rugby Eerste XV 2017
Hoër Landbouskool Oakdale 0.19A-Rugbyuitslae 2017
Hoër Landbouskool Boland 0.19A-Rugbyuitslae 2017
KRAGMETING
KRAGMETING
TELLING
TELLING
Oakdale vs San Isidro (Arg)
17 – 15
Boland vs Windhoek
83 – 5
Oakdale vs Frankryk 0.17
22 – 31
Boland vs EG Jansen
65 – 21
Oakdale vs Kemptonpark
50 – 7
Boland vs Garsfontein
41 – 43
Oakdale vs Diamantveld
34 – 6
Boland vs SACS
18 – 22
Oakdale vs Potchefstroom Gim
66 – 12
Boland vs Grey College
8 – 49
Oakdale vs HTS Drostdy
13 – 24
Boland vs Monument
24 – 22
Oakdale vs Monument
8 – 32
Boland vs Bellville
64 – 15
Oakdale vs Garsfontein
40 – 19
Boland vs Framesby
16 – 19
Oakdale vs Paarl Gimnasium
29 – 31
Boland vs Wynberg
62 – 17
Oakdale vs Outeniqua
15 – 19
Boland vs Stellenberg
35 – 34
Oakdale vs Boishaai
31 – 36
Boland vs Paarl Gimnasium
24 – 15
Oakdale vs Paul Roos
10 – 27
Boland vs Paarl Boys’ High
33 – 38
Oakdale vs Langenhoven Gim
78 – 0
Boland vs Rondebosch
29 – 14
Oakdale vs Marlow
47 – 31
Boland vs Bishops
48 – 14
Boland vs Paul Roos
24 – 33
Bladsy 14
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017
AGRI RADAR/7785/A
ONS IS TROTSE ONDERSTEUNERS
VAN AGRI-SKOLERUGBY Ons deel dieselfde passie as jy. Hierdie jaar se Interskole-rugbyfees sal die trotse stryd tussen die Boland Landbou en Oakdale Agri-skole voortsit – en ons is hier om hulle te ondersteun. Vir meer as 100 jaar word Old Mutual Insure vertrou om boere, hulle gewasse, vee, en masjinerie te beskerm. So, maak nie saak aan watter kant jy is nie, weet dat ons agter jou staan, met elke tree wat jy gee. Vir deskundige advies, praat met jou makelaar of finansiële adviseur.
‘n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer (FDV12)
Old Boys & Historiese Uitslae
HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE
OLD BOYS
Pedrie Wannenburg
Meyer Bosman
Johann Muller
CJ Stander
HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND
OLD BOYS
Derick Hougaard
Hottie Louw
Deon Carstens
Attie Straus
Historiese Uitslae
Bladsy 16
OAKDALE
JAAR
BOLAND
6
1987
11
0
1988
9
11
1989
9
7
1990
6
4
1991
18
6
1992
15
26
1993
6
11
1994
18
19
1995
18
0
1996
26
26
1997
22
12
1998
16
23
1999
28
7
2000
31
0
2001
15
5
2002
14
12
2003
20
7
2004
11
8
2005
6
0
2006
17
19
2007
27
8
2008
16
3
2010
0
34
2011
3
19
2012
38
29
2013
10
7
2014
13
21
2015
19
22
2016
27
?
2017
?
AWSUM NEWS SPESIALE UITGAWE: HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE vs HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND AUGUSTUS 2017