Bloemfontein(August 2017) Primary - High Schools

Page 1

BLOEMFONTEIN

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

NEWS

Scan this code with your smartphone and like us on Facebook!

AUGUST 2017

Want to read this paper online? Scan this code with your smartphone and voilà!

FREE / GRATIS

www.awsum.co.za | Tel: 021 000 1705 Home

FOR THE FOODIES

Lifestyle

Health

Competitions

Recipes

LIKE US ON

School News

ENJOY LEMON SEASON

ENTERTAINMENT ALL THE LATEST MOVIES

Chris Chameleon

trap glad nie suutjies nie

Wen Chris se nuwe CD jy en ek en ek en jy

FRESH EGGS

NOURISH THE BODY Beskikbaar op Google Play & Apple Store

Kry die beste Nulaid-resepte op jou Skool se AWSUM App

Kliek op Food


AWSUM Celebrity Interview Slegs met sy kitaar en asemrowende, ongewone stemwerk, neem Chris Chameleon luisteraars op ‘n reis, na plekke van musikale betowering en verwondering. AWSUM News het bietjie met hom gesels oor sy musiek en ander dinge wat hom na aan die hart lê. V Jy het vroeër vanjaar die langverwagte album jy en ek en ek en jy uitgereik, waarop jy al die musiek self gekomponeer het. Wat was die inspirasie vir hierdie album? Wat was anders in jou proses met die skep van die album? A Die tema van liefde het my nog altyd interesseer. Ek hou van die tydloosheid daarvan. As ‘n mens 20 jaar gelede oor ‘n faksmasjien geskryf het dan sou mense dalk kon dink ‘hmmm … kyk nou net hoe byderwets!’ Maar baie van vandag se luisteraars sal nie eens weet waaroor dit gaan nie. Die liefde, daarenteen, is tydloos, en dinge wat 3 000 jaar gelede daaroor gesê is kan vandag nog net so waar wees. Waar ek in my vorige albums oor die liefde geskryf het, was dit oor ‘n ervaring hier met iemand, of ‘n ervaring daar met ‘n ander. In jy en ek en ek en jy gaan al die liedjies oor slegs een persoon: my beminde, wie ek in 2011 ontmoet het. In hierdie opsig is die album uniek in my stal omdat dit alles deur ‘n enkele persoon geïnspireer is. Die proses was ongewoon, omdat ek die tekste binne ‘n week of so as vrye verse geskryf het, in 2012, net om uiting te gee aan my gevoel in die tyd (‘n gevoel wat ek moet bieg tot vandag toe nog net so begeesterd brand!). Omdat dit vrye verse is – byna prosa – is die toonsetting daarvan nie altyd logies nie. Dit was eers verlede jaar dat ek gewonder het of ek dit nie dalk moet toonset nie. Toe ek eers begin het, was die proses baie lekker, en ek het voortgedonder met die projek. Mens sal met die luister daarvan agterkom hoe gereeld ek met frasering gewoeker het om die tekste in ‘n ligte liedvorm te vorm. V Jy en Daniella Deysel, die digter saam met wie jy in Junie 2014 die album Posduif opgeneem het, maak ‘n pragtige paartjie. Wat is julle verhaal?

V Wat doen jy graag in jou vrye tyd (wanneer jy nie tuinmaak nie)?

A Ons het mekaar in 2011 ontmoet en dit was liefde met die eerste oogopslag. Ons is tot vandag toe nog so erg smoorverlief dat ons wanneer ons by ander mense is, dit ter wille van stigtelikheid moet beteuel.

A Ek wandel in die natuur, doen navorsing (oor enigiets – alles interesseer my), geniet die geselskap van my geliefdes en, glo dit as jy wil, musiekmaak.

V Wat inspireer jou kreatief en persoonlik? Wie is ‘jou mense’? A Ek weet nie of iets spesifiek my inspireer nie. Inspirasie werk nie vir my so nie – dis nie ‘n fonteintjie waarby jy kan gaan tap nie (anders het ek my tent sommer daar gaan opslaan!). Inspirasie is vir my iets wat my op die vreemdste tye toetakel, en dan moet ‘n mens die meeste daarvan maak wat jy kan. My soort mense is enigiemand met integriteit, waarvan ‘n mooi hart in die oë sigbaar is, en wat nie poer-poer in die regterbaan nie! V Die meeste van die musiek op jy en ek en ek en jy is liefdesgedigte. Jy is ook bekend vir jou toonsettings van ikoniese Afrikaanse digter Ingrid Jonker se gedigte. Wat is jou ‘verhouding’ met die enigma van Ingrid? A Ek het, soos meeste van my Afrikaanse tydgenote, kennis gemaak met jonker se werk op skool. ‘n gedig hier en daar, een oor in, ander oor uit. Maar in 2003 het ek ‘n baie treffende dokumentêr oor haar lewe gesien terwyl ek in Nederland op toer was. Ek was ineens aangegryp deur die intensiteit en eerlikheid van haar werk. Dit was eers twee jaar daarna dat 7de Laan my gevra het om ‘n gedig – enige gedig – van enige Afrikaanse digter van my keuse te toonset vir een van hulle programme. Die enkele lied het twee geword, en kort daarna ‘n hele album, wat toe my eerste Afrikaanse vrystelling geword het. Haar werk is ook buitengewoon musikaal, wat vir ‘n musikant ‘n onweerstaanbare bekoring inhou. V Jy is ‘n groot voorstander en praktiseerder van self tuin maak en jou eie groente kweek. Waarmee is jy op die oomblik besig? Wat is jou grootste tuinplesier? A My kappertjies, wortels, broccoli, kool, Brusselse spruitjies en beet begin nou kop uitsteek, so my hooftuinfunksie is tans om te bid vir ‘n goeie reënseisoen.

Editorial team Editor Marika Truter Designers Rowan Engledoe Aniena Keller Nadia Matthee Ruveix Venter Coordinator Ryno Wolfaardt Distribution Ryno Wolfaardt

Page 2

Advertising Samantha Coetzee | 076 141 5218 samantha@tiemedia.co.za Carien van Eck | 072 372 7838 carien@tiemedia.co.za Gadijah Abrahams | 072 371 1681 gadijah@tiemedia.co.za

Distribution

Kyrios Independent. High Schools: Sentraal, St Andrew’s, Jim Fouché, Fichardtpark, Grey College.

AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 000 1705 | www.awsum.co.za

AWSUM News is distributed to the following schools in BLOEMFONTEIN: Primary Schools: Fichardtpark, Grey College, President Brand, Willem Postma, Jim Fouché,

AWSUM NEWS AUGUST 2017

V Hoekom Chameleon? A Ons almal pas maar aan by ons omgewing. Jy is nie dieselfde mens voor jou beminde as voor jou baas, as voor jou kollegas en as voor jou personeel nie. Dis nie skynheilig nie – dis eerder die onmiddelike omgewing wat verskillende aspekte van ons uitlig. En in daardie opsig is ons soos verkleurmannetjies: die omgewing bepaal ons skakering. Ek identifiseer al sedert 1988 met hierdie eienskap en het besluit om dit myself toe te eien. V Wat was jou reis na dié van ‘n professionele musiekkunstenaar toe? Was jy van kleins af ‘n musikant? A Ek was nog altyd musikaal, maar het eers in matriek ‘n instrument (kitaar) begin speel, wat toe die vaslegging van my eie toonsettings moontlik gemaak het. Ek is nie seker hoe goed ek met musiek is nie, maar as jy weet hoe vrot ek in so baie ander dinge is, sal jy hoop ek bly maar by musiek. V Wat is jou boodskap vir ons leerders oor die lewe, die liefde, en hoe om sukses te bereik? A Sukses is net twee dinge: liefde en geluk. ‘n Hele rits ander dinge word onder die vaandel van sukses verkoop, maar dis bogpraatjies. As jy jou idee van sukses aan geld, roem, erkenning gaan koppel, stel jy jouself op vir geweldige teleurstelling, want selfs die helderste sterre hou op skyn. Ek het al met van die mense wat die hoogte sport in die vermaaklikheidswese bereik het, gepraat en gewerk en by die wat ten tyde van ons kontak daar verkeer het, het ek ‘n leegte gemerk, en by die wat al die hoogste sport bereik het en al begin taan het, het ek kommer en soms selfs bitterheid gemerk. Niemand gaan ooit vir altyd die kat se snor bly nie. Dis lekker terwyl dit hou, maar ek sou aanraai dat dit jou nie definieer nie. Dis diere en kinders, eerder as konings, wat vir jou die beste aanduiding van jou waarde sal gee.

WEN WEN WEN!!!

Wen Chris Chameleon se nuwe CD, jy en ek en ek en jy. Stuur ‘n epos na info@tiemedia.co.za met CHRIS as titel.

WENNERS KARLIEN VAN JAARSVELD Sing vir Liefde Alison Smith & Stiaan Pretorius is die wenners van Karlien se CD. Baie geluk!!


by Jenny Morris

When life gives you

@ jennymorrischef

– just cook up a storm! Let’s Cook! This is my favourite time of the year: the lemons on my trees are turning bright yellow and I just love getting my hands onto them.

Lemon Pickles INGREDIENTS • 10 very ripe unwaxed lemons • 3 tsp salt • ½ tsp ground turmeric • ¼ tsp ground fennel seed • 2 ½ tsp chilli powder • ½ tsp ground cumin • 1 ½ cups caster sugar

I can’t remember when last I took a day off to do whatever I wanted to do, a day where I never looked at an email or answered my phone ... haaaaaaaaaaaaaa well that will never happen, but I did take a half day off to do just that. I signed up for a magazine readers’ day of pure spoiling and pampering in Franschhoek. After a delicious lunch, my pampering began with a full body massage, facial, pedicure and an Indian head massage. You can’t believe how hungry a girl feels after all that pampering. Now we all know that Franschhoek has a lot to offer on the food front and I have had many delicious meals there, but never have I had a curry there. Imagine my surprise when I bumped into an old chef friend at a lovely Indian restaurant in the village. When she discovered I was in the restaurant, she did what we chefs do for each other: take the agony out of deciding what to eat from a menu so enticing we can’t choose, she did the ordering for us. One of the condiments that I really enjoyed with my poppadums was the lemon pickles, and here is my twist on them. This is the perfect time to make them, as lemons are in season, so make a few jars and give them to your friends as gifts.

METHOD • Place the lemons into a large saucepan with 4 cups of water and boil gently till the skins are just soft, remove from the saucepan with a slotted spoon and let them cool. • Cut the lemons into quarters over a large boil so that you can catch any juices escaping from them. • Place the lemons into the bowl with the juices and scatter over the salt, turmeric, ground fennel, chilli powder and ground cumin, give it a stir to coat the lemons, leave them to macerate for 12 minutes. • Stir in the caster sugar and stir till the sugar dissolves. • Spoon into well sterilized jars with tight fitting lids, store in the fridge and use within three months. • You can start using the pickle after three days.

AWSUM NEWS AUGUST 2017

Page 3


LAERSKOOL PRESIDENT BRAND (t) 051 422 4941 (e) mariana@presidentbrand.co.za Revue Al drie ons revuegroepe het aan die Revista Fees deelgeneem en puik presteer: 87% • Vlammies (Gr R en 1) A+ • Juniors (Gr 2 tot 4) A+ 88% • Seniors (Gr 5 tot 7) A++ 93%

Wetenskap Expo President Brand se Expogroep het hierdie jaar waarlik presteer. Ons wen een goue, agt silwer en nege brons medaljes. PBS wen ook die Bubb-wisseltrofee vir die beste Primêre Skool tydens die Bloemfontein Streek Expo vir 2017.

Sirkustyd! Die jaarlikse konsert en Oupa-en- Oumadag wat op 24 en 26 Augustus gehou was, was weer ‘n reuse sukses en die kleuters het hulle sommer gate uit geniet!

Landloop Leon de Vries behaal ‘n 6de plek tydens die Vrystaat Landloop Kampioenskappe en word opgeneem in die Vrystaatspan.

GREY COLLEGE PRIMARY (t) 051 444 3150 (e) gcb@gcpb.co.za Dink-of-Sink Debat Die Dink-of-Sink Debat van die Volksblad het plaas gevind op 17 Augustus te EduPlus. Ons debatspan het bestaan uit: • Albrecht Botha • Pierre Joubert • Lourens Nortje Hulle is as algehele wenners aangewys. Baie geluk aan ons debatspan wat Grey Kollege se naam so hoog gehou het! Ons is baie trots op elkeen van julle!

Hokkie

Jordania-toer: 19 August 2017 0.9A • Grey vs Tjokkies wen 3-1 • Grey vs Jordania wen 7-0 • Grey vs Harrismith wen 7-0 • Grey vs Truida Kestell wen 4-0 0.9B • Grey vs Truida Kestell wen 7-0 • Grey vs Tjokkies verloor 0-1 • Grey vs Jordania wen 7-0 • Grey vs Jordania C wen 7-0 0.10A • Grey vs Jordania A wen 2-0 • Grey vs Truida Kestell A wen 3-0 • Grey vs Harrismith A wen 14-0 0.10B • Grey vs Harrismith B wen 4-0 • Grey vs Jordania B wen 1-0 • Grey vs Jordania A Dogters wen 2-0

0.12A Grey vs Tjokkies wen 2-0.

0.13A • Grey vs Jordania B wen 2-0 • Grey vs Jordania A wen 1-0 • Grey vs Truida Kestell wen 5-0 0.13B • Grey vs Harrismith A wen 3-0 • Grey vs Truida Kestell B wen 2-0 • Grey vs Jordania A Dogters wen 1-0 Hokkie Liga 0.12B Grey vs Tjokkies wen 1-0

PRIMÊRE SKOOL JIM FOUCHÉ

(t) 051 522 5951 (e) info@psjf.co.za

Musiek

(t) 051 436 2730/1 (e) pthysn@wpps.co.za

Hoofleierstoekenning vir Voortrekker Kommando

Baie geluk aan Anica van der Zwaard wat ‘n musiekbeurs van Unisa ontvang. ‘n Hennie Joubert Merietebeurs is aan haar toegeken vir haar uitstekende prestasie (100%) in die Graad 3-Musiekteorie gedurende 2016. Die beurs word toegeken aan die top twee leerders in Suid-Afrika in die betrokke graad. JF is baie trots op jou! Page 4

PRIMÊRE SKOOL WILLEM POSTMA

Die Voortrekker Kommando, Vader Visser, van Willem Postma Primêre Skool het tydens die vierjaarlikse kongres in Bloefontein ‘n Hoofleierstoekenning ontvang vir 55 jaar se toewyding vir die ontwikkeling van die Afrikanerjeug. Juffrou Cornel Jordaan, Kommandoleier van Willem Postma.

AWSUM NEWS AUGUST 2017


FICHARDTPARK PRIMÊRE SKOOL (t) 051 522 8166 (e) info@fichies.co.za Fichies blink uit by Expo Fichies het 22 leerders by die jaar se Vrystaat-Expo ingeskryf. Die Expo is by Kovsie Universteit uitgestal en Fichies het 14 medaljes verower. Fichies het drie goud, ses silwer en vyf brons gekry. Carla Bredenkamp, Elfred Fleischman en Ejorn Sonnekus het al drie goud verower. Elfred se projek is ook as die Beste Laerskoolprojek aangewys en hy sal Fichies by die Nasionale Expo verteenowwordig. Knap gedaan!

Produksie 2000 laat Fichies skaterlag Produksie 2000 kom lewer jaarliks ‘n vertoning hier by Fichies wat die lewensles van ‘doelwitte’ uitbeeld. Daar was oomblikke wat almal gehuil het van die lag tot naelbytende boksgeveg-oomblikke. Hierdie jaar was weer ‘n uitstekende vertoning deur Produksie 2000. Leerders het aan die akteurs se lippe gehang en die kleiner maatjies het uit hul maag gelag. Die boodskap aan Fichies was duidelik en elke leerder kon dit verstaan.

Fichie-redenaars hou Vrystaat se naam hoog Fichies se twee redenaars het die Vrystaat as nommer 1 en 2 verteenwoordig. Lisa Botha (Graad 4) en Karla Visser (Graad 5) het hulle puik van hulle taak gekwyt. Fichies was die enigste Bloemfonteinse skool op die finaal wat in Goudini plaasgevind het. Baie geluk aan die talentvolle twee redenaars en hulle knap afrigter, Juffrou Emsie Lloyd!

KYRIOS INDEPENDENT SCHOOL (t) 051 250 4050 (e) admin@kyriosschool.co.za Learning is fun Kyrios continues to create a learning environment where learners are afforded smaller classes to reach their potential. • The Senior Phase visited Rapid Prototyping (3D printing) for Technology. • The Foundation Phase and Intermediate Phase learners wrote the Conquesta (Maths & English) Olympiad. • The High School takes part in the private schools’ netball and soccer league, while some Foundation Phase learners had a soccer workshop. • This term’s afternoon intervention for the high school was in the form of a study skills and time management course.

JIM FOUCHÉ HIGH SCHOOL (t) 051 1760/1 (e) admin@jf.co.za SA-spelers Twee leerders van JF is ingesluit in SAspanne: • Jana Bester verower ‘n eerste plek in Swartbal Potspel in die Dogters o/19 Bal-kategorie en is dus die Dogters o/19 SA 9-Ball-kampioen. Sy is ook in die SA-span ingesluit wat aan die Wêreld Junior Kampioenskappe in Rusland gaan deeleem. Vir die derde agtereenvolgende jaar kwalifiseer sy ook vir Proteakleure. • Elmeré van der Berg word gekies vir die SA o/16metbalspan. Jana Bester en Elmeré van der Berg.

Atletiekkampioen Tharina van der Walt het van 12 tot 16 Julie aan die Wêreld Jeugkampioenskappe deelgeneem. Sy is gekies as spankaptein en het met albei items, hamergooi en diskus, deurgedring na die finaal. Sy het 4de geëindig in diskus met ‘n afstand van 47,27m en 9de in die hamergooi met ‘n afstand van 61,90m.

Rugby: Akademiespan Ernst Nebe en Stefan Coetzer is ingesluit in die o/18-Akademiespan.

Rugby: Grant Khomo-span Mamello Moshoaliba is ingesluit in die o/16A Grant Khomo-span.

AWSUM NEWS AUGUST 2017

Page 5


ST ANDREW’S SCHOOL Saints’ Hockey lifts Free State titles Saint Andrew’s hockey teams enjoyed a very successful season, with the school’s U14A and U16A teams claiming both the Bloemfontein League and Free State Cup titles, while the 1st team finished the season ranked in the top 10 in South Africa.

Saint Andrew’s 1st team hockey captain Katleho Matooane presented Saints’ U14 captain Tylo Adams (left) and U16 captain Mokotjo Sematlane (right) with the Free State Cup trophies at the school on 28 August.

(t) 051-444 1612 (e) oba@sasb.co.za

Saints’ Boys win Science Olympiad The Saint Andrew’s team of Spencer Lee, Sizwe Letanta, Asterios Tsiftsis and Bradley Smith captured first place in the second round of the recent Bloemfontein Grade 10 Science Olympiad, taking victory over some stiff opposition, including Eunice, Saint Michael’s and Grey College. The boys answered 43 out of 45

questions correctly, which left them in a tie with Grey. A tie-breaking question was then posed and Saints answered correctly, while Grey did not, leaving Saint Andrew’s boys the winners. The Saints’ quartet next moves on to face the best teams from the rest of the Free State in the third round of the competition.

11 Andreans among Circuit’s top matrics The leading matric learners in the second circuit of the Motheo District, all with overall averages above 75 percent, were recognised by Motheo Circuit Two Manager TMM Mafoyane at a function held at Saint Andrew’s on 18 August. 21 Learners from six schools were represented, including 11 boys from Saint

Andrew’s. They included Stehaan van Jaarsveld, whose mid-year average was a mind-boggling 96.14 per cent. The other Saints’ boys to achieve the standard were Judah Prins, Jaime McLeod, Chris Groenewald, Tony Yu, head boy Kyle Ramos, Peter Li, Nathan George, Dylan Osborne and Taahir Solomon.

The team with science teacher Rauchelle van Reenen.

Sizwe wins gold at Young Scientists’ Expo

Saints show their class in Hockey fives

Sizwe Letanta delivered a gold-medal winning project at the Eskom Expo for Young Scientists competition (one of only six learners to achieve the feat). His project was titled ‘Removing organic colloids from clay’. Thanks to his outstanding results, Sizwe has also been selected to represent Motheo at the 2017 Eskom Expo for Young Scientists International Science Fair in Pretoria in October.

Headmaster Chris Thomas congratulates Sizwe Letanta.

A Saint Andrew’s 1st team, made up of Grade 11 and younger boys, participated in the Belgotex Sport Kearsney Hockey Fives Festival on 18 and 19 August, where they shone against some of South Africa’s leading hockey-playing schools. Hockey Fives was introduced to the Youth Olympic Games in 2014 in an effort to grow the game, but the Kearsney Fives was the first major tournament of its kind in South Africa. Saints, ranked seventh in South Africa, faced Kearsney in the semi-finals and lost 1–6, which left Saints to play Westville for third, which Saints won 7–5. Kearsney, meanwhile, Jonno Watkins battles a Kearsney defeated Glenwood to come away as champions. defender for possession of the ball.

GREY COLLEGE (t) 051 444 1513 (e) post@gc.co.za ATKV-Tienertoneelkompetisie Grey Kollege se akteurs het onlangs ‘n tweede prys ontvang tydens die gesogte nasionale ATKVTienertoneelkompetisie se streeksfinale wat jaarliks aangebied word. Die nuutgeskrewe teks, getiteld In my kop, is geskryf deur Hanro Cloete en die regie is deur me. Mia-Anne O’Kennedy en Hanro Cloete hanteer. Die skole wat kwalifiseer sal aan die finaal deelneem in die Kunstekaap-teater in Kaapstad vanaf 5 tot 7 Oktober 2017.

Rugby Grey Kollege se eerste rugbyspan het in ‘n uitstekende en bitter taai wedstryd die span van Paul Roos Gimnasium met 30–28 in Stellenbosch geklop.

Hockey The Grey College first hockey team won the 2017 league final against St Andrews with 4–2 after penalties. The team then went on to play in the Free State Cup tournament and was crowned the champions after beating Kroonstad High School with 4–0, St. Dominic’s with 10–0 and Voortrekker Bethlehem with 8–1. The 1st team definitely ended the season on a high note and was a huge highlight for all the Grade 12 learners, who played for the last time for the school.

Bafana Bafana

Die akteurs: Rupert Bronkhorst, BJ Vorster, Berlou Myburgh, Jacques Lotriet, Tristen Bruyns, Louis van Wyk, Jaco-Lou Bierman, Louis Theron, Eric Diswane en Jone Roberts (Eunice).

Grey College Old Boy, Tshego Mabasa, capped his first international soccer game for South Africa when Bafana Bafana recently played against Zambia.

Grey Kollege Musiekfees Die jaarlikse Nedbank Grey Kollege Musiekfees was groter en nog beter as ooit tevore! Die tema, ‘Grey vir Afrika’, was beslis ‘n treffer en is beslis gekomplementeer deur die gaskunstenaars, Corlea, Refentse, Oddo Bam en WG Nel, wat saam met die Greymanne opgetree het. Dit was voorwaar ‘n skouspel van kleure en klanke en ‘n produksie wat eintlik behoort te draai in teaters regoor die land!

Page 6

Corlea sing ‘You’re the song’ saam met een van ons skool se onderwysers, mnr. Herman Naudé.

AWSUM NEWS AUGUST 2017

Die Gumboot-dansers is altyd ‘n hoogtepunt op die program!

Die elite sanggroep van die skool, Indomitus, tree saam met Refentse op.

Indomitus in aksie.


HOËRSKOOL FICHARDTPARK (t) 051 522 6927 (e) fichpos@fpark.co.za Die Fichie-verffees Fichardtpark het ‘n nuwe geesdriftige manier gevind om Lentedag te vier.

HOËRSKOOL SENTRAAL (t) 051 410 1800 (e) mail@sentraal.co.za Rugby

Swem

Baie geluk aan HS Sentraal se 0/16Arugbyspan wat die Vrystaat Hoërskole A1-afdeling se ligawenners is. VOOR: Nicolaas Jansen van Rensburg, Dehan Venter, Wiann Coetzee. MIDDEL: Johan Haman, Rikhard van Niekerk, Deon Duvenhage, Allen Mokhoele, Johan Wessels. AGTER: Giovanne Venter, Attie Botha, Janko Kachelhoffer, Francois van Rooyen (k), Michael Vosloo, Tony Augus, Corné Gravette, Janco Hoffman.

Netbal Hierdie twee dogters van Hoërskool Sentraal is die vakansie op die Nasionale Toernooi aangewys as deel van die Top 35 netbalspelers in die land. Zelda Jordaan (0/17 Hoofdoel) en Coreen Hechter (0/16 Hulpdoel.

Cullen Thomas van Hoërskool Sentraal neem deel aan die Sasol Nasionale Winterkampioenskappe in Sasolburg van 3 tot 8 Julie. Hy neem deel in die ope afdeling (17 jaar plus) en behaal die volgende prestasies: • 200m Rugslag: 1ste • 50m Vryslag Aflos: 1ste • 200m Individuele • Wisselslag: 1ste • 100m Rugslag: 2de • 100m Borsslag: 2de • 200m Borsslag: 2de • 400m Individuele Wisselslag: 2de • 50m Wisselslag Aflos: 2de • 50m Vlinderslag: 3de • 100m Vryslag: 3de Cullen is ook die Senior Victor Ludorum van die kampioenskappe.

Luggeweerskiet

Dans

Baie geluk aan die volgende Tralies wat goed presteer het tydens die Vrystaat-Semifinaal-luggeweerskietkampioenskappe.

Hoërskool Sentraal is baie trots op Lalla du Plessis (Graad 8), wat haar Springbokkleure in dans verwerf het. Sy was ingesluit in die SA-span wat SA gaan verteenwoordig het in Amerika tydens die Wacopa Wêreldkampioenskappe in Julie 2017. Tydens die kampioenskappe het sy ‘n industrie goue medalje verwerf en ‘n algehele 2de plek, silwer medalje. Lalla is ook genooi om op 2 September 2017 in die Showcase of Champions op te tree voor Minister Nathi Mthethwe en ander regering- verteenwoordigers van uitvoerende kunste na aanleiding van haar prestasie in Amerika.

Tiaan de Wet (0/21 3de plek), Reuben Duvenhage (0/14 2de plek), Adriaan Badenhorst (1ste plek).

AWSUM NEWS AUGUST 2017

Page 7


CHARTS

entertainment Birth name: Taylor Alison Swift Born: 13 December 1989 (Age 27), Pennsylvania Genres: Pop & Country

#1

Look What You Made Me Do Artist: Taylor Swift

#6

Sun Comes Up (feat. James Arthur) Artist: Rudimental

#2

What About Us Artist: P!nk

#7

Friends Artist: Justin Bieber & BloodPop

#3

New Rules Artist: Dua Lipa

#8

Súbeme La Radio (Remix) Artist: Enrique Iglesias

#4

More Than Friends (feat. Kelli-Leigh) #9 Artist: James Hype

#5

Reggaetón Lento (Remix) Artist: CNCO & Little Mix

Despacito (Remix) feat. Justin Bieber Artist: Luis Fonsi & Daddy Yankee

#10 Mi Gente Artist: J Balvin & Willy William

se ld nu ba

tad

ed ar

gp u

no

MOVIES COMING SOON

1

2

5

4

HOME AGAIN 15 SEPTEMBER 2017

THE EMOJI MOVIE 22 SEPTEMBER 2017

VASELINETJIE 22 SEPTEMBER 2017

6

KINGSMAN: THE GOLDEN CIRCLE 29 SEPTEMBER 2017

THE LEGO NINJAGO MOVIE 29 SEPTEMBER 2017

nt ou sc

10GB

&

Sm ar

s

off

an

G +

t

al

to

n addi

n io

U p

a et

once-

t ar on S m

50

%

di

W bu he (* nd n U 111 le p #) s gr pu a rc din ha g, se D d ata vi a Ju st

4Y ou

THE GLASS CASTLE 08 SEPTEMBER 2017

3

l +P t Top Up

VODACOM 4U

PRELLER PLEIN

(051) 436 7718

HUAWEI P9 LITE

R299 Smart M+

VODACOM 4U

LOCH LOGAN WATERFRONT (051) 430 2547

PMx24

8 August - 6 September 2017 Terms & Conditions Appy - Contract deals are subject to signing a 24 month Vodacom contract and a once off SIM and connection fee of R202, unless otherwise stated. VAT inclusive. E&OE. For full terms and conditions visit vodacom4u.co.za. All deals subject to stock availablity


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.