Boland (July) Primary/High Schools

Page 1

LAERSKOOL & HOËRSKOOL

NEWS

BOLAND

JULY 2014

FREE

PRIMARY & HIGH SCHOOLS

TRADING HOURS: Mon - Fri: 08H00-17H30 Sat: 08H00-13H00 Sun: Closed Public Holidays: 08H00-13H00

GRATIS

WE SUPPLY EASIGAS Tel: 021 872 3880

awsum@tiemedia.co.za

WHAT TO FIND INSIDE Health

Lifestyle

Products & Services

P2 Focus on education

P3 What is Ergonomics?

P4 Oppi spyskaart

P6 Die Wingerd

P7 Christmas in Europe

P7 - P16 Schoolnews

WHO WE ARE

To advertise in this newspaper - Contact: Rhys Krohn - 079 350 4868 | rhys@tiemedia.co.za

Editor Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za

Graphic Designer

Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby - 021 872 3880 | jade@tiemedia.co.za

Editorial Ryno Wolfaardt - 021 872 3880 | ryno@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: BOLAND: Primary schools: Worcester Noord, Courtrai, Noord-Eind, Hugenote, Worcester Oos, Paarl Girls’, Worcester Voorbereiding, Paarl Gimnasium, Paarl Boys’, WA Joubert & Hugo Rust. High Schools: Paarl Gimnasium, HTS Drostdy, Paarl Girls’ High, Montana, Worcester Gimnasium, Paarl Boishaai, Boland Landbou, La Rochelle & New Orleans.

PRINTED BY - Paarl Coldset

www.awsum.co.za

NUUS

PAARL MICA

AWSUM News

Hoe goed is ’n tweede- of selfs ’n vreemde taal vir my kind? Hoe pak ek en my kind dit aan? Waar begin ons? En wanneer?

D

ie ryke kultuurverskeidenheid in ons land laat ouers toenemend wonder oor die mees geskikte taalonderrig aan hulle kind of kinders. Watter taal of tale gaan aan hulle die beste geleenthede bied – hier in SuidAfrika én in res van die wêreld? Inheemse tale soos isiXhosa en isiZulu verdien natuurlik sterk oorweging, maar globalisering en die opwindende ekonomiese vooruitsigte wat die Verre-Ooste bied, maak van ’n taal soos Mandaryns ’n definitiewe moontlikheid. Meertaligheid was nie altyd ’n gewilde konsep nie. “Dit was eers ná 1970,” verduidelik prof Lilli Pret orius van die Departement Linguistiek aan Unisa, “dat opvoedkundiges positiewer oor twee- en meertaligheid begin voel het. GOED VIR JOU KIND? “Daar is baie voordele aan meertaligheid verbonde,” sê prof Pretorius. Sy verwys na navorsing wat getoon het dat tweetaligheid aan leerders ’n verstandelike en taalvoordeel bo hulle eentalige maats gee. Daar is voorts uitgewys dat tweetaligheid oor die algemeen aan kinders ’n beter taalaanvoeling besorg. Die tweetaliges se breinfunksionering was ook beter as dié van eentaliges. Neurologies-gesproke het hulle ’n groter breinnetwerk ontwikkel, wat aan hulle ’n intellektuele hupstoot besorg het. By meertalige kinders was daar ook groter begrip en verdraagsaamheid teenoor ander kultuurgroepe. “’n Mens kan beswaarlik die sosiale en kommunikatiewe waarde van ’n tweede taal ontken,” sê prof Pretorius. “’n Tweede taal dra beslis positief by tot ’n kind se selfbeeld,” bevestig dr Don Roos, ’n opvoedkundige sielkundige in Pretoria. “As ’n jongmens ná skool verder gaan studeer, sal ’n taal soos Engels beslis voordelig wees, want deesdae is die meeste handboeke in Engels. “Studies het getoon dat ’n goeie kennis van Engels een van die kragtigste veranderlikes is om in die eerste jaar te

pre-steer. Daarbenewens maak dié taal ook die internasionale wêreld vir ons kinders oop.” Prof Pretorius waarsku ouers egter dat adolessente straks ’n weerstand teen so ’n vreemde taal kan ontwikkel. Dié soort houding kom gewoonlik voor wanneer dié tieners nie van hulle portuur groep wil verskil nie. Maar indien die vreemde taal van jongs af in die huis aangeleer is, is die grondslag reeds gelê. Die kind sal dit dus verstaan, al praat hy of sy dit nie meer gereeld nie. NEEM KENNIS! Soos ’n kind ouer word, word die aanleer van ’n vreemde taal moeiliker, sê prof Pretorius. Tot op agt leer ’n kind ’n taal makliker aan deur net daaraan blootgestel te word. Hierdie taaloordrag word bevorder indien die kind ’n positiewe belewenis het van persone uit dié vreemdetaalgroep. Dit lei gewoonlik daartoe dat die kind so ’n taal met groter entoesiasme aanleer. HOE EN WAT? Maar hoe word die grammatikale kennis deur die brein verwerk? Van 11-12 jaar af verander hierdie leerproses, en word leerders vaardiger wat die taal se abstrakte aspekte betref. Terwyl taaloordrag voorheen hoofsaaklik onbewustelik en deur blootstelling daaraan plaasgevind het, word dié proses nou vervang deur ’n meer bewustelike aanleer van die taal. Faktore soos watter voordele dit vir die kind inhou, begin nou ’n rol speel, asook die leermetode en die tyd wat aan die aanleer van die taal afgestaan moet word. Nog invloede ten opsigte van die aanleer van ’n vreemde taal

is die ge-sindheid by die skool én by die breër gemeenskap teenoor die betrokke taal. Volgens prof Pretorius kan ’n skool of gemeenskap implisiet en eksplisiet ’n negatiewe gesindheid teenoor ’n taal opwek, wat dan baie gou deur die leerders aangevoel word. Ook die onderwyser en sy of haar relatiewe vaardigheid en entoesiasme kan ’n adolessent inspireer ... of nié. OUERS SE ROL “Navorsing wat oor ’n lang termyn onderneem is, het onteenseglik bewys watter voordele die blootstelling aan ’n tweede taal vir kinders inhou,” sê prof Pretorius. “Daarom kan ouers se rol in ’n kind se taalvaardigheid nie oorbeklemtoon word nie. “Kinders wat hulle skoolloopbaan met ’n goeie mondelinge vaardigheid begin (hetsy een- of tweetalig), vaar ook oor die algemeen beter op skool. BIETJIE VIR BIETJIE Dr Roos het ’n laaste wenk aan ouers: “Begin met babatreetjies!” Hy vertel hoe hy en sy vrou te werk gegaan het: “Toe ons kinders se moedertaal teen vier jaar vasgelê was, het ons saam besluit om tydens aandete net Engels te praat. Dit het begin met frases soos: ‘Salt? Thank you.’ En: ‘Pass me the butter, please.’ “Die meeste aande het ons vergeet om by ons voorneme te hou, maar selfs net dié kere dat ons dit wel gedoen het, het aan ons kinders ’n groot voorsprong in ’n tweede taal gegee. Hulle was glad nie bang om Engelse toesprake te maak nie – ons praat dan dié taal saans aan tafel! “’n Bonus,” sê prof Roos, “was dat wanneer ons ná ete skottelgoed gewas het, die kinders baiekeer vergeet het om nié meer Engels te praat nie ...”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Boland (July) Primary/High Schools by AWSUM News - Issuu