Boland (May) Hoërskool

Page 1

MAY 2014

BOLAND

NEWS

HOËRSKOOL

PAARL MICA

We have moved! Find us at 395 Main Road, Tel: 021 871 1929/30

NUUS

GRATIS

FREE

HIGH SCHOOL

TRADING HOURS: Mon - Fri: 08H00-17H30 Sat: 08H00-13H00 Sun: Closed Public Holidays: 08H00-13H00

Tel: 021 872 3880

awsum@tiemedia.co.za

WHAT TO FIND INSIDE AWSUM Scoop

Health

P2 P3 Handy hints for Pienk Bome vir Pauline your home P5 Bedwetting

P6 AWSUM Kombuis

In & around the house P4 Discover Robertson P8 - P16 School NEWS

WHO WE ARE

To advertise in this newspaper - Contact: Leandra van Greunen - (079) 275 0419 - leandra@tiemedia.co.za Theo Smouse - (072) 947 7325 - theo@tiemedia.co.za

Editor

Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za

Graphic Designer

Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: BOLAND: Primary

schools: Worcester Noord, Courtrai, Noord-Eind, Hugenote, Worcester Oos, Paarl Girls’, Worcester Voorbereiding, Paarl Gimnasium, Paarl Boys’, WA Joubert & Hugo Rust. High Schools: Paarl Gimnasium, HTS Drostdy, Paarl Girls’ High, Montana, Worcester Gimnasium, Paarl Boishaai, Boland Landbou, La Rochelle & New Orleans.

PRINTED BY - Paarl Coldset

www.awsum.co.za

AWSUM News

Vol magies, warm lyfies en ’n gróót plan

Idees vir ’n Warm Winterhart-projek

D

ie winter is hier! Die koue klop aan die venster, dit is tyd vir lekker pannekoek en sop, en die Kaapse reëns betrap ons gereeld sonder ’n sambreel. Maar … wat van hulle wat nie ’n sambreel het nie – ook nie ’n huis met vensters of ’n ietsie warm om te eet nie? Vir talle minderbevoorregtes hier in ons streek is die winter vreesaanjaend. Ons hart bloei wanneer ons ’n man, vrou of kind op straat sien wat in wind en weer staan en bedel. Die meeste van ons wil graag iets vir hulle doen … maar ons weet dat om geld te gee nié ’n goeie idee is nie. Hier is wel ’n klompie goeie idees; dit is prakties en dit kan maklik saam met jou gesin, jou vriende of jou klasmaats aangepak word. Só kan julle ’n verskil maak: Maak magies vol! Maak blikkieskos bymekaar, en rys, bone, pap, langlewe-melk en ander nie-bederfbare produkte, en begin ’n kosbank. Daar is altyd gesinne wat daardie kos bitter nodig het, én organisasies wat na sulke gesinne probeer omsien. Julle kan hier ’n groot verskil maak – en só ander se magies so vol soos julle s’n kry! Óúgoed is warmgoed Die koue en nat weer kry ons almal onder – maar het jy al daaraan gedink dat daar mense is wat in hierdie nat winter nie skoene het om aan te trek nie? Gaan kyk ’n bietjie in jou kas – en loer sommer in jou broer of suster of ma of pa s’n – en tel ’n bietjie

die pare skoene en tekkies wat nooit meer gebruik word nie. En die jeans wat nooit meer gedra word nie (omdat dit te styf sit!). En wat van die opgevoude kombers wat al twee jaar lank ongebruik daar lê? Dit is tyd dat daai goed ’n nuwe huis kry! En onthou sommer ook daardie serp wat nie meer cool is nie. Daar sál iemand wees wat dit sal LOVE! Onthou die Engelse spreekwoord: “One man’s junk is another man’s treasure!” Maak kleingeld groot! Kies ’n organisasie wat jy wil ondersteun – en doen dit dan! Kyk, ’n mens het mos altyd ’n klomp kleingeld in jou beursie (dalk gooi julle dit in ’n bottel wat iewers in die huis staan). Moedig jou bure, ouers en die res van die familie aan om van daardie swáár sente – én die ewe swaar blink geld – ontslae te raak.

Stuur vir ons fo to’s van júlle Warm Winterha rtprojek!

Stel dan ’n doelwit: Hoeveel geld WIL jy insamel? En: Wanneer wil jy die projek voltooi? Vertel al wat leef en beef daarvan op Facebook en whatsapp. Kry nou sommer jou hele skool hierby betrokke. Gaan teken dan ’n prent of die skoolwapen met bordkryt op ’n parkeerterrein of sommer op die netbalbaan (hoe groter die prent, hoe meer plek vir die geld!). Op ’n spesifieke dag – of by ’n spesiale geleentheid wat jy met die onderwysers gereël het – bring almal dan hulle kleingeld en pak dit binne-in die getekende prent. Jy sal jou verstom oor hoe groot kleingeld word! Daar is ’n KLOMP maniere om in hierdie winter ’n verskil te maak. Hierbo is maar drie idees.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.