Helderberg (July) Primary/High Schools

Page 1

JULY 2014

HELDERBERG

LAERSKOOL & HOËRSKOOL

NUUS

GRATIS

FREE

NEWS

PRIMARY & HIGH SCHOOLS

Tel: 021 872 3880

awsum@tiemedia.co.za

www.awsum.co.za

AWSUM News

WHAT TO FIND INSIDE AWSUM Kombuis

Lifestyle

Products & Services

Jou oggende is gans te kort: Jy sukkel om die kinders uit die bed te kry; hulle moet skoon en netjies by die skool kom. En gevoed. Ja, hulle móét ontbyt eet – die dokters en die dieetkundiges sê dan almal:

P2 Focus on education

“ONTBYT IS DIE DAG SE BELANGRIKSTE ETE!”

Special lube service from R399 for • Opel • Toyota • Ford • Golf • Mazda Including 10 point safety check.

P3 House & Home

WHO WE ARE

To advertise in this newspaper - Contact: Liza Schreuder - (076) 614 2317 - liza@tiemedia.co.za

Editor

Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za

Graphic Designer

Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby - 021 872 3880 | jade@tiemedia.co.za

Editor & Designer Assistant

Ryno Wolfaardt - 021 872 3880 | ryno@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: HELDERBERG: Primary schools: Stellenbosch, Eikestad, Beaumont, De Hoop, Somerset College, Hendrik Louw, Lochnerhof, Somerset West Primary. High Schools: Paul Roos, PJ Olivier Kunssentrum, Stellenbosch, Bloemhof, Rhenish, Parel Vallei, Somerset College, Hottentots Holland.

PRINTED BY - Paarl Coldset

M

aar presies waar kry jy die tyd om die magies vol genoeg te kry – en dan so vroeg in die oggend? En dit is nie dat hulle juis opgewonde by die ontbyttafel staan en rondtrippel nie – inteendeel. Hóór dan net daar: “Ag, Maaaa! Ek ís nie honger nie!” En dan is daar nog jou man … Hy sê dat hy régtig nie voor tienuur kan eet nie. Hy sê jy moet beslis nie bodder met ontbyt vir hóm nie. Hoekom ontbyt? • Jou kind se lyfie werk net soos jou motor se enjin – as daar nie brandstof in is nie, is daar nie beweging nie. Maar as jy die regte tipe brandstof ingooi, sal die prestasie beter wees. Soos by die motor, só ook by die kinders. • Ontbyt voorkom ook moeilikheid. Kinders (en volwassenes) wat nie ontbyt eet nie, word sommer vroegoggend moeg – en kan boonop rusteloos of sommer kort van draad word. Nee, moenie dat jou mense ontbyt oorslaan nie. • Daar is ook ’n langer termynvoordeel: Hoe vroeër jou kinders (en jou man, én jy) die dag se eerste ete nuttig, hoe vroeër word julle

metabolisme wakker. Eet dus maar jou vroegoggendse ontbyt, en die kanse dat jy vetsugtig gaan wees, word baie … uhm, skraler. Brekfis vir breinkrag Dit is belangrik om seker te maak dat jou gesin die régte soort kos vir ontbyt inneem. Kies kossoorte wat ryk aan graan, vesel en proteïne is. Vermy graanprodukte wat ’n hoë suikerinhoud het. Die horlosie is teen my! Ons weet dat álle mammas juis in die oggend Súperma(n) moet wees. Veral in die winter, as dit vir almal (ook vir haar!) moeilik is om uit die bed te kom. Probeer gerus hierdie praktiese wenke om te sorg dat die ontbyt ingaan voordat jou gesin soggens by die huis uitgaan. • Sorg dat daar altyd gesonde ontbytopsies in jou spens is. • Dek die ontbyttafel die vorige aand. • Maak reeds die vorige aand ’n groot bak vrugteslaai, sodat jy teen ontbyt-tyd net kan opskep.

• Probeer om jou gesin (net) 15 minute vroeër as gewoonlik wakker te kry. • Laat die kinders jou help om die ontbyt voor te berei. • Énigiets kan vroegoggend gebeur (soos jy maar al te goed weet!) – sorg dus vir stap-en-hap moontlikhede: vars vrugte, klein bakkies jogurt, neute, gekookte eiers. Jou gesin se geluk en gesondheid is tog vir jou ’n prioriteit, Mamma. Sorg dan dat ’n gesonde en gereelde ontbyt ook op daardie prioriteitslysie verskyn. Bon appétit!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Helderberg (July) Primary/High Schools by AWSUM News - Issuu