JULY 2014
NORTHERN SUBURBS
HOËRSKOOL
NUUS
GRATIS
FREE
NEWS
HIGH SCHOOL
Tel: 021 872 3880
awsum@tiemedia.co.za
WHAT TO FIND INSIDE In and around the house
AWSUM Kombuis
Lifestyle
P2 Hanging pot plant
P2 Winter uitverkoping
P2 Jamrock
P3 BDP Properties
P3 AWSUM Wheels
P4 - P8 Schoolnews
WHO WE ARE
Advertise in this newspaper - Contact: Liza Schreuder - (076) 614 2317 - liza@tiemedia.co.za
Editor Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za
Graphic Designer
Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby - 021 872 3880 | jade@tiemedia.co.za
Editorial
Ryno Wolfaardt - 021 872 3880 | ryno@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: NORTHERN SUBURBS: Primary schools: De Kuilen, Labiance, Bellville Noord, Mikro, De Tyger, Welgemoed, Fanie Theron, Aristea Edgemead, Brackenfell, Durbanville Voorbereiding, Gene Louw. High Schools: HTS Bellville, Belville, Brackenfell, DF Malan, Tygerberg, Eben Donges, Stellenberg, Settlers, Durbanville, De Kuilen.
PRINTED BY - Paarl Coldset
www.awsum.co.za
AWSUM News
Hoe goed is ’n tweede- of selfs ’n vreemde taal vir my kind? Hoe pak ek en my kind dit aan? Waar begin ons? En wanneer?
D
ie ryke kultuurverskeidenheid in ons land laat ouers toenemend wonder oor die mees geskikte taalonderrig aan hulle kind of kinders. Watter taal of tale gaan aan hulle die beste geleenthede bied – hier in SuidAfrika én in res van die wêreld? Inheemse tale soos isiXhosa en isiZulu verdien natuurlik sterk oorweging, maar globalisering en die opwindende ekonomiese vooruitsigte wat die Verre-Ooste bied, maak van ’n taal soos Mandaryns ’n definitiewe moontlikheid. Meertaligheid was nie altyd ’n gewilde konsep nie. “Dit was eers ná 1970,” verduidelik prof Lilli Pret orius van die Departement Linguistiek aan Unisa, “dat opvoedkundiges positiewer oor twee- en meertaligheid begin voel het. GOED VIR JOU KIND? “Daar is baie voordele aan meertaligheid verbonde,” sê prof Pretorius. Sy verwys na navorsing wat getoon het dat tweetaligheid aan leerders ’n verstandelike en taalvoordeel bo hulle eentalige maats gee. Daar is voorts uitgewys dat tweetaligheid oor die algemeen aan kinders ’n beter taalaanvoeling besorg. Die tweetaliges se breinfunksionering was ook beter as dié van eentaliges. Neurologies-gesproke het hulle ’n groter breinnetwerk ontwikkel, wat aan hulle ’n intellektuele hupstoot besorg het. By meertalige kinders was daar ook groter begrip en verdraagsaamheid teenoor ander kultuurgroepe. “’n Mens kan beswaarlik die sosiale en kommunikatiewe waarde van ’n tweede taal ontken,” sê prof Pretorius. “’n Tweede taal dra beslis positief by tot ’n kind se selfbeeld,” bevestig dr Don Roos, ’n opvoedkundige sielkundige in Pretoria. “As ’n jongmens ná skool verder gaan studeer, sal ’n taal soos Engels beslis voordelig wees, want deesdae is die meeste handboeke in Engels. “Studies het getoon dat ’n goeie kennis van Engels een van die kragtigste veranderlikes is om in die eerste jaar te
pre-steer. Daarbenewens maak dié taal ook die internasionale wêreld vir ons kinders oop.” Prof Pretorius waarsku ouers egter dat adolessente straks ’n weerstand teen so ’n vreemde taal kan ontwikkel. Dié soort houding kom gewoonlik voor wanneer dié tieners nie van hulle portuurgroep wil verskil nie. Maar indien die vreemde taal van jongs af in die huis aangeleer is, is die grondslag reeds gelê. Die kind sal dit dus verstaan, al praat hy of sy dit nie meer gereeld nie. NEEM KENNIS! Soos ’n kind ouer word, word die aanleer van ’n vreemde taal moeiliker, sê prof Pretorius. Tot op agt leer ’n kind ’n taal makliker aan deur net daaraan blootgestel te word. Hierdie taaloordrag word bevorder indien die kind ’n positiewe belewenis het van persone uit dié vreemdetaalgroep. Dit lei gewoonlik daartoe dat die kind so ’n taal met groter entoesiasme aanleer. HOE EN WAT? Maar hoe word die grammatikale kennis deur die brein verwerk? Van 11-12 jaar af verander hierdie leerproses, en word leerders vaardiger wat die taal se abstrakte aspekte betref. Terwyl taaloordrag voorheen hoofsaaklik onbewustelik en deur blootstelling daaraan plaasgevind het, word dié proses nou vervang deur ’n meer bewustelike aanleer van die taal. Faktore soos watter voordele dit vir die kind inhou, begin nou ’n rol speel, asook die leermetode en die tyd wat aan die aanleer van die taal afgestaan moet word. Nog invloede ten opsigte van die aanleer van ’n vreemde taal
is die ge-sindheid by die skool én by die breër gemeenskap teenoor die betrokke taal. Volgens prof Pretorius kan ’n skool of gemeenskap implisiet en eksplisiet ’n negatiewe gesindheid teenoor ’n taal opwek, wat dan baie gou deur die leerders aangevoel word. Ook die onderwyser en sy of haar relatiewe vaardigheid en entoesiasme kan ’n adolessent inspireer ... of nié. OUERS SE ROL “Navorsing wat oor ’n lang termyn onderneem is, het onteenseglik bewys watter voordele die blootstelling aan ’n tweede taal vir kinders inhou,” sê prof Pretorius. “Daarom kan ouers se rol in ’n kind se taalvaardigheid nie oorbeklemtoon word nie. “Kinders wat hulle skoolloopbaan met ’n goeie mondelinge vaardigheid begin (hetsy een- of tweetalig), vaar ook oor die algemeen beter op skool. BIETJIE VIR BIETJIE Dr Roos het ’n laaste wenk aan ouers: “Begin met babatreetjies!” Hy vertel hoe hy en sy vrou te werk gegaan het: “Toe ons kinders se moedertaal teen vier jaar vasgelê was, het ons saam besluit om tydens aandete net Engels te praat. Dit het begin met frases soos: ‘Salt? Thank you.’ En: ‘Pass me the butter, please.’ “Die meeste aande het ons vergeet om by ons voorneme te hou, maar selfs net dié kere dat ons dit wel gedoen het, het aan ons kinders ’n groot voorsprong in ’n tweede taal gegee. Hulle was glad nie bang om Engelse toesprake te maak nie – ons praat dan dié taal saans aan tafel! “’n Bonus,” sê prof Roos, “was dat wanneer ons ná ete skottelgoed gewas het, die kinders baiekeer vergeet het om nié meer Engels te praat nie ...”