CONNECTED

Page 1

VRYNGE FARM - VISUAL SPACE VRYSTAAT ARTS FESTIVAL BLOEMFONTEIN 18 - 22 JULY



Geen verhouding is presies dieselfde as ’n ander verhouding nie. En dit is ook nie veronderstel om te wees nie. CONNECTED is ’n foto-reeks deur Vian Roos wat die verskillende maniere waarop paartjies verhoudings uitleef, ondersoek. Die portrette funksioneer in tandem met teks. Saam poog die projek om een van die basiese menslike emosies – liefde – op te roep, en om ondersoek in te stel na die wyse waarop paartjies verbintenis en saamwees verstaan. Anneli Groenewald werk saam met Roos deur die teks te verskaf wat die werklikhede onderliggend tot elke verhouding in hierdie reeks dokumenteer en kontekstualiseer. In die proses wil die projek vooroordele teenoor sogenaamde ‘nie-tradisionele’ verhoudings ondermyn. Fotograaf & konsep: Vian Roos Woorde: Anneli Groenewald Vervaardiger: Eugene Smith

No one relationship is similar to another. And it is not supposed to be. CONNECTED is a photographic series by Vian Roos that explores the different ways in which couples have relationships. The portraits work in tandem with text with the aim of evoking the core human emotion of love, and to investigate how couples view connection and togetherness. Anneli Groenewald, who collaborates with Roos, provides text that documents and contextualises the realities of the relationships behind each image. In the process, the collaboration works to undermine prejudices towards so-called ‘non-traditional’ relationships. Photographer & conceptual developer: Vian Roos Text: Anneli Groenewald Producer: Eugene Smith


VRYHEID Ons verhouding is gebou op vryheid. As enigeen van ons die ander een te styf sou probeer vashou het, sou ons al lankal nie meer saam gewees het nie. A: Die eerste ding van ’n verhouding is maar altyd fisieke aangetrokkenheid. En daarna, as daar ’n emosionele verhouding ontwikkel… dis wat dit sal laat maak werk. B se smaak, en manier van dink, was iets waarby ek aanklank gevind het. As dít nie daar was nie – dit maak nie saak hoe mooi B was nie – sou dit nie lank gehou het nie. Maar dis moeilik om een ding uit te sonder. Dis B se hele wese. En nog ’n ding was B se kreatiwiteit. B: Dit is moeilik om te sê wat daardie een ding is wat ons bind. Dis gewoonlik ’n kombinasie van ’n miljoen klein dinge. Dis nooit een of twee dinge nie. Dis baie. Belangstellings, kuns – wat ons in gemeen het – is waarskynlik die grootste ding. Party dinge is dalk nie daar nie, maar die dinge wat wel daar is, is so sterk. Dit werk net vir my. En dan: A laat my toe om my eie mens te wees. En A wil niemand ooit skade aandoen nie. A is nooit aggressief nie, het nog nooit iemand sleg behandel of te na gekom nie. A: Totdat B vir my sê ek moet gaan, sal ek bly. Ek het baie vroeg geleer dat sodra ek vir B probeer vashou, sal ek vir B verloor. En dit is nog ’n ding wat my tot B aangetrek het: ’n baie sterk persoonlikheid. Ons baklei nie rêrig nie. Maar daar is tye wanneer die mense wat die naaste aan jou is, die slaansak word. Want jy kan emosies laat gaan, en die persoon die naaste aan jou sal dit aanvaar. En verstaan dat dit moes uitkom, en hulle gaan nie na die tyd vir jou kwaad wees daaroor nie.


FREEDOM Our relationship is built on freedom. If any of us had ever tried to hold on to the other one too tightly, we would no longer have been together. A: The first thing about a relationship is always the physical attraction. And then, as an emotional relationship develops… that is what would make it work. B’s taste in things, and how B thinks about stuff… that is what I initially liked about B. If that wasn’t there – it doesn’t matter how pretty B was – then it wouldn’t have lasted very long. But it is difficult to highlight one specific thing. It is B’s entire being. And another thing was B’s creativity. B: It is hard to point to one single thing that connects us. Usually it is a combination of a million small things. It is never simply one or two elements, but rather a lot of things. Our interests, art – something that we have in common – is probably the biggest. Maybe some things might be missing, but those elements that are present are so strong. It works for me. And then: A allows me to be my own person. And A would never hurt anyone. A never becomes aggressive, and has never treated anyone badly. A would never do anyone in. A: I will stay until B tells me to go. I have learnt, very early on, that the moment I try to hold on to B, I will lose B. And that is another thing that drew me to B: a very strong personality. We don’t really fight. But sometimes the people closest to you become the punching bag. Because you can let go of your emotions, and the person closest to you will accept it. And will understand that you had to get it out. They won’t be angry at you afterwards.


VREESLOOS Ons het ons verskille, maar daar is sekere fundamentele dinge wat ooreenstem. Ons is sielsgenote. A: Ek sê altyd miskien het my gees my na B toe aangetrek. Dit was nie ’n fisieke ding nie, maar iets het my net na B toe aangetrek. Ons energieë. B: Wat my by A hou, is ’n gebrek aan vrees. Ek is nooit bang wanneer ek by A is nie. Soveel dinge omtrent A is moeiteloos. Selfs al sê A dinge wat my onseker moet laat voel – ek voel dit nie. Nog ’n kwaliteit wat A het, is braafheid. A wys vir my dat daar geen rede is om op ’n bepaalde manier op te tree of bepaalde klere te dra net omdat jy op bepaalde manier identifiseer nie. Aanvanklik was ek nuuskierig oor A. A het ’n tipe koninklikheid, en het hierdie element van respek. Jy weet? Iemand wat ’n mens na jou ouers toe kan neem – want jy kan my nêrens neem nie! Ek dink die antwoord oor wat my na A toe aantrek, sal altyd bly verander. Ek sal altyd ander dinge onthou, en baie daarvan kan nie werklik verduidelik word nie. A: Ek sou sê ons is sielsgenote oor die manier waarop ek voel ek tot A aangetrokke geraak het. B: Ek wil in A se teenwoordigheid wees. Ek was nog nooit vantevore bereid om so hard te werk om ’n verhouding te laat werk nie. Selfs al sou dit dalk meer prakties wees om eenvoudig die verhouding te laat vaar. Ek weet nie hoekom nie. Hoekom? A: B bring die beste in my na vore, en laat my toe om myself te wees. Behalwe daarvoor, is ek eenvoudig lief vir B. Liefde is om te kan wees wie jy is, volledig, by die persoon. En jy is weer lief vir daardie persoon. Heeltemal. Sonder om enigiets aan hulle te probeer verander. B: A het kwaliteite wat my aanvul. Ek is baie ongeduldig. En A is baie geduldig. A is geduldig met my selfs wanneer ek besig is om ongeduldig te wees. Ek vertrou vir A.


FEARLESS We do have our differences, but there are certain fundamentals. We are soulmates. A: I always say maybe my spirit was drawn to B. It wasn’t physical, but something attracted me to B. Maybe it was our energies. B: What keeps me with A is a lack of fear. I am never afraid when I am with A. So many things about A are effortless. Even when A says things that should make me feel insecure, I do not feel insecure. Another quality is that A is extremely brave. A shows me that there is no reason to act in a certain way or to dress in a certain way just because you identify in a certain way. Initially I was really curious about A. A is regal, and has this element of respect. You know? Somebody that you can take home to meet your parents – you can’t take me anywhere! I think the answer about what attracted me to A, will continue to change. I will always remember different things. And many of them can’t really be explained. A: I would say we are soulmates. Because of the way that I felt drawn to A. B: I want to be in A’s presence. I have never before been willing to work this hard at a relationship. Even if it might have been more practical to simply let go of the relationship. I don’t know why. Why? A: B brings out the best in me. And allows me to be myself. Apart from that, I simply love B. Love is to be able to be yourself, fully, with someone. And you also love the other person. Fully. Without trying to change anything about the other person. B: A has qualities that complement me. I am very impatient. And A is very patient. A is patient with me even when I am being impatient. I trust A.


WERKLIKHEID Ons verhouding is baie werklik. Van die begin af. Ons moes vroeg in ons verhouding ’n paar baie ernstige probleme hanteer, en ons moes dit vinnig doen. So ons moes net saam vasbyt en dit doen. A: Ons baklei baie. Veral as ek sê ek sal iets doen, en dan doen ek dit nie. Of as ek iets oordóén. Soos uitgaan op ’n Vrydagaand en dan kom ek eers vyfuur die volgende oggend by die huis. Ek was nog my hele lewe enkellopend. Ek was nie gewoond daaraan om Vrydagaande by die huis te bly nie; dat wat ’n mens doen, ’n impak het op ’n ander persoon nie. Aan die begin het ons baklei... amper asof ons vyande was. Later weet ’n mens nie meer hoekom jy bymekaar bly nie, maar jy bly om een of ander vreemde rede bymekaar. Die feit dat ons saam deur so baie gegaan het… Dis moeilik om aan ander mense te verduidelik hoe kak die lewe werklik kan wees. Ek hoef dit nie aan B te verduidelik nie. B weet. Ons weet. Ek dink dit bring ’n gevoel van kalmte in ons verhouding. B: Ek dink daar is ook ’n element wat ’n mens nie kan beskryf nie. Party mense kom in jou lewe in, en dan verdwyn hulle weer. Ander kom en dan bly hulle net, om een of ander rede. Ek dink nie dis noodwendig noodlot of bestemming nie, maar dit is iets in daardie lyn. Party mense gaan net eenvoudig nie weer nie. Dit maak nie saak wat gebeur nie.’n Mens kan dit nie verduidelik nie – dat party mense net bly, ongeag wat. So dis vreemd. A: Ek weet nie wat ons na mekaar toe aantrek nie. Maar in my oë is B perfek. Ek was nog nooit vir langer as twee maande in ’n verhouding nie, want ek vind altyd fout by mense. Met B… ek kan net nie fout vind by B nie.


REALITY Our relationship is very real. Right from the start. We’ve had to deal with very serious problems in our relationship, and we had to deal with them quickly. So we just had to get stuck in and do it. A: We fight a lot. Especially when I say I’ll do something, and then I don’t do it. Or when I overdo things. Like when I go out on a Friday evening and then only get back home at five the next morning. I’ve always been single. I wasn’t used to staying at home on Friday nights, or that the things that you do have an impact on someone else. In the beginning we fought… almost like we were enemies. Later you don’t know why you are staying together. But you do, for some reason. The fact that we’ve been through so much… It is difficult to explain to someone how shit life can really be. I don’t have to explain it to B. B knows. We know. I think it brings a sense of calm to our relationship. B: I think there is also an element that one cannot describe. Some people come into your life, and then they disappear again. Other people will come into your life, and then they just stay for some reason. I don’t think it is necessarily fate or destiny, but it is something along those lines. Some people simply do not go. It doesn’t matter what happens. You can’t explain it – that some people just stay, regardless. So that is strange. A: I don’t know what connects us. But in my eyes B is perfect. I have never been able to stay in a relationship for longer than two months, because I always find fault with people. With B… I just can’t find fault with B.


VRIENDSKAP Ons is lewensmaats. Lewensmaats, ja. Dit klink goed. Ons weet ons sal eendag saam doodgaan... As ons mekaar nie doodmaak nie! Ons is daardie tipe paartjie wat eendag ons eie kamers wil hê. Ons hou van ons eie spasie. Ons is altwee kunstenaars en het spasie nodig om te kan skep. A: Ek is aangetrokke tot B se brein. Die manier waarop B dinge sien. Die goeie in die lewe. B sien dinge vir die eerste keer. Die hééltyd. En B is beeldskoon – maar dit is ’n bonus. B het my uitkyk op die lewe heeltemal verander, en daarvoor sal ek vir ewig dankbaar wees. B het net vir my ’n wêreld oopgemaak. Alle paartjies het seker daardie een ding... Maar ek dink vir ons is vriendskap die kern. Ons het in jare nie baklei nie. Ek kan nie eers onthou waaroor ons baklei het nie. B: Daar was ’n tyd toe ons baie baklei het. Nou het ons nie tyd om te baklei nie. Ons werk te hard en sien mekaar te min. A: As ons nou baklei sal dit oor onbenullighede wees. Nie oor iets soos ‘Ek hou nie van jou as ’n mens nie’. Ons sal nou baklei oor goed soos ‘Hoekom het jy die laaste stuk pizza geëet’. B: Jy is werklik morserig. Noudat ek daaraan dink! Jy gebruik nege lepels om kos te maak, maar jou kos is werklik goed, so dit maak nie saak nie. Ek gebruik een lepel, maar my kos is nie so goed nie. A: Musiek is alles vir ons. Ons is baie lief vir musiek en die band life. Ek dink as dit nie vir musiek was nie, was ons waarskynlik nie saam nie. B: Ja, ek dink so. Hoekom bly ander paartjies by mekaar? Hoekom wil mense saam met ander mense wees? Ek weet nie. Omdat hulle bang en alleen is? Ek weet nie. A: Die beste paartjies wat ek ken, is werklik goeie vriende. Elke paartjie vind waarskynlik die ding wat vir hulle werk.


FRIENDSHIP We’re life partners. Life partners, yes. That sounds good. We know we’ll die together one day… That is if we don’t kill each other! We’re that kind of couple who’ll want our own rooms one day. We like our own space. We’re both artists and we need space to create. A: I was attracted to B’s brain. The way in which B sees stuff. The good in life. B sees stuff for the first time. All the time. And B is beautiful – but that is a bonus. B changed my outlook on life completely, and I’ll always be grateful for that. B just opened a world for me. All couples probably have that one thing… I think for us friendship is core. We haven’t fought in years. I can’t even remember what we used to fight about. B: There was a time when we fought a lot. Now we don’t have time to fight. We work too hard, and we don’t see each other enough. A: If we fight, it would be over small stuff. Not about something like ‘I don’t like you as a person’. We’ll fight about stuff like ‘Why did you have that last piece of pizza’. B: You are really messy, now that I think about it! You use nine spoons when you cook, but your food is really good. So it doesn’t matter. I use one spoon, but my food isn’t that good. A: Music is everything to us. We love music and we love the band life. I think if it wasn’t for music, we would probably not have been together. B: Yes, I don’t think so. Why do other couples stay together? Why do people want to be with other people? I don’t know. ’Cause they’re scared and alone? I don’t know. A: The best couples I know are really good friends. I guess every couple probably finds that thing that works for them.


KONSIDERASIE Ons is al jare saam. Ons het ’n hegte band. En dit raak sterker soos wat ’n mens dinge saam deurgaan. Soos ouers se dood. Moeilike tye bind ’n mens. A: Soos wat ’n mens ouer raak, gaan dit oor wat jy vir mekaar beteken. As iemand deur ’n swaar tyd gaan… die verhouding raak net hegter. Dit is belangrik om te dink oor jou gesindheid. En die manier waarop ’n mens goed vir mekaar sê. Jy kan dit op ’n mooi manier sê, of op ’n manier waarop dit die ander een seermaak. Dis vir my verskriklik belangrik in ’n verhouding: om mekaar te konsidereer. B: Aan die begin is dit mos maar oor die seks. Dis opwindend. En later gaan dit verby. Dan raak dit psigies. A: Ek kan partykeer vir die hele aand deur die huis loop sonder om te praat. En dan dink B ek is kwaad, maar ek is net nie lus vir praat nie. Maar in sulke oomblikke begin jy dit persoonlik aantrek. Ek hou nie van konflik nie. B: Ek is maar ook partykeer nie lus vir A nie. Of vir mense nie. Dan neem A dit persoonlik op. A: Toe ek vir B ontmoet het, het ek nie geglo in verhoudings nie. Ek dink dis daai wat hulle vir jou sê as jy die regte persoon ontmoet, sal jy weet. En toe ontmoet ek vir B. B: Daar is altyd baie groeipyne aan die begin. Ek dink die verliefdheid help ’n bietjie dat ’n mens deur die groeipyne kom. Maar jy sien, die verliefdheid gaan naderhand verby. Ons is sielsgenote. Ek hoop ons is sielsgenote. A: Ons sal nie in ’n restaurant sit en hande vashou nie. Mens sal eerder onder die tafel jou been teen die ander een s’n sit, om te sê ‘ek is met jou’. Die ander dag is ons in die winkel, en ons loop ’n vriend raak wat verjaar het. En ons het hom lank terug gesien. En ek dink nie een van ons het mooi gedink wat ons doen nie, en toe soengroet ons hom. En daar was ’n man in die winkel wat dit gesien het, en hy het ons met weersin aangekyk. B: Ek voel soms skuldig teenoor die samelewing. Ek sou byvoorbeeld graag wou geloop het en A se hand wou vashou. Ek mis dit. Daai gemak in die samelewing. Jy kan aan ’n vrou hang in die openbaar en niemand dink dit is snaaks nie. A: Gay, straight, huwelik, verhouding… wat ookal, in enige verhouding is dit dieselfde klein dingetjies wat mekaar irriteer. En met geluk is dit ook dieselfde.


CONSIDERATION We’ve been together for years. We’ve got a very strong connection. And it becomes stronger as you go through stuff together. Like when your parents die. Difficult times bring people closer to each other. A: As you get older, it becomes more important to be there for the other person. When you go through a difficult time… the relationship becomes stronger. And then your attitude is also important. And the way in which you talk to each another. You can say something in a nice manner, or you can say it in a hurtful way. For me, that is really important in a relationship: to be considerate. B: Obviously, at the beginning sex is important. It’s exciting. And then it passes. It turns into something deeper. A: Sometimes I’ll pace up and down the house all evening, without saying a word. Then B thinks I am angry. But I simply don’t feel like talking. But in that moment, you think it is personal. I don’t like conflict. B: Sometimes I also don’t feel like spending time with A. Or with people, for that matter. Then A also takes it personally. A: When I met B, I didn’t believe in relationships. They say when you meet the right person, you’ll know. And then I met B. B: In the beginning there will always be growing pains. I think being in love helps you get through those growing pains. But eventually that phase of being in love goes away. We are soulmates. I hope we are soulmates. A: We won’t hold hands in a restaurant. You’ll rather let your leg touch the other’s leg underneath the table. A way of saying ‘I am here with you’. The other day we went to the grocery store. And we bumped into a friend who recently celebrated his birthday. We haven’t seen him in ages. I think for a moment neither of us thought about what we were doing. So we greeted him with a kiss. There was a man in the store who saw it. He looked at us with disgust. B: Sometimes I have a sense of guilt towards society. For example, I would have liked to walk hand in hand with A. I miss that. Being so comfortable in public. You can cling to a woman and nobody would think it is strange. A: Gay, straight, marriage, relationship… whatever it is, in any type of relationship, the same small stuff will irritate the other one. But the happiness is also there.


MY MENS Ons het dieselfde belangstellings gehad, en toe het ons begin gesels. Wat ons aan mekaar bind is gedeelde ervarings. Ons was daar vir mekaar gedurende baie moeilike tye. A: Ek sien B nou as ‘my mens’. Aanvanklik was daar natuurlik ’n fisieke aangetrokkenheid. Maar daardie aangetrokkenheid is verhoog deur die intellektuele komponent. Ek kan nie regtig die fisieke en intellektuele van mekaar skei nie. B: Dit bloei so half oor. A: B is integraal tot my lewe. Ek kan dit nie sonder B voorstel nie. Ons het dieselfde belangstellings gehad, en toe ek met B begin gesels, het ek agtergekom dat ek, behalwe vir die gedeelde belangstellings, baie van B hou. En dat B baie slimmer was as die ander mense in die vertrek. B: A was vir my baie, baie mooi. En A het presies dieselfde belangstellings as ek gehad. Ek kom van ’n klein plek af, waar niemand dieselfde belangstellings as ek gehad het nie. Ek was baie, baie aangetrokke tot A, maar dan kon ek boonop die tipe gesprekke met A hê wat ek nog nooit met enige iemand anders kon hê nie. Dit is iets inherent. Dit is iets wat net begin gebeur soos wat ’n mens tyd saam deurbring. As A anders gelyk het, sou A steeds myne gewees het. Ek sou steeds met A connect het tydens daardie eerste gesprek. En ek sou steeds net wou teruggaan om meer van A te leer ken. Ja, die fisieke is een komponent, maar dit is net ’n klein deeltjie van die geheel. Van ’n oorhoofse gevoel van: ‘Ek hou van jou’. Wat ons nou aan mekaar bind, is nogal gedeelde ervarings. Ons is altwee deur baie moeilike goed. Ons verhouding is werklik versterk omdat ons saam swaargekry het. Ons is regtig deur aaklige ervarings in ons lewe. En ons gaan steeds daardeur. En dan weet ek A gaan daar wees. En A sal nie weggaan nie. Die klein goed wat A doen, wys dat A verstaan waardeur ek gaan en watter ongelooflike pyn ek ervaar het. A: Vir my is dit… Hoe verduidelik ’n mens dit? Dis vir my baie moeilik om te sê hoekom dit juis B is. ’n Mens kan nie sê dis een ding of ’n ander ding nie. B is so integraal tot my lewe, dat ek myself glad nie meer kan voorstel hoe die lewe sonder B sal wees nie. Ons is soortvan presies die teenoorgestelde van mekaar. Wel. Nie heeltemal nie, maar baie. Daar is dinge waarmee ek sukkel, en B help my daarmee. B: Ons vul mekaar aan. Daar is areas waar ek werklik sukkel. En dan navigeer A my weer deur daardie dinge.


MY PERSON We had similar interests in life, and then we started chatting. We are connected by shared experiences. We were there for each other during difficult times. A: I see B as ‘my person’. Obviously there was a physical attraction right at the beginning. But that attraction was heightened by an intellectual element. I can’t really divorce the physical from the intellectual. B: The one bleeds into the other. A: B is integral to my life. I cannot imagine my life without B. We had similar interests, but when I started talking to B, I realised that apart from shared interests, I also really liked B. And that B was more intelligent than the other people in the room. B: I found A really, really good looking. And A and I had exactly the same interests. I am from a tiny town, where nobody had the same interests that I had. So I was really attracted to A. But then I could also have conversations with A which I could never have with anybody else. It is something inherent. It is something that just started happening as we spent time together. If A looked differently, A would still have been mine. I would still have connected with A during that first conversation. And I would still have wanted to go back to A and get to know A better. Yes, there is the physical component, but that is merely a small part of the whole. Of an overall feeling of: ‘I like you’. We both went through difficult things. Our relationship was really cemented because we suffered together. We have really been through horrible experiences in life. We are still going through it. And then I know A will be there. A won’t go away. A does small things that shows that A understands what I am going through. That A understands the unbelievable pain that I experience. A: For me… How do I explain it? It’s difficult to say why B is the one. I can’t say it is one thing. B is so integral to my life, I simply cannot imagine how life would be without B. We’re kind of exact opposites. Well, not exact opposites. But pretty much. There are things in life that I struggle with. B helps me with those things. B: We complete each other. There are areas in life that I struggle with. And then A navigates me through those things.


VERVULLING Ons het begin gesels en nooit opgehou nie. Ons verhouding is gebou op ondersteuning. En op onvoorwaardelike aanvaarding. Dankbaarheid. Ons is altwee Christene, en ons beoefen saam die geloof. En ons lag baie. A: Ek wou nooit trou nie. En ek het na twee weke vir B gesê ‘ek gaan met jou trou’. Toe sê B vir my as ek oor ’n jaar steeds so voel, kan ons trou. ’n Jaar later het ons getrou. En dis wonderlik. Dis eenvoudig wonderlik. B: As jy leer om vir mekaar positiewe goed te sê en dankbaar te wees, dan verander jou hele lewe. A doen verskriklik baie om my spesiaal te laat voel. Elke liewe dag. A: Ek het ’n ding oor tandepasta. Dit moet in die middelste laai gebêre word. Toe vra B een dag vir my, maar hoekom? Hoekom moet dit daar gebêre word? En toe besef ek dit maak nie eintlik saak nie. Ek dink ons het op die regte ouderdom by mekaar uitgekom. Mens is meer volwasse. Klein goedjies – dit irriteer ’n mens nie. Maar ek wil eerder hê A moet my irriteer as nie daar wees nie. Jy moet toelaat dat elke persoon kan wees wie en wat daardie persoon is. Jy moet die persoon nie probeer verander nie. En dan moet jy daardie persoon ’n ongelooflike ondersteuningsnetwerk gee en die persoon moet ongelooflik belangrik voel. Elke mens het ’n vreeslik groot behoefte na liefde. Ek het gebid vir liefde en vrede. En ek het dit by B gekry. Ek is ’n ou kwaadjie. En B maak van my ’n rustige mens. B is my balans. B bring die beste in my na vore. B: Ek het net gebid vir ’n maat. Ek het nie gesê hy of sy moet sus of so wees nie. A is wat ek kort. Nie wat ek nodig het nie, maar wat ek kort. Ek dink verhoudings is gebaseer op wedersydse begrip. En onvoorwaardelik aanvaarding. Dankbaarheid en respek is ongelooflik belangrik. Ons het mekaar vervul. Vervulling. Nê? A: Ja, ek dink so. Ek het altyd gedink ek wens net ek kon iemand kry wat vir my onvoorwaardelik lief is. En ek het dit by B gekry.


FULFILMENT We started chatting and never stopped. Our relationship is built on support. And on accepting each other unconditionally. Gratitude. We are both Christians and we practice it together. And we laugh a lot. A: I never wanted to get married. And after two weeks I said to B ‘I am going to marry you’. So B said if I still felt the same after one year, we could marry. After a year we got married. And it is amazing. It is simply amazing. B: If you learn to say positive things to each other, and if you are grateful, your life changes completely. A does a lot of things to make me feel special. Every single day. A: I’ve got this thing about toothpaste. It has to be put away in the second drawer. One day B asked me why. Why did it have to be put there? And then I realised it didn’t really matter. I think we met each other at the right age. We were more mature. Small things do not irritate you that much. I’d rather want A to irritate me sometimes than not be present in my life. You have to allow each other to be exactly who and what that person is. And then you have to give that person a really strong support structure. And you have to ensure that the other person feels important. Every person has a really strong need to feel loved. I prayed for love, and for peace. And I found that with B. I can be quite a difficult person. With B I became a calm person. B is my balance in life. B brings out the best in me. B: I prayed for a companion. I never said he or she must be like this or like that. A is what was missing in my life. Not what I needed, but what was missing. I think relationships are based on mutual understanding. And accepting each other unconditionally. Gratitude and respect is incredibly important. Together we are fulfilled. Fulfilment. Do you agree? A: Yes, I think so. I always thought it would be incredible to find someone who loves me unconditionally. I found that in B.


OOPKOP Ons ken mekaar nie juis goed nie. Ons het ’n paar weke gelede op die internet ontmoet en het begin gesels. Mens sou dit ’n ‘casual connection’ kon noem. Maar die term het ’n baie negatiewe konnotasie. So kom ons praat eerder van periodiese verbintenis. Dis ’n verbintenis tot iemand, maar nie op ’n permanente basis nie. A: Gewoonlik, aanlyn, benader ’n mens dit baie oopkop. Jy ontmoet iemand, en gesels, en soms word dit ’n sterker verhouding. Soms word ’n mens vriende. Wat ek soek in ’n persoon, is dinge wat ooreenstem. Dieselfde belangstellings. Wat vir my belangrik is, is langtermyndoelwitte en dat ons waardes ooreen moet stem. Voorkoms is beslis belangrik – eerste indrukke – maar dan begin dit gaan oor die detail. En of jy met mekaar kan kommunikeer. Ek is nogal avontuurlustig, so dit moet iemand wees met wie ek daardie aspek kan deel. B: Dit is beslis goed om gemeenskaplike belangstellings en doelwitte te hê. Maar dit is nie noodsaaklik nie. En as daar goed is waar ’n mens verskillend is, dwing dit jou uit jou gemaksone, en dan word dit ’n geleentheid waar ’n mens groei en leer. Dit kan positief wees, of negatief. Om te verskil, om verskillende kulturele agtergronde te hê, kan sorg vir ’n ryker ervaring. Dit maak dat ’n mens die lewe op ’n ander manier sien. A: Ek is beslis op soek na ’n lewensmaat, maar dis iets wat… dit sal gebeur soos en wanneer dit kom. B: Ek is ook oop vir die moontlikheid van ’n langtermynverhouding of lewensmaat, maar ek soek nie noodwendig aktief daarna nie. Die idee van ’n lewensmaat is een van daai goed wat jy vertel word jy moet doen. Jy moet iemand kry, settle, kinders hê… En ek dink eenvoudig nie dit is meer geldig nie. Verhoudings, deesdae, duur vyf jaar, miskien tien jaar. Vir ’n verhouding, ek dink… soek ek iemand wat die lewe verstaan. Iemand by wie ’n mens gemaklik kan wees, en veilig kan wees. Ek weet nie of ek meer voorskriftelik wil wees oor wat ek in iemand soek nie.


OPEN-MINDED We don’t really know each other that well. We met on the internet a few weeks ago and started chatting. You could call it a ‘casual connection’. But the term has a very negative connotation. So let’s rather call it a periodic connection. It’s a connection with someone, but not on a permanent basis. A: Usually, online, you approach people in a more open-minded way. You meet someone, and you chat, and sometimes it develops into a stronger relationship. Sometimes you become friends. What I am looking for in a person... Things that are similar. The same interests. Long-term goals and shared values are important. Physical appearance is definitely important – first impressions – but then the detail becomes important. Whether you can communicate with each another. I am quite adventurous. So I would want someome with whom I could share that aspect. B: It is definitely important to have mutual interests and goals. But it is not a necessity. And if there are elements where people differ, it forces you out of your comfort zone and it becomes an opportunity to grow and to learn. It can be positive, but it can also be negative. But to be different, to have different cultural backgrounds, can lead to a richer experience. It helps you to look at life in a different way. A: I am definitely looking for a life partner, but it is something that... It will happen as and when it does. B: I am also open to the possibility of a long-term relationship or a life partner. But I am not necessarily actively looking for it. The idea of a life partner is one of those things that you are told you should have. You have to find someone, settle down, and then have kids... And I simply don’t think that holds anymore. These days relationships last for five years, maybe ten. For a relationship, I think... someone who understands life. Somebody that I am comfortable being around, and where I am safe. I don’t know whether I’d want to be any more prescriptive about what I want in a partner.


VERGENOEGD Ons is beste vriende. Sielsgenote. Lewensmaats. Ons het nog altyd die ingesteldheid gehad dat ons vir altyd saam sal wees. Daar was nog nooit enige twyfel daaroor nie. Die grootste uitdaging in ons verhouding is ekstern: familie. Gelukkig het ons dieselfde tipe dinamika met ons families, so ons verstaan mekaar se situasies. Ons is saam deur ’n klomp werklik moeilike dinge. En ons het steeds nie – óóit – ons verhouding bevraagteken nie. A: Ek dink dit gaan oor ’n wedersydse begrip van wie ons is. Ons is op dieselfde bladsy. En ek dink dis net omdat ons so lief is vir mekaar. Ons verhouding was werklik maklik – en verhoudings is nie maklik nie. En ons is heeltemal verskillend. Ek is meer regterbrein en B is meer linkerbrein. B: Ek is gelukkig. Ek voel vergenoegd. Ek is baie gemaklik daarmee om net myself te wees voor A, want ek weet daar is geen veroordeling nie. A se liefde vir my is heeltemal onvoorwaardelik. Ek ervaar soveel vrede en geluk daarin om in ’n verhouding te wees waar ek weet dat die liefde onvoorwaardelik is. Dit maak nie saak hoe baie ons baklei nie – en soms raak dit nogal luidrugtig – ek het nog nooit getwyfel dat hierdie verhouding dié een is nie. Dit maak nie saak wat gebeur nie – daar was nog nooit ’n punt waar ek ons verhouding bevraagteken het, of gevoel het dat ek uit hierdie verhouding moet kom nie. Van die begin af het ek net hierdie sterk begeerte gehad om A beter en beter te leer ken. A: Ek het weer vanuit die staanspoor gevoel dat B ’n deel van my is, en dat ek ’n verantwoordelikheid teenoor B het. Nou voel ek eenvoudig so vergenoegd. Ek het altyd gedink liefde gaan oor ’n fisieke aangetrokkenheid. Maar dit is soveel dieper as dit. Dit is eerder ’n dieper begrip. Respek. Dit is die eerste keer dat ek in ’n verhouding is waar ons altwee mekaar so heelhartig respekteer.


CONTENT We are best friends. Soulmates. Life partners. We’ve always had the mindset that we’ll always be together. We’ve never had any doubt about that. The biggest challenge in our relationship is external – our families. Luckily we both have the same dynamics with our families, so we understand each other’s situation. Together we’ve been through a lot of difficult stuff. But still we have never – ever – doubted our relationship. A: I think it is about a mutual understanding of who we are. We’re on the same page. And I think it’s also because we just love each other so much. Our relationship has really been easy – and relationships are not easy. And we’re completely different. I am more right brain, and B is more left brain. B: I am happy. I feel content. I am very comfortable just being myself when I am with A, because I know there is no judgement. A’s love for me is unconditional. I experience so much peace and happiness being in a relationship where I know the love is unconditional. It doesn’t matter how much we fight – and sometimes it gets rowdy – I have never had any doubts about our relationship. It doesn’t matter what happens. I have never questioned our relationship, or felt that I had to get out of it. From the beginning I just had this really strong need to get to know A better and better. A: I felt, right from the beginning, that B was a part of me, and that I had a responsibility towards B. Now I feel so content. I always thought love was about physical attraction. But it is so much deeper than that. It is a deeper understanding. And respect. It’s the first time that I am in a relationship where we both respect the other one so wholeheartedly.



VIAN ROOS 084 702 6306 SKRYFBEHOEFTES@GMAIL.COM



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.