6 minute read

Drie verdagtes bly agter tralies

Next Article
WH H e r a l d

WH H e r a l d

DIE drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaardevrouindieCeres-Karooblyinaanhoudingnadat hul borgaansoek die week misluk het.

Willem Olivier (48), het Dinsdag 18 April saam met Kelvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige in die Ceres landdroshof verskyn. Die borgaansoek is nie toegestaan nie en die saakisna15Meiuitgestel.OlivierenVlokblyinaanhouding. Die minderjarige verdagte word by ‘n plek van veiligheid in Kaapstad aangehou totdat hy oor ‘n maand 18 jaar oud word. Daarna sal hy saam met ander twee verdagtes aangehou word.

Advertisement

Moord padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.

Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur diepolisievasgetreknadiemoordopChristinaJohanna Walters (74).

Die moord is Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 gepleeg. Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref.

Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar lyk gelê.

‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie verdagtes vroeër op die plaas aankom.

Vuurwapens gesteel

Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel.

Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind.

Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry. Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind.

Klagtes

Die polisie het die drie mans van moord en huisroof aangekla.

Nog klagtes sal later bygevoeg word. Die DOV het ook die dossier aangevra waarna die saak moontlik na die hooggeregshof oorgeplaas sal word.

CERES se wetstoepassers in samewerking met die polisie en Ceres Haven, moet voor die winter aanbreek begin om haweloses wat op straat of rondom die poskantoor slaap, te verskuif na die nagskuiling. Die haweloses slaap ook aan die agterkant van die poskantoor en op die dak van die poskantoor. Wetstoepassers moet ook optree en toesig hou dat haweloses slaapplekke, soos by die poskantoor, self moet skoonmaak.

Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip. ‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20 kilometer daarvandaan, geloop om hulp te ontbied. Omstreeks 24:00 het hy by die huiseienaar aangeklop en van die skote en die verdagtes vertel. Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel.

OlivierisSaterdag4Maartongeveer3kilometerverder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer. Vlok en ‘n 17-jarige familielid watbyOlivieropdieplaasgekuierhet,isSondag5Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa

Jouberts groet

Ceres na 55 jaar

HANNES en Suzie Joubert groet na 55 jaar op Ceres. Die egpaar verhuis na George om naby hulle kinders te wees. “Ons groet hartseer, maar met kosbare herinneringe en bedank almal vir hulle volgehoue ondersteuning en liefde”. Dorie Faro, hul betroubare helper en meer as 55 jaar deel van die huisgesin, verhuis saam met die egpaar.

Merl Fredericks en Helen Moody gaan binnekort Hen se Nes Dagsorg open in Ceres. Vir enige navrae skakel Merl by 066-312-4987

Nasorg en vervoer sal ook beskikbaar wees.

Vermis

Spaar Water

Tulbagh Vlak 4

SLEGS 20% OOR

DIE Maranata Pinkster gemeente het dié lidmate op 9 April verordineer in hul onderskeie kerkampte. VOOR: Leraar van der Byl, Ragel van der Byl, pastoor Koopman, Danelene Koopman, pastoor Joubert en moeder Magrieta van Wyk. AGTER: Apostel Coenraad (leier van Maranata Pinkster gemeente).

Ceres

Ons beskik tans oor die volgende vakature: WERKSWINKEL ASSISTENT

Vereistes:

•Tegniese agtergrond en kennis van trekkers

•Ondervinding in instandhouding t.o.v. werkswinkel en voertuie

•Leergierige, eerlike, betroubare, hardwerkende geaardheid

•N2 Sertifikaat (Motoriese teorie/Meganiese studies) sal tot u voordeel wees

Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Mei 2023 Stuur asb. ‘n verkor te CV na : E-pos:tarina.louw@cnhind.com

Indien u nie teen 19 Mei 2023 terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Finansi Le Bestuurder

‘n Vakature het ontstaan vir ‘n toegewyde persoon om dienste te lewer as Finansiële Bestuurder by Kalos Farming, ‘n boerdery maatskappy net buitekant Prince Alfred’s Hamlet. Die aangewese kandidaat is ‘n gemotiveerde persoon wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onafhanlik en baie noukeurig onder druk kan werk, asook eie inisiatief aan die dag kan lê. Dit sal ook in die aansoeker se guns tel as hulle oor vorige bestuurservaring beskik. Die posbekleër sal aan Direksie verslag doen.

Verantwoordelikhede: • Finansiële Bestuur en administrasie

• Interne kontrole-, stelsel- en kostebestuur • Bankrekonsiliasies, BTW en Belasting • Opstel van maandelikse Bestuurstate en besprekings • Voorbereiding vir oudit en hulp verleen aan ouditeure waar nodig • Opstel en bestuur van begrotings vir alle afdelings van die maatskappy.

Vaardighede: • Uitstekende rekenaarvaardighede wat goeie kennis van Pastel, Excel & Word insluit • Goeie menseverhoudinge • Sterk administratief • Moet goed in ‘n span kan werk

• Moet inisiatief kan neem en die posisie optimaal ontwikkel.

Onder vinding: • 5 Jaar ondervinding in ‘n senior finansiële posisie en verkieslik in die vrugtebedryf.

Opleiding: • B-Comm Rekeningkundige of soortgelyke nagraadse kwalifikasie.

Vergoeding: • ‘n Markverwante vergoeding is gekoppel aan hierdie pos.

Rig asb. u CV per e-pos voor 30 April 2023 aan: finance@kalos.co.za

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

INWONERS se hulp word gevra om te help om Glenford Fortuin (30) van P.A. Hamlet op te spoor. Hy is sedert Saterdag 8 April vermis nadat sy meisie hom omstreeks 24:00 laas in Fase 3 gesien het. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle s/ a.o. Uys skakel by (023) 313-3133. * Die inskrywing op FB is al deur meer as 55 000 mense gesien.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Suid Afrika se voorkeur produseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in Ceres.

KREDITEURE- / DEBITEURE KLERK

Met rapportering aan die Bestuurder: Finansies sal u verantwoordelik wees vir die verrigting van die krediteure en uitvoer debiteure funksie binne ‘n gerekenariseerde finansiële stelsel. Die persoon sal verantwoordelik wees vir die volgende sleutelprestasie-areas:

•Verwerking van eise en betalings

•Rekonsiliasies van krediteure state met die krediteure ouderdom ontleding

•Ondersoek van foute en uitklaring m.b.t. krediteure administrasie

•Verwerking van kredietaansoeke

•Opvolg van fakture en state vir goedkeuring deur bestuurders

•Ooreenstem van fakture met afleweringsnotas en bestellings

•Fakturering van uitvoer debiteure

•Opvolg van debiteure betalings

•Prosessering van kredietnotas

•Bystand met jaareind oudit

Om in aanmerking te kom vir hierdie aanstelling moet applikante oor die volgende beskik:

•Graad 12 met rekeningkunde is ‘n vereiste

•Ten minste 4 jaar toepaslike krediteure ondervinding

•Rekenaarvaardigheid (Microsoft Great Plains, MS Excel, MS Word)

•Toepaslike ondervinding t.o.v. BTW in krediteure afdeling Stuur asseblief u CV per e-pos aan: Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

Posbus 366, CERES, 6835

E-pos: dlintnaar@cfp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Mei 2023

Nuusbrokkies

Bella Vista Crusaders se werkersgroep hou ter viering van hul 5de bestaansjaar ‘n basaar op 29 April. Dit sal plaasvind op die hoek van Magnolia- en Jakarandastraat (regoor die Rooi winkel), Bella Vista. Daar sal ‘n sprinkasteel wees asook ‘n verkope wat insluit: curry buns, rooties, worsrolletjies, koeksisters, slap chips, mandjies, potjiekos, koeldrank, sap asook heerlike poeding. Vir verder navrae skakel K. van Wyk by 079-555-7107

Young Good Hope RVK speel Saterdag 22 April ‘n derbywedstryd teen Ceres RVK. Die wedstryd vind op die Bella Vista sportgronde plaas. Wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.

DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 1974-2022 uit na galageleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die Dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:00-23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-8800321. Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081-8157343 , Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-691-4407

BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek bied weer hul Boetevrye tydperk aan. Geen biblioteekgebruiker sal tussen 20 Maart en 21 April ‘n boete op laat boeke betaal nie. Die biblioteke vra dat almal wat biblioteekboeke by hulle het, dit tussen die datums kom ingee.

CERES netbalklub het weer met oefeninge begin op Maandae en Woensdae. Begintyd is vanaf 17:45 -18:00 op Laerskool Gericke se netbalbane. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Skakel Marelize by 073-3187638

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657- 4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com

DIE Witzenberg gemeenskap word gevra om versigtig te wees vir mense wat geld insamel namens organisasies waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Hendrik Skippers van Bella Vista en enigste lid van die Tabernakel Evangelie Pinkster Sending samel geld in op die dorp. Hy gebruik adresse vir die kerk in Malmesbury maar ook in Bella Vista. Die Tabernakel Evangelie Pinkster Sending het nie ‘n NPO-nommer nie. Die NPOnommer 115-017 op sy brief - wat toevallig deur Ceres SAPD gestempel is as 'n ware afskrif - behoort sedert 11 Desember 2012 aan Out Comes Community Project. Enige NPO-nommer kan op die departement sosiale ontwikkeling (social development) getoets word.

TWEE oudleerders van Charlie Hofmeyr, Magriet Muller en Johan Viljoen (regs), het die afgelope tyd hul doktorsgrade by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Johan Viljoen (2010) werk as navorser in Biogeochemie by die Universiteit van Exeter in England. Magriet Muller (2009) het in Maart haar doktorsgraad in Analitiese Chemie verwerf. Sy werk tans by die internasionale analise-maatskappy SGS.

This article is from: