Witzenberg Herald Vol.26 no.30 (Online Weergawe)

Page 1

Witzenberg

WH H e r a l d

Friday, 4 August 2023

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer eer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Accelerating Socio-Economic Opportunities for Women's Empowerment

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com

Sendeling se moordenaars

bly in aanhouding

DIE twee mans wat verdink en aangekla word van die moord op ‘n Ceres inwoner en sendeling van die streek, het verlede week weer in die Worcester landdroshof verskyn op klagtes van moord en diefstal.

Dié moord het Meimaand skokgolwe deur die streek gestuur.

Die Worcester polisie se ondersoek na die moord op proponent Herman Nieuwoudt (59) van Ceres, duur voort.

Banele Moya (19) en Bongani Banda (20) van Worcester is kort na die moord gearresteer. Hulle verskyn op klagtes van moord, diefstal van voertuig en die besit van gesteelde voertuig. Die saak is tot 7 September vir verdere ondersoek uitgestel. Die twee mans bly in aanhouding.

Agtergrond

Vermoor

Die Worcester polisie het in ‘n vroeë verklaring gesê dat Herman Nieuwoudt op Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat het om kruideniersware in die dorp te gaan koop.

Layby now for 3 months Silverback, Surge, Avalanche Bicycles

• Onafhanklike finansiële advies

• Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier

• Laat dit

Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com

Advertising: erika@witzenbergherald.com witzenbergherald.com

Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het.

Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het.

Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/ Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is.

Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie was nie op die toneel nie en is later op die Eureka-plaas in die De Wetomgewing buite Worcester gevind.

Nieuwoudt was voor sy dood werksaam by die Patmos Arbeidsbediening waar hy geestelike werk op plase in die Bo-Swaarmoedomgewing, die Sandveld en Tankwa Karoo gedoen het.

Verdagte verskyn in hof

DIE vermeende moordenaar van ‘n saggeaarde jeug- en welsynwerker van Tulbagh, het verlede Vrydag vlugtig in die landdroshof verskyn.

Die saak teen Albert Gwayishe (50) is tot 14 Augustus uitgestel vir ‘n borgaansoek.

Hy word van die moord op Siyamthanda Dastile (29) aangekla. Gwayishe verskyn ook op ‘n klag van roof nadat hy ‘n selfoon en horlosie van Dastile gesteel het. Gwayishe bly in aanhouding.

‘n Groot aantal inwoners het Vrydag buite die Tulbagh landdroshof saamgedrom ty-

dens die eerste verskyning van die 50-jarige Gwayishe. Hulle het vreedsaam buite die hof betoog. ‘n Groot groep inwoners het ook die hofsaal volgesit.

Geskok

Die Tulbagh gemeenskap was verlede week erg geskok na die moord op Siyamthanda Dastile. Hy is verlede Sondag in die Ceres hospitaal dood.

Hy het Sondag 23 Julie omstreeks 05:00 huistoe gestap toe hy beroof is en twee keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Volume 26 no. 30 R 8.50
CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 100% WAVERENSKROON TULBAGH 20% Lesings geneem: 2023/08/02
Donderdag 3 Augustus 9° 25° Vrydag 4 Augustus Saterdag 5 Augustus Sondag 6 Augustus 9° 23° 5° 20° 7° 22°
DIE twee verdagtes, Bongani Banda (20) en Banele Moyo (19), tydens 'n vorige verskyning in die Worcester landdroshof. FOTO: Edrea du Toit - Rapport HERMAN Nieuwoudt (59). SIYAMTHANDA Dastile (29).
TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres
UPCOMING EVENTS ESELFONTEIN MTB 13 - 15 OCT. 2023 WOLSELEY MTB 29 OCT. 2023
onafhanklik hersien. Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Alle pryse is BTW ing. Geldig vanaf 3 - 18 Augustus 2023 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse. Pryse is BTW ing. FLOODLIGHT LED 80W R295R295 R295 FLOODLIGHT 20W R90R90 R90R90 FLOODLIGHT 30W R115R115 R115 AMMONIATED CLEANER 5L R65R65 R65R65 BLEACH 5L R55R55 DISHWASH 5L R95R95 R95R95 COLORTONE WOOD VARNISH 5L R635R635 R635 3KVA INGCO R3795R3795 R3795R3795 R3 795 5.5KVA INGCO R8900R8900 R8 900 7.5KVA INGCO R12650R12650 R12 650

Al ooit gewonder wat beteken ‘n stopteken?

ANONIEME motorbestuurder van Ceres skryf:

VOLGENS definisie is ‘n stopteken ‘n padteken wat aandui dat die aankomende voertuig moet stop, weerskante toe kyk en verder ry indien dit veilig is. Jy gee ook voorkeur aan die voertuig wat voor jou eerste tot stilstand gekom het.

Ek wonder nou - wanneer het ‘n stopteken op Ceres sy betekenis verloor?

As ek so kyk, moet 80% van Ceres se bestuurders dalk weer hulle leerlinglisensies gaan oorskryf.

Dit het deesdae net die norm geword om eenvoudig nie meer by ‘n stopteken te stop nie. Of miskien net te kyk voor jy net oorry.

Selfs bestuurders met staatsdepartementvoertuie ry eenvoudig oor sonder om te blik of te bloos.

En dit bring my by my volgende kwessie: Waar is ons verkeerspersoneel?

Ek sien selde verkeersvoertuie rondry. Beamptes het weke laas tydens beurtkrag verkeer by die verkeersligte gereguleer.

Want lyk my bestuurders vergeet dan ook hoe ‘n stopteken werk wanneer die verkeersligte tydens beurtkrag af is. Dit is ‘n konsternasie wanneer bestuurders tydens spitstye moet oorry. Niemand weet wat hulle moet doen nie.

Deesdae is daar geen reëls, geen regulasies, geen respek en geen waardes meer nie.

So volgende keer, dink as jy weer oor ‘n stopstraat ry en moenie selfsugtig en onbedagsaam optree nie. Dink ook dat dit gevaarlik is om so te ry en respekteer die padreëls.

Net so terloops. Gebruik ook jou flikkerlig - dit is nie daar as ornament nie.

WERKSGELEENTHEID TE LOXTONIA PAKSTOOR

VRAGMOTORBESTUURDER

(KODE 14)

Hierdie is ‘n permanente aanstelling en sal aan die Pakstoor Bestuurder rapporteer.

Minimum kwalifiserende vereistes:

•Graad 12

•Beskik oor geldige lisensie en PDP

•5 Jaar werkservaring in soortgelyke posisie

•Sober gewoontes

•Moet goeie menseverhoudings kan handhaaf

•Goeie kommunikasievaardighede

•Goed onder druk kan werk en goeie tydsbestuur kan toepas

CV ’s tesame met ‘n dekbrief as motivering waarom jy jouself sien as die geskikte kandidaat vir die pos, kan gestuur word aan: koch@oastfarm.co.za

Kandidate met vorige ondervinding sal voorkeur geniet.

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2023

Indien jy nie enige terugvoering tydens die eerste 3 weke kry nie, aanvaar jou aansoek as onsuksesvol.

‘n OUDLEERDER van Laerskool Waveren en CEO van CCS (Foundation for Peace and Prosperity) in Johannesburg, Frederick Arendse, het onlangs hoodies en boeksakke aan graad 7 leerders geskenk. Renette Deal, Werne-Leé Vermeulen en Lisakhanya Bhenya van CCS het die hoodies aan dié leerders oorhandig. * CCS het die hoodies geborg wat leerders gedra het tydens die kamp wat wat van 21 tot 22 Julie by Boontjiesrivier plaasgevind het.

A number of Ceres roads in a poor condition

JACQUES Cilliers from Ceres writes:

I have been living in Ceres for almost 23 years and have seen a lot of things change in the town over the years. Some for the better and some for the worse.

In this letter I am referring to the local municipality in particular.

Let’s start with the positive. In my experience the Municipality has generally done well with emergency services. When a problem is reported with a water pipe, sewerage line or electri-

cal fault, the response is normally quick and effective. So well done and thank you for a good performance in these areas of service.

However, the issue of road repair and maintenance is not in the same league - and this is my complaint in this letter.

A number of roads have been in a poor condition for a very long time. For example, Krige street at the Gericke rugby field, Cilliers street - especially at the junction with Joubert street is another example.

In Alheit street alone there are no fewer than four places where water pipes have been re-

paired but the road has not been repaired for weeks (and at times months). The list goes on.....

The town’s roads are a critical part of the infrastructure of the town and must be kept in good condition and maintained and repaired. If not, the town’s roads will end up looking like the roads in Bethlehem and other places which now only have potholed gravel “roads” with lonely islands of tar remaining. In order for the town to thrive and grow and attract investment the Municipality will have to improve their game or we are on a road to nowhere.

DIE afgelope paar weke was daar weer ‘n paar bestuurders op Ceres - beslis nie gestremd nie maar wel dikvellig of dom - wat sonder om te blik of bloos die parkeerplek vir gestremde persone voor kruidenierswinkels gebruik. Van dié skuldiges werk vir staatsdepartemente soos die landdroshof en korrektiewe dienste. Julle is net lui! Komaan, respekteer jou mede landsburgers en stap soos die ander van ons na die winkels. Jy sal beslis nie iets oorkom nie.

Drs Zeeman & Blomerus Inc

MEDIESE ONTVANGSDAME

Ons is op soek na ‘n vriendelike, hartlike persoon vir ‘n besige mediese praktyk in Ceres.

Aansoeker vereistes:

•Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels

•Rekenaarvaardig

•Vorige ervaring van mediese ontvangs en administrasie word aanbeveel

Stuur CV met verwysings na: blomerus@ceresmed.co.za

Sluitingsdatum: 18 Augustus 2023

KLEIN BESIGHEIDSPERSEEL

TE HUUR VANAF

1 SEPTEMBER 2023

• 45m² Kantoorspasie beskikbaar te Van Riebeeckstraat 21, Ceres

• Sluit in: Alarmstelsel, water, parkering, inverter-/batterystelsel

• Baie netjies en goed geleë

• Koste: R6 000 (plus BTW) Vir verdere navrae kan Arida Daniëls geskakel word by (023) 316-1198

Polisie soek na die man

GEDURENDE Juliemaand het ‘n ene Christopher van Klein Pruise, sonder rede ‘n paar huis- en woonstelvensters naby Dennebos vakansieoord stukkend gegooi. Hy het ook ‘n bakkie se ruit uitgegooi. Daar word vermoed dat hy Maandag verantwoordelik was vir die klomp swartsakke wat rondom die hospitaal stukkend geskeur en die vullis rondgegooi is. Hy dra altyd ‘n groen broek, blou top en swart mussie. * Enige persoon wat klagtes van saakbeskadiging wil aanmeld, kan met sers. Titus skakel by Ceres speurders (023) 316-8500.

2 l WITZENBERG HERALD l 4 AUGUST 2023

Bitter koud

DIE afgelope twee maande is bogemiddelde reënvalsyfers in die Witzenbergstreek gemeet. In Junie is 430.8 mm op Ceres gemeet en 101.2 mm in Juliemaand. In die Sterkwateromgewing is 233.2 mm en 21.2 mm gemeet, by Romansrivier 352.9 mm en 88.9 mm en by Bo-Swaarmoed 192.2 mm en 40.3 mm. Die afgelope week was die Koekedouwdam steeds 100% vol, Tulbaghdam 100% vol en die nuwe Waverenskroondam 20% vol. Alle waterbeperkings in die Witzenbergstreek is ‘n maand gelede opgehef. * Sneeu het ook oor die naweek op hoogliggende berge geval. Die foto (regs bo) is Dinsdagoggend 1 Augustus op Matroosberg geneem. Op die ander foto links, bibber ‘n rugbyondersteunder van die koue tydens die rugbywedstryd tussen Ceres en die Pumas.

FOTOS: Matroosberg en JRM Photography

CHRISTOFF Louw (79) van Ceres en die laaste paar jaar ‘n inwoner van Gydosig op P.A. Hamlet, is Maandag 31 Julie skielik oorlede. Hy was sedert 1981 werksaam by CFG en in 1988 as die vierde hoofbestuurder aangestel tot met sy uittrede in 1992. Hy speel ‘n groot rol in die vestiging van die Ceres-handelsmerk. Christoff het op Ceres grootgeword en sy laerskooldae by Laerskool Gericke voltooi. Hy matrikuleer by die Hoërskool Bellville en na skool behaal hy ‘n BComm honneursgraad by die US. Hy het ook op talle komitees, wat insluit skoolkomitee, Moedergemeente se kerkraad, Huis Maudie Kriel bestuur en die Togryers museum, gedien. Christoff het ook Moedergemeente se 150 jarige gedenkboekie saamgestel.

DIE afgelope twee maande is bogemiddelde reënvalsyfers in die Witzenbergstreek gemeet. Die Ceres Karoo het ook die afgelope twee maande lekker reën gekry.

FOTO: Jannie Conradie

DIE twee voertuie, ‘n Ford Ranger bakkie van Tulbagh en ‘n Ceres minibus, was Saterdag 22 Julie omstreeks 19:40 in ‘n botsing in Michellspas betrokke. Daar was 8 passasiers in die minibus waarvan twee lig beseer is en na die Ceres hospitaal geneem is vir behandeling. Die 53-jarige bestuurder van die bakkie was na bewering onder die invloed van drank en is deur die polisie vir dronkbestuur gearresteer. Hy moet op 10 Januarie 2024 in die hof verskyn. * Van 24-30 Julie het provinsiale verkeer 265 padblokkades in die provinsie gehou waar meer as 40 000 voertuie ondersoek is. Daar is meer as 45 mense vir ‘n verskeidenheid van oortredings gearresteer waarvan 21 vir dronkbestuur was. Daar was ook 24 ongelukke aangemeld waarin 25 mense dood is.

HERMIE Visser (69) is op 19 Julie oorlede nadat hy sedert begin Meimaand in Netcare ICU was vir die gedeeltelike verwydering van sy dunderm. Hermie het oor die jare ‘n groot rol in die Witzenbergstreek gespeel. Hy begin in 1990 by die destydse distriksmunisipaliteit in die Brand- en Redding eenheid werk. Later was hy deel van die Witzenberg munisipaliteit se Brand en Redding. In 2019 tree hy as distriks-brandweerhoof af. Hermie was ook voorsitter van 1995 tot 2014 van die Togryers museum se trusteeraad. Hy word oorleef deur sy vrou, Maria Visser, drie dogters, Danel, Carien en Herma en vyf kleinkinders. Die begrafnisdiens vind Vrydag 4 Augustus om 11:00 vanuit die Ceresvallei gemeente plaas.

4 AUGUST 2023 l WITZENBERG HERALD l 3 Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CAMERAS CCTV CAMERAS CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems 023 1000 515 info@jptek.co.za

HERSTELWERK aan ‘n gedeelte van Michellspas sal teen middel of einde Augustus afgehandel wees. Die herstelwerk kom nadat groot wattermassas ‘n klein gedeelte van Michellspas na die vloede van 15 en 16 Junie beskadig het. ‘n Kraak in die padoppervlak naby die tweede uitkykpunt is kort na die Junie-oorstromings opgemerk waar ‘n stuk grond van nagenoeg 15 meter onder die sperreling meegegee het weens baie ondergrondse water. Sedert 22 Junie word ‘n 24-uur stop en ry punt met slegs een baan wat oop is vir verkeer, in die bergpas bedryf.

VVSG and SALGA host conference in Ceres

TWO weeks ago, VVSG - the umbrella association for local government in Belgium, alongside SALGA hosted a conference in Witzenberg for municipalities in South Africa and Botswana who have twinning agreements with various Flemish municipalities in Belgium.

Witzenberg Municipality’s twinning partner is Essen Municipality in Belgium. The week was a productive and successful week with plans and future arrangements put into place that will, in the long run, be beneficial to all within our community.

Emphasis on the Waste Management Application was placed in high regard during this conference. The application was designed in order for the public to be more involved in the process of waste management and processing. Via the App, the public is able to place and track complaints, gather information regarding the waste schedule in the area all at the click of a button.

The establishment of future Community projects within the Witzenberg region were discussed as well as ways and means to create a healthier, safer and greener town through various waste management programmes and ventures.

PREFEKTE van Laerskool Gericke het Maandag 24 Julie, Sandy’s Eden dierebeskermingsentrum op Worcester besoek. Tydens die geleentheid is items wat tydens die tweede kwartaal se Puppy Love-projek ingesamel is, deur die prefekte by hulle gaan afgee. Die skool bedank elkeen wat ‘n donasie gegee het om van hierdie projek ‘n sukses te maak.

LAERSKOOL Gericke is trots

WITZENBERG SE UITVOERENDE RAAD: Dit blyk dat die politieke storms van die afgelope tyd besig is om te bedaar. Sedert die herroeping van die gewese Good Party-lid en destydse onderburgemeester was daar redelike onstuimigheid binne die Witzenberg Munisipale Raad. Sedertdien was daar twee onsuksesvolle oornames van die ANC-beheerde koalisie. Die nuutverkose onderburgemeester en ook leier van die Witzenberg Aksie Party, raadslid Gert Laban, het nou ‘n samewerkingsooreenkoms met die DA vir die oorblywende raadstermyn gesluit. In ‘n persverklaring van die Witzenberg Aksie noem raadslid Laban dat hy aanvanklik met die ANC-koalisie sou saamwerk, omdat hy en sy Party geglo het dat hulle positiewe verandering sou kon teweegbring.

Witzenberg Aksie het egter hul besluit in heroorweging geneem nadat dit duidelik geword het dat daar ‘n vertrouensbreuk is, wat nie bevorderlik vir stabiliteit in die streek sou wees nie. Witzenberg Aksie glo dat hulle saam met die DA-alliansie ‘n nog groter verskil gaan maak wat stabiliteit en vertroue in die politieke bestel sal terugbring. Die alliansie beskou hulle raakpunte in goeie regering as die bindende faktor en glo dat dit die fondament vir goeie dienslewering en ‘n gesonde en florende Munisipaliteit is.

Raadsheer Hennie Smit

Uitvoerende Burgemeester

ANJA du Toit van Laerskool Gericke, het deurgedring na die derde rondte van die Amesa Wiskunde-olimpiade. Sy is een van 132 graad 7-leerders wat landswyd deurge-dring het na volgende rondte wat op 7 September sal plaasvind. Dit is die eerste keer in baie jare dat een van Gerickeleerders hierdie prestasie behaal.

LAERSKOOL Gericke is trots op Eva Nieuwoudt, ‘n graad 6 leerder wat haar Unisa graad 1 Blokfluit teorie-eksamen met lof geslaag het!

4 l WITZENBERG HERALD l 4 AUGUST 2023
VVSG, in association with SALGA, photographed above alongside Witzenberg Municipality, Bergriver Municipality, Francistown and Nqutu in Botswana, at the Flemish Conference for 2023 hosted in the Witzenberg region to work on and strengthen their respected twinning agreements. op die rugbyspelers wat in die o/12 Ceres Sone-rugbyspan opgeneem is. AGTER: Zachary Watt, Inus Fourie, Gerrit Herholdt, Hugo Wium en Ruben Giliomee. VOOR: Josquin Dollie, Willan Coetzee, Jancu Botha en Erin Botman. Vlnr: Rdl. Gert Laban (onderburgemeester), raadsheer Hennie Smit (uitvoerende burgemeester van Witzenberg), en rdl. Elizabeth Sidego (Speaker)

Landbouwerkers vereer

VIVIAN Jakobs van Crispy Farming is Donderdag 27 Julie aangewys as die Witzenberg Landbouwerker vir 2023. VLNR: Gertrude Jacobs (departement van landbou), Vivian Jakobs (Crispy Farming - wenner), Carmen Roberts (Koue Bokkeveld Opleidingsentrum) en Chris Schutte (Shoprite/Checkers). Nasileen Mouton van Doornkraal Agri (foto regs) het twee toekennings verower. Sy was die wenner van die administratiewe afdeling asook die afdeling vir beste potensiaal. Hier is sy saam Doornkraal Agri se operasionele bestuurder, Jan van Rensburg, afgeneem.

AGRARIUS en 27Four Ceres het verlede Donderdag 27 Julie ‘n beleggingsfunksie by Saronsberg wynkelder op Tulbagh aangebied. Tydens die geleentheid het Agrarius hul sakeplan verduidelik. 27Four is die eerste fondsbestuurder wat ‘n fonds soos hierdie op ‘n JSE gelys het en bied dit of ‘n geleentheid om te kan belê in dié fonds of om oorbruggings finansiering te bekom. VLNR: Werner Opperman (fondsbestuurder 27Four Agrarius), Martin Behm (27Four Wealth Managers Ceres), Ockie Geldenhuys (kliënt) en Mas’ud Harneker (27Four Groep). Vir meer inligting skakel Martin of Daniël Behm by (023) 3162959.

Ons benodig die dienste van ‘n Vitrax-Stelseladministrateur om by ons span aan te sluit ten einde die pakhuis te ondersteun en om te verseker dat dataintegriteit gehandhaaf word.

VITRAX-STELSELADMINISTRATEUR (Dutoit Groente)

Prince Alfred Hamlet

Hierdie sleutel-posisie sal verantwoordelik wees vir, onder andere, die identifisering en regstelling van datakwessies binne die Vitrax-stelsel. Die rol sluit gereelde gebruikersopleiding, implementering en nakoming van daaglikse, weeklikse en maandelikse bedryfsprosedures in.

Die suksesvolle kandidaat sal effektief met gebruikers op alle vlakke binne die besigheid kan kommunikeer en beskik oor die vermoë om dieper na probleme te kyk (buite die boks) en sodoende probleme en ondoeltreffendheid te identifiseer. Foutsporing op data sal ‘n groot deel van die funksie wees en sal dus baie geduld verg. Voorraad beheer en kontroleer. ‘n Goeie begrip van verpakkingsen produksiebedrywighede binne ‘n kommersiële en uitvoeromgewing sal die aansoek versterk.

Kwalifikasies: Goeie rekenaargeletterdheid met gevorderde Excel-vaardighede is ‘n vereiste terwyl kennis en ondervining in die landbou (Groente) in die kandidaat se guns sal tel. Vitrax-stelsel agtergrond sal voordelig wees.

Vaardighede en bevoegdhede sluit in :• Probleemoplossing • Verwerking van data • Skryf van verslae • Evalueer en prioritiseer verbeteringsversoeke

• Werk saam met die besigheid om eindgebruikers se behoeftes te verstaan om tegniese oplossings vir die implementering van nuwe funksies te verskaf

• Sterk analitiese, kritiese denke en besluitnemingsvaardighede • Sterk administrateur met pro-aktiewe ingesteldheid • Uitstekende interpersoonlike vaardighede met die vermoë om personeel op alle vlakke te ondersteun

• Uitstekende kommunikasievaardighede • Sterk gefokus op detail, met die vermoë om onder druk te werk • Moet goeie menseverhoudinge hê

• Moet beskikbaar wees vir skofte in seisoen tye.

Benewens aangename werkomstandighede bied ons mededingende vergoeding (weekliks) wat lidmaatskap tot ‘n voorsorgfonds insluit.

Belangstellendes moet volledige aansoeke voor

Vrydag, 11 Augustus 2023 by Ilze by die kantoor kom afgee of e-pos na ilze@dutoit.com

Diensaanvaarding sal ideaalgesproke nie later as 1 September 2023 wees nie.

RIETFONTEIN primêr wil die wykskomitee van wyk 9, asook raadslid Joseph Ndaba, bedank vir die skenking van sportklere. Die skool is dankbaar vir mense soos julle wat ons behoefte raakgesien het en uitreik na ons skooltjie. Op die meegaande fotos oorhandig die verteenwoordigers die klere aan Eileen Krotz (skoolhoof), Derick Jacobs en Deidré Mars.

4 AUGUST 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Keith Slamet

6 Augustus

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Baie geluk met jou verjaarsdag. van Witzenberg Herald personeel

1968/10/29 - 2023/07/28

Kry plaaslike, professionele hulp met jou bouprojek

Rudolf Perold Architect Urbanist

PRINCE ALFRED HAMLET Vind ons op Google en Instagram, of skakel 084 484 4484

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.

w.t.o.

PLANT AND PLANT PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd

EC BUSDRYWER

VEREISTES:

• Lisensie Kode 14

1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Anna Snyers

AND FRAMES

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

NUUS-NUUSNUUS-NUUSNUUSbrokkies brokkies brokkies brokkies

DIE Witzenberg gemeenskap word uitgenooi om nasionale Vrouedag op 9 Augustus saam met die Togryers museum te kom vier. Die standbeeld van Klara Majola sal tydens die geleentheid onthul word op die oop area voor die John Steyn biblioteek. Verrigtinge begin om 10:30. Indien jy die geleentheid wil bywoon, bespreek nou jou plek voor of op 4 Augustus by (023) 3122045. Besprekings is noodsaaklik.

PELGRIMSTOG NA

word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com

DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 1974-2022 uit na ‘n gala-geleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op Saterdag 5 Augustus van 17:00 - 23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-880-0321. Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081-815-7343, Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-691-4407.

GRATIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET

Osoon en Rife behandeling vir algehele gesondheid.

Skakel 072-877-2325

DIANA & KIM is there to help with:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done

078-283-7310

Die beste diens, altyd.

Bondels koerante. R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021

w.t.o.

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres

Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

Landswye Meubelvervoer . Ons doen ook gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal is beskikbaar, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Skakel ons by (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

PETRUS Klink van Worcester Korrektiewe dienste was een van die aanbieders by ‘n graad 7-kamp wat vanaf 21 tot 22 Julie buite Wolseley aangebied is. Leerders van Laerskool Waveren het dit bygewoon. Hier is Aranya Fritz en Petrus Klink tydens die aanbieding.

Het jy ongebruikte

artikels wat net plek in jou huis opneem?

Ons help graag om dit te verkoop!

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Maandag - Vrydag:

09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

1 Kor. 13:4 “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.”

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items met ‘n prys onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Ev. Jacobs

6 l WITZENBERG HERALD l 4 AUGUST 2023
classifieds
RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MOLLIEMOLLIE MOLLIEMOLLIE (Female) 17 Months old GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022
All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, via telephone, to make an appointment. *Conditions apply BLABLA BLABLA BLACKIECKIE CKIECKIE CKIE (Male) 15 Months old WIGGLESWIGGLES WIGGLESWIGGLES WIGGLES (Male) 18 Weeks old SMOKEYSMOKEY SMOKEYSMOKEY SMOKEY (Male) Born 14/02/2023 SHADOWSHADOW SHADOWSHADOW SHADOW (Male) Born 14/02/2023 SIMBASIMBA SIMBASIMBA (Male) Born 15/03/2023 OGIESOGIES OGIESOGIES (Male) Born 07/02/2023
Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za
Roudiens
om 19:00, Starkingstr.
Ceres Begrafnisdiens: Sat. 5 Aug. 2023 Huis: 10:00, Starkingstr. 17, Ceres Kerk: 11:00, Heilige Kerk, BV Graf: Bella Vista
: Do. 03/08/2023
17,
Roudiens
19:00,
Begrafnisdiens
Sat.
2023 Huis: 10:00, Mopaniesingel 29, Bella Vista Kerk: 11:00, Christian Mission, Tulpstraat, Bella Vista Graf:
☎ ☎
Jakob Vermeulen 1955/05/24 - 2023/07/29
: Do. 03/08/2023 om
Mopaniesingel 29, BV
:
5 Aug.
Bella Vista John Kannemeyer
☎ (023) 316-1814
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig

Landlopers gaan in Paarl deelneem

MORRISDALE primêr vaar tans uitstekend in die Witzenberg Landlope kompetisie. Ses landlopers het sertifikate tydens die onlangse Witzenberg Liga-6 byeenkoms op Wolseley ontvang wie onder die top drie geëindig het. Die atlete gaan Saterdag 12 Augustus aan die Boland landloopkampioenskap in die Paarl deelneem. VOOR: Charonay Willshire en Richie Baron. AGTER: Lee-Irvin Felotie (afrigter), Annaline Nel, Ronel Hardneck, Carlos Heradien, Lorenzo Vergotine en Jeronique Sauer (opvoeder).

☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ 35 CERES 6835

KOELKAMER MONITERING / VERKOELINGS ASSISTENT

Ons benodig die dienste van ‘n energieke dinamiese assistent.

HOOFFUNKSIES :

•Monitering, rekordhouding en foutrapportering van temperature, gaslesings en verkoelingstoerusting

•Algemene take binne amoniak verkoelings diensspan

•Krat getal kontroles, seël van BA kamers en vrugmonsters

•Herstelwerk en instandhoudingroetine, jaarlikse instandhouding, brekasies en kamer digtheid

•Enige billike ad hoc taak deur bestuur opgelê.

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•Hoë verantwoordelikheidsin en sober gewoontes

•Bereidheidwilligheid om na-ure en naweke te werk

•Tegniese belangstelling en agtergrond

•Rekenaarvaardig

•Geen vrese vir hoogtes, nou plekkies

•Goeie spanwerk

•Geldige rybewys en eie vervoer

•Verwysings van vorige werke

‘n vereiste

•Basiese verkoelingskennis en elektriese agtergrond sal in u guns tel

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE

KANDIDA AT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE:

18 Augustus 2023

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL:

Adele Prins by (023) 315-5003

Rugbyklub bedank hulle borge

4 AUGUST 2023 l WITZENBERG HERALD l 7
CERES rugbyklub bedank Ceres Apteek vir die stel rugbytruie wat hulle geborg het. Ceres rugbyklub bedank ook CBEC Consulting: Management and Technical Solutions (foto bo) vir die hoodie baadjies wat hulle geborg het. 23 Augustus 18:30 vir 19:00
ingesluit
eie drankies en glase
NG Kerk PAH
Sop en brood
Bring
Navrae: NG Kerk P.A.H Kerkkantoor (023) 313-3694 of Alma Goosen 083-443-0881

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Bella Vista klop Delicious oortuigend met 38-12

BELLA Vista het Saterdag hul segetog voortgesit en Delicious met 38-12 geklop. Die rustydtelling was 16-7.

Bella Vista rugbyklub, verdedigende Witsentraal-kampioene, was van die afskop in beheer van die wedstryd.

Cameron Hufke en kaptein Chesvill Muller, kuier vroeg agter Delicious se doellyn. Bella Vista se pak voorspelers met Lurencó Jumath en Lorenzo Boer aan die spits, het inklim-spel gelewer.

Na rustyd was daar geen keer aan die besoekers in die vaste fasette. Drieë in die tweede helfte is deur Jared Manus, Jathan-Lee Martin en Cameron Davids, gedruk. Durin Nasson en Cameron Hufke teken tussen hulle twee, dertien punte met die skopvoet aan.

Die naweek speel Bella Vista tuis teen Evergreens en Delicious het ‘n wegwedstryd. Naweek se uitslae

In die Witsentraal Groot Uitdaagreeks het Roses vir Evergreens met 40-0 geklop, Wolseley het op hul tuisveld met 19-25 teen Hamlet verloor en Newtons was te sterk vir Temperance. Newtons wen 58-24. Young Blues klop Wellington 19-17.

In die Streek Uitdaagreeks het Ceres maklik met 41-13 teen die Pumas gewen, Paardekloof het La Plaisant met 17-6 geklop en Vastrap het naelskraap 8-3 vir Op-dieBerg geklop. Young Good Hopes het hul wedstryd met 28-0 teen Red Roses gewen en Lovedale het Young Westlyans met 18-3 geklop.

Luan op pad na Trinbago

LUAN Giliomee, ‘n belowende rugbyspeler en leerder van Charlie Hofmeyr, is onlangs in die Suid-Afrikaanse o/18 sewesgroep ingesluit. Die groep het reeds vertrek om aan die Statebond Jeug Spele in Trinbago te gaan deelneem. Die Spele vind van 4-11 Augustus plaas.

EK sien ‘n gaping.......In die Streek Uitdaagreeks het Ceres Saterdag in bitter koue weer, maklik met 41-13 teen die Pumas gewen. Bertrum Farmer (flank) van Ceres RVK storm hier op ‘n paar teenstanders af in hul wedstryd teen die Pumas.

FOTO: JRM Photograpy.

WEDVLUGDUIWE is nie die naweek losgelaat. Weens swaar reën toestande wat vir die naweek voorspel was, is daar besluit om die wedvlug van Hopetown aan te skuif na Saterdag 5 Augustus.

We offer:

·Consulting Services·Maintenance

·Access Control·Audio and Visual

·Structured Cabling·Wireless Networking

·Alarm Systems·Gate motors

·IP Based CCTV Systems

·Fibre Optic Installations

·Analytic Based Alert Notification Systems

·Analogue Based CCTV Systems

·Integrated Security Systems

8 l WITZENBERG
HERALD l 4 AUGUST 2023
Wedvlug weens
uitgestel SKAKEL ONS VIR ALLE HEK
INSTALLASIES
swaar reën
MOTORS | ALARMS | CCTV
BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa 023 1000 515info@jptek.co.za

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.