2 minute read

Groepie opgewonde graad eens

Next Article
IN THE ESTATE OF:

IN THE ESTATE OF:

Advertisement

DIE Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek die soveelste taxi-verwante skietery in Nduli nadat ‘n taxi-operateur die naweek voor ‘n huis in Zolastraat doodgeskiet is.

Sedert 2015 verlam die voortslepende taxigeweld die Witzenbergstreek. Talle taxi-eienaars en taxibestuurders is sedert 2020 doodgeskiet of gewond. Onskuldige omstanders is ook in van die aanvalle gewond.

Volgens die polisie is Sakhile Mbangula (32) dood nadat hy Saterdag 21 Januarie omstreeks 22:40 doodgeskiet is.

Die voorval het in Zolastraat plaasgevind. Mbangula is op die toneel dood na skote hom in die bolyf getref het. ‘n Tweede persoon is in die aanval gewond. Die onbekende verdagtes het van die toneel gevlug.

Familielid ook geskiet ‘n Familielid van Sakhile, die minibus-eienaar Victor Mbangula (66), is op 18 Augustus 2020 ook in Zolastraat doodgeskiet.

Hy het die betrokke dag voor sy huis gestaan toe hy deur twee onbekende aanvallers doodgeskiet is. Hy is drie keer deur eerste aanvaller geskiet voordat ‘n tweede man omgedraai en hom nog twee keer geskiet het.

Die aanvallers het te voet gevlug.

Die moord is op sekuriteitskameras vasgevang. Dit is nie bekend wat die polisieondersoek opgelewer het en of enige persoon al vir die moord vasgetrek is nie.

Laaste taxi-moord

Die laaste twee taxi-moorde was meer as ses maande gelede, in Mei en Junie 2022.

Elliot Pheza (66), voorsitter van een van die plaaslike taxiverenigings, is Maandag 13 Junie vyf keer op kort afstand geskiet. Twee onbekende aanvallers het kort nadat Pheza met sy voertuig by sy erf uitgetrek het, op hom geskiet.

Pheza is deur beide arms geskiet en is ook in sy bors en skouer gewond. Hy het later daardie week aan sy wonde beswyk.

Die voorval het by sy huis langs Nduli primary plaasgevind terwyl skoolkinders besig was met ‘n byeenkoms by die skool.

Skaars vyf weke voor dié aanval is Hlongwane Mokhosi (35) in Nduli op 12 Mei doodgeskiet en sy vrou gewond.

Inligting

Indien inwoners oor enige inligting beskik of weet waar die aanvallers hulle bevind, kan hulle die polisie skakel 0860-010-111

DIE lang verwagte 2022 Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen uitslae van Witzenberg skole is verlede Vrydag 20 Januarie bekend gemaak.

Van die 1.1 miljoen leerders wat 12 jaar gelede met graad een begin het, het slegs 775 000 matrieks teen die einde van 2022 matriek geskryf. Die grooste probleem met Suid-Afrika se onderwysstelsel is die hoë uitvalsyfer en ‘n hoë druip- en graadherhaling-syfer. Die klas van 2022 is die ergste geraak deur COVID-19 omdat hulle in graad 10 was toe die pandemie begin het. Beurtkrag het ook in 2022 hulle erg benadeel.

Die Wes-Kaap se slaagsyfer was 81.4% en die Kaapse Wynlandstreek 77.7%.

Daar is 457 skole in die provinsie.

● Bella Vista het 146 matrieks gehad wat die nasionale seniorsertifikaat-eksamen geskryf het waarvan 105 geslaag het (71.9%).

● Ceres Sekondêr het die meeste matrieks (213) gehad wat die nasionale seniorsertifikaat-eksamen geskryf het waarvan 178 geslaag het (83.6%).

● Charlie Hofmeyr het 126 matrieks gehad wat die nasionale seniorsertifikaat eksamen geskryf het waarvan 123 geslaag het (97.6%)

● Iingcinga Zethu Secondary skool in Nduli het 164 matrieks gehad wat die nasionale seniorsertifikaat-eksamen geskryf het waarvan 85 geslaag het (51.8%).

● Skurweberg Sekondêr het 98 matrieks gehad wat die nasionale seniorsertifikaateksamen geskryf het waarvan 65 geslaag het (66.3%).

● Tulbagh Hoërskool het verlede jaar met Waveren saamgesmelt. Hulle het die swakste gevaar in die Witzenbergstreek. 107 matrieks het die nasionale seniorsertifikaat-eksamen afgelê waarvan slegs 38 geslaag het (35.5%).

● Wolseley Sekondêr het 91 matrieks gehad wat die nasionale seniorsertifikaat-eksamen geskryf het waarvan 76 geslaag het (83.5%).

Die top 3 kandidate

Charlie Hofmeyr:

1. WD Muller - 93.9%, 2. Jacome Bothma89% en 3. Bianca Spamer - 84.1%. Charlies het 6 leerders opgelewer wat ‘n A-gemiddeld behaal het en 18 leerders wat bo 75 behaal het.

Ceres Sekondêr:

1. Aristea Klaaste - 76.14%, 2. Jamie-Leigh Cupido - 70.14% en 3. Glannay Valensky en Lauren-Belle Burrows - 68.14%.

Iingcinga Zethu Secondary:

1. Mhlana Sinegugu - 81%, 2. Thoba Londi75% en 3. Senoamali Oyintando - 73%.

This article is from: