Die kerkblad april 2016 lusmaker

Page 1


Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.

April 2016 ~ DIE KERKBLAD

18 1 Die impak van die Christendom vandag (1) AKTUEEL A 20 2 Crossroad Bible Institute Suid-Afrika 22 2 Eers hoekom, dan liefde, hoop

JAARGANG 118 118, NO NO. 3300 APRIL 2016

2 VAN DIE REDAKTEUR Eiendomsreg en Paasfees 4 UIT DIE WOORD Gefokus op Christus vir die toekoms 6 REDAKSIONEEL Die wonder van die wedergeboorte 8 BRANDPUNT Rassisme, Afrikaans, brandende universiteite

ANDER A 23 2 Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys 26 Uitreik na Volmoed

IN DANKBARE HERINNERING 28 Ds. APC (Peet) Duvenage 30 BRIEWE VAN ONS LESERS 32 Personalia / Wel en Wee 33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 34 Kleinadvertensies

FOKUS 10 Die lewe ná die dood (2) 12 Die Boek van Pase 14 Vroue by die Paasgebeure 16 Gereformeerde Konvent – boodskap van hoop

1


Van die redakteur

Eiendomsreg en Paasfees

E

iendomsreg is op die oomblik een van die mees brandende kwessies in ons land. Die beoogde onteieningswet hou verreikende implikasies in. As dit deurgevoer word, sal dit beteken dat nie net vaste bates soos plase, huise, myne ensovoorts, deur die staat “in landsbelang” onteien kan word nie, maar selfs ook roerende bates (voertuie, lewende hawe, ens.). Sommige sien die beoogde wet as ’n “wettige” manier om grond te gryp, soos in Zimbabwe.

Eiendomsreg Ons kan seker die stelling maak dat die geskiedenis van Suid-Afrika tot die grootste mate gegaan het om die besit van grond (en minerale rykdom). In Suid-Afrika is daar vir grond onderhandel. Grond is wettig gekoop. Daar is oorlog gevoer (o.a. die Anglo-Boereoorlog). Nou kan eiendomme wat vir geslagte oorgedra is (familieplase ens.) moontlik in die toekoms onteien word, behalwe dat mense ook deur ander omstandighede, soos droogte ensovoorts, hulle eiendom kan verloor – met al die ontreddering en onsekerheid wat daarmee gepaardgaan. Eiendomsreg is deel van fundamentele menseregte. Enigiemand het die reg om eiendom te besit, mits hy/sy dit wettig bekom. Dit is een van die pilare waarop ’n geordende, demokratiese samelewing rus.

2

Paasfees 2016 In hierdie omstandighede vier ons Paasfees, die fees van die Kruisdood en Opstanding van Jesus Christus. Hierin trek die hele evangelie saam. Hiermee staan of val ons ewige verlossing. Watter perspektief gee die Paasgebeure aan ons in ons konkrete omstandighede, behalwe dat dit die waarborg is van die ewige lewe waarheen ons op pad is?

1

Dink ons genoeg daaraan dat Jesus Christus as mens nie ’n vierkante millimeter grond besit het nie? Ons weet nie aan wie die grond behoort het waarop die Kruis geplant was nie, moontlik aan die munisipaliteit van Jerusalem. Hy het nie ’n plek gehad waar Hy sy kop kon neerlê nie. Daarteenoor het Satan op die

DIE KERKBLAD ~ April 2016


Van die redakteur

eiendomsreg van al die koninkryke van die wêreld aanspraak gemaak (vgl. Matt. 4:8, 9). Jesus Christus het egter deur sy oorwinning van Satan, die sonde en die dood sy heerskappy oor hierdie wêreld en oor die ganse skepping bevestig. Ons lees al in Psalm 50:10, 12: “… aan My behoort al die wild in die bos, die diere op duisende heuwels … want die wêreld in sy volle omvang is myne.” En in Psalm 89:12 staan daar: “Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde. Die wêreld en alles daarop – U het dit gevestig.”

2

Die tweede perspektief wat ons deur die Paasgebeure ontvang, is die betekenis van die opstanding. En waar sien ons dit, in die verband van hierdie artikel, duideliker as by Abraham, die vader van al die gelowiges (ook ons)? Ons lees van hom in Hebreërs 11:9, 10: “Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ’n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob … want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.” Dan, terwyl Abraham so van plek tot plek swerf, sonder dat hy ’n vierkante sentimeter grond op sy naam gehad het, sterf sy vrou Sara. Abraham koop

April 2016 ~ DIE KERKBLAD

dan, ten alle koste, grond (lees gerus weer Gen. 23). Abraham wou, meer as enigiets anders, ’n graf besit, want die eintlike lewe wag, met die dag van die opstanding.

3

So het die Ou-Testamentiese gelowiges geleef, en so mag en moet ons leef: deur die geloof. Hebreërs 11:1 sê van die geloof – voordat weer verhaal word hoe die gelowiges in die Ou Testament geleef het totdat die hoofstuk op Christus uitloop, die Leidsman en die Voleinder van die geloof, dat dit ’n bewys is van die dinge wat ons nie sien nie. Hierdie woord “bewys” het in die Griekse taal ook die betekenis van “kaart en transport”. Die geloof in die gekruisigde en opgestane Christus is die bewys van ons eiendomsreg op die nuwe aarde, onvervreembaar.

4

Deur die hierdie geloof, die heerlike Paasgeloof, moet ons lewe. Wat ons plase en huise en beeste en skape betref: Uiteindelik behoort dit alles aan die Here. Hy het dit aan ons toevertrou. Ons is sy rentmeesters. Daarom moet ons dit versorg, bewaar, opbou, in belang van die land en in diens van sy Koninkryk. Wie dit sonder billike vergoeding en sonder baie grondige redes onteien, pleeg diefstal en is aan die Eienaar rekenskap verskuldig. CFCC

3


Uit die Woord Dr. JL (Jan) Venter (emeritus, Pta-Annlin)

Gefokus op Christus vir die toekoms lkeen van ons het iets wat ons nog graag wil bekom, omdat dit belangrik lyk. Jou kleindogter sê vir haar ma: “Ek wil ook die slimfoon hê wat hier geadverteer word!” Jy sê vir jou vrou: “As ek hierdie projek kry, is ons kop deur.”

E

Daar het hy tot bekering gekom en besef hy het nou met die Here te doen. Al kan hy die Here nie sien nie, weet Paulus dat Hy bestaan. God het sy genade en vergifnis in Christus vrylik aan Paulus geskenk.

Hoe seker is ons egter van ons keuses in die lewe? Die Woord leer ons hier om ons fokus in die lewe vroegtydig reg te kry.

Paulus het besef hy is ’n geredde mens, nie omdat hy die Wet onberispelik nagekom het nie, maar omdat Jesus se bloed aan die kruis ook vir hom gestort is. Die Here het Paulus syne gemaak en nou wil Paulus alles wat die Here vrylik gee, ook syne maak.

Dit waarop Paulus vroeër gefokus was As jy dink jou voorgeslag was ordentlike mense, moet jy Paulus hoor. Hy was ’n ware Jood, ’n egte Hebreër, en op die agtste dag besny. As Fariseër het hy die nuwe groep wat hulleself Christene genoem het, swaar vervolg. Hy was op godsdienstige dinge gefokus en het gereken hy doen goed!

Sy ontmoeting met die Here Toe breek die oomblik aan dat hy daar in Handelinge 9 op pad na Damaskus die Here Jesus ontmoet het. Hy het neergeval toe hy die stem hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” (Hand. 9:4).

’n Nuwe kyk op sy verlede Nou besef Paulus al die dinge waarop hy vroeër geroem het, en wat eers vir hom ’n bate was, is waardeloos ter wille van Christus. Sy keuses was nog altyd verkeerd! En ons? Het al ons gejaag na status en rykom blywende geluk en innerlike krag gebring? Nee, ons moet vir eens en altyd eers seker maak dat ons Christus het. Jou kleindogter moet weet oor vyf jaar gaan daardie slimfoon wat sy nou so belangrik ag,

Lees: Filippense 3:1-21 Teks: Filippense 3:12-14 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

4

DIE KERKBLAD ~ April 2016


Uit die Woord

soos ’n eenvoudige Lego-blokkie lyk teen dit wat sy dan aan tegnologie in haar hande sal hê. Wat nou wel die belangrikste is, is dat sy elke dag as’t ware saam met Jesus Christus by die skoolhek gaan instap, aanvaar dat die Here elke pouse ook as’t ware daar in hulle groepie sit waar hulle gesels. Dit moet die belangrikste faktor van haar lewe word. Jy wat vir jare die enjinkamer van die firma puik beheer het – aanvaar maar die huidige personeel weet nie eers dat daar vroeër ooit so ’n persoon gewerk het nie. Wat versamel ons as ouers nie alles deur die jare nie? Belangrike dinge vol emosionele herinneringe, en wat maak die kinders uiteindelik daarmee? Uiterlike dinge het nie blywende waarde nie. Gefokus op Christus is jy ontvanklik vir die geestelike stamina en geloofsadrenalien wat die Gees gee, en jy is gereed vir alle omstandighede van die lewe. Paulus besluit dan op twee dinge: hy gaan hom losmaak van wat agter is, en hom uitstrek na wat voor is. Hy gaan hom inspan om die wenstreep te haal, sodat hy eendag die hemelse prys kan ontvang.

Paulus maak hom los van wat agter is Paulus weet Christus het hom vergewe ná al sy onkunde en foute, en hom vrygemaak van die man wat hy was. Hy gaan beslis nie ’n slagoffer van sy verlede bly nie. Daar wag ’n wedloop op hom. Ons verlede is ook vol bladsye wat ons graag sou wou uitskeur. Daar sit baie verkeerde keuses, onverskillige oomblikke in ons geheue vasgebrand. En tog, onthou as jy met boete en berou jou hart soos ’n kruik voor God gebreek het, jou sondes bely en aan sy vergifnis vasgryp – maak dan klaar en staan op. Die lewe is te kort om vandag nog oor gister te huil. Los dit – Jesus Christus het dit van jou skouers gehaal en Hy het dit Golgota uitgedra, dis verby. Hoe swaar ook al met ons verliese, moet ons sien dat die Here vir ons ander, nuwe tye oopmaak. Ons leef vandag in ander tye waarin

ons moet fokus op die Here om ons veilig deur ’n vreemde samelewing te lei.

Paulus strek hom uit na wat voor is Toe Paulus dit gesê het, het hy nie geweet hoe sy wedloop vorentoe gaan lyk nie. Min het hy geweet daar lê soveel stryd voor. Op sy reise was hy in doodsgevare op land en see, verneder en mishandel (vgl. 2 Kor. 11:16 vv). Tog besef hy God is in die toekoms en Hy sal Paulus krag gee om deur alles heen by te hou – en Hy het. Paulus het met sy prediking God se Woord soos ’n vingerafdruk op baie mense gelaat. Staan net op met jou lewe en besef jy kan die lewe anders pak as gister. Moenie die wedloop laat vaar en uitsak nie. Gefokus op die Here sal ons ook Paulus se gesindheid openbaar sodat mense uit ons gesprekke die wysheid en insig van die Woord kan hoor. Mag ons, so op die Here gefokus, in mekaar se optrede die krag en styl van die Heilige Gees opmerk. Mag ons ’n sekere standvastigheid en innerlike krag wys wanneer ander paniekerig raak oor omstandighede daar buite. So het Paulus sy lewensreis as instrument in God se hande voltooi. Deur die jare het hy baie dinge langs die pad agtergelaat, maar dit het hom nie meer gepla nie. Toe hy daar by sy laaste steilte gekom het, was sy tasse leeg. Al wat hy by hom gehad het, was sy geloof – en dit was genoeg (2 Tim. 4:6-8). Wat maak ons met ons lewe? Op watter pad loop die Here jou vandag raak? DK

April 2016 ~ DIE KERKBLAD

5


Brandpunt Prof. Gert Breed (rektor, TSP)

Rassisme, Afrikaans, brandende universiteite D

it wat in ons land gebeur, kan niemand koud laat nie. Jy voel moontlik ook dat jy mense wat openlik rassistiese opmerkings op sosiale media maak, aan die skouers kan vat en skud. Verstaan hulle nie dat een opmerking die vuurhoutjie in die kruitvat kan wees nie? Aan die ander kant, ’n universiteitsbestuur wat oorhaastig onskuldige studentepret as rassisme veroordeel, sonder om die ander kant van die saak eers te hoor, is net so onnadenkend. Intussen ontneem ’n klein klompie mense (studente?) duisende ander op die NWU se Mafikengkampus van hulle klasse deur die administrasie- en ander geboue af te brand. Waarskynlik is daar ander studente wat nie

8

hulle studies sal kan voltooi as hulle ’n ekstra jaar moet studeer as gevolg van die sluiting van die kampus nie. En die eis dat Afrikaans moet val by universiteite en skole, hoe reageer ons hierop? Dit alles kan ons sinies, bitter en selfs hopeloos laat voel. Dalk het jy jou al afgesluit. Jy wil nie eers meer hieroor dink of praat nie? Of dalk gee jy gereeld drasties uiting aan jou gevoelens?

Wat sê God hieroor? Kom ons probeer die lig van God se Woord hierop laat val. x Die eerste belangrike saak wat ons in die geloof moet aanvaar, is dat God besig is om al hierdie dinge te gebruik om sy wil uit te voer. Niks kan buite sy wil om gebeur nie. Niemand kan toi-toi, afbrand, beskuldig, ontneem of moor as God dit nie toelaat nie. Hy wil nie die sonde en die kwaad nie. Tog laat Hy toe dat dit gebeur en gebruik Hy selfs die kwaad. Wat nie by sy plan inpas nie, dit keer Hy of vernietig Hy. x Die tweede belangrike ding wat ons moet onthou, is dat God alles wat gebeur, ook die kwaad, so gebruik dat dit uiteindelik vir sy kinders, sy kerk en sy koninkryk goed is.

’n Verrassing God werk met ’n langtermynplan. Oor jare en dekades en selfs eeue is Hy besig om die legkaartstukkies van sy plan inmekaar te pas. Soms

DIE KERKBLAD ~ April 2016


Brandpunt

kan Hy binne minute, ure of dae baie dinge in plek laat val, soms lyk dit of niks verander nie. Hy werk soos Hy wil, wanneer Hy wil, en niemand kan Hom keer of vir Hom voorskryf nie. Wie in die gebeure in ons land slegs mense raaksien, sonder om te besef dat God ten nouste betrokke is, maak ’n groot fout. Die regte vraag wat jy ten diepste moet vra, is: Waarmee is God in ons land deur al hierdie dinge besig? Nooit sal ons ’n finale antwoord hierop kan gee nie, maar verwag dat God jou gaan verras. Soos Hy gedoen het deur verlossing te bewerk deur ’n kruis en ’n oop graf. Wie sou dit nou ooit vooraf kon uitdink?

Die kind van God sien die chaos as geleentheid om die wysheid, krag en liefde van God in die wêreld te laat skitter. ’n Geleentheid om vir ander te wys Wie ons God is en hoe sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, in die praktyk lyk. Hulle moet sien hoe rustig mense, wat weet dat hulle deel is van God se ewige plan, kan leef te midde van die diepste onrus.

Waar pas ons in hierdie prentjie in? God het ons by sy plan betrek deur die nuwe lewe in ons te wek, aan ons die geloof te skenk en sy Heilige Gees in ons te laat woon. Nou het ons maar net een doel in die lewe, en dit is om alles wat ons kan te doen sodat Hy oral as Koning sal heers en sy wil oral sal gebeur. Hiervoor het ons liefde, wysheid en fyn onderskeiding nodig. Die groot verandering wat by ons plaasgevind het, is dat ons nie meer deur ons drange regeer word nie. Ons doen nie meer die eerste ding wat in ons kop opkom nie, en ons doen ook nie maar net wat almal doen nie. Ons leef biddend. Ons soek na die leiding van God se Gees. Ons tree ook nie meer vanuit vrees op nie. Ons is immers kinders van die Almagtige God en het sy beloftes dat Hy vir ons sal sorg. Hy sal só sorg dat ons niks kortkom nie. Wanneer ons bang word, vlug ons na ons God. Wanneer ons uit woede en vrees wil reageer, stop ons onsself en vra hoe wil God hê moet ons hieroor dink en wat moet ons nou doen.

Hoe reageer ons nou? Voor ons reageer, maak ons eers seker dat dit in ons harte vasstaan dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Dan bid ons vir wysheid. Dan praat ons ook met medegelowiges. So bring ons ons harte en gedagtes in lyn met God se wil. Moet ons nou maar toelaat dat ons gestroop word van alles wat vir ons kosbaar is, alles wat ons opgebou het, ons taal, die universiteite? Nee! Ons mag veg vir wat reg en billik is. Afrikaans het ’n staanplek in SuidAfrika, in ons skole en ons universiteite. Afrikaans is iets kosbaar uit die hand van die Here. Mense mag nie toegelaat word om met geweld hulle wil op die meerderheid af te dwing en intussen verwoesting te saai nie. Die vraag is nie of ons mag veg vir wat reg is nie. Die vraag is hoe ons dit mag doen. Word ons deur ander se haat en geweld verlei om ook dieselfde pad te loop? Probeer ons om die duiwel se eie werke te gebruik om hom te beveg? Veg ons met vrees, haat en bitterheid in ons harte? Dan het ons vergeet dat ons ’n Vader het wat vir ons sorg sodat ons sy koninkryk kan soek. Onthou ook dat God se eer en sy koninkryk altyd eerste kom en dat liefde die bepalende faktor is. Wanneer selfs die kosbaarste besitting hiermee in stryd kom, moet ons bereid wees om onsself te kruisig.

April 2016 ~ DIE KERKBLAD

Nou, in hierdie deel van sy plan, hier waar dit lyk asof dinge skynbaar buite beheer is, kan ons met vrede dit wat na ons kant toe kom, hanteer. Dan val ons nie in ’n selfbeskermingsdrang vas nie. Dan kan ons soms twee kilometer saam loop as een van ons afgedwing word, en ander kere die onreg met sekerheid afwys. Dan kan ons met wysheid buite die boks dink en met verrassend nuwe oplossings kom. Dan kan ons ander mense liefhê, al lyk hulle anders as ons en al dink hulle anders as ons, ja, selfs as hulle ons vyande is. Rassiste is mense wat vrees dat dié wat anders is en lyk as hulle, hulle gaan ontneem van iets wat kosbaar is. Rassiste kan ook dink dat alles wat anders is as dit wat hulle is en het, minderwaardig is. Vrees en hoogmoed speel ’n belangrike rol in rassisme. Beide vrees en hoogmoed word weggeneem wanneer ek die Almagtige God dien, ek staan eerder verwonderd voor die verskeidenheid wat Hy gemaak het. Dan kan ek ander aanvaar en vergewe, al is hulle totaal anders as ek. DK

9


Aktueel Eddie Boersema (Direkteur Crossroad Bible Institute Suid-Afrika)

Crossroad Bible Institute Suid-Afrika

Bybelkorrespondensiekursus aan gevangenes Crossroad Bible Institute (CBI) voorsien korrespondensie Bybelstudies aan gevangenes. Studente voltooi die lesse op hulle eie tyd. Die Bybelstudies bestaan uit 'n hele aantal kursusse wat etlike jare se studies tot gevolg het. Gevangenes kan met die studies voortgaan nรก vrylating. Waar moontlik, neem koeriers die Bybelstudies in en gaan haal voltooide studies by die gevangenis op 'n weeklikse basis. Tydens hierdie geleenthede word 'n boodskap gebring, gebid, gesing en individuele gesprekke word gevoer. Waar daar nie koeriers is nie, word studente deur die posstelsel bedien. Die Bybelstudies word deur die kantoor versprei na verskillende instrukteurs (vrywilligers uit verskeie gemeentes) wat die lesse nasien en 'n brief van aanmoediging aan die studente skryf. Studente kan ook gebedsversoeke in die lesse neerskryf waaraan die instrukteurs spesiale aandag skenk.

20

Hoe kan jy betrokke raak? INSTRUKTEURS: Opleiding en 'n volledige memorandum word verskaf vir die nasien van lesse. Instrukteurs skryf 'n brief van aanmoediging en bespreek/beantwoord vraagstukke wat uit die les na vore gekom het. Gebedsversoeke verg spesiale voorkeur. In die gemak van jou huis kan jy 'n onskatbare bydrae lewer tot groei in ander Christene se lewens, in die proses ook in jou eie. Elke instrukteur bly anoniem vir hulle eie veiligheid. KOERIERS/SPIRITUELE WERKERS: Koeriers neem lesse in na en uit die tronk. Gewoonlik lewer ons koeriers ook 'n boodskap tydens hulle ontmoeting met die studente. Meeste van die fasiliteite in Gauteng en omgewing word nou weekliks bedien deur koeriers, maar daar is baie

DIE KERKBLAD ~ April 2016


Aktueel

geleentheid vir nog persone om saam te gaan, om ook kontinuïteit te verseker. FINANSIËLE ONDERSTEUNING: Finansiële bydraes word benodig vir die permanente personeel se salarisse en vervoerkostes en ander administratiewe uitgawes. Bybels word versprei aan ingeskrewe studente om hulle lesse te kan voltooi. GEBEDSONDERSTEUNING: Soos Christus sê: “Die oes is groot en die arbeiders is min”, so beleef CBI SA juis dit wat Christus hier beskryf. Ons benodig u gebede vir ons bediening: vir meer hande, vir die nodige gawes om ons take te verrig en die wysheid en insig om die gevangenes te begelei in hulle verhouding met Christus. Sekere studente het ook baie spesifieke gebedsversoeke. Hulle het ook ons gebede nodig.

ONDERSTEUNING VIR EKS-GEVANGENES: Dis 'n groot aanpassing om weer in die samelewing voort te gaan. Mense verwyt jou vir wat jy gedoen het, vir die klad op hulle naam weens jou dade en straf. Ons benodig mense wat vrygelatenes kan ondersteun met selfs net 'n telefoonoproep, 'n besoek of gereelde Bybelstudie.

Statistieke vir CBI Suid Afrika CBI Suid Afrika is in 2011 gestig deur wyle broeder Alwyn Bezuidenhout. Sedertdien het CBI SA gegroei van een Satellietkampus na 5. Teen einde Februarie het CBI SA 141 aktiewe instrukteurs verspreid oor die verskeie satellietkampusse: WAVERLEY (HOOFKANTOOR): KRUGERSDORP: LOUIS TRICHARDT: POLOKWANE: POTCHEFSTROOM:

98 7 3 19 7

In totaal is daar instrukteurs van 28 gemeentes betrokke by die CBIbediening en nege koeriers/spirituele werkers wat ingaan na die tronke. Van ons personeel is daar twee permanente werknemers en 20 vrywilligers. Studentegetalle het ook gegroei in die afgelope tyd met die byvoeging van nuwe gevangenisse tot ons bediening. Tans het ons 534 ingeskrewe studente waarvan 344 aktief is. (Aktief: studente met wie daar kontak was in die afgelope twee maande).

Geleenthede wat voortvloei uit die bediening Hierdie geleenthede word nie amptelik deur CBI self gereël nie, aangesien dit nie onder die raamwerk van CBI se take val nie. Sou u hier self betrokke wou raak, is u welkom om dit te doen. Ons kan u in kontak bring met mense wat dit reeds doen. NAWEEKBESOEKE AAN GEVANGENES: Daar is baie mans en vroue wat geen besoekers ontvang nie, omdat hulle familie baie ver woon (Brasilië/Zimbabwe/ Mosambiek, ens.) of hulle afgeskryf het en kontak met hulle verbreek het.

April 2016 ~ DIE KERKBLAD

Ons dank die Here vir hierdie groot werk waarin ons betrokke mag wees, en die ongelooflike groei in gevangenes en instrukteurs se geloofslewens wat deur hierdie bediening plaasvind. Dis wanneer ons gee dat ons ontvang. Deur vir ander 'n instrukteur te word, begin ons self verstaan en word die Woord lewend in ons eie lewens. As u graag sou wou betrokke raak by hierdie bediening, kontak gerus ons kantoordame, Marieke van Renssen, by admin@cbi-sa.co.za. DK

21


Aktueel Dr. André Jansen (Woerden, Nederland) (met erkenning aan Netwerk24.com)

Eers hoekom, dan liefde, hoop E

intlik wou ek skryf oor idiokrasie of Guptakrasie wat lyk of dit die demokrasie in Suid-Afrika vervang het. Ek kan dink dat baie al keelvol vir die onderwerp is. Baie is gesê oor Christelike gehoorsaamheid aan die owerheid (Romeine 13 en die vyfde gebod). Hoewel ’n hunkering hieragter skuil vir goeie leiers en verbetering in die land, is daar ’n dieperliggende vraag: Hoe? Waar begin ’n mens? Dit is die vraag wat leef by die mense wat lief is vir Suid-Afrika en hoop op verbetering. Hoe doen ’n mens dit? Waar hoop is, is lewe. Een van die drie pilare vir ’n Christen is hoop. Die ander is geloof en liefde. In 1 Korintiërs 13 is geloof en hoop die steiers wat liefde opbou. Uiteindelik bly in die hemel liefde oor. ’n Mens het geloof en hoop nodig om lief te kan hê. Hoe herbou ’n mens hoop, geloof en liefde vir SuidAfrika? Hoop en geloof is geestelike woorde, maar vertaal in die Bybel ook na die daaglikse lewe toe. As jy iemand in sy praktiese lewensomstandighede hoop gee, is hy vatbaarder vir hoop op die ewige lewe, omdat dit ewige liefde in God bevestig. Hier moet ’n dinkfout vermy word, deur by die hoe te begin. Byvoorbeeld: Watter aktiwiteite gaan ons onderneem om die probleme op te los? Dit maak gou moedeloos. Die Bybel leer dat dit êrens anders begin. By hoekom. Suksesvolle internasionale besighede het daarin geslaag om dit te verstaan en prakties toe te pas. Die gevolg is dat baie van ons daagliks met groot vreugde en effektiwiteit telefone en tablette gebruik. Hulle is suksesvol, omdat hulle nie eerstens vra hoe of watter produk hulle aan jou gaan verkoop nie. Volg jy hulle strategie noukeurig, sien jy dat hulle eers vra: Waarom gaan jy hulle produk koop? Dit bepaal hulle suksesvolle strategie en produk. Die hoe volg laaste. Hoekom is ’n wesenlike beginpunt in die Bybel. Dit vra na die begin en na die doel. Wanneer God die

22

mens maak, sê Hy hoekom: na ons beeld, om God te verteenwoordig en om die aarde te ontwikkel en te beskerm (Genesis 1).

Begin deur te vra: Waarom? Jesus sê hoekom Hy vir mense aan die kruis sterf. God begin self by hoekom. Waarom? Dit is eie aan die wesensaard van die mens (Genesis 1:27), stimuleer en is dinamies. Gee hoop en houvas. Elke Christen, elke kerk behoort in elke keuse eers te vra: hoekom? Wat is die bron en wat is die doel? Waar begin ’n mens dan om Suid-Afrika se probleme aan te pak, veral as leiers in hulle Godgegewe verantwoordelikheid faal? Dieselfde plek waar ’n groot en sterk boom begin: By ’n saadjie wat geplant word. En waar ’n groot internasionale besigheid se sukses begin: om op die regte manier te dink. Begin deur te vra: Waarom? Beginnende by God en sy plan waarmee Hy besig is. ’n Paar voorbeelde: Waarom gee God aan ons ’n veelrassige land? Waarom het God my, ons gesin, ons kerk, ons besigheid hier geplaas, met ons talente? Wat het Hy in gedagte? Hoe pas ek in God se plan met my land in? Steeds bron en doel. So begin ’n mens jou roeping, waarde en verantwoordelikheid besef. Dit gee entoesiasme, dinamika en lewensvervulling. Hoop. Liefde, ook vir jou land. ’n Skitterende woordjie, vol skatte. Deurdat ons hierdie benadering in ons gemeente begin volg het, ontstaan die wonderlikste dinamika en groei die kerk – ook geestelik. Selfs vlugtelinge word deel van ons gemeente. Deur hierdie vraag te stel kry ’n mens ook moeilike uitdagings, maar ervaar ’n mens hoe die Here self leiding en uitkoms gee. Dit gee hoop. En hoop laat lewe en het lief. Begin by: Hoekom?! DK

DIE KERKBLAD ~ April 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.