Webwerf: h p://www.gksa.org.za/
veranderende tydsgees 18 Aanvaar Bybelse mensbeskouing 19 Homoseksualisme: Biologiese afwyking? Omgewingsgevolg?
Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann
BROKKIES UIT ONS KERKGESKIEDENIS 21 Die Burgersdorpse Kultuurhistoriese Museum KNUPPEL IN DIE KERKHOK 22 Die ja-woord is uit ... JAARGANG 118, NO. 3298 FEBRUARIE 2016
2
VAN DIE REDAKTEUR Is dit El Niño of die El van El Niño?
4
UIT DIE WOORD Vergewing en krag vir 'n nuwe begin
6
REDAKSIONEEL Kersfees en die twee nature van Christus
8
BRANDPUNT Uitdagings vir ons kerke aan die begin van 2016
Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Februarie 2016 ~ DIE KERKBLAD
FOKUS 10 Bybelse eskatologie (slot) 12 Hoe belangrik is die Koninkryk van God in ons lewe? (2) 14 Buitengewone Algemene Sinode 2016
ANDER 23 Emeriti kuier saam 24 GK Ermelo vier eeufees 26 GK Groblersdal vier 75 jaar 27 Totius-standbeeld vanaf Potchefstroomkampus van NWU geskuif 28 Van hooploosheid na hoop in De Hoop IN DANKBARE HERINNERING 29 Ds. Abraham Jacobus Coetsee 30 Ds. PGW (Pieter) du Plessis 32 Personalia / Wel en Wee 33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 34 Kleinadvertensies
AKTUEEL 16 Daar is hoop in droogte se greep DISKUSSIE 17 Homoseksualisme en die
1
Van die redakteur
Is dit El Niño of die El van El Niño? Met die skryf van hierdie artikel (6 Januarie) is ons land in een van die ergste droogtes in die geskiedenis vasgevang. Die droogte gaan ook met die mees versengende hittegolwe gepaard. Die skepping sug. Waar daar in ander jare wuiwende grasvlaktes en welige gesaaides was, lyk dit op talle plekke soos ’n woestyn. Talle diere het al gevrek, ook wilde diere. Op vele plekke is daar ’n skaarste aan die basiese lewensmiddel van water. Voedselsekerheid bedreig miljoene mense, en dit word verwag dat kospryse geweldig gaan styg. So kring die effek van die droogte na alle sektore van die samelewing uit. Ons harte gaan uit na ons boeregemeenskappe wat die ruggraat vorm van soveel gemeenskappe en wat werk aan derduisende mense verskaf. Die uitwerking van die droogte op die ekonomie en veral op die plattelandse gemeenskappe en bevolking is onberekenbaar.
2
DIE KERKBLAD ~ Februarie 2016
Van die redakteur El Niño ie oorsaak van die droogte word by die verskynsel van El Niño gesoek. Dit is ’n verskynsel wat see-oppervlaktetemperature in die Stille Oseaan rondom die ewenaar laat styg, en dít lei dan tot ongewoon swaar reënval in sommige plekke en droogtes op ander plekke.
D
Weerpatrone en klimaatsveranderinge speel inderdaad ’n baie belangrike rol in die voorkoms van droogtes en/of oorstromings. Die wetenskap wat weerstelsels en verwante sake bestudeer en voorspel, is in ons tyd geweldig gevorderd. Tog staan die magtige wetenskap magteloos om enige verandering teweeg te bring. Die El van El Niño Vir ons as gelowiges gaan dit egter ook oor veel meer. As die weerstelsels, klimaatsveranderinge, reënval, ensovoorts, slegs aan verskynsels soos El Niño toegeskryf kon word, sou dit beteken dat magte in die natuur alles beheer en dat ons dus uitgelewer is aan die “noodlot” of “toeval” (wat nie bestaan nie). Die werklikheid en waarheid vir ons as gelowiges is dat die droogte (soos alle natuurverskynsels) onder beheer is van die El (God) van El Niño (El is die Hebreeuse naam vir God). Sonde en droogte Ja, ons bely dat verskynsels soos droogte die gevolg is van die sondeval van Genesis 3. Sonder die sonde sou daar geen droogte gewees het nie. Deur die sonde van die kroon van God se skepping, die mens, is die ganse skepping in die val meegesleep. So is ook die weerstelsels, klimaat, temperatuurwisseling, ensovoorts grondig versteur. As ons dus mooi sou kyk en luister, sou ons vandag in die gebulk en geblêr van die vee en in hulle starende of sterwende oë die verwyt kon hoor en sien oor dit wat die sonde van die mens ook oor hulle gebring het.
nie (vgl. onder andere Levitikus 26:4, 5, 19, 20). Daarom ervaar ons in die droogte die tugtigende hand van die Here. Daarom het ons as kerke ook in November 2015 ’n dag van verootmoediging gehou (vgl. Art. 66 van ons Kerkorde). Die droogte en die Vaderhand van God So bely ons uiteindelik dat alle dinge nie by toeval gebeur nie, maar uit die Vaderhand van God ons toekom. Dit geld ook die reën en die droogte, die vrugbare en onvrugbare jare, siekte en gesondheid, rykdom en armoede (vgl. Sondag 10 van ons Heidelbergse Kategismus). Hierdie belydenis is deel van ons enigste troos in lewe en in sterwe, dat ons met liggaam en siel aan Christus behoort. Dit staan in die deel van die Kategismus wat oor ons verlossing handel. God het ter wille van Christus ons Vader geword, Hy wat die hemel en die aarde geskep het en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog onderhou en regeer. “Op Hom vertrou ek so dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my, met alles wat vir liggaam en siel nodig is, sal versorg nie. Hy sal ook al die kwaad wat Hy in hierdie jammerdal oor my beskik, tot my beswil verander, omdat Hy dit as ’n almagtige God kan en ook as ’n getroue Vader wil doen” (So 9, HK). Wanneer hierdie artikel vroeg in Februarie verskyn, is die droogte moontlik al gebreek. Of dit kan steeds voortduur. Dit maak geen verskil nie. In alles mag ons roem in ons hemelse Vader. “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?” (Rom. 8:32). CFCC
God bly egter steeds in beheer. Dit is Hy wat aan die mens gesê het: “Vervloek is die aarde om jou ontwil” (Gen. 3:17, let wel, na die moederbelofte van Gen. 3:15). Dit is ook Hy wat sy skepping nie aan sy lot oorgelaat het nie, maar sy eie Seun gestuur het om die vloek oor die sonde te dra en die herskepping te waarborg en te verseker. Dit is ook Hy wat in die toepassing van sy verbond met die skepping en sy genadeverbond met sy volk, reën beloof as hulle sy gebooie gehoorsaam en droogte as hulle sy insettinge nie onderhou
Februarie 2016 ~ DIE KERKBLAD
3
Brandpunt Prof. FP (Francois) Viljoen (Teologiese Skool)
Uitdagings vir ons kerke aan die begin van 2016 Miskien kom die woord “uitdaging” ietwat vreemd in kerklike kringe voor. My bedoeling is om ’n aantal sake te noem wat ek op hierdie stadium meen die aandag van ons kerke verg. Uiteraard het die kerke ’n duidelike roeping en ’n mens sal deurlopende roepingselemente kan opnoem, maar my bedoeling is om dié dinge uit te lig wat myns insiens op hierdie stadium akuut is en daarom besondere aandag van ons predikante, kerkrade, kategete en lidmate verg. Die lys is ook nie volledig nie, maar ek vertrou dat die paar wat ek noem, besinning oor die roeping van die kerke sal aanmoedig. Hoe relevant die onderskeie sake is en hoe hulle hanteer moet word, hang van die omgewing van ’n plaaslike kerk af.
Onsekerhede oor geloofswaarhede anweë die tydsgees waarin baie dinge waarvan ons voorheen oortuig was, in twyfel getrek word, en die manier waarop daar dikwels oor geloof en godsdiens uitsprake gemaak word, raak lidmate verward oor kernwaarhede van die Christelike geloof. Dit lei maklik tot kerklosheid en kerkloosheid.
V
Dit lyk dus vir my noodsaaklik dat kerke weer op ’n verantwoordelike manier duidelikheid oor die kernwaarhede van ons Christelike geloof moet bied. So iets moet uiteraard met omsigtigheid gedoen word, omdat ons nie in die strik moet trap om alles in die geloof met ons verstand te probeer uitredeneer nie. Ons moet in verwondering bly staan voor die misterie van God se grootheid en genade.
8
Verdraagsaamheid, versoening en politieke leierskap Die kerke sal indringend moet meewerk om ’n gees van verdraagsaamheid en versoening in ons land te vestig. Veral in die aanloop tot die verkiesing later vanjaar blyk dit dat die gemoedere van kiesers maklik opgesweep word. Grootskaalse ongelukkigheid bestaan onder mense wat in ellendige omstandighede moet leef en werk. Politieke opportuniste buit dikwels sulke kiesers se frustrasies uit ter wille van kortsigtige politieke gewin. Skuldverplasing is aan die orde van die dag. Haatspraak en rassistiese opmerkings neem skynbaar toe. In die lig hiervan is dit nodig dat kerkmense as bedienaars van versoening en verdraagsaamheid getuig en optree. Hierdie intermenslike versoening moet ten diepste op God se versoening met ons as sondige mense gebaseer wees. Ons moet deur ons optrede en uitsprake duidelik ons profetiese stem in dié verband laat hoor. Ons moet van ons politieke leiers verwag dat hulle verantwoordelik optree en standpunte stel. Onderwys Onrus in die hoër onderwys het ons land die afgelope tyd geruk. Protes het verlede jaar ontstaan met die #RhodesMustFall-veldtog. Gou het die protes tot die gebruik van Afrikaans en beweerde rassisme by universiteite gelei. Hierdie beweging het landswyd tot #FeesMustFall-protesoptrede ontwikkel, wat die hele hoër onderwyssektor ernstig ontwrig het.
DIE KERKBLAD ~ Februarie 2016
Brandpunt
Die regering het haastig tot ’n 0%-klasgeldverhoging ingestem en bykomende finansiële hulp belowe. Hierdie bykomende hulp blyk egter nog nie voldoende te wees nie. Daar bestaan steeds ’n groot tekort aan NSFAS-beurse (National Student Financial Aid Scheme), terwyl baie kandidate wat uit die middelklasse kom, nie vir hierdie skema in aanmerking kom nie. Vir duisende studente bly dit finansieel onmoontlik om toegang tot tersiêre instellings te verkry. In die lig hiervan is onrus helaas weer aan die opvlam. Hierbenewens ly ’n ontstellende groot deel van ons leerders in die basiese onderwysstelsel onder disfunksionele skole. In die meeste staatsondersteunde skole gaan dit wel goed, maar ouers vir wie dit nie moontlik is om hulle kinders na sodanige skole te stuur nie, is dikwels aan swak onderwys uitgelewer. Leerders wat deur disfunksionele skole kom se naskoolse studie- en beroepsmoontlikhede word ernstig benadeel en dra tot grootskaalse werkloosheid by. Kerke het ’n belangrike roeping as dit by die onderwys van ons jeug kom. Dis opnuut nodig dat kerke hulle roeping besef en konkrete stappe neem om hulle roeping te vervul. Kerke moet besin oor hoe hulle ’n bydrae kan lewer om die nood in die onderwys te help verlig. Hoe moet leerders en studente begelei word? Hoe kan onderwysers, dosente en beheerliggame opbouend ondersteun word? Knellende droogte en spanning in ons boerderygemeenskappe Die knellende droogte oor groot dele van ons land het ’n ontsettende uitwerking. Vir talle boere lei dit tot finansiële verliese waarvan hulle (en hulle arbeiders) moeilik sal herstel. Saam met die probleem dat boere dikwels as politieke teikens gebruik word, word die posisie van baie boere bykans onhoudbaar. Voedselsekerheid en ons ekonomie word ook ernstig deur die droogte geraak. Hierbenewens steek ’n oppervlakkige teologie sy kop uit, wat droogte regstreeks aan God se straf op ons sonde koppel. Die teendeel is dan dat as alles mooi groen is, dat God in sy skik met ons is. Dit is goeie-werke teologie. Ons moet wel erken dat droogte indirek die resultaat van ons sonde is. Mense misbruik die aarde, en dit kan onder andere tot droogtes lei. Ons mag wel vir reën bid, maar ons pleit op grond van God se genade en nie op grond van ons verdienste nie. Die Psalmdigter skryf: “God is vir ons ’n toevlug en beskerming. Hy was nog altyd bereid om te help in nood” (Ps. 46:2). Benewens gebed en smeking moet kerke ook besin oor daadwerklike ondersteuning aan diegene wat ernstig onder hierdie droogte gebuk gaan. Wetteloosheid en geweld Die misdaadsyfer van Suid-Afrika is van die hoogste ter wêreld. Hierdie wetteloosheid gaan dikwels met gewetenlose geweld gepaard. ’n Groot persentasie van ons samelewing is al op een of ander
Februarie 2016 ~ DIE KERKBLAD
manier met sodanige geweld gekonfronteer. Dit lei tot angs, depressie en post-traumatiese stres. Dit wil voorkom asof al hoe meer Suid-Afrikaners aan sodanige versteurings ly. Om hierdie toestande te hanteer, verg kundige pastorale begeleiding en toerusting. Ons durf nie vrede maak met die geweld in ons samelewing nie. Jesus leer: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Matt. 5:9). Om vrede te maak, is ’n wesenseienskap van die kerk! Armoede, werkloosheid en arbeidsonrus Werkloosheid in Suid-Afrika neem krisiafmetings aan. Na raming het tussen 35% en 45% van ons potensiële ekonomies aktiewe bevolking nie werk nie. 70% van ons mense leef in uiterste armoede. Suid-Afrika gaan ook dikwels gebuk onder uitgerekte en gewelddadige arbeidsonrus, wat soms aan swak dienslewering gekoppel is. Dan is daar ook mense wat verwag om ’n gemaklike lewe te geniet, maar nie hard daarvoor wil werk of studeer nie. Dit is ook skreiend hoe sommige politieke leiers, wat hulle sogenaamd vir die behoeftes van die armes beywer, nie skroom om hulleself oormatige weelde toe te eien of selfs korrup op te tree nie. Hierbenewens steier ons land onder dalende valuta. Die Bybel leer ons van verantwoordelike rentmeesterskap, getroue arbeid, voorsorg vir die behoeftes van ons gesinne, en mededeelsaamheid. Dit is dinge waaroor ons kerke moet besin. DK
9
Fokus Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)
Buitengewone Algemene Sinode 2016 z Sedert
2000 beslaan dit 470 bladsye van die Handelinge van ons Nasionale en later Algemene Sinodes. z In 2009 het die Sinode in Januarie in reses gegaan en in Julie spesiaal daarvoor teruggekom en weer ’n besluit geneem. z In 2012 het die Sinode “vir die kantlyn geskop” en deputate aangewys om advies te gee oor die hantering daarvan. z In 2015 het ons ’n nuwe kerklike vergadering, genoemd ’n Spesiale Sinode, daarvoor in die lewe probeer roep. z So pas, in 2016, is ’n Buitengewone Algemene Sinode spesiaal daarvoor opgeroep.
E
k praat van die saak van vroue in die besondere dienste. Die geldende besluite was dié van 2003 dat vroue diakens kan word, en dié van die verlengde Sinode van 2009 dat vroue nie ouderlinge en predikante kan word nie. Een beswaarskrif teen die 2003-besluit, en ses teen die 2009-besluit, het die agenda van die 2016Sinode uitgemaak.
likheid oor Spesiale Sinodes is die verskeie beswaargronde na deputate verwys sodat ’n volgende Algemene Sinode daaroor kan oordeel. Die duidelike versugting by al die sinodegangers was: Ons moet nou die saak van vroue in die besondere dienste deeglik en duidelik aan die orde kry en die beswaarskrifte daaroor behandel en daaroor uitspraak gee.
Spesiale Sinode sneuwel Eers moes die 2015-besluit tot die daarstel van Spesiale Sinodes onder die loep kom. Die besluit het behels dat ’n verkleinde Sinode van 28 ouderlinge en 28 predikante opgeroep sou word om oor ’n tyd te vergader totdat eenstemmigheid oor die “wesenlike saak” van die vrou in die dienste verkry is.
Sinode byna ontspoor Onverwags het ’n saak egter opgeduik wat die potensiaal gehad het om die Sinode te laat ontspoor en ons kerke ernstig te verdeel: die taalmedium. Uit die geledere van afgevaardigdes van die swart kerke wat sedert 2009 saam met die hoofsaaklik Afrikaanse kerke in sinode vergader, is ernstige protes aangeteken teen die gebruik van Afrikaans as “algemene taal” tydens die Sinode, wat dan weer in Engels via oorfone getolk word.
Van meet af aan was daar ernstige besware teen die daarstel van so ’n Spesiale Sinode. Die eerste drie Streeksinodes het besluit om nie na so ’n moontlike Sinode af te vaardig nie en twee het kragtens Art. 51 KO gevra vir die oproep van ’n volle Buitengewone Algemene Sinode. Die Buitengewone Sinode se eerste taak was om die beswaarskrifte oor die Spesiale Sinode te hanteer. Die beswaarskrifte het oorhoofs geslaag. Ter wille van volledige kerkordelike duide-
14
Ná spanningsvolle en dikwels emosionele bespreking van meer as ’n dag hieroor, het ’n aantal van die gegriefdes saam met die moderamen en ’n paar vrywilligers vergader. Uit die gesprek is die voorstel gebore wat eenparig deur die Sinode aanvaar is. Die moderamen sal beide Afrikaans en Engels gebruik om agendasake aan die orde te stel. Afgevaardigdes behoort hulle beste te doen om effektief te kommunikeer tot voordeel
DIE KERKBLAD ~ Februarie 2016
Fokus
van almal. Afgevaardigdes mag hulle moedertaal vrylik gebruik en direkte interpretasie behoort dan bekom te word. Dit gaan nie oor wat die beste is vir enige groep nie (wit of swart), maar wat goed is vir die agenda van die Koninkryk. Met groot dankbaarheid teenoor die Here is die saak opgelos en kon die vergadering daarna in vrede en harmonie sy agenda afhandel.
Deeglike besinning en besluit Die Sinode het hierdie keer ’n spesiale werkswyse gevolg. Die meer as 30 beswaargronde teen die besluit dat vroue nie predikant of ouderlinge mag word nie, versprei oor ses beswaarskrifte heen, is tematies ingedeel, volgens die temas na kommissies verwys, bespreek en beoordeel. Sodoende kon kommissies spesialiseer en kon die Sinode saaklik, georden en gefokus besin en besluit. Die vyf temagroepe was: Openbaringshistoriese aspekte; 1 Korintiërs 14; 1 Timoteus 2; Kerkregtelike aspekte; Praktiesgerigte sake. Deeglike kommissierapporte is gelewer. Deurdagte en vrymoedige bespreking is gevoer. Duidelike besluite is geneem. Die beswaarskrifte met alle beswaargronde is afgewys, en die besluit van 2009 bly staan. Ook die enkele beswaarskrif teen vrouediakens is afgewys, en die besluit van 2003 bly staan.
Persoonlike indrukke x As ek die OVK was, het ek met vrymoedigheid die sinode as “vry en regverdig” ver-
Februarie 2016 ~ DIE KERKBLAD
Die moderamen van die Buitengewone Algemene Sinode. V.l.n.r. ds. Carel Jansen (adjunkskriba), ds. Cassie Aucamp (ondervoorsi er), ds. Hendrik de Beer (voorsi er), ds. Abel Modise (adjunkskriba), dr. Deon Lartz (skriba).
x x
x x
x
x
klaar! Elke beswaargrond is deeglik behandel, bespreking was oop en vrymoedig, en die voorsitter onpartydig. Bespreking en besinning was veel minder “tegnies”, en meer inhoudelik en prinsipieël. Die Sinode het die ou waarheid bevestig: ’n meerdere vergadering moet maar in verantwoordelikheid teenoor die Here sy agenda afhandel, in die lig van die Skrif, Belydenis en Kerkorde. Ompaaie, kortpaaie of spesiale paaie werk nie, hoe goed ook al bedoel. Ek is met dankbaarheid teenoor die Here daarvan oortuig dat sowel die netelige taalkwessie as die lank uitgestelde vrouekwessie nie die eenheid in ons kerke in gedrang gebring het nie. Hulle wat verheug is oor die besluit, mag nie triomferend-veroordelend teenoor die ander staan nie. Ek is oortuig daarvan dat ook hulle standpunte ingeneem is met eerbiedige erkenning van die gesag van die Woord van die Here. Ons Belydenis en ons dierbare gemeenskaplike geloof was volgens my beskeie oordeel nie op die spel nie. Hulle wat teleurgesteld is in die besluit moet onthou, al sou hulle verskil: die besluit wat ons geneem het, is ’n afspraak wat ons saam, deeglik begrond, in afhanklikheid van die Here met mekaar gemaak het. Kom ons hou by ons afspraak. Die eer van die Here en die heil van sy kerk is daarmee op die spel. Laat ons almal dankbaar wees dat ’n saak wat ons agendas oorheers het en waarvoor ons so lank teruggedeins het, ordelik en met eer afgehandel is. Nou kan ons saam en met volle oorgawe op ons taak en roeping as kerk van die Here fokus.
Mag die volgende 470 bladsye van ons Handelinge in beslag geneem word deur ons roeping tot die opbou en die uitbou van sy kerk en die verbreiding van die evangelie! DK
15