Die kerkblad julie 2015 lusmaker

Page 1


Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.)

20 Die Afrikaanse kerke in die Tweede Wêreldoorlog (1) BESINNING 22 Terugblik op my tronkbediening

Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.

Julie 2015 ~ DIE KERKBLAD

BOEKBESPREKING 24 Hoop ons lewensanker ANDER A 26 Klassis Oos-Vrystaat JAARGANG 118, NO. 3292 JULIE 2015

2 VAN DIE REDAKTEUR Implikasies van die ooreenkoms met die NG Kerk 4 UIT DIE WOORD Radikale vergifnis!

30 Briewe 32 Personalia / Wel en Wee 33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 34 Kleinadvertensies

6 REDAKSIONEEL Die Heilige Gees as Gees van oorlog FOKUS 8 Ope Brief aan die ANC 10 Bybelse eskatologie (7) 12 Die Neo-ateïsme (1) 14 Die rol van diakens en die diakonie in plaaslike hulpverlening (1) 16 Evangelisasie vorm integrale deel van suiwer prediking 18 Hoeveel is genoeg?

1


Van die redakteur

Implikasies van die ooreenkoms met die Nederduitse Gereformeerde Kerk 2

DIE KERKBLAD ~ Julie 2015


Van die redakteur

Ooreenkoms

D

ie Algemene Sinode van die GKSA het in Januarie ’n ooreenkoms tussen die GKSA en die NG Kerk goedgekeur. In hierdie ooreenkoms word die verhouding tussen die twee kerkgemeenskappe gedefinieer, en word die basis en grense vir die gesprek met mekaar duidelik gestel.

verhouding as twee kerkgemeenskappe, volle duidelikheid sal wees. Word die bestaande belydenisskrifte steeds as deel van die wese van die kerk gesien? Wat is die aard en wese van ’n belydenisskrif in ons kerklike tradisie? Hoe behoort ’n belydenisskrif te groei en gevorm te word om deur die grootste aantal kerkgemeenskappe aanvaar te word?

Homoseksualiteit

Soos dit van kerkgemeenskappe in die Reformatoriese tradisie verwag kan word, is die grondslag vir die gesprek die Bybel en ons gemeenskaplike belydenisskrifte (vgl. die inleidende paragraaf van die ooreenkoms). So bepaal die ooreenkoms byvoorbeeld in punt 2e: “Ons onderneem om binne die raamwerk van die Gereformeerde belydenis en kerkregering met mekaar en ook onderling binne een kerkverband verskille wat die belydenis in gedrang kan bring, aan te spreek.”

’n Ander saak waaroor prof. Niemandt homself baie duidelik uitdruk, is die kwessie van homoseksuele lidmate en ampsdraers (die sg. gay-kwessie). Hy is baie sterk ten gunste van die toelating van homoseksuele persone, ook as predikante. “Ek dink die ideale uitkoms sou wees as mens alle mense, ongeag (seksuele) oriëntasie, waardig behandel en volledig opneem in ’n kerklike lewe, sonder om teen enigiemand te diskrimineer.” Op die vraag of dit ook beteken as diakens, ouderlinge en predikante, is sy antwoord: “Ja, alles, volledig.”

Hierdie ooreenkoms, wat ná dekades van gesprekvoering tot stand gekom het, behoort as lewende dokument in die verhouding tussen die twee kerkgemeenskappe te funksioneer. In die wyse waarop dit geïmplementeer word, sal blyk of dit ons erns is.

Die GKSA het op die Nasionale Sinode van 2003 wel ’n standpunt oor hierdie saak geformuleer, na aanleiding van ’n beskrywingspunt van die Suidelike Partikuliere Sinode (vgl. Acta, p. 748-752). Die kern van die GKSA se standpunt kom op die volgende neer: “Die Gereformeerde Kerke neem sterk standpunt in teen alle vorme van buite-egtelike en homoseksuele omgang. God se Woord wys die monogame huwelik tussen ’n man en ’n vrou aan as die grense waarbinne die Godgegewe seksualiteit beoefen moet word … Persone met homoseksuele neigings moet soos alle ander mense met die nodige pastorale bewoënheid hanteer en toegerus word om ook ten opsigte van hulle seksuele lewens getrou aan God se Woord te lewe.”

Uitsprake van prof. Niemandt Dit is teen hierdie agtergrond dat bepaalde uitsprake van die huidige moderator van die NG Kerk, prof. Nelus Niemandt, ons insiens aandag verdien. Hy was die afgelope tyd telkens in die nuus, veral in verband met die proses in die NG Kerk om die Belydenis van Belhar op ’n opsionele basis as deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk te aanvaar. Ek gaan my nie in hierdie artikel oor Belhar as sodanig uitspreek nie, omdat die saak nog nooit amptelik op die agenda van die GKSA was nie.

Belydenis as sodanig In ’n onderhoud met Beeld van 30 Mei 2015 maak prof. Niemandt egter ook uitsprake oor aanverwante en ander sake. So maak hy oor die kwessie van ’n belydenis as sodanig die stelling: “Ons het te lank ons lidmate grootgemaak op ’n spyskaart van belydenisskrifte wat belangriker is as die Bybel … Hulle het nooit verstaan dit kan verander en verbreed nie.” Dit is ook bekend dat hy in die Kerkbode al die stelling gemaak het dat ons in ’n “post-konfessionele” tyd leef. Terselfdertyd verklaar hy: “Met die Belydenis van Belhar is die evangelie op die spel.” Op die oog af lyk dit of daar spanning kan bestaan tussen Niemandt se uitspraak oor belydenisskrifte as sodanig en sy standpunt oor die Belydenis van Belhar. Dit is nodig dat daar oor ’n saak soos hierdie, ook in ons

Julie 2015 ~ DIE KERKBLAD

Dit wil blyk asof daar oor hierdie saak ’n diepgaande verskil bestaan tussen die standpunte van prof. Niemandt en dié van die GKSA. Die vraag kan myns insiens gevra word of hierdie verskil berus op ’n verskil in die interpretasie en hantering van die Skrif. ’n Verdere vraag is of hierdie verskil ook die belydenis in die gedrang bring. Hier kan gedink word aan wat ons in Art. 19 van die NGB bely oor die merktekens van die ware kerk wat, behalwe die suiwer prediking en die suiwer bediening van die sakramente, ook die toepassing van die kerklike tug insluit. Indien dit sou blyk dat die standpunte van die moderator die goedkeuring van die Algemene Sinode van die NG Kerk later vanjaar wegdra, en in besluite verwoord word, sal dit die eerste groot toets vir die ooreenkoms wees, en daarmee saam die verhouding tussen die GKSA en die NG Kerk. Mag God deur sy Woord en Gees albei kerkgemeenskappe vashou en lei. CFCC

3


Fokus Dr. Dionne Crafford (emeritusprofessor in Sendingwetenskap, Teologiese Fakulteit NG Kerk, Pretoria)

Die rol van diakens en die diakonie in plaaslike hulpverlening

Die diakenamp het ’n lang geskiedenis in talle kerke sedert die instelling daarvan, soos in Handelinge 6:1-7 beskryf. Tans is daar ’n neiging om dié amp af te skaal of selfs te laat verdwyn. Dit is nodig om weer na te dink oor die rol en opdrag van die diaken in die gemeente, en hoe om die sinvolheid van die amp te laat herleef. Die missionêre karakter van die diakonaat word algemeen aanvaar. Die vraag is of die kerk ’n doeltre ende instrument het om hulpverlening buite die gemeente en oor grense heen te hanteer. In die ar kel word betoog dat die diakonie (as vergadering van diakens) dié rol behoort te vervul. Daar moet weer nagedink word oor die opdrag en taak van die diakonie as amptelike instrument van die kerk om Christus se diens aan die wêreld sigbaar te maak.

S

olank ons in ’n sondige en gebroke wêreld leef, sal nood en lyding in sy verskeidenheid van vorme altyd ons deel wees. Hoewel Jesus gekom het om ons van sonde en skuld te verlos, het Hy nie alle lyding uitgewis nie. Hy het wel tekens van die Koninkryk deur dade van barmhartigheid geopenbaar. Verder het Hy mense geleer om medelye met mekaar te hê in nood, en om mekaar in lyding by te staan en te bemoedig. Dit is dan ook die opdrag wat Hy aan die kerk gegee het om barmhartig te wees, omdat die Hemelse Vader barmhartig is. Die kerk is geroep om

14

die wêreld te dien, omdat Christus gekom het om te dien. Om hierdie opdrag te organiseer, het die kerk deur die eeue die amp van diaken in navolging van Christus en die apostels ingespan. In Suid-Afrika het ons te doen met uiterste vorme van armoede en lyding as gevolg van baie faktore, soos historiese agterstande, siekte-epidemies, werkloosheid en oorbevolking, en baie meer. Die vraag is: Wat moet die kerk se rol in noodleniging wees? Is die diakenamp in gemeentes lewenskragtig genoeg om

DIE KERKBLAD ~ Julie 2015


Fokus

die kerk se rol in die situasie te verteenwoordig? Is die diakonaat net na binne gerig, of sien dit ook die uitdagings oor grense heen raak? Is die diakonie van gemeentes gerat om ’n rol in dié situasie te speel? Oorsprong van die diakenamp Ons vind in die Ou Testament drie ampte wat in die godsdienstige lewe van Israel funksioneer. z Die amp van profeet het sy oorsprong by Moses met wie God gepraat het en aan wie Hy sy wet gegee het. Daarna volg die lang lys van profete wat God se wil aan die volk moes bekendmaak. z Die amp van priester vind sy oorsprong by Aäron wat aangestel is om die priesterdiens te behartig. Dit word opgevolg deur geslagte van priesters wat diens gedoen het in die tempel en offers namens die volk moes bring. z Die amp van koning begin met Saul as die eerste koning en word in die koningskap van Dawid en sy nageslag bevestig. Hierdie drie ampte vind hulle kulminasie in die Nuwe Testament in Jesus Christus wat in sy Persoon die volmaakte Koning, Profeet en Priester was. Ná sy hemelvaart dra Jesus die amp as ’n eenheid oor aan sy apostels wat die kerk regeer het, die evangelie verkondig het en die versorging van die behoeftiges waargeneem het. Die eerste differensiasie in die amp word in Handelinge 6 beskryf, met die aanstelling van die “sewe” wie se werk later deur die diakens voortgesit sou word. Ons lees in Handelinge 6:1-7 dat die getal dissipels of volgelinge van Jesus ná die Pinkstergebeure drasties vermeerder het. Die groei was aanvanklik onder die Arameessprekende Jode van Jerusalem en omstreke. Geleidelik kom ook Griekssprekende Jode, wat uit verskillende landstreke gekom het, tot bekering. Dit het ook proseliete ingesluit wat vroeër uit die heidendom tot die Judaïsme bekeer is. Daar het toe spanning tussen die twee groepe ontstaan, en die Griekssprekendes het gekla dat hulle weduwees in die “daaglikse versorging” afgeskeep is. Dit sien op die versorging van armes by die gemeenskaplike maaltye waar gegoede lidmate ook kos ge-

bring het vir armes wat nie ’n bydrae kon lewer nie (Hand. 2:42). Dit sien verder op die verdeling van inkomste uit ’n gemeenskaplike fonds wat deur die verkoop van eiendom deur gegoede lidmate verkry is (Hand. 2:44, 45). Die verdeling is waarskynlik veral gedoen deur Hebreeussprekendes wat die ouer groep en die meerderheid was. Die Griekssprekendes het waarskynlik ook gevoel dat hulle nie by die gesamentlike byeenkomste voldoende aanvaar en gerespekteer is nie. Die apostels, as leiers van die gemeente, los die probleem op deur die gelowiges aan te sê om sewe manne te kies vir hierdie besondere bediening van versorging van behoeftiges asook mense van ’n ander kultuuragtergrond. Die motivering van die 12 apostels was dat hulle primêre taak die bediening van die Woord en die gebedsbediening was. Hieraan wou hulle onverdeelde aandag gee. Die versorging van behoeftiges en die nansiële aspekte van die gemeente moes aan spesi eke persone opgedra word. Die gemeente kies dan die sewe manne. Hulle moes besondere geestelike kwaliteite hê. Hulle word met handoplegging bevestig. Dit dui op bevestiging in ’n besondere amp. Hulle het almal Griekse name en die meerderheid is waarskynlik uit die kring van die Griekssprekendes gekies. Dit was ’n gebaar van versoening van die kant van die Hebreeussprekende gelowiges. Hulle sou dan die “daaglikse versorging” in die gemeente reël en organiseer. Hoewel die sewe nie hier diakens genoem word nie, word hulle bediening of “diakonia” duidelik omskryf. Daarna het die kerk ook in ander gemeentes diakens vir dieselfde doel aangestel. In 1 Timoteus 3:8-10 word die kwaliteite van diakens uitgespel en in Filippense 1:1 word diakens by name genoem as ampsdraers. So het die amp van diaken dus in die kerk gevestig geraak. Dit word ’n volwaardige amp naas dié van leraars en ouderlinge. (In die volgende uitgawe: Die Gereformeerde tradisie; die rol van die diaken in wyksverband; die rol van die diakonie na buite.)

“Net so moet diakens ook manne van goeie karakter wees. Hulle moenie uit twee monde praat nie en nie aan drank verslaaf of op oneerlike winsbejag uit wees nie. Hulle moet in alle opregtheid aan die geopenbaarde waarheid van die geloof vashou. Vooraf moet ondersoek ingestel word na hulle geskiktheid, en as niemand beswaar teen hulle inbring nie, kan hulle as diakens dien” – 1 Tim. 3:8-10

Julie 2015 ~ DIE KERKBLAD

15


Van Oraloor Ds. JH (Harry) Cilliers (Reitz)

Klassis Oos-Vrystaat Geogra e en geskiedenis

I

n die bergagtige dele van die Witteberge, Rooiberge en Malutiberge (almal deel van die Drakensberg-reeks) het die Here ’n besondere pad met sy kerk, ook die Gereformeerde Kerke, geloop. Die gebied staan ook bekend as die Riemland, na aanleiding van derduisende rieme van elandsvel wat in die Voortrekkers se tyd hier te kry was. ’n Reis deur hierdie stuk wêreld bring jou nie net in aanraking met van die pragtigste natuurtonele nie, maar ook met gedeeltes waar aangrypende gebeurtenisse in Suid-Afrika se geskiedenis afgespeel het.

Dit is ’n geskiedenis van kon ik en oorlog, met al die hartseer wat daaraan verbonde is. Hier het hoofman Witsie en die oorblyfsel van sy Makholo-stam in die 1830’s vir die Matabele’s kom wegkruip. Hier moes die Voortekkers self in 1836 die aanslae van die Matabele’s afweer. Hiervandaan het die Voortrekkers in 1838 Zoeloeland binnegegaan. Hier het die Basuto-oorloë van die 1860’s plaasgevind. Hier is van die grootste veldslae in die Anglo-Boereoorlog geveg. Dit is egter ook ’n geskiedenis van geloof en hoop. Van die agttal gemeentes van “Die Gereformeerde Kerk onder die Kruis” wat aan die einde van die 1800’s/begin 1900’s landwyd onder leiding van ds. SJ du Toit gestig is, is dit ook hoe Lindley en Frankfort in 1911 tot stand gekom het. Hierdie “Kruisdoppers” met hulle besondere liefde vir die profetiese verklaring en hulle letterlike verstaan van die “duidendjarige vrederyk” trap nog steeds diep spore in ons eie en ander Christelike geloofsgemeenskappe.

26

DIE KERKBLAD ~ Julie 2015


Van Oraloor

Die Klassis

Bo-op Windheuwel, distrik Heilbron

Vanaf 1951 is die Gereformeerde Kerke in die Oos-Vrystaat saamgeg groepeer as Klassis Ladybrand, en die g gemeentes was Ladybrand, Wepener, T Thaba’Nchu, Lindley, Frankfort, Ficksb burg, Bethlehem en Reitz. Met verloop van tyd het gemeentes bygekom, va ander gemeentes is by ander klassisse a ingedeel, en dan was daar die hartseer in van gemeentes wat ontbind het. Sedert va 2006 is die klassis se naam Klassis Oos20 Vrystaat. Tans is die dorpe waar daar V Gereformeerde gemeentes is Ladybrand G (1872), Frankfort (1913), Lindley (1913), (1 Ficksburg (1919), Bethlehem (1920), Fi Harrismith (1938), Reitz (1941), Heilbron H (1964) en Phuthaditjhaba (Qwa Qwa, (1 2008). 28 ander dorpe en plekke word 20 vanaf hierdie gemeentes bedien, waarva van die verste dorpe Wepener in die va suide, Tweespruit in die ooste, Villiers in die noorde en Verkykerskop in die weste is.

Regs: Die monument by Vegkop

Links: Oudl. Piet Roets (Harrismith) wys Boesmantekeninge uit naby Tandjiesberg

Julie 2015 ~ DIE KERKBLAD

27


Van Oraloor

Die gemeentes Soos Maria se daad om kosbare olyfolie op Jesus uit te giet, sou saamloop met die verkondiging van die evangelie van Jesus se lyde en sterwe, as ’n herinnering aan haar (Matt. 26:13), so was daar in hierdie gemeentes baie hande en voete wat God gebruik het om die heerlikheid en die troos van die evangelie nog duideliker te maak. Daar is soveel lidmate en voorgangers wie se name ’n mens in herinnering kan roep vir wat hulle in hierdie gemeentes gedoen het om ons Here te verheerlik en sy koninkryk te laat deurbreek. Een van hierdie baanbrekers was ds. HPJ Pasch wat in 1911 te Ladybrand bevestig is en beskryf is as die kleurrykste, vurigste en mees geliefde leraar wat die gemeente ooit gehad het (Die Kerkblad 14 Augustus 1974). Ds. Pasch en die gemeente van LADYBRAND het ’n sleutelrol in die vestiging van die Gereformeerde Kerke in die Oos-Vrystaat gespeel. FRANKFORT EN LINDLEY is in 1913 volgens besluit van die Algemene Vergadering van die Vrystaat vanuit die “Gereformeerde Kerk onder die Kruis” in die Gereformeerde kerkverband opgeneem. Die hoeksteen van die eerste kerkgebou van FICKSBURG is in 1917 deur ds. HPJ Pasch gelê. In 1919 stig die Ficksburg-wyke (wat Marquard en

Senekal ingesluit het) as selfstandige gemeente af, maar bly in kombinasie met Ladybrand. In die 1960’s/1970’s is in kombinasie met Bethlehem en Senekal sendingwerk gedoen, en so het die gemeente Sportshoek onder Sothosprekendes tot stand gekom. In 1977 het die kombinasie ds. NP Bohloko na Sportshoek beroep, wat vandag as die Gereformeerde Kerk QWA QWA bekendstaan. BETHLEHEM was in die begindae saam met Harrismith en Reitz ’n wyk van Ladybrand. In Augustus 1917 het ds. HPJ Pasch die hoeksteen van die eerste kerkie te Bethlehem gelê. Harrismith het in 1938 van Bethlehem afgestig en Reitz in 1941. Toe HEILBRON nog ’n wyk van Frankfort was, het die gebied gestrek vanaf Viljoensdrift in die noorde tot naby Petrus Steyn in die suide en Koppies in die weste. In 1964 vind die afstigting vanaf Frankfort plaas. Qwa Qwa bestaan uit verskeie wyke wat oor ’n oppervlakte van 1014 km² versprei is. Die gemeente is in 2008 “herstig”, nadat die gemeentes Phuthaditjhaba en Maluti saamgesmelt het. Daar is twee kerkgeboue, een in Phuthaditjhaba en die ander een by Thibela.

GTV Heuwelberaad 2014 – v.l.n.r. ds. Ockie Struwig, hoofdiaken Kwagga, di. Johannes de Bruyn, Tommie van Vuuren en Abri Pelser

28

DIE KERKBLAD ~ Julie 2015


Van Oraloor

Huidige stand van sake Die afgelope 15 jaar is dit soos ’n refrein wat ons jaarliks by die behandeling van visitasierapporte hoor: die kommer oor dalende lidmaatgetalle, en veral omdat daar so min kinders is, in vyf van die nege gemeeentes. Dit is waarom Lindley alreeds aangewese is op bediening deur die konsulent, terwyl die ander predikante met die bediening van die Woord Sondagmiddae hulpdiens verleen. Die gemeentes wat konstant bly en selfs groei, is Bethlehem, Frankfort, Heilbron en Qwa Qwa. 90 tot 95% van Qwa Qwa se belydende lidmate is egter pensionarisse wat van staatspensioen afhanklik is. Die meeste van hulle versorg hulle klein- en agterkleinkinders waarvan beide die ouers óf oorlede is óf elders in die land werk en niks tot die gesin se versorging bydra nie. ’n Groot deel van die dooplidmate van hierdie gemeente is weeskinders. Bediening bly ’n uitdaging, omdat bediening in Afrikaans plaasvind en dan deur bekwame tolke na Sesotho vertaal word. ’n Verdere uitdaging is die uitgestrektheid van die gemeente en die ewigdurende verhoogte kostes om die Sesotho-lidmate te bedien. Bethlehem, Frankfort en Heilbron speel ’n baie belangrike rol deurdat hulle die ander gemeentes by hulle jeugaktiwiteite en toerustingsgeleenthede betrek. Frankfort is landwyd bekend vir die aanbieding van die Frankfort Riviertoer vir hoërskooljeug. Heilbron is die “vader” van ’n speenkalfprojek om fondse te genereer, en Harrismith en Ladybrand het alreeds in hierdie verband by Heilbron gaan kers opsteek. Die klassis het sy eie Oos-Vrystaatse Bedieningsfonds, waaruit gemeentes gehelp word. ’n Juweel in hierdie klassis se aktiwiteite is Klassis Oos-Vrystaat se Gereformeerde Teologiese Verening. Vir die afgelope drie jaar kom die predikante gedurende ’n week in Februarie vanaf Sondagmiddag tot die Woensdagoggend bymekaar vir geestelike toerusting, wedersydse ondersteuning en persoonlike opbou. Die onderlinge band tussen die sewe predikante is heg, en die jaarlikse GTV het beslis groot waarde vir hulle én vir die gemeentes waarin hulle dien.

Die pad vorentoe Die kerk is ons Here se kerk! Hy sal voorsien! Ons is positief! Hierdie woorde is nog ’n refrein wat ons jaarliks op die een of ander manier rondom visitasierapporte hoor. Dit is wat ons Gereformeerdes hier in die Oos-Vrystaat glo, en dit is hoe ons hier aan die werk is in die koninkryk van ons Here. Ons

Julie 2015 ~ DIE KERKBLAD

oë en harte in afhanklikheid op Hom gerig, terwyl ons hande en voete werk met dit wat ons uit sy hand ontvang tot sy eer! Daar is so baie om na uit te sien! Deur Heilbron (wat verlede jaar sy 50ste bestaansjaar herdenk het) se ywerige arbeid in die Here het ’n sendinggemeente ontstaan, en al is dit nog nie ’n selfstandige gemeente nie, is

ons diep dankbaar teenoor die Here dat die Gereformeerde Kerk Phiritona sy eie kerkgebou op 14 en 15 Maart 2015 in gebruik geneem het. Van hier af word daar alreeds ’n wyk onder Sothosprekendes te Frankfort bedien, tot groot vreugde en nederige dankbaarheid by almal in Klassis Oos-Vrystaat! Soli Deo Gloria! DK

29


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.