Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld Sien al die opsies vir intekening op die intekenvorm (omslag binne agter) Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
JAARGANG 118, NO. 3303 JULIE 2016
In hierdie uitgawe 2
VAN DIE REDAKTEUR Suid-Afrika op die rand van die afgrond
Afrikaans in die huidige Suid-Afrika? 17 Is Jesus 'n storie?
4
UIT DIE WOORD Tempelbou
18 BOEKBESPREKINGS
6
REDAKSIONEEL Geregverdig deur die geloof
8
BRANDPUNT Reformasie 500
FOKUS 10 Hoe lees ek die Bybel? (3) 12 Die GKSA, die 16 Junie/40-byeenkoms en versoening 14 Hoe belangrik is
ANDER 21 Godsdiensvryheid eventueel bedreig 22 Geref. Kerk Boksburg – 80 jaar 25 Studente ontvang prestasietoekennings 26 BRIEWE VAN ONS LESERS 28 Personalia / Wel en Wee 29 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 30 Kleinadvertensies
Suid-Afrika op die rand van die afgrond M
et die skryf van hierdie artikel (6 Junie) het Suid-Afrika slegs ’n dag of wat tevore ternouernood die ekonomiese afgradering na rommelstatus oorleef. Heelwat kenners is dit egter eens dat dit slegs ’n kwessie van tyd is voor dit wel gebeur.
2
DIE K DIE DI KE KERKBLAD ERK RKBL BLA LA AD D ~ Ju JJulie ulliie 20 2 2016 016 16
Dit is egter nie net op ekonomiese terrein dat Suid-Afrika op die rand van die afgrond verkeer nie. As ons dink aan die morele verval, die haglike toestand van die onderwys op talle plekke, die ineenstorting van infrastruktuur soos paaie, die gebrek aan dienste op plaaslike vlak, die voortgaande korrupsie, moord, verkragtings en misdaad, het ons in vele opsigte reeds die vlak van “rommelstatus” bereik. Politieke vooruitskouing Met die politieke onstabiliteit, binnegevegte, geweld in die parlement, ensovoorts, is ons ook almal goed bekend. In ’n onlangse gesprek met die bekende politieke ontleder, prof. André Duvenhage, het hy onder andere die volgende gestel: Die uitslag van die komende munisipale verkiesings gaan nie noemenswaardig verskil van die huidige stand van sake nie. Hy verwag dat die ANC ongeveer 58% steun sal kry teenoor die huidige 62%. Pres. Zuma is reeds besig om weer sy magsbasis te konsolideer en sy beeld te herstel met ongeveer 70% steun in die uitvoerende komitee van die ANC (aldus prof. Duvenhage). Zuma is besig om al hoe meer die beeld te vertoon van ’n diktator. Hy het sy lojale ondersteuners in al die sleutelposisies van staatsinstellings om sy mag in stand te hou. Van staatsmanswysheid en die verantwoordelike bestuur van ’n land is daar geen sprake nie. Wat staan ons te doen? Die vraag is: Wat staan die kerk en die gelowiges in sulke tye te doen? Namate die krisis op byna elke terrein verdiep, word die roeping van die kerk en individuele gelowiges net groter. Dit is nie sonder rede dat God dit so beskik het dat ons in hierdie tyd in Suid-Afrika leef nie. Die antwoord lê nie in piëtistiese onttrekking, soos ons helaas al hoe meer sien nie. Dit is meer as ooit nou die tyd vir die uitlewing van ons roeping in God se Koninkryk op elke terrein van die lewe. ¾ Op die getuienisroeping van die kerk as die primêre taak is in die vorige uitgawe van Die Kerkblad gewys in die artikel van ds. Cassie Aucamp. In die amptelike prediking, maar ook op ander beskikbare platforms
Julie 2016 ~ DIE KERKBLAD
en openbare media moet die getuienis van Jesus Christus se Koningskap onvermoeid uitgaan. Daar is myns insiens genoegsame rede vir ’n liggaam soos die Tussenkerklike Raad om feitlik op ’n weeklikse basis ’n Skrifgefundeerde getuienis te laat hoor. ¾ Ons lidmate moet deur die prediking, met Bybelstudies en huisbesoek en katkisasie toegerus word vanuit die Woord om weerbaar te wees teen al die aanslae en verleidinge (vgl. die wapenrusting van Efesiërs 6), maar ook om in staat te wees om positief werksaam te wees in die roeping waarin elkeen staan – in die onderwys, in die polisie en veiligheidsmagte, in die ekonomie, in die regsberoep, as huisvrouens, fabriekswerkers, boere, waar ook al. As die gelowiges in hierdie land uit al die volke toegerus, bemagtig word om in geloofsvolwassenheid aan God gehoorsaam te wees, sal ons soos die sout en die lig wat ons is (of veronderstel is om te wees), weer lig en uitsig bring en smaak gee aan die samelewing, die ontsettende verrotting teëwerk. ¾ Ons word dus geroep om ons geloofsadel te toon, koninklik en met waardigheid in die Naam van Christus oor die sonde te regeer. ¾ Ons moet die verlossingsliefde van Christus vir verlore sondaars met woord en daad aan soveel verlorenes en soekendes en hulpbehoewendes uitdra. Die evangelie is die enigste antwoord vir ’n sinkende SuidAfrika. ¾ In alles moet ons die perspektief behou (en ook proklameer) dat Jesus Christus regeer, nie net in en oor sy kerk nie, maar oor alle dinge. Dit is nie ’n korrupte en onbevoegde regering of die uitslag van ’n munisipale verkiesing wat die toekoms van Suid-Afrika bepaal nie. Nee, daar is ’n troon in die hemel, en Een sit op die troon (Openbaring 4). Ons mag onder alle omstandighede jubel, terwyl ons blymoedig doen wat God van ons vra, in die woorde van Psalm 93 (berymd): Maar oor hul in die hoogte sit die Heer, geweldiger as vloed van storm en meer, geweldiger as golwe van die see, as Hy van bo sy stormbevele gee. CFCC
3
Prof. Heilna du Plooy (Navorsingseenheid Tale en Literatuur, NoordwesUniversiteit, Potchefstroom)
Hoe belangrik is Afrikaans in die huidige Suid-Afrika? Identiteit en die werking van taal anneer ’n baba gebore word, neem so ’n mensie aanvanklik bloot sintuiglik waar, beelde en kleure, lig en donker, geluide, temperatuur, sag en hard, koud en warm. Die inligting is egter amorf en intuïtief: dit is eers wanneer die kind taal aanleer dat hy die kennis en inligting waaroor hy beskik en wat hy verwerf, prakties kan gebruik en daaroor kan kommunikeer. Dit is asof taal die inligting in die brein en selfs in die onderbewuste struktureer en dit bruikbaar maak. Daarom sê psigoanalitici dat die mens se psige en onderbewuste soos sy taal gestruktureer is. Hierdie strukturering sluit in sowel die woordeskat, dit wil sê die name van dinge, as die verhoudinge tussen dinge en die assosiasies wat aan die woorde wat die konsepte aandui, kleef. Hierdie strukturering maak konseptualisering moontlik en verskaf die instrumente, die woorde, én die taalpatrone, die sintaksis,
W
14
waarmee die mens sy psigiese inhoude hanteer en waarmee hy dus sy werklikheid beheers. Dit is op grond van hierdie werking van die verhouding tussen psige en taal dat aangedring word op die waarde van die eerstetaal, oftewel die moedertaal, in onderrig. Die kind kan nuwe inligting en konsepte laat aansluit by bestaande konseptualisering en daarop voortbou. Die eerste taal wat mens leer en wat jy dominant gebruik, is daarom ook ’n onmiskenbare en onontkenbare aspek van jou identiteit, van jou menswees self. Hoe meer geso stikeerd ’n taal is, hoe meer kan die taal doen en hoe meer help die taal om mense se verstandelike vermoëns te ontwikkel. Mense maak die taal en die taal maak die mense. Hoewel die aanleer van meerdere tale mense se vermoëns uitbrei en vergroot, het navorsing ook bewys dat dit die beste en selfs noodsaaklik is as die basiese konseptualisering in een taal goed gevestig is voordat ’n nuwe taalsisteem funksioneel en effektief gebruik kan word. Dan word die tweede en derde taal ’n uitbreiding en ’n verryking. Die huidige debat oor Afrikaans is ’n suiwer politieke debat wat wetenskaplike inligting oor taal, oor taalontwikkeling, leer en taalbeleid soos dit internasionaal verstaan word, buite rekening laat. Die taal het ’n instrument geword in ’n politieke magspel wat alle fasette van ons lewe wil oorheers. Die stemme wat taalwetenskaplike en taalpsigologiese inligting aan die orde probeer stel, word gerie ikerwys nie gehoor nie. Dit is egter wêreldwyd ’n aanvaarde aanname dat taalregte ’n basiese mensereg is en dat geen mens van sy taal ontneem mag word nie. Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm hierdie reg, maar die politieke wil om dit in die werklikheid waar te maak,
DIE KERKBLAD ~ Julie 2016
ontbreek. Die een se reg om in sy moedertaal te leef, te studeer en te werk, word oorheers deur ’n meerderheidsaandrang op ’n ander taal. Hierdie felle debat laat mense oorreageer en bring hulle daartoe om pragmaties te dink, maar die prys wat daarvoor betaal word, is onuitspreeklik groot.
Die status van die taal ’n Taal se status word bepaal deur drie faktore, die statistiese feite en gegewens, die siening van die sprekers van die taal oor die taal en oor hulleself, en die siening van mense van buite oor die taal en die sprekers van die taal. Afrikaans vaar uitstekend op die eerste punt: daar is tussen 6 en 7 miljoen moedertaalsprekers van Afrikaans en nog ongeveer 5-6 miljoen mense wat dit as hulle natuurlike tweedetaal beskou (in Noorweë is daar net 5 en ’n half miljoen Noorweërs wat Noorweegs praat). Van die moedertaalsprekers van Afrikaans is meer as die helfte nie wit nie, sodat dit inderdaad en funksioneel ’n multikulturele moedertaal is. Die taal kan alle hoë funksies vervul, in die onderwys, in die reg en die ekonomie, in die wetenskap van alle dissiplines en dit beskik oor ’n dinamiese literatuurskat van hoë gehalte. Die taal ontwikkel steeds in al sy variante en beskik as ’n besonder soepel moderne taal by uitstek oor die vermoë om te groei en alle nuwe terreine van bestaan te kan verwoord. Tog verkies baie mense tans, op grond van pragmatiese redes en onder politieke druk, om hierdie feite te ignoreer en Afrikaans al hoe minder te gebruik sonder om te besef wat hulle daarmee prysgee. Afrikaanssprekendes het in die tweede plek nog altyd baie positief gevoel oor Afrikaans, maar tans is baie mense geneig om die taal prys te gee, weer eens dikwels uit politieke korrektheid of op grond van een of ander oordrewe skuldgevoel. Dit is wel ’n ander debat, maar ’n taal op sigself kan tog nie skuldig wees weens die historiese gedrag van sommige van sy sprekers nie (niemand het nog ooit daarop aangedring dat Duits of Engels van die aardbol af verdwyn weens misdrywe op politieke vlak en in oorloë in die verlede nie). Die derde punt is egter Afrikaans se groot probleem: mense buite die taal gebruik dit tans as ’n politieke instrument en kry inderdaad baie politieke myle daaruit om Afrikaans te verketter en te stigmatiseer ter wille van hulle eie politieke magstrewes. Indien Afrikaanssprekendes van alle kleure en uit alle gemeenskappe nie self vir Afrikaans in die bres tree deur die taal te gebruik op sosiale vlak en in die werksplek in elke bedryf en beroep nie, kan die taal kwyn en inderdaad sterf.
Julie 2016 ~ DIE KERKBLAD
Dit is naïef om te dink dit kan nie gebeur nie. Daar sterf elke dag iewers op die aarde ’n taal omdat daar nie meer sprekers van die taal is nie. As Afrikaans nie meer op universiteitsvlak as wetenskaptaal gebruik word nie, ontwikkel die taal nie die nodige nuwe woordeskat nie en is nie meer in staat om daardie funksie te vervul nie. Dieselfde geld die kerk en die hof en die ekonomie. En as Engels die enigste taal vir universiteitstudie is, sal die hoërskole binne enkele jare ook Engels as medium begin gebruik om die leerlinge vir die volgende fase van studie voor te berei. Dink daaroor dat die reaksie teen Afrikaans gemotiveer word dat dit voor 1976 op swart kinders in skole afgedwing is. Binnekort kan die situasie ontstaan waar Engels (op indirekte wyse, maar nogtans) weer op Afrikaanse kinders afgedwing word soos vroeër ook al in Suid-Afrika gebeur het. Soos wat Frans in ’n stadium op Vlaminge afgedwing was en Engels op die Skotte en Walliesers. Hierdie soort dwang lok onvermydelik eventueel ’n reaksie uit. As ons nou weer toelaat dat draketande gesaai word, sal ons self die geweld van die toekoms moet maai.
Hoe hanteer mense die huidige problematiek? Wat is die verlies as Afrikaans kwyn en uiteindelik as ’n taal met hoër funksies verdwyn? Afrikaans in al sy
15
variante dra ’n baie groot deel van bepaalde aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, nie net deur sy mense nie, maar inderdaad in sy woordeskat en in sy idiome en uitdrukkings. Dit is die taal wat op hierdie land se bodem ontwikkel het en op ’n unieke manier in alle streke die land en sy verskynsels en gebeure benoem. Taal is nie net ’n identiteitsdraer soos in die eerste paragraaf verduidelik is nie, dit is ook ’n kultuurdraer. Afrikaans is ook uniek omdat hy verskillende kulture se kultuur dra en hierdie kulturele variante in sy taalvariante weerspieël. Tans bestaan hierdie dinamiek nog en groei selfs – in die onlangse sensus was Afrikaans die enigste taal waarvan die aantal sprekers gegroei het: daar was 800,000 méér mense wat Afrikaans as hulle moedertaal aangedui het as in die vorige sensus. Nogtans skram baie mense daarvan weg om Afrikaans te gebruik, of om die gebruiksmoontlikhede daarvan te beskerm (waarvoor moderne tegnologie soos tolktoerusting wel bestaan) en sommige is selfs skaam vir die taal. In alle multikulturele en multitalige moderne state word tale beskerm, onder meer in Kanada en België. Kanada het selfs wetgewing wat sy multikulturaliteit beskerm en beskou dit as een van die land se grootste bates. Ons Grondwet gee ons die reg op taalkeuse, maar as mense nie meer hulle eie taal kies nie, hulle kinders in Engelse skole sit, of verkies om hulle godsdiens in Engels te beleef (wat dikwels dan vervlak tot ’n Amerikaanse slagspreukgodsdiens), dra hulle self by tot die kwyning van ’n uiters kosbare bate vir enkelinge en vir die land.
poësie, lees rubrieke, historiese en populêrwetenskaplike boeke in Afrikaans en onthou dat jy deel van hierdie erfenis en veral deel van hierdie ontwikkelinge vir die toekoms is. Vertaal eerder ’n slagspreuk voor jy die Engels vir vriende aanstuur en maak self vertalings van al die anderstalige name wat langs die strate die bestaan van Afrikaans ontken. Werk doelbewus aan die verbetering van jou eie en jou kinders en kleinkinders se Afrikaanse taalvermoë. En onthou dat jou taal sowel ’n individuele as ’n kollektiewe identiteitsdraer en ’n landsbate is waarop jy geregtig is en waarvoor jy medeverantwoordelik is, nie net omdat taal deur die Grondwet beskerm word nie, maar omdat jou bydrae daarin en daardeur prinsipieel vereis word. Mense hoef en moet nie agressief of depressief wees oor Afrikaans nie. As die Afrikaanssprekende mense van hierdie land met waardigheid oral waar dit nodig is op die status en erkenning van hulle taal aandring en bly aandring – selfs met verbetenheid, maar steeds met waardigheid – kan hulle inderdaad daaraan meewerk om die taal uit te bou en funksioneel te hou. Wat nie moet gebeur nie, is dat mense die taal begrawe voordat hy dood is, dat hulle op grond van ideologiese of religieuse sentiment die taal, wat nie aan enkelinge behoort nie maar aan baie soorte mense in die land, prysgee en opo er, dat hulle deur prematuur moed op te gee, deur hulle apatie en kleinmoedigheid juis dit wat hulle vrees, ’n werklikheid laat word. DK
Waar taalverlies vir Afrikaanse skrywers ’n rampsalige gedagte is, sal dit verder ook vir die volgende twee tot drie generasies ’n intense vervreemding van verskeie Afrikaanse gemeenskappe in die land teweegbring, vervreemding van die sosiale en politieke lewe in die land en ook ’n kerklike vervreemding. Dit is herhaaldelik in studies aangetoon dat taalverlies vervreemding teweegbring. As jy twyfel oor die geldigheid, waardigheid en vermoë van Afrikaans, gaan koop ’n paar resente Afrikaanse romans, lees Afrikaans
16
DIE KERKBLAD ~ Julie 2016
Dr. HF (Hennie) van Wyk (Bloemhof/Christiana)
Is Jesus 'n storie? E
k het onlangs die bevestiging van ’n kollega van een van die ander Afrikaanse Kerke bygewoon. Nadat die konsulent uit Johannes 6 die wonderwerk van die vermeerdering van die brood en visse gelees het, maak hy die Bybel toe en sê: “Nou wil ek eers vir julle ’n storie vertel ...” Ná die bevestiging het al die dominees en pastore in ’n ry moes staan en hom welkom heet. Baie het vir die bevestigde predikant ’n versie gelees. Daarna is die innerlike versterk en elkeen het huis toe gegaan. Tuis was my vraag aan my vroutjie: “Is Jesus ’n storie?” Preekmaak is en bly ’n moeilike saak. Om aktueel te preek, is ook ’n uitdaging. Hoe populêr moet daar gepreek word? Aktuele prediking Aktuele prediking is om dit wat in die Woord van die Here geskryf is, op so ’n manier te preek dat die boodskap klink of dit in vanoggend se koerant geskryf is. Hier moet veral daarop gelet word dat die eerste lesers (byvoorbeeld die gemeente in Efese) en die gemeente vandag presies dieselfde boodskap hoor – elk in ’n eie taal en konteks. God verander nie. Sy wil verander nie. Tye en omstandighede verander nie. Is dit aktueel om gister se
Julie 2016 ~ DIE KERKBLAD
rugbywedstryd die aanknopingspunt te maak as daar uit Openbaring 6:2 gepreek word? Dit is seker moontlik, maar ... Nou moet die prediker waak teen die swakheid van die hoorder. Klein Jannie herleef nou die rugby en hoewel ons nooit die werk van die Heilige Gees moet onderskat nie, moet ons ook nie die duiwel ’n vatkans gee nie. Populêre prediking Paulus maan teen prediking wat is wat die mens wil hoor. Verder maan hy teen verdigsels en fabels. Hier kom die storie in! Ons kinders word groot met stories. Boeke, televisie en lms maak dit maklik vir kinders om hulle in ’n fantasiewêreld in te leef. As die storie klaar is, is dit verby en wag hulle vir die volgende storie. So beleef hulle die Tandemuis, Kersvader en Jesus. En Jesus??!! Hoe dikwels lees ons nie vir die kind ’n storie voor slapenstyd, en sluit af met Bybellees en bid nie? Hoeveel onderskei die kind dan tussen die held in sy verhaal en Jesus se wonderwerke? Dan vertel die dominee ’n storie na aanleiding van Johannes 6 ... Taal en woorde Daar moet maar duidelik onderskei word tussen die ge-
bruik van woorde met amper dieselfde betekenis. Wat is die verskil tussen “verhaal” en “storie”? Die verskil tussen werklikheid en fantasie. Wat is die verskil tussen ’n storie en ’n gelykenis wat Jesus vertel? Fantasie teenoor feite. Laat ek uitbrei: As Jesus in Lukas 16 die gelykenis van die ryk man en Lasarus vertel, is al die feite korrek, maar dit het nie werklik gebeur nie. As Sneeuwitjie deur die prins gesoen word en “herlewe”, is en bly dit iets waaroor klein dogtertjies droom, maar dit is nie feitelik korrek nie. Erediens vs vertoning Elke erediens is tog ’n ontmoeting tussen God en sy kinders. Die fokus is tog nie oor die welsprekendheid van die predikant nie. Elke lidmaat – groot en klein – moet hoor hoe God se genade ’n werklikheid in sy lewe moet wees. Hy moet verstaan en ook weet hoe hy dit môre moet uitleef. God is nie ’n storie nie. Jesus se bitter dood is nie ’n verdigsel of fabel nie. Dis nie ’n drama nie – dis die werklikheid van hoe ons verlos is. Elke prediker het dus die enorme taak om met elke erediens die lidmaat in die oë van die Here te laat kyk sodat die lidmaat presies weet hoe om vandag God se waarheid te lééf. DK
17