Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.)
GETUIENIS G 16 1 “God het hulle saam met Hom op reis geneem” AKTUEEL A 18 1 P-boeke en e-boeke ... hulpmiddels van God in die reformasie van die kerk
Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) Mev. J Fourie Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Junie 2015 ~ DIE KERKBLAD
IN DANKBARE HERINNERING 20 2 Dr. JL (Jan) Ras
JAARGANG 118, NO. 3291 JUNIE 2015
3 VAN DIE REDAKTEUR Christenskap en volkskap 4 UIT DIE WOORD Vandag se geloofservarings ... brandstof vir môre 6 REDAKSIONEEL Die Gees van die wedergeboorte
ANDER A 22 2 Phiritona se kerkgebou feestelik in gebruik geneem 24 Oranjerivier tot Stormsrivier (2) 28 Kerke vat opnuut hande binne die TKR 30 Ds. Paul Geertsema emeriteer
31 Personalia / Wel en Wee 32 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 33 Kleinadvertensies
8 BRANDPUNT Die spreek van 'n Woord waardeur afgode verbrysel word (2) FOKUS 10 Bybelse eskatologie (6) 12 Onverdraagsaamheid teen die Christelike godsdiens neem toe 14 Die vreemdeling in jou poorte
1
Van die redakteur
Christenskap en volkskap D
i stelling ie t lli kkan sonder vrees vir teëspraak gemaak word dat daar tans ’n verskerpte aanslag op die identiteit van die Afrikanervolk gemaak word. Onder identiteit verstaan ons die taal, kultuur, geskiedenis, simbole, instellings, ensovoorts. Hier kan maar net onder andere na die volgende verwys word: Afrikaanse skole en universiteite word geteiken om in terme van taal, etos ensovoorts, te verander (ons voel dit al hoe meer aan ons lyf hier op Potchefstroom); die geskiedenis vir skoolleerplanne word herskryf; die Afrikaanse taal word bedreig; Afrikaanse simbole (soos monumente) moet verdwyn, ensovoorts.
lees ons God se woorde aan Abraham dat in hom al die volke van die aarde geseën sal word. In die Nuwe Testament word in Galasiërs 3:8 ook weer na hierdie belofte aan Abraham verwys.
Die aanslag word veral vanuit die magsindroom van die ANC gedryf, wat alle terreine van die samelewing wil politiseer en die sosiale revolusie wil deurvoer.
’n Baie aangrypende teks vind ons in Romeine 9:3 waar Paulus verklaar dat hyself bereid is om verlore te gaan, ter wille van sy volksgenote. Proff. Willie Snyman en Christie Coetzee (professore in Nuwe Testament) het ’n sterk punt daarvan gemaak dat volke/nasies in hulle gelowiges gered word, terwyl dié wat verlore gaan, soos afgekapte takke van ’n boom is (vgl. Rom. 11:17-24). Op Pinksterdag hoor mense uit baie volke die evangelie in hulle eie taal. In die nuwe Jerusalem sal ook die heerlikheid van die nasies ingedra word (Op. 21:24, 26).
Teen hierdie agtergrond het organisasies soos Solidariteit en Afriforum selfs op 5 Mei ’n krisisberaad belê waarby ook tientalle ander organisasies betrek is om strategieë te bespreek om hierdie aanslag te weerstaan.
Bybelse perspektief Die vraag is of ons as gelowige Afrikaners (en dit geld net so vir gelowiges onder ander volke) die “reg” het om ons volkskap, ons identiteit, te verdedig, beskerm en handhaaf. Dit is my oortuiging dat daar vanuit ’n Bybelse perspektief op hierdie vraag onomwonde ja geantwoord kan word. Daar behoort geen spanning te bestaan tussen Christenskap en volkskap nie. Natuur en genade is nie in spanning met mekaar nie, wel sonde en genade. Die genade van God in Jesus Christus hef nie die natuurlike verbande op nie, maar heilig dit. Totius het al gesê (met verwysing na Rut se woorde “U volk is my volk”): “Die ware vaderlandsliefde is met die godsdiens onafskeidelik verbonde” (Versamelde Werke, 7:294). In die Bybel word die volkereverskeidenheid erken en nie as sonde of in stryd met God se wil geteken nie. Ons lees in Handelinge 17:26: “Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (OAV). Reeds in Genesis 12:3 (vgl. ook 28:14)
Junie 2015 ~ DIE KERKBLAD
Op talle plekke in die Bybel word die volke opgeroep om God te loof (vgl. o.a. 1 Kron. 16:28; Ps. 22:28, 29; 45:18; 47:2; 67:4; 96:7; 117:1; Dan. 7:1; Rom. 15:11 ens.). Soos die verskeidenheid en veelkleurigheid in die plante- en dierewêreld, behoort ook die verskeidenheid van volke God se eer en heerlikheid te verkondig.
Christenskap en volkskap – ons roeping Die feit dat Christenskap en volkskap nie in spanning met mekaar is of behoort te wees nie, dien ook as ’n bepaalde kwalifikasie van ons volkskap. Totius het van die Trekkerboere gepraat as die nagverdrywers van Afrika, met die bedoeling om te sê dat hulle draers van die evangelie van die lig was, wat in ’n kontinent inbeweeg het waar die ware lig van die Woord nog nie geskyn het nie. Ons reg op voortbestaan as volk sal menslik gesproke bepaal word deur die vraag of ons ons roeping vervul – om die lig van die evangelie uit te dra en God se eer en Koninkryk te soek. Volkskap (van die Afrikanervolk en al die ander volke in Suid-Afrika en die wêreld) mag nie ten koste van ander volke en kulture gehandhaaf word nie, maar om vir ander volke tot opbou en seën te wees. As dit ons gesindheid is, mag ons ons voluit beywer vir die handhawing van die eiesoortige van ons taal, kultuur, geskiedenis, ensovoorts – tot eer van God alleen. CFCC
3
Fokus Prof. JM (Koos) Vorster (emeritus) (Potchefstroom)
Onverdraagsaamheid teen die Christelike godsdiens neem toe Die Menseregteraad van die VN (Verenigde Nasies) het onder andere die volgende doelwitte: x Besin oor die stand van menseregte regoor die wêreld x Ontbloot samelewings waar menseregte geskend word x Tree in gesprek met sulke samelewings in 'n poging om die menseregtesituasie te verbeter Die reg tot vryheid van godsdiensbeoefening en die plig van owerhede om hierdie reg van mense te beskerm en 'n sensitiwiteit daarvoor te kweek, staan baie prominent op hierdie vergadering.
D
ie International Association of Religious Freedom is by die Menseregteraad van die VN geakkrediteer as 'n nie-winsgewende burgerlike organisasie wat godsdiensvryheid wêreldwyd monitor. Hierdie organisasie doen voorleggings aan die VN oor waar hierdie reg geskend word en waar godsdiensonverdraagsaamheid plaasvind. Jaarliks word aan die VN hieroor verslag gedoen. So het dit ook in 2015 geskied. Die Spesiale Rapporteur oor godsdiensregte van die VN het in sy verslae en gepaardgaande artikels kommer uitgespreek oor die toename in godsdiensonverdraagsaamheid in baie dele van die wêreld. Hierdie onverdraagsaamheid raak alle godsdienste, maar veral die Christelike geloof.
12
Aktiewe vervolging Die aktiewe vervolging van Christene, veral in fundamentalistiese Moslemlande en gebiede waar die Sharia’ah (die Islamitiese wettebundel) beheer, staan voorop. Wat is hierdie lande se manier van vervolging? x Christene word vermoor. x Christene word uit die gebiede verdryf. Hiervan verneem ons in ons eie nuusmedia. x Kerke word verwoes. x In sommige van hierdie lande word die doodstraf, ook in bepaalde godsdienstige gebruike en rigoristies gegrond, toegepas. x Vroue word onder hierdie bedeling as totaal onderhorig geag: Sy moet haar hoof bedek as teken van onderhorigheid aan die man; Sy mag haarself nie skool en ’n beroep beoefen nie; Sy mag nie ’n motor bestuur nie; Sy kan nie geag word as ’n regspersoon nie en kan dus nie lenings aangaan of ’n besigheid begin nie; In die hof is die getuienis van twee vroue gelyk aan die getuienis van een man; Sy kan nie haar eie huwelikskeuse aangaan nie, want die huwelik word vir haar gereël; Sy word gesien as die eiendom van haar man; Vroue is ook onderwerp aan ernstige strawwe as hulle hul onderhorige posisie ondermyn. Die skending van Christene se reg tot godsdiensvryheid in sommige van hierdie lande vind ook op baie ander maniere plaas: • Kerke moet eers by die staat registreer om as ’n geloofsinstelling te funksioneer; • Toestemming word net in enkele gevalle gegee en dan met allerlei beperkings, soos dat Christelike skole nie toegelaat moet word nie; • Geen sendingwerk mag gedoen word nie;
DIE KERKBLAD ~ Junie 2015
Fokus • Geen Christelike lektuur mag versprei word nie; • Daar word toegesien dat die kerke wat wel geregistreer word, op ’n baie beperkte wyse funksioneer. Wat veral opvallend en kommerwekkend is, is die toename in godsdiensonverdraagsaamheid in die provinsie Zhejiang in China en in gedeeltes van die Ukraine wat deur die Russe oorgeneem is. ’n Streek wat bekend gestaan het as die Bible Belt van die Oekraïene, dit wil sê waar die Christelike geloof
aktief bely en beoefen is en waar 1 500 kerke en Christelikburgerlike organisasies bedrywig was, word tans baie negatief geraak. Volgens Human Rights without Frontiers se nuusbulletin is besluit dat godsdiensinstellings ook by die owerhede moet registreer. Slegs enkeles, nie eers 10 van die 1 500 nie, het toestemming verkry. Soortgelyke vorme van godsdiensvryheidskendings teen Christene vind tans in dele van Indië, Viëtnam, Saoedi-Arabië, Iran, Irak, Yemen en Sri Lanka plaas.
Ander onverdraagsaamheid
’n Skewe beeld
’n Ander vorm van onverdraagsaamheid begin vorm aanneem in die voormalige Christelike lande soos byvoorbeeld in Noord Europa. Godsdiens word al hoe meer uit die openbare na die privaat terrein gerangeer. Al hoe meer beperkings word op die openbare getuienis van christene en kerke geplaas: • In Frankryk mag godsdienstige simbole nie meer in die openbaar gedra word nie. Dit is veral gerig teen die hoofbedekking (hijab) van Moslemvroue, maar dit raak ook kruise wat deur Christene gedra word. • In Duitsland word onderwysers in openbare skole nie toegelaat om enige Christelike simboliek te vertoon, Christelike uitdrukkings te gebruik of te bevorder nie. • Die oprigting van kerktorings in nuwe woongebiede in dele van Nederland word nie meer toegelaat nie. • Die Rooms-Katolieke kerk in Engeland se sorgprogram van weeskinders is aan bande gelê omdat hulle nie kinders in die pleegsorg van gay pare wil plaas nie. Hierdie lande skuil agter ’n beleid van godsdiensregte wat die “aktiewe neutrale opsie” genoem word. Hierdie opsie beteken dat die owerheid “godsdiensneutraal” is. Alle godsdiensbeoefening word na die privaatterrein van godsdienstige instellings verskuif en godsdienswaardes word uit die openbare sfeer verwyder. Geen godsdiens mag ook in openbare skole funksioneer nie. In die ontwikkelende Noord-Europese lande is die NEOATEÏSME tans baie aktief in die bestryding van die christelike geloof. Volgens die neo-ateïsme word godsdiens in die algemeen gekoppel aan geweldpleging, skending van menseregte, onderdrukking van vroue, oorlog en allerlei ander vergrype. Die geskiedenis word graag opgehaal om aan te toon hoe daar in die verlede baie onreg in die naam van die Christelike geloof gepleeg is. Geweld in die Ou Testament word gebruik om die Christelike geloof as ’n konflikwekkende en gewelddadige rigting te brandmerk. Die positiewe dinge wat deur die invloed van die Christelike geloof tot stand gebring word, sowel as die liefdesboodskap van die Skrif soos dit deur die openbaringsgeskiedenis ontwikkel, word as van minder belang afgemaak.
Die aktiewe vervolgers van die Christelike geloof sowel as die neo-ateïsme maak dus karikature van die Christelike geloof en beveg dit dan. Moslems identifiseer die Christelike geloof met die Westerse hedonisme, materialisme en seksuele losbandigheid en hou hierdie lewenswyse as die tipiese Christelike lewenswyse voor. Daarmee regverdig hulle die vervolging van Christene. Die neo-ateïsme gebruik die geweldpleging in die Ou Testament en deur die geskiedenis in die naam van die Christelike geloof om hulle onverdraagsaamheid teen die Christelike geloof te regverdig. Mense word geleer dat die wêreld beter af sonder godsdiens sal wees. Teenoor die aktiewe neutrale opsie van godsdiensvryheid in Europa, hou die Suid-Afrikaanse grondwet die “aktiewe plurale opsie” voor. Die aktiewe plurale opsie beteken dat godsdienste die reg het om in die openbaar te funksioneer, mits dit nêrens enige dwang op mense plaas nie. Daarom kan daar nog in skole gebid word indien die beheerliggame dit voorstaan, en niemand word onder enige verpligting geplaas nie.
Christene, hoe nou gemaak?
V
ervolging van Christene is nie ’n vreemde verskynsel nie, want Jesus waarsku in Markus 13:9 daarteen. Hy roep ons op om met die verkondiging van die evangelie te volhard. Ons word egter ook vermaan om nie so te leef dat ons ons geloof onder verdenking bring en die Here deur ons lewenswyse onteer nie. Ongelukkig was daar tye in die geskiedenis waar daar in die naam van die Christelike geloof groot onreg gepleeg is. Waak daarteen om onder die vaandel van Christenskap onreg teenoor mense te pleeg; Ons moet aanhou getuig en lewe soos dit gelowiges betaam; Ons moet ook nie huiwer om op alle vlakke van die samelewing bereid te wees “om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe nie” (1 Pet. 3:15).
Junie 2015 ~ DIE KERKBLAD
13
Getuienis (Ingestuur deur prof. Amie van Wyk, Pretoria)
“God het hulle saam met Hom op reis geneem”
Hannelie Groenewald in ’n ligte oomblik. Ten spyte van die groot hartseer is haar lewensvreugde nie saam met haar gesin van haar gesteel nie. (Foto: Neels Jackson)
16
DIE KERKBLAD ~ Junie 2015
Getuienis
Einde November verlede jaar is HANNELIE GROENEWALD se gesin in Afghanistan deur Taliban-aanvallers vermoor. Sy het hulle verhaal en haar getuienis met Neels Jackson gedeel. Hannelie is in 1969 in die Geref. Kerk Kemptonpark-Noord gedoop en het ook daar belydenis van geloof afgelê. Sy het ná skool aan die Universiteit van Pretoria medies gestudeer en is met Werner Groenewald getroud, wat predikant in die NG Kerk geword het. Hulle het 12 jaar lank in Afghanistan as Christene gewerk. Hannelie se ouers, Sarel en Breggie du Plessis, is lidmate van die Geref. Kerk Wapadrant. Die ar kel het in Kerkbode van 6 Maart 2015 verskyn en is van so ’n besondere en ingrypende aard dat die redaksie van Die Kerkblad dit graag plaas.
H
ulle was nie aanvanklik sendingmense nie, sê Hannelie Groenewald. Dan vertel sy die verhaal van hoe die Here hulle daar gevat het, nader aan Hom getrek het, en saam met Hom op reis geneem het. Hoe verder jy op die reis met God gaan, hoe belangriker word sy visie en hoe minder belangrik word jou visie, vertel Hannelie. Sy vertel dat haar man, Werner, aan die begin van dié reis predikant by die NG Kerk Moreletapark was. Hy wou ’n land gehad het waarvoor hy kon bid, en in 2002 is hy op ’n korttermyn-uitreik na Pakistan. Naby die stad Peshawar was daar ’n plek waarvandaan hy ’n uitsig oor Afghanistan gehad het. Daar het hy ’n visie gekry van Afghane wat God nodig het, fisies en geestelik. As sy nou terugdink, dan sê Hannelie die Here was destyds vir haar kopkennis. Sy was lief vir die Here en wedergebore, maar op hulle reis met Hom het ’n nuwe dimensie bygekom. Sy het verander van ’n hoor-Christen na ’n doen-Christen. Ja, sy het vroeër aan lofprysing deelgeneem, die trane het geloop en sy het geweet die Heilige Gees werk in haar hart, maar toe het die Here vir haar werklik geword. Hy was nie net meer die onsigbare God nie. Dít sal sy vir niks verruil nie. En dit alles het met gehoorsaamheid gekom, met die besluit om te gaan. Sy het eers self op ’n uitreik gegaan om te sien waarheen Werner voel hy word geroep. Daar, in ’n huiskerk waar die kinders gesing het, het sy ook die roeping gekry. Sy het gevoel Afghanistan kan vir hulle ook huis wees. Hulle het geweet wat voorlê, vertel Hannelie. Dit was ’n oorlogsone. Daar was nie skole vir die kinders nie. Die lewe was veral aanvanklik baie primitief. Daar was nie ’n supermark nie. Dit het eers later gekom. Daar was nie sanitasiegeriewe nie en daar was nie elektrisiteit nie. Hulle moes water uit ’n put gaan haal. Later het dit darem beter gegaan. Hulle het ook die taal, Dari, leer praat. Hulle kon egter ’n verskil maak. Op verskillende maniere kon hulle mense leer om hulleself te help, kon hulle vir mense die spreekwoordelike visstok gee. Daar was byvoorbeeld vroue wat borduurwerk gedoen het. Sy kon dit by hulle koop en in Suid-Afrika verkoop. Sy kon hulle help om begrotings op te stel en hulle finansies te bestuur. Hulle het mense Engels geleer omdat dit soveel deure vir hulle sou oopmaak. Hulle het rekenaarklas gegee. Veral het hulle leiers opgelei om self hulle mense te gaan oplei om probleme in hulle eie gemeenskappe raak te sien
Junie 2015 ~ DIE KERKBLAD
en op te los – of dit nou oor riolering of die bestryding van malaria gegaan het. Hulle het gehelp om mense van animistiese bygelowe te bevry, mense geleer wanneer jy kliniek toe moet gaan, wanneer dokter toe en wanneer hospitaal toe. Dit was ’n liefde-haat-verhouding met die land, sê Hannelie. Aan die een kant was hulle as gesin baie gelukkig. Hulle was op mekaar aangewese en het naby mekaar geleef. Die kinders, Jean-Pierre en Rodé, het in die laaste week nog vir Hannelie gesê hulle wil nêrens anders wees nie. Vir Hannelie het dit wel gepla dat Rodé, hulle tienerdogter, soos ’n kluisenaar moes leef. Op straat het almal na haar gestaar. Vroue is niks in daardie gemeenskap nie. Hannelie self was een van net twee vroue in Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, wat bestuur het. En toe kom die aanval van die Taliban waarin Werner, Rodé en Jean-Pierre dood is. Dis nie ’n maklike ding nie, sê Hannelie, maar die Heilige Gees is haar Trooster. Sy glo die Here het haar vir ’n rede gespaar. Normaalweg sou sy op ’n Saterdag tuis wees, maar dié dag was sy nie. Sy het ’n getuienis om uit te dra. Sy aanvaar wat gebeur het en vra nie hoekom nie, sê Hannelie. As jy vashaak by hoekom, sal jy doodbloei. Sy vra liewer: Wat nou? Sy het God nog nooit verwyt nie. Maar Satan, wat haar familie kom steel het, is ’n monster, verklaar sy. Later sê sy sy vra nie hoekom nie, want sy weet hoekom dit gebeur het. Hulle moes die koste bereken voordat hulle gegaan het. Hulle het geweet dit kan gebeur. ’n Maand voor die aanval het Werner by ’n geleentheid in China nog gesê: “We die only once. It might just as well be for Christ.” Sy moes dit toe weer gehoor het, sê Hannelie. Sy weet haar mense is veilig by Christus. Dit maak dit vir haar makliker. Dit gaan daaroor of ’n mens ’n ewigheidsperspektief het of nie. As sy terugkyk op die pad waarop die Here hulle gelei het, is sy dankbaar. Sy is ’n baie ander mens as tien jaar gelede. Daarom sal sy die pad weer stap as sy weer moes kies. Daarom weet sy ook dat die Here in die toekoms sal lei – en sy sal volg. Gedurende ons hele gesprek wel die hartseer trane een keer op boontoe. Verder lag Hannelie Groenewald maklik. Haar oë blink. Want haar lyftaal beaam haar getuienis: die pyn van die verlies van haar gesin is groot, maar die vrede in Christus is soveel groter. DK
17
Van Oraloor Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)
Kerke vat opnuut hande binne die TKR Op 2 Augustus 2013 het die volgende in ’n berig in BEELD verskyn: Die drie Afrikaanse Susterskerke gaan nog ’n poging aanwend om hulle Tussenkerklike Raad (TKR) te red. Om verskeie redes is die sinvolheid en die voortbestaan van die TKR bevraagteken. Vandag kan ek, veral na die afgelope vergadering van die TKR in Kemptonpark, met groot vreugde en dankbaarheid teenoor die Here berig dat die TKR weer stewig op koers is. Vir die doeleindes van gemaklik lees word vir “kerkverbande” die woord “Kerke” gebruik, met apologie aan die Kerkregprofessor!
V.l.n.r.: Dr. Tokkie Ernst (aktuaris NGK), ds. Petrus Venter (GKSA) en dr. Hennie Goede (GKSA)
D
aar bestaan ’n besondere verhouding tussen die NG Kerk, die Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke. Hierdie verhouding het uit ’n gemeenskaplike reformatoriese herkoms, ’n gesamentlike sosio-historiese omgewing en ’n gemeenskaplike taal gegroei. Ondanks verskille wat daar wel bestaan, het die drie Kerke deur die jare op grond van ’n gemeenskaplike groeibodem ’n verhouding van geloofseenheid in Christus gehandhaaf en streef hulle steeds daarna om hierdie verhouding te verstewig.
’n Nuwe fokus vir die TKR Sedert 1958 het afgevaardigdes uit die drie Kerke gereeld in die Tussenkerklike Kommissie ontmoet. In 2004 is hierdie bande met die daarstelling van die Tussen-
28
kerklike Raad (TKR) verstewig. ’n Belangrike deel van die agenda van die TKR-vergaderings is deur die noodsaaklike krities-opbouende gesprek tussen die Kerke in beslag geneem. In die gesprek is verskille hanteer en sake wat in die pad van kerklike eenheid staan, is op die tafel geplaas. Intussen het daar, benewens die gesamentlike gesprek in die TKR, ook bilaterale gesprekke tussen die verskillende Kerke ontstaan. Dit het onder andere gelei tot ooreenkomste van samewerking tussen die NG Kerk en die Hervormde en Gereformeerde Kerke onderskeidelik. Die bilaterale gesprek tussen dié kerke word in Junie weer voortgesit. ’n Baie belangrike verwikkeling, wat geleidelik gegroei het, maar op die afgelope vergadering van die TKR formeel bevestig is, is dat die kritiesopbouende gesprek hoofsaaklik na die bilaterale ontmoetings verskuif het. Dit lei daartoe dat die TKR baie sterker positief kan fokus op terreine van samewerking, gesamentlike getuienis en die saamsnoer van gawes en kragte waar nodig. Dit het inderdaad ook op die afgelope vergadering gebeur. Ek kan inderdaad getuig van ’n
DIE KERKBLAD ~ Junie 2015
Van Oraloor vrugbare vergadering en die ernstige voorneme dat die TKR instrument sal wees tot groter koördinering van middele, gawes en kragte wat onder die drie Kerke aanwesig is. ’n Besondere uitdaging is om by plaaslike kerke en lidmate ’n bewuswording van die werksaamhede van die TKR te kweek. Daar is besluit om uit TKR-geledere elke maand ’n bydrae vir die onderskeie Kerke se maandblaaie sal stuur. Hierdie artikel is juis die eerste daarvan. DK
Kerke se eie vraagtekens
E
Samewerking verstewig
en van die vrugbare geleenthede wat al vir etlike jare tydens elke TKR-vergadering plaasvind, is die openhartige mededelings en gesprek oor aktuele sake en uitdagings binne elk van die drie Kerke. Benewens baie positiewe mededelinge oor wat in die onderskeie Kerke plaasvind, is dit so dat elk op ’n eie manier soms kontroversieel in die nuus is. x By die NG Kerk is dit die hele proses oor die aanvaarding van die Belharbelydenis as belydenisskrif. Dit is reeds duidelik dat die voorgestelde verandering van Artikel 1 van die Kerkorde om ruimte te maak vir die Belydenis van Belhar nie met die nodige tweederde-meerderheid kerkordelik sal plaasvind nie. Die uitkoms raak die verhouding met die ander familiekerke, in besonder die VGKSA. x Afgevaardigdes van die Hervormde Kerk het berig dat die afskeiding van ’n aantal gemeentes finaal blyk te wees. Die afgeskeide gemeentes het hulle georganiseer in die Bond van Onafhanklike Hervormde Gemeentes en is besig met die opstel van ’n eie kerkorde. x Dit blyk dat die besluit van die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke dat ’n verkleinde Spesiale Sinode later vanjaar sal vergader oor die saak van die vrou in die besondere dienste, uit sommige oorde die wind van voor kry. Twee Klassisse het reeds beswaarskrifte teen die daarstel van so ’n Spesiale Sinode goedgekeur. Die huidige verwikkelinge by die Noordwes-Universiteit is ook vir die kerke ’n bron van kommer.
B
En uitroeptekens …
nering van die kerk in gemeentelike, rings- en algemene verband. Egtheid en spiritualiteit is hoog op die agenda. x Vanuit die geledere van die GKSA is gemeld dat daar met die afgelope Algemene Sinode blyke was van ’n ernstige poging om binne die verskeidenheid wat tussen kerke bestaan, tog mekaar se hande vas te hou en die eenheid te koester. Die positiewe besluite wat geneem is ten opsigte van ’n Omkeerstrategie wat nou deur Deputate vir Kerkgroei verder begelei word, is ’n besondere ligpunt.
D
aar is ook getuienis gelewer oor etlike positiewe gebeure en verwikkelinge binne die onderskeie Ker-
ke. x Dit gaan besonder goed met die NG Kerk se welsynswerk, en groot projekte word goed ondersteun. Die besondere uitdagings ten opsigte van jeugbediening word positief aangespreek en groot getalle jongmense is by die jongste inisiatiewe betrokke. x Die Hervormde Kerk is in ’n positiewe proses van heropbou. Daar word indringend gekyk na die funksio-
Junie 2015 ~ DIE KERKBLAD
x x
x
x
x
x
x
x
esluite tot verstewiging van bestaande samewerking op verskeie terreine is geneem. ’n Eietydse vertaling van die Belydenisskrifte sal verskerpte gesamentlike aandag kry. By al drie Kerke is daar ’n hernude bewussyn van die missionale karakter van kerkwees. Vordering en besluite op dié gebied sal met mekaar gedeel word. In 2017 is dit Reformasie 500. Die drie Kerke sal benewens samewerking met meer Reformatoriese kerke binne die Gereformeerde Konvent, ook as drie kerkverbande binne die TKR ’n eie bydrae tot die 500-jaarfeesvieringe wil lewer. Meer gesamentlike verklarings tussen die drie Kerke, veral openbare getuienisse, word in die vooruitsig gestel. Die deputategroepe wat binne elke kerkverband hiermee belas is, sal met mekaar in kontak gebring word. ’n Verdere poging gaan aangewend word om die Afrikaanse Protestantse Kerk by die werksaamhede van die TKR te betrek. Een terrein waarop samewerking baie suksesvol is, is dié van buitelandse bediening. Die kommissie wat daarmee belas is, funksioneer goed en verskeie aksies word gesamentlik onderneem. Opdrag is aan die Interimkomitee van die TKR gegee om ’n groter gesprek met die Afrikaner- en Afrikaanssprekende gemeenskap oor die plek en rol van godsdiens en kerk in die groter Suider Afrikaanse gemeenskap te fasiliteer. Die Kerke word versoek om mekaar uit te nooi by verskillende geleenthede waar daar oor jeugwerk en kategese gepraat word. Bestaande les- en toerustingsmateriaal sal tot mekaar se beskikking gestel word.
29