Die kerkblad junie 2016 lusmaker

Page 1


Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann

JAARGANG 118, NO. 3302 JUNIE 2016

In hierdie uitgawe

Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.

Junie 2016 ~ DIE KERKBLAD

2

VAN DIE REDAKTEUR Die pyn en tragedie van selfmoord

se rol gaan groter word 16 Selfmoord en die gesin 18 Duitsland as sendingland

4

UIT DIE WOORD Nie krag of geweld nie ... maar God se Gees

BESINNING 20 Nuwe begin

6

REDAKSIONEEL Ware bekering: eenmaal en elke dag

8

BRANDPUNT Die Boanerges-sindroom

FOKUS 10 Beginsels vir Gereformeerde Skrifverklaring 12 “Zuma must fall” – Moet die kerk saamsing? 14 Die gemeenskapsektor

ANDER 22 Kerke in Klassis PretoriaMoot 25 Teologiese student voltooi sy studies 26 BOEKBESPREKINGS 30 BRIEWE VAN ONS LESERS 32 Personalia / Wel en Wee 33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 34 Kleinadvertensies

1


Uit die Woord

Ds. NW (Nico) Ligthelm (emeritus, GK Pretoria-Alkantrant

Nie krag of geweld nie ... maar God se Gees 4

DIE KERKBLAD ~ Junie 2016


Uit die Woord

Lees: Teks:

Sagaria 4 Sagaria 4:6b

D

it is ongeveer Februarie 519 vC – die 24ste dag van die 11de maand, die maand Sebat, volgens Sagaria 1:7. In hierdie nag openbaar die Here Homself aan die jong profeet Sagaria.

profeet Sagaria waarskynlik bewoë gestaan het by die sien van hierdie gesig. Die tempel is in puin – 70 jaar gelede verwoes – en die kandelaar is deur die heidene gebuit. God se lig is gedoof. Die sonde het van die lig duisternis gemaak. Dan sien Sagaria dít: ’n kandelaar … simbool van God se lig in sy tempel. God se belofte is waar: God se genade-lig kom in die lewe van sy kinders daar waar berou oor sonde is, en waar bekering is.

God se lig sal altyd bly skyn Hy staan in hierdie Godsopenbaring by die puinhope van die tempel in ’n vervalle Jerusalem. Enkele jare terug het die volk van God uit ballingskap teruggekeer … en slegs enkele maande tevore het die herstel van die tempel begin, maar alles lyk maar droewig en teleurstellend. Die volk is moedeloos en God stuur sy profeet Sagaria tot troos.

Dis die Here wat sorg Dis nie waar dat die perd die oorwinning gee of dat sy groot krag redding bring nie … nee, dis die Here wat sorg (Ps. 33:17, 18a). Hierdie is ook die kern van die vyfde naggesig van Sagaria. In hierdie naggesig sien die profeet ’n kandelaar … heeltemal van goud! En die kandelaar in die tempel is beeld van lig, God se lig in God se huis. Hierdie kandelaar het sewe tuite en sewe lamppitte (vs 2). Die hoëpriester moet elke dag opnuut olie ingooi sodat die lig van die kandelaar kan skyn.

Let mooi op hoe werk hierdie kandelaar wat die profeet sien. Naas die kandelaar staan twee olyfbome (vs 3) – een regs en een links van die oliebak. En aan hierdie olyfbome hang olieryke olywe waaruit olie in twee goue pypies neerdrup (vs 12). Sien u … mensehande giet nie meer olie in die kandelaar nie. Nee! Dit is ’n Godswonder dat hierdie kandelaar altyd brand en bly brand, omdat die kandelaar sy olie vanaf die olyfbome kry. Die simboliek is duidelik: God se lig sal altyd bly skyn in die lewe van sy kinders. Nooit sal iemand dit weer uitdoof nie. Daarvoor het Jesus Christus gesorg. Toe Hy gesterf het en uit die dood opgestaan het, het Hy ewig lig in die harte en lewens van sy kinders gebring. Toe kom God se Gees en oorvloei en inspireer en bevrug elke Godskind. Só sal die lig van God se liefde en genade elke dag in u en my lewe skyn. Christus sê mos in Johannes 8:12 dat Hy die Lig vir die wêreld is. Só sien Sagaria alreeds Jesus Christus, wie se lig in elkeen brand wat waarlik glo. God doen dit nie deur krag of geweld nie, maar deur sy Gees. Alle menslike prestasies laat jou in die steek, met krag en geweld bereik jy niks nie. Selfs met krag of geweld kan die hemelpoorte nie ontsluit word nie, ook nie deur selfdoen of goeie werke nie, maar alleen deur God se Gees.

Alleen deur God se Gees Geen mensehand by die kandelaar van Sagaria 4 nie. Genade … alles net genade! Dit bly ’n Godswonder dat elkeen van ons wat glo, in die Lig van Jesus Christus se liefde en genade kan lewe.

’n Mens stel jou voor dat die

In hierdie benoude tye waarin ons leef – tye van geweld en kragvertoon, in knap oomblikke waar jy so maklik moedeloos kan word, in eng kanale van siekte of dood, van teleurstellings, vrees en angs – in sulke tye skenk God sy Heilige Gees om by jou te wees en jou te troos en te bemoedig. Genadiglik nie deur krag of geweld nie, maar alleen deur God se Gees! DK

Junie 2016 ~ DIE KERKBLAD

5

Die simboliek is aangrypend: In God se nabyheid is lig … altyd lig!


Brandpunt Prof. PH (Rikus) Fick (Teologiese Skool Potchefstroom)

Die Boanergessindroom O

ns lees in Lukas 9 dat Jesus, toe sy tyd nader gekom het om sy werk op aarde af te handel, “vasbeslote” die reis na Jerusalem aangepak het. Hy het boodskappers voor Hom uitgestuur wat in ’n dorp van die Samaritane aangekom het om daar vir Hom verblyf te reël. Die inwoners wou Hom egter nie ontvang nie. Toe Jakobus en Johannes dit sien, het hulle vir Jesus gesê: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?” Jesus het hulle egter baie skerp tereggewys en later na hulle verwys as “Boanerges” – manne van die donder. Dit is bekend dat daar nie goeie verhoudings

8

tussen die Jode en die Samaritane was nie. Een van die groot oorsake van hierdie troebel verhouding was die feit dat die Samaritane geglo het dat nie die tempel in Jerusalem nie, maar die berg Gerisim die aanbiddingsentrum moes wees. Daar word juis in bogenoemde verhaal genoem dat die Samaritane verblyf geweier het toe hulle hoor dat Jesus en sy geselskap op pad was na Jerusalem. Jakobus en Johannes se afkeer teenoor die Samaritane kan as ’n feit aanvaar word. Hulle wrewel is vererger deur die feit dat die Samaritane die Here Jesus so behandel. Hulle sin vir geregtigheid het só ver gegaan dat hulle onmiddellike vergelding wou hê. Die straf moes dadelik plaasvind, en dit moet

DIE KERKBLAD ~ Junie 2016


Brandpunt

die ergste vorm van straf wees wat daar is – vuur uit die hemel, soos wat met Sodom en Gomorra gebeur het; vuur “uit die hemel” wat op God se straf en oordeel dui.

Ook in ons samelewing As ons dit vanuit ons eie 21ste-eeuse perspektief lees, klink dit inderdaad baie ekstreem. Tog is hierdie soort houding baie lewendig in baie van ons. Kom ons noem dit maar die “Boanerges-sindroom”. As ons mooi daaroor nadink, sal ons agterkom dat ons ons ook in ’n samelewing bevind waar daar baie onreg plaasvind. Die korrupsie wat in die hoogste vlak van ons regeringskringe plaasvind, is algemeen bekend. Hoeveel keer sê jy vir jouself: “Dit is my belastinggeld wat so gesteel en vermors word.” Die kwessie oor tenderbedrog is ’n verdere saak van groot ongelukkigheid. Mense wat op onregmatige manier tenders kry, het baie keer nie die vermoë of die kundigheid om die werk na behore te doen nie, en dan kry hulle boonop heeltemal te veel geld om die werk te doen. Wanneer jy aansoek doen vir werk en iemand wat hoegenaamd nie die kwalifikasies of die vaardigheid het om die werk te doen nie, kry die pos bloot omdat hy/sy vriende of familie van die “baas” is, dan ontstel dit ’n mens baie. ’n Mens kan uiteraard nog baie sulke gevalle noem: plaasmoorde, wreedaardige verkragting van vrouens en kinders, magsmisbruik …

Mentaliteit van selfsug Dink egter mooi daaroor: Hoeveel keer het jy al soos Jakobus en Johannes verlang dat daar NOU reg en geregtigheid moet geskied? Hoeveel keer het jy nie gewens dat die Here NOU moet straf en NOU jou saak moet behartig nie? Hoeveel keer het jy nie gewens dat die Here Jesus maar liewer NOU moet kom sodat die oordeel kan plaasvind en diegene wat soveel onreg pleeg, hulle regmatige straf ontvang en daar ’n einde kan kom aan al die geweld, konflik en onderduimsheid wat soveel mense se lewens verongeluk nie?

Junie 2016 ~ DIE KERKBLAD

Wat die saak nog moeiliker maak, is die feit dat ons in ’n gemeenskap leef waar die onmiddellike bevrediging van die mens se behoeftes en verlangens wyd en syd in advertensies verkondig word. Kyk en luister maar daarna; daar word in geen onduidelike taal nie vir jou gesê dat die produk wat geadverteer word, onmiddellik in jou behoeftes gaan voorsien en jy word volkome tevredenheid gewaarborg. Hierdie soort advertensiestrategie kweek by die mens ’n mentaliteit van selfsug en onmiddellike bevrediging. As dit jou ingesteldheid is, gaan jy sukkel om die lewe te hanteer. Jy gaan gedurig probeer om enige ongemak, probleem of onreg onmiddellik te probeer elimineer.

Vrug van lankmoedigheid en volharding Ons lees dat die Here Jesus sy twee dissipels skerp aangespreek het oor hulle houding. Dit was nog nie die tyd vir oordeel nie. Daar was nog genadetyd vir die Samaritane oor. Ons moet ’n ander ingesteldheid hê wat weet dat God vir ons verlangens en begeertes voorsiening gemaak het. Daardie voorsiening is sy eie Seun Jesus Christus, ons Here, ons Bruidegom wat aan die kom is. Ons moet met geduld en volharding wag. Al sy beloftes sal waar word. Hy sal met mag en heerlikheid kom. Hy sal alle onreg wreek en Hy sal met alle kwaad en alle kwaadstokers afreken. Hy is op pad en Hy is vinnig op pad, maar ons moet weet dat Hy nie sal kom voordat dit die regte tyd is nie. Die Here sê vir ons in Jakobus 5:7-8: “Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.” Die Heilige Gees wat ons hieraan herinner, gee ook aan ons die vrug van lankmoedigheid en volharding. DK

9


Fokus Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)

“Zuma must fall” Moet die kerk saamsing? T

oe die redakteur my gevra het om oor hierdie saak te skryf, was dit letterlik wat hulle in rugby ’n “hospital pass” noem … maak nie saak wat jy met die bal maak nie, jy gaan gelak word! Natuurlik wil ek graag saamsing in die koor van Zuma must fall. Net so seker weet ek dat so ’n val die beste vir die land sal wees. Maar … kan die kerk so ’n standpunt inneem in sy openbare getuienis teenoor die owerheid? Kan die kerk in vandag se bestel die hand wees vir die skrif aan die muur wat vir Belsasar geskryf het: God het die jare van u koningskap getel en daaraan ’n einde gemaak? Of minstens die Daniël wat die handskrif uitlê?

Die kerk se getuienis teenoor die owerheid Kerke en kerklike vergaderings het die roeping om teenoor die owerheid te getuig. Daar bestaan geen meningsverskil nie. Van onderdane word in Romeine 13 die nodige ontsag vir die owerheid as instelling van God vereis. Juis omdat die owerheid ’n dienaar van God is, moet hy aan sy Godgegewe taak herinner word. Die tema van die Koninkryk van God wat regdeur die Bybel loop, veronderstel dat God se wil vir alle sfere van die samelewing verkondig moet word. Ons Kerkorde stel dit in Artikel 28 as die plig van die kerklike vergaderings om korrespondensie met die owerheid te onderhou om die nodige medewerking van die owerheid te verkry en in voorkomende gevalle as kerk van Christus voor die owerheid te getuig.

12

Die getuienis moet ’n profetiese karakter dra, gegrond op die norme en eis van die Skrif. Dit vereis waar nodig morele en religieuse aanklagte. Oorsake vir afval in die samelewing moet geïdentifiseer en sterk veroordeel word. Die godgegewe opdrag om so te regeer dat ons ’n rustige en stil lewe in ware Godsvrug mag lei, moet vreesloos verkondig word. Dit behels ook ’n etiese getuienis oor begrippe soos geregtigheid, versoening, eerbaarheid, integriteit, roeping en verantwoordbaarheid, en ’n duidelike aanspreek van ’n betrokke owerheid of leier waar hierdie beginsels in regering, plaaslik of nasionaal, vermink word. Kerke het afgespreek om getuienis teenoor die sentrale owerheid aan sinodale deputate op te dra. Dit vervang egter nie die verantwoordelikheid van plaaslike kerke, lidmate en predikante om, veral op plaaslike vlak, die lig van Gods Woord op gebeure in ons land te laat val nie.

Die kerk as instrument tot verandering Net soos in die geval van pastorale getuienis teenoor ’n lidmaat, is die doel van die openbare getuienis van die kerk teenoor die owerheid ook om verandering te weeg te bring. Verandering van optrede en beleid, maar indien nodig ook verandering van regering. Dit sou die geval wees by volgehoue magsmisbruik, selfverryking, roepingsversaking en selfs onvermoë van ’n regering of staatshoof. Hier is ’n definitiewe onderskeid egter nodig:

DIE KERKBLAD ~ Junie 2016


Fokus

¾ Op die politieke terrein word sodanige verandering primêr by die stembus bewerk, met politieke partye as die agente. ¾ Op die maatskaplike terrein word verandering deur maatskaplike mobilisering, openbare druk, agitasie en die daarstelling van alternatiewe maatskaplike instellings afgedwing. Hier speel ’n gesonde burgerlike samelewing ’n deurslaggewende rol. ¾ Op die kerklike terrein word verandering by uitstek deur getuienis bewerk, deur die beginsels en eise van Gods Woord vir ordelike effektiewe regering te verkondig. Dit geskied na buite in openbare getuienis, maar ook na binne deur Skrifgetroue prediking en pastoraat.

Die kerk deel van die burgerlike samelewing? Is die kerk dan nie deel van die burgerlike samelewing nie? Natuurlik. Ook een van die bes georganiseerde instellings van die burgerlike samelewing. Op elke enkele Sondag vergader meer mense in Gereformeerde eredienste as wat enige politieke party in ’n stadion kan bymekaar maak. Dit onderstreep ook die belang van plaaslike getuienis en toerusting van ons lidmate om in die lig van die Skrif hulle politieke en burgerlike verantwoordelikheid na te kom. Dit maak egter ook van die kerk ’n handige instrument om vir politieke mobilisering te misbruik. Maar, so belangrik: Die kerk is meer as net ’n orgaan van die burgerlike samelewing. Die kerk het sy eie, unieke bestaansreg en –plig. Die kerk is deel van, maar tog vreemd aan, die gewone maatskaplike bestel. Nie gedienstig of selfs aan enige party of ander burgerlike instelling verbind nie.

Twee rooi ligte Dit alles bring ons by twee rooi ligte vir die kerk in haar openbare getuienis:

wels in die verlede was die kerk soos die Jack Russell-hondjie voor die grammofoonbeuel in die bekende “His Master’s Voice”-logo. Dit het in Suid-Afrika gebeur onder die apartheidsbestel, sowel as gedurende en ná die bevrydingstryd. Die onafhanklike kritiese getuienis is vir politiekgedienstige napratery ingeruil. Die kerk se getuienis volg dan die openbare beleid en die lig van die Woord van God word prakties in die openbare domein uitgedoof. ¾ Die ander rooi lig is egter net so gevaarlik: “The People’s Voice” – Dit gebeur wanneer die kerk ’n naprater en in praktyk gewoonlik die agterryer word van die heersende openbare stroom en populêre gevoel. Die ou slagspreuk van “Vox populi vox Dei” (die stem van die volk is die stem van God) is ongelukkig nie waar nie. Al te dikwels gebeur dit dat sodra die openbare gety begin draai en die momentum van die gety toeneem, die kerk ook op die populêre wa klim, gewoonlik ’n rukkie ná die media en ander meningsvormers.

Zuma must fall … sing ons saam? As ek al die lyne bymekaartrek, is my antwoord: Laat die kerk waarlik kerk wees in haar getuienis en in haar deelname in die openbare sfeer. Dit beteken objektiewe, vreeslose getuienis. Ook die direkte Jy is die man. Gemeet aan die Skrifbeginsels en eise vir ’n regeringsleier, is Zuma ontrou as dienaar van God en kan vir hom gesê word: Bekeer jou of bedank. Maar om gewoon deel van ’n “Zuma must fall”-veldtog te wees, daarvoor moet kerklike vergaderings of deputate hulle nie laat mobiliseer nie. DK

Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. – Romeine 13:1, 2

¾ Die eerste rooi lig: “His Master’s Voice” – Dik-

Junie 2016 ~ DIE KERKBLAD

13


Besinning

Venita de Kock (Krokodilrivier)

Die beelde van son, see en sand ... Die klanke van pragtige Kersliedere ... Die kleure van ontploffende vuurwerke teen die aandlug ... Die geure van heerlike braaivleisvure ...

M

et hierdie herinneringe nog in ons geheue het die “nuwe jaar” reeds gevorder tot in sy sesde maand. As dinge bietjie taai gaan, klou ons nogal krampagtig aan hierdie herinneringe vas in ’n poging om die realiteit te ontvlug. Met die “nuwe” jaar kom egter “nuwe” dinge, “nuwe” geleenthede, “nuwe” uitdagings ... Maar wat is die betekenis van die woord “nuut”?

20

Iets wat nog nie tevore bestaan of ontdek is nie As ek na die eerste betekenisbeskrywing van die woord “nuut” kyk, wonder ek oor die eerste dae van die heelal. Kan ons ons indink hoe nuut en vars alles moes gewees het? Die eerste sonopkoms met ’n kleurespel wat nog nooit gesien is nie. Die heel eerste volmaan wat sy melkerige lig oor die aarde gestuur het. Die brose groen van die nuwe blaartjies. Die heel eerste klein bokkie wat gebore is. Die eerste voëltjie wat sy maatjie geroep het. Om te dink dat daar geen voetspore vantevore op die seestrand afgedruk was nie. Om te dink dat geen graaf ’n sooi grond omgespit het nie. En dan: Daar is geen aaklige swart rook die

DIE KERKBLAD ~ Junie 2016


Besinning

atmosfeer ingestuur nie; daar was geen plastieksakke wat teen doringbome aangewaai het nie; die water in die strome was onbesoedel deur chemiese middels en plastiekbottels. Dink net hoe mooi moes Adam en Eva gewees het. Hulle gesigsuitdrukkings het sekerlik die verwondering met wat hulle om hulle gesien het, weerspieël. Daar was geen frons van woede of plooie van bekommernis op hulle gesigte nie. Hulle oë was helder en oop, sonder die waaksaamheid van wantroue of die pyn van seerkry. Tot daardie ongelukkige dag en die verbode vrug ... Alles was toe heel en vars en NUUT!

Iets wat reeds bestaan, maar nou vir die eerste keer beleef of ervaar word My eerste en enigste tweejarige kleinseun se ervarings is vir hom grootliks nuut. Dinge waaroor grootmense nonchalant en blasé optree, vervul hom met groot opgewondenheid. Die ry miertjies wat oor die plaveisel stap, hou hom vir baie lank besig. Hy neem dit waar met ’n konsentrasie wat geen detail verlore laat gaan nie. Dink net watter prosesse gaan deur daardie jong breintjie as hy die ry klein goggatjies dophou. Hoe ervaar hy ’n nuwe smaak soos byvoorbeeld ’n mango of drop of biltong? Waaraan het hy nog nooit geproe nie? Daar is nog baie beelde en smake en geluide en teksture en reuke wat vir hom voorlê. Nou is die vraag: Hoe begelei ons grootmense sulke kindertjies op hierdie ontdekkingstog van die lewe? Moedig ons hulle waagmoed binne perke aan of maak ons hulle bang met elke ding wat oor hulle pad kom? Gee ons hulle die versekering dat ons as hulle beskermers altyd daar sal wees as hulle op hierdie avontuur van die lewe gaan? Versterk ons die ondersoekende gees of inhibeer ons hulle pogings tot ondersoek? 2 Timoteus 1:7 herinner ons daaraan dat ons nie ’n gees van lafhartigheid ontvang het nie, maar een van krag en liefde en selfbeheersing. So moet ons ook hierdie ondersoekende verstandjies begelei.

wenis van die nuwe lewensavontuur van so ’n jong kind? Vir my is dit ongelooflik om alles weer saam met hom te beleef asof vir die eerste keer. Ek probeer met sy oë kyk, met sy ore hoor, met sy vingertjies voel. Saam met hom word selfs die mees alledaagse ervaring weer splinternuut vir my.

Iets wat ek op ’n nuwe wyse benader Hoe benader ons dinge waaraan ons gewoond geraak het? Soos ons verhouding met ons Here? Soos ons verhouding met ons lewensmaat? Soos die verhouding met ons kinders of vriende? As ons onsself kinders van die lewende God en navolgers van Jesus Christus noem, moet ons elke dag as ’n nuwe geleentheid sien. Ons moet alles wat ons aanpak met ’n vars benadering uitvoer. Ons moet mense met nuwe oë bekyk. Paulus skryf in sy brief aan die Efesiërs: “Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskape is”(Ef. 4:23, 24). Met die leiding van die Heilige Gees kan ons onsself as lewende en heilige offers aanbied, omdat God ons denke vernuwe (Rom. 12:2). Kom ons bejeën 2016 met vars oë, met ’n nuwe ingesteldheid teenoor alle mense, met ’n opgewonde benadering van uitdagings en met ’n positiewe kyk na alles wat om ons gebeur. Dit vra geen wonderlike insig om die negatiewe in verskillende situasies raak te sien nie. Die negatiewe spring ons gewoonlik onderstebo in elke situasie. Die uitdaging lê juis daarin om die positiewe kant van elke mens of situasie te kan raaksien. “Nuut” en “begin” is twee terme wat hand aan hand loop. Ons loop baie maal die verkeerde koers en begin dan om ’n nuwe koers in te slaan. Dus, om iets nuuts aan te pak, hou meestal in dat daar weer begin word. En dit is die ongelooflike van ons geloof in Jesus Christus wat sê: “ Kyk Ek maak alles nuut” (Op. 21:5) en net daarna beskryf Johannes die nuwe Jerusalem in al sy skoonheid. Dink net: Op die nuwe aarde en in die nuwe Jerusalem sal ons ook eerste en nuwe dinge kan beleef soos wat Adam en Eva in die tuin van Eden ervaar het!! DK

Hoe reageer ons grootmense teenoor die bele-

Junie 2016 ~ DIE KERKBLAD

21


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.