Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
16 1 Die lewe ná die dood (1) 18 1 “Die” of “ons” Here Jesus?
JAARGANG 118 118, NO NO. 3299 MAART 2016 (Victoria-watervalle)
2 VAN DIE REDAKTEUR Sinodebesluit geen grond vir skeuring of verdeeldheid nie 4 UIT DIE WOORD “Meer preke, asseblief!” 6 REDAKSIONEEL Wat beteken roeping? 8 BRANDPUNT Skuldige gewete? FOKUS 10 Hoe belangrik is die Koninkryk van God in ons lewe? (3) 12 Die Kuratore en die verhouding tussen die GKSA en die NWU 14 Die NWU-Puk se vorentoepad
ANDER A 20 2 Werk van sendelinge in die kollig 22 2 Emeritusgedenklesing en -erkenningsfunksie 23 2 Die wegstuur van die vreemde vroue 24 2 Fakulteit Teologie NWU – groot gradeoes vir 2015! IN DANKBARE HERINNERING 28 Prof. EJ (Rassie) Smit) 30 BRIEWE VAN ONS LESERS 32 Personalia / Wel en Wee 33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 34 Kleinadvertensies
Van die redakteur
Sinodebesluit geen grond vir skeuring of verdeeldheid nie D
it is nou reeds goed bekend dat die Buitengewone Algemene Sinode van die GKSA (12-16 Januarie) die besluite van Sinodes 2003 en 2009 oor die vrou in die besondere dienste gehandhaaf het. Dit beteken dat vrouelidmate steeds tot die diens van diaken toegelaat word, maar nie tot die diens van ouderling of predikant nie.
Reaksie en implikasies Dit is te verwagte dat die Sinodebesluite, nadat die saak vir ongeveer 30 jaar op verskillende maniere ter tafel was (beskrywingspunte, studierapporte, beswaarskrifte) nie sonder rimpeling en implikasies deel van die geskiedenis sal word nie. Daar is die lidmate en gemeentes wat rustig en tevrede sal wees met die besluite wat geneem is en wat beteken dat niks sedert 2003 en 2009 verander het nie. Daar is ook lidmate en gemeentes wat ontsteld is en steeds beswaard voel. Dit blyk nie net uit reaksie in die openbare media nie. Daar is ook gemeentes wat op gemeentevergaderings die saak van die vroue in die besondere dienste wil bespreek. Die opsie word blykbaar selfs oorweeg om op “independentistiese” (onafhanklike) wyse voort te gaan om vroue ten minste as ouderlinge te bevestig. Die implikasie van so ’n besluit sou kon wees dat spanning tussen gemeentes in klassisverband (en wyer) kan ontstaan, en dat vroue-ouderlinge in ’n verleentheid kan kom. ’n Wesenlike vraag sou by-
2
voorbeeld wees of ’n gemeente vroue-ouderlinge na meerdere vergaderings kan afvaardig. Op hierdie wyse kom daar spanning tussen die besluit van die betrokke kerkraad en die besluite van die Algemene Sinode. In die kerkreg van ons kerke ken ons ook nie iets soos die “ratifikasiereg”, wat beteken dat kerke, ná afhandeling van ’n sinode, in ’n aparte proses eers weer besin of hulle die besluite aanvaar al dan nie, behalwe as hulle ’n beswaarskrif na ’n volgende sinode oorweeg.
Geen grond vir skeuring of verdeeldheid nie Ons sou veel meer kon sê oor moontlike implikasies van die besluit. Die standpunt wat ek in hierdie artikel egter baie sterk wil stel, is dat die sinodebesluit geen grond gee vir skeuring of verdere verdeeldheid nie. Ek sou ook dieselfde standpunt verdedig het as die besluit anders sou val en vroue tot al die dienste toegelaat sou word. Die rede vir hierdie standpunt is dat die saak van die posisie van die vrou as sodanig nie ’n belydenissaak is nie. Die kwessie van verskille in standpunt oor die vrou in die besondere dienste lê dus nie op die vlak van die leer (dogma) van die kerk nie. Dit raak nie die kernwaarhede van die Skrif nie. Dit raak eerder die eksegetiese (die werklike verstaan en uitleg van tekste) en hermeneutiese aspekte (beginsels vir die verstaan en uitleg van tekste). Ons belydenisskrifte
DIE KERKBLAD ~ Maart 2016
Van die redakteur
is formulerings van die kernwaarhede van die Skrif (die capita doctrinae – hoofwaarhede). Dit is sake soos die Godsleer, insluitende die leer oor die Drieeenheid, die twee nature van Christus, sy maagdelike geboorte, soendood, liggaamlike opstanding, die sakramentsleer, die uitverkiesingsleer, die leer oor die kerk en die voleinding, ensovoorts. Wie sou daaraan dink om die saak van die vrou op een lyn met hierdie sake te stel? In ons kerke is selfs nie ’n saak soos die duisendjarige vrederyk (chiliasme) grond vir ’n skeuring nie, omdat dit nie die wese van die verlossingsleer raak nie. Daar mag slegs afskeiding van ’n kerkgemeenskap wees waar daar ná ernstige en langdurige vermanings en oproepe tot bekering, volharding is op die pad van dwaalleer, waardeur die eienskappe en merktekens van die kerk in die gedrang kom (vgl. ons Nederlandse Geloofsbelydenis, Art. 28).
mekaar in die GKSA deur God se genade het, en die Bybelse opdrag om die eenheid te bewaar, moet vir ons absoluut kosbaar wees in ons tyd. Ons mag voor die Here mekaar nie los nie. Hoe gaan ons dan nou vorentoe ná die sinodebesluit? In terme van Artikel 46 van ons Kerkorde kan die saak van die vrou in die dienste van predikant en ouderling slegs weer op die agenda van die Algemene Sinode kom as daar betekenisvolle en grondige argumente en bewyse vanuit die Skrif as nuwe materiaal op die tafel gebring word. Tog mag die saak nie in die doofpot gegooi word nie. Daarvoor is die saak te belangrik, soos ook blyk uit die feit dat soveel Gereformeerde kerke (ook ander kerke soos die Anglikaanse en Rooms-Katolieke Kerke) wêreldwyd daarmee besig is (hoewel dit nie met die leer van
die saligheid te doen het nie, soos hierbo aangetoon is). Die studie en gesprekke op ander platforms as die sinode moet dus op ’n liefdevolle, broederlike, Skriftuurlik-Gereformeerde wyse voortgaan. Saam (let wel, nie teenoor mekaar nie) moet ons biddend-afhanklik na God se Woord bly luister en die welwese van sy kerk soek, ook saam met ons geloofsgenote oor die wêreld. Mag God op sy tyd aan ons volle duidelikheid gee. Daar is ook talle manslidmate (die oorgrote meerderheid) wat nie in die besondere dienste staan nie. Nie een van hulle kan egter in die liggaam van Christus gemis word nie (1 Kor. 12). Net so is daar wesenlike aspekte van ons kerkwees waar die gawes van ons vrouelidmate eenvoudig onmisbaar is. Laat ons dit voluit tot eer van ons Bruidegom benut en gebruik. CFCC
Sulke voorbeelde vind ons in die geskiedenis in die Hervorming van die 16de eeu en in die 19de eeu in die herstigtings van gereformeerde kerke, bv. in die RSA (GKSA), in Nederland, Skotland en die VSA.
Die pad vorentoe Die geloofseenheid wat ons met
Maart 2016 ~ DIE KERKBLAD
3
Fokus Dr. DG (Douw) Breed (Waterkloofrand)
Die Kuratore en die verhouding tussen die GKSA en die NWU Die Redaksie het ’n brief ontvang van br. Albie de Villiers van Bloemfontein, waarin hy gevra het waarom die Totiusbeeld van die Potchefstroomkampus van die NWU verskuif is. In die Februarie 2016uitgawe van Die Kerkblad het br. Giel Erasmus (Eiendomskommissie van die Admin Buro) en sr. Ami du Toit (registrateur van die TSP) daarop geantwoord. Br. De Villiers het ook vrae gehad oor die bevoegdheid van die Kuratore ten opsigte van die NWU, die Fakulteit Teologie en die GKSA. Dr. Douw Breed (voorsitter van die Kuratore van die GKSA) antwoord in hierdie artikel op br. De Villiers se vrae. – Redaksie
12
Terug te spoor tot 1869 Mens sou die verhouding tussen die GKSA en die NWU tot 1869 kon terugspoor. Ons weet immers dat, toe die GKSA in Mei 1869 besluit het om ’n Teologiese Skool tot stand te bring, daar reeds sprake was dat studente wat ander beroepe wou volg, ook opgelei moes word.
’n
Hierdie gedagte is verder gevoer toe daar in 1876 besluit is om, naas die Teologiese Skool, ook met ’n eie literariese departement te begin. Die verdere geskiedenis sedert 1876 getuig dat die latere PU vir CHO uit die Teologiese Skool gegroei het. Die feit dat daar in 2004 deur samesmelting ’n universiteit met die naam Noordwes-Universiteit tot stand gekom het, het nie die band wat die GKSA met die Universiteit gehad het, tot niet gemaak nie. Sedert 2004 werk sowel die GKSA as die NWU met groot toewyding op verskeie terreine saam – in besonder met betrekking tot die opleiding van teologiese studente.
Uitdruklike opdrag: Handhaaf ’n gesonde verhouding met die NWU! In die verhouding tussen die NWU en die GKSA is die Kuratore die amptelike verteenwoordigers van die kerke. Hierdie Kuratore word elke keer in die jaar voorafgaande aan ’n Algemene Sinode deur die onderskeie Streeksinodes verkies en het vir die opvolgende drie jaar die verantwoordelikheid om beheer en toesig uit te oefen oor die diens van opleiding wat deur professore aan die Teologiese Skool (TSP) verrig word, asook die toesig oor die teologiese studente. As deel van hulle taak het die Kuratore die uitdruklike opdrag om gesonde verhoudinge met die NWU te handhaaf.
Erkenning van die kerke en die NWU se selfstandigheid Om ’n gesonde verhouding met die NWU te handhaaf, is dit belangrik dat
DIE KERKBLAD ~ Maart 2016
Fokus
die Kuratore en die NWU sal sorg dat die selfstandigheid van sowel die kerke as die NWU nie in hulle samewerking in gedrang gebring word nie. Al werk hulle ten nouste saam, is die Universiteit nie ’n kerk nie en is die TSP of die GKSA nie ’n Universiteit nie.
Is gesonde samewerking met ’n universiteit moontlik? In die lig van die selfstandigheid van sowel die kerke as die Universiteit is dit ’n vraag of die noue samewerking tussen die GKSA en die NWU werklik wenslik is. ’n Mens sou ’n hele reeks voordele kon opnoem wat hierdie samewerking vir die kerke en vir die Universiteit inhou. ’n Baie groot voordeel vir die kerke is byvoorbeeld dat die NWU, anders as die kerke of die TSP, die bevoegdheid het om grade toe te ken. Dit is daarom moontlik dat die teologiese studente van die GKSA vir hulle studies aan die TSP terselfdertyd ook akademiese erkenning vanaf die NWU kan ontvang. Gesonde samewerking met die NWU is ook juis moontlik vanweë die grondslag van die NWU se Fakulteit Teologie. Die Kuratore mag in die samewerking met die NWU op die volgende reken: “Die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit stel homself op ’n Reformatoriese grondslag. Hiermee erken hy sy historiese bande met die Reformasie van die 16de en 17de eeue, asook met die TSP van die GKSA en die PU vir CHO in die tydperk van 1869 tot 2004. Die Reformatoriese grondslag van die Fakulteit sluit in die erkenning dat die geskrewe Woord van God, die Bybel, onder die inspirasie van die Heilige Gees ontstaan het, en dat dit gesagvol is” (vgl. die webblad van die Fakulteit).
Samewerking: professore, teologiese studente en leerplanne Volgens die ooreenkoms met die NWU kan die kerke selfstandig predikante beroep (kragtens Artikels 2 en 18 van die Kerkorde) om as professore aan die TSP die opleiding van predikante te behartig. Hoewel die selfstandigheid van die kerke in die beroeping gehandhaaf word, werk die Kuratore en die NWU in hierdie opsig saam. Die Kuratore en die Universiteit moet byvoorbeeld ooreenstem oor die getal professore wat nodig is vir teologiese opleiding. Die Kuratore, die Senaat van die TSP en die NWU se Fakulteit Teologie werk ook saam in die opstel van ’n pospro el vir die bepaalde pos waarvoor iemand beroep moet word. Nadat die kerke ’n predikant volgens Artikels 2 en 18 van die Kerkorde beroep en as professor aan die TSP bevestig het, word hy volgens die vereistes van die NWU as dosent van die Universiteit deur die Universiteit benoem.
beskikking van die Universiteit gestel vir opleiding van alle teologiese studente van die NWU. Die kerke en die NWU is elk 50% verantwoordelik vir die traktering/ salaris van die professor. Wanneer die NWU in die aanbieding van Teologie, naas die beroepe professore, ander dosente benodig, pleeg die NWU ook hieroor met die Kuratore oorleg. In die toesig van die Kuratore oor die teologiese studente van die TSP moet die Kuratore in ag neem dat hierdie studente terselfdertyd ook studente van die NWU is. Die studente moet ten volle aan die akademiese vereistes van die NWU voldoen, en hulle is – soos enige ander student van die NWU – geregtig op alle voorregte van die NWU, byvoorbeeld die gebruik van die biblioteke. Die Senaat van die TSP en die Kuratore het ook geleentheid om insette te lewer ten opsigte van leerplanne vir die teologiese studie. Via die Fakulteit Teologie maak die TSP se Senaat en die Kuratore aan die NWU se Senaat aanbevelings in dié verband. Terwyl ons in Suid-Afrika groot veranderings in die hoër onderwys beleef, is die GKSA dankbaar vir ’n verhouding met die Universiteit wat al vele toetse deurstaan het. Dit is egter belangrik dat ons in ons gebede sal vra vir wysheid aan die Kuratore sodat die gesonde verhouding tussen die GKSA en die NWU in die saam-bestuur van die veranderings steeds sal gedy. DK
Die diens van die bevestigde professor word deur die kerke ook tot
Maart 2016 ~ DIE KERKBLAD
13
Fokus Prof. Fika J van Rensburg (Teologiese Skool Potchefstroom)
Die NWU-Puk se vorentoepad Die Kerkbladredaksie het vir prof. Fika J van Rensburg, professor in Nuwe Testament aan die Teologiese Skool in Potchefstroom en tans ook rektor van die NWU-Puk vir 2016, gevra om sy siening te gee van die pad hierdie jaar en vorentoe vir die NWUPuk. – Redaksie
Diep wortels en sterk ankers eur God se genade het die NWU-Puk ’n roemryke geskiedenis, en het ons diep wortels, geoefende knieë, vêrkyk-oë – en ’n ervare en begaafde bestuurspan. Hierdie diep wortels maak dat ons Universiteit al verskeie regerings en politieke bedelings oorleef het, en gee die vertroue dat ook die huidige winde van verandering dié inrigting nie sal omwaai nie, maar eerder sterker die nuwe bedeling sal laat ingaan.
D
2016 is ’n migrasie-jaar Die jaar 2016 is vir die NWU ’n unieke migrasiejaar – die jaar waarin ons vanaf ons huidige bestuurstruktuur migreer na die bestuurstruktuur soos in November 2015 op aanbeveling van die Senaat deur ons Raad goedgekeur. Verandering is opwindend, en as mens van goed na nóg beter verander, is dié verandering ook ’n vreugde en maak dit baie energie los. Ek sien dit as my taak om hierdie migrasieproses só te bestuur dat ons al die sterktes van die NWU-Puk wat hom gebring het waar hy is, ook in die nuwe bedeling behou om dit verder te kan uitbou.
Die nuwe NWU-bestuurstruktuur vanaf 2017 Binne die huidige model is elke kampus (Ma keng, Potchefstroom en Vanderbijlpark) ’n sake-eenheid. Elk het eie fakulteite, dekane, viserektore en ’n kampusrektor. Die dekane rapporteer via die viserektore aan die kam-
14
pusrektor. Slegs die kampusrektor rapporteer aan die visekanselier, wat hoof is oor al drie kampusse. Binne die nuwe model sal elke kampus steeds ’n afsonderlike sake-eenheid wees. Die akademiese struktuur sal egter anders lyk: daar sal vir elke breë vakgebied slegs een akademiese fakulteit oor al drie kampusse heen wees (vir bv. Natuurwetenskappe) met ’n enkele uitvoerende dekaan en fakulteitshoofde op elke kampus. Dié fakulteitshoofde sal nie aan die kampusbestuurshoof nie, maar aan die betrokke uitvoerende dekaan rapporteer. Hierdie dekane rapporteer aan twee adjunkvisekanseliers (Onderrigleer & Navorsing), wat op hulle beurt aan die visekanselier rapporteer. Die groot taak vir 2016 is om nuwe akademiese strukture en postitels te naliseer. Nog ’n kwessie waarvan die besonderhede nog bepaal moet word, is hoe die nuwe struktuur die funksionering van ondersteuningsdienste, spesialisdienste en die studentelewe (onder meer die samestelling van studenterade) gaan raak.
Institusionele Bestuur Prof. Dan Kgwadi is die Visekanselier, en op elk van die drie kampusse is vir 2016 ’n kampusrektor. Op die Vaaldriehoekkampus is dit prof. Linda du Plessis en op die Ma kengkampus prof. Mashudu Maselesele. Ons drie kampusrektore en prof. Dan Kgwadi het geledere gesluit. Die druk wat daar van buite en binne ons
DIE KERKBLAD ~ Maart 2016
Fokus
Universiteit is, hanteer ons ferm, pro-aktief en volgens ons beleid en waardes. Daar is onderlinge vertroue en óóp, gemaklike kommunikasie. x Getalle en herkoms van ons voorgraadse studente Die Potchefstroomkampus het vanjaar ongeveer 21 500 kontak-studente (waarvan ongeveer 4 600 eerstejaars is, en waarvan 70% Afrikaans as eerstetaal aandui), en meer as 36 000 op die afstandsprogram. Dit gee ’n totaal van meer as 57 000 studente. Van die kontakstudente is ongeveer 30% swart. Dit is opmerklik dat die NWU-Puk nié ’n streeksuniversiteit is nie. Slegs 23% van ons studente kom uit Noordwes, soos die volgende tabel van ons 2016-eerstejaarsinname wys:
x
x
loop en universiteitsvergaderings by te woon om te weet hier is nie rassisme nie. Waar daar wel duidelik rassisme sou kop uitsteek, word dit ferm hanteer. Ons unieke eie “studentiteit”: ’n Op en wakker, lekker en polsende studentelewe, waardeur ’n tweede huis – weg van die ouerhuis – geskep word. Die feit dat ons nie toegelaat het dat ons ’n enkel-taalkampus word nie. Ons is toegewy om die status wat Afrikaans as wetenskapstaal het, te behou, verder te ontwikkel en om saam te werk dat Setswana verder tot wetenskapstaal ontwikkel. Die feit dat ons ’n veilige en stabiele kampus het.
Diép-kyk, róndom-kyk en vêr-kyk Op dié vorentoepad wil ons aanhou diép kyk en nie sommer oppervlakkig ongeldige a eidings maak nie! Ons wil aanhou róndom kyk, en nie eenogig en eenvlakkig één stukkie waarheid of werklikheid verabsoluteer nie! Ons wil – terwyl ons vêr terugkyk – aanhou vêr kyk vorentoe, en só die vermoë ontwikkel om die uitdagings van die hede te pak as geleenthede om ’n selfs beter toekoms te skep.
Ons navorsing wys dat daar, benewens die kwaliteit van ons akademiese programme, spesi eke eienskappe is wat die NWU-Puk die voorkeur-universiteit vir studente en hulle ouers maak: x x x
x
Die feit dat ons ’n waarde- en beginselgedrewe universiteit is. Die geroepenheid wat uit personeel en studente straal. Die feit dat ons transformasie omarm, en wel as ’n voortdurende ré-formasie! Vir ons is dit nié politieke gedienstigheid nie, nié om maar net te verander nie, maar ons toets onsself deurentyd aan die beginsels wat universeel as tersaaklik beskou word, en ons verander dáárheen! Ons omarm diversiteit en interkulturaliteit, en sal die rasse-kaart ons nie om die nek laat hang nie! Hier heers ’n natuurlike en ontspanne atmosfeer. ’n Mens hoef maar net op kampus te
Maart 2016 ~ DIE KERKBLAD
Só wil ons meewerk dat die opklimmende prestasiegra eke van die afgelope paar jaar ook vorentoe hulle klimtrajek behou! Só sal die NWU ’n internasionaalerkende universiteit in Afrika wees, bekend vir sy wetenskapsbeoefening wat regtig by die samelewing betrokke is en oplossings vir ons uitdagings bied, terwyl ons nooit ons omgeekarakter verloor nie.
Afhanklik van God se seën Op ons knieë – bewus van ons diép wortels en met ons oë gerig op die gewaarborgde ewigheidstoekoms – wil ons meewerk dat die bedeling wat in 2017 begin, niks laat verlore gaan wat die NWU se Potchefstroomkampus maak wat hy is nie! Met die biddende lewensleuse “slaaf van Christus, tot jou diens” en met die Bybel as norm hierin, is die laaste strofe van ons Universiteitslied my hartsgebed: Bless us, oh Lord Seën ons, o Heer O re tshegofatse Morena! DK
15