Die kerkblad mei 2016 lusmaker

Page 1


Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.) Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522. Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.

Mei 2016 ~ DIE KERKBLAD

JAARGANG 118, 118 NO. NO 3301 MEI 2016

In hierdie uitgawe 2 VAN DIE REDAKTEUR Pinkster en die wonder van die geloof 4 UIT DIE WOORD “Moenie bang wees nie!” 6 REDAKSIONEEL Hemelvaart, Pinkster en ons gebedsroeping 8 BRANDPUNT Hoe lees en verstaan ek die Bybel? FOKUS 10 Hellevaart tot Hemelvaart 12 Hemelvaart: Wat van die aarde? 14 Die Gees en die

gelowige – gawe en eis 16 Pinkster en die kerk – Is ons Geesvervuld? 18 Die impak van die Christendom (2) ANDER 20 By die plek van min water ... is daar rus 23 Kerke langs die Krokodilrivier IN DANKBARE HERINNERING 26 Prof. FW (Fritz) de Wet 28 Personalia / Wel en Wee 29 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 30 Kleinadvertensies

1


Van die redakteur

Pinkster

en die wonder van die geloof O

ns dink in hierdie dae spesifiek aan die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. Dit was die vrug van die voltooide verlossingswerk van Christus deur sy kruis en opstanding, en het tien dae ná sy hemelvaart plaasgevind (vgl. o.a. Joh. 14:16-18; 16:7). Die Gees het gekom om juis die verlossingswerk van Christus in ons lewens toe te pas. Ons bely in Sondag 20 van die Heidelbergse Kategismus “dat Hy ook aan my gegee is sodat Hy my deur ’n ware geloof aan Christus en al sy weldade deel laat kry, my troos en ewig by my bly”.

2

Die Gees gee aan ons sy vrug (Gal. 5:22) en ook sy gawes (vgl. o.a. 1 Kor. 12:4-11). Van al die gawes van die Gees is die geloof die grootste en die wonderlikste (Calvyn). Deur te glo, het ons die ewige lewe (Joh. 20:31). Dink daaraan: Watter groter gawe kan jy in jou lewe ontvang as om te kan sê “Ek glo in Jesus Christus as my Verlosser”?

Dwaling van die Pentekostalisme Dit is op die punt van hierdie lewensbelangrike

DIE KERKBLAD ~ Mei 2016


Van die redakteur

saak dat die paaie tussen ons en die Pentekostalisme (Pinkstergroepe en hulle teologie) baie skerp uitmekaar gaan (behalwe die ander wesenlike aspekte van die leer waarin hulle dwaal). Vir hulle is die grootste gawe die sogenaamde “Doop met die Gees” en die gepaardgaande spreek in tale. En wat die geloof betref, sien hulle dit as die werk van die mens en nie as die gawe van die Gees nie.

Die mens se betrokkenheid

Waar kom die ware geloof vandaan?

So is die geloof die hand waarmee ons die verlossing ontvang. Anders gestel: Dit is die hand waarmee die drenkeling sy/haar Lewensredder (Verlosser) omhels nadat Hy hom/haar gered het.

Hierteenoor leer die Skrif in die duidelikste taal dat die ware geloof die onweerstaanbare werk van die Heilige Gees is. Ons kan met twee tekste volstaan: ¾ Eerstens lees ons in Efesiërs 2:8, 9: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Die Pentekostaliste probeer hierdie teks “wegverklaar” deur ’n baie vreemde en onaanvaarbare eksegese.) ¾ Die tweede teks is 1 Korintiërs 12:8, 9a: “Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees …” En dan lees ons in vers 11: “Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.”

Hoe gee die Gees die geloof? In Romeine 10:14-17 word dit baie duidelik verkondig dat die Heilige Gees die geloof werk deur die verkondiging van die evangelie, deur geroepe en gestuurde predikers. Daarom bely ons in v/a 65 van die Heidelbergse Kategismus in antwoord op die vraag waar die geloof vandaan kom: “Die Heilige Gees werk dit in ons harte deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die heilige sakramente.” Sonder prediking kan daar geen sprake van ware geloof wees nie.

Mei 2016 ~ DIE KERKBLAD

Natuurlik is die mens in dit alles nie onbetrokke nie. Die gawe van die geloof is deel van die hele proses (heilsorde) waarin die Gees die uitverkiesing laat realiseer. Hy roep (vgl. Die Kerkblad Maart 2016), Hy wederbaar (Die Kerkblad April 2016), Hy skenk die geloof deur die verkondiging van die evangelie. Die mens word juis deur die evangelie geroep om te glo (vgl. Hand. 8:37; 16:31).

Aktualiteit Daar is in ons tyd soveel strominge en standpunte oor godsdiens en geloof. Ons en ons kinders en jongmense word deur die media aan alles blootgestel. Ons geloof word van soveel kante bedreig en aangeval. Die ware, saligmakende geloof moet baie duidelik onderskei word van die valse geloof (alle nieChristelike en antichristelike gelowe) en van tydgeloof, wondergeloof, ensovoorts (vgl. die gelykenis van die saaier, Matt. 13). Ware geloof daarenteen is ’n diepgewortelde kennis en aanvaarding van alles wat in die Bybel staan (ook Bileam se donkie wat praat, en Jona in die vis) en ’n kinderlike, onwrikbare vertroue wat die Heilige Gees deur dieselfde evangelie in my hart werk dat die verlossing van Christus ook my deel is (vgl. HK v/a 21). Geloof is dus ’n absolute sekerheid op grond van ’n deurleefde kennis van die Woord. Ons moet die plantjie van ons geloof meer as ooit voed en koester, ook in die lewens van ons kinders. So sal ons en hulle die stormwinde van die eindtyd oorleef. CFCC

3


Fokus Ds. JJ (Koos) Cloete (Hermanus)

Hemelvaart: Wat van die aarde? Die krisisvraag: Word ons weeskinders as Jesus weggaan? Vir elke gelowige is dit belangrik om te weet: Wat word van God se kinders wat in ’n vyandige wêreld agterbly as Jesus terugkeer na sy Vader toe? Kom ons kyk in ons soeke na ’n antwoord na twee Skrifgedeeltes: Johannes 14-17 en Openbaring 4, 5.

Die rykdom van Jesus se geestelike testament (Joh. 14-17)

T

oe Jesus teen die einde van Johannes 13, ná die instelling van die Nagmaal, ronduit aangekondig het dat die uur van sy weggaan nie langer uitgestel kan word nie, was die vraag brandend in die harte van sy dissipels: “Beteken dit dat ons as weeskinders in ’n vyandige wêreld agtergelaat word?” Omdat Jesus die onuitgesproke vraag van sy dissipels geken het, antwoord Hy in die vier hoofstukke van sy “geestelike testament” (Joh. 14-17) met ’n duidelike “nee!” Hoofstuk 14 is iets van ’n “neutedop-hoofstuk” waarin ons voortgesette en verdiepte eenheid met die Drie-enige God kortliks uitgespel word: x x x

Met die Vader: “In die huis van my Vader is daar baie wonings” (vs. 2). Met die Seun: “Sodat julle ook kan wees waar Ek is” (vs. 3). Met die Heilige Gees: “’n Ander Trooster ... om by julle te bly tot in ewigheid” (vs. 16).

In die volgende drie hoofstukke word telkens ’n hele hoofstuk afgestaan om gelowiges se eenheid

12

met die Seun (hfst. 15), die Heilige Gees (hfst. 16) en die Vader (hfst. 17) te beskryf. In al vier hierdie magtige redevoeringe sê Jesus in antwoord op die onuitgesproke kwelvraag van die dissipels: Natuurlik laat Ek julle nie as wese agter nie. Kyk net hoe maak Vader, Seun en Heilige Gees met julle persoonlike bemoeienis!

Kyk nou na Jesus se hemelvaart uit hemelse perspektief! (Op. 4, 5) Ná sy oorwinning oor die duiwel en die dood, en kort voor sy hemelvaart, het Jesus aan sy dissipels gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde” (Matt. 28:18). Toe Johannes tydens sy verblyf op Patmos “deur die Gees meegevoer is” (Op. 1:10), kon hy in hoofstukke 4 en 5 namens ons almal sien hoe Jesus ná sy hemelvaart hierdie mag tasbaar uit die hand van die Vader ontvang het. Let daarop hoe álles in hierdie visioen in gerigtheid op die TROON staan. Die troon van God staan in die middelpunt ... nie net van die hemel nie, maar van die ganse heelal! Voor die troon staan die Heilige Gees in die simboliek van die sewe brandende fakkels. En almal wat verder in groterwordende kon-

DIE KERKBLAD ~ Mei 2016


Fokus sentriese sirkels rondom die troon staan, het alleen maar ten doel om die heerlikheid, die eer en die glorie van die troon te onderstreep!

oorwinning het Hy vir Homself die reg verdien om Skrif-vervullend x x

Wie is waardig om die boekrol te neem? By die aanhef van hoofstuk 5 is daar skielik ’n wending in die visioen waardeur die ganse skare se aandag vasgegryp word. In die regterhand van die Vader op die troon sien Johannes die boekrol van God se Raad ... “van binne en buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël”.

te gaan sit aan die Regterhand van die Vader, en die inhoud van die boekrol in werking te stel.

Van hierdie oomblik af is dit die troon van God én van die Lam (Op. 22:1)! Dit is Christus se beloning; en dit is ons gerusstelling.

Jy is geen slagoffer nie Ons het begrip vir Johannes se trane in vers 4. Die feit dat daar aanvanklik niemand in die hemel of op die aarde gevind kon word wat waardig is om die boekrol oop te maak nie, het immers radikaalingrypende implikasies gehad! Nie alleen het die inhoud van die boek daarmee verborge gebly nie, maar bo alles kon die inhoud daarvan ook nie in werking gestel word nie. Juis dan kom die bevrydende woord egter uit die mond van ’n ouderling: “Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin ...!” (5:5). Dit is die woord waarin alles saamtrek: “Jesus het oorwin!” Deur hierdie

Mei 2016 ~ DIE KERKBLAD

Met hierdie visioen van Johannes styf teen jou hart vasgedruk, is dit onmoontlik om aan jouself te dink as ’n weeskind. Hy het dit Sélf gesê: “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan” (Joh. 16:7). Maak daarom seker dat jou fokus op die TROON in die hemel is. Want eers dan ... as jy sien hoe Jesus die ratte van die geskiedenis in jóú belang laat draai, sal daar ’n onversteurbare vrede in jou hart kom lê. Jy sal in staat wees om met geloofsekerheid hierdie blye woord met almal rondom jou te deel: dat die bestemming van die ganse heelal veilig rus in die deurboorde hande van Hom wat gereed staan om as Bruidegom en Regter na hierdie wêreld toe terug te keer! DK

13


Van Oraloor Dr. DJ (Danie) de Kock (Krokodilrivier)

Kerke langs die Krokodilrivier Die kontrei

D

ie Jukskei- en Hennopsrivier maak die reënwater van die teerstrate van die Witwatersrand en Pretoria bymekaar en dit loop dan op verskillende plekke in die Krokodilrivier. Hierdie rivier is die voedingsbron van die Hartbeespoortdam en die Roodekopjesdam verder noord. Dan kom die Elands- en Pienaarsrivier by en saam vorm hierdie wateraar die vrugbare vallei van die Krokodilrivier.

Beginjare in die Krokodilriviervallei Ten tye van die stigting van die Geref. Kerk Rustenburg in 1859 het daar oor ’n groot gebied noord van die Magaliesberg al langs die Krokodilrivier ’n klompie Gereformeerde lidmate op afgeleë plase gewoon. Hulle was verspreid vanaf die huidige Soutpansdrift, so 10 kilometer noord van Brits, verby Beestekraal tot in die Bosveld anderkant Thabazimbi en Matlabas. Volgens ds. Dirk Postma se dagboek het hy op 24 Februarie 1858, skaars 15 dae ná die stigting, vanaf Rustenburg saam met ’n aantal kerkraadslede, lidmate langs die Krokodilrivier gaan besoek wat by die Gereformeerde Kerk wou aansluit. Van 2527 Februarie het hy in die omgewing gepreek en Nagmaal bedien, asook 20 kinders en een volwassene gedoop. 12 lidmate het belydenis van geloof afgelê en nog verskeie ander het by die nuutgestigte kerk aangesluit. Na ’n volgende besoek in Augustus verder noord in hierdie gebied, skryf ds. Postma die volgende in sy dagboek: “’n Mens is hier by die verste witmense. Dit is die eerste keer dat daar op hierdie plase ’n predikant gesien word. Alhoewel ’n mens op hierdie reis baie deur leeus gepla kan word, het ons deur

Mei 2016 ~ DIE KERKBLAD

God se bewarende goedheid nie een opgemerk nie” (vertaal). Vir etlike jare het noordwes van Pretoria slegs twee uitgestrekte wyke bestaan. Die boere van die omgewing was pioniers ná die Groot Trek, verspreidwonend, getalsgewys min en boonop verarm en verneder na die Anglo-Boereoorlog. Ds. DN Kotzé, vir jare lank konsulent, vertel by geleentheid hoe onherbergsaam die gebied in die beginjare was. ’n Hollandse skoolmeester, ene Jan Kamp, het hom kort na sy aankoms in die land by die Boeremagte aangesluit. Hulle moes die Krokodilrivier te perd by Soutpansdrift oorsteek. Oorkant die rivier, op pad na Beestekraal, besluit hulle om eers te rus. Jan Kamp klim styf en seer van sy perd af, gooi sy saalsak op die grond, kyk verkennend oor die omgewing met sy tweespoorpaadjie en ruie bosse. Hy sug hardop: “Wat hebben wij hier tog een Godverlate satansparadys.” Natuurlik was die bediening van die Woord onder sulke omstandighede sporadies en sekerlik ook gebrekkig. Daar het egter algaande ’n behoefte aan ’n eie gemeente ontstaan. Op 20 Oktober 1911 kom afgevaardigdes van Rustenburg en Pretoria byeen onder voorsitterskap van ds. LP Vorster van Rustenburg. Daar word besluit dat twee wyke van Rustenburg – Soutpansdrift en Beestekraal – en een wyk van Pretoria – Roodekopjes – die nuwe gemeente, genaamd Krokodilrivier, sou vorm. Op 28 Oktober word die gemeente aan huis van JanAdriaan du Plessis gestig en die eerste ouderlinge en diakens word bevestig. Op die “Generale Sinode” van 1917 word

23


Van Oraloor

Die Krokodilrivier by Soutpansdrift

Intensiewe groenteboerdery in die Krokodilriviervallei

Damwal van die Hartbeespoortdam

Die Kransberge in Sanpark Marakele by Thabazimbi

Die kerkgebou van Matlabas (foto: Gustav Opperman)

24

DIE KERKBLAD ~ Mei 2016


Van Oraloor Matlabas se aansoek om afstigting goedgekeur. Daar word toe ook aanbeveel dat Krokodilrivier, wat nog steeds nie ’n eie predikant gehad het nie, saam met Matlabas ’n predikant moes beroep. Die predikant sou op Soutpansdrift woon en Matlabas sou help bydra vir ’n pastorie. Op 10 Julie 1918 word prop. ELJ Venter as predikant beroep en kort daarna bevestig. Reeds so gou as 13 Maart 1919 kondig ds. Venter aan dat hy ’n beroep na Aliwal-Noord aanvaar het. Vir die volgende dekade sou die gemeente weereens deur konsulente bedien word. Byna 12 jaar later word prop. PGW Snyman op 23 Januarie 1931 beroep. Dit was ’n goeie voorwaartse stap, want hierna het die gemeente vinniger begin groei en verskeie gemeentes is in die jare hierna afgestig.

Hoe lyk dit deesdae in hierdie kontrei? Tans bestaan Klassis Krokodilrivier uit sewe gemeentes waarvan elkeen se oorsprong min of meer na die nederige begin op Soutpansdrift teruggevoer kan word. Die huidige gemeentes is: Krokodilrivier, Matlabas, Hartbeespoort, Brits, Elandskraal, Thabazimbi en Brits-Wes. Daar was ook nog Drieviersboom (1938-2008) en Beestekraal (1957-2004). As gevolg van die ontvolking van die platteland het dié twee gemeentes onderskeidelik met Thabazimbi en Krokodilrivier saamgesmelt. Van die gemeentes in die Klassis is by die uitdra van die evangelie na ander gemeenskappe betrokke. Plaaswerkers word met die Woord bedien en daar is kleuterskole

Mei 2016 ~ DIE KERKBLAD

vir plaaswerkers se kinders opgerig. Daar word uitgereik om arm gemeenskappe soos Sonop naby Brits asook blanke plakkerskampe in die Hartbeespoort-omgewing op te hef. Tronkbediening kry ook aandag by die Losperfontein-gevangenis naby Brits. Die afgelope jaar of twee kry myngemeenskappe in die omgewing baie swaar as gevolg van stakings, afleggings en swakker pryse vir metale wat gemyn word. Dit lei gevolglik weer tot verhuising van lidmate asook verarming van die inwoners. Dit plaas uiteraard addisionele druk op gemeentes om hierdie noodlydendes by te staan.

“Geaardhede” van die verskillende gemeentes x KROKODILRIVIER se lidmate kom uit ’n boerderygemeenskap van graan- en groenteboere wat onder kontrak vir groot afdelingswinkels en verspreiders groente kweek. Daar is egter ook jonger mense wat verkies om hulle kinders in die platteland op te voed en wat dan daagliks ry om in Pretoria en Johannesburg te gaan werk. x BRITS se gemeente bestaan uit dorpsmense, maar sluit ook ’n aantal boere in. Hierdie gemeente het die uitsonderlike gegewe dat in die amper 80 jaar van die gemeente se bestaan, hulle deur nog net drie predikante bedien is, naamlik ds. PW van der Walt (1938-1969), ds. HG Kruger (1969-1992) en tans ds. NJ van der Walt (1982-). x HARTBEESPOORT lê eintlik in ’n gebied wat as vakansie- of uitspanplek bekendstaan. Daar woon ook heelwat lidmate wat daagliks pendel om op ander plekke te gaan werk. In hulle onmiddellike omgewing het wit plakkerskampe ontstaan wat gulde geleenthede skep vir barmhartigheidsdiens, maar tesame ook baie sosiale en bestaansproblematiek meebring. x MATLABAS is ’n regte Bosveldgemeente met groter plase en wildsboerdery. In ligter luim kan genoem word dat ’n klassissitting daar gepaardgaan met die braai van stewige stukke beesvleis ná die vergadering. Ouderlinge is dus taamlik geneë om afgevaardig te word! x BRITS-WES bevind hulle tans in moeilike omstandighede in oorlewing as gemeente. Hulle maak tans van emeriti gebruik om Sondae die Woord te verkondig. x ELANDSKRAAL bevind hulle midde-in die mynkrisis met Marikana binne die gemeentegrense. As gevolg van die afleggings by die myne is daar besondere uitdagings wat die hoof gebied moet word. x THABAZIMBI is nog ’n gemeente wat tans ernstig deur die mynprobleme geraak word. Die uithaal van die ystererts wat vir so baie jare daar gedoen is, het nou so duur geword dat die myn gaan sluit. Dit is egter steeds ’n lewenskragtige omgewing met wildsplase en –parke.

Die toekomspad Die gemeentes in hierdie Klassis is wyd uiteenlopend, elkeen met eie uitdagings. Dit is egter ’n groot vertroosting om te weet dat die gemeentes, terwyl hulle by die tyd byhou, ook onwrikbaar staan by die waarhede van die Skrif, en poog om missionêr hulle roeping uit te leef. DK

25


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.