Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.)
DISKUSSIE 16 Missio Dei – aard(e) verskuiwing? 18 Is lewenskwessies middelmatige kwessies? 20 Knuppel in die kerkhok – Die leë wieg
Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann
GESKIEDENIS 22 Rabbo Pasch – vreeslose, joviale reus? A ANDER JAARGANG 118, NO. 3296 NOVEMBER 2015
Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie
2 Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522.
4
24 Finalejaar teologiese studente 2015
VAN DIE REDAKTEUR
IN DANKBARE HERINNERING
NG Sinode se besluite raak
27 Ds. Lourens Daniel Aucamp
verhouding met die GKSA
28 Luiperdliefde
direk
30 Ds. Gideon du Plessis
UIT DIE WOORD
31 Briewe van ons lesers
... dan sal die heiligdom in sy
32 Personalia / Wel en Wee
regte staat herstel word
33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf 34 Kleinadvertensies
6
REDAKSIONEEL Wat beteken “onweerstaanbare genade”?
8
BRANDPUNT Die veranderende tydsgees
FOKUS 10 Bybelse eskatologie (11)
Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
12 Geloofsgroei (slot) 14 Die Afrikaanse kerke in die
November 2015 ~ DIE KERKBLAD
Tweede Wêreldoorlog (slot)
1
Van die redakteur
“Ja vir gays, sê kerk.” So lui die hoofopskrif in Beeld van 9 Oktober 2015. Die Algemene Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk het op 8 Oktober besluit dat gay predikante hulle seksualiteit nou in burgerlike verbintenisse mag uitleef én hulle beroep as predikante mag beoefen. Gay persone mag ook as ouderlinge en diakens dien, en predikante mag voortaan gay paartjies trou. 2
DIE KERKBLAD ~ November 2015
Van die redakteur
Gronde vir dié besluit? et die skryf van hierdie artikel (9 Oktober) was die amptelike redaksie van die besluit van die NG Sinode nie tot ons beskikking nie. Uit die koerantberig is dit geensins duidelik wat die motivering of begronding vir die besluit is nie. In ’n volgende uitgawe van Die Kerkblad mag dus verdere kommentaar gelewer word, ook oor die ander opsienbarende besluit deur die Sinode dat streeksinodes voortaan die “belydenis” van Belhar in hulle belydenisgrondslag mag opneem. Wat op hierdie stadium wel gesê kan (en moet) word, is dat dit van ’n kerk in die Gereformeerde tradisie, soos die NG Kerk, verwag kan word om baie duidelike Skrifgronde vir so ’n ingrypende besluit aan te dui.
M
Verhouding tussen die GKSA en NGK Verder is dit ons insiens sonder meer duidelik dat die besluite van die NG Kerk die verhouding met die GKSA direk raak en waarskynlik voor die grootste toets bring sedert die herstigting van die GKSA in 1859. Die besluit van die NG Sinode is onder andere geneem op voorstel van die Kuratorium van die Teologiese Kweekskool van Stellenbosch. Volgens ander koerantberigte ondersteun ook die kweekskole van Bloemfontein en Pretoria hierdie standpunt heelhartig. Hierdie saak mag dus ook verreikende implikasies inhou vir die verhouding tussen die Teologiese Skool Potchefstroom en die opleidingsentra vir predikante van die NG Kerk.
Ooreenkoms tussen die NG Kerk en die GKSA Die Algemene Sinode van die GKSA het in Januarie vanjaar ’n ooreenkoms met die NG Kerk goedgekeur waarin die verhouding tussen die twee kerkgemeenskappe sowel as die funksionering daarvan duidelik geformuleer word. Ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die GKSA se Deputate Ekumenies Binnelands, het by navraag aan Die Kerkblad gesê: “Die besluit gaan ongetwyfeld ons verhoudinge met die NG Kerk onder groot spanning plaas. Ons sou baie graag, op grond van ons ooreengekome memorandum, met ons broeders en susters in die NG Kerk wou praat in die aanloop tot die besluit. In die memorandum wat die verhoudinge tussen ons kerke uitspel, het ons immers onderneem dat die eenheid tussen ons kerke sigbaar sal word deur (onder andere) ‘gesamentlike studies oor etiese kwessies’. Dit het nie gebeur nie. Ons het as deputate die opdrag om ‘voort te gaan met bilaterale gesprekvoering met
November 2015 ~ DIE KERKBLAD
die NGK’. Ons sal met die uitvoering van die opdrag voortgaan. In die memorandum het ons onderneem om ‘binne die raamwerk van die Gereformeerde belydenis en kerkregering met mekaar verskille wat die belydenis in die gedrang bring, aan te spreek’. Ek is van oordeel dat die besluit van die NG Kerk se Algemene Sinode so ’n verskil daarstel, en ek voorsien dat die saak hoog op die agenda van ons volgende bilaterale gesprek sal wees.” Tot sover ds. Aucamp. In die voorgenome gesprek sal myns insiens onder andere die volgende sake indringend deurgepraat moet word: Skrifbeskouing en Skrifgebruik; die binding aan ons gemeenskaplike belydenis; sondebegrip; kerklike tug; opvattings oor die huwelik; huidige reëlings in verband met kanselruil. Die uitkoms van hierdie gesprek sal bepaal of ’n sinvolle verhouding tussen die twee kerkgemeenskappe nog moontlik is.
Standpunt van die GKSA In die gesprek sal die deputate van die GKSA vanselfsprekend uitgaan van die standpunt wat deur die Sinode van die GKSA in 2003 geformuleer is (Acta, p. 751/2): “Die Gereformeerde Kerke neem sterk standpunt in teen alle vorme van buite-egtelike en homoseksuele omgang. God se Woord wys die monogame huwelik tussen ’n man en ’n vrou aan as die grense waarbinne die Godgegewe seksualiteit beoefen moet word. Gelowiges en alle mense word daartoe opgeroep om almal binne die kerk en samelewing met liefde en bewoënheid, deur woord en voorbeeld, op te roep tot ’n heilige en God-erende uitlewing van die seksuele lewe. In Jesus Christus is daar (soos met enige ander sonde) verlossing vir persone wat buite-egtelike en homoseksuele praktyke beoefen het. Deur die krag van God se Heilige Gees kom daar berou en is ’n heilige lewe moontlik. Persone met homoseksuele neigings moet soos alle ander mense met die nodige pastorale bewoënheid hanteer en toegerus word om ook ten opsigte van hulle seksuele lewens getrou aan God se Woord te lewe.” Dit is dus ons oortuiging dat die beoefening van homoseksualisme, soos die volhardende oortreding van enige van die gebooie van God, ’n tugwaardige sonde is. Die Algemene Sinode van die NG Kerk het klaarblyklik anders geoordeel. CFCC
3
Brandpunt Prof. GJC (Gert) Jordaan (Teologiese Skool)
“Tye verander”, is gewoonlik die verskoning vir ’n nuwe koers wat ingeslaan word, veral wanneer mense skepties oor die verandering is. “Tye verander, en niemand kan dit keer nie. Verandering is onafwendbaar.” Hierdie slagspreuk is al dikwels as “argument” gebruik om kerklike besluite te probeer “deurdruk”, in besonder besluite wat nie die toets van die Bybel kan deurstaan nie. Hierdie slagspreuk is weer onlangs uitgehaal toe die nuus van die NG Kerk se gay-besluit Suid-Afrika getref het. Ons moet die besluit aanvaar, want tye verander nou maar eenmaal. “Nee”, sê ’n vriend nou die dag, “tyd verander nooit nie. Dit is mense wat verander.”
“Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Rom. 12:2)
8
Tydsgees, die altyd veranderlike a, mense en die manier waarop hulle dink, verander – en so verander ook die tydsgees van ’n gemeenskap. Nuwe en vreemde besluite word nie deur ’n onafwendbare Tyd of Tydsgees (met hoo etters) afgedwing nie. Nee, dit kom omdat ’n gemeenskap, om watter rede ook al, besluit om van gister se norme en waardes af te stap en ’n ander stel norme en waardes te aanvaar. Boonop doen ’n gemeenskap dit nie as willose slagoffer van tydsomstandighede nie. ’n Gemeenskap maak so ’n skuif omdat hulle wil, of omdat hulle hulself laat wysmaak dat hulle nie anders kan as om dit te doen nie.
J
Tydsgees kom en gaan. En daarmee saam kom en gaan verandering. In die jongste tyd is dit weer geïllustreer. Anders as gister, bepaal vandag se tydsgees dat gay-wees reg is en dat enige vorm van weerstand teen gaywees verkeerd is. Gister was die huwelik as instelling reg; vandag se tydsgees maak die huwelik as oudmodies af. Die tydsgees is in wese veranderlik. Tydsgees kan mense se besluite verander, maar daarmee word niks aan die waarheid verander nie. Die waarheid is immers nie veranderlik
DIE KERKBLAD ~ November 2015
Brandpunt
nie en word nie deur iets veranderliks bepaal nie. Daarom kan tydsgees nooit die norm wees van wat reg en wat verkeerd is nie.
Gods Woord die enigste vaste norm van reg en verkeerd Wie en wat is vas en onveranderlik genoeg om norm van die waarheid te wees? Hy wat bo die mens staan, bo die skepping, bo tyd en ewigheid: die Here God alleen. Hy is ewig en onveranderlik. So maak Hy Homself aan ons bekend in Jesaja 40:28: “Weet jy nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ’n Ewige God is die HERE.” Hy is “die Vader van die ligte, by Wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie”, skryf Jakobus (1:17), en in Hebreërs 13:8 hoor ons: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Ook God se Woord is ewig en onveranderlik (1 Pet. 1:25). God en sy Woord staan onveranderlik bo tyd verhewe. Genadiglik het God sy Woord aan die tydgebonde mensdom gegee as maatstaf van die onveranderlike waarheid, wat los van die tydsgees staan. x Moet die Bybel dan nie by die eise van ons tyd aangepas word nie? So ’n standpunt is eintlik besig om op ’n verskuilde manier te propageer dat God en sy Woord by ons eise moet aanpas, in plaas daarvan dat ons by die eise van God in sy Woord aanpas. Baie mense huldig die mening dat die boodskap van die Bybel tog aanpasbaar genoeg is om verskillende situasies aan te spreek. Inderdaad, maar die Bybel getuig in verskillende tye op verskillende maniere steeds van een en dieselfde onveranderlike waarheid (Heb. 1:1). x Gegee dat die Bybel onveranderlik is, is daar ook die standpunt wat propageer dat die Bybel nie so duidelik verstaanbaar is nie. Sulke uitsprake staan lynreg teenoor die deursigtigheid van die Skrif, waarvan die Bybel self die beste getuie is. God het sy Woord tog gegee om te openbaar, nie om te verberg nie. Natuurlik is daar plekke in die Bybel wat nie met die eerste oogopslag helder en duidelik is nie, maar in die lig van die baie duidelike dele van die Bybel word selfs die minder duidelike dele vir elke leser helder verstaanbaar. So, byvoorbeeld, kan daar geen onduidelikheid daaroor wees dat die Bybel homoseksuele optrede as verkeerd afwys nie. x ’n Baie populêre bewering is dat die Bybelse eise miskien vir ’n situasie van 2000 jaar gelede gegeld het, maar tog nie in die 21ste eeu toegepas kan word nie. Dit is een van die argumente wat dikwels gebruik word om onder meer homoseksualisme in ons tyd te probeer regverdig. So asof homoseksualisme 2000 jaar gelede ’n groter sonde sou wees as vandag. Hierdie argument kom neer op ’n poging om die Bybel in die verlede toe te sluit, sodat dit nie meer in ons tyd met gesag kan spreek nie. Dit vergeet dat die Here se Woord ewig en onveranderlik is, en juis gegee is om te midde van die wisselvalligheid van die mens en sy wil vastigheid en koers te gee (2 Pet. 1:19).
Nie die mens nie, maar God die middelpunt So is daar verskeie argumente wat bedink word deur mense wat probeer om die stem van die Bybel stil te maak. Sulke argumente dra egter almal die merktekens van die tydsgees waarin die mens homself in die middelpunt stel. Vir geen oomblik word daaraan gedink dat wie die Bybel die swye wil
November 2015 ~ DIE KERKBLAD
oplê, eintlik probeer om God die swye op te lê nie. Al wat so bereik word, is om God te bedroef en sy toorn op te wek. Hiervan getuig Hebreërs 2:1: “Ons moet daarom des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid verontagsaam wat deur die Here verkondig is …?”
Wat nou van ons tydsgees? Sal ons dan in die giere van ons tydsgees vasval? Dit mag tog nie. Die tydsgees is immers wisselvallig en veranderlik. Vandag skryf dit voor dat ons homoseksualisme moet omhels met ’n liefde wat geen liefde is nie, maar bloot die sentiment van die tydsgees napraat. Dalk eis dieselfde wispelturige en sentimentele tydsgees môre dat ons owerspel moet omhels, en oormôre dat ons die huwelik moet ver werp omdat dit net ’n lastige beperking op die mens se vryheid plaas. So is die tydsgees wat homself van die waarheid van God en sy Woord loswikkel, onbeperk in sy moontlikhede – op die pad na uiteindelike ondergang van die samelewing. Hierteenoor eis die Here in sy Woord ’n ander verandering, ’n blywende verandering: die verandering van wedergeboorte en bekering. In Romeine 12:2 leer Hy ons deur die apostel Paulus: “Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” DK
9
Diskussie Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)
Is lewenskwessies “middelmatige kwessies”? Dr. Wim Dreyer, voorsi er van die Hervormde Kerk se Algemene Kerkvergadering, betrek in Beeld van 14 Oktober 2015 die saak van wesenlik/middelma g by die besluit van die NG Kerk oor dieselfde-geslag-verhoudings.
Wesenlik en middelmatig yk my dit is nie net die GKSA wat in die opdrag en Jesus se gebed oor die eenheid van die kerk (Joh. 17) die saak van “wesenlike” en “middelmatige” sake probeer verreken nie.
L
x x x
x
Paulus het dit in Romeine 14 en 15 gedoen. Dit is natuurlik normatief, omdat dit deel van God se geïnspireerde Woord is. Calvyn het breedvoerig daaroor geskryf in sy heel eerste hoofstuk oor die kerk, juis waar hy oor die eenheid van die kerk handel. Die kerke in die GKSA het tydens die Algemene Sinode van 2015 breedvoerig (en beslis nog nie klaar nie) daaroor gehandel rondom die vraag oor die vrou in die besondere dienste. Dr. Dreyer handel ook daaroor in die onderhoud in Beeld en in die Hervormde Kerk se Blitspos van dieselfde datum.
Tereg waarsku hy, met die hartseer ervaring wat die NHK onlangs gehad het, teen kerkskeuring: “Met die skeuring van die NHKA het ek in klein plattelandse gemeentes gesien hoe groot mans huil.”
Leerkwessies en lewenskwessies Wanneer dr. Dreyer egter die NG Kerk se besluit oor gay verhoudings beoordeel, skryf hy: “Leerkwessies is wesenlike sake, soos Jesus se opstanding uit die dood. Lewenskwessies is dinge soos politieke beleid en seksualiteit. Lewenskwessie moet beskou word in die veranderende konteks waarin ons leef.” Hy sê ook: “Calvyn het gepraat van wesenlike en middelmatige sake. Oor middelmatige sake kan jy jou opinie verander, soos ons oor apartheid en die NG Kerk oor seksualiteit.” Die parallel wat hy tussen wesenlik/middelmatig en leer/lewenskwessies trek, is vreemd en word nie deur die Bybel of deur Calvyn gerugsteun nie.
18
Paulus betrek die beginsel van wesenlik en nie-wesenlik nêrens op die lewenswandel nie, maar veel eerder op liturgiese en seremoniële gebruike, op praktyke tydens die gemeentelike samekomste waaroor daar verskil en verwyte was.
Calvyn oor lewenskwessies Calvyn waarsku baie ernstig teen kerkskeuring, en hierin is dr. Dreyer se oproep en waarskuwing in die kol. In sy beroep op Paulus se optrede wys Calvyn egter daarop dat Paulus die Korintiërs steeds as kerk aangespreek en vermaan het, terwyl daar onder hulle “’n groot aantal was wat die pad byster geraak het sodat die hele liggaam daardeur besmet is”. Calvyn wys op die “verskriklike oortredings – nie alleen verminking van die sedes nie, maar ook van die leer”. Ook op die “struwelinge, hebsug, sektes en jaloesie” onder die gemeente van Korinte – ’n gemeente “waar ’n misdaad openlik goedgekeur word terwyl dit selfs vir die heidene
DIE KERKBLAD ~ November 2015
Diskussie
afstootlik sou wees” (aanhalings uit Calvyn se Institusie, Boek 4, Hfst. 1, Art. 14). Ja, in die waarskuwing teen kerkskeuring kan Calvyn gesagvol aangehaal word, maar om “lewenskwessies” as “middelmatige sake” te beskryf “waaroor jy jou opinie kan verander”, is lynreg die teenoorgestelde van hoe Calvyn op die voetspoor van Paulus oordeel juis oor sake wat die praktiese lewenswandel van gelowiges raak.
Leer en lewe onlosmaaklik verbind Nêrens vind ons by Paulus so ’n teenstrydigheid tussen “leer” en “lewe” nie. Inteendeel, in feitlik elke brief van Paulus gaan die verkondiging van die kernwaarhede van die leer van Jesus Christus outomaties oor in die oproep tot ’n nuwe lewenswandel in Christus. Is dit ook nie ironies nie dat juis die aanslae teen die leer, soos teen die maagdelike geboorte en werklike opstanding van Christus, sigself bedien van dieselfde tipe argumente en Skrifgebruik as waarmee die uitsprake van die Skrif oor seksualiteit in die huidige debat hanteer word?
November 2015 ~ DIE KERKBLAD
Ek ken dr. Dreyer persoonlik baie goed (gewaardeerde kollega in Thabazimbi en die afgelope jare in ons ekumeniese saamleef met mekaar), en weet dat hy hierin heelhartig met my saamstem en sy eie lewenswandel ook so probeer inrig. Juis daarom kan ek met vrymoedigheid hierdie kommentaar lewer. Dr. Dreyer doen tans baanbrekerswerk in die NHK op die gebied van missionale kerkwees. Ook die missionale karakter en roeping van die kerk is ten nouste verbind aan hoe lidmate van die kerk leef. “Julle is briewe van Christus … gelees deur alle mense” (1 Kor. 3), en: “Hou julle lewenswandel onder die heidene skoon” (1 Pet. 2:12). Dit is my oortuiging dat die klassi sering van sake oor die lewenswandel as “middelmatige sake” ons nie verder bring in die debat oor homoseksuele verhoudings nie. Leer en lewe is onlosmaaklik aan mekaar verbind en verg albei gehoorsaamheid aan die wil van God, ook ten opsigte van seksualiteit en die huwelik. DK
19