Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.)
18 Johannes Hus – Wycliff se weerklank 19 Savonarola – eensame stem in die woestyn ANDER 20 Mosambiek – die evangelie
Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann
tot aan die uithoeke van die wêreld 22 Klassis Karoo-Kei 25 Internasionale missionale konferensie in Potchefstroom 26 Dr. Banze sê baie dankie JAARGANG 118, NO. 3295 OKTOBER 2015
IN DANKBARE HERINNERING
Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie
2 Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00 Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522.
26 Na 50 jaar in die bediening
VAN DIE REDAKTEUR
27 Ds. Lammert Hendrik Stavast
Op pad na 2017
29 'n Goddelike ontmoeting 30 Ds. MPA (Maarten) Venter
4
6
UIT DIE WOORD Jou swikpunt – jou kragpunt
32 Personalia / Wel en Wee
REDAKSIONEEL
33 Lief en Leed / Op die Kerkwerf
Wat beteken beperkte versoening? 8
34 Kleinadvertensies
BRANDPUNT Voorneme en onderskeidingsvermoë
FOKUS 10 Bybelse eskatologie (10) 12 Geloofsgroei (3) 14 Die Afrikaanse kerke in die
Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
Oktober 2015 ~ DIE KERKBLAD
Tweede Wêreldoorlog (2) HERVORMING 17 John Wycliff – môrester van die Hervorming
1
Van die redakteur
Op pad na 2017 Die Hervorming van die 16de eeu Ons dink in die maand Oktober in besonder aan die 16de-eeuse Hervorming. 31 Oktober 1517 was die dag waarop Maarten Luther sy beroemde 95 stellings aan die kerkdeur (dus in die openbaar) van Wittenberg vasgespyker het en daarmee, soos in dié tyd gebruiklik was, die Roomse Kerk uitgedaag het tot ’n debat oor al die dwalinge wat oor eeue ontstaan het en in dogmas vasgelê is. Dié optrede van Luther word as die amptelike begin van die Hervorming gesien, hoewel daar reeds lank tevore mense was wat stemme laat hoor het teen die Roomse dwaling en daarvoor selfs met hulle lewens geboet het. Hulle staan bekend as die voorlopers of wegbereiders van die Hervorming. Ons dink onder andere aan mense soos John Wycliff, Johannes Hus en Savonarola (vgl. die kostelike artikels van prof. Victor d’Assonville in hierdie uitgawe).
2
Rome se reaksie ns weet wat Rome se reaksie op Luther se stellings was. Hy is voor die Ryksdag van Worms gedaag. Toe hy weier om sy stellings terug te trek en sy standpunt gehandhaaf het met die bekende woorde: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie, so help my God”, is die banvloek oor hom uitgespreek en is hy voëlvry verklaar. Enigiemand kon hom doodmaak. En Rome het sy dogmas gehandhaaf, tot vandag toe.
O
Die Hervorming onstuitbaar Die Hervorming het egter sy loop geneem, oor lande en kontinente, ook tot aan die suidpunt van Afrika. Op brandstapels en skavotte en deur die swaard het duisende vir hulle geloof gesterf, maar die vervolging het die Hervorming des te meer laat versprei. Ná soveel donker eeue waarin die Woord deur die pouslike hiërargie van die gewone lidmate weerhou is, het die helder lig van die evangelie in soveel tale, lewens en lande deurgebreek. Ná Luther het mense gekom soos Johannes Calvyn, John Knox, Maarten Bucer en andere, wat die beginsels van die Hervorming steeds verder uitgebou het. Die Hervorming is een van die grootste verskuiwings van alle tye in die kerklike, teologiese en lewensbeskoulike sfere. Oor die hele veld van die kerklike leer, van die skeppingsleer tot die leer oor die laaste dinge, is die waarheid van die Skrif ontgin en uiteindelik in belydenisskrifte geformuleer wat tot vandag die toets van eeue deurstaan het. Die Hervorming was by uitstek ook die een beweging wat nie beperk gebly het tot die kerklike en teologiese besinning nie, maar die eer van God, die gesag van sy Woord en die Koningskap van Christus uitgedra en geproklameer het oor die lewe in al sy fasette. Ook oor
DIE KERKBLAD ~ Oktober 2015
Van die redakteur
die terreine van die staatkunde, onderwys, etiek en ekonomie het teoloë soos Calvyn die ewige beginsels van God se Woord duidelik gestel.
Prof. Callie Coetzee by die standbeeld van Johannes Calvyn in Boedapest, Hongarye.
Op pad na 2017 Nou is ons op pad om in 2017 die 500-jarige herdenking van die Hervorming te vier. Dwarsdeur die Protestantse wêreld word publikasies, kongresse, navorsingsprojekte, ensovoorts, reeds onderneem en beplan. Ons weet egter ook dat die lande waar die Hervorming ontstaan en gebloei het, soos onder andere Frankryk en Switserland, vandag weinig van die gees en denke van die Hervorming oorgehou het. Ware gereformeerdes het ’n klein minderheid geword wat ’n swaar stryd voer teen sekularisering en verheidensing van die samelewing.
GKSA op pad na 2017 Dit bring ons by onsself hier in Suid-Afrika, en meer spesifiek by die GKSA. As onlosmaaklike deel van die Reformatoriese tradisie is ons ook na 2017 op pad. Die Afrikanervolk het spesifiek gegroei uit gereformeerde elemente van veral die Nederlandse en Franse volk. Ons is begenadig en bevoorreg om ons in dié tradisie te bevind. Daarom moet ons onsself ook rekenskap kan gee oor die konkrete betekenis van die Hervorming en waar ons byna vyf eeue later staan. Dit moet vir ons baie meer wees as die herdenking van ’n stuk geskiedenis. Ons moet onsself afvra: x Is die gereformeerde leer (belydenis) waarvoor so baie hulle lewens gegee het, nog vir ons kosbaar en erns, so kosbaar dat ons ook bereid sal wees om dit met ons lewe te beseël as dit gevra sou word? x Hoe voel ons jongmense oor die gereformeerde tradisie en leer? x Kan hulle hulself verantwoord teenoor al die ander godsdienste en denkrigtings waaraan hulle blootgestel word? x Dra ons nog kloekmoedig en dapper die beginsels van God se Woord uit op die terreine van
Oktober 2015 ~ DIE KERKBLAD
onderwys, ekonomie, d k i staatkunde, t tk d etiek, ti k ensovoorts, of is ’n ongereformeerde piëtisme besig om al hoe meer by ons pos te vat? x Hoeveel het daar werklik hier in Afrika “afgegee” van die gereformeerde godsdiens en leefwyse waarmee ons voorgeslagte na hierdie kontinent gekom het? So kan ons die vrae vermenigvuldig wat op pad na 2017 om antwoorde roep. Die beginsels van die Hervorming is ná byna 500 jaar steeds “vars” en “jonk” en “fris” en RELEVANT. Dit is immers gegrond op die ewige Woord van God. Daarom sal dit bly groei en lewe tot op die dag van die wederkoms van ons Here. Die vraag is alleen maar of ons en ons nageslagte deel daarvan wil wees en bly. Mag God ons help. CFCC
3
Fokus Prof. BJ (Ben) de Klerk (emeritus, Potchefstroom)
Geloofsgroei (3)
Groei in geloofsvertroue Geloof is ’n vaste vertroue n ons pragtige en kragtige belydenis word geloof omskryf as nie alleen ’n vasstaande kennis nie, maar ook ’n vaste vertroue (HK antw. 21). Om in geloof te groei, behoort ons ons daagliks voor God te bekeer, ons toe te lê om in intieme kennis van die Here te vermeerder, ook in ons omgang met die Here. Sonder groei in geloofsvertroue en geloofsdade kan ons nie werklik van geloofsgroei praat nie.
I
Die woord wat vir vertroue gebruik word in die Nuwe Testament stem baie ooreen met dieselfde woord in ons algemene spreektaal. ’n Paar sinonieme sal kan help om ons te laat verstaan hoe belangrik “vertroue” as deel van geloof is. Begrippe soos “absoluut oortuig van”, “staat maak op”, steun op”, “reken op”, “bou op” leer hoe omvattend dit is om op die Here te vertrou. Vertroue gee absolute sekerheid en onwrikbare hoop en toekomsverwagting.
12
In die Bybel word vertroue dikwels deur die beskrywing van oorgee in die hande van die Here aangedui. ’n Voorbeeld in die Bybel van vertroue as absolute oortuiging kry ons in Romeine 8:38, 39: “Hiervan is ek oortuig ... niks kan ons van die liefde van God skei nie ...”
Die Psalms sing van vertroue Dit is opmerklik dat die begrip “vertroue” die heel meeste in die Psalms voorkom. • Dawid bely telkens: Ek het op die Here vertrou. In Psalm 71 sê die man wat oud geword het dat sy lewe die moeite werd is omdat hy van kleins af op die Here vertrou het. • Die Psalmdigter van die lied op die Woord bely: Ek vertrou op u Woord (Ps. 119:42). • ’n Digter pleit: Laat my elke môre u liefde ondervind,
DIE KERKBLAD ~ Oktober 2015
Fokus
want in U stel ek my vertroue (Ps. 143:8). • Die belofte word in Psalm 32 gegee dat wie op die Here vertrou, sal Hy met sy liefde omvou. • Vertroue op die Here verdryf vrees, want die regverdige vrees nie slegte tyding nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here (Ps. 112:7; Ps. 56:4, 5; 91:2). Volgens die digter van Psalm 31 en 37, Dawid, is vertroue in die Here die oorgee van ons lewens in die hande van die Here. Op sy lewensreis is die Here ons reisgenoot aan Wie ons ons laste kan afgee en onsself in sy hand stel. So het ons deur vertroue sekerheid oor ons toekoms en word ons geïnspireer vir ons lewe wat nog vir ons wag. In Psalm 40:4, 84:13 en ook in Jeremia 17:7 word dié wat op die Here vertrou, drie maal gelukkig genoem: wel-geluk-salig!
Nie terugsak nie – Volhard Paulus het geweldige liggaamlike lyding ervaar. Hy skryf dat hy só naby aan die dood was dat dit soos ’n doodsvonnis was wat oor Hom uitgespreek was. Dit het egter gebeur sodat sy vertroue op God sterk kon groei, God wat by magte is om die dooies op te wek tot die lewe. Hy het volhard tot die einde toe. Daarteenoor worstel die skrywer van Hebreërs met sy lesers wat dreig om afvallig te raak. By hulle was nie groei in geloofsvertroue nie, maar trouens verswakking. Hy gee vir hulle die rede waarom hulle nie moet terugsak in geloofsvertroue nie, want hulle sal net deel aan Christus bly as hulle enduit volhard in die vertroue waarmee hulle begin het. Die begin-selletjie was wonderlik, hulle kinderlike vertroue in die werk van Christus. Teenoor afval moet hulle vashou en volhou om te vertrou tot hulle die hoogtepunt, die eindstreep van hierdie lewe bereik het.
Groei in vertroue moontlik Ons bely dat hierdie vaste vertroue deur die Heilige Gees in ons gewerk word. Die Gees het nie net die vertroue gegee nie, maar werk voortdurend die vertroue al sterker in ons. Die Heilige Gees gebruik as instrument die evangelie, wat die krag van God is. Op ’n baie kragtige wyse werk en versterk die Almagtige Gees van God deur die kragtige evangelie die vaste vertroue in ons. Wat van uiterste belang vir die groei van ons ge-
Oktober 2015 ~ DIE KERKBLAD
loofsvertroue is, is dat ons sal vasgryp aan die belofte van die Here dat Hy die Heilige Gees gee vir almal wat vir die Gees met onophoudelike sugte bid en vir die Gees dank. Gebed om vervulling met God se Gees is noodsaaklik vir groei in vertroue. Aan die ander kant moet ons wakker wees om nie die Gees te bedroef of te blus nie, want so kan ons skade aan ons vaste vertroue aanrig.
Waarin moet die vertroue groei? Die vaste vertroue is nie aangeplakte of kunsmatige vertroue nie, want die plek waar die vertroue geplant en versterk word en moet groei, is ons diepste menswees, in ons harte. Hierdie vertroue is ’n baie sterk persoonlike oortuiging. Nie net aan ander nie, maar aan elke gelowige het God aan hom/haar persoonlik vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid geskenk. God gee die wonderlike geskenke uit genade, uit sy onpeilbare liefde, net op grond van die verdienste van Christus. Daar is dus baie ruimte vir die vertroue om te groei. Groter, groeiende vertroue in God wat die Skenker is. Groeiende vertroue in God se genade. Absolute sekerheid dat die vergewing, geregtigheid en saligheid gegee is omdat Christus dit verdien het en dit vir elkeen persoonlik verdien het. Die vertroue kan verder groei in die volkome sekerheid dat al ons sondes vergewe is. Daar bly nie sonde oor nie en die straf is gedra, en juis daarom werk die vertroue by ons daaglikse bekering sodat ons teen die sonde wat weer en weer kom, kan veg, daarvoor vlug en daaroor rou en ons skuld voor God bring. Ons groei in vertroue dat Christus se geregtigheid vir ons toegereken word en dat dit ewige geregtigheid is, die soort geregtigheid wat sal maak dat ons naal deur God vrygespreek sal word. Ons sekerheid dat ons salig is, verlos is, in God se huisgesin opgeneem is, behoort ook al sterker te word.
Vertroue groei deur swaarkry en beproewing Dat ons eie neiging sal wees om te verswak in vertroue op God as ons beproef word, is ’n groot gevaar. Tog skep die Here tye waarin ons geloofsvertroue onder druk kom, want nadat ons die toets deurstaan het, sal ons opnuut met opgewondenheid kan getuig dat ons vertroue, ons bou op en oorgee aan die Here ons deur die krisis gedra het. Ons belydenis dat niks ons uit die hand van die Here kan ruk nie, sal aangevul word met Abraham se bekende woorde vir wat in die toekoms mag gebeur: Die Here sal voorsien! DK
13
Hervorming
Voorlopers van die Hervorming 16
DIE KERKBLAD ~ Oktober 2015
Hervorming Prof. VE (Victor) d’Assonville (Pretoria)
JOHN WYCLIFF • môrester van die Hervorming • I
n die 14de eeu was die kerk van Christus in sy grootste duisternis – geen preekstoel meer nie, maar ’n offeraltaar vir die Roomse mis (“die vervloekte afgodery”, Heidelbergse Kategismus, antw. 80). Geen psalms is meer gesing nie, alleen ’n gemompel in Latyn deur die priesters. Alles was in ’n treurige toestand. Uiterlik het die kerk pragtige, “heilige katedrale” gehad, maar innerlik was dit verrot omdat God se Woord nie meer gepreek is en die erediens ’n afgodiese “konsert” vir die ydel mens geword het, ’n verfoeilike beeldediens wat ’n sonde teen die wet van die HERE is. In die Engelse kerk was daar egter nog ’n teoloog met ’n doktorsgraad van Oxford wat nog sy Bybel gelees het: John Wycliff (1328-1384). Toe hierdie man predikant van die kerk in die dorp Lutterworth word en hy uit die Latynse Bybel wou preek, besef hy dat die gemeente totaal niks verstaan nie. Wat ’n ellendige toestand: ’n kerkvolk sonder ’n Bybel! Daar was vir dominee Wycliff net één pad: Vertaal die Latynse Bybel in Engels sodat die man op straat weet wat die evangelie van Jesus Christus beteken.
buitekant die kerkgeboue deur die “poor preachers”. In plaas van om na ’n priester se gemompel in Latyn by ’n Mariabeeld in die kerk te luister, lees die huisvader vir sy vrou en kinders uit die Bybel van Jesus Christus
Die heel eerste protestant Die woord protestant dateer eers uit die jaar 1529 van die Ryksdag van Speyer. Daar het die protestantse (Lutherse) Duitse prinse vir (pro) die evangelie getuig (testare) deur dit te bely. Die geskiedenis hierna toon hoe Rome en die Roomse Kerk probeer het om hierdie protestantse belydenis te onderdruk. Maar byna 150 jaar vantevore het John Wycliff reeds in sy geskrif Trialogus geprotesteer onder andere daarteen: x x x x
dat God se Woord nie meer in die kerk gepreek word nie, dat die mens en beelde verheerlik word, dat afgodery met die Roomse mis gepleeg word, dat psalms nie meer die kerk se liedere is nie.
Die Bybel in die Engelse taal Natuurlik het Wycliff as ’n geleerde geweet dat die Bybel oorspronklik in Hebreeus en Grieks geskryf is, maar die Vulgata, die Latynse vertaling, onder andere deur die kerkvader Hieronimus in die vierde eeu, was die mees beskikbare teks. Hieronimus het die bynaam Doctor Trilinguis (grootste kenner van die drie tale, Hebreeus, Grieks en Latyn) gehad.
Sy beendere opgegrawe om verbrand te word – die groot “bon re” Jesus Christus se woord is alte waar: “As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg!” In verskillende banvloeke wat pous Gregorius XI in 1377 teen Wycliff uitgevaardig het en sy veroordeling deur die “Blackfriars Council” van Londen (die “Earthquake Synod”) in 1382, het sy getuienis vir die waarheid probeer stop.
Met Wycliff se Bybel in Engels het die evangelie toe skielik onder die Engelse posgevat. ’n Nuwe deurbraak van hoop het gekom. En die “poor preachers” (manne sonder enige inkomste), met die Bybel in Engels, het die gewone kerkvolk in beroering gebring. Die Woord wat nie meer in die kerk gehoor is nie, hoor die mense nou
Nog erger: 31 jaar na sy dood het die Konsilie (sinode) van Konstanz (Duitse stad) in 1415 besluit om sy beendere op te grawe om verbrand te word – ’n regte “bon re” (die woord kom oorspronklik van die verbranding van bene – “bone re”). Die waarheid wat Wycliff gepreek het, kon egter nie verbrand word nie. DK
Oktober 2015 ~ DIE KERKBLAD
17
Hervorming Prof. VE (Victor) d’Assonville (Pretoria)
JOHANNES HUS • Wycliff se weerklank • I
n Praag se wêreld (Tsjeggiese Republiek) noem die kerkmense hom vandag nog doodgewoon Jan Hus – soos “Jan” by ons in Afrikaans. Hy is in 1369 gebore en word in 1415 deur die Roomse Kerk verbrand.
Hy protesteer ook teen die a aatbriewe van die pous om geld te kry vir ’n kruistog van koning Ladislaus van Napels na Jerusalem. Die vervolging van Hus deur die kerk word al erger, waarop hy besluit om Praag te verlaat en te vertrek na ’n eensame plek. Hier skryf hy in 1413 sy boek De Ecclesia (Aangaande die kerk) wat die hoogste outoriteite nog meer in die harnas jaag. Die wekroep word gehoor: Johannes Hus moet sterf! Hy is ’n ketter!
In 1400, na sy studies aan die universiteit van Praag, word Hus ’n priester in die Roomse Kerk en tree hy as prediker in die Bethlehemskapel op waar die gewone kerkvolk gretig is om hom te hoor. In hierdie tyd (begin van die 15de eeu), begin hy twyfel aan sekere gebruike en opvattings in die Roomse Kerk. Terselfdertyd lees hy Wycliff van Engeland se geskrifte. ’n Nuwe besef van die kerk gaan voor Hus oop. Die evangelie van Jesus Christus kom in perspektief. Christus is Hoof van sy kerk en nie ’n mens soos die pous nie.
Die Konsilie (sinode) van Konstanz besluit om Hus te verbrand O, die vreeslike wreedheid om ter wille van die waarheid deur kerkvorste vervolg te word. Dit is die mees pynlike ervaring. Ampsdraers het goddeloos geword. Dit was Johannes Hus se voorland omdat hy vir die evangelie getuig het.
Dit kon nie anders nie; Hus kom in kon ik met die gesagdraers in die Roomse Kerk. Maar kyk baie goed: hy bestry nie die Roomse Kerk as kerk nie, maar die dwalings in die kerk. Verdere botsing met die Roomse burokrasie het opgelaai. Om Hus vas te trek, het die universiteit van Praag 45 Stellings (sogenaamd deur Wycliff) uitgevaardig as ketterse standpunte. Johannes Hus protesteer hierteen en word met die banvloek van die pous bedreig.
18
Hoe skelm kan selfs die of siële kerk en staat wees! Koning Sigismund beloof nogal aan Hus ’n vrygeleide na die Konsilie van Konstanz. Maar hoe vreeslik: Toe hy by die konsilie aanland, word die koninklike belofte verbreek, die beskerming word opgesê en hierdie dienskneg van die Here word deur kerkmense gearresteer en in die tronk gestop. Vir sewe maande lank word Hus as ’n misdadiger behandel terwyl die grofste beskuldigings agter sy rug in die sinodesaal rondgeslinger word. Slegs Hieronimus van Praag het vir hom ingetree. Maar tevergeefs: Buite die kerkvergadering word die hout vir ’n brandstapel reggepak. Toe Hus, die kerklike “bandiet”, uit sy tronksel gelei word, brand die vlamme reeds. Johannes Hus, prediker van Christus se evangelie, sterf op 45-jarige leeftyd in ’n martelaarsvuur!
Jan Hus se stem vandag Een eeu vóór Martin Luther en die ander Hervormers sterf Hus in die valse kerk se martelaarsvlamme. Sy nietige pogings kon nog nie die reformasie terug na die Woord bewerk nie, maar sy bloed het soos Abel s’n na die hemel geroep. En saam met die martelare van Openbaring 6 roep Jan Hus vandag nog uit die hemel na die aarde: “En toe Hy die vyfde seël geopen het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?” DK
DIE KERKBLAD ~ Oktober 2015
Hervorming Prof. VE (Victor) d’Assonville (Pretoria)
SAVONAROLA • eensame stem in die woestyn • G
irolamo Savonarola was ’n Roomse monnik in Noord-Italië. Gebore in 1452, sterf hy as martelaar onder pous Alexander VI op 46-jarige leeftyd op ’n markplein in Florence waar hy tereggestel is. Sy Heiland het onskuldig aan ’n kruishout gesterf en Savonarola word aan ’n paal opgehang en daarna verbrand – omdat hy die evangelie van Jesus Christus gepreek het.
skandalige leefwyse gekritiseer is, se haat teen Savonarola het ontbrand, waarop laasgenoemde die slagoffer van ’n goddelose regsproses geword het.
Weliswaar was Savonarola se getuienis in die eeu voor die groot Hervorming nie sodanig dat dit ’n kerklike reformasie terug na die Woord was nie, maar ’n boeteprediking dat die pous en sy ampsdraers hulle moes bekeer van gruwelike sondes.
Ook sy stem roep saam met Jan Hus en die ander martelare van Openbaring 6 vir oordeel op die bewoners van die aarde. DK
Op 23 Mei 1498, byna 20 jaar voor Martin Luther se 95 Stellings in Wittenberg, is Girolamo Savonarola op ’n markplein van Florence opgehang en verbrand.
As kragtige prediker het Savonarola te midde van die opkoms van die Renaissance-kultuur die wêreldse weelde en die ydele vermaak wat daarmee saamgegaan het, skerp veroordeel. Sy prediking was so sterk dat dit die kerkvolk oorreed het om onder meer kuns van naaktheid en pornogra ese boeke op die mark te verbrand. Savonarola se prediking was sterk op Christus se wederkoms gerig en van sy voorspellings oor die toekoms was oordrewe. Daarmee het hy ook in botsing met die invloedryke De Medici-familie gekom. Pous Alexander VI (die Borgia-familie waaruit hy gekom het, was berug vir hulle skandes), wie se
Oktober 2015 ~ DIE KERKBLAD
19