Webwerf: h p://www.gksa.org.za/ Redaksie, Bemarking en Administrasie Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel. (018) 297-3986/7/8/9 Faks: (018) 293-1042 E-pos:kerkblad@gksa.co.za (ar kels, briewe ens.) tydskri e@gksa.co.za (Intekening, rekeningnavrae) bestellings@gksa.co.za (boekbestellings ens.)
BESINNING 21 Ons “cool” en “with it” dominees ANDER 22 Doktors- en meestersgrade tydens Mei-gradeplegtigheid
Redaksie Prof. CFC Coetzee (redakteur) • Tel. 018 299 4081 • 082 337 7951 • Callie.Coetzee@nwu.ac.za Mev. J Fourie (kopieredakteur) • Tel. 018 297 3986 • kerkblad@gksa.co.za Ds. C Aucamp Prof. SP van der Walt Dr. J Lion-Cachet Mev. V de Kock Dr. MN Hermann
BOEKBEKENDSTELLING 26 Van Wyk, JH – Teologie van die Koninkryk IN DANKBARE HERINNERING JAARGANG 118, NO. 3294 SEPTEMBER 2015
2 Advertensies en kleinadvertensies Tariewe op aanvraag beskikbaar by dr. Wymie du Plessis: tel. (018) 297-3989. E-pos: wymiedup@gksa.co.za
Intekengeld word jaarliks aangepas. Intekening moet skri elik of telefonies deur die intekenaar gekanselleer word. Maak tjeks uit aan: Die Administra ewe Buro Eienaars en uitgewers Deputate Kerklike Tydskri e van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522.
nalatenskap 27 Ds. Bouie (PB) de Klerk
Uitleg en tegniese versorging Joey Fourie
Intekengeld 11 Uitgawes per jaar (posgeld en BTW ingesluit): R300.00 11 Uitgawes per jaar (haal by Admin Buro af): R205.00 11 Uitgawes per jaar (groepsintekening): R282.00 11 Uitgawes per jaar (Ontvang elektronies): R100.00
24 TT Cloete – 'n waardige
VAN DIE REDAKTEUR
28 Dr. Mechiel Venter
Wat beteken onvoorwaardelike
4
uitverkiesing?
30 Briewe
UIT DIE WOORD
31 Personalia / Wel en Wee
Die sendingmetode van die
6
Heilige Gees
32 Lief en Leed / Op die Kerkwerf
BRANDPUNT
34 Kleinadvertensies
Kerke in gesprek met die ANC FOKUS 10 Geloofsgroei (2) 12 Die ekologiese krisis 14 Beskrywingspunt Algemene Sinode 2012: ekologiese krisis 16 Die Afrikaanse kerke in die Tweede Wêreldoorlog (2)
Drukkers V & R Drukkery, tel. (012) 333 2462 Menings uitgespreek in ar kels verteen-woordig nie noodwendig dié van die Redaksiekommissie nie. Tensy anders vermeld, word die hoofar kels deur die redakteur geskryf. Die Redaksie behou hom die reg van plasing van bydraes, asook die redigering, verkorting en/of ver werking van bydraes voor.
GESKIEDENIS 18 H Ph J Pasch: roeping en stryd
September 2015 ~ DIE KERKBLAD
1
Uit die Woord Prof. Faan Denkema (emeritus) (Ladismith)
Die sendingmetode van die Heilige Gees Hy werk in die hart van ’n heiden die soeke na die lewende God
Lees: Handelinge 8:26-40 Die boek Handelinge begin met die beskrywing van die hemelvaart. Jesus wat na die Vader opvaar. Ná die hemelvaart van Christus volg die wêreldvaart van die Heilige Gees. Die apostels wat agterbly, met die opdrag om die wêreld in te gaan. Hier sien ons hoe die grense van die heilsgeskiedenis na die eindes van die aarde vooruitskuif. Eers preek hulle vir die Jode in Jerusalem. Dan word die grense na die half-Joodse, half-heidense Samaritane geskuif. Dan, in Handelinge 8, volg die greep na Afrika. Daar lees ons die verhaal van die eerste heiden se doop. Hierdie geskiedenis is vir ons van groot betekenis, omdat ons hier ’n insig in die sendingmetode van die Heilige Gees ontvang. Dikwels vra ons: Hoe vind jy Jesus Christus nou eintlik, hoe kom jou onrus ge hart tot rus? Hoe bewerk die Heilige Gees dit, en langs wa er weë wil Hy ons lei tot die vreugde van ’n lewe in die gemeenskap met Jesus en sy koninkryk? Lukas stel dit duidelik dat die Gees self die wêreldwye bekendmaking van Jesus se Naam bewerk.
4
D
ie eerste heiden wat met die evangelie in aanraking kom, is ’n man uit Afrika. In Bybelse tye het Etiopië die land(e) suid van Egipte aangedui. Hy is die minister van nansies van die kandake, soos die koningin-moeders wat hier regeer het, genoem is. Hierdie man is op soek na die lewende God. Die ou gode en lewensbeskouinge gee hom geen vrede, geen vreugde en geen bevryding nie. Sy hart het leeg gebly, by al die mitologiese verhale en magiese handelinge. In sy land het hy egter met ’n Joodse kolonie van diaspora-Jode in aanraking gekom. Hulle geloof in die God van Israel, die een en enigste, die Heilige, het hom diep geraak. Eindelik het hy op reis gegaan na Jerusalem, die stad van die God van Israel. Hy het gehoop dat sy siel gemeenskap sou vind met die God wat te midde van die lofsange van Israel woon. Hy het egter nie gevind wat hy soek nie. Die stad van God het die stad van Kajafas, van Herodes en Pontius Pilatus geword. Hy het in Jerusalem, wat sy profete stenig en Christus buite sy poorte kruisig, niks gevind nie behalwe leë vorme, skyn en leuens. Ontnugterd keer hierdie soeker na God na sy land terug. Hy het egter iets gekry: ’n kopie van Jesaja se boekrol in Grieks. Miskien sal hy hierin vind wat hy soek: God en die vrede met God. Tydens die eensame reis langs ’n woestynpad lees hy met aandag en hardop. Hy lees nie met ’n wysgerige belangstelling na wysheid nie; nie met ’n moralistiese belangstelling na ander norme nie. Hy lees ter wille van sy lewe! Sy siel dors na God, die lewende God, na rus, na vreugde, na heil. En … wie só soek, vind. Hier sien u nou die werk van die Heilige Gees in die wêreld. Dit is Hy wat hierdie man na God laat soek. Die Gees maak hom onrustig, laat hom die leegheid van Afrika se godsdiens sien. Dit is ook vandag die werk van die Heilige Gees. Die ou godsdienste van Asië, die ou gedagtesisteme, die ou kultuurpatrone wankel ondanks krampagtige pogings tot ’n renaissance van die ou godsdienste. Dit verbaas mens nie. Daarin is ook die Heilige Gees aan die werk.
Die Heilige Gees bewerk kontak met die geskrewe Woord ’n Besondere aktiwiteit van die Gees is dat mense wat gaan soek, met die Bybel in aanraking kom. Hy het kerke oral in die wêreld geïnspireer om die Bybel te vertaal en te versprei. Sonder Hom, die eintlike Skrywer, is die Bybel ’n boek vol dooie woorde. God praat met mense deur die Bybel (tans in 2 883 tale vertaal). God wil langs die weg van die middele gesoek word. Wie nie saamwerk aan die verspreiding van die Bybel nie, saboteer die werk
DIE KERKBLAD ~ September 2015
Uit die Woord
van die Heilige Gees. Ook ons kinders moet leer om met die Bybel om te gaan. Soos vuur deur vuur aangesteek word, so wil die evangelie gaan van mond tot mond, van mens tot mens. Uit die gebeure met die Etiopiër is dit duidelik dat God in die enkeling geïnteresseerd is. Vir seker, die Here wil dat volke tot die kennis van die Naam van Jesus kom. Dit gebeur egter deur die enkeling – die Woord wil inkom by ’n mens – elke mens. So het Etiopië ’n provinsie van die komende koninkryk van God geword.
Die Heilige Gees bewerk kontak met die prediking van die Woord Die man uit Afrika, met sy wa deur die woestyn op weg, sit en lees in sy Jesaja-boekrol. Met die Bybel alleen kom hy nie verder nie. Daarom bring die Heilige Gees hom met Filippus in kontak, wat die Skrif kan verklaar. God se Gees is die eintlike sending, die Gestuurder van die Vader en die Seun na soekende mense. By die uitvoering van daardie werk word mense ingeskakel. Filippus was ’n diaken, ’n Griekse Jood. Midde-in die handelinge van die apostels, juis as die groot werk van die heidensending begin, lees ons van die handelinge van ’n lekeprediker. Die pioniers van die wordende Protestantse kerke was byna altyd lekepredikers. Niemand mag dink dat hy/sy uitgeskakel is in die werk van evangelisering indien hy/sy geen besondere kerklike amp beklee nie. God skakel elkeen in wat Christus liefhet! Filippus hoor die reisiger hardop lees uit Jesaja 53. Dit is die wonderlike hoofstuk van die Man van Smarte, “wat soos ’n Lam na die slagplek toe gelei word”. Van wie sê Jesaja dit? Wie is die Man van Smarte? Is dit die volk Israel of ’n konings guur? Filippus ken die sleutel wat op die geslote deur van Jesaja 53 pas. Hy klim op die wa en verklaar die profesie. Die sleutel het ’n Naam. Op ’n wa gebeur die wonder van die prediking van Christus aan
September 2015 ~ DIE KERKBLAD
heidene. ’n Wonder wat vandag nog plaasvind. Jesus is die Lam wat die straf oor ons ongeregtighede dra. Wie dit glo, se hart loop vol blydskap.
Die Gees bevestig die Woord deur die sakrament Daarom vra die Etiopiër vrymoedig om die doop. As niks my kan verhinder om te deel in die vrede, die vreugde in Jesus Christus nie, wat verhinder my om in die een, heilige, algemene Christelike kerk opgeneem te word? Deur die teken van die doop word hy met Christus gekruisig, gedood en begrawe, om met Hom in ’n nuwe lewe op te staan. Hierdie Naam, hierdie boodskap het ons almal nodig op die weg deur hierdie woestynagtige wêreld. Soos Filippus ontvang ons die genade om Jesus te volg en sy Naam te verkondig. Daarom reis ons ook verder – kerk van die Here Jesus – in ’n ander tyd, in ’n ander wêreld. Maar met ’n diepe vertroue in dieselfde God wat uiteindelik sy doel bereik. DK
5
Brandpunt Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)
“
Die onlangse Ope Brief van die kerke, wat deel is van die Tussenkerklike Raad (TKR) aan die ANC, het nogal groot opspraak gemaak. ‘Kerke klaar met ANC’, het dit op die lamppale van hier tot in die Kaap gepryk.
Gesprek afgewys it was nadat die betrokke kerke – die GKSA, die Nederduits Gereformeerde Kerk en die Nederduits Hervormde Kerk – met die ope brief ’n uitnodiging van die ANC van die hand gewys het om deel te wees van ’n enkele groot gespreksgeleentheid met organisasies uit Afrikanergeledere. Daar was van die begin af bedenkinge oor deelname aan so ’n gesprek:
D
x
x
x
x
Hoewel ons drie kerke baie Afrikaanse lidmate het, is ons nie eksklusief deel van die Afrikaanse gemeenskap nie. Sodanige gesprekke gaan in die reël met groot media-fanfare gepaard en word dikwels ’n media-oefening vir die betrokke partye, met die hooffokus op die aand se sewe-uur nuus. Die agenda (of dikwels gebrek daaraan) wat tydens sodanige geleenthede hanteer word, is dikwels só wyd dat dit nouliks as “kerklike sake” of enigsins daaraan verwant beskou kan word. Gesprekke van dié aard was in die verlede soos ’n een-dag-op ikkering, met geen uitvoering of opvolging van ondernemings wat gemaak is nie.
”
het die kerke in die Tussenkerklike Raad dit tog oor weeg om die gesprek by te woon. Weens die hantering van “Nkandla-gate” en ander vrae oor die morele integriteit van die ANC het ons egter tot die oortuiging gekom dat die morele onderbou wat vir so ’n gesprek noodsaaklik is, ontbreek. Ons het gevolglik as kerke saam uit die gesprek onttrek en in die Ope Brief ons begeerte uitgespreek om juis kwessie rondom moraliteit met die regerende party en die owerheid aan te spreek.
’n Nuwe, ander gesprek Die ANC het, met sekerlik ’n mate van ontsteltenis, tog positief gereageer en onmiddellik ’n ontmoeting met verteenwoordigers van ons drie kerke aangevra. Die ontmoeting het by die NG Kerk se kantoor plaasgevind, en vaste kontoere vir ’n bilaterale gesprek tussen die ANC en die kerke van die TKR is neergelê. Daar is saam ooreengekom en genotuleer dat sodanige gesprek slegs sinvol sal wees as – x x x
Ter wille van iets van ’n openbare getuienis
6
dit volgens ’n vasgestelde, vooraf ooreengekome agenda geskied; ondernemings en besluite opgevolg en gekontroleer word; dit nie onder die kollig van die openbare media gehou word nie, maar dat die
DIE KERKBLAD ~ September 2015
Brandpunt
Ons vra u voorbidding vir hierdie belangrike werk. Ons moet eenvoudig met mekaar praat. Ons het eintlik in 1994 al opgehou om met mekaar te praat. In die parlement word gepraat met die oog op die volgende verkiesing. Ons wil praat met die oog op die volgende geslag.
media wel oor die verloop en vordering daar van ingelig sal word. Daar is oor drie agendapunte vir die eerste ontmoeting ooreengekom: x
x x
Sosiale kohesie en versoening tussen die gemeenskappe en mense van SuidAfrika. Die algehele morele verval in die samelewing. Die integriteit en morele kompas van die ANC.
Die sekretaris-generaal van die ANC, mnr. Gwede Mantashe, het die ondernemings goedgevind en op Dinsdag 4 Augustus het die eerste vergadering tussen die kerke van die TKR en die ANC in Luthuli-huis plaasgevind. Van die GKSA was teenwoordig ekself en prof. Nico Vorster; van die NH Kerk proff. Wim Dreyer en Wouter van Wyk; en van die NG Kerk drr. Johann Ernst en Braam Hanekom. Die ANC het ’n sterk afvaardiging gehad wat onder andere mnr. Mantashe self ingesluit het, asook sy adjunk, me. Jesse Duarte, die nasionale woordvoerder, mnr. Zizi Kodwa, die ANC se kapelaan-generaal en verskeie ander lede van hulle Uitvoerende Komitee. Tydens die ontmoeting van drie ure is die roeping en posisionering van die kerke duidelik uitgespel, asook die unieke “eerste” van so ’n spesi eke ontmoeting. Daarna is die drie agendapunte kortliks deur lede van die TKR gestel. Mnr. Mantashe en me. Duarte het breedvoerig daarop geantwoord en ander lede van die twee afvaardigings het ook standpunte gestel. Teen
September 2015 ~ DIE KERKBLAD
die einde van die gesprek is saamgestem dat ons nog oor talle sake by mekaar verbypraat en dat die eerste ontmoeting inderdaad net die water getoets het en ’n basis vir toekomstige gesprekke gelê het. ’n Subkomitee is aangewys om ’n spesi eke agenda, asook die skedulering van ’n volgende gesprek, vas te stel. Wat verblydend was, is dat mnr. Mantashe aan die lede van die komitee gesê het: “You must hurry up …”
Evaluering Hoe evalueer ’n mens nou die gesprek? Kom ons maak ’n paar pennestrepe: x
x
x
Ons kan de nitief geen aardskuddende vordering of kentering rapporteer nie. Dit is baie duidelik dat ons vanuit twee verskillende wêrelde by mekaar verbypraat. Dit is ook duidelik dat ons verskil oor die wyse waarop die unieke uitdagings van ons diverse land met sy besondere geskiedenis aangespreek moet word. Die grondslag is egter gelê vir toekomstige gesprekke wat nie vir die paviljoen speel nie, maar wat sake na aan die hart van gelowiges daadwerklik aanspreek.
Ons vra u voorbidding vir hierdie belangrike werk. Ons moet eenvoudig met mekaar praat. Ons het eintlik in 1994 al opgehou om met mekaar te praat. In die parlement word gepraat met die oog op die volgende verkiesing. Ons wil praat met die oog op die volgende geslag. DK
7
Besinning Prof. CFC (Callie) Coetzee (emeritus), Potchefstroom
Kleredrag en professie k was onlangs vir ’n afspraak by my uroloog. Hy sit agter sy lessenaar met ’n hemp en ’n das, sy baadjie oor die rugleuning van sy stoel. Dieselfde gebeur elke keer by my kardioloog. Saans kyk ek na die nuus op TV en sien prokureurs en advokate by hofsake in- en uitbeweeg, geklee in drag wat die waardigheid van hulle professie eer aandoen. Saterdae kyk ek rugby op TV en sien Naas Botha, Bobby Skinstadt, Nick Mallett en die ander kommentators, netjies met pakke klere. Dieselfde sien ek met krieketuitsendings by bestuurslede en funksionarisse op die paviljoen. Ek kom by die gholfbaan, en daar geld reëls vir kleredrag (geen denims nie, geen hemde sonder kraag nie, ens.). Na ’n groot toernooi, met die prysuitdeling, staan die funksionarisse daar, netjies met baadjies en dasse, trots op hulle sport en sy etiket.
E
Die kleredrag van sommige dominees Dan kyk ek na sommige dominees – en dit lyk of hulle uit hulle pad uit gaan om so informeel (om nie te sê slordig nie) as moontlik te lyk. Ek weet selfs van ’n dominee wat in die somer byna nooit anders as in ’n kortbroek en plakkies gesien word nie. So doen hy huisbesoek. So beweeg hy in die samelewing, die “gesant van die Here”. Daar was ook sulke dominees by die Sinode. En niemand sê ’n woord nie. Een van die kollegas hier by die Teologiese Skool het onlangs van so ’n dominee gesê: “My pa sou gesê het hy lyk soos ’n groentesmous.” Is daar nie so-iets soos kleredrag wat pas by die waardigheid van die beroep, en bo alles van Hom wat jou stuur nie?
Die vere maak nie die voël nie Ja, ek weet daar sal mense wees wat sê kleredrag is nie ’n beginsel nie. Of dat dit nie oor die uiterlike gaan nie, maar oor die innerlike, ensovoorts. Maar is dit werklik so eenvoudig? Eerbied en respek en ontsag kan wel as beginsels gesien word. Is kleredrag nie ook ’n uitdrukking of tipering van ’n tydsgees, ’n lewensbeskouing, die sedelike peil en moraliteit van ’n bevolking nie (veral as ons dink aan sekere modes van die vroulike geslag)? Is daar nie iets soos styl en goeie smaak wat van ’n dominee verwag kan word nie? Waarom het die koning in die gelykenis van Matteus 22 die man aangespreek wat nie bruilofsklere aangehad het nie? ’n Verklaarder (Ridderbos) sê sy voorkoms was ’n verontagsaming van dit wat in die teenwoordigheid van die koning die eerste eis van betaamlikheid was. In die geskiedenis was kerkdrag in ooreenstemming met die mode vir
September 2015 ~ DIE KERKBLAD
deftige drag in die samelewing. Dit is waar die manelle van ampsdraers vandaan gekom het. Wat is vandag die deftige drag in die samelewing? Wat trek ons aan as ons genooi sou word vir ’n afspraak by die staatspresident?
Wat demonstreer ons met ons kleredrag? As ek die dominees sien na wie ek hierbo verwys het, vra ek myself af of hulle iets wil demonstreer. Is dit ’n poging om by die wêreld aan te pas of aanvaarbaar te wees? Kinders en jongmense gebruik die woorde “cool” en “with it”. Beteken dit dan nie dat jou boodskap wat jy bring, ook uiteindelik vir die wêreld aanvaarbaar moet wees nie? En is dit onmoontlik (of dalk onvermydelik?) dat die (byna ekstreme) informaliteit uiteindelik ook in die erediens, in prediking en liturgie moet deurskemer?
Wat bedoel ek? Bedoel ek nou dat ’n dominee elke dag ’n pak klere moet dra? Allermins. Daar was ’n tyd toe dit wel die geval was, en dit sou nie vandag verkeerd wees nie. Ek bedoel wel dat dit na my mening van ’n dominee verwag kan word om ook deur sy kleredrag te wys dat hy ’n aanvoeling het vir styl en smaak en betaamlikheid, ’n besef van die gewigtigheid van sy roeping en die eer (en heiligheid) van sy Sender. Is dit te veel gevra? Ek vra maar net. DK
21